My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe Mildred die partytjie gemis het

Hier is seker die snaakste storie wat julle nog ooit gehoor het. Dit is oor 'n dogtertjie wat altyd haar klere verskeur het.

Verbeel julle, 'n dogtertjie wat gedurig haar klere skeur! Ons kan verstaan dat 'n seun sy broek of sy hemp mag skeur, maar 'n dogtertjie wat haar rokkies skeur, dis darem te erg!

En dit was nie net haar gewone rokkies wat sy geskeur het nie, maar ook haar beste klere - haar Sabbatrokkies, en die wat sy aantrek na partytjies. Sy het al haar klere geskeur.

Wat die arme Mildred altyd aangevang het, weet ek nie, maar sy het nog skaars 'n nuwe rok aangehad of sy het dit geskeur. Natuurlik het sy dit nie moedswillig gedoen nie, maar dit was of die ongeluk haar agtervolg het. Hoe versigtig sy ook al was, het sy tog haar rokkies geskeur.

Julle sal seker dink dat sy baie agterlosig was. Wel haar Moeder het ook so gedink, maar dit het nie verhoed dat sy haar klere skeur nie, daar het altyd iets gebeur.

Eendag het haar Pappie vir haar 'n baie mooi rokkie gekoop vir partytjies. Hy het graag vir Mildred mooi rokkies gekoop, maar wat hy nooit kon verstaan nie, was hoe hulle so gou 'n skeur gekry het.

Hierdie rokkie was baie mooi, en Moeder het gesê dat hy te veel daarvoor betaal het; sy het gesê dat Mildred dit net vir spesiale okkasies kon aantrek, soos byvoorbeeld vir 'n Kerspartytjie, of vir 'n troue. Die rokkie is toe sorgvuldig in Mildred se klerekas gehang tot sy dit nodig kry.

Maar Mildred het ander planne gehad. Toe sy heeltemal alleen in haar kamer was, het sy die rokkie uit haar hangkas gehaal en aangetrek, net om te sien hoe sy daarin lyk. Sy het 'n hele ruk in die spieël gekyk, en toe was sy so in haar skik dat sy sommer begin ronddans het. Sy het al vinniger in die rondte gedraai, en toe sy haar weer kon kry, het sy iets hoor skeur. Die een mou van die rokkie het aan die deurknop vasgehak.

Mildred het skielik vasgesteek, want sy het haar boeglam geskrik; sy het goed besef wat gebeur het. Dadelik het sy die rokkie uitgetrek om dit te ondersoek. Daar was 'n lelike skeur goed drie duim lank. Sy het die mou met haar handjies gladgestryk sodat die skeur nie so sigbaar sal wees nie. Maar sy was so senuweeagtig dat sy dit verder geskeur het. Toe het sy haar Moeder hoor aankom, en daarom het sy baie haastig die rokkie weer opgehang.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Mildred het haar asem opgehou terwyl haar Moeder daar in die hangkas besig was. Sy het twee of drie van die geskeurde rokkies geneem om te gaan heelmaak. Gelukkig het sy nie na die nuwe rokkie gekyk nie, en dus het sy niks agtergekom van wat gebeur het nie. Mildred het besluit om doodstil te bly oor die ongeluk.

Daar het weke verbygegaan, en die nuwe rokkie met die geskeurde mou is heeltemal vergeet. Toe sou daar eendag 'n spesiale partytjie wees. Alice, een van Mildred se beste vriendinne, sou 'n partytjie gee, en sy het Mildred ook genooi.

Mildred was vreeslik opgwonde, want sy het vreeslik baie gehou van Alice.

Moeder het gesê dat sy kon gaan, en sy het bygevoeg: "Gelukkig het jy 'n mooi nuwe rokkie om aan te trek - jy weet, die een wat Pappie vir jou gekoop het."

"Mag ek dit aantrek?" het Mildred gevra. "Dit sal wonderlik wees!"

Maar skielik het sy bang geword, want sy het die skeur onthou. Moet sy vir Mammie vertel? sy het gevoel sy kan nie.

Die dae het verbygegaan, en eindelik het die dag van die partytjie aangebreek. Mildred het nog niks gesê van die skeur aan die mou van haar rok nie. Hoe langer sy stilgebly het, so swaarder het dit vir haar geword om haar Moeder te vertel.

"Hoe laat begin die partytjie?" het Moeder gevra. "Om vyf uur," het Mildred geantwoord. "Bob sal hier langs kom met die motor; hy moet nog ander meisies ook oplaai, en hy het gesê dat ek om half-vyf gereed moet wees."

"Wel," het Moeder gesê, "dit sal jou nie lank neem om aan te trek nie. Jy het 'n nuwe rok en vir die eerste keer hoef ek nie eers klere heel te maak nie."

"Nee, Mammie" het Mildred gesê met nare voorgevoelens.

So teen vieruur het Moeder na Mildred se kamer gegaan om te kyk hoe sy vorder met die aantrekkery. En toe, wat sou sy sien; daar het Mildred se nuwe rok op die bed gelê met 'n groot skeur aan die mou! "Mildred!" het Moeder uitgeroep. "Wat het jy nou weer aangevang? Jy wil tog nie sê dat jy hierdie nuwe rok ook geskeur het nie? Jy het dit nooit eens aangehad nie."

Toe het Mildred die hele storie vertel, en Moeder het besluit dat Mildred onmoontlik na die partytjie kan gaan met so 'n groot skeur in haar rok en daar was nie tyd om dit gou heel te maak nie.

Terwyl Moeder nog gepraat het, is aan die deur geklop, en daar was Bob en 'n aantal opgeruimde meisies.

"Is jy gereed?" het hy gevra. "Maak gou!"

Maar Mildred was nie klaar nie, en toe het die motor weggery sonder haar. Daar het sy gestaan, baie hartseer. Sy het Moeder belowe dat sy nooit weer haar rokkies sou skeur nie.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >