My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

In Klip Verander

"Gaan jy nie vanaand bid nie?", het Moeder gevra toe Dick ewe vies in die bed klim. "Nee, ek gaan nie bid nie," het Dick kortaf gesê. "Dick," het Moeder verstom uitgeroep. "Ek verbaas my oor jou. Wat is met jou verkeerd in die laaste tyd?. Jy het dan altyd so gereeld gebid."

"Die ander seuns by die skool bid nie, " het Dick geantwoord. "Hulle sê dat dit sommer pure onsin is."

"Dis waarvoor ek bang was," het Moeder gesê. "Daardie seuns met wie jy deesdae maats maak, lei jou na die verderf. Waarom laat jy hulle jou beïnvloed? Hulle doof al die liefde uit wat jy eenmaal vir Jesus gehad het, en hulle verander jou hart in 'n klip. Het jy al ooit iets gesien wat versteen is?"

"Nee."

"Wel, ek het. By Matlock Bath in Darbyshire, is daar 'n merkwaardige fontein wat goed binne 'n jaar in klip verander. 'n Vernuftige man wat daar woon, het 'n tenk by die fontein opgerig, en vir baie jare al plaas hy allerande soort goed daarin vir die water om op te werk. Voëlneste, eiers, sponse, wandelstokke, skoene, en selfs 'n ou hoed word met 'n kors van kalk bedek, sodat die goed lyk of hulle van klip is. Maar daar is iets anders wat 'n mens tref by daardie fontein. Rondom die tenk groei varings, gras, en ander struike, dog die water kan hulle nie in klip verander nie, alhoewel dieselfde water oor hulel vloei. En weet jy waarom nie?"

"Nee, ek weet nie," het Dick geantwoord.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Dan sal ek jou vertel," het Moeder gesê. "Dit is omdat hulle lewe. Die water kan alleen dooie dinge in klip verander; dit het geen krag oor lewende dinge nie."

"Maar wat het dit met my te maak?"

"Alles. Daardie water is 'n beeld van die invloed van die seuns by die skool. Jy kan nie help dat die water oor jou spoel nie, maar jy kan verhoed dat dit jou kwaad doen en jou hart in 'n klip verander."

"Ek sien nie hoe ek kan nie," het Dick gesê.

"Jy kan dit verhoed deur jou hart lewendig te hou," het Moeder gesê. "Net soos daardie plante, moet jy in aanraking bly met die Bron van die lewe, of iets binne-in jou sal net so verhard word soos die ander."

Dick was nou stil, want hy was besig om te dink. "En jy weet net so goed soos ek wie die Lewensbron is," het Moeder gesê. "Dit is Jesus. Alleen as ons in aanraking met Hom bly deur gebed en Bybelstudie, en te luister na die preke in die kerk, sal ons lewe van Hom ontvang om ons leë harte lewendig te hou."

Moeder het vir 'n hele uur in hierdie trant gepraat, en toe het Dick weer uit die bed geklim.

"Ek dink ek sal darem maar bid," het hy gesê. "Moeder is heeltemal reg."

< >