Muningi Corge Staproete

HT#4 Muningi Corge Staproete: Inskrywingsvorm

OPSIES



11 September 2021 Muningi Gorge


Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#9

DEEL I


#dieSporewatonsLos Die Vlinbokke nooi jou hartlik uit na ons 3km staptog op 11 Sepember 2021 te Muningi gorge. Voorwaar veilig, met besonderse natuurskoon teen 'n billike prys! - vir oud (offisiere en heemrade) sowel as jonk (penkoppe, drawwertjies en verkenners) - die Muningi Corge Staproete BESLIS vir jou! Kom geniet Kultuur Avontuur Kamp se spesialisasie STAPTOGTE: EENDAG STAPROETE slegs 20km van Pretoria! 


Daar is 'n 3km staproete (ons keuse vir die dag) - 'n 5km staproete en selfs 'n 8 km staproete. Wil jy 'n dag in 'n VEILIGE, skoon omgewing met besonderse natuurskoon deurbring? Moenie huiwer nie, vul nou jul inskrywingsvorm in ~ slegs 50 plekke is beskikbaar vir 8 Mei 2021.


As almal terug is by die beginpunt, steek ek die vuur aan vir 'n lekker gemeenskaplike braai. Jy bring jou vleis / wors / sosatie / braaibroodjie, en elkeen geniet middagete volgens sy eie begroting. Daarna mag ieder en elk swem in die dam / rivier (baie skoon water). NB! Geen afsonderlike vure mag gemaak word nie! Daar is 'n restaurant wat kitskos, koeldrank en koffie bedien!


Kultuur Avontuur Kamp

Maklike Aanlyn Bespreking

Prakties gaan ons die volgende baasraak. Hoe om 'n tent op te slaan, of 'n skuiling te bou. Rugsak, stapskoene en slaapsak word uitgebeeld en bespreek. Hoe om 'n staptog te onderneem. Elkeen kry 100m om leiding te neem tydens die staptog en die roete-aanwysings te volg. 


Wat moet jy saambring? Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Sonskerm. Hoed. Verkyker (as jy het). Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Stapstok (as jy het). Kompas (as jy het)

 

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Terugbetalingsbeleid | Geen Terugbetalings*
Ouderdomsbeperking | Familievriendelik

Indien u 'n gesin van 4 of meer is, kwalifiseer u vir 'n familiepakket. Of vra vir die EARLYBIRD prys!

Voortrekker Offisiere wat hul span wil bring, kwalifiseer vir 'n groepbespreking. (Normaal R150pp)

Hekke sluit om 18h00 vir dagbesoekers. Geen oornagfasiliteite is beskikbaar nie! (privaat plaas)

*sou dit reën sal 'n nuwe datum vasgestel word