Kaalvoet
Robbie Wessels
Ek is nie altyd seker nie, nie altyd vasoortuig
Wie se gevoelens eg is nie, wie se intensies reg
Oordeel ek vinnig, besluit ek te gou
Vooropgestelde idees
Oor jou en oor jou en oor jou
Los my skuldig en soms allen
Waar gaan ek heen as die dae begin lank word
Waarheen in my onrustigste uur
Ek kom na hier
Waar ek laatnag voor 'n koolstoof aan my siel skuur
Te sien wat word gebore uit die hart
Dis hier waar ek vanaand noukeurig luister
Vir die stem wat my soms ver van hieraf vat.
En ek loop kaalvoet deur 'n wêreld
'n Wêreld sonder grens
'n Wêreld sonder verse
'n Wêreld sonder vrae
Waar niemand van niemand skinder nie
en niemand niemand pla
en almal mekaar verdra
Ek het nie altyd vrede nie, nie altyd rustigheid
Hoekom ek so geseënd is nie, met liefde en min verwyt
Doen nie wat ek sê nie en gee nie genoeg
Ignore soms my grootste vriend
My meeste besluite bevoordeel myself
Tog seën U my onverdiend
Buite my huis maak die reën alles skoon
Buite my venster waar ek woon
Is dit groen
En die reën omhels die aarde met 'n klapsoen
Los die wange van die heuwels papsopnat
En die son komd druk die aarde teen sy bors vas
En die grond drink voor hy als vir hom kan vat
En ek loop kaalvoet deur 'n wêreld
n Wêreld sonder grens
'n Wêreld sonder verse
'n Wêreld sonder vrae
Waar niemand van niemand skinder nie
en niemand niemand pla
Ons is nooit tevrede nie en niks is ooit genoeg
Besittings gee nie lewe nie en die sonde maak ons moeg
Ons hoop lê nie in more nie want more het nie krag
More het nie wysheid nie, genade vir vandag is genoeg
Want waar gaan ek heen as die dae begin lank raak
Waarheen in my onrustigste uur