Arnold Theiler Memorial Moonlight Horseride (Pretoria): Inskrywingsvorm

26 Februarie 2021 (Vrydag)

MAAK DUIDELIK SEKER | Booking Time



SLEGS ERVARE RUITERS!

Onderstepoort Perderoete #KultuurAvontuurKamp is slegs 11km buite Pretoria op die Onderstepoort pad. 'n Veeartsenykundige navorsingsentrum buite Pretoria. Dit is deur Sir Arnold Theiler gestig as gevolg van die runderpes waqt in 1896 uitgebreek het. Hy het dit ontwikkel tot een van die suksesvolste inrigtings van sy soort in die wêreld. Hier word ook endstowee geproduseer. Die Veeartsenykundige Fakulteit vna die Universiteit van Pretoria is hier gevestig.  

Wil u deel wees van ‘n onvergeetlike ervaring wat nie net geskiedkundig is nie, maar ook sommer lekker  – want die uitstappie is te perd. Hoeveel keer het jy jouself voorgeneem om nog eendag so iets te doen, veral saam met jou kinders? Dink wat dit vir hulle sal beteken. Hier is jou kans– lees verder. Nou hier is die geleentheid om al jou sintuie in te span sonder vermoeienis. Voel, ruik proe, sien en hoor die veld, die natuur... en beleef die krag, soepelheid en energie van 'n perd! 

Ons kampterrein is ‘n plaas in die Bosveld en ja, daar is selfoonopvangs, warm water, storte en ons taal is Afrikaans. Die omringende areas is Akasia en Rosslyn en Pretoria Noord.  Kostes vir hierdie perdry-ervaring is slegs  R350 per persoon. Die hele proses van aankoms - stalle - opstel - rit - afsaal - groet duur ongeveer 180 minute waarna jy rustig kan ontspan .   NB!! 'n Administratiewe (hanteringsfooi) van R15 per persoon word by u faktuur gevoeg.  

LW: Onmiddellike verwydering van perseel:  Dwelms en ‘n Bloubultrui of ander Bulls-aandenkings....! 

Vraag en Antwoord (Q & A)

Hoe lank duur dit?

Vandat jy by die stalle opdaag, todat jy deur die area beweeg en afklim by die stalle, neem ongeveer 180 minute. Jy kan 30 minute voor die aanvang van die rit opdaag en die perde leer ken. Jou en jou kind vertroud maak met die ervaring. So ook na die tyd. Bring 'n wortel OF 'n stuk vars brood (heel of half wat jy kan opbreek) vir jou perd(e) en spandeer nog 'n halfuur om hul te streel, te voer en die absolute natuurskoon (en plattelandse stilte) van Onderstepoort. Bring 'n kampstoel saam, en gee jou kind die geleentheid om die ERVARING ten volle te geniet (sonder haas).  

Bring jou beursie, en geniet 'n versnappering (halfway-house) by die Hotel, of selfs 'n koeldrankie of iets vir die keel. 


 

Wat moet ek dra?

Langbroek. Ordentelike stapskoene of tekkies. Kaalvoet of sloffies word nie toegelaat nie. Hier is vier Perde-hoofbeskermers (hoed). Dra verkieslik 'n hoed wat vasbind en nie sal afval of afwaai met galop nie. Die perd / jy as ruiter gaan verby 'n groot dam. Hulle is lief vir water en stap in om te drink. Dra ou klere. Hoe dieper jy ingaan, hoe meer hou die perd daarvan.


 

Wat gebeur op die rit?

Moenie bang wees nie. Jou perd ken die roete. Vra vrae, sodra jy rustig geraak het. Die 1 gids ry voor, en die 1 gids ry agter. 'n Derde gids beweeg tussen deur (as hy betrokke is). Sommige perde hou van (dring daarop aan) om voor te ry. Ander is gemaklik in die ketting. 

Ek is +Grootte

'n Perd kan met gemak 100kg gewig dra. En ons sal daarvolgens aan jou 'n perd toeken. As jy weet jy gaan sukkel met die op- en of afklim, praat asseblief met jou gids (hetsy 'n rugby-knie / gewig / rumatiek / seer rug). Asseblief. Ons help jou graag dat jy besering-vry die ervaring geniet en huistoe gaan. MOENIE stilbly en self probeer nie! Ons limiet per deelnemer is 100kg.
Een van ons sale waarop jy gaan ry! Wees bevoorreg~!
Ons oudste ruiter vir die dag (@75). Vol glimlagte met die afklim! 
Hoe oud of jonk mag ry?

Slegs ervare ruiters - minimum ouderdom van 16 jaar. 

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za