Heropbou en unifikasie, 1902 - 1910

"Milnerisme" en die heropbou

Die tweespalt in suid-Afrika se politieke magsverdeling is oënskynlik deur die uitslag van die Anglo-Boere-oorlog uit die weg geruim. Die Verdrag van Vereeniging het die Britse oppergesag ondubbelsinnig bevestig en vir die eerste maal sedert die Groot Trek was die ganse Suid-Afrika onder die Britse Kroon. Vanuit die imperiale oogpunt gesien, was die oorlog egter bloot 'n voorspel tot die hoofsaak, nl. om die Britse oppergesag in Suid-Afrika te konsolideer. Die oorlog was immers geen waarborg dat suid-Afrika 'n permanente onderdeel van die Ryk sou bly nie; dit het slegs so 'n moontlilkheid in die vooruitsig gestel.(1)

(1) Milner was bewus van die feit. C. Headlam (ed.): The Milner Papers II (Londen, 1933)

Dit was veral lord Alfred Milner, die hoë kommissaris vir Suid-Afrika en goewerneur van Transvaal en die Oranjerivierkolonie, 'n man wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die voorspel tot die oorlog wat vanaf die einde van die oorlog tot April 1905 verantwoordelik was vir die ontwerp en uitvoering van die Britse beleid in Suid-Afrika. Milner, wat homself beskryf het as "deur en deur 'n Imperialis" en 'n "Britse patriot", wou van Suid-Afrika 'n permanente en bruikbare skakel in die imperiale ketting maak. Kort ná die uitbreek van die oorlog het hy reeds sy modus operandi begin formuleer en in Desember1900 sit hy dit uiteen in 'n omvangryke memorandum. Die Britse bevolking in Suid-Afrika moet deur immigrasie aangevul word totdat hulle die meerderheid van die blanke bevolking uitmaak. Hierbenewens moet 'n opvoedkundige beleid gevolg word wat op verengelsing gemik is. "Dutch should only be used to teach English, and English to teach everything else. Language is important, but the tone and spirit of the teaching conveyed in it is ever more important. I attach especial importance to school history books."(2) Die voormalige republieke moet kroonkolonies bly tot tyd en wyl immigrasie en die verengelsingsbeleid die Britse invloed permanent verseker het; daarna kan hulle met die ander Suid-Afrikaanse state gefederaar word om 'n selfregerende Britse dominium te vorm. Milner se opvattings is in hooftrekke deur Joseph Chamberlain gesteun, terwyl sy opvolger, Alfred Lyttelton, dit onvoorwaardelik gesteun het. Milner se program is dikwels ter regverdiging vergelyk met die metodes wat lord Durham 60 jaar vroeër tevergeefs aangewend het m plaasllike franse nasionalisme in Kanada uit te skakel.

(2) Ibid., p. 243

Die omvang van Milner se taak is vergroot deur die aard van die oorlog. In 1899 nog het hy gehoop dat die oorlog wat Afrikaner-nasionalisme moes uitskakel, 'n kort, hewige stryd sou wees. Die oorlog het egter meer as 31 maande lank aangehou. In die eerste fase van die oorlog het bloed vrylik gevloei maar, om Winston Churchill se beeld te gebruik, uit 'n gesonde wond; in die tweede fase het bloed minder vrylik gevloei, maar die wond het begin sweer. Milner het die afbrand van plase en die konsentrasiekampbeleid nie gesteun nie, maar hoewel hy daarteen geprotesteer het, was hy magteloos om iets daaraan te doen solank Roberts, en later Kitchener, hul optrede op grond van militêre noodsaaklikheid regverdig het. Sedert Februarie 1901 het Milner probeer om, soos hy dit genoem het, 'n "heropbouproses onder die wapen" te begin en hoewel hy enigsins daarmee vordering gemaak het, is hy voortdurend in die wiele gery deur militêre optrede, sodat die werklike heropboutaak eers met die ondertekening van die Verdrag van Vereeniging kon begin.

Binne drie weke ná die ondertekening van die vredesverdrag, het alle Boerekommando's hul wapens neergelê en kon Kitchener die land verlaat terwyl oktrooie die republieke in kroonkolonies omskep het. In elke kolonie het die mag gesetel in die goewerneur, die luitenant-goewerneur en die departementshoofde. Die Britse Kroonkolonie van Transvaal was effens kleiner in omvang as die Suid-Afrikaanse Republiek. Toe die oorlog sy einde genader het, het Natal by monde van sir Albert Hime aangedring op die anneksasie van 28 525 km2 grondgebied van Transvaal en 16 687 km2 van die Vrystaat. Natal het egter net tussen 18 000 en 21 000 km2 in die distrikte van Utrecht en Vryheid ontvang en geen Vrystaatse grondgebied nie. In ruil moes Natal verantwoordelikheid aanvaar vir Transvaalse skulde ten bedrae van £700 000.

Die Verdrag van Vereeniging het geen voorsiening gemaak vir die behandeling van koloniale rebelle nie en optrede teen hulle is in die hande van die onderskeie koloniale regerings gelaat. In die Kaap het slegs offisiere tronkstraf ontvang, terwyl manskappe vyf jaar ontkieser is.

Hoewel Milner Transvaal as die sleutel tot die Suid-Afrikaanse probleem beskou het, was hy ook bekommerd dat die Kaapkolonie dalk 'n basis vir toekomstige Afrikaner-aspirasies kon word en dat die Kaapse parlement later die verwesenliking van sy oogmerke kon verydel. Sy poging - gesteun deur 42 Progressiewe lede van die Kaapse parlement - om die Kaapse grondwet op te skort en terug te keer na kroonkolonieregering, is egter deur die Britse kabinet verwerp. In Februarie 1904 het Jameson se Progressiewe Party egter 'n meerderheid van vyf in die Kaapse parlement behaal - hoofsaaklik a.g.v. die ontkiesering van 10 500 Afrikaners - en Milner het tydelik die steun van die kaapse regering geniet.

Milner se eerste taak was om die oorlogskade in die verowerde gebiede te herstel. Hy het hierin die samewerking geniet van 'n groepie toegewyde j ong manne - o.m. Patrick Duncan, Philip Kerrr, Geoffrey Robinson, Lionel Curtis, Robert Brand, Richard Feetham en John Buchan - wat vanuit Oxford deur Milner na Suid-Afrika gebring is en in die wandel bekend was as die "Kindergarten".

Die voormalige inwoners van Transvaal en die Oranjerivierkolonie was wyd en syd versprei en hul repatriasie en hervestiging was 'n moeilike vraagstuk. Ongeveer 31 000 Boere-krygsgevangenes (waarvan 24 000 in oorsese kampe was), 116 500 Boere-burgerlikes(3) en 100 000 swartes in die konsentrasiekampe en boonop nog 50 000 Uitlanders, moes hervestig word in die verwoeste kolonies, waar minstens 30 000 plaasopstalle verbrand en die plase self ontroof is van lewende hawe en gesaaides. Teen Maart 1903 was hierdie hervestigingstaak reeds afgehandel. Feitlik al die Boere is na die voormalige republieke teruggebring en is voorsien van die basiese middele wat nodig was om hul boerderye weer aan die gang te kry. Artikel 10 van die Verdrag van Vereeniging het bepaal dat £3 000 000 beskikbaar gestel sal word as subsidies aan diegene wat weens die oorlog nie in staat is om vir hulself te sorg nie. In werklikheid is meer as £3 000 000 aan die Boere beskikbaar gestel, terwyl rentevrye lenings ook beskikbaar was; hierbenewens is £2 000 000 aan Britse onderdane, neutrale buitelandse onderdane en swartmense beskikbaar gestel as kompensasie vir oorlogsverliese. Die totale koste van die repatriasie- en hervestigingsprogram was meer as £16 000 000 en ten spyte van vertragings en onvermydelike foute, is die program in sy geheel suksesvol uitgevoer.

(3) Die skatting van die aantal Boere in die konsentrasiekampe aan die einde van die oorlog wissel van 155 000 (Milner Papers II, p. 370) tot 110 000 (The Times History of the War in South Africa, VI, p. 43). Ek het die skatting gebruik wat in die amtelike Britse geskiedenis van oorlog aangehaal is. M.H. Grant, History of the War in South Africa (Londen, 1907), IV, Appendix 12

In Desember 1902 het Chamberlain Suid-Afrika besoek en ná oorleg met Milner besluit om 'n gewaarborgde lening van £35 000 000 in Transvaal en die Oranjerivierkolonie uit te skryf; daarmee kon die spoorweë van die twee kolonies genasionaliseer, nuwe spoorlyne en openbare werke aangepak en grond vir nuwe setlaars aangekoop word. Die probleme met die verdeling van hierdie bedrag tussen die twee kolonnies het gelei tot die totstandkoming van die Interkoloniale Raad, wat Milner in 'n raadgewende hoedanigheid bygestaan het in sake wat die belange van die twee kolonies geraak het. Op aanbeveling van die Interkkoloniale Raad is die twee kolonies se spoorweë geamalgameer om die Sentraal-Suid-Afrikaanse spoorweë te vorm. In Maart 1903 het Milner 'n konferensie belê van al die Bitse kolonies en protektorate besuide die Zambesi, waaruit 'n Suid-Afrikaanse doeane-ooreenkoms gespruit het wat alle tariefmure herroep en imperiale voorkeur verleen het aan Brittanje en alle ander Britse besittings wat bereid was om 'n soortgelyke ooreenkoms aan te gaan. Wetenskaplike landboumetodes is aangemoedig, ' n bosboudepartement is in die lewe geroep, 'n poging is aangewend om die land se besproeiingsprobleme op te los en die Randse Waterraad is in die lewe geroep. Nuwe paaie en spoorlyne is gebou en talle openbare geboue, geïnspireer deur die styl van Herbert Baker, is opgerig. Lionel Curtis het die voortou geneem in die stigting van selfregerende plaaslike besture.

Ten spyte van hierdie administratiewe prestasie het die voorspoed nie so gou gekom as wat verwag is nie.  Dit was deels aan die droogte te wyte, maar hoofsaaklik omdat die goudmyne hul produksie nie sodanig opgeskuif het dat dit tot spoorslag kon dien vir 'n opbloei in die Suid-Afrikaanse ekonomie nie. Hierdie vertraging was op sy beurt die gevolg van 'n tekort aan ongeskoolde arbeid. In Desember 1901 het Milner 'n modus vivendi met die Portugese owerheid aangegaan waarvolgens die myne arbeiders in Mosambiek kon werf, in ruil vir gunstige tariewe op die Delagoabaaise spoorlyne. Nòg hierdie stap, nòg die afkondiging van regulasies wat die lewens- en werkstoestande van die swart mynwerkers te verbeter het, het 'n noemenswaardige verbetering in die arbeidsmark tot gevolg gehad en in November 1903 het die arbeidskommissie verklaar dat daar 'n tekkort van 129 364 ongeskoolde arbeiders in die goudmynbedryf is. 'n Proefneming met die gebruik van ongeskoolde blanke arbeiders, gedoen o.l.v. F.H.P. Creswell, bestuurder van die Village Deep-myn, was onsuksesvol, soos ook Milner se poging om mynwerkers in Indië en in ander dele van Afrika te werf. Milner en die myne moes na ander arbeidsbronne soek en in Februarie 1904 het die Ministerie van Kolonies goedkeuring verleen aan die promulgering deur die Transvaalse Wetgewende Raad vir 'n ordonnansie op die invoer van arbeiders, wat voorsiening gemaak het vir die invoer van Chinese kontrak-arbeiders. Altesaam 62 200 Chinese arbeiders het op hierdie wyse na Suid-Afrika gekom en die ekonomiese oogmerk daarmee is bereik, aangesien die waarde van goudproduksie van £12 628 057 in 1903 tot £27 400 992 in 1907 gestyg het. Sonder die invoer van Chinese arbeiders sou sommige myne waarskynlik heeltemal moes sluit of, in gunstiger omstandighede, die pas moes markeer totdat genoeg swart arbeiders gewerf kon word, soos later gebeur het. Die invoer van Chinese arbeiders het egter aanleiding gegee tot erge en grootskeepse politieke agitasie. In Brittanje is die posisie van die Unioniste verswak en Milner blootgestel aan skerp kritiek deur die Liberale. In Transvaal het dit verdeeldheid onder die Britse element geskep en was dit een van die faktore wat daartoe gelei het dat die Boere hulle polities weer begin organiseer het. Die eerste Chinese het Transvaal in 1907 verlaat en die laastes in 1910.

Milner se beleid van materiële heropbou het reeds in 1905 begin vrugte afwerp. Hierdie beleid moet egter gesien word binne die raamwerk van sy politieke oogmerke. Hy het min sukses gehad met sy pogings om Britse setlaars na Suid-Afrika te lok en die sensus van 1904 het aangedui dat dit baie onwaarskynlik was dat hy sy oogmerk om deur Britse setlaars 'n meerderheid te skep, ooit sou verwesenlik. Hy het eweneens min sukses gehad met sy beleid van verengelsing deur die onderwys. E.B. Sargant, wat in Januarie 1901 aangestel is as direkteur van Onderwys in Transvaal en die Oranjerivierkolonie, het skole in dorpe en konsentrasiekampe gestig en ywerige pogings aangewend om Milner se beleid prakties toe te pas. Ná die oorlog het die  Onderwysordonnansie van 1903 bepaal dat Engels die enigste voertaal in alle staatskole sou wees en dat nederlands slegs as vak gedoseer mag word. Die verwerping van die Boere se betoog dat Artikel Vyf van die Verdrag van Vereeniging beteken het dat ook Nederlands as voertaal gebruik mag word, het gelei tot die stigting van die C.N.O.-skole (Christelik-Nasionale Onderwysskole) deur die Nederduits Gereformeerde Kerk. Hierdie skole, finansieel hoofsaaklik vanuit Nederland gesteur, het die Nederlandse taal bewaar en Afrikaner-nasionalisme aangewakker. Milner se wantroue in die Afrikaner, asook die mate waarin sy beleid misluk het, blyk daaruit dat hy 'n spioenasiediens ingestel het en die South African Constabulary ná die oorlog feitlik as 'n besettingsmag gebruik het.

Milner het die ingrypende bepallings van die paswette gewysig en die lewens- en diensvoorwaardes van swart mynwerkers verbeter. Hy was ook verantwoordelik vir die aanstelling van 'n Naturellesakekommisie onder sir Godfrey Lagden in 1903. Die Kommissie se verslag in 1905, waarin o.m. die uitbreiding van individuele swart grondbesit in bepaalde gebiede en die instelling van kiesafdelings vir swartes in elkle kolonie bepleit is, was die eerste poging om die sg. Naturellevraagstuk vanuit 'n breë Suid-Afrikaanse gesigspunt te benader. Ten spyte van die pogiongs om die lewenspeil van die nie-blankes te verbeter, was Milner tog huiwerig om 'n standpunt oor die rassevraagstuk in te neem wat te veel afwyk van die algemene mening daaroor en sy beleid teenoor die Indiërs in Transvaal het nie veel afgewyk van die ou republikeinse beleid nie. In Mei 1903 het hy verduidelilk waarom hy meen dat blanke politieke oorheersing behoue moes bly: "One of the strongest arguments why the white man must rule, is because that is the only possible meaning of raising the black man, not to our level of civilization - which it is doubtful whether he would ever attain - but to a much higher level that that which he at present occupies."(4)

(4) The Milner Papers, II, p. 467

In April 1905 het Milner Suid-Afrika verlaat en is hy opgevolg deur lord Selborne. Milner se beleid was eerlik en bevoeg en sy beleid van materiële heropbou 'n noodsaaklike voorspel tot die unifikasiebeweging. Of hy die regte man vir die taak was, moet egter betwyfel word; sy optrede in die verlede het dit vir Afrikaners onmoontlik gemaak om hom te aanvaar en sy doktrinêre benadering van die Suid-Afrikaanse vraagstuk het sake net vererger. Daar is min kontemporêre geskiedkundiges wat prof. L.M. Thompson se mening nie sal onderskryf nie: "Op slot van sake ... kan daar weinig twyfel wees dat lord Milner en die Unioniste-regering Suid-Afrika skade berokken het. Die aanmoediging van onbereikbare aspirasies onder Britse Suid-Afrikaners, die groeiende anglofobie van die Afrikaners en die feit dat weinig gedoen is om die nie-blankes se vooruitsigte te verbeter, het dit vir die volk van Suid-Afrika oneindig moeiliker gemaak om vir hulself 'n bestendige en humane sameleweing te skep."(5)

(5) L.M. Thompson: The Unification of South Africa 1902-1910 (Oxford, 1960), pp. 16-17 (Vertaling)

Die Afrikaner-herlewing en die reaksie teen Imperialisme

Op Vereeniging was Milner verbaas dat die Boere se dissipline en organisasie nie onder die spanning van die oorlog meegegee het nie. Gebeure ná die oorlog het die veerkrag van die Boere beklemtoon. Ondanks die groot dodetal, die erge materiële vernietiging en die onderlinge twiste tussen Transvalers, Vrystaters en koloniale rebelle, en tussen bittereindes aan die een kant en die hensoppers en National Scouts aan die ander kant, is Afrikaner-nasionalisme nie deur die oorlog uitgewis nie.

Botha, De la Rey en De Wet het in Augustus 1902 na Europa vertrek in 'n poging om die vredesvoorwaardes te versag en om fondse in te samel vir Boereweduwees en -wese. Die Britse regering was egter nie vir 'n wysiging van die voorwaardes van Vereeniging te vinde nie en die teleurstellende bedrag van minder as £125 000 is ingesamel.

Onder kroonkolonieregering was die Boere politiek magteloos en het hul reaksie teen "Milnerisme" aanvanklik die vorm aangeneem van 'n kulturele herlewing; die begeerte om hul eie taal te vestig en uit te bouo was 'n belangrike aspek in hul stryd om hul identiteit te bewaar. Die herstigting in 1903 van die Taalbond in die Kaap deur J.H. Hofmeyr, die belangrikste figuur van die Afrikanerbond, en die menings wat in koerante in die Noorde gelug i s deur onderskeidelik Gustav Preller en Eugène Marais, Louis Leipoldt, Totius (J.D. du Toit) en Jan Celliers nie alleen die aanspraak van Afrikaans as 'n literêre taal bevestig nie, maar ook die Afrikaner se pollitieke bewussyn verskerp.

Daar was spoedig ook 'n politieke oplewing. In Februarie 1903 het Milner besluit om die Transvaalse Wetgewende Raad, wat hoofsaaklik uit amptenare bestaan het, opnuut saam te stel deur die nominasie van 14 plaaslike inwoners. Botha, Smuts en De la Rey is setels in die Raad (waarna die Boere smalend verwys het as "Milner se debatvereniging") aangebied. Hulle het dit egter van die hand gewys en verkies om nie in die oë van hul volgelinge polities aan die Milner-regering gekoppel te word nie. In hul plekke is nietelinge aangestel wat sekerlik nie verteenwoordigend van die Afrikaner-mening was nie. In Julie 1903 het 'n vergadering van voormalige burgers op Heidelberg besluite aangeneem waarin Milner se onderwysbeleid veroordeel is, asook die voorstel om Chinese arbeiders in te voer en Chamberlain se voorneme om Transvaal met 'n groot rekening te belas vir oorlogskuld. Toe Milner en die Ministerie van Kolonies hierdie besluite verwerp, het die Boere van Transvaal hul polities begin organiseer onder die dekmantel van landbouverenigings. Die ontwaking van die Afrikaner se nasionale gevoel is verder aangewakker deur die emosies wat opgewek is deur die begrafnis van Paul Kruger in Pretoria, op 16 Desember 1904. In Januarie 1905 is die eerste na-oorlogse Afrikanerparty in Transvaal gestig toe die komitee wat tydens die Pretoriase Kongres in Mei 1904 aangestel is, sy werk afgehandel en en Het Volk in die lewe geroep is onder leierskap van Louis Botha (voorsitter), Schalk Burger, J.H. de la Rey, C.F. Beyers, J.C. Smuts, A.D.W. Wolmarans en Ewald Esselen. In die Oranjerivierkolonie was daar ook tekens van 'n politieke oplewing. Na aanleiding van vergaderings op Brandfort in Desember 1904 en in Bloemfontein in Julie 1905 is die Orangia Unie in Mei 1906 gestig, onder leierskap van J.B.M. Hertzog, Abraham Fischer en C.R. de Wet. Die stigting van hierdie e.a. partye voor die aankondiging van selfregering het daartoe gelei dat 'n ontwikkelde partystelsel in werking sou tree onmiddellik ná die toekenning van verantwoordelike regering.(6)

(6) N.G. Garson: "Het Volk: The Botha-Smuts Party in the Transvaal, 1904-1911", in The Historial Journal, IX(1), 1966, p. 101

In Julie 1904 het die Minister van Kolonies, Lyttelton, sy voorneme aangekondig om 'n verteenwoordigende grondwet aan Transvaal te gee. Die sg. Lyttleton-grondwet het voorsiening gemaak vir 'n wetgewende liggaam bestaande uit een kamer met tussen 6 en 9 amptenare en tussen 30 en 35 verkose lede; die uitvoerende gesag sou egter nog in die hande van die Britse amptenare bly. Hierdie grondwet is nooit in werking gestel nie, deels weens die afname in steun van die Unioniste. 'n Reeks terugslae in tussenverkiesings h et in Desember 1905 gelei tot die bedanking van die Unioniste-premier, Balfour, en in Januarie 1906 het die Liberale onder sir Henry Campbell-Bannerman aan die bewind gekom. Campbell-Bannerman het geglo dat die enigste hoop op die handhawing van Britse gesag in die voormalige republieke die onmiddellike toekenning van selfregering aan  hulle was, hoewel sommige lede t.g.v. 'n meer geleidelike konstitusionele ontwikkeling was. Smuts, die brein agter Het Volk, was bewus van hierdie huwering in Liberale geledere en het in Desember 1905 na Brittanje vertrek om die regering oor te haal om sonder versuim verantwoordelike regering aan Transvaal en die Oranjerivierkolonie toe te ken. Sy sending was suksesvol: die Lyttelton-grondwet is herroep en 'n komitee onder die voorsitterskap van sir Joseph West Ridgeway is in April 1906 na Suid-Afrika om die situasie te ondersoek. By wyse van oktrooie is verantwoordelike regering in Desember 1906 aan Transvaal toegeken en in Junie 1907 aan die Oranjerivierkolonie.

Die Transvaalse Parlement sou bestaan uit 'n hoërhuis, die Wetgewende Raad van 15 lede, en 'n laerhuis, die Wetgewende Vergadering van 39 lede; die Oranjerivierkolonie sou 'n Wetgewende Raad van 11 en 'n Wetgewende Vergadering van 38 lede kry. In albei kolonies sou die uitvoerende mag in die hande wees van 'n kabinet wat aan die parlement verantwoordelik was. Aanvanklik sou lede van die hoërhuis deur die goewerneur benoem word, maar indien vakatures ontstaan, moes dit gevul word deur benoemings deur die goewerneur op advies van die koloniale kabinet. Die laerhuis sou verkies word deur alle volwasse blanke manlike burgers van die kolonie. Nie-Blankes sou nie in een van die kolonies stemreg hê nie. Artikel 8 van die Verdrag van Vereeniging het immers die onmiddellike toekenning van stemreg aan swartmense verhinder, maar daar was meningsverskil oor die vraag of Kleurlinge en Asiate ook hierdeur geraak word.(7) Nadat dr. A. Abdurahman, president van die African Political Organization, namens die Kaapse Kleurlinge 'n petisie voorgelê het waarin aangedring word op politieke regte vir Kleurlinge in Transvaal, het Winston Churchill, Onderminister van Kolonies, die Liberale regering se standpunt op 23 Julie 1906 in die Britse laerhuis duidelik gestel: "I believe the precise meaning attached to the word 'native' is native of any country other than a European country."(8)

(7) Artikel 8 van die Verdrag van Vereeniging het bepaal: "Oor die kwessie van die toekenning van stemreg aan Naturelle, sal daar nie beslis word voor die toekenning van selfbestuur nie." Inderdaad het die Liberale regering gevrees dat hy die vertroue van die boere nie sou wen as die grondwette nie voorsiening maak vir 'n politieke kleurslagboom nie.

(8) Aangehaal in G.H.L. le May: British Supremacy in South Africa, 1899-1907 (Oxford 1965), p. 205

Die algemene verkiesing in Transvaal in Februarie 1907 was 'n oorwinning vir Het Volk en sy Engelssprekende bondgenote, die Nasionaliste. Botha het Eerste Minister geword en sy regterhand, Smuts, koloniale sekretaris. Selfs voor die toekenning van selfregering het botha en Smuts al begin met hul versoeningsbeleid, wat nie alleen gemik was op die hertoelating van hensoppers en National Scouts tot die Afrikanergeledere nie, maar wat ook gerig was op toenadering tussen Afrikaners en Britte in Suid-Afrika en 'n volledige aanvaarding van die imperiale verbintenis. Hul visie van 'n "Groter Suid-Afrika", waarin die Engelse en Afrikaanse elemente moes saamsmelt, het egter neergekom op die verwerping van 'n afsonderlike Afrikaner-nasionalisme. Die toekenning van selfregering so spoedig ná die einde van die oorlog, is deur Botha en Smuts as 'n besondere daad van welwillendheid vertolk en het hulle in hul gesindheid versterk. Hoewel hierdie houding daarop gemik was om grondwetlike toegewings van Brittanje te verkry en - ná toekenning van selfregering - ook die stem van die Engelssprekende bevolkingsgroep, het Botha en Smuts tog nooit daarvan afgewyk nie. Al die Transvaalse Afrikaners het nie hierdie gesindheid gedeel nie, maar C.F. Beyers, die segsman van die andersdenkendes, is die swye opgelê toe Botha hom as speaker van die Wetgewende Vergadering laat kies het. Diesnieteenstaande het Botha in Augustus 1908 by die hoë kommissaris gekla dat: "Hollanders, Krugerites and a large section of Predikants were engaged in a desperate intrigue against him and his policy of closer union and conciliation."(9)

(9) Garson: op.cit., p. 117

In die Oranjerivierkolonie het die verkiesing van November 1907 die Orangia Unie 31 setels besorg. Abraham Fischer het eerste minister geword, maar J.B.M. Hertzog, prokureur-generaal en Minister van Onderwys, was die invloedrykste figuur in die kabinet. Hoewel Fischer se kabinet lede van albei taalgroepe ingesluit het, was versoening - in die betekenis wat Botha en Smuts daaraan geheg het - nie die beleid van die Orangia Unie nie. Dit was deels die gevolg van die afwesigheid van 'n beduidende Engelssprekende gemeenskap en deels van die beleid van die partyleiers. Die toekenning van selfbestuur het op Hertzog nie dieselfde uitwerking gehad as op Botha en Smuts nie. Hertzog was van mening dat die Verdrag van Vereeniging die toekenning van selfbestuur aan die voormalige republieke bepaal het, en dat die Boere dus moreel tot niks verplig was nie. Sy eie politieke filosofie het in dié tyd begin vorm aanneem en hy het die skepping van 'n Suid-Afrikaanse nasie in die vooruitsig gestel, saamgestel uit Afrikaner en Brit, waarin elkeen sy kulturele identiteit kon bewaar en op grond van onderlinge gelykheid en agting kon saamwerk.

Die uiteenlopende menings van Het Volk en die Orangia Unie het duidelilker geword ná die toekenning van selfregering. Botha se houding op die Koloniale Konferensie van 1907 en sy skenking van die Cullinan-diamant aan Eduard VII in dieselfde jaar, het aan sommige van sy aanhangers die beskuldiging ontlok dat hy oormatig lojaal was teenoor Brittanje. Botha en Smuts het 'n geringe aandeel aan die kulturele ontwaking gehad en Smuts se onderwyswet van 1907 het kritiek van Afrikaners uitgelok. Die wet het voorsiening gemaak vir moedertaalonderrig in die laer klasse, maar vanaf stander IV sou Engels die enigste onderrigmedium vir alle kinders wees, behalwe dat verlof verleen kon word vir die onderrig van hoogstens twee vakke deur medium van Nederlands. Nederlands as vak kon slegs gedoseer word aan kinders wie se ouers geen beswaar daarteen het nie. In teenstelling hiermee het Hertzog se onderwyswet van 1908 Nederlands op gelyke voet met Engels gestel. Dit het bepaal dat onderrig tot standerd IV gegee moes word in die taal wat die kind die beste ken; daarna moes minstens drie vakke deur medium van Engels en minstens drie vakke deur medium van Nederlands gedoseer word, Hertzog se wet het onder Engelssprekende Suid-Afrikaners ontsteltenis veroorsaak, terwyl sommige Afrikaners hierna eerder na Hertzog as na Botha as hul volksleier begin opsien het.

Toe John X. Merriman se Suid-Afrikaanse Party, ondersteun deur die Afrikanerbond, in Februarie 1908 in die kaapkolonie aan die bewind gekom het, het dit beteken dat die regerings van drie van die vier Suid-Afrikaanse kolonies hul bestaan aan Afrikaner-ondersteuning te danke gehad het. Selfs in Natal, waar die Afrikaners geen vooruitsig op politieke mag gehad het nie, het 'n vergadering by Bloedrivier in Maart 1906 gelei tot die totstandkoming van 'n Afrikanervereniging, Die Boerekongres. Hoewel daar latente skeuring in die Afrikaner se partypolitieke geledere was, was daar veel minder saamhorigheid onder die Enelssprekende Suid-Afikaners. In die Transvaal het sommige engelssprekende kieseers Botha se versoeningsbeleid ondersteun, andere het die Progressiewe o.l.v. sir George Farrar, sir Percy Fitzpatrick en Drummond Chaplin ondersteun, terwyl die klein Arbeidersparty in die verkiesing van 1907 drie setels verower het. Die opposisieparty in die Oranjerivierkolonie, die Konstitusionele Party van sir John Fraser, het die steun van die meeste Engelssprekende kiesers gewen, maar dit het nogtans swak gevaar in die algemene verkiesing. In die Kaapkolonie was die Engelssprekende politieke steun verdeel tussen Merriman se Suid-Afrikaanse Party en Jameson se Unioniste (voorheen die Progressiewe Party). In die oorheersend Engelssprekende Natal was die politieke verdeling geneig om persoonlikhede eerder as beginsels te volg. Een saak was egter in sowel Brittanje as Suid-Afrika duidelik: die pendule het weg beweeg van imperialisme.

Suid-Afrikaanse probleme en die unifikasiebeweging

Die Anglo-Boerestryd wat op die oorlog van 1899-1902 uitgeloop het, het die lewensbelangrike vraagstuk van die betrekkinge tussen blank en nie-blank tydelik op die agtergrond geskuif. Hierdie probleem het egter spoedig weer die middelpunt van aandag geword. In 1905 het die Natalse parlement 'n vordering van £1 per kop gehef op alle manlike inwoners van die kolonie, met uitsluiting van ingeboekte Indiërs en getroude swartmense. Die heffing van die belasting, so spoedig ná die sensus van 1904, het die argwaan van die stamgebonde swartman gewek en smeulende onrus onder die Zoeloes aangeblaas, wat geëindig het in 'n uitbarsting van geweld. Sporadiese moorde en onrus het in die vroeë maande van 1906 op verskeie plekke in die kolonie voorgekom. Dit het gelei tot die afkondiging van krygswet en die mobilisasie van die van die burgerwag. Die onrus het in openlike rebellie otnwikkel toe Bambata, een van die mindere hoofmanne van die distrik Greytwon, sy magistraat teengestaan en met sy volgelinge oor die Tugelarivier tot in die Nkandhlawoud getrek het. Op 10 Junie 1906 is hy gedood en sy magte verslaan in die slag van Mome gorge. Altesaam 30 blankes en 3 000 Zoeloes is gedood in hierdie sg. Bambata-rebellie, wat sy oorsaak klaarblyklik nie bloot in belastinggriewe gehad het nie, maar eerder in wydverspreide ontevredenheid onder die Zoeloes oor Natal se Naturellebeleid. Onrus en geweld het selfs na Bambata se dood voortgeduur en die Natalse regering was oortuig dat Dinuzulu, hoof van die Zoeloes se koninklike huis, daaragter gesit het. Ibn Desember 1907 het Dinuzulu hom oorgegee en is hy deur 'n spesiale hof verhoor op 23 aanklagte van verraad. Dinuzulu, wat verdedig is deur W.P. Schreiner, voormalige eerste minister van die Kaapkolonie, is vrygespreek op die ernstige aanklagte, maar skuldig bevind aan die herberging van rebelle en in Maart 1909 tot vyf jaar gevangenisstraf en 'n boete van £100  gevonnis. Die koloniale regering is hierna skerp veroordeel vanuit sowel Britse as Suid-afrikaanse oorde vir wat oud-pres. Steyn beskryf het as die "histeriese manier waarop Natal die Naturellevraagstuk hanteer".(10)

(10) Thompson: op. cit., p. 47

Die verhouding tussen Indiërs en blankes het ná die oorlog ook ernstige aandag geniet. Selfs voor die oorlog het Indiërs van Natal na Transvaal verhuis, waar die republikeinse volksraad wette aangeneem het waarin Asiate burger- en politieke regte ontsê is,  hulle verbied is om vaste eiendom te besit en hul woongebiede tot spesiale lokasies beperk is. Oor die algemeen is hierdie wette baie laks toegepas. Ná die oorlog het die Indiërs se hoop dat hierdie wette herrioep sou word, verdwyn en moes hulle vind dat dit veel strenger toegepas word deur die administrasie van Milner en Selborne. Intussen het die Indiërs van Suid-Afrika egter 'n kampvegter gevind in die persoon van M.K. Gandhi, 'n advokaat, en in September 1906 het dit hom selfs geluk om die Minister van Kolonies, lord Elgin, te beïnvloed om nie die aanvaarding van 'n registrasie-ordonnansie deur die Transvaalse Wetgewende Raad goed te keur nie. Tog was een van die eerste dade van die nuwe Transvaalse parlement die aanname van 'n wet wat die beginsel van vingerafdruk-registrasie ingevoer het in 'n poging om die instroming van Indiërs te beheer. Die Indiërs van Transvaal, besiel deur Gandhi se leerstelling van satyagraha, het hierop 'n veldtog van lydelike verset geloods. Talle Indiërs het in die tronk beland en hoewel Gandhi in Januarie 1908 'n voorlopige verstandhouding met Smuts bereik het, was die vraagstuk nog nie opgelos nie.

Van die kant van blanke Suid-Afrikaners gesien, het die Zoeloe-opstootjies in Natal en die Indiërvraagstuk in Transvaal die gevare onderstreep wat verbonde is aan die bestaan van aparte state sonder 'n eenvormige nie-blanke beleid. Inter-koloniale spanning op ekonomiese gebied het ook die nadele van verdeeldheid beklemtoon. In die tydperk 1903-1908 het die kuskolonies vyf maer jare ondervind: hul twee hoofbronne van inkomste, doeane en spoorwegvervoer, het ná 1903 aansienlik gekrimp, wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die faktore buite die beheer van die Kaapse en Natalse administrasies. Ná die oorlog was daar nog steeds skerp mededinging om die Witwatersrandse handel tussen die hawens van die Kaap, Natal en Lourenço Marques. Die Britse kolonies het gehoop dat die anneksasie van Transvaal hul die grootste aandeel in die Randse verkeer sou besorg. Hierdie verwagting is nie verwesenlik nie, deels a.g.v. die modus vivendi van 1901, maar hoofsaaklik a.g.v. die geografiese feit dat Lourenço Marques die Witwatersrand se  naaste hawe is en dat 85 persent van die spoorlyn tussen Johannesburg en en Lourenço Marques beheer is deur die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë. Gevolglik was Lourenço Marques se aandeel in die Randse verkeer in 1908 63 persent, Durban s'n 24 persent en die aandeel van die Kaapse hawens slegs 13 persent. Ná 'n tussen-koloniale konferensie in Februarie 1905, het Milner probeer om die modus vivendi te wysig, maar sonder sukses, terwyl Selborne se poging om uitvoering te geee aan die konferensie se besluit om minstens al die deurlyne te verenig, ook onsuksesvol was. 'n Verdere bron van wrywing tussen die kus- en binnelandse kolonies was die doeanetariefbeleid wat in die hawens toegepas is. Dit was spoedig duidelik dat daar 'n diepgaande verskil van mening was oor die hoë tariewe wat die kuskolonies nodig geag het om hul inkomste aan te vul en die lae tariewe wat onontbeerlik was vir 'n lae lewenskoste in die binnelandse kolonies en lae bedryfskoste in die myne.

Natal se dreigement van onttrekking aan die doeaneverbond is in Maart 1906 gevolg deur 'n bittere inter-koloniale doeane- en spoorwegkonferensie in Pietermaritzburg en hoewel die verskille tydelik bygelê is, was geen kolonie werklik tevrede nie. In 1907 is die saak vererger deur 'n tariefoorlog tussen die verskillende spoorwegstelsels en die verklaring van die Natalse Eerste Minister, F.R. Moor, dat hy 'n verlaging van seevragtariewe na Durban bewerkstellilg het. Die status quo is met moeite gehandhaaf, maar in Julie 1907 het die Transvaalse regering kennis gegee dat hy voornemens was om hom met ingang 30 Junie 1908 aan die doeaneverbond te onttrek. Dit was duidelik dat die inter-koloniale ekonomiese ooreenkoms in die vorm van 'n doeaneverbond, ondoeltreffend onderskraag deur 'n wankele spoorwegooreenkoms, ontoereikend was. Om te voorkom dat die kolonies elk hul eie koers inslaag - wat vir die kuskolonnies rampspoedig sou wees - was die enigste klaarblyklike oplossing uit die dilemma 'n politieke unie.

Lede van die "Kindergarten" wat ná Milner se vertrek in Suid-Afrika agtergebly het, het tot die gevolgtrekking gekom dat die unifikasie van die kolonies vanuit sowel 'n Imperiale as 'n Suid-Afrikaanse oogpunt noodsaaklik was. Richard Feetham het hierdie menign eerste gelug in 'n toespraak wat op 4 Oktober 1906 voor die Fortnightly Club in Johannesburg gehou is. In dieselfde maand bedank Lionel Curtus uit sy amptelike betrekking om voltyds sy aandag aan die unifikasiebeweging te wy. Nadat hy die vier kolonies deurreis het, het hy 'n konsep-memorandum opgestel wat effens gewysig is deur ander lede van die "Kindergarten" en Selborne. Daar is besluit dat die memorandum in naam van die hoë kommissaris gepubliseer sou word. Om egter nie die indruk te wek dat Selborne hom met koloniale sake bemoei nie, het Curtis die Kaapse premier, L.S. Jameson, in Nov ember 1906 oorreed om by die hoë kommissaris aan te beveel dat hy die Suid-Afrikaanse situasie in heroorweging neem. Die regerings van die ander drie kolonies en Suid-Rhodesië het hiermee ingestem. In Januarie 1907 is eksemplare van die memorandum onder die tital A Review of the Present Mutual Relations of the British South African Colonies aan die regerings van die Suid-Afrikaanse kolonies en Rhodesië gestuur. Nadat die historiese oorsake van verdeeldheid in suid-Afrika behandel is, het die memorandum dit gestel dat unifikasie die enigste oplossing was vir die spoorweg- en doeaneprobleme; dat daar slegs in 'n verenigde Suid-Afrika 'n eenvormige beleid kon wees oor nie-blanke sake en arbeidsaangeleenthede. Dit het afgesluit met 'n beklemtoning van die feit dat Suid-Afrikaanse staatsmanne "alle sake op die agtergrond behoort te skuif totdat 'n groot konstitusionele hervorming hul in staat sal stel om die probleme van hul bevolking in sy geheel in oënskou te neem". Die imperiale voordele is nie onderstreep nie; Selborne se memorandum was immers 'n propagandastuk, waarin die voordele aangedui is wat unifikasie vir alle blanke Suid-Afrikaners inhou.

Suid-Afrikaanse staatsmanne het ook reeds die voordele van unifikasie oorweeg. Merriman, Smuts en Steyn het uitvoerig met mekaar hieroor gekorrespondeer.(11) In die Kaap het die Bondsman F.S. Malan hom ook t.g.v. die een of ander vorm van unifikasie uitgespreek in 'n reeks artikels in Ons Land in Augustus en September 1906 en vertalings hiervan het later in The Star verskyn. Alle Suid-Afrikaanse staatsmanne was egter nie beïndruk deur Selborne se memorandum nie. Merriman het daarna verwys as "Lord Selborne's windy effusions",(12), terwyl Steyn dit beskou het as "crude, full of therotic and bad history".(13) Waaroor Merriman veral begaan was, was dat Selborne uniefikasie datlk mag afdwing. "I do not want to see," skryf Merriman in Januarie 1907 aan Smuts, "any union hastily patched up with a view of sowing the seeds of imperialism - that the whole of South Africa may have one neck in order to fit the yoke easier on to it."(14) Om hierdie redes wou Merriman, Smuts en Steyn, hoewel t.g.v. unifikasie, dit nie in werking gestel hê voordat Afrikaner-ondersteunende, anti-imperialilstiese partye in die kolonies aan bewind gekom het nie; toe dit in Februarie 1908 bereik is, het hulle beheer oor die beweging oorgeneem en toegelaat dat dit stukrag ontwikkel. Lede van die "Kindergarten" moes nou minder belangrike, maar nogtans nuttige posisies beklee as konstitusionele raadgewers en skakelbelamptes. Onder hul leiding is unifikasie-verenigings oral in die land gestig en die maandblad The State, gefinansier deur sir Abe Baylie, het prakties die amptelike mondstuk van hierdie beweging geword.

(11) Smuts se besorgdheid oorunifikasie kan gesien word in die feit dat die oorspronklike konstitusie van Het Volk daarvoor voorsiening gemaak het dat die Hoofbestuur vergaderings elders kan belê i.v.m. die belange van Suid-Afrika.  Garson: op.cit., p. 103

(12) W.K. Hancock en J. van der Poel (ed.): Selections from the Smuts Papers, II (Cambridge, 1966), p.347

(13) Thompson: op. cit., p. 77

(14) Smuts Papers, II, p. 313

Die inter-koloniale doeanekonferensie, wat vanaf 4 tot 9 Mei 1908 in Pretoria en vanaf 26 tot 27 Mei 1908 in Kaapstad plaasgevind het, het die masjinerie aan die gang gesit waarmee unifikasie later bewerkstellig is. Die hoë kommissaris het vroeër op alle doeanekonferensies voorgesit, maar hierdie keer het Merriman dit nodig evind om  hom uit te sluit. Hierdie beginsel is deur die ander regerings gesteun en Moor, die senior koloniale premier, was die voorsitter oop die konferensie. Op hierdie wyse is 'n belangrike presedent geskep wat ook deur die Nasionale Konvensie nagevolg is: dat die imperiale faktor geen rol moes speel in die aanvanklike formulering van die grondwet nie. Die afgevaardigdes na die doeanekonferensie - drie kabinetsministers van elk van die kolonies, drie afgevaardigdes van Rhodesië en twee van Mosambiek - het Smuts se ses voorstelle eenparig aanvaar, waarin besluit is:

(a) da die belange van Suid-Afrika die beste gedien kan word deur die vroeë unifikasie, onder die Britse Kroon, van die selfregerende Suid-Afrikaanse kolonies;

(b) dat daar later besluit sal word oor die insluiting van Rhodesië hierby;

(c) dat die parlement van die onderskeie kolonies afgevaardigdes sal stuur na 'n nasionale konvensie wat as doel sal hê die opstel van 'n konsep-grondwet;

(d) dat die Kaap twaalf afgevaardigdes na die konvensie sal hê, Transvaal agt en Natal en die Oranjerivierkolonie elk vyf;

(e) dat die konvensie so spoedig moontlik 'n konsep-grondwet sal publiseer;  en

(f) dat daar op die konvensie hoofdelik gestem sal word en nie per taat nie en dat die voorsitter, wat 'n beslissende stem sal hê, uit die lede self gekies sal word.

Geen oplossing vir die ekonomiese dooie punt is gevind nie en die bestaande doeane-ooreenkoms is m et nog 'n jaar verleng. Toe die konferensie weer in Kaapstad gesit het, het die Natalse lede probeer om die verteenwoordiging van state op die konvensie te laat heroorweeg. Hulle kon nie daarin slaag nie, maar 'n toegewing is aan hulle gemaak deur te besluit dat die Nasionale Konvensie in Oktober in Durban sou sit.

Aangesien die Liberale in Engeland gehoop het dat die toekenning van selfregering aan die voormalige republieke tot unifikasie sou lei, het hulle uit die aard van die saak Smuts se voorstelle gesteun. Hulle was van mening dat unifikasie die Imperiale verbintenis sou versterk en konsolideer en die lojaliteit van Suid-Afrika sou verseker ingeval Brittanje by 'n Europese oorlog betrokke raak. Die Britse regering het ook besluit dat Louis Botha die ideale man was om 'n verenigde Suid-Afrika op die regte pad te lei en daar is besluit dat unifikasie moet plaasvind terwyl hy nog in 'n posisie verkeer het om die leiding te neem. Vir Afrikaners soos Steyn en Hertzog het die geleentheid om alle Afrikaners onder een regering te verenig, die hoop ingehou van 'n versterking van Afrikaner-nasionalisme. Vir Botha en Smuts was die vereniging van Suid-Afrika die beste wyse om selfbeskikking te kry binne 'n raamwerk van die Britse Ryk en om die oogmerke van hul versoeningsbeleid te verweselik.

Die Nasionale Konvensie en die skepping van 'n Grondwet

Sowel regerings- as opposisiepartye van die vier kolonies is op die Nasionale Konvensie verteenwoordig. Transvaal is verteenwoordig deur Botha, Smuts, S.W. Burger, J.H. de la Rey en H.C. Hull, almal lede van Het Volk, en Farrar, Fitzpatrick en H.L. Lindsay, as lede van die Progressiewe Party. Steyn, Fischer, De Wet en Hertzog, as lede van die Orangia Unie en die Konstitusionalis A. Browne het die Oranjerivierkolonie verteenwoordig. Die Kaap is verteenwoordig deur sir Henry de Villiers (hoofregter van die Kaapkolonie en politieke onafhanklike), Merriman, F.S. Malan, J.W. Sauer, J.H.M. Beck, H.C. van heerden en G.H. Maasdorp van die Suid-Afrikaanse Party, en Jameson, T.W. Smartt, E.H. Walton en J.W. Jagger van die Unionisteparty, en W.E.M. Stanford, 'n onafhanklilke. Die natalse afgevaardigdes - F.R. Moor, E.M. Greene, C.J. Smythe, T. Hyslop en W.B. Morcom (in Desember 1908 vervang deur T. Watt), was almal kabinetsministers in die regering of het vorige kabinetsondervinding gehad. Die drie Rhodesiese verteenwoordigers - sir Lewis Michel en W.H. Milton (wat die Chartered Company verteenwoordig het) en C. Coghlan (genomineer deur die verkose lede van die Rhodesiese Wetgewende Raad) - het die Konvensie bygewoon as waarnemers sonder die reg om te praat of te stem. Selfs nog voor die eerste sitting is eenparig ooreengekom dat De Villiers president en Steyn onderpresident van die Konvensie sou wees. Vanaf 12 Oktober tot 5 November 1908 het die Konvensie in Durban gesit; hy het sy werksaamhede vanaf 23 November tot 3 Februarie 1909 in Kaapstad voortgesit; en die finale sitting, om die amendemente te oorweeg wat deur die koloniale parlemente voorgestel is, het van 3 tot 11 Mei 1909 in Bloemfontein plaasgevind.

J.C. Smuts was a.g.v. sy intellektuele gawes, werkvermoë en deeglike voorbereiding, die uitblinker onder die afgevaardigdes. Met smuts, wat die toon aangegee het, was die Transvaalse afvaardiging, verenig in sy strewe en a.g.v. hul kolonie se ekonomiese krag in 'n sterk bediningsposisie, die doeltreffendste afvaardiging. Afgesien daarvan dat die afgevaardigdes ten gunste daarvan was dat die verdeeldheid in Suid-Afrika beëindig word, was daar nietemin ernstige struikelblokke wat oorkoms moes word.

In die eerste plek moes daar besluit word of die nuwe grondwet uniaal of federaal sou wees. In 'n unie sou die sentrale regering soveel mag besit, dat die streeksowerheid en individuele state of provinsies in werklikheid hul identiteit sou verloor; in 'n federasie sou die onderskeie state hul identiteit in veel groter mate behou as in 'n unie, omdat magte van sentrale en streeksowerhede streng omskryf en beperk sou word tot elk se bepaalde gebied. 'n Federale regering is egter uit die aard van die saak baie onbuigbaar (dit kan nie maklik gewysig word nie), terwyl 'n uniale grondwet na keuse buigbaar of onbuigbaar kan wees. Merriman was teen 'n federale grondwet; hy het gewys op die probleme wat daar in Australië ondervind is en ook die uitbreek van die Amerikaanse Burgeroorlog toegeskryf aan die grondwet van die Verenigde State. Smuts het aangevoer dat die aanvaarding van 'n onbuigsame federale grondwet sou neerkom op 'n mosie van wantroue in hul opvolgers; dat daar in 'n unie 'n eenvormige Naturelle- en ekonomiese beleid kan wees en dat die nadele van 'n geregtelike vertolking van die grondwet vermy kon word. Die Natalse afgevaardigdes was egter t.g.v. 'n federasie omdat hulle gemeen het dit sou die Engelssprekende Natal in staat stel om sy identiteit te handhaaf in 'n oorwegend Afrikaanssprekende staat. W.P. Schreiner, 'n federalis, is oorspronklik as ' n Kaapse afgevaardigde benoem, maar het hom onttrek om Dinuzulu te verdedig en uit hierdie oord kon die Natalse afgevaardigdes dus geen steun ontvang nie. Nietemin was die grondwet in sy finale vorm nie suiwer uniaal nie en in die Suid-Afrikawet was federale trekke dan ook merkbaar - veral in die provinsiale stelsel.

Die verskil in houding en die onderskeie koloniale wette betreffende nie-blanke politieke regte, het die stemregvraagstuk baie omstrede gemaak. In die Kaapkolonie kon alle manlike Britse onderdane wat hul name, adresse en beroepe kon skryf, minstens £50 jaarliks aan salaris ontvang het of vaste eiendom ter waarde van minstens £75 besit het, in parlementêre verkiesings stem. Daar was ook geen kleurslagboom wat lidmaatskap van die twee huise van die parlement geraak het nie. In Natal kon alle Britse onderdane in teorie die stemreg ontvang as hulle minstens £96 'n jaar verdien of vaste eiendom besit het wat jaarliks minstens £10 aan huur kon oplewer. In die praktyk is hierdie wet egter op so 'n wyse toegepas dat nie-blankes vir alle praktiese doeleindes uitgesluit is van die toekenning van stemreg - in 1907 was 99,1 persent van alle kiesers blankes. Geen nie-blankes het stemreg besit in Transvaal of die Oranjerivierkolonie nie. Sommige Kaapse afgevaardigdes was t.g.v. die toekenning van stemreg sonder inagneming van kleur, terwyl sekere afgevaardigdes van die noordelike kolonies en Natal daarvoor was dat die kleurslagboom en die kieswette van Transvaal en die Oranjerivierkolonie dwarsdeur Suid-Afrika van krag gemaak moet word. Nog voor die Konvensie het Merriman en Smuts ooreengekom dat die verskil van mening alleen oorbrug kan word as die bestaande kieswette ook ná uniewording van krag bly. Nadat De Villiers met Selborne oorleg gepleeg en die versekering gekry het dat die Imperiale regering stellig sou toestem - hoewel enigsins teësinnig - dat die status quo  gehandhaaf word, het 'n komitee ' n klousule hiervoor opgestel wat egter ook bepaal het dat nie-blankes nie lede van die parlement kan word nie. Op aandrang van die Kaapse afgevaardigdes is ook ooreengekom dat geen verandering aan die stemregbevoegdheid van Kaapse nie-blankes gemaak sou word nie, tensy twee derdes van die lede van albei huise van die parlement in 'n gesamentlike sitting hiermee instem.

Die kwessie van verteenwoordiging in die parlement het 'n tweevoudige probeer opgelewer: wat moes die grondslag wees vir die verdeling van parlementêre setels onder die onderskeie provinsies en hoe moes die afbakening van stels binne die provinsies gereël word? Hierdie probleem is na 'n spesiale komitee verwys en daar is later besluit dat die totale aantal volwasse blanke mans in elke provinsie as grondslag sou dien vir die berekening van die aantal setels wat elke provinsie in die laerhuis van die parlement sou hê, maar dat aanpassings gemaak sou word om vir die eise van die twee kleiner kolonies voorsiening te maak. Daar is o.m. besluit dat die volksraad uit 121 lede sou bestaan: 51 uit die Kaap, 36 uit Transvaal en 17 elk uit die ander twee provinsies. Elke provinsie - ongeag sy grootte - sou gelyke verteenwoordiging in die senaat geniet. As kiesstelsel in die provinsies is op die volgende besluit: die kwota (d.w.s. die aantal kiesers in 'n kiesafdeling) sou bepaal word deur die aantal kiesers in 'n bepaalde provinsie te verdeel onder die aantal parlementêre setels in 'n provinsie; die aanvanklike afbakening in kiesafdelings sou gedoen word deur 'n kommissie bestaande uit een regter uit elk van die vier provinsies. Daar is besluit dat hierdie en toekkomstige kommissies (van drie regters) aan die volgende oorweging moes skenk:  (a) gemeenskaplike belange of die gebrek daaraan  (b) verbindingsmiddele  (c) fisiese faktore  (d) bestaande kiesafdelings  (e) digtheid van bevolking. Die getal kiesers in 'n kiesafdeling kon 15 persent meer of minder as die kwota wees. In die pryktyk het dit daarop neergekom dat landelike kiesafdelings minder kiesers as stedelike afdelings sou hê.

Smuts en Merriman het gemeen dat 'n algemene verklaring in die grondwet dat Engels en Nederlands die amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika sou wees, almal tevrede sou stel. Dit het egter spoedig geblyk dat Hertzog en Steyn dit as onvoldoende beskou het. Hertzog het sy eie voorstel hieroor opgestel wat die meeste Afrikaners tevrede gestel het, maar wat na die mening van Engelssprekende afgevaardigdes 'n element van dwang bevat het. nadat Hertzog 'n privat eonderhoud met Fitzpatrick gevoer het, het hy sy voorstel gewysig en ná verdere bespreking is die kern daarvan soos volg bewoord: "Sowel die engelse as die Nederlandse tale sal die amptelike tale van die Unie wees en sal op 'n gelyke grondslag behandel word en 'n ewe groot mate van vryheid, regte en voorregte geniet..."(15) Daar is verder besluit om hierdie klousule te verskans sodat dit slegs met 'n meerderheid van twee derdes van albei huise van die parlement in 'n gesamentlike sitting gewysig kon word.

(15) Artikel 137 van die Suid-Afrikawet (1909)

Die kwessie van spoorweë en hawens kon alleen opgelos word nadat die Transvaalse regering met die Portugese owerheid onderhandel het oor 'n wysiging van die bestaande modus vivendi. Daar is toe besluit dat Lourenço Marques 50 tot 55 persent van die Witwatersrandse verkeer sou ontvang, Durban 30 persent en die Kaapse hawens die orige 15 tot 20 persent. Alle spoorweë en hawens wat aan die vier kolonies behoort, sou die eiendom van die Unie word, 'n raad sou gestig word om hulle te administreer en daar is ook besluit dat die spoorweë en hawens "op sakegrondslag bestuur sal word, met die nodige inagneming van die Unie se landbou- en nywerheidsontwikkeling".(16)

(16) Artikel 127 van die Suid-Afrikawet (1909)

Die Natalse afgevaardigdes, verydel in hul poging om 'n federasie te verkry, het probeer om die magte van die provinsies so te vergroot dat die grondwet in alles behalwe naam federaal sou wees. Hoewel die meerderheid van die afgevaardigdes t.g.v. van die beginsel van provinsiale regering was, het hulle nietemin daarop aangedring dat die provinsies aan die sentrale regering ondergeskik moes wees.

Die hoë kommissarisgebiede - Basoetoland, Betsjoeanaland en Swaziland - was 'n saak vir oorleg tussen die hoë kommissaris en die Konvensie. Aangesien daar algemeen geglo is dat hierdie gebiede spoedig 'n deel van die Unie sou word, het die Britse regering voorwaardes gestel oor hoe hulle ná oorname regeer moes word. Ná 'n effense wysiging is h ierdie voorwaardes in 'n bylae van die Suid-Afrikawet opgeneem.

Hoewel al hierdie struikelblokke uti die weg geruim is, het die keuse van 'n hoofstad byna 'n dooie punt veroorsaak. Die Kaapse afgevaardigdes het gereken dat Kaapstad, as die moederstad, die enigste logiese keuse was. Die Transvaalse afgevaardigdes het weer aangevoer dat Pretoria sentraal sou wees as Rhodesië by die Unie aansluit en dat Transvaal in ieder geval die hoofstad moes kry om te vergoed vir die finansiële opovverings wat hy moes maak. Die Natalse afgevaardigdes het besef dat hulle geen hoop het om die hoofstad vir hul provinsie te verkry nie en daarom het hulle om ekonomiese redes die aanspraak van Pretoria gesteun. Dit het beteken dat die afgevaardigdes van die Oranjerivierkolonie die uitslag sou bepaal. Hulle het nie geskroom om met hul beslissing te sloer nie, want Bloemfontein was inderdaad die sentraalste van al die koloniale hoofstad en, soos Fischer dit gestel het, hoe langer die groot honde baklei, hoe beter raak die klein hondjies se kanse om die been te kry. Die saak is uiteindelik beslet met 'n Salomo's beslissing - Kaapstad sou die wetgewende en Pretoria die administratiewe hoofstad word, terwyl Bloemfontein die appèlafdeling van die hooggeregshof van Suid-Afrika sou huisves.

Nadat al die afgevaardigdes op 11 Mei 1909 die konsep-Suid-Afrikawet onderteken het, het die parlemente van Transvaal en die Oranjerivierkolonie dit eenparig goedgekeur, terwyl die Kaapste parlement dit met twee teenstemme aanvaar het. In Natal is 'n referendum gehou en howel slegs 58,2 persent van die kiesers gestem het, was 11 121 t.g.v. die konsepwet en 3 701 daarteen. Onder blanke Suid-Afrikaners was daar 'n oorweldigende ondersteuning vir die wet, maar feitlik alle politiek-bewuste nie-blankes het beswaar gemaak teen die klousules wat o p hulle betrekking het. Swart afgevaardigdes het 'n "Suid-Afrikaanse Naturellekonvensie" bygewoon wat op 24 Mei 1909 in Bloemfontein geopen is, terwyl 'n vereniging van Kaapse Kleurlinge, die African Poliltical Organization, op 5 Maart  in die Kaapse stadsaal 'n protesvergadering gehou het en in April 'n konferensie in dieselfde stad. Sowel die swart as die Kleurlingkongres het besluit om vertoë te rig tot die Britse regering om die stemregklousules vir nie-blankes in die wet te wysig. W.P. Schreiner het ook 'n deputasie van swart en Kleurlingafgevaardigdes na Londen gelei, maar hulle was onsuksesvol. Die konsep-Suid-Afrikawet is deur 'n afvaardiging o.l.v. De Villiers na Londen geneem. Hoewel die kleurslagboom daarvan in die Britse parlement gekritiseer is en die Eerste Minister, H.H. Asquith, 'n ernstige beroep op die Suid-Afrikaanse staatsmanne gedoen het om dit te wysig, is geen wysigings aangebring nie. Nadat die wetsontwerp deur sowel die laer- as die hoërhuis goedgekeur is, is dit op 20 September 1909 deur koning Eduard VII onderteken en het dit op 31 Mei 1910 van krag geword.

Die Suid-Afrikawet

Die vier kolonies sou provinsies van die Unie van Suid-Afrika word onder die name die Kaap die Goeie Hoop, Natal, Transvaal en die Oranje-Vrystaat. Uitvoerende mag het in die koning gesetel en moes namens hom geadministreer word deur die Goewerneur-generaal-in-Rade, bestaande uit 'n goewerneur-generaal wat vir 'n tydperk van vyf jaar deur die Kroon benoem is en 'n uitvoerende raad of ka;binet van nie meer as 10 ministers nie. 'n Kabinetsministers wat nie lid van een van die huise van die parlement is nie, moet binne drie maande ná sy aanstelling een word. In alle sake moet die goewerneur-generaal op aanbeveling van die kabinet optree.

Die wetgewende mag is gesetel in die goewerneur-generaal, die senaat en die volksraad. Die goewerneur-generaal het die mag om die parlement byeen te roep, te prorogeer en te ontbind en daar is bepaal dat die parlement nie later nie as ses maande ná die totstandkomong van die Unie byeengeroep moet word. Die senaat sou uit 40 lede bestaan: agt senatore benoem deur die Goewerneur-generaal-in-Rade (waarvan vier aangestel moet word op grond van hul vertroudheid met die redelike begeertes en behoeftes van die gekleurde rasse van Suid-Afrika); agt senatore moet in elk van die vier provinsies op die grondslag van proporsionele verteenwoordiging gekies word deur die provinsiale raadslede en parlementslede van daardie provinsie. Alle senatore behou hul ampte 10 jaar. Om 'n senator te kan word, moet iemand: (a) minstens 30 jaar oud wees; (b) bevoeg wees om hom as kieser vir die volksraadsverkiesing te laat registreer; (c) minstens vyf jaar lank binne Suid-Afrika se grense woonagtig wees; (d) 'n Britse onderdaan van Europese afkoms wees;  en (e) in die geval van verkose senatore, vaste eiendom ter waarde van minstens £500 in die Unie besit.

Senatore moet uit hul eie geledere 'n president vir die senaat kies. Die volksraad sal bestaan uit 121 lede (Kaap 51, Transvaal 36, Natal 17, Oranje-Vrystaat 17) wat vir vyf jaar direk verkies word deur geregistreerde kiesers. Lede van die volksraad moet uit hul eie geledere 'n speaker aanwys. Op grond van vyfjaarlikse sensusse kan die antal volksraadslede tot 'n totaal van 150 vermeerder word en dan nie weer nie, "tensy die parlement anders besluit". Geen provinsie se verteenwoordiging sal verminder word voordat die totale aantal volksraadslede nie 150 is nie. Om 'n volksraadslid te word, moet iemand: (a) kwalifiseer as geregistreerde kieser; (b) minstens vyf jaar binne die Suid-Afrikaanse grense woonagtig wees;  en (c) 'n Britse onderdaan van Europese afkoms wees.

Geen persoon kan egter lid van enige huis van die parlements word nie indien: (a) hy weens 'n misdryf gevonnis is tot gevangenisstraf sonder die keuse van boete vir 'n tydperk van minstens 12 maande, tensy hy amnestie of grasie ontvang het, of tensy sodanige vonnis minstens vyf jaar voor die datum van sy verkiesing verstryk het; of (b) hy 'n ongerehalibiteerde insolvent is; of (c) hy geestelik gekrenk is en deur 'n bevoegde hof aldus verklaar is; of (d) hy binne die Unie 'n winsbetrekking onder die Kroon beklee (hierdie diskwalifikasie sou egter nie geld vir kabinetsministers, pensioentrekkers en lede van die gewapende magte wat russoldy of halwe soldy ontvang nie).

Die parlement sa volle bevoegdheid besit om wette te maak vir die "vrede, orde en goeie regering van die Unie". alle finansiële wetsontwerpe moet eers by die volksraad ingedien word en die senaat het geen mag om sulke wetsontwerpe te wysig nie. As 'n wetsontwerp aan die goewerneur-generaal voorgelê word, kan hy dit goedkeur, sy goedkeuring weerhou of die wetsontwerp terughou vir goedkeuring deur die koning.

In elke provinsie sal die hoof uitvoerende amptenaar, die administrateur, vir 'n tydperk van vyf jaar deur die Goewerneur-generaal-in-Rade aangestel word. provinsiale raadslede sal verkies word deur persone wat as kiesers vir volksraadsverkiesings geregistreer is. Die aantal lede van 'n provinsiale raad sal dieselfde wees as die aantal lede wat daardie provinsie in die volksraad het, maar daar mag nie minder as 25 provinsiale raadslede in enige p rovinsie wees nie. Enige geregistreerde kieser mag hom as provinsiale raadslied verkiesbaar stel. Die administrasie van provinsiale saake sal behartig word deur die administrateur en 'n uitvoerende komitee van vier l ede, verkies deur die provinsiale raad en nie noodwendig uit hul eie lede nie. Provinsiale rade sal die magte hê om ordonnansies oor die volgende aan te neem: regstreekse provinsiale belasting; onderwys, behalwe hoër onderwys; landbou, onder die voorwaardes omskryf deur die parlement; hospitale en liefdadigheidsinrigtings; munisipaliteite, afdelingsrade e.. soortgelyke plaaslike owerhede; provinsiale werke e.a. plaaslike ondernemings, behalwe spoorweë en hawens; paaie, uitspannings, ponte en brûe wat twee provinsies verbind; markte en skutte; vis- en wildbewaring; die leen van geld teen provinsiale krediet met goedkeuring van die Goewerneur-generaal-in-Rade, in ooreenstemming met die regulasies daarvoor deur die parlement uitgevaardig; alle ander sake wat die parlement na die provinsiale rade verwys. Provinsiale rade is ondergeskik aan die sentrale regering, aangesien alle ordonnansies deur die Goewerneur-generaal-in-Rade goedgekeur moet word en geen ordonnansie van krag kan wees as dit met enige wet van die parlement stydig is nie.

Daar sal drie afdelings van die hooggeregshof van Suid-Afrika wees: die appèlafdeling, bestaande uit die hoofregter van Suid-Afrika en appèregters; die hooggeregshowe van die Kaap die Goeie Hoop, Natal en Transvaal en die hoër hof van die Oranjerivierkolonie sal provinsiale afdelings van die hooggeregshof van Suid-Afrika word en oor elkeen sal 'n regter-president presideer; die hof van die Oos-Kaapse distrikte, die hoër howe van Griekaland en die Witwatersrand en verskeie rondgaande howe sal plaaslike afdelings word van die hooggeregshof van Suid-afrika. Alle regters van die hooggeregshowe van die kolonies sal ná uniewording regters van die hooggeregshof van Suid-Afrika word. Die hoofregters van die kolonies sal regterpresidente van die onderskeie provinsiale afdelings word. Die hoofregter, appèlregters e.a. regters wat ná uniewording aangestel word, sal aangestel word deur die Goewerneur-generaal-in Rade en kan nie uit hul ampte ontslaan word nie, behalwe deur die Goewerneur-generaal-in-Rade op grond van wangedrag of onbevoegdheid.

Die verskantste klousules - artikel 35 (die stemregkwalifikasies vir nie-blankes in die Kaap) en artikel 137 (die twee ampstale) - kan alleen gewysig word deur 'n meerderheid van twee derdes in 'n gesamentlike sitting van albei huise van die parlement. Enige ander artikel van die grondwet kan gewysig word deur 'n wet wat op die gewone manier aangeneem word. Die grondwet was uniaal van aard, hoewel met definitiewe federale kenmerke, in teenstelling met die onbuigsame en strenge federale grondwet van die Dominium van Kanada en die vryer federale grondet van die Australiese Gemenebes.

Die eerste Unieregering

In Suid-Afrika en Brittanje is taamlik gegis oor wie die eerste goewerneur-generaal sou wees en volgens gerugte is sir Wilfrid Laurier, Eerste Minister van Kanada, Winston Churchill, die president van die Board of Trade en sir Henry de Villiers vir hierdie amp oorweeg. Hierdie gissings was egter ongegrond en in September 1909 het Asquith Herbert Gladstone, Minister van Binnelandse Sake en vierde seun van die voormalige Britse premier, gevra om die amp te beklee. Hierdie nuus het nie algemene goedkeuring weggedra nie. Eduard VII se kommentaar as "Is daar dan niemand beter nie?", terwyl The Times  gemeen het dat dit 'n 'rnstige flater was om die mislukkings van die kabinet op die dominiums af te skuif.(17)

(17) Thompson: op.cit., p. 449

Daar is besluit dat Gladstone die Suid-Afrikaanse politikus wat na sy mening die grootste aanhang gehad h et, as eerste minister sou aanstel. Die eerste minister sou dan die ander lede van sy kabinet aanwys, terwyl ander noodsaaklike aanstellilngs ook gemaak sou word alvorens 'n algemene verkiesing plaasvind. Met Steyn uitgesluit weens swak gesondheid, het die keuse vir die premierskap tussen Merriman en Botha gelê. Die posisie is verder gekompliseer omdat die een nie onder die ander wou dien nie. Glazdstone het op 17 Mei in Kaapstad aangekom en ná onderhoude met Selborne en ander vooraanstaande poliltici, het hy Botha op 21 Mei gevra om 'n kabinet saam te stel. Dit was onteenseglik die enigste belsuit wat ind ie omstandighede geneem kon word, want hoewel Hertzog en Fischer sou vrkies het om onder Merriman te dien, sou Transvaal en Natal hom nie aanvaar nie, sodat hy waarskynlik nie daarin sou slaag om 'n kabinet saam te stel nie. Aangesien Jameson se ondrhandelinge met Botha oor 'n "regering deur die bestes" afgespring het, het Botha sy ministers aangewys uit die regerende partye van die voormalige kolonies.

Botha het Merriman 'n kabinetspos aangebied, wat hy van die hand gewys het. Botha se hoofprobleem was of hy Hertzog moes opneem of nie. Doen hy dit, vervreem hy dalk van die Engelssprekende kiesers; doen hy dit nie, jaag hy die Vrystaters die harnas in. Botha het die probleem probeer omseil deur Hertzog 'n appèlregterskap aan te bied, maar hy het dit geweier en is toe die portefeulje van justisie aangebied. Die premier se ander probleem het by Natal gelê. Nadat alle kabinetsposte gevul is, het Natal beswaar gemaak omdat hy slegs een verteenwoordiger het. Aangesien die Suid-Afrikawet voorsiening gemaak het vir slegs 10 ministers as hoofde van departemente, het Botha nog 'n Nataller aangestel as minister sonder portufeulje. Die lede van die eerste Uniekabinet was:

Louis Botha (Transvaal) - Eerste Minister en Minister van Landbou; J.W. Sauer (Kaap) - Minister van Spoorweë en Hawens; J.C. Smuts (Transvaal) - Minister van Binnelandse Sake, Mynbou en Verdediging; J.B.M. Hertzog (Vrystaat) - Minister van Justisie; F.S. Malan (Kaap) - Minister van Onderwys; H.C. Hull (Transvaal) - Minister van Finansies; A. Fischer (Vrystaat) - Minister van Lande; H. Burton (Kaap) - Minister van Naturellesake; F.R. Moor (Natal) - Minister van Handel en Nywerheid; D.P. de V. Graaff (Kaap) - Minister van Openbare Werke; en C.O'G. Gubbins (Natal) - Minister sonder portefeulje.

Sir Henry de villiers is aangestel as hoofregter van die Unie en die administrateurs van die vier provinsies was N.F. de Waal (Kaapland), J.F.B. Rissik (Transvaal), C.J. Smythe (Natal) en A.E.W. Ramsbottom (Oranje-Vrystaat).

Die unifikasie van die Suid-Afrikaanse kolonies was onteenseglik 'n belangrike gebeurtenis, veral as 'n mens die voorafgaande s tormagtige geskiedenis en die verskil in agtergrond en uitkyk van die leidende Suid-Afrikaanse politici in ag neem. Maar soos M.T. Steyn dit gestel het: "Met de Unie van Zuid-Afrika is het millenium nog niet aangebroken".(18) Die eerste Unieregering het voor geweldige en ingewikkelde probleme gestaan en dit sou naïef wees om aan te neem dat die Konvensie se kompromisgees 'n blywende kenmerk van die Suid-Afrikaanse politiek sou word.

(18) N.J. van der Merwe: Marthinus Theunis Steyn, 'n Lewensbeskrywing, II (Kaapstad, 1921), p. 231

S.B. Spies

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134