Neute en Neute

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Drie

deur Arthur S. Maxwell

"Hallo!" het Pappie uitgeroep, terwyl hy die voorhuis met sy hoed en sy jas nog oor sy arm binnekom. "Ek dog die huis is aan die brand. Wat gaan hier aan?" Hy kon wel vra, want daar was Petrus en Baba en Siena besig om te stry so al wat hulle kon.

"Dit is my neute!" het Petrus, die oudste geskreeu, en hy hou een hand oor 'n bord neute, terwyl het met die ander een sy sussies wegdruk.

"Dit is nie jou neute nie!" het Baba uitgeroep. "Hulle kom van ons bome af en daarom is hulle ons almal s'n."

"En ons wil almal daarvan hê!" het Japie geskreeu, terwyl hy na die bord toe deurdruk. "en ek wil ook hê! het Siena gegil. "Stadig! Stadig!" het Pappie uitgeroep. "Hou asseblief op met julle lawaai! Wat het jy daar, Petrus?"

"Neute", het Petrus geantwoord. 

"Waar het jy hulle gekry?"

"In die agterplaas. Ek het hulle alleen onder die bome opgetel, en dus is hulle myne."

"Ek is nie so seker daarvan nie," het Pappie geantwoord en hy het probeer streng lyk terwyl hy gaan sit. "Daardie neute is myne, en ek is van plan om met hulle te maak soos ek goed dink."

Petrus het teëgepraat maar uiteindelikdie bord neute vir Pappie gegee, terwyl die ander betreklik stil toegekyk het om te sien wat nou gaan gebeur. Pappie het geglimlag terwyl hy na die neute kyk. "Voordat ons besluit wat ons  met hierdie neute gaan doen," het hy gesê, "moet ons eers baie seker wees wie die werklike eienaar is."

"Hulle is myne," het Petrus uitgeroep.

"Ons sal sien," het Pappie gesê. "Nou, Petrus, wie het die neutbome geplant?"

"Ek weet nie," het Petrus geantwoord. "Dit was seker Pappie."

"Dis reg," het Pappie gesê. "Nou kan jy my vertel op wie se grond staan die bome en wie het hulle deur die jare versorg?

"Seker Pappie," het Petrus taamlik nors gesê.  "Kan jy my dan sê aan wie behoort daardie bome se neute?" 

"Seker aan Pappie," het Petrus gebrom en hy was net baie omgekrap. 
"Wel," het Pappie voorgegaan met 'n glinstering in sy oë, "ek is bly dat daardie sakie vir ons duidelik is. Dit is nogal belangrik, julle sal sien. terwyl almal nou saamstem dat hulle aan my behoort, staan dit my natuurlik vry om hulle te gee an wie ek wil Ek is baie dankbaar, Petrus, dat jy my neute vir my opgetel het," het hy met 'n glimlag gesê, "dat aangesien Petrus reken hierdie neute behoort aan hom, dit miskien tog maar die beste sal wees as hy almal kry-"

"Nee!" Dis nie regverdig nie! Nee, nee!" het die ander drie uitgeroep terwyl Petrus se oë straal van blydskap. 

"Wag net so 'n bietjie, wag 'n bietjie," het Pappie gesê. "Moenie opgewonde raak nie. Dit was baie selfsugtig van hom om al die neute vir homself te wil hou. Dit sou soveel mooier gewees het as hy ingekom en ons almal gevra het om hulle saam met hom te geniet. Maar Petrus sal eendag leer. Hy sal beter leer; en hierdie voorval mag hom help. Ek dink dit sal."

Toe Petrus hierdie woorde hoor, was dit of hy onrustig word. Hy het nou glad nie meer gerus gevoel oor sy neute nie. "Wel, hier is dit, Petrus," het Pappie gesê en hy het vir hom die bord neute oorgeskuif. "Ek hoop jy geniet hulle. Hulle lyk vir my maar baie verkrimp."

Petrus se gesig het gehang. "En nou," het Pappie gesê, terwyl sy glimlag nog breër word en hy 'n papiersak uit sy jassak haal, "ons ander sal hierdie geniet."

Petrus se oë het ook gerek. Hy het nooit van tevore sulke groot neute gesien nie. Syne het sommer soos verkrimpte ertjies gelyk langs hulle.

"Ek het hulle vandag in 'n winkel gesien," het Pappie gesê, "en het gedink dat julle almal 'n paar sal wil hê" - nogal eienaardig, né? Kom laat ons ons s'n oopbreek. Hoe lyk dit, Petrus, hoe smaak joune vir jou jou?" 

Maar Petrus het reeds verdwyn.