Hoe Donald sy ete kwyt is

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

"Donald!"

Geen antwoord nie.

"Waar is die seun tog?" het Pappie gevra.

"Dit maak my vreeslik moeg," het Moeder gesê, "netnou is die kos koud."

"Wel, ons sal maar moet gaan eet as hy nie gou kom nie," het Pappie gesê.

Donald was 'n vreeslike vergeetagtige seun. Wanneer hy smôrens opstaan, het hy nie geweet waar hy sy skoene die vorige aand neergesit het nie. Dan was dit weer sy pet wat weg is. Die boeke wat hy saam moet neem na die skool, vergeet hy gewoonlik tuis. Een van sy groot moeilikhede was dat hy nooit betyds was nie. Alhoewel hy 'n pragtige polshorlosie op sy verjaarsdag gekry het, het hy sommer baie maiklik vergeet om te kyk  hoe laat dit is.

Op daardie oomblik het hy daar langs die strand gestap en het hy net in mooi skulpies belanggestel. Niks anders het hom op daardie oomblik geïnteresseer nie. Hy is gewaarsku om teen kwart voor een by die huis te wees sodat hy nie die ander sou ophou vir middagete nie. Maar Donald het sy wandeling so geniet daar op die strand, dat hy die vermaning om betyds te kom, skoon vergeet het. Hy het so ver geloop dat die ander hom nie kon sien nie. Vader, Moeder, sy broers en susters het na hom geroep so hard as hulle kon, maar al wat gehoor het, was Donald. Nêrens was daar enige teken van hom nie.

"Waar sou die kind tog wees?" het Mammie gevra, half ontsteld. "Sou hy hom miskien seergemaak het?"

"Nee, ek glo nie," het Pappie gesê, "dis maar weer daardie ou moeilikheid van hom. Hy stel weer so vreeslik belang in iets dat hy sy belofte skoon vergeet het. Ek gaan nou huis toe."

"Maar," het Mammie gesê, "die idee om Donald agter te laat, staan my glad nie aan nie."

"My ook nie," het Pappie gesê, "ek sal nog eenmaal kyk."

Pappie het toe die ander in die motor gelaat en weer gaan soek na Donald en het ook so hard as hy kon geroep na hom. Maar daar was geen antwoord nie. Toe Pappie weer by die motor terug was, het hy baie vasberade gelyk. Hy wou niks meer oor die saak sê nie. Hy het die motor aan die gang gesit en huis toe gery.

Hulle het 'n heerlilke middagete gehad, maar nie een van hulle het dit eintlik geniet nie. Kort-kort was die gesprek maar weer oor Donald. "Ek wens Donald was hier," het een gesê." "Donald sou hierdie gereg baie geniet het," het 'n ander gesê." En toe het klein boetie gesê "Laat ons vir Donald ook iets bêre."

Sowat twee uur later was hulle weer op die strand. Terwyl Vader die motor geparkeer het, het klein boetie opgewonde geskree: "Ek sien hom, ek sien hom!"
Ja, daar was Donald, hy het op sy tyd teruggekom en toe het hy gevind dat almal reeds weg was. Nog nooit in sy lewe het hy so eensaam en verlate gevoel nie. En om te dink dat hulle almal nou aan tafel heerllik gesit en eet het, was vir hom 'n vreeslike gedagte! Net die gedagte daaraan het hom skielik baie honger laat voel. In sy verbeelding het hy al die lekker dinge gesien wat hulle besig was om te eet en dit het hom nog eens so honger gemaak.

Dit was darem nie reg van hulle om so sonder hom weg te ry nie. Toe skielik het hy na sy horlosie gekyk - dit was twintig minute voor twee!  Toe het hy maar gedink "Wel, ek kan darem nie verwag dat hulle al daardie tyd moes gewag het nie." Hy het veronderstel dat h ulle ná ete weer sou terugkom en toe het hy maar langs een van die skuitjies gaan lê en probeer om sy moeilikhede te vergeet.

Donald het nog so gelê en dink toe hy gewek is deur sy broertjie en sustertjie wat na hom toe aangehardloop gekom het.

"O daar is jy," het sy suster gesê, "ek is so bly jy het niks oorgekom nie."

"Ons het 'n heerlike ete gehad," het sy broer gesê. "Ek kan jou verseker jy het iets goeds gemis omdat jy laat was."

"Ek is jammer Donald dat ons jou moes agterlaat," het hy gesê, "maar jy sal eendag moet leer dat dit 'n baie ernstige saak is wanneer 'n mens nie jou woord hou nie."