My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Merkwaardige dinge

Om na merkwaardige dinge te soek, is 'n baie aangename tydverdryf. Dit kan 'n mens vir ure besig hou - mits jy natuurlik af en toe iets ontdek om jou belangstelling gaande te hou.

Miskien wil julle weet wat nou eintlik 'n merkwaardige ding is. Wel, dit is iets buitengewoons - iets anders as die alledaagse, soos byvoorbeeld 'n wonderlike klip op die strand, met 'n gat deur die  middel. Daar is duisende klippe langs die strand, maar baie min van hulle het 'n gat in die middel.

Dit is om hierdie rede dat so 'n klip merkwaardig sal wees. Die van julle wat naby die strand woon, sal baie merkwaardige dinge vind as julle daarna soek, soos eienaardige skulpe, of stukkies seewier.

Die wat op die platteland woon, sal merkwaardige dinge vind in die veld en in die bos - wonderlike voëls, seldsame blomme, hol boomstamme, en so meer. Maar diegene wat nie naby die see, of op die platteland woon nie, kan op die uitkyk wees vir wonderlike dinge langs die strate of in die parke. In 'n stad kan 'n mens mos honderde snaakse mense sien, met snaakse klere aan.

Dan is daar snaakse honde en katte - honde met lang lywe en kort pote; katte met eienaardige kleure; nuwe soort motors; snaakse advertensies, en sulke dinge.

As julle regtig 'n aangename tydjie wil deurbring, hou dan julle oë oop vir merkwaardige dinge wanneer julle gaan wandel.  Dra 'n aantekeningboekie saam, en teken alle merkwaardige dinge wat julle sien, op - alles wat buitengewoon is. Sorg net dat julle nie julle vriende se name opskryf nie, al is hulle ook hoe snaaks. En wanneer julle weer terug by die huis is, kan julle julle aantekeninge vergelyk om te sien wie die langste lys het en wie die meeste snaakse dinge raakgesien het. Die een wat die meeste regtig merkwaardige dinge gesien het, is natuurlik die wenner.

Die enigste moeilikheid wat julle miskien sal ondervind, mag wees om vas te stel of alles wat julle opgeteken het, werklik iets merkwaardig is. Vir geval julle altemit nie saamstem nie, sorg net dat julle nie daaroor rusie maak nie. As daar verskil van mening is, moet julle maar julle vriende gelyk gee, want dit sal hulle gelukkig maak, al sal julle self sleg voel omdat julle verloor het.

 As julle altyd julle oë oophou, sal julle allerhande soorte merkwaardige dinge sien, en dit sal die lewe baie interessanter maak. Laat ons dus leer om opmerksaam te wees.

Kyk na die prent van die olifant op die vorige bladsy. Daar is vir jou 'n snaakse iets! Het hulle al ooit 'n olifant gesien wat sy toonnaels laat afsny? Ek glo nie julle het nie. Wel, hierdie olifant se toonnaels word eintlik afgevyl, nie afgesny nie. Dit lyk of hy dit meer geniet was julle wanneer Moeder julle toonnaels met die skêr bykom!

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Kyk nou na die prent op hierdie bladsy, waar 'n boom in die dak van 'n huis groei! Is dit nie een van die wonderlikste dinge wat julle nog gesien het nie? As julle ooit in die dorpie Kilmersdon in Somersetshire, Engeland, kom, sal julle daardie boom kan sien - dit is as dit nie op die een of ander manier vernietig is nie. En die wortels van hierdie boom is nie in die grond nie, hy moet al die voedingstowwe uit die dak self kry. 

As julle ooit eendag in Arizona in die Verenigde State kom, moet julle na die beroemde versteende woud gaan kyk. Daar sal julle honderde bome sien lê; hulle was eentyd hoë denne- of sederbome, maar nou is hulle versteen. Deur die aksie van water honderde jare gelede, het die hout versteen, en 'n mens kan die pragtigste kleure in hulle sien. Baie van dieselfde soort half-edelstene waaruit die muur van die Nuwe Jerusalem bestaan, kan 'n mens daar sien, soos byvoorbeeld jaspis, ametis, oniks en ander. Duisende tonne van hierdie pragtige versteende hout is tot ornamente verwerk.

In Nieu-Mexico is daar 'n rots in die woestynvlakte wat so baie op 'n skip ter see lyk dat dit bekend is as Skiprots. In Arizona is daar 'n eienaardige rots met 'n groot gat dwarsdeur, soos 'n venster. Dit word genoem Vensterrots.

Water kan snaakse formasies laat ontstaan, veral in grotte, waar 'n mens die wonderlikste kwartsformasies kan sien. Een van die bekendste van hierdie soorte formasies is in die Groot Grot in Kentucky. Dit is jare gelede ontdek deur 'n jagter wat 'n beer agtervolg en gesien het hoe hy in 'n gat teen die berg verdwyn.

In Kalifornië, waar die reuse rooihoutbome groei, is daar een boom wat so groot is dat die hol stam as huis ingerig is. Dit is bekend as die Boomhuis. Die pit van hierdie boom het jare gelede uitgebrand, en iemand het 'n winkel daarin ingerig waar soeweniers verkoop word. Die plafon is vyftig voet hoog. In vergelyking met die vrou wat in die deur van die huis staan, kan julle self 'n idee vorm van die grootte van hierdie boom. 

'n Motorpad loop dwarsdeur een van hierdie groot rooihoutbome van Kalifornië, sodat motors daar kan deurry. Dis darem wonderlik om dwarsdeur 'n boom te ry, is dit nie?

In die Witberge in New Hampshire is daar 'n snaakse rotsformasie teen 'n krans. Wanneer 'n mens dit van die regte hoek af bekyk, sien hy die belyning van 'n menslike gesig - hulle noem dit die Great Stone Face; ander noem dit die Ou Man van die Berg. Die voorhoof is honderd voet breed, met neus, lippe, en kin na houding. Julle kan julle dus voorstel hoe groot dit moet wees. 

< >