'n Blink Gedagte

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Iris en Elsie het altyd blink gedagtes gekry. 'n Mens sien hulle daar agter die ou gemakstoel fluister, of daar onder die trap, of in die stoorkamer en dan skielik hoor jy 'n lawaai en die twee hardloop om Mammie op te soek.

"Mammie!" het hulle gewoonlik geskree, "ons het 'n baie blink gedagte. Ons wil graag......"

Dan het hulle Mammie vertel van hul nuwe plan, of miskien van iets wat hulle by die skool wil doen. Mammie het nie altyd hulle nuwe idees goedgekeur nie, want sommige daarvan was te ondeund,  het sy gesê. Maar so nou en dan het die twee meisies darem met iets goed vorendag gekom.

Op hierdie oggend waarvan ek wil vertel, het die twee onder 'n boom in die tuin vir 'n hele rukkie fluisterend gesels. Skielik het hulle uitgeskater van die lag en het hulle na die kombuis gehardloop waar Mammie besig was om ertappels vir die middagete te skil.

"Mamma!" het hulle uitgeroep," ons het 'n blink gedagte."

"En wat is dit hierdie keer?" het Mammie gevra.

"Ons wil hê dat Mammie vir ons geld moet leen."

"Maar ek het nie geld om uit te leen nie," het sy gesê.

"Maar sal Pappie vir Mammie gee nie?"

"Waarvoor wil julle die geld hê?"

"Ons wil saad in die tuin saai om geld te verdien vir die sendelinge, soos die ander kinders."

"Waar kom julle aan daardie idee?" wou Mammie weet.

"By die kinderdiens, verlede week, het 'n sendeling vertel van dogtertjies wat slaai gesaai het vir die sending en ons wil ook so maak. Hulle het baie geld gemaak."

Mammie het toe maar toegegee en toe Pappie huis toe kom, het sy hom oorreed om aan die kinders 'n sikspens te leen om slaaisaad te koop.

Die volgende dag was Iris en Elsie hard besig in die tuin. Pappie het hulle gewys hoe om te werk te gaan - hy het selfs 'n stukkie grond vir hulle omgespit. Hulle  het dit mooi gelyk gehark en al die klippe en kluite verwyder. Toe die bedding gereed was, het hulle die saad gesaai en dit mooi toegehark.

Die volgende oggend was dit nie nodig om hulle te roep nie, want hulle het baie vroeg opgestaan om te gaan kyk of die saad nog nie opkom nie.

Dit was bae goed dat hulle so vroeg opgestaan het, want toe hulle by hul mooi bedding kom, was drie voëls besig om die saadjies op te pik.

"Julle stoute voëls!" het die kinders geskree en het die voëls verjaag.

Hulle het gevind dat die voëls baie skade aangerig het en hulle moes meer saad koop om te vergoed vir wat die voëls geëet  het. Hierdie keer het Mammie hulle 'n stuk muskietnet gegee om die bedding toe te maak totdat die plantjies sterk genoeg was. So na twee of drie dae het die saadjies begin opkom en sommer baie gou was die hele bedding groen.

Hulle het dit vreeslik geniet om te kyk hoe die plantjies vorder. Natuurlik moes dit nat gehou word, maar dit was geen moeite vir hulle nie. Die gevaar was dat hulle die plantjies te veel water sou gee.

Die plantjies het al hoe groter geword en hulle het so pragtig en so dik gestaan. Dit was 'n pragtige gesig! Hulle het vas geglo dat God die plantjies spesiaal geseën het omdat dit vir die sendelinge was.

Sowat twee weke na die saad gesaai was, het Pappie gesê dat dit amper tyd was om die slaai te gebruik.

Watter vreugde het dit hulle verskaf om van die slaai te sny. Hulle het sommer 'n hele mandjievol gesny en daarmee huis toe gestap om dit aan Mammie te verkoop!

Mammie het dit maar gekoop. Met die geld het die kinders meer saad gekoop en hulle het weer gesaai. Hierdie keer het hulle soveel slaai gehad, dat hulle sommige daarvan aan die bure moes verkoop. Met die geld het hulle nog meer saad gekoop en toe het hulle soveel slaai gehad dat hulle die winkelier moes vra om 'n gedeelte te koop. Ná elke verkoping het hulle van die geld in hul bussie gegooi wat hulle dan sou oopmaak wanneer die sendeling weer die kinders kom toespreek.

Dit was eers ses maande daarna. En hoe opgewonde was die kinders toe hulle die bussie oopgemaak het. Daar was sjielings, sikspense, trippense en pennies. Ná die diens het die kinders die geld aan die sendeling gaan gee en hom meegedeel dat dit gebuik moes word om seuntjies en dogters in die buiteland te vertel van Jesus. "Baie dankie!" het hy gesê, "maar waar het julle al hierdie geld gekry?"

Iris en Elsie het gebloos en toe het Iris - wat die oudste van die twee was - gesê "Wel, dit het gekom uit 'n blink gedagte". En toe het hulle die sendeling alles vertel en hy heer die storie aan ander seuns en dogters vertel, sodat hulle ook blink gedagtes kon kry.