My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Jesus het verstaan

Klein Bobbie het eendag oor 'n besig straat geloop toe 'n groot motor om die hoek gekom en hom omgestamp het. Hy was erg beseer en vriendelike mense het hom opgetel en hospitaal toe geneem. Daar is hy in 'n bedjie geplaas langs 'n ander seuntjie genaamd Tommie - 'n seuntjie wat hy geken het. Tommie het geweet van Jesus, maar Bobbie - soos dit geblyk het - het omtrent niks van Hom af geweet nie.

Arme Bobbie moes vreeslike pyn verduur en daar is vir sy lewe gevrees. Ná 'n rukkie sê Tommie: "Ek sê, Bobbie, ek het gehoor dat Jesus eendag, ná ons dood, ons sal kom haal na die hemel waar daar allerhande lekker goeters is om te eet en waar almal baie gelukkig is. By die kerk het hulle gesê dat 'n mens Hom maar net hoef te vra en dat sal Hy jou neem."

"Maar ek kan nie so 'n groot meneer iets vra nie, Hy sal nie na so 'n kind soos ek luister nie," sê Bobbie.

"O ja, Hy sal, maar jy hoef Hom nie te vra nie. Jy moet maar net jou hand opsteek, soos ons by die skool doen, wanneer Hy deur die hospitaal loop. Hulle sê dat Hy elke aand kom ná die ligte dood is."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Die aand het gekom. Die verpleegster het die meeste ligte afgeslaan.

"Ek dink dis amper tyd, steek maar jou hand op Bobbie," sê Tommie.

Bobbie wou sy handjie opsteek, maar hy was te swak om dit reg te kry. Elke keer wanneer hy sy hand opsteek, val dit weer terug, want hy is te swak.

Toe het Tommie uit sy bedjie geklim en Bobbie se hand met die kussing en komberse gestut sodat dit omhoog kon bly.

"Dankie Tommie," het Bobbie met 'n baie flou stemmetjie gesê. "Dink jy dat Jesus dit sal sien?"

"Ek is seker Hy sal dit sien," het Tommie geantwoord.

Die volgende oggend was Bobbie se handjie nog so gestut, maar dit was yskoud en verstyf, want hy is daardie nag dood. Maar Jesus het verstaan.

< >