Op Soek na Saffiere

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Doreen was so stil daarbo in haar kamer, dat Mammie gedink het sy slaap al. Sy het toe stilletjies gaan loer en toe gesien dat doreen besig is om tekste op te teken in 'n oefeningboek.

"Kyk Mammie, ek het van gister af 'n hele paar nuwe juwele ontdek."

Mammie het die boek geneem en gelees: 'Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal neer van bo af, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering nie.' (Jak =. 1:17

"Hier is nog een," het Doreen gesê. 'Die seun laat hom alreeds aan syh andelinge ken of sy handelwyse suiwer en of dit reg is."

"Dis 'n baie mooi een," het Mammie gesê, "jy kan nou nuwe bladsye neem vir ander juwele."

"Ja dis 'n goeie plan. Ek wil my boek vol skryf."

"Nou ja, kom laat ons met saffiere begin. Daar is baie van hulle in jou wonderlike juwelekissie. Kan jy aan een dink?"

Doreen het vir 'n rukkie geink en toe het 'n teks haar skielik bygeval. "Dan sal die regverdiges skyn soos die son". (Matt. 13:43)

"Dis 'n mooie, maar gee bietjie jou Bybel vir my en dan sal ek jou nog een wys. 'Julle is die lig van die wêreld... Laat julle lig skyn voor die mense'. (Matt. 5:14, 16) Dan is daar ook hierdie een: 'Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is'. " (Jes. 55:6)

"Ek ken daardie een, maar ek weet nie so reg wat dit beteken nie. Kan 'n mens die Here dan nie altyd vind nie?"

"Wel, sê Mammie, "ek sal dit vir jou verduidelik. Jy sien, sommige mense stel hulle saligheid uit. Hulle gee nie hul hart aan die Here wanneer hulle nog jonk is nie. Daar is groot gevaar dat 'n mens te lank kan wag. Dit is dus baie verstandig om die Here te soek wanneer ons nog jonk is, want daar sal 'n dag kom wanneer die genadetyd verby sal wees en mense sal die Here dan soek, maar nie vind nie."

"Laat ons nou nog 'n saffier in die Nuwe Testament soek," het Doreen voorgestel.

"Maar jy ken seker een, Doreen. Dink maar net 'n bietjie. In die Bergpredikasie van die Here Jesus is daar baie. Salig....."

"O ja, nou onthou ek. Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word!" (Matt. 5:9)

"Ek sal jou nog een gee, ek weet jy ken hierdie een ook: 'Soek eers die koninkryk van God en Sy geretigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word'. Ons kan hierdie een die saffierhoeksteen noem. As jy nog net een bladsy omblaai, sal jy hierdie een vind: 'Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe'," sê Mammie.

"Sien jy nou Doreen, die hele Bybel - van begin tot einde - is van hierdie pragtige juwele. En ons het nog maar skaars begin soek."  (Word vervolg)