My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Vertellers Die Groot Verhaalboek Oppas vir die duwweltjies

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Oppas vir die duwweltjies

Ons het by Grootmoeder se broer Conraad gekuier op sy groen heuwelplaas Foggy Valley. Hoekom die plaas 'n Engelse naam dra, het ek nooit gevra nie - dit Foggy Valley was, kon selfs ek as kind begryp. Die plaas was hoog geleë en daar was altyd mis in die vallei. Daar was varkore by die spruit en flappe in die vlei en baie aandblomme.

Oom Coenraad se huis was van klip en sy tafels van geelhout en sy matyrasse van veredons. Saans by die kerslig het ons skaapribbetjie geëet en vars melk gedrink en geluister na die baie stories.

Oom Coenraad kon 'n barshou vertel. Veral as dit oor die Engelse Oorlog of oor sy kinderdae gaan. En daar was maar altoos 'n spookstorie of twee ook voor die aand om is.

Hy en Grootmoeder het baie oor hulle jeugjare gepraat. Keer op keer as ons gaan kuier, dan was daar maar die een of ander onthou-jy-nog. 

Eida, die plaas waarop hulle grootgeword het, was nie baie ver van Foggy Valley af nie. Dertig myl, miskien. Dalk 'n rapsie verder, 'n rapsie nader. Maar om die een of ander rede het nie een van die twee ooit weer daar gekom  nie.

Toe, een aand, sit ons ouder gewoonte om die tamaai eettafel en Grootmoeder, of Oususter, soos haar broers haar genoem het, vertel van Eida en van die keer toe Coen die gans met die lampetbeker doodgeslaan het.

"Hoekom gaan kyk ons nie na Eida n ie, Oususter?" het oom Coenraad skielik gevra toe die amen van sy dankgebed nog skaars uit was.

"Ons? Eida toe?" Dié voorstel het Oususter kennelik nie verwag nie. Dit was kompleet of Coenraad vir haar vra hoekom gaan kyk hulle nie hoe lyk Tristan da Cunha nie.

"Ja, toe. Dis 'n plan." Almal o m die tafel het in 'n koor saamgestem. "Ons ry sommer môre, Ons pak 'n mandjie en ons gaan vir die dag. Ons wil almal graag sien hoe Eida gelyk het."

Die volgende dag was 'n mistige dag op Foggy Valley, en ons het uit die mis uit gery die berge oor en afgesak Eida toe. Oususter het heelpad vertel hoe min sy die vorige nag geslaan het, en ek het gewonder hoekom; maar oom Coen het gelag en stilgebly. Hy het toe al, soos ek vandag eers, verstaan.

Later was ons op grondpaadjies, oop uitdraaipaadjies, op tweespoorpaadjies. Ons is deur ou, verroeste hekke, deur toegerakte konsertinahekke. Ons het 'n paar keer verdwaal en omgedraai en pad gevra En oplaas was daar 'n lang skuinste oorkant 'n spruit. Die pad het duskant die spruit in vergroeide kweekgras opgehou, maar Oususter en oom Coenraad het na ' n paar sipresse en bloekoms teen die oorkantse skuinste gewys en gesê "Daar lê Eida..."

Ons is te voet verder.

Oususter en oom Coenraad het niks meer gepraat nie.

Die eerste waarop ons afgekkom het, verlore tussen die lang tamboekies, was 'n vervalle klipkraal. Eida se beeskraal. Hier agter hierdie muur het oom Coenraad en sy twee jonger broers, Koos en Jan, skelm gerook. Daar binnekant in dáárdie hoek waar die boompie nou staan, nou dáár het Witlies die aand die melkemmer tussen Coen se knieë  uitgeskop.

Toe was daar twee sipresse, 'n ent verder. En tussen die gras was 'n paar los klippe. Oususter en oom Coenraad het net 'n rukkie staan en kyk en toe omgedraai en geloop en ons moes net sterk aanstryk om hulle in te haal. Dit was Oorgrootmoeder se graf, byna sestig jaar lank vergete tussen die onkruid.

Ons het die dammetjie gekry waar oom Coenraad die kwaai gans bokveld toe gemoker het. Daar was nog 'n effense walletjie en biesies en slyk. En langsaan was die gladde wasklip tussen die gras, bruin van mos en baie wind.

Toe stap ons af na die bloekoms toe.

Ek het begin voel iets is hier aan die gang sonder om te weet presies wat. As jy tien jaar oud is, besef jy nog nie hoe treurig die verlate reste van 'n verlede 'n mens kan stem nie. Jy dink nog nie in terme van gister nie - selfs môre maak nog nie deel uit van jou werklikheid nie. Dis nog net vandag vir jou. Vandag duur vir ewig. Vandag is alle tye.

Die besoek aan Eida het my begin verveel. Ek wou nie meer saam met die ander stap nie. Ek vooruit gehardloop na die bloekoms toe en daar was 'n sooimurasie, die mure plek-plek omgeval, plek-plek nog staande. Vier vertrekke.

Die werf was toegegroei met kakakiebos en kosmos en ek het verroeste stukkies yster opgetel en stukkies blou geblomde porselein en 'n entjie verder 'n verknotte roosboom raakgeloop wat halfhartig probeer blom.

Later het ek teruggegaan murasie toe en die res van ons geselskappie daar gekry. "Dit was die kombuis, Oususter, onthou jy?" Ek k on nie glo dat dit ooit 'n kombuis kon gewees het nie - die twee buitemure het op die grond gelê. "Hier het olee Pa en Ma altyd saans gesit en gesels voor ons bed toe gegaan het. Die stoof het hier gestaan, Oususter, onthou jy?"

Het daar teen dié rou grondmure familieportrette en botterspane gehang? Het hier stoele en tafels en beddens gestaan? Het iemand met 'n ingeduikte lampetbeker water oor hierdie drumpel gedra? Het hier saans kerse gebrand, 'n kind gehuil, 'n ketel gesing? Is hier gebid en gelag en liefgehê?

Daar het kakiebos in die voorkamer gegroei en daar was groen mos teen die kosyne en uit die een slaapkamer uit het 'n bruin padde aangespring-gespring gekom in die smal kweekgrasgang af.

Net oom Coenraad het hoofslaapkamer toe gegaan. Oususter wou nie. Enoom Coenraad -  hy is vandag al dood - was 'n harde man, 'n bruin gebrande skaapboer wat alles weggelag het en selfs oor die grootste ramp filosief kon borduur. Maar toe oom Coenraad uit daardie stukkie van die murasie uitkom, was sy oë vol skaamtelose trane en ek onthou nog goed ek het gedink: Arrie, party mense, darem!

Eers nou die dag het ek gehoor hoekom almal dié môre die hoofslaapkamer so vermy het, en hoekom groot oom Coen se gemoed so vol was toe hy daar uitkom.

Miskien is dit die treurigste storie wat ek ken.

Coen was as kind glo maar 'n rakker. Hy't daarvan gehou om sy broers te karnuffel. Speels, miskien, maar tog. Kleinboet Jan, die jongste van hulle almal, was 'n laatlammetjie en hy moet maar altoos deurloop onder sy groter broer se kwajongstreke. Maar kleinboet Jan was g'n papbroek nie - hy't alles soos 'n man trotseer. Hy't nooit by Pa of Ma loop nuus aandra nie, al het hy ook hóé deurgeloop. Miskien het hy geweet hulle sal iets agterna skree, iets soos "Oppas vir die duwweltjies!", soos kinders maar maak as iemand gaan nuus aandra.

Die nag toe Oorgrootmoeder dood is, is al die kinders wakker gemaak behalwe kleinboet Jan. Hy was immers maar vyf en sou niks van die verlies verstaan nie. Selfs die groter broers het min begryp. Net Oususter was al groot genoeg om te weet wat dood beteken.

Daardie volgende oggend het die broers op die werf gespeel, byna soos gewoonlik. En kleinboet Jan het weer deurgeloop. Maar dié oggend (hoekomd juis dié oggend - was daar iets in die lug?) kon hy die plaery nie meer verdra nie. Nie meer alleen nie. En hy't gaan kla.

Oususter het hom in daardie slaapkamer gekry, by sy ma. Hy't langs die bed gestaan, sy mond naby haar stil kop, en huilend álles vir haar vertel.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Konka Kuiers op RKK

GRATIS
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Chris Barnard

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >