My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe Antonie vrede gemaak het

"Dis jou eie skuld!" het Antonie bitsig gesê, wysende na die stukkende pop.

"Nee, dit is nie - jy het dit gedoen," het Hanna gesê.

"Ek het nie."

"Jy het."

"Ek sê jou, dis nie ek nie."

"Dit is jy."

"Ag, jy is sommer 'n naarheid."

"En jy ook."

Toe het Antonie vir Hanna aan die hare beetgekry - hy het geweet hoe min sy daarvan gehou het. En die vet was in die vuur. Mammie het die lawaai gehoor en uit die huis na hulle toe gehardloop.

"Foei, maar julle kinders is darem stout, hou dadelik op!" Twee betraande gesiggies het na Mammie gekyk.

"Antonie het my beste pop se kop gebreek," sê Hanna snikkend.

"Ek het dit nie gedoen nie, sy het dit self op die sypaadjie laat val."

"Dit is nie, hy het dit gebreek. Hy het teen my vasgery en die pop uit my hande gestamp."

"Dis nie my skuld nie. Jy moes dit beter vasgehou het. In elk geval, dit is sommer 'n vermufte ou pop."

"Dit is nie. Dit was my mooiste pop, en....." Arme Hanna het weer begin huil.

"Bly nou stil, julle altwee. Twee groot kinders soos julle moenie so staan en rusiemaak nie. Kom nou dadelik in die huis en gaan sit totdat julle weer redelik kan wees."

Hanna het na haar kamer gegaan, maar Antonie het in die eetkamer op die rusbank gaan sit en homself so onskuldig moontlik gehou sodat hy verlof kon kry om weer te gaan speel.

Ná 'n rukkie het Mammie by hom kom sit. "Waarom is dit dat jy en Hanna gedurig so baklei?"

"Ag Ma, ek weet nie. Sy is maar altyd so ongeduldig.

"Maar sy sê dat dit jy is wat so ongeduldig is."

"Dis nie ek nie, dis sy."

"Maar dink jy nie dis 'n skande dat julle so baklei nie? Julle is net twee katte."

"Ja, ons is seker."

"Sê nou sy word baie siek en sterf, sal jy dan nie spyt wees nie?"

"Miskien so 'n bietjie."

"Nou ja, dan moet jy vir haar goed wees solank jy haar het." Mammie het Antonie gesoen en toe gou kombuis toe gegaan want sy kon hoor dat iets oorkook.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Antonie het begin dink. Miskien was Hannie nie so sleg as wat hy wou uitmaak nie. Nog 'n kort rukkie tevore het sy hom 'n lokomotief gegee op sy verjaarsdag en sy het dit met haar eie spaargeld gekoop. Dit was darem baie gemeen van hom om haar hare te trek en haar in die gesig te klap.

Hy het by die venster gaan staan en uitkyk. Daar het die arme ou pop nog sonder kop op die sypaadjie gelê. Dit was tragies om dit te sien en Antonie het sommer dadelik 'n plan gekry.

Hy het stilleltjies na sy kamer gegaan en daar iets uit sy laai gehaal wat hy in sy sak steek. Toe is hy stilletjies by die voordeur uit tot waar die pop lê. Hy het die pop opgetel en onder sy baadjie gesit - 'n seun wil nie sommer helder oordag met 'n pop op straat gesien word nie! Daarvandaan is hy met die straat af....winkel toe.

Sowat 'n halfuur later was hy weer tuis. "Ma, waar is Hanna?" wou hy weet.

"Sy huil nog in haar kamer oor haar pop."

Antonie het na Hanna se kamer gegaan, die deur stilletjies oopgemaak en ingegaan. Hanna het op ' n stoel gesit en snik. Sy het Antonie kastig nie gesien nie. Hy het langs haar gaan sit.

"Hanna!" Geen antwoord nie. Antonie het sy arm om haar nek gesit. "Hanna, ek is jammer jong."

"Ek -glo-dit-nie." Nog meer snikke.

"Regtig, ek is. Kyk jou pop makeer nou niks nie. Ek het daar by die popwinkel 'n nuwe kop laat aansit en ek het self daarvoor betaal."

Antonie het die pakkie begin oopmaak en Hanna het eindelik begin nuuskierig word.

"O, maar jy het 'n mooi gesig uitgesoek!" Die trane het sommer begin ophou.

"Ja, en ek gaan probeer om nie meer vir jou kwaad te word nie."

"Jy is darem 'n gawe ouboet."

Hanna het haar armpies om Antonie se nek gesit en hom 'n soen gegee. En altyd daarna, wanneer hulle vir mekaar wou kwaad word, het hulle gedink aan die dag toe Antonie so grootmoedig was om vrede te maak.

< >