State en Kolonies in Suid-Afrika, 1854 - 1902

 In die voorafgaande vier hoofstukke is die geskiedenis van die twee Britse kuskolonies en die twee binnelandse Boererepublieke afsonderlik behandel. Dit wil egter nie sê dat hierdie state van mekaar geïsoleer was en elkeen heeltemal op sy eie ontwikkel het nie. Inteendeel, daar was voortdurend kragte aan die werk wat in menige opsig nie alleen 'n saambindende uitwerking gehad het nie, maar ook tot onderlinge botsings gelei het. Onder andere was daar verenigings- en federasiebewegings; minerale ontdekkings en ekonomiese wedywering; en die opkoms van 'n Afrikaanse nasionalisme as teenvoeter vir die Britse imperialisme. Hierdie faktore en strominge, wat ook 'n noue verband met die Britse koloniale beleid t.o.v. Suid-Afrika toon en nie daarvan afgesonder kan wor dnie, word voorts behandel in soverre dit op twee of meer van die Suid-Afrikaanse state en kolonies betrekking gehad het.

Pogings tot nouere aaneensluiting, 1854-1872

Ná 1854 was daar voortdurend pogings om die territoriale verdeling wat die Groot Trek onder die blankes van Suid-Afrika bewerkstellilg het, ongedaan te maak. Hierdie pogings was daarop gemik om òf die twee binnelandse, onafhanklike Boererepublieke van Transvaal en die Vrystaat te verenig, òf een of albei die republieke te betrek in 'n federasie m et die Britse kuskolonies van Kaapland en Natal. Aanvanklik sou die Oranje-Vrystaat hierin 'n belangrike rol speel.

Die Vrystaatse Republiek was die tussenliggende land wat die Kaapkolonie, Natal en die Suid-Afrikaanse Republiek met mekaar verbind het. Sy geografiese ligging sou hom dus in die gedrang bring. Bowendien was die Vrystaatse inwoners aanvanklik in verskeie kampe verdeel. Die noordelike inwoners, die ou Winburgse republikeine (die verenigingsgesindes), wou met Transvaal verenig, terwyl die koloniale elemente in die suide liewer met die Kaapkolonie wou saamsluit (die federasiegesindes). 'n Derde groep wou die onafhanklikheid van die Vrystaat handhaaf.

Vanuit Transvaal sou die verenigingsgesindes sterk steun vind in die persoon van M.W. Pretorius, wat die ideaal van sy vader om een groot Voortrekkerstaat te stig, probeer verwesenlik het. Reeds in September 1854, toe Pretorius 'n private besoek aan Bloemfontein gebring het, het die verenigingsgesindes probeer om hul posisie met sy teenwoordigheid te versterk, dog die Vrystaatse volksraad het die storm afgeweer. Hierop het raadslid J.J. Venter die beleid ingelui dat die Vrystaat as aparte republiek, maar in verbond met die susterstaat, moes voortbestaan. Die Ventergroep het sterk gestaan toe J.N. Boshof vir J.P. Hoffman as Vrystaatse president opgevolg het. Boshof het streng teen die ander groepe opgetree, dog dit het daartoe gelei dat die verenigingsgesindes hulle tot Pretorius gewend het. Botsings tussen Boshof en Pretorius moes noodwendig volg.

Pretorius sou seker dadelik aan die wekroep van die verenigingsgesindes gehoor gegee het, maar die omstandighede in Transvaal was ongunstig a.g.v. die politieke verdeeldheid tussen Potchefstroom, Lydenburg en Soutpansberg. In 1855-1856 slaag Pretorius daarin om 'n konstitusie in te stel vir die suid-Afrikaanse Republiek, 'n benaming wat voorsiening maak vir die insluiting van meer gebiede as net Transvaal. Lydenburg en Soutpansberg wou nie die konstitusie aanvaar nie, maar toe Pretorius aan die begin van 1757 as president verkies word - al was dit op onkonstitusionele wyse - het hy hom sterk genoeg gevoel om die Vrystaat te probeer bekom en só die ideaal van 'n verenigde republiek te verwesenlik.

In Februarie 1857 besoek Pretorius en staatsekretaris M.A. Goetz Bloemfontein om beswaar te maak teen Vrystaatse wetgewing waarvolgens Kaapse en Transvaalse eienaars van Vrystaatse plase hul eiendom binne ses maande moes bewoon of van die hand moes sit. Dit was egter nie al rede vir Pretorius se besoek nie. Op 24 Februarie probeer hy deur 'n staatsgreep die Vrystaat vir Transvaal opeis. Hy het aangevoer dat koningin Victoria die Vrystaat beloof het aan Andries Pretorius, deur wie se toedoen die Vrystaat ook sy onafhanklikheid gekry het, maar dat die oordrag nie aan die regte eienaar uitgemaak is nie. As opvolger van Andries Pretorius eis M.W. Pretorius dus die Vrystaat op.

Die Vrystaatse regering fnuik egter die staatsgreep en vra Pretorius om die land te verlaat. Hy doen dit wel, maar sien nie van sy aanspraak af nie, beloof beskerming aan die verenigingsgesindes en dreig om met 'n kommando terug te keer. Hieroor het Boshof beswaar by die Potchefstroomse regering gemaak, maar lg. het Pretorius se handelwyse bekragtig en in 'n rondskrywe beskerming aan die verenigingsgesindes toegeê. Boshof se reaksie was om kragtig teen die verenigingsgesindes op te tree, waarop die krygsraad van Potchefstroom in April 1857 'n ultimatum aan die Vrystaatse regering gerig het met 'n eis dat vervolging van die verenigingsgesindes gestaak word. Die Vrystaat moes binne 24 uur antwoord, anders sou die verenigingsgesindes met geweld beskerm word.

Intussen het Boshof onsuksesvolle pogings aangewend om 'n bondgenootskap met die Kaapkolonie aan te gaan. Hy slaag egter daarin om die guns van Lydenburg en Soutpansberg te wen - hulle wou graag van Pretorius se "onwettige regering" ontslae raak. Boshof se antwoord op die Transvaalse ultimatum was dus om krygswet af te kondig, nog kragtiger teen die verenigingsgesindes op te tree en 'n ooreenkoms met Lydenburg en Soutpansberg aan te gaan oor gesamentlike optrede teen Potchefstroom.

Op sy beurt roep Pretorius in Mei 1857 sy burgers na die Vaalrivier op en sê hy verdere steun aan die verenigingsgesindes toe. Albei presidente was dus op die oorlog bedag. Op 25 Mei neem die Vrystaatse en Transvaalse kommando's teenoor mekaar stelling in by Renosterrivier. Tot 'n openlike wapenkragmeting het dit egter nie gekom nie. Deur bemiddeling van Paul Kruger e.a. word die Vaalriviertraktaat gesluit, waarvolgens die onafhanklikheid van die republieke wedersyds erken word. Weliswaar was Lydenburg en Soutpansberg ontevrede omdat die Vrystaat sonder hul medewete vrede gesluit het, dog hul teenstand het verkrummel en Pretorius die geleentheid gegee om die Transvalers in 1860 onder hom te verenig (kyk verder Hoofstukke 12 en 13).

Me die eerste Basoeto-oorlog in 1858 het die verenigingsgevoel, wat sedert die totstandkoming van die Vaalriviertraktaat slegs gesluimer het, weer sterk opgevlam. Die Vrystaters was nie by magte om hulle teen die Basoeto's te handhaaf nie en toe die Kaapse goewerneur, sir George Grey, steun vanuit die Kaapkolonie weier, moes Boshof hom noodgedwonge op die susterstaat verlaat. Op sy beurt het Pretorius gehoop om die noodtoestand in die Vrystaat te gebruik om vereniging van die twee republileke deur te voer. Hy vertrek dan ook in opdrag van die Transvaalse volksraad met 'n kommando vrywilligers na die Vrystaat. Op 23 Mei 1858 ontmoet Pretorius Boshof op Winburg en stel hy vereniging as voorwaarde vir hulpverlening. Boshof wou egter eers sy volksraad raadpleeg.

Die verenigingsgesindes het ook nie stilgesit nie en in 23 memories het 1 445 handtekeninge hull vir vereniging en 98 daarteen uitgespreek. Vereniging was byna 'n voldonge feit. Met die volksraadsitting wat in Junie 1858 te Bloemfontein gehou is, word egter 'n brief van sir George Grey voorgelees waarin melding gemaak word van 'n besluit deur die Britse regering dat die Konvensies nie meer vir Brittanje bindend sou wees as vereniging deurgevoer word nie. Hierdie bekendmaking het sowel Transvaal as die Vrystaat se geesdrif vir vereniging gedemp. Die onafhanklilkheid wat die Konvensies gewaarborg het, was van groter belang as vereniging.

Grey het natuurlik self 'n federasieplan in die gedagte gehad en was bevrees dat dit sou verongeluk as die twee republieke verenig. Hy was bekend met die verenigingstrewe in Transvaal en die Vrystaat - Boshof het hom daaromtrent op die hoogte gehou - en wou die Vrystaat nie vir sy beoogde federasie verloor nie, want dit was die verbindingsland tussen die Kaapkolonie en Natal. Uit vrees dat Transvaal met die Vrystaat sou wegloop, het Grey by die Britse regering daarop aangedring dat hy die gemelde besluit oor die konvensies neem. Welilswaar het die Britse regering nog geen kennis van Grey se federasieplan gedra nie, dog Grey kon die besluit handig gebruik om vereniging te voorkom en sy eie plan te bevorder.

In die Vrystaat was die toestand uiters gunstig vir federasie. Die verbod op vereniging het die federasiegesindes se saak versterk. Adv. Hamelberg en The Friend het kragtig vir fedrasie geagiteer. Daar is op gewys dat vereniging met die swakke en armoedige Transvaal niks sou baat nie, terwyl federasie met die Kaapkolonie, wat oor geld en hawens beskik, uiters voordelig sou wees. Bowendien kon die Vrystaat - so is geredeneer - ook nie op sy eie bene staan nie weens sy armoede en sy swakheid t.o.v. die Basoeto's. Ook Boshof en sy regering was vir federasie en Grey self het die federasie-idee by alle geleenthede gepropageer. So lig hy bv. in September 1858, terwyl hy tussen Mosjesj en die Vrystaat bemiddel, 300 Vrystaters in oor federasie. Die federasiegedagte het oral veld gewen en op 7 Desember 1858 besluit die Vrystaatse volksraad met 'n meerderheid van één stem om met die Kaapkolonie oor federasie te onderhandel. Die Kaapse parlement sou die besluit egter eers in Maart 1859 behandel. Intussen sou Grey die Britse regering oor federasie pols.

Grey het sy kans gekry toe die Britse Minister van Kolonies, Bulwer Lytton, sy mening gevra het oor 'n moontlike federasie van die Kaapkolonie en Natal en oor riglyne vir 'n permanente Suid-Afrikaanse beleid gebaseer op die konvensies. Lytton was op soek na 'n beleid wat die finansiële las wat die kolonies op die moederland gelê het, sou verlig. In sy uitvoerige antwoord van November 1858 het Grey die konvensiebeleid veroordeel en beklemtoon dat die Kaap en Natal nie sonder die tussenland, die Oranje-Vrystaat, kon federeer nie. Hy bepleit dus 'n federasie van die hele Suid-Afrika onder die Britse vlag, met aan die hoof daarvan 'n goewerneur aangestel deur die Britse regering. Voorts beoog Grey 'n federale parlement, gekies deur die inwoners van die verskillende geweste en 'n verantwoordelike ministerie om die goewerneur by te staan. Die federale regering sou reg hê op wetgewing oor sake van algemene belang, terwyl die bestaande wetgewende liggame in die geweste seggengskap oor plaaslike bestuur sou behou.

Die vernaamste dryfveer vir Grey se federasieplan was die nie-blanke-vraagstuk, wat syns insiens nie deur 'n verbrokkelde suid-Afrika opgelos kon word nie. Ook het hy geredeneer dat die republieke so sterk kon word dat die noorde die suide kon oorskadu en selfs 'n ekonomiese en militêre bedreiging kon word. In sommige opsigte het Grey wel hase opgejaag, maar veel t.g.v. sy plan gesê word. Onder andere was daar in Suid-Afrika 'n behoefte aan federasie - een van die republieke het selfs daarom gevra. Heel waarskynlik kon federasie geslaag het, waardeur die stryd en verbittering wat later gevolg het, uitgeskakel kon gewees het.

Hoe dit ook al sy, die Britse wat die uitgawes wat in die dae van die Oranjerivier-soewereiniteit aangegaan moes word, in herinnering geroep het, wou die federasievoorstel nie aanvaar nie. "In a federation with these Dutch Republics," het Lytton op 6 Oktober 1858 geskryf, "we h ave much to risk and nothing to gain - we reverse in it the old story of the giant and dwarf, in which the Dwarf got the wounds and the Giant the profit. It seems to me that, here, the Dwarf would be thrusting her Dutch Nose into all sorts of black Squabbles, from which the British Giant woud always have to pull him (sic) out with the certainty of more kicks than halfpence."(1) Die vrees vir uitgawes het Grey se federasieplan laat strand.

(1) Aangehaal in C.W. de Kiewiet: British Colonial Polilch and the South African Republics 1848-1872 (Londen, 1929), p. 127

Die mislukking van Grey se federasieskema het 'n herlewing van die verenigingsbeweging tot gevolg gehad. In Julie 1859 het die Vrystaat 'n kommissie benoem om die Transvalers oor samewerking te raadpleeg, maar die regering in Pretoria wou hom nie bind so lank die gevaar bestaan het dat die Sandrivier-konvensie daardeur geskend sou word nie. Die begeerte vir vereniging was wel aanwesig, dog die vrees vir die verlies van onafhanklikheid was die klip in die pad.

Weer eens kry die verenigingsbeweging aansporing toe M.W. Pretorius, die Transvaalse president, ook as Vrystaatse president verkies en in 1860 ingesweer word. In sy persoon het Pretorius die twee republieke verenig, maar in die praktyk was dit verre daarvandaan. Hy benoem dus 'n kommissie om die Vrystaatse grondwet so te wysig dat dit met dié van Transvaal ooreenstem. Pretorius raadpleeg ook die Vrystaters oor vereniging en ontvang 1 076 handtekeninge daarvoor en 104 daarteen. Teenstand sou egter uit Transvaal kom.

Die Transvalers was steeds bang dat die konvensies in die geval van vereniging sou verval. Om dié rede het die volksraad Pretorius ses maande verlof toegestaan, waartydens hy as Vrystaatse president kon optree. Ná verstryking van die verlof, het die Transvaalse volksraad Pretorius eervol ontslaan. Pretorius, wat die volksraad as die struikelblok beskou het, wend hom hierop tot sy Wes-Transvaalse volgelinge, waardeur die anti-verenigingsgesindes van Oos-Transvaal in die harnas gejaag word - burgeroorlog was die gevolg. Weens die verwarring in Transvaal kon Pretorius verdere verenigingsplanne nie deurvoer nie. In April 1863 lê hyy die Vrystaatse presidentskap neer en keer hy terug na Transvaal. Die Vrystaatse verenigingsgesindes het afgekoel, want vereniging was, soos The Friend dit gestel het, "een steuning op eene gebrokene rietstaf".(2)

(2) Aangehaal in F.A. van Jaarsveld: Die eenheidstrewe van die Relpublikeinse Afrikaners, I (Johannesburg, 1951), p. 294

Die federasiegesindes het dus weer die inisiatief oorgeneem, 'n veldtog van stapel gestuur wat 1 550 handtekeninge vir en 1 014 teen federasie opgelewer het, en selfs sonder sukses by goewerneur Wodehouse steun gaan soek. Die Vrystaatse volksraad het hom egter verplig gevoel "om alles, wat in zijn vermogen is, in het werk te stellen, om de onafhanklijkheid en vrijheid en de eer en waardigheid onzer Republiek op te houden".(3) Met hierdie gesindheid as uitgangspunt het die Vrystaters J.H. Brand as president verkies en hy sou die onafhankllikheid van die Vrystaat beskerm deur alle bewegings tot nouere aaneensluiting suksesvol teen te gaan (kyk Hoofstuk 12).

(3) Aangehaal in E.M. Attree: The Closer Union Movements between the Orange Free State, South African Republilc and Cape Colony 1838-1863 (Argiefjaarboek vir S.A. Geskiedenis, 1949, I), p. 365

Groter verwydering het hierna tussen die twee republieke ingetree a.g.v. 'n paar gebeurtenisse in die jare 1865-1870. In 1865 het Transvaal op Brand se versoek vrywilligers gestuur om met die Tweede Basoeto-oorlog te help. Die Transvalers het egter teruggekeer voordat die Basoeto's oorwin is en hulle daarmee die wantroue van die Vrystaters op die hals gehaal. Boonop was Transvaal ook gewikkel in 'n stryd met swart stamme in Waterberg, Soutpansberg en Lydenburg. Moeilikhede met swartes in sowel die Vrystaat as Transvaal het dus die aandag na binne getrek. Die twee republileke het ook rusie gemaak oor die bolope van die Vaalrivier as grenslyn. Eers in 1870 het luitenant-goewerneur Robert Keate van Natal die geskil besleg toe hy as arbiter die Kliprivier as grens vasgestel het. Hierdie gebeurtenisse het spanning en verwydering gebring.

Teen 1870-1871 het die verenigingstrewe egter weer na vore getree. Hierdie keer was dit die Transvalers wat wou verenig. Die ommekeer in die Transvalers se houding was hoofsaaklik toe te skryf aan die politieke verdeeldheid, armoede en interne swakheid in Transvaal onder M.W. Pretorius (wat in 1863 weer president geword het), in teenstelling met die Vrystaat, wat onder Brand tot 'n eenheid gebind is en finansieel en andersins in 'n kragtige staat - die modelrepubliek - ontwikkel het. Daarby het Brand in vergelyking met Pretorius goed gepresteer in diplomatieke betrekkinge met die Britse regering t.o.v. Basoetoland en die diamantvelde. Die Transvalers het die Vrystaters hulle voorspoed en hul president beny en wou 'n aandeel daarin hê.

Reeds sedert 1869 het die Transvaalse volksraad vertoë ontvang waarin vereniging bepleit is. Die Keate-uitspraak in die diamantveldkwessie en die daaropvolgende bedanking van Pretorius as president, het die verenigingsbegeerte nog sterkter aangewakker. Gevolglik word Brand genader om ook president van die Suid-Afrikaanse Republiek te word. As lokaas is uitgehou die potensiële rykdom van die Transvaalse bodem, die moontlikheid van 'n spoorweg na Delagoabaai en die Transvaalse verdrag met die Portugese. Op hulle beurt het die Vrystaters Transvaal egter as verarm en verdeeld beskou en wou hulle nie met so 'n staat verenig nie. Brand het hom hiermee vereenselwig en beveel dus aan dat Transvaal vir ds. T.F. Burgers nader as kandidaat vir die presidentskap. Die aanbeveling is opgevolg en die Transvalers het, soos hulle geglo het, self 'n "slim" president gekry. Die behoefte aan vereniging het dus verflou.

Tog het die twee rep[ubliek nie van mekaar weggedryf nie. Britse inmenging in die binneland, veral t.o.v. die diamantvelde, het samewerking beklemtoon. Op inisiatief van die Vrystaatse volksraad het Brand in 1872 met Transvaal onderhandel oor 'n geheime bondgenootskapsverdrag, sowel as 'n verdrag van vriendskap, handel en uitlewering. Weens Brand se versigtigheid en Burgers se siekte het eg. verdrag misluk. Die vriendskapsverdrag is wel gesluit, waardeur die republieke nouer aan mekaar gebind en die begeerte na vereniging enigermate bevredig is. Op hierdie tydstip het die Brit reeds sy tentpale in die binneland van Suid-Afrika ingeslaan gehad.

Nuwe Britse belangstelling in die binneland

Die konvensiebeleid, waardeur Brittanje hom uit die binneland van Suid-Afrika onttrek het, was nie allerweë gewild nie en is deur verskeie Britse amptenare skerp veroordeel. So was William Porter, die Kaapse prokureur-generaal, daarteen gekant dat die Voortrekkers, wat hy as Kaapse en dus Britse onderdane beskou het, onafhanklikheid gegun word. Ook sir George Grey, die man wat juis in 1854 as Kaapse goewerneur aangestel is om die konvensiebeleid toe te pas, het dit verdoen. Volgens hom het die Britse regering in sy haas om van finansiële verantwoordelikheid onthef te word, die feit verontagsaam dat gebeure in een gebied reperkussies in 'n ander kon hê. Hy het voorgehou dat die oppergesag in Suid-Afrika in sy eie belang die gebeure op die grense van sy besittings nie kon ignoreer nie. Daarom wou hy die Brit noord van die Oranjerivier laat inmeng en het hy sy federasieksema, waarna reeds verwys is, voorgelê. Ook Grey se opvolger, sir Philip Wodehouse, het die Konvensies as 'n ernstige flater beskou en het die standpunt gehuldig dat die sterkste mag in Suid-Afrika die Boererepublileke moes beheer.

In die Britse parlement het sir Charles Adderley hom teen die konvensiebeleid uitgespreek. Hy het geredeneer dat onttrekking die eerste tekens van verval in die Romeinse Ryk weerspieël het. Hy het die heelhartige steun van die filantrope geniet, hoewel dit by hulle om heel ander motiewe gegaan het. Weliswaar was die filantrope nie meer so invloedryk as in die eerste helfte van die 19de eeu nie, dog humanitêre idees het steeds 'n houvas op die denke van die mens gehad en die filantrope sou dit benut. Hulle het die konvensiebeleid verfoei omdat dit teen die swartes diskrimineer. Wapens en ammunisie is bv. aan blankes voorsien, maar van die swartes weerhou. Die artikels in die Konvensies oor slawerny het aan hulle 'n aanvalspunt besorg. Hulle het hul bes gedoen om te bewys dat die Suid-Afrikaanse Republliek slawerny bedryf en het oop grond daarvan op Britse inmenging aangedring.

Sommige Britse amptenare was bereid om ten behoewe van die swartes op te tree, want die Britse beleid t.o.v. die republieke is enigermate beïnvloed deur 'n oortuiging dat die Boere 'n onregverdige en onderdrukkende beleid t.o.v. die swartes volg. Solank koloniale besittings nie-winsgewend en die Britse skatkis leeg was, het die Britse regering egter nie durf waag om af te stuur op 'n beleid wat sy verantwoordelikhede en die daarmee gepaardgaande uitgawes sou vergroot nie. Nogtans het die weerstand teen die konvensiebeleid toegeneem en teen die einde van die sestigerjare is hierdie beleid prysgegee. Twee gebeurtenisse in 1868 bewys dit. Die eerste was die anneksasie van Basoetoland.

Basoetoland grens aan die Vrystaat, Kaapkolonie en Natel en daarom was die moeilikhede met die Basoeto's nie slegs 'n Vrystaatse nie, maar 'n Suid-Afrikaanse probleem. Selfs Transvaal is in die botsings met die Basoeto's betrek. Toe Mosjesj hom ten einde raad wend na Wodehouse, 'n man met filantropiese neigings, het hy 'n simpatieke oor gevind. Wodehouse het die anneksasie van Basoetoland in Londen aanbeveel en op 9 Desember 1867 het Buckingham Chandos, die Minister van Kolonies, verlof daartoe verleen, mits Basoetoland deel van Natal word. Hiertoe was Wodehouse nie bereid nie, want hy was bevrees dat die Natallers, net soos die Vrystaters, die Basoeto's hul grond sou ontneem. Hy proklameer Basoetoland dus as Britse gebied op 12 Maart 1868.

Wodehouse se motiewe vir anneksasie was in die eerste plek dat die Vrystaters te veel grond van die Basoeto's afgeneem het. Die Basoeto's sou dus op soek na meer lewensruimte 'n bedreiging vir Natal en die Kaapkolonie word. Basoetoland moes derhalwe aan die oppergesag in Suid-Afrika behoort, wat sekuriteit vir Natel en die Kaapkolonie sou bring en ook verbinding tussen die twee kolonies sou bewerkstellig - hulle het toe nog nie aan mekaar gegrens nie. Voorts sou anneksasie die handel tussen die Kaapkolonie, Natal en die Vrystaat, wat deur die oorloë ontwrig was, weer herstel. Daarby het die Kaapkolonie vrede op sy grense begeer. want hy het in hierdie dae op verantwoordelike regering afgestuur. Ten laaste was daar 'n strategiese rede, nl. om die Vrystaat te verhoed om na Port St. Johns uit te brei en sodoende 'n eie hawe te bekom. Of die Vrystaat so 'n plan in die mou gevoer het, kan moeilik bepaal word, dog Wodehouse het so iets vermoed en wou dit keer.

Die tweede 1868-gebeurtenis het saamgehang met 'n proklamasie in hierdie jaar deur M.W. Pretorius wat voortgevloei het uit die ontdekking van goud by Tati. Luidens die proklamasie het Pretorius die Transvaalse noordgrens tot by die Ngami-meer uitgebrei. Hierdie stap was nie in stryd met die Sandrivierkonvensie nie, maar het teenstand uitgelok in Natal, ide Kaapkolonie en Brittanje. Daar is aangevoer dat 'n land wat slawe aanhou - hoewel dit nie bewys is nie - nie toegelaat kon word om jurisdiksie oor nog meer swartmense te kry en om boonop 'n bolwerk teen toekomstige Britse ontwikkeling van die binneland te vorm nie. Vanuit Brittanje is Pretorius gevolglik aangesê om sy uitbreidingsplanne te laat vaar. Brittanje het dus in 1868 die Konvensies oorboord gegooi en was bereid om in die binneland in te dring ten einde die rol van oppergesag in Suid-Afrika te speel. Die ontdekking van diamante aan die begin van die jare sewentig in die latere Griekwaland-Wes sou vervolgens Britse aandag trek (kyk Hoofstuk 10).

Sowel die Oranje-Vrystaat as die Suid-Afrikaanse Republiek het, afgesien van Griekwa-opperhoof Waterboer en 'n paar swart kapteins, op dele van die diemantvelde aanspraak gemaak. Albei die republieke het aanspraak gemaak op die gebied tussen die Vaal- en die Hartsrivier, dog die Vrystaat kon moeilik by die Sandrivierkonvensie verbykom en het t.g.v. die Suid-Afrikaanse Republiek teruggetrek. Pres. Pretorius stem egter hierna toe in arbitrasie, maar dra sy saak swak en onvoorbereid voor, sodat arbiter Robert Keate, luitenant-goewerneur van Natal, in die guns van die nie-blankes beslis. Pres. Brand, aan die ander kant, het hardnekkig geveg om erkenning van die Vrystaat se aanspraak op die res van die diamantvelde. Waterboer beroep hom egter op die Britse regering en op 27 Oktober 1871 word Griekwaland-Wes met diamantvelde en al 'n Britse kolonie. Albei republieke verloor dus die begeerde diamante, waarmee hulle gehoop het om hul armoede te verlig (kyk Hoofstuk 12 en 13).

Hierdie anneksasie het weer eens bewys dat Brittanje sy oppergesag in Suid-Afrika nie sou prysgee nie. Die diamante moes in Britse besit wees, anders sou die republieke te sterk word en 'n oorheersende in Suid-Afrika begin speel. Eerder moes die republieke swak gehou word ten einde hulle in die arms van Brittanje te dryf. Federasie was juis weer in die lug en die Britse ampsdraers het vermoed dat die Boererepublieke, as hulle eers sterk geword het, nooit lede van 'n Britse federasie sou word nie. Voorts het Brittanje dit ook as 'n kwessie van prestige beskou om die sowat 50 000 Britse onderdane op die diamantvelde onder Britse gesag te plaas.

Daarbenewens was Griekwaland-Wes ekonomies en strategies vir die Kaapkolonie van belang. Die diamante en die daarmee gepaardgaande handel sou die wurggreep van depressie wat toe in die Kaapkolonie geheers het, verbreek. Boonop is die Suezkanaal ;in 1869 geopen, wat vir die kuskolonie 'n verlies van skeepvaart en handel beteken het. Dit Britse handelaars het ook geglo dat daar groot minerale rykdom verder die binneland in was. Die pad na die noorde - Griekwaland-Wes was op hierdie pad - moes dus oopgehou word vir toekomstige ontwikkeling van die binneland deur die Britte. Grensbeveliging was 'n ander rede vir die anneksasie. Allerweë is geglo dat die republiek die orde op die delwerye nie kon handhaaf nie, waardeur die Kaapkolonie probleme aan sy noordelike grens sou ondervind.

Die diamante van Griekwaland-Wes het sowel politieke as sosiaal-ekonomiese reperkussies dwarsdeur Suid-Afrika gehad. By die republieke het die anneksasie 'n skerp anti-Britse gevoel ontlok wat die Afrikaners teensinnig sou maak vir samewerking met die kolonies. Die wapens en ammunisie wat openlik in Griekwaland-Wes aan swartmense verkoop is, het oral in Suid-Afrika gevolge gehad. Dit het bygedra tot gebeurtenisse soos die Langalibalele-opstand in Natal, die Sekoekoenie-oorlog in Transvaal, die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879 en die Basoeto-opstand van 1880-1881.

Op die diamantvelde self is die stil, landelike samelewing versteur deur 'n avontuurlustige, kosmopolitiese bevolkingsgroep. Ongekende misdade is gepleeg. Voorts het kapitaal- en arbeidsprobleme ontstaan. Groot kapitalistiese ondernemings, soos die De Beers Consolildated Mines, onder die geniale leiding van Rhodes, het tot stand gekom. Arbeid was nodig en gevolglik is ook die swart samelewing ontwrig deurdat duisende swartes op die delwerye gaan werk het. Dit was die begin van die ontstamming van die swartman wat later met goudontginning, spoorwegbou e.a. nywerhede verder gevoer sou word.

Aanvanklik het die swartman ná 'n paar maande van arbeid na sy tuiste teruggekeer, maar mettertyd soou hy hom permanent in die stad vestig. Hier sou die swartman, wat hom tot hiertoe op landbou en veeboerdery toegelê en hom hoofsaaklik vir plaasarbeid beskikbaar gestel het, tot die nywerheidswêreld toetree en met die blanke meeding om 'n plek in die ekonomiese samelewing. Ekonomiese integrasie was die gevolg. Aldus het die diamantbedryf vir sowel die swarte as die blanke probleme ingelui waaraan eers in die 20ste eeu daadwerklik aandag geskenk sou word. Inderdaad was daar gedurende die 19de eeu geen poging om 'n algemene beleid jeens die swartmense te bepaal nie. Elke staat en kolonie het sy eie siening en oplossing gehad. Wel het Grey en Carnarvon hierdie uiteenlopende beleidsrigtings as 'n rede vir federasie aangevoer. Die stryd tussen Boer en Brit was egter só oorheersend, dat die verhouding tussen blank en swart nie na wense ondersoek en gereël is nie.

Voorts het die diamantbedryf ongekende nuwe markte geskep en ná die depressie van die jare sestig algemene stoflike voordele vir al die Suid-Afrikaanse state en kolonies meegebring. Die grootste probleem was om die produkte en handelsware in Griekwaland-Wes te kry. Gevolglik lei die diamantbedryf ook tot die aanleg van telegraafdrade en spoorlyne na Kimberley, die verbetering en bou van paaie en brûe en die groei van kushawens. In baie opsigte het die diamantbedryf dus 'n breuk met die verlede, 'n nywerheidsrewolusie, bewerkstellig. Hierdie omwenteling - en veral die koms van vakmanne na Kimberley - sou later tot die redelik snelle ontwikkeling van die Witwatersrandse goudmyne bydra.

Die ontdekking van diamante en die stryd oor grense wat daarmee gepaard gegaan het, het in Brittanje die idee van 'n Suid-Afrikaanse federasie sterk na vore gebring. Welilswaar was die anneksasies van Basoetoland en Griekwaland-Wes tasbare bewyse van 'n nuwe Britse belangstelling in die binneland van Suid-Afrika, dog dit moet baie duidelik in gedagte gehou word dat hierdie anneksasies deurgevoer is ná sterk en herhaalde aanbevelings van amptenare binne Suid-Afrika en dat die Britse regering slegs bereid was om in uitbreiding toe te stem mits bestaande kolonies die uitgawes daaraan verbonde sou dra. Die bedoelling was dan ook dat Natal, Basoetoland en die Kaapkolonie Griekwaland-Wes moes aanheg. Albei is egter deur die optrede van plaaslike amptenare as aparte kolonies geannekseer en eers later sou die Kaapkolonie albei oorneem. Die Britse regering wou steeds besuinig en na aanleiding hiervan het lord Carnarvon, Britse Minister van Kolonies, 'n federasieskema vir Suid-Afrika van stapel gestuur.

Carnarvon se federasieskema

Dit was nie net faktore binne Suid-Afrika wat Carnarvon se federasieplan geïnspireer het nie. Lande soos die Verenigde State van Amerika, Frankryk en Duitsland het op industriële en handelsgebied met Brittanje begin wedywer en lg. se voorsprong het begin krimp. By hierdie lande het daar ook 'n imperialistiese gees ontstaan wat in 'n drang na  uitbreiding, na koloniale besittings, tot uiting gekom het. Kolonies was nodig vir grondstowwe en markte. Wedywering om kolonies te bekom, het 'n verandering in die Britse koloniale beleid gebring. Waar kolonies tevore as meulstene om die nek van die moederland beskou is, het die idee nou oorheers dat kolonies nodig was om die fabrieke aan die gang te hou. Meer kolonies moes onder Britse beheer gebring word en bestaande kolonies moes nouer aan die ryk geheg word ten einde Brittanje se posisie t.o.v. die ander opkomende moondhede te verstewig.

Hierby was egter ook die strewe om finansiële laste in te kort deur die kolonies vir hul eie uitgawes verantwoordelik ge maak. Gevolglil moes aan die kolonies verantwoordelike bestuur toegeken word en moes hulle ook nouer met mekaar skakel om bedreiging gesamentlik die hoof te bied. Veral die oorloë met die swartmense in Suid-Afrika was 'n ondraaglike las vir Brittanje; sou die state en kolonies in Suid-Afrika egter federeer, kkon hulle self die mas opkom en kkon die Britse troepe onttrek word, wat vir die moederland 'n groot besparing sou beteken. Daarbenewens was federasie- en verenigingsbewegings teen 1870 bekende verskynsels. Só het Kanada in 1867 gefedereer en is die unifikasies van Duitsland en Italilë in 1870-1871 bewerkstelling.

In Suid-Afrika was 'n federasie in die oë van Carnarvon uiters wenslik. Goewerneurs soos Grey, Wodehouse en Barkly het die konvensiebeleid veroordeel en Britse oppergesag in Suid-Afrika beklemtoon. 'n Federasie sou hieraan voldoen. Selfs grensgeskille soos dié met die Basoeto's en oor die diamantvelde, het Carnarvon geredeneer, sou binne 'n federasie verdwyn. Ten opsigte van die nie-blankes kon 'n gemeenskaplike beleid geformuleer word wat talle probleme sou uitskakel. 'n Fedrasie sou ook sekuriteit bied vir die Suid-Afrikaanse kuslyn, wat strategies vir Brittanje van waarde was. Brittanje was bevrees dat Duitsland miskien segenskap in Delagoabaai kon verkry, met die republieke kon verbind en so 'n bedreiging vir Britse oppergesag word. Sowel Brand as Burgers het juis toegang tot die see begin soek, wat nie alleen ekonomiese onafhanklikheid van die Britse kuskolonies sou verseker nie, maar ook die moontlilkheid sou daarstel van verbinding met 'n vreemde moondheid ten einde 'n magsewewig in Suid-Afrika te skep. dit was dus vir Brittanje van belang om eerder die republieke in 'n federasie onder die Britse vlag te bring.

Carnarvon het besef dat 'n Suid-Afrikaanse federasie nie sonder medewerking van die republieke tot stand gebring kon word nie. Hy moes hulle goedgesindheid wen. Die republieke was juuis ná die anneksasie van Griekwaland-Wes met goewerneur Barkly in 'n stryd gewikkel en erg verontwaardig omdat hy sy afkerigheid openlik aan die republieke te kenne gegee het. Gevolglik berispe Carnarvon Barkly en maan hy hom om 'n vriendeliker toon aan te slaan. Voorts probeer Carnarvon om Pres. Brand se guns te wen deur £90 000 aan die Vrystaat te bied om die diamantveldgeskil uit die wêreld te maak. Tog sou Carnarvon nie daarin slaag om die anti-Engelse gevoel in die republieke uit die weg te ruim nie.

Vervolgens bearbei Carnarvon die kolonies in Suid-Afrika vir federasie. In 1875 stuur hy sir Garnet Wolseley as luitenant-goewerneur na Natal om die grondwet van hierdie kolonie so te wysig dat federasie daardeur bevorder kan word en om rus en vrede onder die Natalse swartes te verseker - dit was net ná die Langalibalele-opstand. Wolseley was suksesvol en Natal het 'n gewillige werktuig in Wolseley se hande geword. In die Kaapkolonie, wat Carnarvon as die sleutel vir federasie wou gebruik, was dit egter anders gesteld. Hierdie kolonie het in 1872 verantwoordelike bestuur verkry en Molteno, die premier, het Carnarvon se planne teengestaan omdat hy dit as inmenging van buite beskou het. Carnarvon stuur dus in 1874 die historikus J.A. Froude na Suid-Afrika om die stand van sake te ondersoek en die weg vir federasie voor te berei.

As 'n volgende stap het Carnarvon op 4 Mei 1875 aan Barkly geskryf om die Suid-Afrikaanse state en kolonies uit te nooi na 'n samespreking oor wat die Naturellegevaar genoem is. Die eintlike doel was egter om federasie te bespreek. Carnarvon begaan die fout om aan die hand te doen wie die afgevaardigdes moes wees en gee ook aan die Oostelike Provinsie verteenwoordiging. Hiervan wou die Kaapse regering nie hoor nie en ys die uitnodiging van die hand. Ook die republieke, nog steeds gegrief oor die diamantvelde, wou nie deelneem nie. Slegs Natal en Griekwaland-Wes was bereid om saam te werk.

Hierdie terugslag het Carnarvon nie van stryk gebring nie. Hy belê vervolgens 'n konferensie oor federasie vir 3 Augustus 1876 in Londen, maar ook dit misluk. Brand was teenwoordig om oor die diamantveldkwessie te onderhandel, maar het die konferensie verlaat toe federasie ter sprake gekom het. Molteno was ook in Londen, maar wou nie delneem nie en die Suid-Afrikaanse Republilek was glad nie verteenwoordig nie. Slegs Theophilus Shepstone en Froude het onderskeidelik Natal en Griekwaland-Wes op die konferensie verteenwoordig.

Nog wou Carnarvon hom nie laat stuit nie. Hy sou sy vriendskaplike benadering prysgee en tot die daad oorgaan. Die Suid-Afrikaanse Republiek was die slagoffer. Dat hy hierdie staat uitgekies het, is begryplik. Die kanse was goed dat die Suid-Afrikaanse Republiek in 'n kragtige staat kon ontwikkel. Daar was berigte oor ryk minerale bronne - bv. die Lydenburgse goudvelde - en met die moontlikheid van 'n spoorweg na Delagoabaai - waarvoor Pres. Burgers hom naarstiglik beywer het - kon die republiek so sterk word dat hy 'n leidende rol in Suid-Afrika sou speel. Dit wou Carnarvon tot elke prys verhoed. Met Britse gesag in Transvaal gevestig, sou die weerspanninge Vrystaat bowendien deur Britse gebied omring wees en tot federasie gedwing word.

Tog het Carnarvon die ware beweegredes vir die anneksasie van Transvaal verbloem en het hy en sy handlangers nie na Transvaal se sterkte nie, maar na sy swakheid verwys. Weliswaar was Transvaal toe juis in armoede gedompel en was die gevaar van die kant van die swartmense dreigend. Burgers het sy bes gedoen om die republiek op alle terreine op te hef, maar was te onprakties en te verlig vir die konserwatiewe volk van wie hy staatshoof was. Gevolglik het die meeste van sy planne skipbreuk gely. Toe hy persoonlik die leiding op hom neem om Sekoekoenie, die oopstandige Bapedikaptein, met 'n kommando 'n les te leer en 'n mislukking daarvan maak, was die skrif aan die muur. Ook die Zoeloes het 'n dreigende houding ingeslaan oor die grensgeskil tussen hulle en Transvaal. Op Lydenburg het die engelse gouoddelwers sterk vir anneksasie gepleit.

Al hierdie omstandighede het Carnarvon as voorwendsels vir anneksasie gebruik, o.a.: Transvaal was te swak en te bankrot om homself te bestuur; die Transvalers was nie in staat om die dreigende swart gevaar af te weer nie en die hele Suid-Afrika sou daardeur in gevaar gestel word; die Boere onderdruk en verslaaf die nie-blankes. Carnarvon het dus die toestand waarin die Suid-Afrikaanse Republiek verkeer het, uitgebuit en Theophilus Shepstone gestuur met 'n geheime opdrag om die republiek te annekseer as die meerderheid van die inwoners daarvoor was.

Met Shepstone se aankoms in Suid-Afrika was die Sekoekoenine-oorlog reeds iets van die verlede en het die Zoeloes bedaar. Tog reis hy met 25 berede pollisie na Pretoria om as spesiale kommissaris van die Britse koningin samesprekings oor allerlei aangeleenthede te voer. 'n Aantal maande lank vertoef Shepstone in Pretoria om die kat uit die boom te kyk en op kunsmatige wyse omstandighede te skep wat anneksasie sou vergemaklik. Ter elfder ure probeer Burgers nog die republiek red deur hervormings deur te loods, maar dit was vrugteloos. Op 12 April 1877 hys Shepstone die Britse vlag in Pretoria. Federasie kon nou verder deurgevoer word deur sir Bartle Frere, wat dweur Carnarvon as hoë kommissaris na Kaapstad gestuur is om moontlik die eerste goewerneur-generaal van 'n verenigde Suid-Afrika te word (kyk Hoofstuk 13).

Die gevolge van die anneksasie van Transvaal was egter heel anders as wat Carnarvon en sy opvolger, sir Michael Hicks-Beach, verwag het. In Transvaal het Shepstone as administrateur in 'n goeie Transvaler ontpop toe hy ontdek dat Transvaal geregverdigde aansprake gehad het op 'n deel van die diamantvelde en t.o.v. die Transvaal-Zoeloelandgrens, en korrek teen Sekoekoennie opgetree het. Spoedig loop hy self 'n oorlog met Sekoekoenie op die lyf. Hy en sy opvolger, sir Owen Lanyon, slaag ook nie daarin om 'n goeie administrasie in Transvaal daar te stel nie. Gevolglik het die Britse bestuur nie die Transvalers, wat die anneksasie onder protes aanvaar het, bevredig nie, maar weersin by hulle gewek en hulle teenkanting teen federasie versterk. Ook die Vrystaatse volksraad het hom in Mei 1877 sterk teen federasie uitgespreek, terwyl 5 400 Kaaplanders 'n protesskrif teen die anneksasie van Transvaal by Frere ingelewer het. Toe federasie in Augustus 1878 in die Kaapse parlement bespreek is, was dit duidelik dat die toestand in Suid-Afrika ongunstig daarvoor was.

Die laaste stap om federasie te bevorder, was die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879. Frere was daarvan oortuig dat Brittanje alle swart gebiede in Suid-Afrika moes beheer alvorens federasie deurgevoer kon word, want na sy mening was die swartmense vyandig teen die blankes omdat hulle gelgo het dat hulle die Britte kon oorwin. Bowendien het sommige blankes die gedagte uitgespreek dat alle swart leiers na die Zoeloes opgesien het om die leiding te neem in 'n opstand van die swartes teen die blankes. In hoeverre hierdie siening van sake korrek was en of daar enige tekens van 'n swart nasionalisme was, kan moeilik bepaal word. Dit is twyfelagtig ofdaar gedurende die 19de eeu sprake van 'n swart nasionalisme was - die Zoeloes het bv. tydens die oorlog geen steun van ander swartes ontvang nie. Eerder kan aanvaar word dat een swart groep die voorbeeld van 'n ander sou volg. As die Zoeloes bv. suksesvol teen die Britte kon veg, sou 'n ander groep dit in alle waarskynlikheid ook gewaag het.

Die bedoeling met die Anglo-Zoeloe-oorlog was ook om die guns van die Transvalers te wen deur die Zoeloegevaar van hulle af te weer - "...the sooner the root of the evil, which I consider to be the Zulu power and military organization, is dealt with the easier our task will be," skryf Shepstone meer as 'n jaar voor die uitbreek van die oorlog aan Carnarvon.(4) Weer was die uitwerking anders as wat verwag is. Die oorlogsuitgawe was so groot, dat die Britse regering bang was vir verdere gebiedsuitbreiding en die anneksaksie van Zoeloeland verbied het. Ook in Basoetoland was daar in 1880-1881 'n opstand en aan die Kaapse oosgrens was daar onrus. Swaar finansiële laste en vrees vir nog meer laat die Britse regering dus in sy dop kruip. In Mei 1880 stem die Kaapse parlement ook nog teen federasie, wat die einde van Carnarvon se skema beteken het. Die reperkussies van sy federasieskema was egter nog nie afgelope nie.

(4) Aangehaal in C.W. de Kiewiet: The Imperial Factor in South Africa (Cambridge, 1937), p. 215

Die Transvalers was ontevrede oor die verlies van hul onafhanklikheid en nadat vriendskaplike pogings om dit te herwin, misluk het, neem hulle in 1880 die wapens op. Die gevolg was dat Brittanje hom in 1881 met die Pretoriase Konvensie uit Transvaal onttrek. Ook in 'n ander opsig sou Carnarvon se federasieskema en die daaruit voortvloeiende Transvaalse Onafhanklikheidsoorlog van 1880-1881 'n uitwerking hê, nl. die ontwaking van 'n Afrikaanse nasionalisme (kyk Hoofstuk 13).

Voor ongeveer 1881 was daar min tekens van 'n Afrikaanse nasionalisme in Suid-Afrika. Weliswaar het daar tydens die Groot Trek by die emigrante 'n selfbewussyn, groepsbesef en saamhorigheidsgevoel ontwikkel, maar dit was in groot mate beperk tot groepe o nder sekere leiers en in baie gevalle was die groepsvorming afbrekend vir die vorming van 'n algemene nasionale bewussyn. Veral in die jare ná 1854, toe Brittanje hom nie meer met die republieke bemoei het nie, was daar talle voorbeelde van partyvorming, dwarstrekkery, verwarring en selfs broedertwiste. Dit geld veral die Transvaal van die jare sestig.

In die Vrystaat het dit op staatkundige gebied beter gegaan, maar ook hier was daar min sprake van 'n nasionale bewussyn. In die Kaapkolonie was die Afrikaners onder Britse gesag en aan stelselmatige verengelsing onderworpe. Hulle het weinig kkontak met hul geesgenote in die noorde gehad en die kanse was goed dat hulle kon verengels. Die afrikaners was dus verspreid, verdeeld en sonder besef van 'n eie nasieskap of 'n eie vaderland. Daar was ook geen prikkel wat hulle tot so 'n besef sou dwing nie.

Eers teen 1868 het die prikkel gekom wat hoe langer dit ingewerk het, hoe hewiger reaksies aan die Afrikaners ontlok het. Hierdie prikkel was die nuwe Britse belangstelling in die binneland van Suid-Afrika, 'n terugkeer van die imperiale faktor wat die selfstandigheid van die republiek bedreig het en dus 'n teenreaksie aan die werk gestel het. Die prikkel het eerstens op die Oranje-Vrystaat ingewerk, waar daar reeds a.g.v. die stryd teen die Basoeto's 'n saamhorigheidsgevoel aan die ontwikkel was. Die Britse anneksasie van Basoetoland in 1868, gevolg deur dié van Griekwaland-Wes in 1871, het verontwaardiging by die Vrystaters gewek en hulle verenig in hul denke; onder die besef dat hulle hul onafhanklikheid kon verloor, het hulle aan 'n eie vaderland begin dink. Die voortekens van 'n nasionale bewussyn was dus aanwesig (kyk Hoofstuk 12).

Ook in die Kaapkolonie het reaksie ingetree toe die Afrikaners opmerk hoe die Vrystaters deur die Britse regering behandel word, veral t.o.v. die diamantvelde. Simpatie met hul taalgenote in die noorde het die Kaapse Afrikaners onder die besef van h ul nasieskap gebring. Ook raak hulle daarvan bewus dat hul taal hul ontneem word en dat hulle griewe het (kyk Hoofstuk 10).

Die Transvalers het dié verwikkelinge opgemerk en het self diamanthoudende grond verloor, maar was in groot mate van ernstige Britse bedreiging afgesonder en het hulle onder Burgers steeds besig gehou met onderlinge twis en tweespalt. toe hulle egter hul oë uitvee, word die Britse vlag in 1877 oor hul koppe gehys. Nou eers het die Transvalers begryp wat hulle verloor het. Hulle het hul vroeëre verdeeldheid laat vaar en teen die vreemde oorheerser in verset gekom. Opeenvolgende protes- en volksvergaderings het hulle saamgesnoer en 'n eenvormige oogmerk laat nastrewe. Hulle k on nie meer verder trek nie; die land waarin hulle gewoon het, was hul vaderland en hulle moes gesamentlik optree om die onafhanklikheid daarvan te herwin - hulle het hul vryheid verloor om h ulle die waarde daarvan te laat ontdek (kyk Hoofstuk 13).

Die Onafhanklikheidsoorlog het die voortekens van 'n Afrikaanse nasionale bewussyn, wat oral merkbaar was, tot volle ontluiking gevoer. Die oorlog was die faktor wat die Afrikaners saamgesnoer het teen die vyand wat hulle bedreig het. Die Transvalers het hul afhanklik gevoel van die hulp van die Vrystaters en Kaaplanders, wat op hul beurt sowel morele as daadwerklike steun verleen het. Op dié wyse het die Afrikaners binne en buite Transvaal ontdek dat hulle aan een volk behoort. In dié gees het hulle begin dink aan 'n onafhanklike Suid-Afrika as reaksie teen Carnarvon se federasieskema, wat van buite op hulle afgedruk is.

Die Transvaalse Onafhanklilkheidsoorlog het nie slegs 'n nasionale ontwaking nie, maar ook 'n poliltieke en kulturele ontwaking onder die Afrikaners bewerkstelllig. Dink maar aan die Afrikanerbond as politieke organisasie en die Eerste Afrikaanse Taalbeweging as kulturele stroming. Afrikaner-nasionalisme het dwarsdeur Suid-Afrika posgevat, het die skeiding geheel wat die Groot Trek in Afrikanergeledere gebring het en was 'n saambindende faktor waarmee ná 1881 rekening gehou moes word. "Niettegenstaande alle vroegere verschillen tintelt in ons het gevoelen dat wij als één volk zijn met dezelfde lilefde voor vrijheid, dezelfde haat voor dwingelandij," het 'n Vrystaatse koerant dit so treffend gestel.(5)

(5) Aangehaal in F.A. van Jaarsveld: Die Ontwaking van die Afrikaanse Nasionale Bewussyn    Johannesburg, 1957), p. 150, uit De Express, 13 Jan. 1881

Tog was die Afrikaanse nasionalisme nie sterk genoeg om die staatkundige grense tussen state en kolonies te verbreek en eenwording in Suid-Afrika te bewerkstellig nie. Transvaal het sy onafhanklikheid onder beperkende voorwaardes herwin en die Vrystaat was vry, maar die Kaapkolonie en Natal was nog onder Britse gesag. Boonop sou Britse imperialisme in die laaste jare van die 19de eeu steeds sterker op die voorgrond tree.

Die omringingsbeleid

Met die teruggawe van onafhanlikheid aan die Transvaal in 1881 en die Londense Konvensie van 1884 het dit gelyk asof Brittanje hom net soos in 1854 van die binneland van Suid-Afrika wou onttrek. Dit was egter nie die geval nie, want Brittanje kon nie toelaat dat die twee Boererepublieke in sterk state ontwikkel en 'n bedreiging vir Britse oppergesag in Suid-Afrika word nie. 'n Nuwe taktiek is dus gevolg waarmee gepoog sou word om die republieke met Britse gebied te omring, sodat daar gen kans op verbinding met die see en dus met die buitewêreld sou wees nie. Die republieke sou dus ekonomies en andersins so ingeperk word, dat hulle verplig sou wees om aansluiting by die Britse kolonies te soek. In die omringingswerk wou sowel die imperiale faktor as die Kaapkolonie en Natall 'n rol speel.

Die omringingsbeleid moet egter nie slegs as 'n eng Brits-Suid-Afrikaanse beleid gesien word nie. Dit het ook as agtergrond gehad die opkomende nuwe imperialisme en die daaruit voortvloeiende verdeling van Afrika. Veral twee faktore het imperialisme in die hand gewerk. Die eerste was die nasionalisme, of bewustheid dat 'n persoon aan een of ander volk behoort, wat veral op Napoleon se verowerings gevolg het en ná sy val steeds sterker geword het. Nasionalisme was o.m. die dryfveer vir die Duitse en Italiaanse unifikasies. Gaandeweg het 'n ander element hom in die nasionalisme openbaar. Die liefde vir die eie volk het nl. oorgegaan in selfverheerliking en selfoorskatting. Elkeen het sy volk as die leidende volk beskou en het ander volke gering geag.

Hierdie aggressiewe nasionalisme, of imperialisme, het veral by die Britte, wat indertyd een van die leidende volke was, inslag gevind en het in die tagtigerjare 'n oorheersende rol in hul politieke denke begin speel. Imperialisme is ook aangeblaas deur werke soos dié van prof. Seeley, The Expansion of England (1883), gevolg deur Froude se Oceana (1886) en Dilke se Problems of Greater Britiain  (1890). Veral die werk van Seeley, wat van die standpunt uitgegaan het dat die toekoms aan die groot lande behoort en dat Engeland, wat self nie 'n groot gebied beslaan nie, hom slegs kon handhaaf indien hy op 'n groot oorsese ryk kon steun, is wyd gelees. Hierdie werk het imperialiste soos Joseph Chamberlain en heel waarskynlik ook Cecil Rhodes sterk beïnvloed. Ook ander moondhede sou spoedig die imperialisme aanhang.

Die tweede faktor wat die imperialisme bevorder het, was ekonomies van aard. Namate moondhede soos Amerika, Duitsland en Frankryk geïndustrialeer is, het hulle Brittanje in die wêreldhandel na die kroon begin steek. Sterk wedywering het gevolg en die nywerheidsmoondhede het na grondstowwe en afsetgebiede begin hunker. Kolonies wat hierdie voordele kon bied, was dus gesog. Met die uitsondering van Afrika was onbesette gebiede egter skaars. Dit is daarom dat ná 1880 volle aandag aan Afrika gewy is - die "scramble for Africa" was aan die gang.

Die imperialisme en die verdeling van Afrika was nie sonder gevolge vir Suid-Afrika nie. Besettings en anneksasies deur lande soos Duitsland, Frankryk, Italië en Portugal, het Brittanje aangespoor om verdere gebiede aangrensend aan die Britse kuskolonies in Suid-Afrka te bekom. Benewens gebiedsuitbreiding was dit ook die Britse beleid om nouer bande met koloniale besittings te sluit. Só kom in 1884 die Imperial Federation League tot stand, met as doelwit die samesnoering van selfregerende Britse gebiede in 'n federasie. Dit was op aandrang van hierdie organisasie dat die eerste konferensie van verteenwoordigers van die vernaamste Britse gebiede in 1887 in Londen gehou is. By hierdie geleentheid is op inisiatief van o.a. Jan Hofmeyr van die Kaapkolonie 'n beweging begin om van die Britse Ryk 'n ekonomiese geheel te maak deur die instellilng van voorkeurtariewe bo vryhandel. Hierdie beweging was nie onmiddellik suksesvol nie, maar die strewe na nouer ekonomiese samewerking, wat ook in Suid-Afrika posgevat het, sou die republieke in hul verhouding onderling en t.o.v. die kolonies en van Brittanje raak. Hieroor later meer.

'n Verdere faktor wat uit die verdeling van Afrika voortgevloei het en wat Brittanje se beleid t.o.v. Suid-Afrika geraak het, was die Duitse besetting van die weskus noord van die Oranjerivier - die latere Duits-Suidwes-Afrika - in die vroeë tagtigerjare. Die Kaapkolonie het ook in hierdie gebied belang gestel en in Maart 1878 is sowat 1 170 vk meter by Walvisbaai as Britse gebied geannekseer. Voordat verdere uitbreiding egter deurgevoer kon word, was die Duitsers op die toneel. Die Duitsers se teenwoordigheid aan die weskus en hulle verdere belangstelling in ander dele van Suid-Afrika was 'n belangrike rede waarom tot die Britse omringing van die Boererepublieke oorgegaan is.

In Suid-Afrika self moet die omringingspoging ook gesien word as 'n botsing tussen 'n Suid-Afrikaanse imperialisme en 'n Suid-Afrikaanse nasionalisme, waarvan Rhodes en Kruger die vernaamste eksponente was. Cecil John Rhodes het as jong man na Suid-Afrika gekom om sy gesondheid te herwin. Spoedig bevind hy hom in Kimberley, waar hy daarin slaag om die ongeorganiseerde diamantdelwery saam te snoer in 'n groot kapitaalkragtige maatskappy, die De Beers Consolidated Mines. Later verkry hy ook 'n paar myne op die Witwaterandse goudvelde, waaruit die Consolidated Gold Fields of South Africa ontwikkel het. Met hierdie suksesse het Rhodes vir hom 'n inkomste van meer as £1 miljoen per jaar verseker. Hierdie inkomste, asook sy kontak met die geldmanne van die wêreld, sou hy aanwend om sy lewensideaal te probeer verwesenlik, nl. die bevordering van die belange van die Britse Ryk in Suid-Afrika. Hy droom selfs oor 'n spoorlyn van die Kaap tot in Kaïro oor Britse gebied. Ook beoog hy vir Suid-Afrika 'n federasie onder die Britse vlag. Die twee onafhanklike Boererepublieke was egter in sy pad.

In die Kaapkolonie sou Rhodes ondersteuning vir sy federasiegedagte kry, want J.H. Hofmeyr, leier van die Afrikanerbond, het in dieselfde rigting gedink, Die twee het spoedig saamgewerk en met die ondersteuning van die Afrikanerbond het Rhodes, wat in 1881 tot die Kaapse politiek toegetree het, in 1890 Eerste Minister van die Kaapkolonie geword. Rhodes het dus oor sowel finansiële as politieke mag beskik (kyk Hoofstuk 10).

Teenoor Rhodes se kapitalisties-imperialistiese ideaal het die nasionalistiese ideaal van Pres. Paul Kruger gestaan. Om hom het Kruger alle Afrikaanse nasionale kragte verenig. Sonder formele opvoeding was hy wel, maar hy was terdeë bewus van die belange van sy vaderland, Transvaal. Oor 'n verenigde Suid-Afrika het hy hom min uitgespreek, maar wanneer dit ter sprake gekom het, was sy standpunt altyd soos hy hom in 1883 in een van sy verkiesingsmanifeste uitgelaat het: "(Ik) zal steeds mijne hartelijke ondersteuning schenken aan elke poging eener nauwere verbinding tussen de Staten en Koloniën van Zuid-Afrika ter opkweeking eener Zuid-Afrikaansche natie, doch alweder zonder de rechten en vrijheden der Republiek prijs te geven."(6) Wanneer die onafhanklikheid van Transvaal na sy mening in die gedrang was, het hy geweier om sake vanuit 'n breë Suid-Afrikaanse gesigspunt te betrag.

(6) Aangehaal in G.D. Scholtz: Die Oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902, I (Johannesburg, 1947), p. 110

Aangaande internasionale sake het Kruger min geweet en moes hy hom verlaat op die jong Nederlandse regsgeleerde, dr. W.J. Leyds. Kruger se buitelandse beleid, wat hoofsaaklik teen Brittanje as bedreiger van Transvaal se onafhanklikheid gemik was, was om los te kom van die Londense Konvensie, Britse inmenging in Transvaal se binnelandse aangeleenthede te weer, Transvaal se gesag ten koste van dié van Brittanje uit te brei, by ander Europese moondhede aan te leun ten einde 'n teenvoeter vir Brittanje te vind en om Transvaal ekonomies onafhanklik van die Britse kolonies te maak, veral deur 'n eie hawe te vind. In menige opsig sou Kruger hom egter in teenstand vasloop. Sy begeerte om uit te brei en 'n weg na die see te vind, sou Rhodes en die ander imperialiste op hulle hoede plaas en tot die inperking van Transvaal bydra (kyk Hoofstuk 13).

Naas Rhodes sou die Britse regering ook 'n rol speel in die omringing van die republieke, dog dit moet duidelik gestel word dat  uitgawes steeds 'n remmende faktor was en dat daar nie sonder meer tot gebiedsuitbreiding oorgegaan is nie. Die beleid ná 1881 was eerder om tussen ryks- en koloniale belange te onderskei. Wanneer ryksbelange op die spel was, was die Britse regering bereid om op te tree, maar van die kolonis is verwag dat hulle hul eie belange behartig, of ten minste die Britse regering onderskraag wanneer opgetree moes word. Dit was hierdie beleid wat bv. daartoe gelei het dat die Duitsers 'n afspringplek in Suidwes-Afrika gekry het. Die Britse regring wou nie ten behoewe van die Kaapkolonie optree nie en op sy beurt was die Kaapkolonie huiwerig om te handel; gevolglik kon die Duitsers die situasie uitbuit. Hulle koms het egter ryksbelange bedreig, die Britse regering op sy hoede gestel en hom verplig om elders op te tree.

Die eerste geleentheid vir Britse optrede het hom aan die Transvaalse wesgrens voorgedoen. Hier het botsings tussen swart stamme voorgekom en het blanke vrywilligers die kapteins te hulp gesnel. Uit die gebiede wat die vrywilligers van Moshette en Massouw as beloning ontvang het, het hulle in 1882 en 1883 die republieke Land Gosen en Stellaland gestig. Die Transvalers, wat ontevrede was met hul wesgrens soos in die Pretoriase Konvensie bepaal, het gehoop om die twee republiekies in te lyf en só 'n venster na die weste te bekom waardeur verdere gebiedsuitbreiding kon volg. Dit was juis wat die Britse imperialiste wou verhoed, veral Rhodes, toe die Kaapse parlementslid vir Barkly-Wes, sir Hercules Robinson, die hoë kommissaris, en John Mackenzie, 'n sendeling van Betsjoeanaland.

Toe die Betsjoeanalandkwessie in Augustus 1883 in die Kaapse Parlement bespreek is, het Rhodes gesê: "You are dealing with a question upon the proper treatment of which depends the whole future of this Colony I look upon this Bechuanaland territory as the Suez Canal of the trade of this country, the key of its road to the interior. The question before us is this whether the Colony is to be confined within its present borders or whether it is to become the dominant State in South Africa."(7) Met die vraagstuk nog hangende 'n jaar later, roep Rhodes uit "The Colony had built its railway for the sake of the trade, and were they going to allow themselves to be shut out from the future trade of the interior?" Die Kaapse kabinet het nog 'n snaar getokkel met die uitspraak "that in view of the German annexation on the West coast and other threatened encroachments calculated to cripple the Cape Colony in its trade and otherwise, decisive measures should be taken for the maintenance of British authority in South Africa".(8)

(7) Ibid, pp. 117-118

(8) Aanhalings in W.J. de Kock: Ekstraterritoriale Vraagstukke van die Kaapse Regering 1872-1885  (Argiefjaarboek vir S.A. Geskiedenis, 1948, 1), pp. 155 en 239

Uitbreiding deur Transvaal moes dus teengegaan word, die poort na die noorde moes vir die Kaapkolonie oop bly en miskien die belangrikste oorweging, 'n wig moes tussen Transvaal en die Duitse kolonie van Suidwes inedryf word, anders kon Duitsland en Transvaal mekaar die hand reik. Die uiteinde was dat die Britse regering sir Charles Warren met 'n ekspedisiemag van 4 000 man gestuur het om Stellaland en Goosen te annekseer. In 1885 bring Warren die hele gebied suid van die Moloporivier onder direkte Britse bestuur, terwyl die res van Betsjoeanaland gebly het om die protektoraat wat reeds die vorige jaar afgekondig is. So is Transvaal dus aan sy westekant ingeperk en is die poort na die noorde vir die Kaapkolonie oopgehou.

Uitbreidingsmoontlikhede vir Transvaal iln 'n suidoostelike rigting deur Zoeloeland na die Indiese Oseaan sou ook vernietig word. Die boere-inmenging in Zoeloeland en die stigting van die Nuwe Republiek is reeds elders behandel (in Hoofstuk 11). By amptellike kringe in Natal het die vrees ontstaan dat die Boere die hele Zoeloeland sou inpalm en daarmee nie alleen Natal van sy hinterland afsny nie, maar ook die see by St. Luciabaai bereik. Die Britse regering was egter huwerig om die Boere in Zoeloeland aan bande te lê. Hierdie huwering in die Britse beleid het o.a. in 1884 die volgende kommentaar van die historikus J.A. Froude ontlok: "The policy of Mr. Gladstone's Government involves the virtual abandonment of South Africa ... (where) things are drifting towards the establishment of Dutch (Boer) supremacy ... under the protection of Germany."(9)

(9) Aangehaal in M.C. van Zyl: Die Uitbreiding van Britse Gesag oor die Natalse Noordgrensgebiede 1879-1897 (Argiefjaarboek vir S.a. Geskiedenis, 1966, 1), p. 282

Weliswaar het sowel die Duitsers as die Transvalers begerige oë op St. Luciabaai gerig. Toe dit bekend word, het die Britse regering in Desember 1884 sy vlag by St. Luciabaai gehys, die Duitsers se eis daarop afgekoop en die aansprake van die Suid-Afrikaanse Republiek en die Nuwe Republiek eenvoudig geïgnoreer. Tot verdere optrede wou die Britse regering egter nie oorgaan nie. Eers in 1887, toe dit duidelik geword het dat die Nuwe Republiek in die rigting van St. Luciabaai wou uitbrei en Transvaal uiteindellik die Nuwe Republiek en daarmee ook St. Luciabaai sou bekom, het die Britse regering Zoeloeland geannekseer. Die Nuwe Republiek, afgesny van die see, het voortbestaan tot in 1888, toe dit by die Suid-Afrikaanse Republiek ingelyf is.

Anders as in Betsjoeanaland, het die Britse regering dus lank getalm voordat tot die anneksasie van Zoeloeland oorgegaan is. Dit kan verklaar word deur die feit dat die Kaapkolonie gewillig was om verantwoordelikhede in Betsjoeanaland te aanvaar, terwyl Natal, hoewel gretig daartoe, poliltiek en ekonomies nie in staat was om dit t.o.v. Zoeland te doen nie. Derhalwe het die Britse regering in Zoeloeland opgetree slegs toe ryksbelange bedreig is - St. Luciabaai moes bv. uit die Duitsers en die boere se hande gehou word. Uitbreiding en finansiële verpligtings is slegs aangegaan wanneer dit absoluut noodsaaklik was. Daarom dat sir Charles Dilke in 1890 geskryf het: "I believe that the greatest of our dangers in South Africa is to be found in the desire of British Governements to shirk responsibility, and their consequent inability to proclaim a definite policy, and in the difficulty of inducing Parliament to sanction a continuous expenditure without direct return."(10)

(10) C.W. Dilke: Problems of Greater Britain (Londen, 1890), p. 344

In die gebied noord van Transvaal (Matebele- en Masjonaland) sou die Britse regering nie nodig hê om uitgawes aan te gaan nie. Rhoides en sy British South Africa Company sou die Britse vlag daar plant sonder enige las op die Britse belastingbetaler. Ook Kruger het in die noorde belang gestel en op 6 Junie 1887 het P.J. Grobler namens Transvaal 'n bondgenootskapsverdrag met Lobengula, die Matebele-opperhoof gesluit. Rhodes het egter reeds besluit dat die Kaapkolonie die waarskynlik ryk Matebeleland deur die poort na die noorde (Betsjoeanaland) moes beheer en ontwikkel en nòg Transvaal nòg Portugal sou hom stuit (kyk Hoofstuk 10).

Die Portugese aanspraak was daarop gebaseer dat Frankryk en Duitsland erken het dat die binneland tussen Angola en Mosambiek onder die Portugese invloedsfeer was. Dit wou Rhodes nie aanvaar nie, want dan sou Portugese invloed van oos na wes oor die kontinent strek en sy gesogte pad na Kaïro versper. Hy stuur dus eerw. J.S. Moffat na Matebeleland en op 11 Februarie 1888 gaan hy 'n verdrag met Lobengula aan. Op 30 Oktober van dieselfde jaar volg die Rudd-konsessie, ingevolge waarvan Lobengula van sy minerale regte afsien. Hiermee het Rhodes sy hand op Lobengula se land gelê en proteste van die kant van Transvaal en Portugal was nutteloos. In 1889 stig Rhodes die B.S.A. Company en binne 'n jaar was Lobengula sy land kwyt en Transvaal ook in die noorde ingeperk.

In Mei 1889 het Pres. Kruger alle aanspraak op die noorde prysgegee met die vertroue dat Transvaal toegang tot Kosibaai aan die ooskus gegun sou word. Dit was een van die grootste flaters in Kruger se politieke loopbaan, want die Londense Konvensie het geen beperking gelê op Transvaalse uitbreiding na die noorde nie, terwyl uitbreiding na die weste en ooste slegs met goedkeuring van die Britse regering kon geskied. Kruger het hom blind gestaar teen die onherbergsame en ongesonde kus van Tongaland en selfs teen 'n ontoeganklike Kosibaai. Deur van die noorde af te sien, het Kruger in die kaarte van Rhodes en sy geesgenote gespeel.

Transvaal kon Kosibaai slegs via Swaziland, die Transpongolagebied (die gebiede van Zambaan en Mbegisa) en Tongaland bereik. Elders is reeds verhaal (kyk Hoofstuk 11 en 13) dat Transvaal jurisdiksie oor Swaziland verkry h et, maar dat Transpongola en Tongaland in 1895 Britse gebied geword het en later by Natal ingelyf is. Hierdie stappe is gedoen om Transvaal verder in te perk en hom onafhanklike toegang tot die see te belet, want dit sou nouer betrekkinge met die buitewêreld, veral Duitsland, moontlik maak Boonop was Natal daarteen gekant dat 'n onafhanklike staat 'n hawe tussen Durban en Delagoabaai bekom. Natal se staatsinkomste was hoofsaaklik afkomstig uit binnelandse handel, spoorweë en doeane en 'n vreemde konkurrent ten noorde van Durban was dus onwenslik.

Deur Transvaal ook uitbreidingsmoontlikhede na die ooste te ontneem, was die Britse omringing van die republiek voltooi. Mosambiek was die enigste nie-Britse gebied wat aan die twee Boererepublieke gegrens het. Rhodes het terdeë besef dat Delagoabaai Transvaal die geleentheid kon bied om die wurggreep van die onringingsbeleid af te skud. Om dié rede probeer hy telkens om Delagoabaai in die hande te kry, maar slaag nie daarin nie. Intussen het Kruger gebruik gemaak van die enigste kans wat hom gebied is om ekonomiese insluiting te ontkom - in 1894 is die spoorlyn tussen Pretoria en Delagoabaai voltooi. Hierdie uitgang by 'n nie-Britse hawe was 'n doring in die vlees van die Britse ryksbouers en het ook die ekonomiese struweling wat daar reeds in Suid-Afrika was, vererger.

Ekonomiese botsings

Die ekoknomiese beleid van die state en kolonies in Suid-Afrika het botsende elemente ingehou. Deels het dit met die politieke beleidsrigtings verband gehou. So het Transvaal naas politieke ook ekonomiese onafhanklikheid nagestreef, terwyl die Kaapkolonie vereniging voorgestaan het. Tog h et die pollitiek en die ekonomie nie altyd hand aan hand gegaan nie. Die Vrystaat het bv. op ekonomiese gebied tot die Kaapkolonie aangetrokke gevoel, hoewel hy op politieke gebied nader aan Transvaal gestaan het. Selfs die twee Britse kuskolonies het in hul ekonomiese beleid verskil.

Die ekonomiese stryd sou in der waarheid eers ná die ontdekking van die Witwatersrandse goudvelde ernstige afmetings aanneem. Voor 1886 was die republiek, wat nie oor eie hawens beskik het nie, vir uit- en invoerhandel van die kuskolonies afhanklik en dus die verleë party. Die republieke het herhaaldelik gevra om 'n aandeel in die invoerregte wat in die hawens op hul goedere gehef is, maar dit is konsekwent geweier. In 1881 is die eerste tariefmuur in Suid-Afrika geskep toe Transvaal dleur ekonomiese depressie daartoe verplig is om invoerregte te hef op goedere wat oor sy grense kom, insluitende sekere Suid-Afrikaanse produkte soos tabak, mielies en drank. Drie jaar later het die Kaap geantwoord met invoerregte op Transvaalse tabak.

Die Transvalers, wat ekonomies steeds noustrop getrek het, geldelike probleme met die aanleg van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn ondervind en besef het dat die Lydenburgse en Barbertonse goudvelde vinniger verkeersmiddele nodig gehad het, het in 1885 en weer vroeg in 1886 so ver gegaan om 'n tolverbond en vryhandel, asook verbinding van die Kaapse spoorlyn deur Bloemfontein na Pretoria, aan die Kaapse regering voor te stel. Die Kaapkolonie het egter nie gereageer nie en 'n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip. Hierdie voorstel, wat eintlik nie met Kruger se onafhanklikheidstrewe gestrook het nie, sou nie weer herhaal word nie, want die Witwatersrandse goudvelde het Transvaal in 'n sterk posisie geplaas en die ekonomiese situasie verander.

Die sametrekking van duisende mense in Johannesburg en die aanvraag vir mynboubenodigdhede het 'n ideale mark in die hartjie van Transvaal geskep. Met begerige oë het die Kaapkolonie en Natal na hierdie mark gekyk en vrye invoer van hul produkte asook spoorverbinding met die goudvelde begeer. Hierdie keer was die kuskolonies verleë en het Kruger die hef in die hand gehad. Hy was nie onwillilg om vrye invoer van sekere produkte te oorweeg nie, maar van spoorverbinding en 'n tolverbond wou hy nie hoor nie - hy sou sy eie spoorlyn na Delagoabaai bou.

Reeds in 1887 het die Kaapkolonie 'n afvaardiging na Pretoria gestuur om oor vrye invoer en spoorwegaansluiting te onderhandel, dog geen sukses is daarmee behaal nie. Die Kaapkolonie was teleurgesteld, want dit was in sy belang dat Transvaal liewer na die suide as die ooste moes kyk. Boonop moes die Kaapkolonie daarteen waak dat die Vrystaat oorgehaal word om Transvaal se beleid te aanvaar. Die presidente van die republieke het in Oktober 1887 'n konferensie in Bleomfontein gehou, waar Kruger samewerking in spoorwegsake gesoek en voorgestel het dat die Vrystaat nie verlenging van die Kaapse spoorweë oor sy gebied moes toelaat alvorens die Delagoabaailyn voltooi was nie. Op sy beurt sou Transvaal nie spoorverbinding met Johannesburg oor Kimberley toelaat nie.

Die Vrystaat, die tussenland, was inderdaad in 'n moeilike posisie. Politiek wou Brand graag met Transvaal saamwerk, maar ekonomies is hy deur die Kaapkolonie aangetrek, want die Vrystaat was op die Kaapse  hawens aangewese en spoorverbinding met hulle was onontbeerlik. Die gevaar het ook bestaan dat Johannesburg en Kaapstad oor Kimberley per spoor verbind kon word, wat uiters nadelig vir die Vrystaat sou wees. Brand het dit egter gerade geag om Transvaal se voorstelle te verwerp, waardeur die Kaapkolonie 'n kans gebied is om samewerking met die Oranje-Vrystaat en Natal te soek. 'n Konferensie waarin dié die state verteenwoordig is, is in Januarie 1888 in Kaapstad gehou.

Die drie state was dit eens oor vryhandel in Suid-Afrikaanse produkte, die heffing van invoerregte o p oorsese goedere en spoorwegaanleg oor Vrystaatse gebied van sowel Natal as die Kaapkolonie se kant. Natal en die Kaapkolonie kon egter nie oor gemeenskaplike invoertariewe ooreenkom nie. Natal wou die tariewe laag hou ten einde meer goedere in die Durbanse hawe te hanteer, terwyl die Kaapkolonie sy eie produkte met hoë invoerregte wou beskerm. Natal het dus besluit om liewe die Vrystaatse handel prys te gee en sy spoorlyn na die Transvaalse grens te verleng. Ook die Vrystaatse volksraad was nie eenstemmig oor die onderhandelings nie en slegs die verlenging van die Kaapse spoor na Bloemfontein is goedgekeur nadat die voorsitter 'n beslissende stem uitgebring het. Die Kaapse konferensie het dus nie veel bereik nie.

Ná die dood van Pres. Brand het sy opvolger, F.W. Reitz, en Kruger in Maart 1889 in Potchefstroom 'n konferensie gehou, waar benewens 'n politieke verbond ook ander verdrae tussen die republieke gesluit is. 'n Verdrag van handel en vriendskap het vir vryhandel voorsiening gemaak. In 'n ander verdrag het Transvaal ingestem om geen spoorverbinding vanuit die suide of weste sonder toestemming van die Vrystaat toe te laat nie. Hiermee is verseker dat die Kaapse spoorlyn na Johannesburg wel oor Vrystaatse gebied sou gaan. Die Vrystaat het op sy beurt onderneem om geen spoor benoorde Bloemfontein sonder Transvaal se toestemming toe te laat nie, wat weer aan Transvaal die geleentheid gegee het om sy eie spoor na Delagoabaai te beveilig (kyk Hoofstukke 12 en 13).

Reitz was geneë tot samewerking met Transvaal  op alle terreine, maar het besef dat die Vrystaat ekonomies van die Kaapkolonie afhanklik was. Hierdie wete het daartoe bygedra dat die Vrystaat en die Kaapkolonie tydens 'n konferensie wat in Maart 1889 in Bloemfontein gehou is, op 'n tolverbond besluit het. Natal was ook teenwoordig, maar het weens die geskil oor tariewe nie tot 'n tolverbond toegetree nie. Die Vrystaat het ook toegestem dat die Kaapkolonie sy spoorlyn na Bloemfontein kon verleng. Drie spoorlyne het dus in die rigting van die goudvelde gemik, nl. vanuit Delagoabaai, Natal en die Kaapkolonie.

Die Pretoria-Delagoabaaispoor, wat deur die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij (N.Z.A.S.M.) gegou is, sou eerste voltooi gewees het as dit nie vir geldelike probleme was nie. Deur bemiddeling van Rhodes het die N.Z.A.S.M. egter in 1891 geld van die Kaapse regering verkry en later ook van die bankier Rothschild. Hierdie toegeeflikheid van Rhodes en die Kaapse regering was nie sonder voorwaardes nie. Kruger moes instem dat die Kaapse lyn, wat Bloemfontein in 1890 bereik het, onverwyld na Johannesburg verleng word en dat die diens daarop tot einde 1894 in die hande van die Kaapkolonie sou wees. Gevolglik het die eerste Kaapse trein Johannesburg in September 1892 binnegestoom. Die Delagoabaailyn is eers in November 1894 voltooi. Die Natalse lyn het Charlestown in Desember 1891 bereik, dog Kruger wou die verlenging daarvan na Johannesburg nie dadelik goedkeur nie. Eers teen die einde van 1895 is die Charlestown-Johannesburg-verbinding geopen. Die ekonomiese stryd is egter nie deur die voltooiing van die spoorlyne beëindig nie. Naas die geskil oor invoerregte, sou daar ook boktsings oor spoortariewe volg.

Transvaal het sy invoerregte gehandhaaf, behalwe op sekere produkte afkomstig uit die Vrystaat. In 1890 is die tarief op vyf persent gestel, terwyl sekere produkte soos kaas, koffie, suiker en alkoholiese drank aan addisionele invoerregte onderhewig was. In 1892 is die algemene invoerreg na 7,5 persent verhoog, dog die addisionele invoerreg verminder. Hierdie invoerregte was vir die Kaapkolonie 'n doring in die vlees, want die Kolonialers wou graag hul produkte op die Johannesburgse mark kry. Hulle sou dus hul steun gee aan Rhodes, wat vryhandel en 'n algemene tolverbond voorgestaan het. Rhodes sou egter nie daarin slaag om die tariefmure te verbreek nie, want Kruger het besef dat Rhodes Transvaal in 'n verenigde Suid-Afrika onder die Britse vlag wou insleep.

Met sy invoerregte het Kruger dit ook beoog om nywerhede binne Transvaal aan te moedig en wou hy wraak neem op die Britse omringing van sy staat, waardeur hy van 'n eie hawe beroof is. Met die sluiting van die eerste Swaziland-konvensie van 1890 was Kruger nog bereid om tot 'n Suid-Afrikaanse tolverbond toe te tree mits aan sy strewe na 'n eie hawe voldoen word. Toe hy in 1895 die laaste kans om die see by Kosibaai te bereik, ontneem is, het hy herhaaldelik aansluiting by 'n tolverbond geweier. Die tariefmure van die Suid-Afrikaanse Republiek het - afgesien van politieke wrywing met die Kaapkolonie - nooit op 'n ernstige krisis uitgeloop nie. Dit sou egter anders wees met die stryd oor spoortariewe.

Toe die Delagoabaaispoor in 1894 voltooi is, het die Kaapse lyn reeds twee jaar lank alleenreg op die vervoer van goedere na Johannesburg gehad. Dit het aan die Kaapkolonie 'n batige inkomste verseker. In 1894 het hy met sy spoorweë bv. £2 713 000 uit 'n totale landsinkomste van £5 390 000 verdien. Die vervoer na die goudvelde was vir die grootste deel van hierdie spoorverdienste verantwoordelik. Dit spreek vanself dat die Kaapkolonie, wat groot skuld vir sy spoorwegbou aangegaan het, hierdie winsgewende vervoer na Johannesburg wou behou. Die Delagoabaai- asook die Natalse lyn het egter ook op 'n gedeelte van dié vervoer aanspraak gemaak. Transvaal wou vanselfsprekend sy eie lyn bevoordeel. Natal het daarin berus, maar die Kaapkolonie wou nie en het op 'n konferensie wat in 1894 gehou is, die helfte van die vervoer na Johannesburg vir die Kaaplyn en 'n derde vir die Natallyn geës. Dit sou beteken dat slegs 'n sesde vir die Delagoabaailyn oorbly, waarmee die N.Z.A.S.M. nie genoeë wou neem nie. Die N.Z.A.S.M. was bereid om een derde van die vervoer aan die Kaapse lyn te gee, waarop die Kaapkolonie gedreig het met 'n verlaging van spoortariewe. Dit het die tariefoorlog ingelei.

Middelberg, direkteur van die N.Z.A.S.M., het hierop die Transvaalse regering oorgehaal tot verhoging van tariewe op die Vaalrivier-Johannesburg-lyn wanneer nodig. Dit sou beteken dat die besparing wat deur die verlaagde tariewe van die Kaapkolonie bewerkstellig is, opgeslurp sou word deur die verhoogde tariewe op die Transvaalse deel van die Kaapse lyn. Hiervan het die Kaapse regering nie gehou nie en Rhoies het selfs 'n besoek aan Pretoria gebring, maar niks bereik nie. In November 1894  het verteenwoordigers van die Kaapse regering ook twee konferensies met Middelberg in Pretoria gehou. Die onderhandelings het egter misluk vanweë die feit dat die Kaapkolonie steeds op die helfte van die goedereverkeer aanspraak gemaak het.

Vroeg in 1895 het die Kaapse regering sy spoortariewe verlaag, waaroop die Transvaal met 'n verhoging van tariewe op sy deel van die lyn geantwoord het. Hierdie verhoging het die Kaapse regering teengegaan dleur die goedere by Viljoensdrif aan die Vaalrivier af te laai en per ossewa na Johannesburg te vervoer. Die stryd was aan die gang en selfs die spoorwegkonferensie wat in April 1895 deur verteenwoordigers van al die state en kolonies bygewoon is, kon dit nie beëindig nie. Die Kaapkolonie het wel sy eis tot twee vyfdes van die goedereverkeer verminder, maar Transvaal wou dit nie aanvaar nie. Al teenvoeter wat Transvaal kon toepas, sou wees om die Vaalrivierdriwwe vir verkeer te sluit. Vir so 'n stap sou hy egter die samewerking van die Vrystaat moes hê.

Met Reitz aan die hoof van sake het die Vrystaat, anders as in die dae van Brand, op politieke gebied al hoe sterker by Transvaal aangeleun. Ook op ekonomiese gebied het die Witwatersrandse goudvelde en die spoorverkeer daarheen 'n ongekende mark vir Vrystaatse produkte geopen. Samewerking met Transvaal op ekonomiese gebied was dus vir die Vrystaat van belang. Reeds in Januarie 1895 het 'n verteenwoordiger uit Pretoria samesprekings oor 'n spoorwegbeleid met Reitz gevoer, wat in Mei opgevolg is deur verdere onderhandelings in Pretoria. Selfs nouer politieke vereniging is bespreek, wat in 1897 op die sluiting van 'n politieke verbond uitgeloop het. Wat eknomiese aspekte betref, was Transvaal gewillilg om beter fasiliteite vir die invoer van Vrystaatse produkte te skep en om geen hoër spoortariewe op Vrystaatse produkte as op sy eie te hef nie, mits die Vrystaat toestem in die sluiting van die Vaalrivierdriwwe vir oorsese goedere. Op die Vrystaat se versoek dat Transvaal tot die tolverbond toetree, wou Transvaal nie reageer nie.

Op aanbeveling van Middelberg het die Transvaalse regering in Augustus 1895 'n proklamasie uitgevaardig waarkragtens Viljoensdrif en Sanddrif van 1 Oktober vir die invoer van oorsese goedere gesluit sou wees. Die reaksie hierop was hewig. Selfs die Vrystaatse regering het nie daaroor gelukkig gevoel nie. Vanuit Kaapstad het Rhodes hom op die Britse regering broep. Joseph Chamberlain, die Minister van Kolonies, wat die Transvalers se optrede as 'n verbreking van die Londense Konvensie beskou het, het 'n gewillige oor verleen. Hy het die Transvaalse regering op die vingers getik en was bereid om 'n ekspedisiemag te stuur mits die Kaapse regering die helfte van die kkoste dra, 'n deel van die troepe lewer en sy spoorweë vir militêre doeleindes beskikbaar stel. Oorlog sou egter nie nodig wees nie. Transvaal het reeds 'n spoorwegkonferensie vir 4 November 1895 voorgestel en met die oog daarop die driwwe tussen 5 en 15 November oopgestel. Weens Chamberlain se protes is die driwwe nie weer gesluit nie.

Tydens die konferensie het die Kaapkolonie op twee vyfdes van die goedereverkeer aangedring, terwyl Middelberg by 'n derde gehou het. Nogeens het die samesprekings misluk. Voortaan is geen beperkings op vragverkeer gelê nie en in die praktyk het die Kaapse vervoer mettertyd tot ongeveer 'n derde en soms minder gedaal. Van verdere tolverbonde en 'n eenvormige ekonomiese stelsel het weinig tereggekom. Weliswaar het Naztal in 1898, toe die Kaapse invoertariewe verlaag is, toegetree tot die tolverbond waaraan die Vrystaat en die Kaapkolonie behoort het, dog Transvaal het afsydig gestaan. Kruger se afsydigheid, ekonomies en andersins, sou die Suid-Afrikaanse Republiek egter nie van ondergang red nie. Vanaf 1895 was die Britse imperialiste vasbeslote om die twee Boererepublieke te onderwerp.

Afrikaner-nasionalisme versus Britse Imperialisme

Teen 1895 was dit duidelik dat Kruger hom nie aan Rhodes se ideaal van 'n verenigde Suid-Afrika onder die Britse vlag wou koppel nie. Die omringingsbeleid het nie daarin geslaag om die Suid-Afrikaanse Republliek ekonomies op sy knieë te dwing nie. Inteendeel, die republiek het sterker geword en met die Witwatersrandse goudvelde in sy besit en die spoorlyn na Delagoabaai kon hy die leidende staat in Suid-Afrika word. Kruger wou hom op geen wyse aan die Britse kolonies vasbind nie en het voortgegaan om steun by Duitsland te soek. Vir Rhodes, wat in hierdie dae in swak gesondheid verkeer het, het dit begin lyk of sy ideale nooit verwesenlik sou word nie. Hy word dus haastig en stuur af op die Jameson-inval aan die einde van 1895.

In 'n brief wat Rhodes kort na die Jameson-inval geskryf het, meld hy dat Kruger nie die rede vir sy haas was nie, want Kruger was tydelik, maar wat hy wel gevrees het, was "a huge English speaking republiek in Transvaal which will absorb the North and leave the Cape out at the shank end of the Continent". Sy stewe na "union under the English flag under responsible government" en "to keep the north with the Cape whatever happens", soos hy dit self gestel het, is dus bedreig deur dieselfde Uitlanders wat hy in die komplot wou gebruik.(11) As daar in aanmerking geneem word dat baie van die Uitlanders meer geïinterreseerd was in die insameling van skatte en die herstelling van hul griewe as in die hysing van die Britse vlag oor hul koppe en dat hul bydrae tot die komplot maar halfhartig was, skyn dit of Rhodes goeie rede vir sy vrees gehad het. Selfs Milner was later bang dat die Uitlanders vir die Britse vlag verlore sou gaan!

(11) Aanhalings in J.G. Lockhart en C.M. Wodehouse: Rhodes (Londen, 1963), pp. 341-342

Rhodes het sy plan om die suid-Afrikaanse Republiek onder te kry, goed gedink. Teen 1895 was die republiek, met die uitsondering van die uitgang na Delagoabaai, reeds omring met Britse gebied en binne die republiek was daar 'n sterk en ontevrede Britse element - die Uitlanders. Rhodes kon dus nou die stryd wat tot 1895 aan die grense gevoer is, na die hartjie van die republiek oorplaas. Al wat gedoen moes word, was om die Uitlanders tot 'n opstand op te sweep en 'n inval vanuit 'n Britse grensgebied te loods om die opstandelinge te ondersteun. Daarna moes die Britse hoë kommissaris hom na Pretoria haas, tussen die opstandelinge en die Transvaalse regering arbitreer en verseker dat alle manlike blanke persone stemreg kry vir die verkiesing van 'n nuwe regering. Onder die veronderstelling, wat natuurlik foutief was, dat die Uitlanders die meerderheid uitmaak, het Rhodes geglo dat Transvaal in 'n selfregerende Britse kolonie omskep kon word, wat sy planne vir 'n verenigde Suid-Afrika kon bespoedig.

Ook in Brittanje was die toestand gunstig vir Rhodes se komplot. 'n Belangrike regeringsverandering het in 1895 plaasgevind, toe 'n sterk imperialistiese golf die Konserwatiewe Party van lord Salisbury aan die bewind geplaas het. In die nuwe kabinet was Joseph Chamberlain, 'n uitgesproke imperialis, die Minister van Kolonies. Van hom het Rhodes niks te vrese gehad nie; trouens Chamberlain was deeglik van die komplot bewus.

Die besonderhede van die inval van dr. L.S. Jameson met 'n troepemag vanuit Besjoeanaland en die Johannesburgse opstand hoef nie her verhaal te word nie (kyk Hoofstukke 10 en 13). Die komplot het in sy geheel misluk, maar het - afgesien van internasionale reperkussies - verreikende gevolge in Suid-Afrika gehad. Die Jameson-inval het net soos Carnarvon se federasieskema en die anneksasie van Transvaal die verenigingsideaal verongeluk. Die republieke is nog verder vervreem van die idee van 'n verenigde Suid-afrika onder die Britse vlag. Die kloof tussen Boer en Brit het verbreed en die Afrikaners in Suid-Afriika is deur 'n kragtige oplewing van Afrikaanse nasionalisme nouer verenig. Die Kaaplandse Afrikaners wat enigermate deur Kruger se ekonomiese beleid vervreem is, het hulle opnuut één gevoel met hul taalgenote in die noorde. Die Afrikanerbond breek dus met Rhodes, wat tot sy bedanking as Kaapse premier lei, en simpatiseer openlik met die Transvalers. Vir die Vrystaters was die Jameson-inval, wat hulle as 'n aanslag ook op hul onafhanklikheid beskou het, die teken om nog nader aan Transvaal te beweeg. Dit lei in Maart 1897 tot die sluiting van 'n politieke verbond, waarvolgens die republieke mekaar in geval van bedreiging van hul onafhanklikheid met alle beskikbare kragte en middele sou ondersteun. Met die doel omvoorbereid te wees, het die republieke hulle ook begin bewapen (kyk verder Hoofstukke 12 en 13).

Die Jameson-inval en die reaksie van die Afrikaners was ook nie sonder uitwerking op die Engelssprekendes nie. By die Britse gesagvoerders en imperialiste het dit die begeerte versterk om die republieke te onderwerp. alle imperialisties-gesinde Britte in Suid-Afrika het hulle verenig on die South African League, wat kort ná die Jameson-strooptog gestig is. Die doelstellings van hierdie organisasie was die handhawing van Britse oppergesag in Suid-Afrika en gelyke politieke regte vir alle blankes in 'n verenigde Suid-Afrika onder die Brise vlag. In die Kaapkolonie het lede van die League hulle in die Progressiewe Party onder sir Gordon Sprigg geskaar (kyk Hoofstuk 10).

In die geheel gesien, het die Jameson-inval Suid-Afrika in twee skerpafgebakende kampe verdeel, nl. dié wat selfstandige ontwikkeling wou verseker en dié wat die Britse vlag oor hulle wou hê. Die eg. kamp was op homself aangewese en moes die stryd alleen stry. Welilswaar was die Afrikaners steeds hoopvol dat Euroopese moondhede hulle sou onderskraag. Kort ná die Jameson-inval was daar ook tekens dat Duitsland met Transvaal simpatiseer. Tog het van hierdie hoopvolle verwagtings niks tereggekom nie. Die Afrikaners sou 'n eensame stryd moes voer. Hierteenoor het die Britse kamp sterk gestaan, want die pas sou in groot mate vanuit Brittanje self aangegee word.

Van Chamberlain, wat sy aandadigheid aan die Jameson-inval moes verbloem, was die mislukking van die strooptog 'n terugslag. So lank die inval vars in die geheue was, moes hy versigtig optree. Sy begeerte om Transvaal te onderwerp, gee hy egter nie prys nie. Hy stel hom dit dus ten doel om Transvaal as 'n onderhorige staat aan die buitewêreld voor te stel. Een van die wapens wat hy toe aangegryp het om sy standpunt te regverdig, was artikel IV van die Londense Konvensie waarvolgens die Suid-Afrikaanse Republiek alle verdrae wat hy met ander state behalwe die Oranje-Vrystaat sou sluit, vir goedkeuring aan die Britse regering moes voorlê. Voor 1895 het die Transvaalse regering die verdrae voorgelê nadat die betrokke partye dit goedgekeur het. Chamberlain het nou geëis dat dit voor die tyd voorgelê word. Dit sou beteken dat die Britse regering seggenskap kry oor die sluiting van verdrae nog voordat die Transvaalse volksraad hom daaroor uitgespreek het, 'n prosedure wat eintlik sou neerkom op 'n vermindering van die gesag van die Transvaalse regering.

'n Heftige pennestryd het oor die tydstip van voorlegging van verdrae onbrand. Toe die republiek in 1897 buitelandse arbitrasie oor die interpretasie van die ondense Konvensie voorstel, het Chamberlain selfs so ver gegaan om te beweer dat dit nie toegestaan kon word nie, daar die Konvensie nie tusen gelyke state gesluit is nie. Na sy mening was Transvaal 'n onderhorige staat, aangesien die aanhef van die Pretoriase Konvensie, waarvolgens Transvaal on susereiniteit van Brittanje was, nie veral  het nie. Hierdie redenasie was foutief, dog Chamberlain het volgehou dat die republiek 'n onderhorige staat was en daarmee betrekkinge tussen die republiek en Brittanje vertroebel.

Ook het Chamberlain in die binnelandse aangeleenthede van die Suid-Afrikaanse Republiek ingemeng en aangevoer dat hy dit kragtens die Londense Konvensie kon doen. So protesteer hy teen 'n drietal wette wat in 1896 aangeneem is, nl. die Wet op Uitsetting van Vreemdelinge, die Wet op Toelating van Vreemdelinge en die Perswet. Hierdie wette het gevolg op die Jameson-inval, wat Transvaal wantrouig gemaak het teen vreemdelinge en wat beskou is as 'n opruiende pers. Die regering wou iets in die wetboek hê om vreemdelinge wat met sulke opstokery die openbare rus en orde verstoor, uit te sit, om vreemdelinge wat nie 'n paspoort het nie en wat hulle nie self kon onderhou nie, toegang te weier, en om die verspreiding van druklwerk te belet as dit gevaarlik vir die rus en orde was. Chamberlain het die wette beskkou as strydig met artikels IV en XIV van die Konvensie en die Transvaalse regering deur die versterlomg van die militêre magte in Suid-Afrika en 'n vlootdemonstrasie in Delagoabaai verpllig om die Wet op Toelating van Vreemdelinge te herroep. Chamberlain was bereid om sy standpunt af te dwing, selfs al sou dit op 'n oorlog uitloop.

In Suid-Afrika het Chamberlain 'n goeie regterhand gehad in die persoon van Alfred Milner, wat in 1897 as hoë kommissaris na Kaapstad gekkom het. Milner het homself as 'n Britse nasionalis beskou, maar het daaraan toegevoeg: "If I am also an Imperialist, it is becase the destiny of the English race, owing to its insular posistion and long supremacy at sea, has been to strike fresh roots in distant parts of the world."(12) Die belange van die Britse Ryk sou hy met al sy kragte dien. Transvaal, met sy ryk goudvelde, het hy as 'n bedreiging vir Britse oppergesag in Suid-Afrika beskou. Met sy goud kon Transvaal die res van Suid-Afrika oorheers, waaruit 'n vereniging sonder die Britse vlag kon voortspruit. Transvaal was in Milner se oë ook die basis waarop Afrikaner-nasionalisme dwarsdeur Suid-Afrika gerus het. Die idee van 'n Afrikanernasie moes die nek ingeslaan word, so het hygeglo, anders sou Suid-Afrika vir die Britse Ryk verlore gaan. Dit is dus verstaanbaar dat Milner alle middele sou aanwend om Transvaal as bedreiger van Britse oppergesag in Suid-Afrika uit te skakel.

(12) Aangehaal in J.S. Marais: The Fall of Kruger's Republic (Oxford, 1961), p. 172

Ná sy aankoms in Kaapstad het Milner hom sowat tien maande stil gedra om die toestand in Suid-Afrika op te som. Hy het gehoop dat binnelandse probleme Kruger tot hervormings sou dwing. Dit het egter nie gebeur nie en aan die begin van 1898 het Kruger nog sterker gestaan, toe hy met 'n oorweldigende meerderheid as president herkies is. Daarby het die Vrystaat hom hegter met Transvaal verbind deur die politieke verbond van 1897, en in Kaapland het W.P. Schreiner met behulp van die Afrikanerbond in 1898 die regering van die Progressiewe Party oorgeneem. Volgens Milner was daar dus "no way out of the political troubles of South Africa except reform in the Transvaal or war", en die kanse op hervormings was maar gering!(13)

(13) Aangehaal in R.H. Wilde: Joseph Chamberlain and the South African Republiek 1895-1899    (Argiefboek vir S.A. Geskiedenis, 1956, 1), p. 74

Net soos Chamberlain, het ook Milner voortdurend die optrede van die Transvaalse regering aan die Londense Konvensie getoets. Hy het bv. daarteen beswaar gemaak dat Kaapse Kleurlinge onder die Transvaalse paswet van 1896 ressorteer en dat Transvaal nie eiendomsregte aan Asiate wou verleen nie. Milner het selfs ingemeng toe die Transvaalse regering die Swazi-opperhoof Bunu van moord op sy indoena Mbaba aangekla het. Hierdie aangeleenthede was egter nie van so 'n ernstige aard dat dit op 'n krisis kon afstuur, soos Milner graag wou gehad het nie. Die Uitlanderkwessie kon hy wel met mening gebruik om sy doel te bereik.

Voor die Jameson-inval is op kunsmatige wyse 'n Uitlander-agitasie op tou gesit. Voor die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog het dit weer gebeur. In 1899 het die Uitlanders 'n versoekskrif met 21 684 handtekeninge aan die Britse koningin gerig, wat griewe oor stemreg, regspleging, administrasie, plaaslike bestuur, polisiemagte en openbare byeenkomste, asook kulturele en ekonomiese griewe, bevat het. Die griewe was oor die algemeen oordrewe, maar Milner het dit aangegryp as rede vir Britse onmenging in Transvaal se binnelandse aangeleenthede - "reform or war", was sy uitgangsunt.

Teen  hierdie tyd het Milner reeds vas besluit om Transvaal te onderwerp. Hy besoek Londen teen die einde van 1898 en haal Chamberlain tot sy sienswyse oor. Toe hy vroeg in 1899 terugkeer, was hy vasbeslote om Kruger tot hervormings te dwing en as hy nie gehoor wou gee nie, om oorlog te verklaar. Met die Uitlanderversoekskrif ter hand kon hy tot die daad oorgaan. Sou aan die Uitlanders se griewe voldoen word, veral t.o.v. die stemreg, kon 'n vinnige radikale verandering in die karakter van die Suid-afrikaanse Republiek teweeggebring word. Soos Kruger, het ook Milner die fout begaan om te glo dat die Uitlanders die meerderheid van die blanke bevolking van die republiek uitgemaak het.

Op aandrang van Milner het die Britse regering, hoewel met huiwering, aan die Uitlanders se versoek om inmenging toegegee. Ter elfder ure stem Chamberlain egter toe dat Milner en Kruger mekaar in Bloemfontein ontmoet, 'n byeenkoms wat op inisiatief van Pres. Steyn en premier Schreiner gereël is. Met die koknferensie op 31 Mei 1899 het Milner geëis dat vreemdelinge ná vyf jaar burgerregte gegee word, met die onmiddellike verlening van hierdie regte aan persone wat reeds langer as vyf jaar in Transvaal woonagtig was. kruger se teenvoorstel was verlening van burgerregte ná sewe jaar en ná twee jaar diegene wat reeds langer as die tydperk daar woonagtig was. Geen vergelyk kon getref word nie en die onderhandelings het misluk. Later was Transvaal wel bereid om die vyf-jaar-bepaling te aanvaar, maar dit het gepaard gegaan met voorwaardes waarvan Milner nie gehou het nie, o.m. dat die Britse regering hom nie verder met Transvaal se binnelandse aangeleenthede moes bemoei nie. Oorlog was dus in die lug.

Die Oranje-Vrystaat was in verbond met die Suid-Afrikaanse Republiek, maar dit het nie verhoed dat Steyn alles in sy vermoë gedoen het om 'n oorlog af te weer nie. Uiteindelik het hy net soos Kruger gevoel dat dit nie om die stemreg nie, maar om onafhanklikheid gegaan het. Die Vrystaat het dus sy volle steun aan Transvaal toegesê. Daarenteen het die Kaaplandse Afrikaners hulle in 'n moeilike situasie bevind. Hulle nasionale gevoel het hulle tot Transvaal aangetrek, maar hul Britse onderdaanskap en lojaliteit was 'n remmende faktor. Hierteenoor het die Britte in Suid-Afrika agter Milner gestaan, terwyl die openbare mening in Brittanje ook grotendeels vir oorlog gewen is. Toe verdere Britse eise in September 1899 gestel word, het Kruger met 'n ultimatum geantwoord. Daar was oorlog.

Die Anglo-Boere-oorlog van 1899-1902 het aanvanklik die Afrikaners in Suid-afrika saamgesnoer. Op die slagveld het Transvalers en Vrystaters sy aan sy geveg en talle van hul taalgenote uit Natal en die Kaapkolonie het by hulle aangesluit. Namate die oorlog voortgewoed het, het sommige Afrikaners in 'n vlaag van moedeloosheid na die Britse kamp oorgeloop, waardeur 'n gevoel van bitterheid onderling onder die Afrikaners gewek is. Bittereindes en hensoppers sou 'n ruk lank nie weer langs dieselfde vuur sit nie. Ook in ander opsigte sou hierdie oorlog, waarin die hele Suid-Afrika betrokke was, sy invloed hê op die verdere verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

M.C. van Zyl

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134