Liefde oorwin alles

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

So 'n lawaai soos die in die agterplaas! Jy het nog nooit so iets gehoor nie - altans ek hoop jy het nog nie.

Gert en Frik het Rooi Indiane gespeel om die somershuisie by die punt van die grasperk. Frik was aangetrek soos 'n opperhoof, met vere wat hy in die hoenderhok gekry het en Gert was kamma die witman wat hom uit die somershuisie probeer hou.

Toe het die bakleiery ontstaan. Frik het gesê dat Gert dood was, want hy het hom met sy pyl en boog geskiet, maar Gert het volgehou dat hy nie dood is nie en hy sou nie dood wees vir Frik of enigieman anders nie.

"Jy kierang! jy is dood!" het Frik geskree.

"Ek kierang nie en ek is nie dood nie!" het Gert teruggeskree.

"Jy is."

"Ek is nie."

"Nou ja loop, gaan speel dan alleen."

Die seuns het al kwater geword en dit was ook nie lank nie of Frik haak af en plant 'n opstopper op Gert se neus. In 'n kits was hulle aanmekaar, maar terwyl hulle nog so stoei, roep 'n stem uit die voorhuisvenster.

"Kom hier, kom dadelik hier, julle twee," roep Mammie. "Ek wil nie hierdie lawaai in die agterplaas hoor nie. Wat sal die bure van julle dink?"

Bron-brom het die twee seuns huis toe geloop.

"Dit was hy gewees," sê Gert. 

"Is nie, dit was hy," sê Frik.

"Jy het eerste begin."

"Ek het nie."

"Dit maak nie saak nie, kom julle altwee hier - k om sit op hierdie stoele. En pasop, ek wil nie 'n woord van julle die volgende kwartier hoor nie!"

Gert en Frik het teenoor mekaar gaan sit en mekaar in stilte kwaai aangekyk. Want wanneer Mammie sê hulle mag nie praat nie, het sy dit bedoel.

Baie stadit het die minute verbygegaan. Net voordat die kwartier om was, het Mammie weer die vertrek binnekom.

"Ek gaan julle 'n storietjie vertel," het sy gesê.

Die uitdrukking op hul gesigte het sommer verander.

"Baie jare gelede, toe Rooi Indiane nog so wild en gevaarlik was soos Frik netnou probeer wees het, was daar vreeslike gevegte tussen hulle en die witmense wat in Amerika gaan woon het. Die Indiane het gesê dat die land aan hulle behoort en dat die witmense hulle later heeltemal sou verdryf indien hulle nie veg om hulle goed te behou nie. Baie van die witmense was baie wreed en dit het sake net versleg.

"Toe het daar eendag 'n man in Amerika aangekom wat anders met die Indiane te werk wou gaan. Sy naam was William Penn en hy wou met hulle vriende maak, liewer as om teen hulle te veg. Hy het aan sy mense tuis gesê dat hy die Indiane goed gaan behandel. Hulle het hom natuurlik uitgelag en gesê dat hy gou-gou doodgemaak sou word, maar hy het by sy besluit gebly."

"Het hy nie 'n geweer saam met hom geneem nie?" vra Gert.

"Jy mag nog nie praat nie," sê Mammie.

"O," brom Gert.

"Wel, hy het nie 'n geweer met hom saamgeneem nie," gaan Mammie voort, "en kort nadat hy in die nuwe land aangekom het, het hy al die Rooi Indiane bymekaargeroep om met hulle te praat. Diuisende het gekom, besmeer met hulle oorlogsverf en met hulle wapens. Miskien het hulle 'n hinderlaag verwag.

"Penn het hulle sonder wapens saam met 'n paar vriende ontmoet. Toe het hy met hulle gepraat soos nog geen witman vantevore nie. 'Ons moet nie w apens teen ons medemens gebruik nie,' het hy gesê. 'Ons vertrou julle en ons wil goedgesind teenoor julle wees. Ons glo julle sal ons goed behandel en ons sal julle goed en regverdig behandel. Ons ontmoet mekaar op die grootpad van vertroue en tegeneemtheid; ons moet mekaar nie benadeel nie, maar alles moet openlik en liefdevol wees, want ons is almal een vlees en bloed!'

"Nadat hy klaar gepraat het, het Penn 'n stukkie papier uit sy sak gehaal waarop hy 'n ooreenkoms geskryf het, om deur hom en die Rooi Indiane onderteken te word. Hy het dit aan hulle voorgelees, terwyl hulle verbaas geluister het. Dit is hoe 'n deel van die ooreenkoms gelui het:

"'Ons sal broers wees, my mense en jou mense, soos die kinders van een Hemelse Vader. Al die paaie sal oop wees vir die Christen en die Indiaan en die wonings van die Indiaan sal oop wees vir die Christen'. Dit was 'n baie dapper daad aan die kant van Penn en die meeste witmense wat daarvan gehoor het, het gesê dat dit 'n dwase daad was. Maar die Indiaanse hoofde het hulle toestemming gegee en Penn beloof dat hulle dit sou nakkom. En toe het hulle tevrede weggegaan.

"Die jare het verbygegaan en ten spyte van die feit dat daar in ander dele van Amerika gedurig gevegte aan die gang was, was daar vrede in Pennsylvanië - die staat wat na Penn vernoem is. As Penn van die Indiane grond wou hê, het hy dit teen 'n billike prys gekoop. As 'n witman 'n Indiaan kwaad aangedoen het, is hy net so gestraf asof hy dit aan 'n witman gedoen het Penn het ook gesorg dat die witmense nie allerhande rommelry aan die Indiane verkoop wanneer laasgenoemde by die winkels kom koop het nie. almal moes hulle goed behandel."

"Mamma en is sy kopvel nooit afgeslag nie?" het Frik met een oog op die horlosie gevra.

"Nee glad nie. Die Indiane het te veel van hom gehou om dit te doen. En gedurende veertig jaar is nie een ongewapende persoon in die hele staat doodgemaak nie. Julle sien, deur die Indiane goed te behandel en nie toe te laat dat hulle kwaad angedoen of gekul word nie, het hy hul vriendskap gewen en gevolglik was daar vrede."

Frik en Gert het nou sommer beter gevoel.

"Wel, aangesien ek die witman is, sal ek seker maar moet gaan vrede maak met daardie Rooi Indiaan daar," het Gert gesê.

"Dit sal baie gaaf van jou wees om dit te doen," het Mammie gesê.

"Ek sal seker maar moet," het Gert gesê, "maar ek wonder of hy dit verdien."

"Die tyd is om," skree Frik en hy kyk weer na die horlosie. Glimlaggend het altwee van hulle stoele afgeseil en weer na die agterplaas gehardloop.


Slaaptyd stories
Deel DRIE

deur Arthur S. Maxwell

"A 

Om die dam Perderoete