My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Instant Erection Booster
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Pearlie se pennies

Pearlie was een van daardie gelukkige kinders wat by die see gewoon het. Die huis was maar sowat tien minute se stap van die strand af. Enige tyd wanneer sy lus gehad het, kon sy na die strand stap en daar op die sand speel. Dit was nie nodig vir haar om maande en maande te wag totdat Pappie genoeg geld opgespaar het om haar see toe te neem nie. Die see en die strand was feitlik voor hulle deur. Was sy nie gelukkig nie!

'n Mens sou dink dat Pearlie, met so baie voorregte, die soetste dogtertjie in die wêreld sou gewees het. 'n Dogtertjie wat so vlak by die see woon, sou tog seker nooit, nooit stout wees nie! Maar nee, om die waarheid te sê, was sy - wanneer sy in 'n slegte bui was - die stoutste kind waarvan julle seker ooit gehoor het.

Pearlie het 'n baie liewe, vriendelilke Moeder gehad wat alles in haar vermoë gedoen het om haar dogtertjie gelukkig te maak. Om nou sommer reguit te sê, haar Moeder was veels te goed vir haar en het te veel haar eie sin gegee. Maar Pearlie het dit glad nie gewaardeer nie.

Eendag het haar oom by hulle kom kuier. Terwyl hy daar was, was Pearlie die soetste ou dogtertjie wat daar seker geleef het. Sy was so soet soos 'n engeltjie.

Haar oom was so in sy skik met haar dat hy haar twee halfkrone en tien pennies vir haarself gegee het. Hy het gemeen dat daar nie nog so 'n engeltjie was nie.

Maar, nadat haar oom weg was, toe moes julle haar gesien het. Moeder het haar gevra om die tafel te dek.

"Ek wil nie tafeldek nie," het Pearlie gesê.

"Maar jy moet Moeder darem soms help."

"Ek wil nie help nie. Moeder vra my altyd om iets te doen."

"Ja, maar gaan jy dan nie aansit om te eet saam met die ander huismense nie?"

"Ja, maar ek kry nooit tyd vir myself nie, Moeder laat my altyd werk."

"Moet jou nie laf hou nie, Pearlie. Dek dadelilk die tafel."

Pearlie het besef dat sy nou ver genoeg gegaan het en toe het sy maar begin tafeldek, maar o, hoe suur was die gesig en die lippe het met 'n tuit gestaan - amper so lank as haar neus.

Aan tafel was daar ' n ander toneeltjie oor die geld wat haar oom haar gegee het. Moeder het ewe vriendelik voorgestel dat sy die geld in haar spaarbussie moes gooi, sodat sy iets moois daarvoor kon koop op haar verjaarsdag.

"Ek wil dit nie in my spaarbussie gooi nie," het Pearlie bitsig gesê.

"Maar wat wil jy dan daarmee doen?" het Moeder gevra.

"Ek wil lekkers daarmee koop. Oom het gesê dat ek daarmee kon koop wat ek wil."

"Maar Moeder is mos hier om jou goeie raad te gee."

"Moeder wil altyd hê dat ek alles in die bussie moet gooi, ek het nooit 'n pennie vir myself nie, en....en...."

Toe het Pearlie se lippe sommer weer daar gestaan en sy het so vinnig agtertoe gesit dat sy byna onder die tafel beland het.

Afrikaanse Radio Stasie

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Training for Political Parties & Councillors

Online Independent Candidate Course

R3499
Body Language Training Course

Online Body Language Course

R2095
Play social Table Tennis in Pretoria

N4 Gateway Tafeltennis Klub Pretoria

R70

Moeder het haar boontoe geneem en haar in die bed gesit, maar dit het skynbaar geen verskil gemaak nie. Die hele volgende dag was sy nog stuurs. Ná die middagete was haar Moeder so moeg vir haar, dat sy voorgestel het dat Pearlie vir 'n wandeling strand toe moes stap, sodat die wind die surigheid uit haar uit kon waai. Pearlie het sommer dadelik ingestem, want sy het gemeen dat sy dan die skottelgoed was sou vryspring.

"Totsiens Pearlie!" het Moeder gesê. "Sorg dat jy gou terugkom, hoor. Jy kan stap tot by die hawehoof en terug, maar moenie verder as die hawehoof loop nie en moet nie op die breekwater gaan nie."

"Goed Mammie," het Pearlie gesê en sy is daar weg.

Lekker het sy daar rondgestap en gesien hoe die branders op die strand breek. So nou en dan het sy 'n bietjie gesels met ander kinders wat daar gespeel het. Eindelik was sy by die hawehoof.

Sy was al dikwels op die hawehoof saam met haar Moeder en het dit ook baie geniet. Sy kon nooit verstaan waarom sy nie alleen daarop kon gaan nie. Toe sy hierdie keer daar voor die ingang kom, het sy gedink "Waarom kan ek nie nou ingaan nie? Moeder sal nooit weet nie, ek sal dit vreeslik geniet. Ek wonder wat dit kos?"

Sy het die kennisgewing gelees en daar het gestaan: "Toegang 3d. Kinders halfprys." Sy het in haar sak gevoel. Daar het sy al haar pennies gehad en ook een van die halfkrone wat haar oom haar gegee het. Natuurlik sou sy nie haar halfkroon uitgee nie, want sy was van plan om iets moois daarvoor te koop, maar die pennies, ag, sy sou hulle maar uitgee.

Toe sy deur die hekkie was, het sy veiliger gevoel. Moeder sou haar ook nooit nou kon sien nie en sy het gevoel dat sy haar pennies kon bestee soos sy verkies het. Dit was nie lank nie of sy het 'n sjokolademasjien sien staan en sy het besluit om 'n pennie daarin te gooi vir 'n stukkie sjokolade. Sy het baie groots gevoel toe sy die rooi pakkie daar uithaal en hoe lekker het dit nie gesmaak nie!

Toe het sy 'n weegmasjien gesien en moes sy haarself natuurlik ook weeg. Sy het 'n pennie ingegee en dit daarbinne hoor val. Daar het niks uitgekom nie. Dit was baie teleurstellend.

Toe het sy 'n masjien gesien met 'n geweertjie binnekant waarvan 'n mens die trekker moes trek. "Dit lyk gaaf," het sy gedink en weer het sy 'n pennie ingegooi in die gleufie. Sy het die trekker getrek, maar niks het gebeur nie - dit was buite werking!

Haar volgende pennie het sy gewaag in 'n masjien wat kastig haar fortuin sou vertel. Daar het 'n kaartjie uitgekom met fyn druk, maar sy kon niks daarvan verstaan nie.

"Dis sommer nare ou masjiene!" het sy gesê en sy het net so kwaad vir hulle geword as wat sy vir haar Moeder was die vorige aand. "Daar is ses van my pennies weg en nou het ek nog net vier oor!"

Sy het nou gewens dat sy nie so dwaas gehandel het nie! Maar dit sou nie nou help pm jammer te wees nie, hulle was weg. Sy het in haar sak gevoel vir die ander, maar sy het niks daar gevoel nie. Skielik het vrees dat sy hulle miskien verloor het - en ook haar halfkroon - haar hartjie beklem.

Haastig het sy alles uit haar sakke gehaal. Die sjokoladepapiertjie, 'n stuk tou, 'n handskoen, 'n kardoes en eindelik haar sakdoekie.

Toe sy die sakdoek uittrek, het daar geldstukke op die planke geval en haar pennie en die halfkroon het in verskillende rigtings gerol.

"O my halfkroon!" het Pearlie geskreeu en sy het dit vinnig agternagesit.

Sy het daarna gegryp, maar nie raak gevat nie. Toe sy die tweede maal daarna gryp, was dit al amper oor die kant en in die see.

"Ek het dit!" het sy uitgeroep, terwyl sy met uitgestrekte hand daarna gryp.

Maar nee, dit het weer deur haar vingers geglip en toe sy wanhopig weer daarna gryp, het sy haar ewewig verloor en oor die kant gestort.

Pardoems! het sy onder in die water geval.

* * * *

Toe sy wakkerskrik, was sy in haar eie bedjie, tuis, met 'n warmwatersak by haar voete en in die kaggel het daar 'n heerlike vuur gebrand. Moeder het langs haar bed gesit.

Toe het Pearlie dinge begin onthou. Sy het haar handjie uitgesteek en haar Moeder s'n geneem.

"Ag Moeder," het sy gefluister, "ek sal nooit, nooit, nooit weer so stout wees nie."

< >
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?