"Die visie van Die Voortrekkers vir 2013 is... Om die voorkeur aktiwiteit buite skoolverband vir ABC jongmense te wees."
Liewe Ouer!
Dis lekker om jou hier te verwelkom. My naam is Paul Joubert, en ek is die offisier vir die Graad R en Graad 1's by Vryheidsmonument Voortrekkers. En jy het gedink Die Voortrekkers bestaan nie meer nie...wel, dink weer! Die Voortrekkers hou nog steeds koers - 80 jaar later. U kind word 'n Drawwertjie (dogtertjie) of Penkop (Seuntjie) genoem, tot en met Graad 7.
As jy as ouer ook 'n Voortrekker was in jou jeug, sal jy onthou van die positiewe invloed wat Voortrekkers in jou lewe gemaak het. Daai lekker kampe, sang om die kampvuur, om te leer roei of visvang of toue knoop. Dit maak nie saak nie. Tien teen een sal jy nog steeds jou offisier onthou. Watter impak het sy / hy in jou lewe gemaak nie. Wel, indien nie, kan ek jou vertel dat ek vandag nog vir Tannie Ina onthou - my offisier...dertig jaar later. In fact, ons korrespondeer nog steeds, en elke jaar kry ek 'n verjaarsdag kaartjie van haar. Dis die impak wat die Voortrekkers in my lewe gehad het.
Nou ja, wat gaan jou kind leer in Graad 1 en Graad R? Wel, ons visie is - en my visie is - dat Die Voortrekkers die voorkeur aktiwieteit word vir jou kind buite skool verband.
Ons het ons jaarprogram soos volg opgedeel:
- Ek as mens Junior Kok (A) Selfsorg (B)
- Ek in my Omgewing Tuinier (C) Seepret (D)
- Ek as Voortrekker Lekker Sing (E) Spele (F)
- Ek as Afrikaner Dias (G) Kind van Jesus (H)
- Ek as Landsburger Ek Weet (I) Padveiligheid (J)