Is dit die More?

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Dis wonderlik hoe lief daardie seun van my die see het! Hy is op sy gelukkigste wanneer hy aan die stuur kan sit van een van daardie motorbote wat hulle by sommige strand-vakansieoorde aanhou. 

Toe ek hom nou die dag op een van daardie bote uitgeneem het, was dit wonderlik om die uitdrukkig van salige genot op sy gesiggie te sien. Eendag, tgoe ons in Kanada gereis het, het ek gesê dat ons moontlik binnekort met 'n groot stoomboot mag reis.

En van toe af het ons nie meer rus gehad nie! "Wanneer gaan ons op daardie groot boot, Pappie?" het hy gevra. "Hoeveel skoorsteenpype het dit? Sal daar baie rook uitborrel? Sal dit baie vinnig vaar? Hoe ver sal dit gaan? Sal dit die Queen Mary wees?"

Maar die groot en vernaamste vraag was maar altyd, "Wanneer gaan ons op die skip, Pappie? Sal ons more gaan?"

"Nee," het ek gesê, "nie more nie.

"Wanneer dan?" 

"Hoe gou sal dit wees?"

"O, ek kan nie meer langer wag nie!"

So het die dae verbygegaan, met dieselfde vrae elke dag oor en oor, en dan die slotvraag, "Sal dit baie gou wees?"
Opsetlik wou ek hom nie die juiste dag sê nie, want ek was bang dat hy te opgewonde sou raak. Daarom het ek maar altyd gesê, "Dit sal baie gou wees."Toe het die dag gekom dat ons ooor die Kanadese grens is, onderweg na die hawe Seattle, in die Verenigde State. Ons het die nag daar deurgebring sodat ons op tyd kon wees om die boot in die oggend te haal.

Maar ons het niks daarvan aan die seun gesê nie, want ons het geweet dat hy daardie nag glad nie sou slaap nie. En ons ook nie.  Net voor hy gaan slaap het, het hy weer gevra, "Sal ons nou baie gou op die boot gaan, Pappie?"Ek het geantwoord, "Ja, nou sal dit nie meer lank wees nie," en toe het hy aan die lsaap geraak, heeltemal tevrede. Min het hy geweet dat dit sommer die volgende oggend nog sou wees. 

Of dit nou was dat hy minder as 'n kwart myl daardie aand van die boot af gaan slaap het, weet ek nie, maar hy het vroeg die volgende oggend wakker geskrik heeltemal seker dat die groot oomblik aangebreek het.  Hy het sy ogies gevryf, en met die grootste erns en verwagting - iets wat ek nooit sal vergeet nie - aan sy Mammie gevra, "Is vanmore die more?"

"Dit is," het ek geantwoord. "Ja, dit is die more. Dit is die dag waarop jy so lank gewag het. Vandag sal ons aan boord gaan van daardie stoomskip, en jy sal die maste en die skoorstene en die rook sien terwyl ons heerlik oor die water vaar."
"is dit die more?" Daardie woorde bly maar weerklink in my ore, soos klokke wat lui.  Dit laat my dink aan al die mense wat so lank al wag op die heerlike more wanneer die ewigheid sal aanbreek; en hoe salig sal dit vir ons almal wees wanneer dit wel gebeur. 

Daar lewe vandag mense wat al byna 'n honderd jaar wag vir Jesus om te kom. Hulle weet nie presies wanneer Hy sal kom nie, maar hulle verlang na Sy koms. Hulle vertroos hulleself met die gedagte dat hulle nie meer lank sal hoef te wag nie. Dan het ek ook gedink aan al die mense wat siek, blind, doof, of beseer is - hoe bly sal hulle nie daardie more wees wanneer Jesus kom om die blinde oë en die dowe ore te open, en die kreupeles weer sal huppel nie! Hoe salig sal dit wees om hulle vreugde te aanskou wanneer hulle ontdek dat hulle skielik genees is deur Sy wonderbare krag, om nooit weer siek te word nie! 

Dan het ek ook gedink aan al diegene wat armoede en ontbering gely het, wat in die agterbuurtes gewoon en byna nooit die pragtige bome en blomme, en die see te sien gekry het nie. Hoe groot sal hulle blydskap nie wees wanneer daardie heerlike more aanbreek en hulle ontdek dat hulle nooit meer arm sal wees nie, en dat Jesus vir hulle rykdomme gebring het wat tot in ewigheid sal duur, en voedsel in oorvloed, sodat hulle nooit meer sal honger ly nie. In watter verukking sal hulle verkeer wanneer hulle die nuwe hemele en die nuwe aarde sien wat Hy vir hulle berei het! 

Ook het ek gedink aan al die bannelinge - mense wat van hulle huise en uit hulle land verdryf is deur wrede tiranne; hoe het hulle gebid terwyl hulle in die vreemde verkeer het, en hoe bly sal hulle daardie more wees wanneer Jesus kom, om te vind dat Hy vir hulle 'n ewige tuiste berei het waaruit niemand hulle ooit sal verdryf nie. En wat van die kinders van die Here wat ontslaap het sedert die sonde in die wêreld gekom het? Hoe wonderlik sal dit vir hulle wees wanneer Jesus hulle kom wek uit hulle lang slaap? 
Onder die honderde duisende wat ontslaap het, is Vaders en Moeders at swaar afskeid geneem het van hulle kinders, en kinders wat gesterf het, verlangende om weer hulle ouers te sien. Maar, eendag - nie meer lank nie, sal hulle die stem van Jesus hoor wat hulle uit die graf sal roep. 

Kan julle hulle hoor waar hulle almal tegelyk uitroep, "Jesus, is dit die more?"

Wat 'n heerlike dag van herontmoeting sal dit nie wees nie!

Onder die wat opstaan, sal daar baie wees wat die marteldood gesterf het -  manne en vroue en kiders - wat verkies het om gemartel te word liewer as om hulle geloof in Hom op te gee. Baie van hulle het in grieselige kerkers gesterf, wagtende op die uitredding wat nooit gekom het.

Kan julle hoor hoe hulle uitroep, byna waansinnig van blydskap, "O, Jesus, is dit die more waarop ons so lank gewag het?"
Sommige mense dink aan die koms van Jesus as 'n dag van duisternis, wanhoop, ene ellende, maar vir almal wat Hom liefhet, sal dit die heerlikste dag wees wat hulle ooit beleef het. Dit is om hierdie rede dat die apostel Paulus dit die 'salige doop' genoem het. Dit sal die wonderlikste, en die heerlikste, en die blyste dag wees wat daar ooit kan aanbreek. 
Elkeen van ons behoort na daardie dag uit te sien met die sterkste verlange, net soos Jesus seker verlang dat die dag van Sy kom moet aanbreek. 

By die hek van my huis staan die stomp van 'n boom wat ek 'n tyd gelede laat afkap het. Dit is net hoog genoeg om 'n lekker sitplek te maak. 

Vir jare was dit die sitplek van my jongste seuntjie, waar hy altyd gesit en wag het vir sy Pappie om tuis te kom.
Dit was vir my 'n aangename gedagte om te weet dat hy daar vir my gesit en wag het. Wanneer hy my daar in die verte sien, het hy met sy handjie vir my begin wuif.  Soos ek dit verstaan, is dit die manier wat Jesus wil hê dat ons vir Hom moet wag - ons moet op 'n hoë plek sit sodat ons ver in die pad kan sien, "wagtende vir Hom."

Net soos ek my seuntjie in my arms opgeneem en teen my vasgedruk het omdat hy vir my gewag het, sal Jesus ons wat vir Hom wag, ook in Sy ewige arms van liefde opneem, en saans sê dat Hy bly is dat ons Hom ingewag het. Dan sal ons almal saam met Hom gaan na die "bruilof van die Lam," en ons al Hom hoor sê, "Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle toeberei is van die grondlegging van die wêreld af." En dit sal alles so wonderlik, en mooi, en onbeskryflik wees dat ons weer in verrukking sal uitroep-

"Is dit die more?"