Opelug Kafeetjie
In 'n opelug kafeetjie sit ek saans to baie laat
Kyk hoe jong verliefde paartjies hand aan hand
stap deur die straat;
En ek dink aan somersaande, toe jy saam was
hier met my;
Waarom kan ek nie aanvaar nie? Daardie aande
is verby!
Koor:
Dan kom verlange na tye saam met jou,
Daars soveel wat my laat terugdink,
Wat my altyd laat onthou!
In die nat sand langs die branders
Lê my spore agter my -
Net een ry, waar daar eers twee was
Ander kere was jy by!
en die sonlig op die vlerke
Van die meeue as hul duik
Is nog net so mooi soos altyd,
Net - dis ek alleen wat kyk.
In die park verkleur die bome
Hier en daar val al 'n blaar.
Elke een van hul neem jou drome
Saam van herfs, verlede jaar.
Al die plekke waar ons saam was,
wil ek doelbewus vermy.
Maar tog gaan ek t'rug en hoop ek
Dat ek jou dalk daar sal kry.
Tientjie du Toit