Kind van Afrikaner
Kind van Afrikaner-ouers
Waarom sit jy met jou kop tussen jou skouers?
Is daar vir jou geen gronde vir trots?
Miskien is jy onbewus van die Ewige rots?
Staan nader, kind van my volk
Die Voortrekkers trek weg jou donker wolk
Sluit aan - ons wil jou hê, sodat jy in volkgsvergaderings jou sê kan sê
Trots op jou nuwe uniformdrag.
In jou oë blink iets van die jeug se prag.
Staan regop penkop en kyk na Bo.
So groei jou menswees - dit kan jy glo.
As verkenner maak jy jou merk
die Vories het reeds met jou hart gewerk.
Jou kop is fier omhoog
Jou blik is sonder boog.
Jongmens - staatmaker, altyd met vra vol
Terwyl jy gevorm word, sterk vir jou rol -
As Afrikanerleier van die toekoms
Groei jy tot gereedheid vir die nuwe son se koms.
Offisier - grootmens met 'n hart van goud
Al stap die jare aan, jou gees word nooit oud.
Groei steeds in jou diens aan ons kind,
Mense soos jy, is selde te vind.