My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe lui Louis Moeder se helper geword het

Ek sou nie sommer reguit wil sê dat Louis lui was nie, want dit mag hom baie sleg laat voel en ek wil nie graag mense seermaak nie. Maar ek is bevrees dat dit waarheid is.

Wanneer hy gevra is om iets te doen, al was dit ook wat, was sy antwoord altyd: "Ek kan nie." As hy 'n ou werkie moes doen, het hy altyd baie ekskuse gehad. Wanneer hy die kolebak moes volmaak, het hy gesê "Ek kan nie, dis te swaar". As hy 'n boodskappie moes doen, het hy verskoning gemaak deur te sê "Ek kan nie, ek is te moeg". Wanneer hy moes help om die skottelgoed af te droog, het hy gesê "Ek kan nie, dis 'n meisie se werk".

Natuurlik was daar niks in al hierdie ekskuse nie en ek is heeltemal seker dat Louis eenvoudig net lui was. Julle moet verstaan dat die ekskuus "Ek kan nie", alleen gehoor is wanneer hy gevra is om 'n werkie te doen - 'n mens het dit nooit gehoor wanneer dit speeltyd was, of wanneer sy maats gekom het om hom te vra om te gaan fietsry of voetbal te speel nie. Dan was dit altyd "Goed, ek sal binne 'n paar oomblikke daar wees".

Louis se Moeder het baie keer al aan hom gesê dat dit nie reg was dat hy nooit by die huis 'n handjie wil bysit met die werk nie en dat dit snaaks is dat hy nooit te moeg was om te gaan speel nie. Maar die volgende dag was dit gewoonlik dieselfde ou storie weer oor en dit het gelyk of Mammie se praat niks gehelp het nie. Maar eendag het sy 'n plan gekry.

Die volgende oggend het Louis te laat geslaap en hy was dus laat vir skool. Gewoonlik het Mammie hom vroegtydig geroep en dan moes sy hoor "Ek kan nie opstaan nie, ek is nog te vaak". Daardie oggend het sy hom maar laat lê en hy het baie laat opgestaan. Hy was kwaad toe hy die trap af kom en hy wou sommer dadelik sy ontbyt hê. Maar daar was geen ontbyt nie.

"Is daar dan niks vir my om te eet nie?" het hy gevra.

"Ek kan nie, ek is te moeg," het Mammie met 'n glimlag gesê.

Baie kwaad het Louis skool toe gehardloop, sonder ontbyt. Hy was natuurlik laat en die onderwyser het hom voor die hele klas skerp aangespreek en dit het hom nog kwater gemaak.

Op pad huis toe het hy deur die draad gekruip en sy broek lelik geskeur. Hy moes toe met die geskeurde broek deur die straat loop. Toe hy by die huis kom, wou hy hê dat Mammie dadelik die broek moes heelmaak.

"Ek kan nie, ek is te besig."

"En moet ek so teruggaan skool toe?" het Louis gevra, wysende na die groot skeur in sy broek.

"Ja, jy moet maar so gaan," het sy gesê en so is hy terug skool toe waar die ander seuns en meisies vreeslik vir hom gelag het.

Toe Louis laat daardie middag weer by die huis kom, wou hy dadelik sy aandete hê, want hy was verskriklik honger. Maar daar was niks vir hom nie. Hy was baie verbaas en ontstel, want dit het mos nie voorheen gebeur nie.

"Waar is die aandete dan?" het hy aan sy Ma gevra.

"Daar is niks, en ek is ook te moeg - die skottelgoed is nog nie eens gewas nie," sê Mammie.

"Maar ek sou so graag na aandete gaan speel het."

"Gaan maar, sê sy sonder om 'n beweging te maak in die gemakstoel waarop sy gesit het. Sy het maar aangehou lees en gesê "Gaan speel maar".

"Maar gaan Mammie my nie iets gee om te eet nie?"

"Ek kan nie, ek is te moeg."

Louis het toe woedend uitgestap en die deur toegeklap. Maar toe hy so daar in die straat stap, het hy begin dink. Miskien is Mammie regtig moeg. Miskien het sy iemand nodig om haar te help. Moontlik is sy werklik te moeg om die aandete te berei.

Louis het gaan staan. Hy het eers gedink hoe lekker hy gaan voetbal speel en toe weer aan sy Ma wat daar by die huis gesit het, te moeg om die aandete klaar te maak. Skielik het hy baie jammer gevoel dat hy so kwaad was en besluit toe om terug te gaan huis toe.

Hy het deur die kombuisvenster geloer en gesien dat sy in die stoel aan die slaap geraak het Hier was nou 'n geleentheid om dinge weer reg te maak. In werklikheid was Louis 'n goeie seun, al was hy so lui wanneer daar werkies was om te doen.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Op sy tone het hy stilletjies die kombuis binnegegaan. Hy het die skottelgoed gewas en toe is hy na die eetkamer waar hy die tafel gedek het. Om die waarheid te sê, dit was die eerste keer in maande dat Louis tafeldek. Maar hy het dit baie deeglilk gedoen. Hy het in die tuin gaan blomme haal en die tafel so mooi gelyk asof dit vir 'n vername gas was.

Toe sien hy dat hy vergeet het om die botterpot op die tafel te sit en hy het dit gaan haal. Ongelukkig het hy dit laat val.

Mammie het uit die gemakstoel gespring asof iets vreesliks gebeur het. Sy het gesig en droom van Louis en die geraas het gekom net toe hy die moeilikheid beland het. Maar sy was sommer dadelik bly toe sy sien hoe mooi hy die tafel gedek het.

"Wel, wie sou ooit kon dink dat jy so mooi kan tafeldek!"

Hulle het toe heerlik saam gesit en eet en Mammie het nie 'n woord gerep van die gebreekte botterpot nie. Louis het nou so gelukkig gevoel en het besluit om haar in die toekoms baie meer te help.

Net toe hulle klaar was met aandete, is daar aan die deur geklop en 'n seun het geroep "Kom Louis, ons wag almal vir jou".

"Ek is jammer ek kan nie nou kom nie, ek moet my Ma vanaand help."

Mammie het dit gehoor en toe het sy na die deur gekom en gesê "Jy kan maar gaan, Louis. Jy kan my more help."

Vreeslik bly is Louis toe daar weg en hoe lekker het hy nie voetbal gespeel nie!

< >