Smuts aan bewind, 1939 - 1948

Dit was 'n verdeelde Suid-Afrikaanse volk wat op 6 September1939 tot die Tweede Wêreldoorlog toegetree het. Smuts het almal wat tg.v. was van deelname aan die oorlog in 'n  koalilsieregering onder sy leiding verenig. In sy kabinet het hy Walter Madeley van die Arbeidersparty en kol. C.F. Stallard van die Dominiumparty opgeneem en origens ook daarin geslaag om 'n kabinet saam te stel wat uit 'n gelyke aantal Afrikaans- en Engelspsrekendes bestaan het. Wat die administratiewe bekwaamheid van die kabinetslede betref, was daar naas die Eerste Minister self slegs die briljante Jan Hofmeyr wat werklik uitsonderlik was.

Suid-Afrika en die Tweede Wêreldoorlog

In sy driedubbele hoedanigheid van Eerste Minister, Minister van Verdediging en opperbevelvoerder van die krygsmagte, het Smuts sy groot energie agter Suid-Afrika se oorlogspoging ingewerp. Hy was vasbeslote om sy eie land sy deel te laat bydra in die stryd teen Duitsland en Italië. Afgesien van die bedrywighede van Suid-Afrika se strydmagte, sou 'n belangrike aspek van die land se aandeel aan die oorlog die verskaffing van oorlogsbenodigdhede aan sy eie soldat en ook aan dié van sy bondgenote wees. Met hierdie doel voor oë is die aanstellling van 'n direkteur-generaal van oorlogsbehoeftes in 'n proklamasie van 24 November 1939 bekend gemaak. In dié belangrike pos het Smuts dr. H.J. van der Bijl aangestel. Die direkteur-generaal van oorlogsbehoeftes - wat aan die hoof bestaan het van 'n omvattende organisasie - het uitgebreide magte ontvang om alle fasilitiete in Suid-Afrika vir die plaaslike produksie van oorlogsvoorrade te organiseer en om krygsmateriaal e.a. oorlogsvoorrade wat nie plaaslik vervaardig kon word nie, in die buiteland aan te koop. Groot industriële staatsondernemings soos die S.A.S. en H., die myne, die Munt en Yskor het in hoë mate oorgeskakel na die produksie van oorlogsmateriaal. Ook verskeie private firmas is aangemoedig om hulle vir die vervaardiging van krygstuig in te rig. As gevolg van hierdie beywering, kon Suid-Afrika nie alleen sy magte nie, maar ook dié van sy bondgenote van 'n groot verskeidenheid krygsbenodigdhede voorsien, soos o.m. twee-ponder-tenkafweerkanonne, ammunisie (18 miljoen patrone per maand), brisantgranate, mortierbomme, houwitsers en geweeronderdele. By wyse van 'n proklamasie op 22 Desember 1942 het Smuts die direkteur-generaal van oorlogsbehoeftes ook met die toesig oor die burgerlike benodigdhede belas en hom die nuwe benaming van direkteur-generaal van voorrade gegee. Die doel daarvan was om ewewig te bewerkstellig tussen die behoeftes van die burgerlike en militêre sektore en sodoende 'n ewe egalige toevoer van goedere vir die burgerlike bevolking te verkry as dié wat die direkteur-generaal van oorlogsbehoeftes reeds vir die krygsmagte verseker het. Hierdeur is dr. Van der Bijl se magte verder uitgebrei en naas Smuts self, aan wie hy verantwoordelik was, was hy die sleutelfiguur agter Suid-Afrika se oorlogspoging. Naas en onder die direkteur-generaal van voorrade het Smuts 'n groot aantal ander rade, direktorate en komitee aangestel ten einde die land se oorlogmasjinerie glad te laat loop.

Met die uitbreek van die oorlog in 1939 het Suid-Afrika se gewapende magte bestaan uit 'n landmag van 17038 man (waarvan slegs 3 548 in die staande mag was), 'n lugmag van 1 837 en 'n seemag van 432. Dit was Smuts se voorneme om hierdie geensins indrukwekkende getalle so spoedig moontlik tot 'n oorlogsvaardige weermag te vermeerder. In watter mate hy daarin geslaag het, word duidelik wanneer die aanvanklike getalle vergelyk word met die totale aantal manne wat gedurende die oorlogsjare in die weermag was: 132 194 in die landmag, 44 569 in die lugmag en 9 455 in die seemag Daarbenewens het die weermag nog 24 975 blanke vroue en 123 131 swartes, Kleurlinge en Indiërs in diens gehad.

Suid-Afrikaanse soldate het tydens die Tweede Wêreldoorlog hoofsaaklik in die volgende vier gebiede geveg: Oos-Afrika (Julie 1940 - November 1941), Noord-Afrika (Mei 1941 - November 1942), Madagaskar (Junie - November 1942) en Italië (April 1943 - Mei 1945). Op 16 Julie 1940 het die eerste Suid-Afrikaanse soldate - die Eerste Suid-Afrikaanse Infanterie-brigade onder brig. Dan Pienaar - na Oos-Afrika vertrek en hulle is later in die jaar deur die Eerste Suid-Afrikaanse Divisie gevolg. In Oos-Afrika was die Suid-Afrikaners onder die opperbevel van die engelse lt.-genl. Alan Cunningham. Nog voor die einde van 1940 het Suid-Afrikaanse soldate vir een van die eerste suksesse aan die geallieerde kant gesorg toe hulle in samewerking met 'n brigade van die Goudkus die Italianers by El Wak verslaan het. Op 5 April 1941 het Suid-Afrikaners Addis Abeba binnegeruk en op 19 Mei 1941 het die hertog van Aosta met 5 000 man aan brig. Dan Pienaar oorgegee. Die oorlog in Oos-Afrika het nog tot die einde van die jaar (1941) voortgesloer, maar die verloop (waarin Suid-Afrikaners 'n belangrike aandeel gehad het) was feitlik deurgaans in die guns van die geallieerdes.

Die brandpunt van die oorlog in Afrika het intussen verskuif na Noord-Afrika, waar die Duitsers onder die geniale aanvoering van genl. Erwibn Rommel aan die begin van 1941 die Italianers te hulp gesnel het. Aan die kant van die geallileerde magte, wat bekend was as die Agste Leër en aanvanklik onder aanvoering van lt.-genl. Alan Cunningham gestaan het, het Suid-Afrika twee divisies in die veld gehad. Die Suid-Afrikaanse soldate het hulle deurgaans onderskei in die gevegte by Sidi Rezegh (18-23 November 1941), Taib El Esem (22-26 November 1941) en Bardia en Sollum (16 Desember 1941-17 Januarie 1942), maar met die katastrofe van Tobruk het hul prestige 'n gevoelige knou gekry. Die aanleiding tot die gebeure by Tobruk was die grootskeepse offensief wat Rommel op 26 Mei 1942 van stapel gestuur het en wat tot hewige gevegte by Knightsbridge, El Adem en Bir Hacheim gelei het. Soms  het dit geskyn of die geallieerde magte - die twee Suid-Afrikaanse divisies by Gazala en Tobruk was nie by die gevegte betrokke nie - die oorhand gekry het, maar ná 'n aanhoudende stryd van twee weke het die beter tenks en taktiese meerderwaardigheid van die Duitsers hulle van 'n oorwinning verseker. Ná die val van Knightsbridge op 14 Junie 1942 het die Agste Leër op die vlug geslaan. Ook die Eerste Suid-Afrikaanse Divisie, onder genl.-maj. Dan Pienaar, was v erpllig om Gazala te ontruim en terug te val. Die Tweede Suid-Afrikaanse Divisie, onder genl.-maj. H.B. Klopper, is beveel om Tobruk te verdedig. In Tobruk het Klopper die bevel gevoer oor die gesamentlike eenhede, wat benewens die Suid-Afrikaners ook uit groot getalle Engelse en Indiërs bestaan het. Terwyl Rommel die vlugtende Agste Leër agtervolg het, het hy 'n gedeelte van sy mag beveel om te swenk en Tobruk aan te val. Klopper se magte was nie teen die Duitsers bestand nie en op 21 Junie 1942 het ongeveer 25 000 man, waaronder 10 722 Suid-Afrikaners, aan Rommel oorgegee. Vir die geallieerdes in die algemeen en die prestige van die Suid-Afrikaanse soldaat in die besonder was dit 'n groot terugslag. Maar Suid-Afrika se bydrae tot die Tweede Wêreldoorlog het nie op hierdie droewige noot geëinidg nie. In die groot slag van El Alamein, wat genl. Montgomery se offensief teen Rommel ingelui het, het Suid-Afrikaners  hul bydrae gelewer. Die geluk het die Duitsers nou teëgeloop en op 13 Mei 1945 het die ganse Afrika-korps - toe onder bevel van Rommel se opvolger - by Kaap Bon die wapens neerlê.

Daarmee was die oorlog in Afrika afgelope, maar nog lank nie in Europa nie. Smuts, begerig dat sy landgenote ook op die vasteland van Europa 'n wesentlike bydrae tot die oorlog moes lewer, het sy belofte van 1939 - dat Suid-Afrikaners slegs in Afrika sou veg en nie "oorsee" gestuur sou word nie - nou herroep en op 27 Januarie 1943 het hy by die Volksraad toestemming gevra om Suid-Afrikaanse soldate na Europa te stuur. Die gevolg was dat die Sesde Suid-Afrikaanse Pantserdivisie, onder genl.-maj. W.H.E. Poole, in April 1943 tot die oorlog in Italië toegetree het. Hier het die Sesde Divisie die res van die oorlog as 'n onderdeel van die Agste (Britse) Leër en Vyfde (Amerikaanse) Leër diens gedoen. In Italië het 753 Suid-Afrikaners gesneuwel, teenoor 152 in Oos-Afrika en 2 104 in Noord-Afrika.

Twis onder die Afrikaners

Die belangrikste aspek van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in die jare van die Tweede Wêreldoorlog is egter nie die land se bydrae tot die oorlog teen Duitsland en Italië nie, maar wel die hewige huishoudelike politieke stryd wat deur die oorlog ontketen is. Ofskoon daar nie 'n herhaling van die 1914-rebellie was nie, was die politieke stryd wat ontbrand het oor Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog buitengewoon bitter. Die Afrikaners was duidelik verdeel in twee groot groepe: diegene wat Suid-Afrika se oorlogspoging gesteun het en diegene wat daarteen gekant was.

In die gespanne oorlogsatmosfeer moes Smuts versigtig te werk gaan om nie 'n herhaling van die 1914-rebellie te ontketen nie. Sy besluit om alle private vuurwapens op te eis, was deels met die oog op die uitskakeling van 'n gewapende opstand. Voorts het Hertzog en Malan die Afrikaners tot kalmte gemaan en enige onkonstitusionele of gewelddadige handelwyse afgekeur. Hoewel albei kante hulle beywer het om gewelddadige botsings tussen die pro- en anti-oorlogsgroepe te voorkom, het daar tog uitbarstings voorgekom. Botsings tussen lede van die Ossewa-Brandwag (O.B.) en soldate was geen seldsaamheid nie. In die O.B. was daar ook die meer ekstremistiese elemente, die Stormjaers, wat nie in bedwang gehou kon word nie en oorgegaan het tot sabotasie of - soos hulle dit gesien het - heroïes dade van verset teen die regering se oorlogspoging. Hierdie woestelinge het egter nie veel vermag nie en het spoedig in interneringskampe en tronke beland.

Aanvanklik het dit gelyk asof die Volklsraad se besluit dat Suid-Afrika tot die oorlog moes toetree, die vereniging van die Afrikanerdom sou bewerkstellig. Omdat sowel Hertzog as Malan teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog gekant was, het hulle outomaties nader na mekaar beweeg. Malan het ernstig gepleig vir "hereniging" en ook Hertzog was t.g.v. "samewerking tussen die ... twee dele van Nasionaalgesinde Afrikanerdom".(1) Die poliltieke eenwording van die Afrikaners het na 'n voldonge feit gelyk toe Hertzog en Malan saam op 9 September 1939, d.w.s. enkele dae ná Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog, ;'n reuseskare by Monumentkoppie buite Pretoria toegespreek het. Albei leiers het melding gemaak van die nuutgevonde eenheid wat versagtend i ngewerk het op die groot ramp waarin Smuts en sy ondersteuners die land gedompel het.

(1) D.F. Malan: Afrikaner-Volklseenheid (3de druk, 1961), pp. 177-182

Die weg na Afrikanereenheid is op 1 November 1939 verder gebaan toe Malan op 'n kongres van die Kaaplandse Nasionale Party in die Paarl op grootmoedige wyse voorgestel het dat Hertzog die hoofleier van die nuwe herenigde party moes wees. Op 23 November 1939 het verteenwoordigers van die twee groepe - die twee leiers was persoonlik ook aanwesig - in Pretoria byeengekom ten einde die fondament vir eenheid te lê. Op hierdie tweedaagse konferensie is eenstemmigheid op talle punte bereik, maar oor twee dinge kon die konferensie dit nie eens word nie: die naam van die nuwe party en die republikeinse ideaal. Vir die Hertzogiete, veral vir N.C. Havenga, was die oorneem van die naam Nasionale Party nie aanneemlik nie, omdat dit daaroop sou neerkom dat die Hertzogiete deur die Malaniete geabsorbeer sou word. Hertzog self het veral beswaar gemaak teen die republikeinse doelstelling soos die Malaniete dit - in ooreenstemming met die Nasionale Party se program van beginsels - voorgestaan het. Hertzog wou h ê dat die republlikeinse kwessie op dieselfde wyse gehanteer moes word as in die óú Nasionale Party (voor samesmelting) en die Verenigde Party. Dit het daarop neergekom dat lede van die party die reg sou hê om propaganda vir 'n republiek te maak, maar dat die onderskrywing van die republikeinse ideaal nie as voorwaarde gestel sou word vir lidmaatskap van die party of as een van die partybeginsels in die konstitusie opgeneem sou word nie. Daar was baie Afrikaners en Engelse, so het Hertzog betoog, wat gekant was teen imperialisme en teen Smuts, maar nie republikeine was nie. Die nuwe (herenigde) party moes daarna strewe om hierdie groep ook in sy geledere op te vang. Die Malaniete het die saak heel anders gesien. Hulle het daarop gestaan dat die konstiltusie van die nuwe party 'n klousule bevat waarin baie duidelik bepaal word dat die party 'n republikeinse party is. Een van die Malan-groep op die konferensie, dr. N.J. van der Merwe, het die dooite unt wat oor die republikeinse strewe ontstaan het, soos volg opgesom: "Generaal Hertzog het verklaar dat hy, net soos in 1927, die reg wil hê om my te bestry, as ek vir 'n republiek propaganda maak. Hier het ons dus vasgesteek."(2) Die onderhandelinge van 23-24 November 1939 het dus op die twee kwessies van die partynaam en die republikeinse ideaal gestrand.

(2) G.D. Scholtz: Dr. Nicolaas Johannes van der Merwe, 1888-1940, p. 404

Die hoopop eenheid is egter nie laat vaar nie. Met die aanvang van die 1940-parlementsitting, het Hertzog en Malan weer begin ondrhandel en op 29 Januarie 1940 het hulle aangekondig dat 'n ooreenkoms deur hul onderskeie koukusse bereik is. Daar is ooreengekom dat die nuwe party die lang naam "Herenigde Nasionale Party of Volklsparty" sou dra en die twis oor die republikeinse ideaal is besleg deur die Malaniete ingewillilg het - dus 'n oorwinnign vir Hertzog - tot die opneem van 'n klousule in die konstitusie waarin gemeld word dat lidmaatskap van die party nie ontsê of geweier sal word aan persone wat nie oortuig is van die wenslikheid van 'n republiek nie. In die parlement het die Hertzogiete en Malaniete vooraan deurmekaar gesit en saam koukus gehou. Met hierdie ooreenkoms tussen die twee groepe het dit dus gelyk asof die politieke eenwording van die Afrikanerdom einde ten laaste bewaarheid was. Dit was egter niks anders as 'n toesmeer van barste nie. Tussen Hertzog en Malan (en veral 'n aantal van lg. se meer ekstremistiese ondersteuners) was daar diepgaande verskille. Dit was dieselfde verskille as wat tot die skeuring van 1933 aanleiding gegee het. Hertzog het gemeen dat hy die Malaniete kon oorreed om die beginsels van Hertzogisme te aanvaar. Dit was egter duidelik 'n illusie. Die feit dat Malan so grootmoedig was om Hertzog die leierskap van die nuwe party aan te bied, het nog nie meegebring dat al sy volgelinge daarmee tevrede was nie. Daar was vooraanstaande lede van Malan se Nasionale Party wat nie gelukkig gevoel het oor die idee om Hertzog as leier te hê nie. Vir hulle was die voormalige eerste minister te gematig, te lou en te beginselloos en in die loop van 1940 het hulle Hertzog se leierskap aanhoudend gerysmier. Teen sy uitdruklike wense in het 'n aantal lede van die Malan-groep (waaronder dr. N.J. van der Merwe en C.R. Swart) 'n republikeinse volksvergadering vir 20 Julie 1940 in Bloemfontein belê met die doel om stappe te oorweeg vir die daarstel van 'n republiek. Die besluite wat daar geneem is, was volgens Malan "die toppunt van onverstandigheid" en kon nie anders as om Hertzog te kwets nie.(3)

(3)D.F. Malan: Afrikaner-Volkseenheid (3de druk, 1961), p. 192

Ongeveer gelyktydig met hierdie republikeinse vergadering het 'n gerug in Bloemfontein ontstaan dat daar in 'n Vrymesselaarskissie twee briewe van Hertzog en Havenga gevind is waarin hulle hul bereid verklaar het om, ingeval Engeld die oorlog verloor, Smuts te steun as hy 'n "rooi", d.w.s. Engels-georiënteerde republiek, in Suid-Afrika uitroep. In hierdie Engels-georiënteerde republiek sou die Afrikaners dan 'n ondergeskikte plek moes inneem. Hierdie onware storie het soos 'n veldbrand deur die land getrek. In sommige koerante het voorts klagtes begin verskyn (duidelik teen Hertzog gemik) oor die uitbly van die nodige leiding van die Afrikanerdom en Hertzog se groot prestige as leier is verder deur J.G. Strijdom en C.R. Swart ondermyn met spreuke soos "Hou by beginsels en nie by leiers nie" en met waarskuwings teen 'n slaafse aanbidding van leiers.(4)

(4) M. Roberts en A.E.G. Trollip: The South African Opposisiton, 1939-1945I, pp. 45 en 50

Op die Vrystaatse stigtingskongres van die Herenigde Nasionale Party of Volksparty, wat op 6 November 1940 in Bloemfontein gehou is, het dit duidelik geword in watter mate die kongresgangers teen die leierskap van Hertzog gekant was. Toe twee konsep-konstitusies (een van Hertzog en een van die Agerende Federale Raad) vir die nuwe party aan die kongres voorgelê word, is Hertzog se konsep met 'n groot meerderheid verwerp. H ertzog, wat hierdie kongresbesluit vertolk het as 'n bewys van wantroue in sy leierskap, het as leier van die party bedank en, gevolg deur 'n klein aantal lojale volgelilnge, die kongressaal verlaat. Hy het ook as lid van die Volksraad bedank,  hom uit die openbare lewe teruggetrek en op sy plaas naby Witbank gaan woon. Twee jaar later, in November 1942, is hy oorlede.

Die Herenigde Nasionale Party was nie meer "herenig" n ie. Die Afrikanerdom, wat oorwegend teen die oorlog gekant was, was weer eens verskeur. Naas die Herenigde Nasionale Party, gelei deur Malan, was daar verskeie ander groepe. 'n Aantal van Hertzog se volgelinge het hulle met Malan versoen, maar die meer lojales het die Afrikanerparty, waarvan Havenga as leier opgetree het, gevorm. Oswald Pirow het weggebreek en die Nuwe Orde gestig, waarin  hy al diegene opgevang het wat met bewondering vir die Duitsers en hul nasionaal-sosialisme vervul was. Benewers hierdie groepe was daar nog die Ossewa-Brandwag, wat - ofskoon dit eintlik as 'n kulturele organisasie begin het - gaandweg ook die politieke arena betree en 'n krag van betekenis geword het.

Hierdie opposisiepartye het mekaar net so hewig en selfs hewiger beveg as wat hulle die regering aangeval het. Veral tussen die Herenigde Party ehn die O.B. het 'n bittere twis ontstaan. Die verhaal hieragter is kortliks soos volg: Tussen Malan en die O.B is daar oop 29 Oktober 1940 (enkele dae voor Hertzog se bedanking) die sg. Cradock-ooreenkkoms gesluit, waarvolgens die herenigde Party die Afrikanerdom in die politieke sfeer sou verteenwoordig, terwyl die O.B. hom tot die nie-politieke terrein sou beperk. Toe dr. Hans van Rensburg egter as Administrateur van die Vrystaat bedank en op 15 Januarie 1941 die nuwe kommandant-generaal van hierdie semi-militêre organisasie word, is daar spoedig van hierdie ooreenkoms afgewyk. Die nuwe leier het hom ook op 'n politieke terrein begewe en aangesien hy 'n staatsfilosofie gehulldig het wat nie veel van dié van Adolf Hitler verskil het nie en sy veragting vir die party-politiek van die demokrasie nie onder tafels en stoele weggesteek het nie, het hy spoedig met Malan en die Herenigde Party oorhoop gelê. Malan het gevolglik oopenliok oorlog verklaar teen die O.B. met sy volksvreemde ideologie en die lede van sy party versoek om uit die organisasie te bedank. Vanaf hierdie tydstip (middel 1941), toe Malan die stryd teen die O.B. aangeknoop het, het dit steeds agteruitgegaan.

Dit was 'n verdeelde opposisie wat die 1943-verkiesing tegemoetgegaan het, terwyl Smuts se Verenigde Party met selfvertroue na die kragmeting kon uitsien. Ook die wending wat die verloop van die oorlog aan die begin van 1943 geneem het - in die guns van die geallieerdes - het die VP sterk begunstig. Die regeringspartye het 105 setels gewen en ook die steun van 2 onafhanklikes en 3 Naturelleverteenwoordigers gehad, terwyl die opposie van 63 tot 43 gekrimp het. Maar as Smuts rede gehad het vir selfvoldaanheid, Malan ook. Die leier van die Herenigde Party het sy eie gevolg in die Volksraad met twee vermeerder, terwyl sy mede-opposisiepartye, die Afrikanerparty en die Nuwe Orde, heeltemal uitgeskakel is.

Ekonomiese groei

Tydens die eerste twee jaar van die oorlog het Suid-Afrika se ekonomie min verandering ondergaan, maar van 1942 af het die gevolge van die oorlog duidelik voelbaar begin word. Veral opvallend van die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende 1939-1945 is dat geld volop was, maar handelsartikels en lewensbenodigdhede skaars.

Die hoeveelheid geld in omloop, met inbegrip van die onmiddellik opeisbare deposito's in banke, het van £116 miljoen in 1939 tot £349 miljoen in 1945 gestyg. Hierdie verskynsel was veral te danke aan hoër staatsuitgawes, wat i nkomste geskep het, die styging van die goudprys by die uitbreek van die oorlog van £7 8s (R14,80) tot £8 8s (R16,80), 'n toename van die algemene uitvoer wat relatief groter as dié van die invoer was en ook gepaard gegaan het met hoër pryse, besoekende skepe en 'n aansienlike geldbesteding in Suid-Afrika deur buitelandse regerings.

Soos tydens die Eerste Wêreldoorlog het pryse ook nou die hoogte ingeskiet. Tussen 1939 en 1945 het die groothandelprysindeks van 97,6 tot 152,6 en die kleinhandelprysindeks van 99,9 tot 132,2 gestyg. Om die inflasionistiese neiging die hoof te bied, het die regering sy toevlug tot prysbeheer geneem. 'n Pryskontroleur met uitgebreide magte om die prysstygings te beheer, is op 29 Augustus 1941 aangestel.

Die tekort aan handelsartikels was te wyte aan die voorkeur wat aan die vervaardiging van oorlogsmateriaal gegee is en aan 'n beperkte invoer. Van die begin van 1942 af het die skaarste aan sekere handelsartikels die instel van beheermaatreëls noodsaaklik gemaak. In die eerste helfte van 1942 is verskeie soorte goedere soos petrol, rubber, papier, motorvoertuie, boumateriaal tekstielware, landbougereedskap en hout tot beheerde goedere verklaar. Oor elkeen van die genoemde goedere is 'n kontroleur aangestel. Dat Suid-frika 'n skaarste ondervind het aan hierdie goedere - wat voor die oorlog alles ingevoer is - is heeltemal verstaanbaar. Wat egter minder verstaanbaar is, is die tekorte wat aan sekere lewensbenodigdhede soos mielies, suiker, koring en vleis ondervind is. Die Mielieraad het blykbaar alle sin vir die werklikheid verloor en in die seisoen 1941-1942 die uitvoer van mielies aanbeveel, terwyl daar reeds 'n tekort was aan hierdie voedselsoort, wat so belangrik vir die swartmense is. Suiker is op groot skaal na Brittanje uitgevoer terwyl daar in Suid-Afrika 'n tekort was. Die koringtekort het so 'n omvang aangeneem dat die bak van witbrood verbied is. Die grootste ontevredenheid was egter oor die tekort aan vleis wat in die stede ontstaan het. Die regering se maatreëls om te voorkom dat vleispryse styg, het veroorsaak dat vleis in die stede (beheerde gebied) onbekombaar geword het, terwyl dit op die platteland (onbeheerde gebied) maklik verkry kon word. Die Minister van Landbou, J.G.N. Strauss, het in sy poging om die vleistekort in die stede teë te werk, dit goedgedink om een weeksdag tot 'n "vleislose dag" te proklameer. Hierdie stap het geen invloed op die vleistekort gehad nie, maar wel o op die minister se gewildheid.

Hierdie voedseltekorte het veel ontevredenheid veroorsaak en die regering baie kritiek op die hals gehaal, want die merkwaardige verskynsel het hom hier voorgedoen dat 'n landbouland nie in staat was o m h omself te voed nie. In 1946 het die voedseltekorte so ernsig geword dat Smuts twee deskundiges van die Britse Departement van Voedsel na Suid-afrika laat kom het. Hulle het 'n skema vir die rantsoenering van brood, koringmeel, mieliemeel en mielieprodukte voorgelê, asook 'n registrasie-skema vir die klante van kleinhandelaars ten einde die koop van items soos tee, suiker, seep, ens., te beheer. 'n Verbetering van die voedseltoestand in 1947 het die deurvoer van die skema onnodig gemaak.

Afgesien van irriterende tekorte (invoerartikels en voedselvoorrade) was die oorlogsjare ' n tydperk van ekonomiese voorspoed. Die land in sy geheel was welvarend, want selfs gedurende die oorlog was daar 'n goeie buitelandse mark vir Suid-Afrika se belangrikste uitvoerprodukte soos goud, wol en diamante. Ook die lewenstandaard het verbeter, want tydens die oorlog het die armer klasse (veral die blankes) se inkomste skouspelagtig gestyg. Suid-Afrika het welvarend en met verhoogde prestige en selfvertroue uit die Tweede Wêreldoorlog getree.

Opvallend van die Suid-Afrikaanse ekonomie in die jare 1939-1948 is die snelle nywerheidsontwikkeling wat in die land plaasgevind het. Ten einde die vestiging van allerlei nywerhede aan te moedig, het die regering in 1940 die Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika (N.O.K.) gestig en in 1945 is die ontwikkeling van nywerhede verder aangespoor met die stigting van nog twee belangrike ondernemings, die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (W.N.N.R.), wat moes help met die oplos van allerlei moeilikhede waarop die nywerhede voortdurend gestuit het, en die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (S.A.B.S.), wat die gehalte van die plaaslik vervaardigde nywerheidsgoedere moes toets.

Ontevredenheid by die nie-blankes

Die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika het tydens die Smuts-bewind in toenemende mate hul ontevredenheid begin toon m et die ondergeskikte plek wat hulle in hul geboorteland beklee het. Dit blyk duidelik uit die uitlatinge wat in die Naturelle Verteenwoordigende Raad gemaak is. Dit blyk verder uit die bedrywighede van die African National Congres e.a. swart organisasies. Dit blyk ten slotte ook uit die stakings, boikotte, protesoptoge en onluste wat in hierdie tydperk voorgekom het.

Die Naturelle Verteenwoordigende Raad, wat deur Hertzog se 1936-wetsgewing in die lewe geroep is, het in November 1937 vir die eerste keer in Pretoria byeengekom. Die doel van die liggaam met sy 16 swart lede en s3es wit amptenare was om die regering met advies te bedien oor sekere aangeleenthede wat die swart bevolking geraak het. Die swart lede van die Naturelle Verteenwoordigende Raad was in die algemeen ontwikkelde mense en gerespekteerde leiers in hul gemeenskap. Hulle het gevolglik nie in gebreke gebly om die swartman se standpunt te stel nie.

Een van die versoeke wat hulle herhaaldelilk tot die regering gerig het, was dat die paswette afgeskaf moes word, aangesien dit 'n bron van irritasie vir die swartes was. In 1942 het die Sjit-komissie, 'n inter-departementele kommissie wat ondersoek ingestel het na die omstandighede van die stedelike swartes, ook aanbeveel dat die passtelsel afgeskaf word. Die regering wou egter nie aan hierdie versoek van die Naturelle Verteenwoordigende Raad gehoor gee nie. In Augustus 1946 is die kwessie van die passtelsel na die Fagan-kommissie verwys vir verdere ondersoek.

Nog 'n versoek wat die Naturelle Verteenwoordigende Raad herhaaldelik gerig het, was dat Hertzog se 1936-wetgewing uitgevoer moes word in soverre dit die aankoop van verdere grond vir die tuislande betref. Die regering was egter van mening dat die oorlog en die hoë grondpryse dit wenslik gemaak het om die aankoop van verdere grond eers op te skort.

Die Naturelle Verteenwoordigende Raad het ook herhaaldelik gevra dat die swartes ook meer verteenwoordigers in die land se wetgewende liggame moes kry. 'n "Recess Committee on Representation" het o.m. in 1943 aanbeveel dat die swartes in die Volksraad 10 i.p.v. 3 en in die Naturelle Verteenwoordigende Raad 60 i.p.v. 16 verteenwoordigers moes kry. Die regering was nie geneë  om in daardie stadium aan die versoek te voldoen nie.

Die Naturelle Verteenwoordigende Raad het herhaaldelik sy misnoeë oor die regering se ontegoetkomende houding te kenne gegee. In Augustus 1946 is besluit dat dit geen sin het om verdere aanbevelings aan die regering te doen jnie. "We have reached a stage," het R.H. Godlo verklaar, "when we feel that our coming to Pretoria and pretending to represent the people to place their grievances before the Government, is just a waste of time." Sy mede-raadslede het met hom saamgestem. "We have been fooled," het P.R. Mosaka verklaar. "We have been asked to co-operate with a toy telephone. We have been spreaking into an apparatus which cannot transmit sound and at the end of which there is nobody to receive the message."(5) Dr. J. S. Moroka het daarop voorgestel dat die Naturelle Verteenwoordigende Raad uit protes teen die regering se segregasiebeleid en die diskriminerende wette vir 'n onbepaalde tyd verdaag.

(5) C.M. Tatz: Shadow and Substance in South Africa, pp. 115-6

In die afwesigheid van Smuts, wat die V.V.O.-byeenkoms in New York bygewoon het, het J.H. Hofmeyr in sy hoedanighed as waarnemende Eerste Minister die Naturelle Verteenwoordigende Raad in November 1946 byeengeroep.Hy het begin deur die lede te betig oor die "violent and exaggerated statements" wat hulle by die vorige byeenkoms kwyt geraak het, daarna verklaar dat dit nie moontlik was om alle diskriminerende wette af te skaf nie en vervolgens 'n oorsig gegee van die stappe wat in die afgelope dekade gedoen is om die lot van die swartes te verbeter. Hy het o.m. verwys na die vooruitgang op die gebied van die onderwys, die u itbreiding van gesondheidsdienste en die verhoging van lone. Die lede van die Naturelle Verteenwoordigende Raad was nie beï'ndruk met Hofmeyr se verklaring nie. Prof. Z.K. Matthews het dit bestempel as 'n apologie vir die handhawing van die status quo. "The permanent subordination of the bulk of the population to a minority," het hy verklaar, "is a policy to which we cannot subscribe."(6) Hy het dan ook voorgestel dat die Naturelle Verteenwoordigende Raad sy werksaamhede opskort tot tyd en wyl 'n meer bevredigende antwoord van die regering ontvang word.

(6) M. Ballinger: From Union to Apartheid, p. 197

Smuts het die breuk tussen die regering en die Naturelle Verteenwoordigende Raad in 'n ernstige lig beskou. In Mei 1947 het hy drie verkose lede (Matthews, Selope Thema en Mosaka) en drie benoemde lede (Dinizulu, Poto en Maserumule) na Kaapstad ontbied vir samesprekinge. Hy het hulle meegedeel dat hty o.m. die volgende veranderinge oorweeg: om die aantal lede van die Naturelle Verteenwoordigende Raad te vermeerder tot 50; om 'n beperkte mate van wetgewende mag aan hierdie liggaam toe te staan; en om amptelike erkenning aan swart vakbonde te gee. Hy het beklemtoon dat hierdie voorstelle nie fianaal was nie, maar dat dit 'n "been was om solank aan te kou". 

In November 1947 het die swart lede van die Naturelle Verteenwoordigende Raad verklaar dat Smuts se voorstelle nie ver genoeg gaan nie. Hulle wou voorstelle sien wat uitgaan van die standpunt dat die swartes ook burgers van Suid-Afrika is.

Smuts het nie weer gereageer nie. Hy het besluit om te wag tot ná die afloop van 'n drietal gebeurtenisse waarvan die uuitslag moontlik meer lig op sy probleem sou werp. Hierdie drie gebeurtenisse was die komende verkiesing vroeg in 1948 van 'n nuwe NVR, die voltooiing van die Fagan-verslag oor die stedelike swartes en die volgende algemene verkiesing in Mei 1948.

Die NVR was nie die enigste liggaam waarin die swartes hul standpunt tydens die jare van die Tweede Wêreloorlog kon stel nie. Daar was ook die African National Congress, wat in 1943 'n Youth League bygekry het, die All African Convention van prof. D.D.T. Jabavu, en twee n uwe organisasies wat in 1943 gestig is: die African Democratic Party en die Non-European Unity Movement.

Die African Democratic Party het ontstaan ná die suksesvolle busboikot in Alexandra in Augustus 1943. Dit was 'n veelrassige party wat deur senator Hyman Basner ('n voormalige lid van die Kommunistiese Party), P.R. Mosaka ('n lid van die NVR), Dan Koza ('n vakbondorganiseerder) e.a.  linksgesindes gestig is. Die stigters was ontevrede met 'n passiewe h ouding van die ANC en wou vir die swartes meer regte verkry d.m.v. stakings en massa-optogte. Die nuwe party het egter nie veel opgang gemaak nie. Die president van die ANC, dr. A.B. Xuma, het die party bestempel as die skepping van "Non-Africans" en dit veroordeel as 'n faktor wat daarop uit was om die swartes te verdeel.

Die Non-European Unity Movement is deur prof. D.D.T. Jabavu se All African Convention en dr. G.H. Gool se Anti Coloured Affairs Department gevorm in 'n poging om groter eenheid tussen die swartes, Kleurlinge en Indiërs te bewerkstellig.Die organisasie kon egter nie daarin slaag om die steun van die South African Indian Congress te verkry nie. Die ANC wou nie saamwerk nie. Die gevolg was dat die Non-European Unity Movement nie veel opgang gemaak het nie.

Die oudste, invloedrykste en aktiefste van die swart organisasies was die ANC. In die dertigerjare was hierdie organisasie taamlik passief, maar in die loop van die veertigerjare het dit nuwe lewe gekry. Een van die redes hiervoor was dat gebeurtenisse soos die instelling van die NVR in 1936 en die uitvaardiging van die Atlantic Charter in 1941 die politieke bewussyn van die swartes geprikkel het. Nog 'n rede was die verkiesing in Desember 1940 van dr. A.B. Xuma as president. Xuma het die  konstitusie gewysig, die organisasie opgeknap, die belangrikheid van massasteun beklemtoon, swart geleerdes se medewerking verkry en in toenemende mate begin aandring op meer regte vir die swartes.

Onder Xuma se leiding is die ANC se oogmerke in die loop van 1943 breedvoerig uiteengesit in 'n dokument met die opskrif "African Claims in Soouth Africa". Hierdie dokument is in Desember 1943 op die ANC se jaarlikse kongres goedgekeur as 'n korrekte weergawe van sy beleid en daarna as 'n pamflet gepubliseer. Die 16 bladsye van hierdie pamflet bestaan uit twee dele: die een handel oor "The Atlantic Charter from the standpoint of Africans within the Union of South Africa:, die ander is 'n "Bill of Rights".

Die eerste deel van die plamflet gee, soos die opskrif aandui, 'n vertolking uit die oogpunt van die swartman van Roiosevelt en Churchill se veelbesproke Charter. Reg aan die begin word daarop gewys dat die Atlantic Charter verwagtinge by volke gewek het, dat Smuts by meer as een geleentheid gesê het dat die ná-oorlogse wêreld op daardie beginsels gebou sou word en dat die Minister van Naturellesake, Deneys Reitz, uitdruklik verklaar het dat die vryheid waarvan die Atlantic Charter melding maak ook vir die swartes van Afrika bestem was. Vervolgens word die implikasies van die Atlantic Charter vir Suid-Afrika punt vir punt aangetoon. Die punt wat meld dat die seëvierende moondhede geen gebiedsuitbreiding sal kry nie, impliseer dat Suid-Afrika nie die Britse protektorate (Basoetoland, Swaziland en Betsjoeanaland) sou mag inlyg nie. Die punt wat aan alle volkere die reg gee om hul eie regeringsvorm te kies, impliseer dat die swartes in Suid-Afrika volle burgerregte moes kry. Die punt wat "improved labour standards", "economic advancement" en "social security" in die vooruitsig stel, impliseer o.m. dat die kleurskeidslyn afgeskaf moes word, dat gelyke lone vir dieselfde werk betaal moes word en dat daar bevredigende huisvesting vir alle rasse moes wees. Die punt waarin die hoop uitgespreek word dat volke sal afsien van geweld, het die opmerking ontlok dat daar in Suid-Afrika onnodige geweld gebruik word teen die onderdrukte en ongewapende bevolking.

Die tweede deel van die pamflet bestaan uit 'n sg. "Bill of Rights" waarin 'n breedvoerige uiteensetting gegee word van die veranderinge wat die swartes in Suid-Afrika wou sien. Die lang lys met eise word soos volg afgesluit: "We demand the repeal of any and all laws as well as the abandonment of any policy and all practices that discriminate against the African in any way whatsover on the basis of race, creed or colouor in the Union of South Africa."(7)

(7) T. Karin en G.M. Carder: From Protest to Challenge, col. 2, p. 222

Xuma het 'n afskrif van die ANC se "African Claims in South Africa" aan Smuts gestuur en terselfdertyd om 'n onderhoud gevra. Smuts het in September 1944 deur sy privaatsekretaris geantwoord dat hy die dokument gelees het, maar nie enige nut daarin sien om dit met Xuma te bespreek nie. Dit was s.i. 'n propagandistiese dokument en hy was nie bereid om heeltemal onpraktiese voorstelle te bespreek nie. Hy het ook nie met die ANC se vertolking van die Atlantic Charter saamgestem nie.

Smuts se houding het Xuma en die ANC oortuig dat die blankes in Suid-Afrika nie uit vrye wil aan die swartes volle burgerregte sou gee nie. Xuma het gaandeweg 'n meer verbitterde toon begin aanslaan. Hy e.a. leidende figure in die ANC het toe begin dink aan stakings,  passiewe verset en boikotte as metodes om druk op die regering uit te oefen. Hulle was egter nog nie bereid om werklik tot die daad oor te gaan nie. Dit was eers met die aanvaarding van die "Programme of Action" in Desember 1949 dat die ANC hom tot 'n plan van verset verbind het.

Die stakings, boikotte, protesoptogte en onluste wat tydens die Smutsbewind voorgekom het, was geïsoleerde gebeurtenisse waar ekonomiese motiewe in die reël 'n groter rol as politieke motiewe gespeel het. Dit blyk o.m. uit die Marabastad-onluste in Desember 1942, die Alexandra-busboikotte in Augustus 1943 en November 1944, die anti-pasveldtog van 1944-1946 en die staking van swart mynwerkers aan die Witwatersrand in Augustus 1946.

Die Marabastad-onluste in Desember 1942 is in 'n groot mate veroorsaak deur die onwilligheid van die Pretoriase stadsraad om aan sy swart werkers 'n verhoging uit te betaal wat deur die Loonraad aanbeveel is. Toe die verhoging ná twee maande nog nie uitbetaal was nie, het die betrokke werkers opstandig geraak en klippe na munisipale geboue begin gooi. Die polisie kon die opstandigheid nie beteuel nie en 'n sewentigtal soldate met pantserkarre is ontbied. die soldate het op die opstandige swartes gevuur en een soldaat en 14 swartes het omgekom.

In Augustus 1943 het die inwoners van die swart woonbuurt Alexandra naby Johannesburg met 'n busboikot begin. Die oorsaak van hierdie boikot was die busmaatskappy se besluit om die reisgeld van 4 tot 5 pennies te verhoog. Die busryers het onmiddellik, sonder dat vooraf georganiseer is, met 'n boikot-beweging begin. Ongeveer 15 000 persone het daagliks na hul werk in Johannesburg gestap. Ná nege dae het die busmaatskappy toegegee en die reisgeld weer op 4 pennies vasgestel. Dit het die boikot laat eindig. Die regering het 'n kommissie van ondersoek na die busboikot aangestel, wat bevind het dat die swartes se lone so laag was dat hulle nie 'n bykomende twee pennies per dag aan reisgeld kon afstaan nie.

In November 1944 het die busmaatskappy in Alexandra weer die reisgeld van 4 tot 5 pennie verhoog en die werkers versoek om die ekstra geld van hul werkgewers te vorder. Die werkers het, hierdie keer op aansporing van agitators, besluit om die busse weer te boikot. Ná 'n veldtog van sewe weke het die busmaatskappy weer geswig en die reisgeld weer op 4 pennies vasgestel.

Die anti-pasveldtog het in Mei 1944 geesdriftig begin met 'n optog van 20 000 ondersteuners deur die strate van Johannesburg en 'n konferensie van 540 afgevaardigdes in die Gandhi-saal. Daar is besluit om 'n petisie vir die afskaffing van die passtelsel met 'n miljoen handtekeninge te ondersteun en dat 'n afvaardiging van swart leiers dit aan die regering sou oorhandig. 'n Komitee onder voorsitterskap van dr. A.B. Xuma is aangewys om die petisie op te stel en die handtekeninge te kry. Die aanvanklike geesdrif het egter gou verflou en dit was eers in Junie 1945, 'n jaar later, dat 'n afvaardiging die waarnemende Eerste Minister, Hofmeyr, om 'n onderhoud gevra het om die petisie te oorhandig. Hofmeyr ht verklaar dat hy te besig was om hulle te ontvang en hulle na die Minister van Naturellesake, maj. Piet van der Byl, verwys. Die afvaardiging was nie daarmee tevrede n ie en het in Kaapstad protesvergaderinge op die Parade en buite die parlement gehou. Die leiers, waaronder dr. Y.M. Dadoo (president van die Transvaalse Indian Congress) en Selope Thema ('n lid van die NVR), is gearresteer.

In Junie 1946 het die leiers van die anti-pasveldtog 'n tweede konferensie in Johannesburg gehou en besluit om binne drie maande met 'n grootskaalse veldtog teen die passtelsel te begin. Die veldtog sou sy hoogtepunt bereik met 'n uitgebreide staking en die verbrand van passe. Daar het egter niks van hierdie voorneme gekom  nie. Die anti-pasveldtog van 1944-1946 was 'n mislukking.

Hoewel Oorlogsmaatreël 45 van 1942 swart werkers uitdruklik verbied het om te staak, was daar tog in die loop van die oorlogsjare verskeie stakings waaraan swartes 'n aandeel gehad het. In 1943-1944 was swart werkers in nie minder nie as 60 stakings betrokke, maar dit was nie van groot of langdurige omvang nie. Die grootste stakings tydens die Smuts-bewind was dié van die swart mynwerkers aan die Witwatersrand in Augustus 1946. Die African Mine Workers Union, met die kommunis J.B. Marks as president, het 'n loon van 10 sjielings per dag vir swart mynwerkers geëis - ongeveer vier keer meer as hul loon in daardie staduim. Die AMWU se siening was dat dit nie 'n onredelike eis was nie, aangesien die wit vakbonde al jare lank 'n minimum loon van 10 sjielings per dag vir ongeskoolde werk voorgestaan het. Toe die Kamer van Mynwese die eis as buitensporig verwerp, het die AMWU 'n staking afgekondig. Sowat 'n kwart van die ongeveer 300 000 swart mynwerkers  aan die Witwatersrand het gehoorsaam en geweier om te gaan werk. Dit het 11 van die 45 myne aan die Witwatersrand  heeltemal tot 'n stilstand gebring. Botsings tussen die stakers en die polisie het nie uitgebly nie en 9 stakers het omgekom. Die staking is ná vier dae beëindig en meer as 50 mense is daarna aangekla van sameswering om Oorlogsmaatreël 45 van 1942, wat swartes verbied get in te staak, te oortree. Onder die aangeklaagdes was J.B. Marks, Moses Kotane, Danie du Plessis, dr. Yusuf Dadoo, Hilda Watts en Brian Bunting - almal vooraanstaande lede van die Kommunistiese Party.

Die nie-blankes se toenemende ontevredenheid met hul  politieke magteloosheid en ekonomiese agterligkheid, tesame met die wêreldwye neiging ná die oorlog om van rassediskriminasie weg te beweeg, het tot gevolg gehad dat daar in Suid-Afrika 'n toenemende belangstelling in rasseverhoudinge ontstaan het. Watter beleid moes teenoor die nie-blankes gevolg word? Twee kommissies, die Fagan-kommissie en die Sauer-kommissie, het kort ná die oorlog verskillende antwoorde op hierdie vraag gegee.

Die Fagan-kommissie is in Augustus 1946 deur die regering aangestel om drie dinge te ondersoek: die wette wat op die stedelike swartes betrekking het, die paswette en die sosio-ekonomiese omstandighede van trekarbeiders. Die voorsitter, regter H.A. Fagan, is bygestaan deur A.S. Welsch, A.L. Barrett, E.E. von Maltitz en S.J. Parsons. In sy verslag, wat in Februarie 1948 voltooi is, wys die Fagan-kommissie op drie moontlike beleidsrigtinge wat t.o.v. die nie-blankes gevolg kon word: die eerste is dié van apartheid of algehele segregasie wat 'n volleldige territoriale skeiding tussen die blankes en die nie-blankes in die vooruitsig stel; die tweede is dié van gelykstelling of geen diskriminasie nie; die derde is dié van die aanvaarding van die feit dat blank en nie-blank naasmekaar bestan en dat die wetgewing en administrasie met die twee groepe se onderlinge verskille sou moes rekening hou.

Wat die moontlikheid van apartheid of algehele skeiding betref, was die kommissie van mening dat dit heeltemal onprakties was: eerstens omdat die trek van die swart tuislande na die blanke stede 'n natuurlike ekonomiese verskynsel was wat nie omgekeer kon word nie, en ten tweede omdat daar in die blanke stedelike gebiede nie net swart trekarbeiders was nie, maar ook 'n permanente swart bevolking. Die ou kreet van "stuur hulle terug" was dus nie meer 'n oplossing vir die probleem n ie. En om dieselfde rede was wetgewing gegrond op die uitgangspunt van die Stallard-kommissie van 1921 - dat die swartes slegs tydelike besoekers in die stedelike gebiede was - nie meer geskik nie.

Die tweede moontlikheid, dié van gelykstelling of geen diskriminasie het, het volgens die kommissie nie rekening gehou met die verskille tussen blankes en nie-blankes nie. Dit het ook uit die oog verloor dat die swartes onderling veel verskil - van primitiewe swartes in die tuislande tot beskaafde swartes wat permanent in die stede gevestig is.

Die derde moontlikheid, wat die permanente naasbestaan en ekkonomiese ineengestrengeldheid van blank en nie-blank erken en terselfdertyd ook rekening hou met die verskille tussen blank en nie-blank, was volgens die kommissie die enigste prakties uitvoerbare rigting. "Ons erken," verklaar die kommissie, "dat ons formulering van die beleid wat ons tot rigsnoer gekies het, baie vaag en algemeen is. Dit is egter ons insiens onvermydelik. So 'n elastiese formule laat vir ons 'n goeie ruimte om elke besondere probleem in die lig van sy eie omstandighede te beoordeel ... Die verhoudings sal ook steeds fluktueer en verander - want die lewe is dinamies en staan nooit stil nie - en 'n oplossing eens en vir altyd kan daar dus nie wees nie."(8)

(8) U.G. 28/1948: Verslag van die Naturellewette-kommissie, 1946-1948, p. 20

Met hierdie derde beleidsrigting as uitgangspunt, het die Fagan-kommissie vervolgens 'n aantal aanbevelinge gedoen oor die stedelike swartes, paswette en trekarbeiders. Smuts het namens die Verenigde Party die kommissie se beleidsrigting en aanbevelinge aanvaar. Dit was trouens in ooreenstemming met sy eie benadering van die sg. nie-blanke vraagstuk. N.a.v. die apartheidsbeleid het hy verklaar: "The idea that the Natives must all be removed and confined in their own kraals, is in my opinion the greatest nonsense I have ever heard."(9)

(9) K.A. Heard: General Elections in South Africa, 1943-1970, p. 34

Die Sauer-kommissie is kort ná die Tweede Wêreldoorlog deur die Herenigde Nasionale Party aangestel om riglyne vir 'n nie-blanke beleid te formuleer. Die voorsitter was P.O. Sauer, wat bygestaan is deur dr. E.G. Jansen, prof. G.B.A. Gerdener, J.J. Serfontein en M.D.C. de Wet Nel. Die kommissie het sy verslag in 1947 voltooi. Met die oog op die komende verkiesing van Mei 1948, is 'n opsomming daarvan in albei tale gepubliseer en onder die kieses versprei.

Waar die Fagan-kommissie drie moontlike beleidsrigtinge t.o.v. die nie-blankes onderskei het, het die Sauer-kommissie net twee gesien: "Ons kan alleen in een van twee rigtings beweeg: òf ons moet die weg van gelykstelling opgaan en uiteindelik gelyke politieke, ekonomiese en maatstaplike regte aan die nie-blanke toeken, wat op die duur vir die blanke ras nasionale selfmoord en vir die nie-blanke rassegroepe vernietiging van eie identiteit sal beteken; òf ons moet op die weg van apartheid beweeg waardeur elke ras se karakter en toekoms binne sy eie gebied beskerm en veilig gemaak word en waardeur aan elke ras in sy eie tuistevolle geleentheid om te ontwikkel, gegun word en van die onvervreembare reg van selfhandhawing en selfbeskikking verseker word sonder dat die belange van die een in botsing kom met die belange van die ander en sonder dat die een die betaan en ontwikkeling van die ander as 'n ondermyning of bedreiging vir homself aanvoel. Enige middelweg of kompromis is op sy beste tydelik van aard en blote lapwerk."(10)

(10) Verslag van die Kleurvraagstuk-Kommissie van die Herenigde Nasionale Party (1947), p. 2

Die Fagan-kommissie was van mening dat 'n nie-blanke beleid wat 'n middeweg volg tussen gelykstelling en apartheid, die beste vir Suid-Afrika sou wees. Die Sauer-kommissie het geglo dat so 'n beleid tot gelykstelling of integrasie sou lei en het daarom 'n apartheidsbeleid voorgestaan. Die algemene verkiesing van Mei 1948 sou beslis watter van hierdie twee beleidsrigtinge voortaan in Suid-Afrika gevolg sou word.

Smuts en die Indiërs

Smuts het tydens die Tweede Wêreldoorlog ook met 'n Indiërprobleem te kampe gehad. Die probleem het sy oorsprong gehad in die toenemende indringing van Indiërs in die blanke woon- en sakegebied van Durban. Die blankes wou nie die Indiërs as bure hê nie en het die owerheid versoek om die indringing te stuit. In Mei 1940 het Smuts 'n kommissie onder voorsitterskap van regter F.B. Broome aangestel om die klagtes te ondersoek en vas te stel in watter mate Indiërstussen 1927 en 1940 blanke gebied in Transvaal en Natal binnegedring het. In Oktober 1941 het die kommissie, wat later bekend geword het as die eerste Broome-kommissie, gerapporteer dat daar in Transvaal 339 gevalle en in Natal, met die uitsondering van Durban, 328 gevalle was waar Indiërs grond in blanke gebiede aangekoop het. Die grootste indringing van Indiërs het in Durban voorgekkom, waar 512 gevalle opgespoor is. Van die 512 persele is slegs 150 deur Indiërs bewoon. Die slotsom waartoe die kommissie gekom het, was dat die afmetinge van hierdie verskynsel heeltemal oordryf was.

Die klagtes het egter nie opgehou nie. Daar is beweer dat die indringing van Indiërs in die blanke gebied van Durban sterk toegeneem het ná 1940. So erg was die klagtes dat die regering weer eens vir regter F.N. Broome gevra het om ondersoek in te stel - hierdie keer na die omvang van Indiër-indringing in Durban sedert 1940. Die tweede Broome-kommissie het in April 1943 gerapporteer dat daar tussen Oktober 1940 en Februarie 1943 nie minder nie as 326 gevalle was waar Indiërs persele in blanke gebied gekoop het. Die aantal persele wat in 1942 gekoop is, was twee keer meer as in enige tussen 1927 en 1940. Broome het tot die gevolgtrekking gekom dat die Indiërs inderdaad in toenemende mate besig was om blanke gebied binne te dring.

Die bevinding van die tweede Broome-kommissie het die regering tot die besluit laat kom dat dit nodig was om die verdere indringing van Indiërs in blanke gebied te stuit. Die Natalse Indiërs en die Indiese regering het sterk geprotesteer, maar die Suid-Afrikaanse regering het hom nie van koers laat dwing nie. In April 1943 is die Wet tot Beperking van Handel en Okkupasie van Grond (Transvaal en Natal) (No. 35 van 1943) gevolglik aangeneem. Hierdie wet, wat kortweg bekend gestaan het as die "Pegging Act", het Indiërs verbied om vir die volgende drie jaar grond in Transvaal en Natal aan te koop. Dit was dus 'n voorlopige maatreël wat tot Maart 1946 sou geld.

Die "Pegging Act" het die verhouding tussen Suid-Afrika en Indië vertroubel. Die Indiese regering het gedreig om handelsbetrekkinge met Suid-Afrika te verbreek en om Suid-Afrikaners in Indië net so te behandel as wat Indiërs in Suid-Afrika behandel word. Dit het geïmpliseer dat Suid-Afrikaners as ongewenste persone beskou soou word, geen permanente verblyf in Indië sou kry nie en in openbare plekke aan apartheidsmaatreëls onderwerp sou word.

In 'n poging om die Natalse Indiërs en die Indiese regering te kalmeer, het die regering 'n kommissie aangestel om alle sake rakende die Indiërs in Natal te ondersoek. Die voorsitter was weer eens regter Broome, en hy is nou bygestaan deur vyf ander lede, waarvan twee - A.I. Kajee en S.R. Naidoo - Indiërs was.

Nog voor hierdie kommissie, waarna later verwys is as die derde Broome-kommissie, met sy werksaamhede kon begin, het die South African Indian Congress 'n aantal voorstelle aan Smuts voorgelê wat die Indiërs se ontevredenheid met die "Peggin Act" uit die weg sou ruim. Smuts het die voorstelle heeltemal redelik gevind. Hy het 'n konferensie met ses verteenwoordigers van die  SAIC belê en 'n ooreenkoms met hulle bereik - die sg. Pretoria-ooreenkoms van April 1944. Hiervolgens sou die "Pegging Act" herroep word en 'n raad van drie blankes en twee Indiërs sou beheer uitoefen oor die Indiërs se indringing in blanke gebied. Die raad sou die reg hê om die Indiërs te verbied om grond in blanke gebied te bewoon, maar kon hulle nie verbied om dit te koop nie. Die raad sou deur 'n ordonnansie van die Natalse Provinsiale Raad  (NPR) in die lewe geroep word. Dit was makliker gesê as gedoen. Die eerste konsep-ordonnansie het die Indiërs nie geval nie. Die ordonnansie wat ná 'n lang stryd aangeneem is, is deur die Indiërs verwerp as in stryd met die pretoria-ooreenkoms van April 1944, omdat dit geen onderskeid gemaak het tussen die bewoon en die besit van 'n perseel nie. Die Natalse Provinsiale Raad het inderdaad die "Pegging Act", wat 'n voorlopige maatreël was en slegs op Durban van toepassing, permanent gemaak en oor die hele Natal uitgebrei. Smuts het geweier om die ordonnansie goed te keur. Die Pretoria-ooreenkoms van april 1944 het in duie gestort en die "Pegging Act" het voorlopig van krag gebly.

Die "Pegging Act" sou in Maart 1946 verstryk en Smuts het besef dat iets voor daardie datum in die plek daarvan gestel moes word. Die probleem was om iets te vind wat sowel die blankes as die Indiërs tevrede sou stel. smuts se oplossing vir die probleem was om die blankes hul sin te gee deur die beginsel wat in die "Pegging Act" vervat is, permanent te maak, maar om terselfdertyd die medewerking van die Indiërs te probeer wen deur hulle aan  hul verteenwoordiging in die Natalse Provinsiale Raad, die Volksraad en die Senaat te gee.

Smuts het gevolglik in Junie 1946 die Wet op Grondbesit van Asiate en Verteenwoordiging van Indiërs (No. 28 van 1946) op die wetboek geplaas. Die eerste deel van die wet was 'n navolging van die "Pegging Act" in die sin dat die Indiërs verbied is om in Natal verdere grond  in blanke gebied aan te k oop. Natal is verdeel in gekontroleerde en ongekontroleerde gebiede. Die gekontroleerde gebied was blanke gebied en Indiërs kon daar geen verdere grond aankoop nie. Die ander gebied - die ongekontroleerde - was oop vir blankes en Indiërs en in 'n groot mate reeds in die besit van Indiërs. Die tweede deel van die wet het aan die Indiërs hul eie verteenwoordigers gegee - twee blankes in die Senaat, drie blankes in die Volksraad en twee blankes of nie-blankes in die NPR.

Die eerste deel van die wet, wt die indringing van Indiërs in die blanke gebied teengegaan het, het nie veel teenkanting in die parlement gekry nie. Die enigste lede wat daarteen gestem het, was die Naturelle-verteenwoordigers. Die tweede deel van die wet, wat aan die Indiërs verteenwoordiging in die NPT, Volksraad en Senaat gegee het, het egter van verskeie k ante sterk teenkanting gekry. Die leier van die opposisie, dr. D.F. Malan, het die toekenning van die stemreg aan die Indiërs betreur en verklaar dat die Herenigde Nasionale Party die betrokke gedeelte van die wet sal herroep as hy aan die bewind kom. Stallard, die leier van die Dominiumparty, het hom ook teen die stemreg van Indiërs uitgespreek. Die lede van die Arbeidersparty was verdeeld oor die saak, maar die meerderheid, waaronder die leier, Walter Madeley, het teen die toekenning van die stemreg aan Indiërs gestem. Selfs in Smuts se eie party, die VP, was daar verskeie Volksraadslede wat nie geesdriftig oor dié deel van die wet was nie en slegs uit lojaliteit teenoor Smuts ingewillilg het om dit te steun.

As Smuts gemeen het dat hy die Indiërs se ontevredenheid sou neutraliseer deur die gedeelte van die wet wat aan hulle stemreg gee, het hy hom  heeltemal misreken. Die Indërs het na die wet verwys as die "Ghetto Act" en dit in die geheel verwerp. Die vorm van verteenwoordiging wat dit aan hulle gegee het, was na hul mening minderwaardig en geen vergoeding vir die inbreuk wat gemaak is op hul reg om grond te besit nie. In Junie 1946 het die Indiërs in Durban met 'n passiewe versetveldtog teen die wet begin Etlike honderde Indiërs het hul tente op 'n munisipale perseel opgeslaan wat binne die gekontroleerde gebied geval het - d.w.s. die gebied waar Indiërs nie grond mag besit nie. Wanneer hulle gearresteer is, is hul plekke eenvoudig deur ander Indiërs ingeneem. Die veldtog is etlike maande lank volgehou.

Die Indiese regering het uit protes teen die "Ghetto Act" handelsbetrekkinge met Suid-Afrika verbreek en sy verteenwoordiger teruggeroep. In Junie 1946 het die Indiese verteenwoordiger by die V.V.O. die sekretaris-generaal van die lilggaam versoek om Suid-afrika se optrede teenoor sy Indiërbevolking as 'n punt van bespreking op die agenda van die Algemene Vergadering te plaas.

Teen hierdie agtergrond het Smuts in die tweede helfte van 1946 na New York gegaan om die tweede deel van die eerste sitting van die V.V.O. by te woon. Toe Indië se versoek dat Suid-Afrika se beleid teenoor sy Indiërbevolking op die agenda geplaas moet word, in die Algemene Komitee aan die orde kom, het Smuts dit teengestaan. Hy het beweer dat die onderwerp 'n huishoudelike aangeleentheid is en dat artikel 2(7) van die Handves van die V.V.O. uitdruklik bepaal dat huishoudelike aangeleenthede buite die bevoegdheid van die organisasie v al. Die Indiese verteenwoordiger, mev. Pandit, het nie saamgestem nie. Sy het beweer dat die onderwwerp wel binne die bevoegdheid van die V.V.O. val ondat dit die vriendskaplike betrekkinge tussen Suid-Afrika en Indië bedreig.  Die algemene kkomitee het die kwessie daarna na 'n gesamentlike sitting van die Eerste (Politieke) Komitee en Sesde (Juridiese) Komitee verwys. Hierdie Gesamentlike Komitee het ses sittings aan die kwessie gewy. Mev. Pandit het Suid-afrika heftig aangeval. Sy het o.m. daarop gewys dat Suid-Afrika 'n beleid van rassediskriminasie volg; dat Suid-Afrika 'n verdrag, die Kaapstadse ooreenkoms van 1927, verbreek het; en dat Suid-Afrika die bepaling oor menseregte in die Handves van die V.V.O. geskend het. Sy het gevolglik die V.V.O. versoek om teen Suid-Afrika oop te tree. Smuts se verweer was steeds dat dit 'n  huishoudelike aangeleentheid is wat ooreenkomstig artikel 2(7) van die Handves buite die jurisdiksie van die V.V.O. val. Hy het ook op mev. Pandit se aantygings gereageer. Hy het erken dat Suid-Afrika 'n beleid van rassediskriminasie volg, maar daaroop gewys dat Indië self skuldig is aan klassediskriminasie. Hy het ontken dat Suid-Afrika 'n verdrag verbreek het; die Kaapstadse ooreenkoms van 1927 was volgens hom geen verdrag nie. Hy het ontken dat Suid-Afrika enige bepaling oor menseregte geskend  het; daar was volgens hom nog geen algemeen aanvaarde formulering van menseregte nie.

Die Gesamentlike Komitee het 'n voorstel van Frankryk en Mexiko aangeneem wat gelui het dat Suid-afrika se behandeling van sy Indiërbevolking die betrekkinge tussen Indië en Suid-Afrika vertroebel het, dat Suid-Afrika sy Indiërbevolking in ooreenstemming met die ooreenkomste tussen die twee lande en die bepaling van die Handves van die V.V.O. m oet behandel en dat die twee lande by die volgende byeenkoms van die V.V.O. moet rapporteer watter reëlings hulle getref het.

Toe dié besluit in Desember 1946 aan die Algemene Vergadering vir goedkeuring voorgelê word, jhet Smuts dit teengestaan. Hy het voorgestel dat Indië se klag na die Internasionale Geregshof verwys word vir 'n beslissing oor die vraag of die V.V.O. bevoeg is om hom daaroor uit te laat. Smuts se voorstel is verwerp en die voorstel van Frankryk en Mexiko, soos goedgekeur deur die Gesamentlike Komitee, is met 32 stemme teen 15 aangeneem - die vereiste tweederde-meerderheid.

Suid-Afrika was duidelik uit pas met die res van die wêreld en dit het Smuts diep bekommerd. Hy het besef dat die blankes in Suid-Afrika nie sou afsien van die diskriminerende maatreëls t.o.v. die Indiërs nie. In Mei 1947 het F.C. Erasmus van die Herenigde Nasionale Party in die Volksraad voorgestel dat die regering ook in Kaapland maatreëls moet tref om die indringing van Indiërs in die blanke gebied te stuit. Smuts het geweier, maar hy was ook nie bereid om enige toegewinge aan die V.V.O. te maak nie. Hy het die status quo bly handhaaf tot die algemene verkiesing van Mei 1948.

Politieke groeperinge ná die Tweede Wêreldoorlog

Die beëindiging van die oorlog het ook 'n einde gemaak aan die stryd oor Suid-Afrika se deelname aan 'n oorlog wat hom nie regstreeks geraak het nie. Ander kwessies het nou 'n sentrale plek in die politiek opgeëis en dié kwessies het 'n hergroepering van die politieke partye meegebring. Die Smuts-Madeley-Stallard-koalisie het teen die einde van 1945 verbrokkel to eers Madeley (Arbeidersparty) en toe Stallard (Dominiumparty) uit die kabinet bedank het. In die volgende parlementsitting  het hulle met hul volgelinge by die lede van die Herenigde Nasionale Party op die opposisiebanke gaan sit. In die na-oorlogse politiek was die lede van die Arbeidersparty en die Dominiumparty nie meer tuis in die geledere van Smuts se Verenigde Party nie. Wat die rassekwessie betref - die kwessie wat nou in die middelpunt van Suid-Afrikaanse politiek gestaan het - het die grootste gedeelte van sowel die Arbeidersparty as die Dominiumparty nader aan Malan se Herenigde Nasionale Party gestaan as aan die VP.

Waar Smuts se bondgenote ná die oorlog van hom weggebreek het, het Malan daarin geslaag om diegene wat Suid-Afrika se deelname aan die oorlog teengestaan het, in 'n bondgenootskap te verenig. Malan was wys genoeg om te besef dat sy Party geen kans gehad het om Smuts uit die kussings te lig solank die Afrikaners in twee of meer partye verdeel was nie. Sy probleem was egter hoe om hierdie Afrikaners, wat mekaar tydens die oorlogsjare hewig beveg het, bymekaar te bring.

Die moontlikheid van 'n versoening tussen die Herenigde Nasionale Party en die O.B. was  heeltemal uitgesluit. Die lang en bitter stryd wat Malan sedert 1941 teen die O.B. gevoer het, het so iets onmoontlik gemaak. Bowendien het die O.B. 'n fascistiese staatsfilosofie verkondig wat radikaal van die demokratiese opvattinge van die Herenigde Nasioinale Party verskil het.

Die Afrikanerparty het veel nader aan die Herenigde Nasionale Party gestaan. Die lede van dié party was almal voormalige volgelinge van Hertzog wat in November 1940 saam met hul leier van Malan weggebreek het - meer uit lojaliteit teenoor Hertzog as om diepgaande politieke verskille met Malan. Hulle was feitlik almal Afrikaners wat veel nader aan Malan as aan Smuts getaan het.

In Oktober 1946 het Malan tydens die kongres van die Transvaalse Herenigde Nasionale Party verklaar dat daar geen beginselverskille tussen die twee partye was nie, dat hy t.g.v. samewerking was en dat hy bereid was om met die leier van die Afrikanerparty, H avenga, te onderhandel. H ierdie e.a. soortgelyke uitlatinge het tot gevolg gehad dat Havenga vroeg in 1947 na Kaapstad gereis het om met Malan te gaan onderhandel. Die onderhandelinge het vlot verloop en in Maart 1947 het die twee leiers 'n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle bekend gemaak het dat hulle dit eens was dat die Smuts-Hofmeyr-bewind beëindig moes word, dat daar geen beginselverskille tussen hulle was nie en dat hulle gevolglik ooreengekom het om saam te werk.

Hierdie ooreenkoms tussen Malan en Havenga het nie die goedkeuring van Strijdom, die leier van die Transvaalse Herenigde Nasionale Party, weggedra nie. Strijdom het 'n groot toegewing van die Afrikanerparty verlang as 'n bondgenootskap. Hy wou hê dat die Afrikanerparty by die Herenigde NP moes aansluit - dat die afrikanerparty sy identiteit moes prysgee en opgaan in die Herenigde NP. Malan het besef dat die Afrikanerparty nie daartoe sou instem nie. Die tyd vir so iets was nog nie ryp nie en daarom was Malan bereid om met die Afrikanerparty oor 'n bondgenootskap te onderhandel.

Strijdom het selfs ná die bekendmaking van die Malan-Havenga-ooreenkoms herhaaldelik druk op Malan uitgeoefen om die ooreenkoms met Havenga te beëindig. Hy het selfs gedreig om te bedank as hy nie sy sin kry nie. Die verdere beswaar wat hy nou teen die ooreenkoms met Havenga geopper het, was dat die vriendelike verhouding tussen die Afrikanerparty en die O.B. tot gevolg souo hê dat die O.B.'s die Afrikanerparty sou infiltreer en dat die Herenigde NP dan m et sy ou vyande, die O.B.'s, sou moes saamwerk. Die gedagte om met die Afrikanerparty - en nog erger, met die leiers van die O.B. - saam te werk, het Strijdom nou eenmaal nie aangestaan nie. Malan het sake heel anders gesien. Hy het net so radikaal as Strijdom met die O.B. as organisasie saam te werk nie, m aar as lede van die O.B. by die Afrikanerparty aansluit en in die verkiesing vir die Afrikanerparty of die Herenigde NP stem, sou hy dit nie verhinder nie. Malan het hier verder as Strijdom gesien. Hy het besef dat die steun van die lede van die Afrikanerparty en die lede van die O.B. in die komende verkiesing van deurslaggewende betekenis sou wees. Hy het Strijdom se besware verwerp en onverstoobaar voortgegaan op die weg wat hy ingeslaan het. Dit was die weg na Afrikanereenheid.

Malan en Havenga het in verdere onderhandelinge ooreengekom dat die Afrikanerparty in die komende verkiesing 11 setels sou betwis en die Herenigde NP 91. Die 11 setels van die Afrikanerparty was, met die uitsondering van Ladybrand, wat deur Malan aan Havenga aangebied is, almal setels in die vorige verkiesing deur die VP gewen is. Malan het ook van Havenga 'n belofte verkry dat die Afrikanerparty nie 'n O.B.-offisier as 'n kandidaat sou benoem nie. In die kiesafdeling Brakpan  het dit nogtans wel gebeur dat die plaaslike tak van die Afrikanerparty 'n O.B.-offisier as kandidaat benoem het. Dit was B.J. Vorster, 'n toekomstige Eerste Minister van Suid-Afrika, wat in daardie stadium 'n generaal in die O.B. was. Havenga het vorster ontbied en aan hom verduidelik dat sy kandidatuur in stryd was met 'n belofte wat hy aan Malan gedoen het. Vorster het daarop as 'n onafhanklike kandidaat in Brakpan gestaan en in die verkiesing met twee stemme teen A.E. Trollip van die VP verloor.

Die verkiesing van 26 Mei 1948

Op 26 Mei 1948 het die kiesers na die stembus gegaan. Die uitslag was 'n triomf vir die Malan-Havenga-bondgenootskap: Herenigde NP 70 (voorheen 43), Afrikanerparty 9 (voorheen 0), VP 65 (voorheen 89), Arbeidersparty 6 (voorheen 9). Die Malan-Havenga-bondgenootskap het 'n meerderheid van vyf gehad oor die VP, die Arbeidersparty en die Naturelleverteenwoordigers gesamentlik. Smuts, wreed ontnugter, het as Eerste Minister bedank en Malan het 'n kabinet saamgestel.

Hoe gebeur dit dat 'n party wat in die 1943-verkiesing so sterk uit die stryd getree het soos Smuts se VP, vyf jaar later tot 'n val kom? Onder die belangrikste redes moet die volgende genoem word: die aantrekkingskrag van die Herenigde NP se apartheidsbeleid; die feit dat die Herenigde NP hom veral tot die Afrikaanssprekendes gewend het; die ekonomiese gevolge van die oorlog; die bondgenootskap tussen die Herenigde NP en die Afrikanerparty; en die selfversekerheid van die VP. Hierdie redes vir die val van die VP moet ons nou van nader beskou.

Die heel belangrikste rede vir die swaai weg van die Verenigde Party na die Herenigde NP lê in die aantrekkingskrag wat lg. party se apartheidsbeleid vir die kiesers gehad het. Om die belangrikheid van die kkleurkwessie as 'n faktor in die 1948-verkiesing ten volle te besef, m oet dit gesien word teen die agtergrond van gebeure in sowel die buiteland as Suid-Afrika self. In die jare onmiddellik ná die Tweede Wêreldoorlog het kolonialisme heeltemal in onguns geraak. Daar is verklaar dat dit verkeerd is dat Europese moondhede kolonies in Asië en Afrika aanhou en dat blankes in daardie kolonies oor nie-blankes regeer. Die nie-blankes in Asië en Afrika moes die reg gegun word om hulself te regeer. In ooreenstemming met hierdie gedagterigting het Indië en Pakistan in 1947 onafhanklik geword en in 1948 het Ceylon en Birma ook die koloniale juk afgeskud. In Afrika het die swart inwoners van verskeie kolonies die reg geëis om hulself te regeer. Die nie-blankes in Asië en Afrika moes die reg gegun word om hulself te regeer. En in Suid-Afrika het die nie-blankes d.m.v. organisasies sos die Naturelle Verteenwoordigende Raad, die ANC en die SAIC in toenemende mate begin aandring op 'n groter aandeel in die regering op die afskaffing van diskriminerende wette. Hierdie eise het die blankes ontstel, want dit het hul bevoorregte posisie bedreig. Die blankes het onveilig gevoel en die Herenigde NP het dié gevoel ten volle uitgebuit. Die vraag wat die kiesers in die komende verkiesing moet beantwoord, het Malan in April 1948 in die Paarl gesê, was: "Sal die blanke ras in die toekoms sy heerskappy, sy suiwerheid en sy beskawing kan, maar veral ook wil handhaaf, of sal hy willoos en koersloos, of vir 'n deel selfs doelbewus, voortdrywe totdat h y vir goed en eerloos in die swart see van Suid-Afrika se nie-blanke bevolking sal verdwyn?"(11)

(11) Die Burger 21.4.1948

Die kiesers is by herhaling verseker dat Smuts se beleid tot die ondergang van die blanke sou lei, maar dat Malan se beleid die blanke teen die swart gevaar sou beveilig. Dit was veral Smuts se adjunk en waarskynlike opvolger, Jan Hofmeyr, wat aan die kiesers voorgehou is as die man wat die blankes aan die swrtes sou uitlewer. Hofmeyr was iemand wat daarvoor bekend was dat hy dikwels die belange van die nie-blanke verdedig het. Sommige van sy uitlatinge het aan die Herenigde NP 'n gulde geleentheid gebied om die nie-blanke beleid van die VP in verdenking te bring. In die looop van die debat oor die wetsontwerp wat aan die Indiërs verteenwoordiging in die parlement sou gee, het hy hom ten gunste verklaar dat Indiërs deur Indiërs in die parlement verteenwoordig word. Hy het daaraan toegevoeg: "I take my stand for the ultimate removal of that colour bar (d.w.s. die kleurskeidslyn wat nie-blankes verhinder om in die parlement deur nie-blankes verteenwoordig te word) from our constitution."(12)

(12) Debates of the House of Assembly, 28 March 1946, col. 4436

Die politieke kommentator van Die Burger het na aanleiding hiervan geskryf: "'n Mens vra jou af wat ... sal gebeur as mnr. Hofmeyr die leierskap oorneem. Hy is teen segregasie van watter aard, teen die 'baasskap' van die blanke wat hy as immoreel veroordeel, t.g.v. die afskaffing van die kleurslagboom in die Parlement en in die algemeen t.g.v. 'n beleid wat onvermydelik op die politieke oorheersing van die nie-blanke oor die blake sal afstuur. En wanneer die nie-blankes eers die politieke mag in hande het, dan sal die son van ons beskawing ondergaan en nooit weer verrys nie."(13)

(13) L.Louw: Dawie, 1946-1964, p. 6

Die Herenigde NP het die kiesers verseker dat hy sou verminder dat die nie-blankes politieke mag in die hande kry. Veral in die plattelandse kiesafdelings en die minder gegoede stedelike kiesafdelings het die apartheidsbeleid veel steun gekry. Dit het vir die plattelandse kieser, wat gewoond was aan die baas-kneg-verhouding, na die vanselfsprekende beleid gelyk. Dit het vir die minder gegoede stedelike kieser, wat hom ekonomies bedreig gevoel het deur die swart werker, sekuriteit gebied.

'n Tweede rede vir die VP se nederlaag in Mei 1948 moet gesoek word in die feit dat die Herenigde NP hom in die eerste plek tot die Afrikaanssprekendes gewend het. Afrikanernasionale was 'n wenperd in die Suid-Afrikase politiek van 1910 tot 1961. Tien jaar ná Hertzog dié perd in 1914 opgesaal het, was hy Eerste Minister; 14 jaar ná Malan dié perd in 1934 opgesaal het, was hy Eerste Minister. Wat maak dat Afrikanernasionalisme so 'n formidabele faktor in die Suid-Afrikaanse verkiesings is? Een rede is dat die Afrikaanssprekendes die Engelssprekendes in getalle oortref - met sowat 60% teen 40%. Nog 'n rede is dat die Afrikaanssprekendes vinniger aanwas as die Engelssprekendes - die getalleverhouding tussen Afrikaans- en Engelssprekendes was dus in 1948 nog verder in die guns van die Afrikaanssprekendes as in 1943. 'n Derde rede is die voorgeskrewe wyse waarop kiesafdelings afgebaken word, die Afrikaanssprekendes bevoordeel - die plattelandse kiesafdelings waar die Afrikaners ver in die meerderheid is, het minder kiesers as die stedelike kiesafdeling. 'n Vierde rede is dat 'n nasionale beweging - of dit nou Afrikaans, Engels of Duits is - groter geesdrif wek as 'n beweging wat nie deur nasionalisme gevoed word nie.

As 'n derde rede vir VP se nederlaag kan genoem word die ekkonomiese gevolge van die oorlog. Een van die dinge wat ontevredenheid gewek het, was die voedseltekkort. Daar was veral 'n tekort aan vleis, koring en mielies, maar ook ander voedselsoorte en verbruiksartikels was skaars. Die tekorte het tydens die oorlog ontstaan, maar daarna bly voortduur. In Mei 1946 het Hofmeyr aangekondig dat die regering 'n algemene rantsoeneringskema oorweeg. Die voedseltoestand het daarna sodanig verbeter dat dit nie nodig was om die skema in werking te stel nie, maar voedsel was nog allesbehalwe volop. Nog iets wat ontevredenheid veroorsaak het, was die tekort aan huise. Die oorlog was hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik, maar die regering was ook nie sonder skuld nie. In Februarie 1944 was daar 'n tekort van 30 000 huise vir blankes en 120 000 vir nie-blankes. Op die vooraand van die verkiesing was die tekort dus steeds nie opgelos nie.

'n Vierde rede vir die VP se nederlaag moet gesoek word in die eenheid wat Malan en Havenga in die geledere van die Afrikaners bewerkstellilg het. Die Afrikanerparty was geen groot party nie - trouens, in die 1943-verkiesing kon dit nie eens een setel wen nie - maar in die paar kiesafdelings waar die Hernigde NP in Mei 1948 'n geringe meerderheid behaal het, was die steun van die Afrikanerparty van deurslaggewende betekenis.

As 'n vyfde rede vir die VP se nederlaag kan gemeld word dat wat die organisasie, taktiek en ywer betref, die Herenigde NP die VP ver oortref het. "Professionalism against amateurism, youth against age, attack against defence." Só som sir Keith Hancock die verskille tussen die twee partye op.(14) Smuts en die ander leidende figure in die Verenigde Party was vol vertroue hulle die verkiesing sou wen en het hulle as gevolg daarvan nie veel uitgesit nie. Die uitslag was vir hulle 'n wrede ontnugtering.

(14) W.K. HancockI Smuts, vol. 2, p. 498

B.J. Liebenberg

BOnder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134