- Staatsvorming en Stryd, 1850 - 1900

Tussen 1850 en 1900 ht Suid-Afrika ' n dramatiese gedaanteverwisseling ondergaan danksy grootskaalse politieke, ekonomiese, kulturele en demografiese omwentelinge. In dié tyd het die staatkundige eenheid wat vroeg in die volgende eeu as Suid-Afrika bekend sou word, onmiskenbaar vorm aangeneem.

In die begin van dié tydperk het nagenoeg twintig gemeenskappe wat min of meer onafhanklik was, in die land gewoon. Vyftig jaar later was die hele gebied opgedeel in twee Britse kolonies (die Kaapkolonie en Natal) en twee Boererepublileke (die Zuid-Afrikaansche Republiek, of ZAR, en die Oranje-Vrystaatse Republiek). Al die swart gemeenskappe was aan hul gesag onderwerp.

In 1850 was boerdery vir die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hul vernaamste bedryf en was daar geen sprake van 'n gesonde geldekonomie nie. Teen 1900 was mynbou goed gevestig en was daar aandelebeurse, banke en tienduisende loonarbeiders. In 1850 was die ossewa die vernaamste vervoermiddel en was daar feitlik geen paaie, brûe of bergpasse in veral die noordelike deel van die land nie. Teen 1900 het spoorlyne die land deurkruis en het die motor sy verskyning begin maak.

In 1850 was daar net 'n handjievol skole in Suid-Afrika. Tersiêre opleiding was beperk tot 'n beskeie inrigting in Kaapstad - terwyl die eerste universiteit in die Verenigde State van Amerika, Harvard College, reeds in 1640 gestig is. Teen 1900 was skole oor die hele land versprei en was daar verskeie kolleges vir naskoolse opleiding. In 1850 was Kaapstad die grootste dorp in Suid-Afrika en die enigste metropool met meer as 10 000 inwoners, terwyl die meerderheid Suid-Afrikaners op plase of in gehuggies gewoon het. Teen 1900 was sowat 15% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking verstedelik en het Johannesburg 'n bevolking van meer as 100 000 gehad.

Hoe het dit gebeur dat Suid-afrika in hierdie halwe eeu so 'n ingrypende transformasie ondergaan het?

Swart gemeenskappe onder druk

Die Boesmans (San)

Vir die Boesmans, of San, het die tweede helfte van die 19de eeu geen hoop op vooruitgang gebring nie. Die enkele  onafhanklike Boesmangemeenskaoppe wat in daardie stadium nog 'n sukkelbestaan gevoer het in onherbergsame gebiede soos die Cederberge, die Drakensberge, Boesmanland en die Kalahariwoestyn, is in die loop van dié halfeeu onder toenemende druk geplaas. Hul jagterversamelaarkultuur is al hoe meer bedreig deur die uitbreiding en bevolkingstoename van die veeherder- en landbouergemeenskappe wat in hul soeke na weiveld selfs in die meer onherbergsame terreine inbeweeg het. Teen die einde van die eeu was daar inderdaad geen Boesmangemeenskappe in die Drakensberge oor nie en is die Boesmans wat vroeër daar gewoon het, gedwing om besittingslose loonarbeiders en veeherders by hul sterker buurgemeenskappe te word.

Die Khoekhoen (Griekwas, Koranas, Namas)

Teen 1850 was daar nog verskeie onafhanklike of minstens semi-onafhanklike Khoekhoengroepe in Sud-Afrika. Daarbnewens was daar verskeie Suid-Afrikaanse gemeenskapsgroepe wat uit die Khoekhoen ontwikkel het, waaronder die Griekwas. Maar ook vir dié groepe was die tweede helfte van die 19de eeu 'n hartseer tydperk.

Die Khoekhoen en ander gemeenskappe wat nie as wit omskryf is nie en wat in die Katriviernederstetting in die Oos-Kaap woonagtig was, het toenemend soos tweedeklasburgers begin voel. Die rede hiervoor was die plaaslike Britse amptenare en wit boere van die omgewing wat dwangmaatreëls aan hulle opgedring en hulle probeer dwing het om as arbeiders op die wit boere se plase te gaan werk. Toe die sogenaamde Agtste Grensoorlog (die Mlanjeni-oorlog) in 1850 uitbreek, het hul ontevredenheid oorgekook. Die meeste van Katrivier se inwoners, insluitende die Khoekhoengarnisoen van Fort Armstrong, wat teen hul wit offisiere gemuit het, het die kant van die Xhosa in hierdie oorlog gekies. Die Khoekhoen van die Shiloh- en die Theopolis-sendingstasies het spoedig in solildariteit by die Katrivieropstandelinge aangesluit. Die Britse owerhede het intussen bruin troepe in die huidige Wes-Kaap opgekommandeer en na die Oosgrens gestuur om die oorlog en die opstand wat daarmee saamgehang het, te beëindig. Hierdie soldate was egter onwillig om teen hul rasgenote te veg en is uiteindelik na die Kaap teruggestuur.

Die Griekwas wat langs die Garieprivier in die huidige Vrystaat gewoon het, met Adam Kok III as leier, was teen 1850 nog relatief goed daaraan toe. Sommige het hulle in die hoofstroom van ekonomiese bedrywighede bevind deur hul boerdery met merinoskape. Diegene wat hul grond aan wit boere verkoop het, het egter arm gebly. Met die stigting van die Republiek van die Oranje-Vrystaat in 1854 het die Griekwas geen politieke regte gekry nie. Met die instemming van die Britte was hulle geheel en al ondergeskik aan die Boere (soos die burgers van die ZAR en die Republiek van die Oranje-Vrystaat bekend gestaan het). Hulle moes aanvaar dat hulle as afsonderlike gemeenskap sal verdwyn, tensy hulle veg vir hulle onafhanklikheid, of elders 'n heenkome gaan soek. Hulle het besluit om 'n ander tuiste te vind.

Toe hierdie Griekwas teen die einde van die 1850's ingelig is oor die bestaan van 'n onbewoonde gebied suidoos van die Drakensberge tussen die Mzimkulu- en Mzimvuburivier (Niemandsland, wat later Griekwaland-Oos genoem is), het hulle in 1860 hul grond verkoop en met die seën van die Britse goewerneur van die Kaapkolonie daarheen getrek. Aanvanklik het dit goed gegaan in die nuwe gebied en hulle het 'n geordende gemeenskap rondom hul nuwe hoofstad, Kokstad, gevestig. Vanaf 1872 het die Britte egter stelselmatig met die oorname van Griekwaland-Oos begin. Ná Adam Kok se dood in 1875 het die eenheid in Griekwageledere verbrokkel en het talle Griekwas hul grond aan buitestanders verkoop. Drie jaar later, in 1878, is Griekwaland-Oos deur die Britte geannekseer. Daarmee was 'n onafhanklike bestaan vir dié Griekwagemeenskap vir altyd iets van die verlede.

Benewens die Griekwas wat volgelinge van Adam Kok III was, was daar ook Griekwavolgelinge van die Waterboer-familie wat laer af langs die Garieprivier in die omgewing van Griekwastad gewoon het. Hul ongestoorde, onafhanklike bestaan het in die 1870's tot 'n einde gekom toe diamante in daardie gebied ontdek is. Die Britse regering  het die gebied van die Waterboer-Griekwa, wat Griekwaland-Wes genoem is, ingepalm en het dit in 1880 by die Kaapkolonie ingelyf. Die meeste Griekwas het hul grond en aansprake op diamantrykdomme aan wit mense verkoop en in armoede verval.

Die vallei van die Garieprivier verder stroomaf tot naby die Augrabieswaterval is teen 1850 bewoon deur 'n groep Khoekhoenveeherders wat die Koranataal gepraat en ook mense van gemengde bloed ingesluit het. Hulle het mettertyd perde en gewere in die hande gekry en dit onder meer benut in rooftogte op wit veeboere wat in die tweede helfte van die 19de eeu in die gebied inbeweeg en plase by die Kaapse regering geregistreer het. Twee oorloë tussen die Koranas en die Kaapse owerheide het gevolg (onderskeidelik in 1868-1869 en 1878-1879). Die Koranas is verslaan en hul leiers is tronkstraf opgelê en na Robbeneiland gestuur. Die Koranagebied is herdoop as Gordonia en vir wit bewoning oopgestel. Daarmee het die onafhanklike bestaan van dié gemeenskappe ook tot 'n einde gekom.

Die laaste Khoekhoengemeenskap wat tussen 1850 en 1900 nog grotendeels onafhanklik was, was die Namas van Namakwaland en die Richtersveld. Indringing deur wit boere het meegebring dat talle Namamense hul toevlug tot sendingstasies op plekke soos Leliefontein, Kommagas, Steinkopf en Richtersveld geneem het.

Die Suid-Nguni

Vir die Suid-Nguni - hoofsaaklik Xhosasprekende gemeenskappe wat in die suidoostelike deel van die land gewoon het - het die tweede helfte van die 19de eeu begin met 'n oorlog teen die Kaapse koloniale owerheid. Die oorlog was 'n uitvloeisel van Britse koloniale uitbreiding in daardie streek met die totstandkoming van British Kaffraria wat die grondgebied van die Ngqika en die Ndlambe ingesluit het.

Die finale aanleiding tot oorlog was die Britse owerheid se afsetting van die Ngqika-hoofman Sandile in 1850, waaroor die Xhosa baie ontevrede was. 'n Xhosaprofeet met die naam Mlanjeni het verkkondig dat die voorvaders die Xhosa in 'n oorlog teen die wit mense sal bystaan. Die Agtste Grensoorlog, of Mlanjeni-oorlog, het in Desember 1850 begin toe die Ngqika drie Britse militêre nedersettings in die grensdistrik Victoria vernietig het. Dit het die Britte drie jaar geneem om weer h ul gesag oor die Xhosa te vestig.

In 1856 en 1857 het 'n groot ramp die Xhosa getref in die vorm van ' n gebeurtenis wat bekend geword het as die "Xhosa-beesuitwissing". 'n Jong meisie met die naam Nongquase het geprofeteer dat 'n krygsman van die voorvaders sou ingryp om die Xhosa teen die Britte by te staan. Die voorvaders sou ook aan hulle voedsel verskaf as die Xhosamense al hulle vee uitwis en hul voedselvoorrade vernietig. Sommige hoofmanne, waaronder die opperhoof, Sarili, het die profesie aangehang en hul onderdane gedwing om hul vee dood te maak en oeste te vernietig. Die Xhosa wat in die gebied wes van die Keirivier gewoon het, het in oorweldigende getalle meegedoen. As slagoffers van kolonisasie en onderwerping deur die Britte was hulle desperaat om enige hulp te verkry wat hul posisie kon verbeter.

Al die opofferinge was egter vergeefs, want die voorvadeers  het hulle nie op die bestemde tyd kom help nie. Die gevol was dat die meerderheid Xhosa aan erge hongersnood begin ly het. Tienduisende het gesterf en tienduisende ander het die grens van die Kaapkolonie oorgesteek om vir kos te gaan bedel en 'n nuwe heenkome te vind. Daar word bereken dat tot sowat 'n derde van die Xhosa gesterf of na die Kaapkolonie gevlug het.

Die wanorde wat op die beesuitwissing gevolg het, is deur die Britse owerheid uitgebuit o m die ontmagtiging en ontstamming van die Xhosa te bespoedig. Goewerneur sir George Grey het doelbewus wit plaasboere tussen die Xhosa gevestig om hulle te "beskaaf", maar ook om hul ontstamming te versnel. Die Xhosahoofmanne wat hul titels geërf het, moes nou begin plek maak vir verkose hoofmanne. Stamgrond is vir individuele titelaktes verruil. Tradisionele Afrika-godsdienste is toenemend deur die christelike godsdiens verdring. Xhosakleinboere het ploeë en waens aangeskaf en vir die mark begin boer. Xhosastemgeregtigdes het in Kaapse parlementêre verkiesings vir wit politici begin stem.

Die Xhosa se laaste poging om hul onafhanklikheid te behou, het uitgeloop op die sg. Negende Grensoorlog van 1878-1879. Die Gcaleka-Xhosa het in dié oorlog die voortou geneem, maar Britse koloniale troepe het hulle onderwerp en 'n koloniale administrasiestelsel oor hul gebied ingestel. 'n Kortstondige opstand teen dié stelsel in 1881 is deur Kaapse troepe in die kiem gesmoor. Teen 1894 was die volle Transkeigebied, m.a.w. die gebied noordoos van die Keirivier (of oorkant die rivier, van Kaapstad gesien), insluitende Pondoland, Thembuland en Griekwaland-Oos, onder wit beheer gebring.

Sommige Xhosagemeenskappe was in 'n mate ook  self vir die verlies van hul onafhanklikheid verantwoordelik. Toe hoofman Ngangelizwe van die Thembu in 1875 bv. die onderspit gedelf het in 'n geveg teen Gcaleka-Xhosa van Sarili, het hy by die Britse regering op beskerming aangedring. Dit het gevolglik Britse inmening geregverdig. Die Xhosa in die Transkei is toegelaat om hul tradisionele instellings grootliks in stand te hou, maar gebiedsrade is wel ingestel om wit magistrate met die administrasie van die Xhosa by te staan.

Met die minerale ontdekkings later in die 19de eeu, het die Xhosa se omstandighede weer eens verander. In 1894 het die Kaapse parlement die sg. Glen Grey-wet aanvaar wat 'n einde gebring het aan die gelyke status met wit inwoners wt die Xhosa in die Kaapkolonie geniet het. 'n Spesiale grondbesitstelsel is vir die Xhosa ingestel ingevolge waarvan elkeen net sowat vier hektaar grond kon besit, wat nie as eiendomskwalifikasie vir stemreg sou geld nie.

Die Noord-Nguni

Die Noord-Nguni sluit hoofsaaklik die Zulu en die Swazi in. Die Zulu het teen 1850 'n onafhanklike gemeenskap gevorm wat breedweg gesproke die gebied noord van die Thukelarivier in die huidige Kwa-Zulu-Natal bewoon het. Hul koning  was Mpande. Hy het tot met sy dood in 1872 die onafhanklikheid van sy koninkryk beskerm deur op diplomatieke wyse konfrontasies met die Britte asook die Boere te voorkom. Terselfdertyd het hy die militêre stelsel van die Zulu in stand gehou.

In 1856 het 'n ernstige meningsverskil tussen Mpande se seuns ontstaan oor wie hom sou opvolg. Cetshwayo het uiteindelik as die vernaamste aanspraakmaker na vore getree en die belangrikste poliltieke mag in die koninkryk geword. Mpande het egter sy houvas op die koninskap tot en met sy dood byna 16 jaar later behou. Nadat Cetshwayo aangewys is as die nuwe koning, het hy die Zulumag herbou en spoedig beskik oor 'n krygsmag van 40 000 soldate wat in amabutho, of ouderdomsregimente, ingedeel was. Sy magsposisie op die noordgrens van die Britse kolonie Natal is egter deur die Britte as 'n bedreiging vir hul oppergesag in Suider-Afrika beskou.

Met die vaste voorneme om die Zulumag te vernietig, het sir Bartle Frere, die Britse Hoë Kommissaris, aan die einde van 1878 'n onredelike ultimatum aan Cetshwayo gestuur. Die Zulukoning kon nie aan die eise in die ultimatum toegee nie Die Britte het sy verwerping daarvan gebruik as verskoning om Zululand binne te val. Dit het die Anglo-Zulu-oorlog ingelui. Die Zulu het hul land vasberade verdedig en op 22 Januarie 1879 het hulle by Isandhlwana 'n roemryke oorwinning oor die Britte behaal. Die invallers kon egter op dieselfde dag daarin slaag om 'n Zulu-aanval by die sendingstasie by Rorke's Drift af te weer. In die loop van die volgende paar maande het 'n aantal gevegte wat van onbeslissende belang was, gevolg.

In Julie 1879 het die Britte na Cetshwayo se hoofstad, Ulundi, marsjeer. Die Zulu het dapper weerstand gebied, maar hul spiese, skilde en knopkieries was nie bestand teen die Britte se vuurwapens nie en hulle het 'n nederlaag gely. Cetshwayo is gevange geneem en uit Zululand verban. Sy land is in 13 distrikte verdeel onder 'n hoofman wat deur die Britse owerheid aangestel is. 'n Burgeroorlog het gevolg wat tot verdere wanorde gelei het. Die Britte het toegelaat dat Cetshwayo terugkeer, maar hy sou nie weer koning van 'n verenigde Zululand wees nie. Hy is in 1884 as 'n gebroke man oorlede.

Cetshwayo se aangewese opvolger, sy seun Dinuzulu, was destyds net 15 jaar oud. Hy het spoedig in 'n bitter stryd met Zibhebhu, 'n ander aanspraakmaker, betrokke geraak. Uit desperaatheid het hy die hulp van 'n groep Boere ingeroep wat hom gehelp het om die oorhand te kry. In ruil vir hul hulp en erkenning van h om as Zulukoning, het Dinuzulu 'n groot stuk grond aan die noordwestekant van Zululand aan dié Boere afgestaanm waar hulle die Nuwe Republiek gestig het. In Zululand self het die Britse owerheid egter steeds nie vir Dinuzulu erken nie en het die wanorde voortgeduur. In 1887 het die Britte die chaos as verskoning gebruik om Zululand as geheel te annekseer. Tien jaar later is dit by Natal ingelyf en het dit deel van 'n Britse kolonie geword. Daarmee was die onafhanklike bestaan van die Zulu op 'n einde.

Een van die min Noord-Ngunistamme wat in die tweede helfte van die 19de eeu nog 'n min of meer onafhanklike bestaan in Natal gevoer het, was die Hlubi. In 1873 het hul hoofman, Langalibalele, hom verset teen die eis van die Natalse koloniale regering dat hy sy stamlede se were moet registreer. 'n Leërmag is gevolglik teen hom uitgestuur. Die Hlubistam is oorrompel en hul vee en grondgebied is deur die Britte ingepalm. Langalibalele het probeer vlug, maar hy is deur die Britte gevang, in 'n hofsaak aan verskeie misdrywe skuldig bevind, verban en onder meer 'n ruk op Robbeneiland aangehou. Sy stam het hul onafahanklikheid vir ewig verloor.

Die Sotho

Die geskiedenis van die Sotho-inwoners van vandag se Lesotho was in die 19de eeu so ineengevleg met die breër Suid-Afrikaanse geskiedenis, dat dit ook vermeld moet word. In 1850 was Mosjwesjwe, toe reeds in sy sestigerjare, steeds die koning die Sotho. Die hartland van die Sothokoninkryk was die omgewing van Mosjwesjwe se bergvesting. Thaba Bosiu.

Aangesien daar nie genoeg grond naby Thaba Bosiou8 was om al die Sotho te huisves en hul boerdery voort te sit het, het Mosjwesjwe en sy volgelinge om historiese redes aanspraak gemaak op die hele oostelike deel van die Oranjerivier-Soewereiniteit (naastenby die huidige Vrystaat-provinsie), 'n gebied waaroor die Britte in 1848 hulle gesag afgekondig en wat hulle uit Bloemfontein beheer het. Mosjwesjwe het by twee geleenthede in militêre konfrontasies met die Britte betrokke geraak oor wat hy as 'n onbillike grenslyn tussen sy gebied en die Oranjerivier-Soewereiniteit beskou het. Die Sotho het by albei geleenthede die beskeie leërmagte verslaan wat die Britte teen hulle uitgestuur het. Die grens het egter gebly waar dit was - en maak vandag steeds die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho uit.

In 1854 het die Britte besluit om die Soewereiniteit te ontruim en die gesag oor te dra aan die Voortrekkers wat in die gebied gewoon het. Hulle het daarna na die Republeik van die Oranje-Vrystaat gestig. Die Sotho het van meet af aan druk uitgeoefen op die regering en inwoners van die nuwe republiek om aan hul eise om grondgebied toe te gee. Die Vrystaters was egter vasbeslote om die grenslyn wat hulle van die Britte geërf het, in stand te hou.

Josias Hoffman, die eerste president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, was op betreklik goeie voet met Mosjwesjwe. Hoffman het uit sy pad gegaan om deur gereelde persoonlike kontak goeie verhoudinge met die Sotho te handhaaf. Hy het o.m. vir Mosjwesjwe na Bloemfontein uitgenooi, waar hy hom hartlik ontvang en op 'n staatsbanket trakteer het. Hoffman het Thaba Bosiu ook self besoek. By een geleentheid het hy 'n vaatjie buskruit as 'n geskenk aan Mosjwesjwe oorhandig, maar dié gebaar het soveel  openbare teenstand onder die wit Vrystaters ontketen, dat Hoffman in 1855 verplig was om as president te bedank. Die Voortrekkers het vas geglo dat daar in onderhandelinge met swart mense altyd seker gemaak moes word dat hulle nie Westerse wapens in die hande kry nie.

Die volgende president, Jacobus Boshof, kon ook geen oplossing vir die grensgeskil tussen die Vrystaat en die Sothokoninkryk vind nie. In 1858 het die voortslepende spanning op die grens daartoe gelei dat die Republiek oorlog teen die Sotho verklaar het. Vrystaatse kommando's het na Thaba Bosiu opgeruk, maar kon nie daarin slaag om hierdie bergvesting te verower nie. Ondertussen het die Sothokrygers tot diep in die republikeinse gebied ingedring en plase geplunder. Boshof was verplig om sy kommando's van Thaba Bosiu af terug te roep om hierdie nuwe bedreiging die hoof te bied. Hy het ook 'n beroep op sowel die ZAR as die Kaapse goewerneur, sir George Grey, gedoen om die Vrystaat te ondersteun. Uiteindelik het Grey as bemiddelaar tussen die Vrystaat en die Sothokoninkryk opgetree. Die onderhandelinge wat gevolg het, het uitgeloop op die Verdrag van Aliwal-Noord, wat in hooftrekke die bestaande grenslyn herbevestig het.

Al was die Sotho steeds ontevrede met die grensreëlings, het 'n paar jaar van vrede gevolg. Die probleem was egter nie opgelos nie, want die Sothobevolking het voortdurend gegroei en daar was algaande minder grond per stamlid beskikbaar. Die sotho het steeds hul oog gehad op grond wat deur die Oranje-Vrystaat beskou is as hul gebied.

In 1865 het oorlog weer uitgebreek. Dit het nie gunstig verloor vir die Sotho nie. Die Oranje-Vrystaat was baie sterker as tevore en is boonop in die eerste fase van die oorlog deur kommando's uit die ZAR te hulp gesnel. Aan die ander kant was Mosjwesjwe al oor die 70 jaar  oud en sy seuns verdeeld omdat hulle gewedywer het oor wie hom sou opvolg. Nogtans kon die republiek se kommando's, ten spyte van die heldhaftige optrede van kommandante soos Louw Wepener, weer nie daarin slaag om Thaba Bosiu in te neem nie. Die Vrystaters het gevolglik begin om die Sotho se mielie- en koringlande en ander voedselvoorrade te vernietig om hulle tot oorgawe te dwing. In 1866 het Mosjwesjwe ingestem tot die Traktaat van Thaba Bosiu, waarin hy baie van die vrugbare en ploegbare dele van sy koningkryk aan die Vrystaat afgestaan het.

Die volgende jaar het konflik weer uitgebreek en die Vrystaatse kommando's het die sothovolk gou op die rand van ineenstorting gebring. Mosjwesjwe het egter nog steeds Thaba Bosiu beset en gepleit vir Britse ingryping. Die Britse regering het vroeg in 1868 aan die Kaapse goewerneur, sir Philip Wodehouse, toestemming verleen om 'n Britse protektoraat oor die Sothokoninkryk af te kondig, wat hy in Maart 1868 gedoen het. Die grense van Basotholand is deur die tweede Traktaat van Aliwal-Noord vasgestel. Hiervolgens het die Sotho grootdele van die grond wat hulle voor die begin van die 1865-oorlog besit het, verloor. Dit het o.a. die hele westelike gedeelte van die Caledonriviervallei ingesluit, wat hierna deur die Vrystaat "die verowerde gebied" genoem i s.

Die Britse anneksasie van Basotholand was in vele opsigte 'n betekenisvolle gebeurtenis. Dit het die behoud van die Sothogemeenskap verseker, maar hulle het hul onafhanklikheid ingeboet. Basotholand is vir drie jaar direk deur die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika geadministreer, maar in 1871 is dit by die Kaapkolonie ingelyf. In 1880 het die Kaapse regering maatreëls ingestel om die Sotho te ontwapen. Die Sotho het hulle daarteen verset, waarop die "Geweeroorlog" (Gun War) gevolg het. Vrede is eers in 1884 herstel toe die Britse regering weer die beheer oor Basotholand by die Kaapkolonie oorgeneem het. Weens die tekort aan voldoende landbougrond in hul land het talle Sotho teen daardie tyd na die Vrystaat uitgewyk waar hulle laagbesoldige arbeiders of deelsaaiers op Boere se plase geword het.

Die Pedi

In die tweede helfte van die 19de eeu het die Pedi gewoon in 'n gebied wat vandag binne die provinsies Mpumalange en Limpopo geleë is. Sekwati, hul hoofman, het sy mag opgebou deur diplomasie en bondgenootskappe met omliggende gemeenskappe. Dit was soms vir die Pedi nodig om hulle teen die Noord-Ngunigemeenskappe soos die Swazi en die Zulu te verdedig. In 12851 het koning Mpande se Zululeër bv. by twee geleenthede die Pedi aangeval, maar hulle kon in albei gevalle hulself suksesvol verdedig.

'n Ander probleem vir die Pedi is die intog van Voortrekkers in  hul gebied. Toe Hendrik Potgieter se trekgeselskap van sowat 100 families hulle in 1845 in die omgewing van Ohrigstad (noord van die latere Lydenburg) gevestig het, was Sekwati bereid om 'n vredesverdrag met hulle te sluit. Die Voortrekkers se getalle het egter vinnig toegeneem en verhoudinge tussen  hulle en die Pedi het algaande vertroebel. In Augustus 1852 het dit uitgeloop op 'n oorlog. Potgieter en 'n kommando het 'n aanval geloods op Phiring, Sekwati se hoofsetel, maar kon dit nie verower nie.

Vyf jaar later het die Pedi in 1857 'n ooreenkoms met die Voortrekkers gesluit ingevolge waarvan die Steelpoortrivier as grens sou dien, met die Trekkers wat suid van dié rivier sou bly. Ná Sekwati se dood in 1861 het sy seun Sekhukhune die troon bestyg nadat hy die regmatige opvolger, Mampuru, omvergewerp het. Sekhukhune moes in sy regeringstyd dikwels veg om die Pedi se gebied teen indringing deur wit boere van die ZAR te beskerm. Boonop het die Swazi telkens die Boere bygestaan. In 1876 het die geskille tussen die Pedi en die Boere op 'n oorlog uitgeloop waarin die Pedi hulself aanvanklik met gemak gehandhaaf het, maar vroeg die volgende jaar moes hulle vir vrede vra.

Nadat die Britte die ZAR in 1877 geannekseer het, het hulle die Pedigebied in 1878 en 1879 met 'n groot leërmag binnegeval. Sekhukhune se mag is verbreek en sy grondgebied is aansienlik verklein. Sekhukhune is in 'n tronk in Pretoria aangehou, maar in 1881 weer vrygelaat. Hy het na sy land teruggekeer, maar is in 1882 vermoor. Die herstelde ZAR-regering het 'n veldtog teen die Pedi geloods wat finaal 'n einde gebring het aan hul onafhanklikheid.

Die Tswana

In die vroeë fase van die Groot Trek was daar telkens goeie samewerking tussen die Voortrekkers en die Tswana, veral omdat hulle die Matabele (Ndebele) van Mzilikazi as 'n gesamentlike bedreiging beleef en beveg het. Die verhouding tussen die twee groepe het mettertyd egter om verskeie redes versuur. Daaronder tel die Voortrekkers se aanspraak dat hulle oppergesag oor die hele binneland het, omdat hulle die Matabele uit Suid-Afrika verdryf het. Alle swart gemeenskappe was volgens hierdie siening regtens aan die Voortrekkers onderhorig en die swart gemeenskappe soos die Tswana moes hulle by die wit Trekkers se grondbepalings neerlê.

Kort ná 1850 was daar botsings oor hierdie kwessies. In 1851 het hoofman Montshiwa van die Barolong gekla dat die Trekkers die grense van sy grondgebied skend. Onderhandelinge oor 'n grenslyn tussen die Barolong en die Boere het aanvanklik voorspoedig verloop. Ná die sluiting van die Sandrivierkonvensie, waarvolgens die Britte die onafhanklikheid van die Boere noord van die Vaalrivier erken het, het die wrywing toegeneem. Piet Scholtz, die Boerekommandant op die Transvaalse wesgrens, het nou nie net meer vereis dat swart gemeenskappe die oppergesag van die Trekkers moes aanvaar nie, maar ook dat hulle belasting moes betaal in die vorm van arbeidsverskaffing in ruil vir die reg om sekere grondgebiede te bewoon. Boonop het die Boere stappe begin doen om te verhoed dat swart mense gewere in die hande kry.

Hierdie maatreëls het spoedig tot verset deur die Tswana gelei. Teen die middel van 1852 het hoofman Mosielele van die Bakgatla geweier om arbeiders uit die geledere van sy volgelinge aan die Trekkerowerhede beskikbaar te stel. Boonop het sy onderdane van die Voortrekkers se vee gesteel. Scholtz het gevolglik 'n kommando byeengebring om teen Mosielele op te tree, maar Mosielele het toe by sy hoofman Sechele van die Bakwena gaan skuiling soek. Dit het in Augustus 1852 by Dimawe op 'n geveg tussen die Boere en die gesamentlike magte van die Bakwena en die Bakgatla uitgeloop. Scholtz het die oorhand gekry en sowat 100 Tswana het gesneuwel. Benewens groot troppe vee het die boere 'n aantal Tswanavroue en -kinders, wat hierna as werkers by wit Boere "ingeboek" is, as buit weggevoer. Sechele het tevergeefs hieroor by die Britse owerhede in die Kaap beswaar gemaak.

In hierdie tydperk was die meeste suidwestelike Tswanagemeenskap die Batlhaping, wat in die suidweste van die huidige provinsie Noordwes gewoon het. Hul gebied is ná die ontdeking van diamante in die omgewing van die Gariep- en Vaalrivier se sameloop onder Britse beheer geplaas. Hoewel die Batlhaping hulle by twee geleenthede, eers in 1878 en daarna in 1896, teen die Britte verset het, moes hulle ook hul vryheid prysgee.

In 1885 het die Britse koloniale owerhede besluit om die Tswana teen die Boere van die ZAR te beskerm deur 'n "protektoraat" oor die Tswanagebiede af te kondig. Die Betsjoeanaland-protektoraat is egter in 1895 by die Kaapkolonie ingelyf, waarmee die Tswanagemeenskappe suid van die Moloporivier finaal hul onafhanklikheid verloor het.

Kleiner gemeenskappe noord van die Vaalrivier

'n Aantal onafhanklike Ndebelegemeenskappe het teen 1850 noord van die Vaalrivier gewoon, maar almal sou hul onafhankllikheid in die loop van die volgende 50 jaar verloor. In enkele gevalle is die gemeenskappe deur die wit owerhede vernietig - soms in reaksie op aanvalle op Trekkers.

In die n oorde van die ZAR h et die Kekana-Ndebele van Mokôpane in 1854 'n aanval op 'n wit reisgeselskap by 'n drif oor die Nylrivier suid van die Strydpoortberge geloods. Die hele gerselskap, insluitende die kinders, is vermoor. Terselfdertyd is 'n wit jaggeselskap deur die Langa-Ndebele uitgewis. Sowel kommandant-generaal M.W. Pretorius en kommandant-generaal Piet Pietgieter het hul ondersteuners opgeroep om met kommando's na die terrein, die huidige Moorddrif, gehaas. Die Ndebele het in 'n grot in die Strydpoortberge gaan skuil wat sedertdien as Makapaansgat bekend staan. Die burgers het hulle beleër en Mokôpane se uitlewering geëis, maar die Ndebele het geweier.

Potgieter het tydens die beleg gesneuwel, maar min ander burgers is beseer. Die Kekana-Ndebele het swaar daarvan afgekom en die meeste het van honger en dors omgekom tydens die beleg. Mokôpane is nooit gevind nie. Kort daarna het die Volksraad 'n nuwe dorpie in die omgewing gevestig en dit Piet Potgietersrus gedoop.

Die Ndzundza-Ndebele het in die noordooste van die huidige Mpumalanga gewoon en wit indringend in hul gebied vir etlike jare taamlik suksesvol teengestaan. Teen 1882 het die vyandskap tussen die Ndzundza onder hoofman Nyabela en die wit owerhede egter op 'n volskaalse oorlog uitgeloop, maar die boere het ná 'n paar maande die oorhand gekry. Nyabela het in die Boere se hande geval en is lewenslange tronkstraf opgelê, maar is in 1898 vrygelaat. Sy stam se grondgebied is in klein plasies verdeel en toegeken aan Boere wat aan die veldtog deelgeneem het.

Die Lobedu was 'n gemeenskap wat teen die tweede helfte van die 19de eeu in die berge rondom die huidige dorp Modjadjiskloof in die Limpopo-provinsie woonagtig was. Hulle is deur 'n koningin met die naam Modjadji regereer. Sy is beskou as iemand met die mag oor reënval en is met groot respek deur haar eie asook ander gemeenskappe bejeën. Ná haar dood in 1895 is sy deur 'n volgende koningin opgevolg.

Die Venda

Die Venda het teen 1850 in die Soutpansberggebied in die noorde van die huidige Limpopo-provinsie gewoon en was in los hoofmanskappe georganiseer. Nadat 'n groepie Trekkers onder leiding van Hendrik Potgieter hulle in 1848 aan die suidelike voetheuwels van die Soutpansberge gevestig en 'n dorpie aangelê het wat later as Schoemansdal bekend was, het sommige Vendagemeenskappe noue bande met hierdie nuwe aankomelinge aangeknoop. Vriendskaplike verhoudinge was vir sowel die Venda as die Voortrekkers voordelig.

Sommige Vendamense het op die Voortrekkers se plase gaan werk, terwyl ander as jagters of  ivoordraers in wit jagters se diens getree het. Die toename in jagbedrywighede van wit kolonialiste het die Venda egter mettertyd verontrus en verontrief, want hulle was self jagters. Dit het ook verhoudinge tussen hulle en die wit mense vertroebel. Ná die Boere se ontruiming van Schoemansdal in 1867 het die Venda vir bykans  ertig jaar daarin geslaag om hulself teen wit indringing te beskerm. In 1898 het die magte van die ZAR egter 'n veldtog teen die Venda onderneem en hulle uit hul vestings in die Soutpansberg verdryf. Hoofman Mphephu en sowat 10 000 van sy volgelinge het noodgedwonge oor die Limpoporivier gevlug. Daarmee is die laaste onafhanklike swart gemeenskap in Suid-Afrika se grondgebied deur die wit mense ingepalm.

Staatsvorming

Die Kaapkolonie

Teen 1850 was die Kaapkolonie al vir langer as veertig jaar deel van die Britse koloniale ryk. Die uitvoerende beheer oor die kolonie wasin die hande van die goewerneur, wat deur die Koloniale Kantoor in Londen aangestel is en sy amptenare. Op daardie tydstip was sir Harry Smith die dienende goewerneur. Die Kaapse goewerneurs is sedert 1834 deur 'n wetgewende raad bygestaan waarin vyf burgers, wat onregstreeks verkies en dan deur die goewerneur aangewys is, saam met vier vooraanstaande amptenare gedien het.

Ná 'n stryd van bykans sewe jaar is hierdie liggaam in 1853 tot ' n verkose liggaam omskep en het die burgers 'n verteenwoordigende bestuur gehad. Die uitvoerende mag was egter nie aan die wetgewende raad verantwoordelik nie. Dié stand van sake het tot 1872 gegeld toe verantwoordelike regering aan die burgers toegestaan is waarvolgens die uitvoerende gesag - die eerste minister en sy kabinet - aan die wetgewende raad vir hul doen en late verantwoordelik was. Dit het beteken dat die lede van die uitvoerende gesag moes bedank as hulle die vertroue van die raad verloor. Die Kaapse parlement was egter nog steeds ondergeskik aan die Britse parlement en die Briste monarg (koning of koningin) was die staatshoof. Die Britse regering is deur die goewerneur verteenwoordig en laasgenoemde moes al die kolonie se wette en proklamasies onderteken voor dit van krag kon word.

'n Stelsel van gekwallifiseerde stemreg het gegeld. Dit het beteken dat enige manlike burger bo 'n sekere ouderdom en van 'n bepaalde opvoedkundige en ekonomiese vlak, kon stem. Aanvanklik kon elke manlike burger as 21 jaar wat meer as 50 pond sterling per jaar verdien of eiendom ter waarde van minstens £25 bewoon het, as kieser registreer. Die gevolg was dat hoofsaaklilk wit inwoners van die kolonie stemreg gehad het. Hierdie bepalings is van tyd tot tyd gewysig.

Die Kaapse politieke toneel is grotendeels deur Engelstalige koloniste oorheers. John Charles Molteno, wat van die Oos-Kaap afkomstig was, was die eerste Kaapse eerste minister. Afrikaners h et hulle aanvanklik grotendeels afsydig van die politieke proses gehou. Hoewel hulle in 1872 sowat 'n driekwart van die totale wit bevolking van die kolonie uitgemaak het, was minder as 'n derde van die Kaapse parlementslede Afrikaners.

Teen die einde van die 1870's het dinge begin verander. Afrikanernasionalisme het gaandeweg sterker geword weens teenstand teen die Britse verengelsingsbeleid. Reeds in 1875 het dit uitgeloop op die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners, wat gestaan het vir "ons taal, ons nasie en ons land". Die genootskap het in 1876 Die Afrikaanse Patriot, die eerste koerant in Afrikaans, uitgegee. Die stigting van die Afrikanerbond in die Kaap in 1879 was 'n verdere aanduiding van die opkoms van Afrikanernasionalisme. Die leidende figuur in dié beweging, wat mettertyd 'n politieke party geword het, was Jan Hendrik ("Onze Jan") Hofmeyer.

Die oorgrote meerderheid Kaapse Afrikaners het egter tot in die 1890's lojale onderdane van die Britse ryk gebly. Daar is na hulle verwys as "koningin Victoria se Afrikaners". Dit was met die steun van hierdie groep Afrikaners dat Cecil John Rhodes in 1890 die Kaapse eerste minister geword het. Dit moet wel in gedagte gehou word dat Rhodes beleidsrigtings voorgestaan het wat aan sekere verwagtinge van die Kaapse Afrikaners voldoen het. Eerstens het hy hul eis dat Hollands as parlementstaal naas Engels erken moet word, ondersteun en gehelp om wetgewing aanvaar te kry wat dit sou bewerkstellilg. Tweendes was hy simpatiek teenoor hul afkeur van die onbeheerde uitbreiding van stemreg na swart inwoners in die Kaapkolonie en derdens het hy toegesien dat die belange van boere sover moontlik in ag geneem is in regeringsbeleid.

Dit was eers ná die Jameson-inval in 1896 dat die oorgrote meerderheid Kaapse Afrikaners hul rug op Rhodes gekeer het, wat daarna ook as eerste minister bedank het. Dit het die weg gebaan vir die Afrikanerbond wat kort voor die eeu se einde die bewind oorgeneem het aan die Kaap, met W.P. Schreiner as eerste minister. Teen daardie tyd het oorlogswolke oor Suid-Afrika begin saampak. Schreiner het alles in die stryd gewerp om versoening tussen die ZAR en Brittanje te bewerkstellig, maar dit was vergeefs. Hy het probeer om die Kaap neutraal te hou, maar die Britse regering wou dit nie toelaat nie, aangesien die Kaap 'n Britse kolonie was. Verskeie Kaapse Afrikaners het agter hul volksgenote in die republieke gestaan en h ulle ook aktief tydens die Anglo-Boereoorlog gesteun.

Wit gemeenskappe in Natal

Vanuit 'n wit oogpunt  was Natal in die tweede helfte van die 19de eeu bykans 'n uitsluitlik Engelssprekende kolonie. Tussen 1847 en 1851 het sowat 5 000 immigrante uit Brittanje en Ierland in Natal aangekom en gevolglik was die meeste wit inwoners van dié kolonie Engelssprekend. In 1851 het Brittane egter alle staatsgesteunde emigrasie na Natal gestaak.

Natal het feitlik dieselfde soort konstitusionele ontwikkeling as die Kaapkolonie deurgemaak: In 1857 het die kolonie verteenwoordigende bestuur bekom en in 1893 verantwoordelike bestuur. 'n Luitenant-goewerneur het die Britse regering verteenwoordig. Volwasse swart manlike inwoners van die kolonie kon in teorie, soos in die Kaapkolonie, stemreg kry, maar die stemregkwalifikasie vir swart mense was so ingewikkeld dat slegs drie swart mense hulle teen 1893 as kiesers geregistreer het.

Sir Theophilus Shepstone was van 1846 in beheer van die swart mense wat op Natalse grondgebied gewoon het. Hy het die groep swart mense, waarvan die meeste Zulusprekend was maar van hul stamverband losgeraak het, in tien lokasies of reservate onder beheer van hul eie mense geplaas. Wit magistrate het die lokasies met behulp van 'n swart polisieman geadministreer. Shepstone het swart hoofmanne aangewys om orde te handhaaf en belasting in te samel. Die vernaamste belasting was hutbelasting en swart mense is gedwing om dit te betaal om die Britte se administrasie te finansier. Die stelsel het vir etlike dekades rus en orde verseker, maar nie alle swart mense het die hoofmanne wat aan hulle opgedwing is, se gesag aanvaar nie. Die stelsel kon ook nie verseker dat genoeg swart mense bereid was om op wit boere se plase te gaan werk nie.

Landbou-ontwikkeling in Natal het ook nie seepglad verloop nie. Mielies is wel suksesvol verbou, maar nie op groot skaal nie, want bemarkingsgeleenthede was skraps. Pogings om katoen te verbou, het misluk. Die produksie van suiker het van meet af aan belowend gelyk. Suikerriet was 'n uitheemse gewas wat met die hand aangeplan en geoes moes word. Hierdie intensiewe boerderymetode het groot getalle arbeiders geverg wat met lae lone tevrede sou wees. Die plaaslike swart mense was nie bereid om die moeisame arbeid te verrig nie, want hulle kon relatief maklik in die reservate of op plase wat hulle goedkoop gehuur het, 'n onafhanklike bestaan voer.

'n Oplossing vir die arbeidsvraagstuk is gevind met die invoer van ongeskoolde kontrakarbeiders uit Indië. So is die grondslag vir Suid-Afrika se Indiërbevolking gelê. Tussen 1860 en 1911 is meer as 150 000 kontrakarbeiders per skip na Natal gebring. Die Natalse regering het hulle reiskoste betaal. Op die suikerplantasies is hulle weinig beter as slawe behandel. Hul werkdag was lank, behuising was swak, hul rantsoene was karig en maatskaplike dienste was feitlik afwesig. Ná afloop van hul tienjaarkontrak kon hulle gratis na Indië terugkeer of in Natal agterbly waar hulle (in elk geval tot 1890) 'n stukkie grond gratis sou ontvang. Meer as die helfte van die Indiese kontrakwerkers het agtergebly.

Die meeste het 'n bestaan gemaak as kleinboere, vissers, handelaars of smouse. Benewens die suikerrietwerkers het ander Indiërs, waarvan sommige hul eie passaat betaal het, ook na Natal gekom. Die Indiërs het mettertyd oor die hele Suid-Afrika versprei, behalwe na die Republiek van die Oranje-Vrystaat, waar hulle vir lank verbied is om te woon of te werk.

Die Natalse Afrikaners se getalle was besonder klein en hulle het gevolglik nie 'n groot rol gespeel nie.

Die twee Boererepublieke

Nadat Brittanje die onafhanklikheid van die Voortrekkergemeenskap noord van die Vaalrivier en dié noord van die Garieprivier in onderskeidelilk 1852 en 1854 erken het, moes hierdie erg verdeelte gemeenskappe die ingewikkelde taak van staatsvorming aanpak. In die Transgariepgebied het dit relatief maklik gegaan en is die Republiek van die Oranje-Vrystaat in 1854 in die lewe geroep. Bloemfontein is aangewys as die hoofstad en in daardie stadium het sowat 15 000 Afrikaners in die republiek gewoon. Die gemeenskappe in Transvaal kon egter eers in 1857 daarin slaag om die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) te stig. Hoewel die presiese samestelling en bevoegdhede van dié twee republieke se hoë rad en funksionarisse van mekaar verskil het, is sowel die lede van die rade as die presidente op 'n demokratiese wyse deur die manlike burgers verkies. Die Voortekkers het dus die republikeinse staatsvorm in die binneland gevestig.

Die ondertekening van die Sandrivierkonvensie in Januarie 1852 het nie beteken dat 'n vrye, verenigde Afrikaner- of Boerestaat noord van die Vaalrivier onmiddellik tot stand gekom het nie. Die proses van staatsvorming het trouens sowat 12 jaar l ank geduur, omdat baie van die verdeeldhede van die 1840's voortgeduur het. Direk ná die ondertekening van die Sandrivierkonvensie was die gemeenskappe van Transvaal polities in die volgende groepe verdeel: In die weste en suidweste (die Potchefstroom-Magaliesberg-Maricogebied) het die oorgrote meerderheid Voortrekkers kommandant-generaal Andries Pretorius gesteun, terwyl kommandant-generaal Hendrik Potgieter weer in die verre noorde by Soutpansbergdorp en Schoemansdal aangehang is. In die ooste, waar die dorpie Lydenburg die kern van gemeenskapsbedrywighede was, het die meeste inwoners weer geglo dat die mag by die Volksraad eerder as by 'n militêre leiersfiguur soos 'n kommandant-generaal moet berus. Elders in Transvaal, waaronder die vallei van die Apiesrivier in die sentrale gedeelte, die Suikerbosrand in die suidooste en die Buffelsrivier in die verre suidooste, waar die inwoners 'n dorpie met die naam Utrecht gestig het, het geïsoleerde gemeenskappe 'n sukkelbestaan gevoer.

Die eenheid wat in 1857 bereik is, is opgevolg deur 'n verdere tydperk van twis en tweedrag in die vroeë 1860's wat by tye op wapengeweld uitgeloop het en as die Transvaalse Burgeroorlog bekend staan. 'n Relatief stabiele eenheidstaat het eers in 1864 tot stand gekom.

Swart gemeenskappe in die Boererepublieke

Swart bevolkingsgroepe is nie op regeringsvlak betrek toe die Voortrekkers tydens en ná die Groot Trek in sekere dele van die land politieke beheer verkry het nie. Oor baie jare heen he die leiers van die ZAR en Oranje-Vrystaat die tradisionele beleid van skeiding (segregasie) toegepas in gebiede wat hulle as hulle s'n beskou het. Daarvolgens kon elke groep homself op sy eie wyse op sy eie grondgebied bestuur, hoewel sekere grense en skeidslyne gehandhaaf moes word. In die koloniale tyd was sulke beleidsrigtings geen uitsondering nie - die "plaaslike" bevolkings is nêrens ten volle by die bestuur van die land betrek nie. Dié groepe het ook nie aanspraak gemaak op sitting in die hoogste raadsale nie.

Binne die grondgebied van die Vrystaat is swart mense toegelaat om by hul tradisionele vestings te bly en hul grondgebiede het later as reservate bekend gestaan. Benewens dat hulle belasting moes betaal, is hulle nie gevra om enige burgerplig na te kom nie en binne die reservate was daar selfbestuur.

Die Trekkers en ander wit nedersetters in die Boererepublieke het in talle gevalle op vriendskaplike wyse met swart gemeenskappe oor die grense van grondgebiede ooreengekom. Dit het wel beteken dat die swart gemeenskappe met verloop van tyd tot hierdie grondgebiede beperk is. Die Trekkers het die aangrensende grond vir boerdery gebruik, terwyl klein groepies swart mense hulle as arbeiders op die boereplase gevestig het. In die algemeen het 'n gees van voogdyskap (simpatieke toesig) aan die kant van die Boere teenoor sweart mense gegeld.

Dit was ook deel van die relpublikeisne Afrikaners se beleid dat swart gemeenskappe nie toegelaat moes word om vuurwapens te besit nie. Paul Kruger, die latere president van die ZAR, het geglo die wit mense kon dit eenvoudig nie waag nie in die lig van die getalle-oorwig van die swart mense.

In die eerste twintig jaar ná die Sandrivierkonvensie is die politieke toneel in Transvaal in 'n groot mate deur M.W. Pretorius, 'n seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, oorheers. Ná sy pa se dood in 1853 het M.W. Pretorius die kommandant-generaal in die Potchefstroom-Magaliesberg-Maricogebied geword. In die noorde het 'n soortgelyke verandering in leierskap in dié tyd plaasgevind toe die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter in Desember 1852 oorlede is en sy seun Piet hom as kommandant-generaal opgevolg het. Hy is egter minder as twee jaar later oorlede, waarna Stephanus Schoeman as die belangrikste leier in die noorde na vore getree het.

Die verdeeldheid in Transvaal is in 1853 vererger met die aankoms van ds. Dirk van der Hoff as die eerste permanente predikant noord van die Vaalrivier. Hy was 'n Hollander, het aan die Hervormde Kerk behoort en hom met die Pretoriusgroep geassosieer. Dit was veral die meer behoudende groep, die sg. Doppers, wat Van der Hoff nie wou aanvaar nie. Een van die Doppers se leiers was die jong rustenburgse kommandant Paul Kruger. Hulle het spoedig die dienste van 'n eie leraar, ds. Dirk Postma van die Geref. Kerk in Nederland, bekom. In die 1860's het die Kaapse Nederduitse Geref. Kerk hom ook in Transvaal gevestig.

Teen 1857 het M.W. Pretorius daarin geslaag om al die gebiede en faksies te verenig en 'n grondwet vir 'n republiek saam te stel. Hy is tot president en hoof van die uitvoerende gesag verkies. Pretoria, wat in 1855 gestig is, is terselfdertyd as hoofstad van die ZAR aangewys

Aan die einde van 1859 het Pretorius se strewe om die ZAR en die Oranje-Vrystaat te verenig, daartoe gelei dat hy ook tot president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat verkies is. So het hy die enigste persoon in die geskiedenis geword om president van twee afsonderlike republieke te word en wil in dieselfde tydperk. Dit was egter onaanvaarbaar vir sy teenstanders in die ZAR en hy is gedwing om tussen die twee republieke te kies. Sy keuse het op die Vrystaat geval en dit het Transvaal opnuut leierloos gelaat.

Hierna het die politieke verdeeldheid in Transvaal nuwe hoogtes bereik. Pretorius se ondersteuners wou nie aanvaar dat hy nie meer president was nie en hulle het gevoel dat die Volksraad nie meer die wil van die volk verteenwoordig nie. Die Pretoriusondersteuners het geglo hulle verteenwoordig die volk se wil en hulle het hulself die Volkslaer genoem. Daarteenoor was die standpunt van lede van die Volksraad dat staatsgesag gehandhaaf moet word. Hul ondersteuners is die Staatslaer genoem en hul vernaamste leier was Paul Kruger. Vroeg in 1864 het 'n skietgeveg tussen die twee laers wes van Pretoria plaasgevind, maar die uitslag was onbeslis. Pretorius het ná afloop van die geveg daar opgedaag en aangekondig dat hy as president van die Vrystaat bedank het. Die twee kante het toe ooreengekom dat nuwe verkiesings gehou moet word. Pretorius is as president herkies en Kruger is as kommandant-generaal verkies.

In 1871 het die Volksraad Pretorius weer gedwing om te bedank, dié keer weens sy onbeholpe hantering van die Diamantveldkwessie. Op aanbeveling van pres. J.H. (Jan) Brand van die Vrystaat het die Transvalers in 1872 vir ds. T.F. Burgers, 'n Kaapse Afrikaner, as president verkies. Dit was 'n fout, want as liberale predikant kon Burgers nooit daarin slaag om die vertroue van die behoudende Transvalers te wen nie. Sowel Kruger as vise-president Piet Joubert, wat die kommandant van Wakkerstroom was, het so 'n afkeer van Burgers gehad dat hulle hul geheel aan die openbare lewe onttrek het. Verdeeldheid het so diep geloop dat die Transvaale Boere teen 1877 totaal magteloos was toe Britse imperialilsme hul onafhanklikheid skielik weer bedreig het.

Die versterking van Britse belange in Suid-Afrika ná die ontdekking van diamante in die binneland sedert 1867 en die beoogde federasie van Suid-Afrikaanse state deur lord Carnarvon, die Britse minister van kolonies, het in 1877 uitgeloop op die anneksasie van die ZAR. Sir Theophilus Shepstone het op 12 April 1877 'n proklamasie hieroor op Kerkplein in Pretoria voorgelees. Die boere het hul beswaar daarteen bloot in 'n protes deur Burgers gelug, maar niks gedoen om die anneksasie teen te staan nie. Hulle was inderdaad te verslae en verdeeld om tot enige kragdadige aksie oor te gaan. Burgers het die land daarna verlaat.

Daar het egter gou teenstand teen die anneksasie onder die Transvaalse Boere oopgebou. Hulle het in onderskeidelik 1877 en 1878 deputasies na Brittanje gestuur om die herroeping van die anneksasie te bepleit. Paul Kruger was die leier van al twee deputasies, maar nie een was suksesvol nie. Dit het die burgers net meervasberade gemaak om hul vryheid te herwin. Elders in Suid-Afrika het 'n toenemende getal Afrikaners hulle met die Transvalers se stryd begin vereenselwig, wat nog 'n aanduiding was van 'n ontwakende Afrikanernasionalisme. Daarbenewens het die Transvaalse Boere 'n reeks volksbyeenkomste of saamtrekke gehou om hul besware te bespreek en hul verset te verwoord.

Die laaste van hierdie volksvergaderings het in Desember 1880 op die plaas Paardekraal (waar Krugersdorp later aangelê is) op die wapad tussen Pretoria en Potchefstroom plaasgevind. Sowat 3 000 burgers het daar saamgetrek. Op 11 Desember is besluit dat die oorblywende lede van die eertydse regering van 1877 in hul posisies herstel moet word en hiermee is daar oorgegaan tot opstand. Die Volksraadslede wat by Paardekraal teenwoordig was, het die regering opgedra aan 'n driemanskap onder leiding van Paul Kruger as vise-president.

Die Eerste Vryheidsoorlog

Die Transvaalse burgers het vermoed dat die Britte nie geredelik sou aanvaar dat hul republiek herstel word nie en het by Paardeklraag op oorlog begin voorberei. Die burgers het Piet Joubert tot kommandant-generaal verkies.

Hy het van die reg gebruik gemaak om onder die krygswet generaals en kommandante vir spesifieke take te benoem. Terwyl Joubert met die grootste kommando na Heidelberg vertrek het, wat tydelik as hoofstad sou dien, is nog 'n Boerekommando na Potchefstroom, waar 'n groot Britse militêre garnisoen gestasioneer was. Op 16 Desember het die eerste skote van die Transvaalse Vryheidsoorlog (of Eerste Anglo-Boereoorlog) in Potchefstroom geklap.

Hoewel die Brtte verskeie militêre garnisoene in Transvaal gehad het, waaronder 'n mag van meer as 'n duisend man in Pretoria, sou h ierdie magte sukkel om die opstand te onderdruk. Dit was veral duidelik nadat die Boere op 20 Desember 1880 'n oorwinning oor 'n Britse taakmag naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, behaal het. Die goewerneur van Natal, generaal Goerge Colley, het dadelik begin om 'n leërmag in Natal byeen te bring waarmee hy Transvaal wou binneval. Komdt.-genl. Joubert is hieroor ingelig en het met sy hoofkommando na die Laingsnekpas opgeruk waar die wapad uit Natal oor die Drakensberge gekronkel het.

Aangesien die Britte nie op 'n oorlog voorbereid was nie, het Colley egter gesukkel om 'n l eërmag byeen te bring. Hy het die Drakensberge gevolglik eers aan die einde van Januarie 1881 bereik. Die Boere was gereed vir hom en het sy mag verslaan in die Slag van Laingsnek op 28 Januarie. Colley het swaar verliese gely en moes sy beoogde opmars na Transvaal om die beleërde garnisoene te gaan ontset, uitstel tot tyd en wyl hy genoeg versterkings ontvang het. Die Boere het ook as oorwinnaars uit die stryd getree in die tweede geveg aan die Natalse front: die Slag van Schuinshoogte op 8 Februarie 1881.

Die glorieryke oorwinning by Majuba

Teen die einde van Februarie 1881 het 'n groot groep Britse troepe by Colley se magte aangesluit. Hoewel daar reeds sprake was van vredesonderhandelinge, het Colley besluit om aan te val om sy reputasie te red.

Hy wou die verrassingselement gebruik en het sy aanval in groot geheimhouding beplan. Op Saterdagaand, 26 Februarie ná aandete, het hy 'n leërmag van 570 beveel om in doodse stilte in die donker aan te tree. Die soldate het op sy bevel die berg Majuba in die nag bestyg - 'n moeitevolle taak in die donker op 'n onbekende terrein. Die laaste uitgeputte soldate het eers kort voor dagbreek die volgende oggend die suidwestelike punt van die bergtog bereik. Hulle het om die kruin se rand, wat sowat 1 300 m in omtrek was versprei.

Die Boere het die soldate kort ná sonop opgemerk en Joubert het beveel dat burgers uitgestuur moet word om hulle op die berg aan te val. Spoedig het etlike honderde burgers teen die berg begin opklim. Die Britte het bo van die kruin af op hulle geskiet, maar dit het hulle nie gekeer nie. Die burgers het alle moontlike skuilplekke benut en dit so doeltreffend gedoen dat die Britte nie besef het dat hulle besig was om al hoe hoër te klim nie. Hulle is wreeds ontnugter toe die voorste burgers die noordelike kruinrand teen eenuur die middag bereik en op 'n kort afstand op hulle begin skiet het.

Die stryd om die kruin van Majuba het net tussen tien en twintig minute lank geduur. Die verdediging het vinnig gedisintegreer. Talle soldate en offisiere het na die suidelike kruinrand begin hardloop. Sommige is raakgeskiet, waaronder Dolley self, wat noodlottig getref is terwyl hy verdwaas teruggestap het. Die soldate wat ongedeerd die kruinrand bereik het, het teen die steiltes afgehardloop en na Colley se kamp by Mount Prospect koers gekies. Enkeles het oor die kranse getuimel en hulle te pletter geval. Die Boere het die hele kruin beset en van bo af op die terugvallende soldate geskiet. 'n Digte mis het egter skielik toegesak en die Slag van Majuba beëindig.

Die Britse magte het 'n vernietigende nederlaag gely met ses offisiere en 86 manskappe wat gesneuwel het en nege offisiere en 125 manskappe wat gewond is. Twee burgers is dood en vyf is lig gewond. Majuba h et vir die Britte die simbool van nederlaag geword - 'n nederlaag wat gewreek moes word. Hulle sou 19 jaar lank later daarin slaag toe lord Roberts in 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog op Majubadag vir genl. Piet Cronjé by Paardeberg tot oorgawe geding het en genl. sir Redvers Buller op dieselfde dag op die Natalse front deur die Boere se verdedigingslilnie gebreek het.

Die glorieryke oorwinning by Majuba was 'n belangrike stap in die Transvalers se strewe om hul onafhanklikheid te herstel. Joubert en sir Evelyn Wood, Colley se opvolger, het 'n paar dae ná die slag by Laingsnek 'n wapenstilstandsooreenkoms onderteken.

Die Konvensie van Pretoria is op 3 Augustus 1881 onderteken, maar die ZAR se onafhanklikheid is hierdeur nie volkome herstel nie. Dié Boererepubliek het steeds onder Britse susereiniteit gestaan - 'n vae begrip wat basies beteken het dat die Britse regering steeds toesig gehad het oor die ZAR se buitelandse sake en sy wetgewing binnelands ten opsigte van swart mense. Vyf dae later is die landsbestuur aan 'n driemanskap onder leiding van Kruger oorhandig. 'n Nuwe Volksraad is gekies wat die Konvensie van Pretoria bekragtig het.

Die implementering van die konvensie het talle probleme opgelewer wat daartoe gelei het dat die Boereleiers in 1883 besluit het om die Britse regering oor moontlike wysigings daarvan te nader. Paul Kruger, Niclaas Smit en ds. S.J. du Toit, die superintendent van die onderwys, het in Novembe van daardie jaar na Londen vertrek en tot vroeg in die volgende jaar uitgerekte onderhandelinge met die destydse minister van kolonies, lord Derby, gevoeg. 'n Nuwe ooreenkoms, die Konvensie van Londen, is bereik en op Majubadag 1884 onderteken. Daarin was geen sprake meer van susereiniteit nie; die ZAR is weer as 'n onafhanklike staat erken. Al beperkings was dat geen verdrag met 'n vreemde moontheid sonder die Britse monarg se toestemming gesluit mag word nie.

Die Transvaalse Vryheidsoorlog het 'n belangrike stimulus van Afrikanernasionalisme geword en Paul Kruger as die simbool van die Afrikanervryheidsgees na vore getree.

Kortstondige Boererepublieke

Die Britse inmenging in Zululand en gevolglike verbrokkeling van Zululand as politieke eenheid, het nie sonder invloed op die Afrikanergemeenskap afgeloop nie. Die afgesette Zulukoning Cetshwayo se seun Dinuzulu het 'n aantal Afrikaners se hulp ingeroep om hom by te staan in 'n burgeroorlog teen ander Zuluhoofmanne. In ruil het hy 'n groot grondgebied aan hulle belowe waar hulle in 1884 die Nuwe Republiek, met Vryheid as hoofstad en Lukas Meyer as president, gevestig het. Die Nuwe Republiek is in 1888 by die ZAR ingelyf as die distrik Vryheid.

Op die wesgrens van die ZAR het daar vroeg in die 1880's tussen Tswanagreoepe soortgelyke twiste as dié tussen die Zulu uitgebreek. H ier het dit ook uitgeloop op versoeke om hulp aan die Boere wat met grond vir hulle dienste beloon is. Twee afsonderlike republieke is hier gestig, nl. Stellaland met Vryburg as hoofstad en Land Gosen met Rooigrond as hoofstad. Hierdie twee republieke het selfs korter as die Nuwe Republiek bestaan, want albei is onder Britse druk in 1884 ontbind. Die oostelike dele van albei republieke is by die ZAR en die (meer uitgestrekte) westelike gedeeltes by die nuutgestigte Brits-Betsjoeanaland ingelyf.

Die ontdekking van diamante en goud

ie eerste diamant is amptelik in 1867 in die distrik Hopetown ontdek. Kort daarna is 'n veel groter diamant deur ' n Griekwaskaapwagter in die Gariepriviervallei opgetel. Dit het die diamantstormloop ingelui en duisende mense het na die Noord-Kaap gestroom hul fortuin te soek. Hulle het plek-plek spoeldiamante in en om die sameloop van die Gariep- en Vaalrivier gevind.

Teen 1870 was 10 000 delwers - sowel binnelanders as buitelanders - daar aan't diamante delf. Prospekteerders het ook al verder weg van die riviere na diamante begin soek en in 1871 is 'n groot vonds op 'n koppie op die plaas Vooruitzigt tussen die Gariep- en Vaalrivier gevind. Aangesien daar in 'n kort tydjie letterlik duisende diamante op die koppie gevind is, het talle dwelwers daarop toegesak. Naderhand was daar 'n groot, diep gat waar die koppie eens was, maar steeds het die delwers diamante gekry.

In die dorpie wat rondom die gat ontstaan het en wat ter ere van die Britse ministers van kolonies Kimberley genoem is, het die delwers se sinkhuisies teen 1873 vir permanente strukture begin plek maak. Ondernemers het besighede opgerig en regsgeleerdes het agentskappe daar gevestig. So het Suid-Afrika se eerste moderne myndorp ontstaan. Al was die meeste van Kimberley se wit inwoners Engelssprekend, het talle Afrikaners hulle ook daar gevestig. Die myndorp het voorts vir swart Suid-Afrikaners groot aantrekkingskrag gehad, al is hulle slegs toegelaat om as arbeiders daar te werk.

Hierdie groot sametrekking van mense het beteken dat die boere van die Wes-Vrystaat en later ook boere verder weg nou skielik oor 'n afsetgebied vir hul plaasprodukte beskik het. Die meeste van hierdie boere was Afrikaners. Terselfdertyd het daar vir talle Afrikaners die geleentheid opgeduik om as transportryers 'n bestaan te maak. Twee van hierdie transportryers het later toonaangewende generaals in die Anglo-Boereoorlog geword, nl. Koos de la Rey van Lichtenburg in die destydse Wes-Transvaal en Christiaan de Wet van die suidelilke Oranje-Vrystaat.

Een van die onvoorsiene gevolge van die vestiging van die diamantmyne en die geweldige vraag na arbeid was dat duisende swart arbeiders heen en weer tussen die Boererepublieke en die Britse kolonies beweeg het op pad na of van die delwerye en hul oorspronklike tuistes. Vir die owerhede het dit 'n bedreiging vir wet en orde verteenwoordig, omdat talle swart mense wapens gekoop het met die geld wat hulle by die myne verdien het. Talle wit burgers was destyds bekommerd dat 'n algemene swart opstand teen wit oorheersing op hande was. Een van die gevolge in sowel die Britse kolonies as die Boererepubliek was die instelling van streng maatreëls om swart mense se beweging te beperk, insluitend die instelling van nuwe passtelsels.

'n Ander gevolg van die grootskaalse ontginning van diamante was die instelling van die geslote kampongstelsel wat tot die miskenning van swart werkers se regte gelei het.

Die ontdekking van diamante het ook die nywerheidsomwenteling in Suid-Afrika ingelui. Die ontdekking van ryk goudneerslae aan die Rand enkele jare later, het dit tot nuwe hoogtes gevoer. Goud is wel reeds in die voorkoloniale tydperk in Suider-Afrika ontgin, maar die rykste goudrif ter wêreld is eers in 1886 op die Witwatersrand ontdek.

Prospekteerders en goudsoekers het reeds vanaf 1850 die hele Transvaal deurkruis op soek na goud. Hulle het van tyd tot tyd klein, onekonomiese hoeveelhede spoelgoud gevind, maar dit was skaars genoeg om die hoop op 'n groot vonds te hou. Goudkoors het Transvaal behoorlik beetgepak toe gou in 1871 op die plaas Eersteling naby die latere Pietersburg (vandag Polokwane) ontdek is. Die myndorpie Pelgrimsrus in die huidige Mpumalanga het ook ontstaan in die vallei rondom die stroompie waaruit uiteindelik 'n paar miljoen pond se spoelgoud h erwin is.

Die Struben-broers, Fred en Harry, het die Witwatersrandgebied van 1883 af stelselmatig vir goud deursoek. George Harrison, 'n Australiese delwer, of die Brit George Walker word egter beskou as die persoon wat die rykste goudrif in die wêreld ontdek het, die hoofrif op die plaas Langlaagte (waar Johannesburg se sentrale sakegebied vandag is). Spoedig het twee groot mynkampe aan die Witwatersrand ontstaan. Tentedorpe het soos paddastoele opgeskiet en later is sinkpondokkies oral opgeslaan.

Die eens arm Transvaal was skielik verseker van voorspoed en welvaart. Sake-ondernemings het gefloreer, nuwe markte is vir die boere se produkte geskep en meer werksgeleenthede het op die myne, fabrieke en plase ontstaan. Die uiteenlopende agtergronde van die mense wat aan die Rand saamgetrek het, het gelei tot botsende lewens- en wêreldbeskouings. Kulturele en politieke verskille het ook tot heelwat wrywing aanleiding gegee. Dit was veral die tienduisende "Uitlanders", spesifiek Britse burgers, wat hulle aan die Witwatersrand gevestig het wat mettertyd 'n politieke faktor geword en die geskiedenis ingrypend beïnvloed het.

Die ontdekking van minerale rykdomme op en later binne die grense van die Boererepublieke het spoedig tot hewige dispute gelei. Nòg Brittanje nòg die Kaapkolonie het enige wettige aanspraak op die diamantvelde gehad. Die Griekwas van hoofman Nicolaas Waterboer, aangespoor deur sy regsverteenwoordiger David Arnot, het op feitlik die hele gebied waar daar diamante gevind is, aanspraak gemaak. Die Republiek van die Oranje-Vrystaat het geen twyfel gehad nie dat minstens die hele gebied tussen die sameloop van die Vaal- en die Garieprivier deel van die republiek was. Die ZAR het die diamantdraende gebied noord van die Vaalrivier, oos van sy samevloeiing met die Hartsrivier, geëis. Hoofmanne van die Batlhaping, Barolong en Koranas het ook op dele van die gebied noord van die Vaalrivier aanspraak gemaak. Al die aanspraakmakers het geglo dat hulle aansprake op stewige gronde berus het en niemand was bereid om sy aansprake te laat vaar nie.

Die ironie van die sogenaamde Diamantveldkwessie is dat nie een van hierdie aanspraakmakers uiteindelik suksesvol was nie, aangesien die Britse regering in Mei 1871 besluit het om die bestrede gebied deel van die Britse Ryk te maak. Die Transvaalse president, M.W. Pretorius, het dit vir die Britte maklik gemaak toe hy ingestem het tot arbitrasie oor die kwessie. Die finale arbiter was Robert Keate, die Britse luitenant-goewerneur van Natal. Hy het in Oktober 1871 bevind dat die grootste deel van die diamantvelde aan die Griekwas behoort en 'n gedeelte noord van die Vaalrivier aan die Barolong. Skaars tien dae later het die Kaapse goewerneur, sir Henry Barkly, Britse gesag geproklameer oor die gebied wat aan die Griekwas toegeken is, kwansuis om hul belange te beskerm. Die Britte het die gebied wat daarna as Griekwaland-Wes bekend was, vir alle praktiese doeleindes geannekseer.

Die Diamantveldkwessie het opspraakwekkende gevolge gehad: In Transvaal is Pretorius gedwing om as president te bedank weens sy onbeholpe hantering van sy republiek se aansprake. Pres. Jan Brand het met veel meer wysheid in die Oranje-Vrystaat opgetree. Hy was net bereid om arbitrasie deur 'n neutrale arbiter te aanvaar - iemand soos die president van die Verenigde State van Amerika of die koning van Nedeland. Die Britse regering wou dit nie toelaat nie,  omdat hulle geen buitelandse inmenging in Suid-Afrika geduld het nie. Ná die Keate-uitspraak en die Britse anneksasie van Griekwaland-Wes het die Vrystaatse Volksraad heftig maar tevergeefs geprotesteer. Altesaam 143 plase wat aan Vrystaatse burgers behoort het, was nou skielik onder die Britse vlag. Sommige van daardie plaaseienaars het hulle tot die landhof van Griekwaland-Wes gewend om hul wettige eienaarskap te bevestig. Tot groot verleentheid vir die Britse regering het die hof ten gunste van die plaaseienaars beslis.

Kort ná hierdie uitspraak is Brand na Londen vir samesprekings met die nuwe Britse minister van kolonies, lord Carnarvon. Hy het geweier om Brand se volgehoue aansprake op die diamantvelde te aanvaar. As 'n gebaar van versoening het Carnarvon egter 'n bedrag van £90 000 aan die Vrystaat aangebied, destyds 'n klein fortuin. Brand het dit namens sy republiek se inwoners aanvaar en daarmee was die saak afgehandel, al het die Vrystaters steeds beswaard gevoel.

'n Belangrike gevolg van die ontdekking van diamante was dat dit opnuut Brittanje se belangstelling in die twee Boererepublieke geprikkel het. Die Britse regering het op verskeie maniere probeer om weer beheer oor Transvaal en die Oranje-Vrystaat te kry. Hieronder tel die inlywing van Kimberley by die Kaap en die anneksasie van Transvaal in 1877. Laasgenoemde gebeurtenis het uitgeloop op die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 (sien vroeër in hierdie hoofstuk).

Die wyse waarop Brittanje die Diamantveldkwessie hanteer het, het daartoe gelei dat die band tussen die twee Boererepublieke verstewig is. Brand was van mening dat die twee republieke teen Brittenje moet saamstaan. Gevolglik is die Transvaal-Vrystaat Vriendskapsverdrag in 1872 gesluit.

Barkly se anneksasie van die diamantvelde het plaasgevind kort ná die toekenning van verantwoordelike bestuur - parlementêre selfregering - aan die Kaapkolonie. Tot die goewerneur se skok het die Kaapse parlement geweier om verantwoordelikheid vir Griekwaland-Wes te aanvaar. Dit was maar een manier waarop daar uiting gegee is aan Kaapse Afrikaners se simpatieke houding teenoor die Boererepublieke. Die simpatie het in die loop van die volgende drie dekades toegeneem in reaksie op gebeure soos die Britse anneksasie van Transvaal in 1877 en die Jameson-inval in 1896. Teen die einde van die eeu was daar nouer bande as ooit tevore tussen die Kaap en die Boererepublieke.

Die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog

Nadat die ZAR sy onafhanklikheid in Augustus 1881 herwin het, het vise-president Paul Kruger hom permanent in Pretoria gevestig om sy volle aandag aan staatsake te wy.Hy het hom veral ten doel gestel om die onderwys te bevorder en die republiek se ekonomie te stimuleer deur nywerhede te vestig. Die Transvalers het in 1883 hul eerste presidentsverkiesing sedeert die Vryheidsoorlog gehou. Die belangrikste kandidate was Kruger en Piet Joubert. Kruger het 'n oortuigende oorwinning behaal en is in Mei 1883 as president ingesweer.

Een van Kruger se grootste drome was om 'n spoorlyn te bou wat van Lourenço Marques (vandag Maputo) tot in Pretoria sou loop deur 'n gebied wat totaal vry was van Britse beheer. Hy het reeds in 1884 met die Portugese regering daaroor onderhandel, aangesien Lourenço Marques deel was van die Portugese kolonie Mosambiek. Dit het egter nog langer as tien jaar geneem voordat die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij (NZASM), wat spesiaal vir hierdie doel gestig is, die sg. Oosterspoorlyn aan die einde van 1894 sou voltooi.

Ander spoorlyne, onder m eer tussen die Kaap en Transvaal via die Oranje-Vrystaat, is ook in Kruger se regeringstyd gebou en het 'n groot bydrae tot die ontwikkeling van die ZAR gelewer. Johannesburg en Pretoria is ook per spoor verbind en teen 1899 is die spoorlyn tot in Pietersburg verleng. Die sogenaamde Randtrem het die Witwatersrand van oos na wes deurkruis en in die verre ooste is die Oosterspoorlyn met die myndorp Barberton verbind.

Die goudontdekking en die toename in welvaart wt daaruit voorgevloei het, was vir die ZAR 'n gemengde seën. Die goud was waardevol en dit is vir groot bedrae in belasting aan die Transvaalse regering betaal. Waar die Transvaalse regering voor 1886 bykans bankrot was, was daar nou geld om amaptenare te betaal, dienste soos onderwys te lewer, 'n staatsartillerie te vestig en openbare geboue soos die Raadsaal en die Paleis van Justisie op Kerklein in Pretoria op te rig.

Duisende delwers het van oor die hele wêreld na Johannesburg gestroom om die goudriwwe te ontgin. Die skielike teenwoordigheid van 'n groot en groeiende stedelike bevolking het 'n stabiele en immer groeiende m ark vir plaasprodukte in die hartjie van die republiek beteken, wat 'n groot uitkoms vir talle Transvaalse boere was. Maar die meeste van die delwers het 'n stedelike kultuur beoefen wat totaal volksvreemd vir die Transvaalse burgers was. Daarom het hulle die nuwelinge in hul midde Uitlanders genoem.

Verarmde Afrikaners wat nie plase besit het nie, het hulle nogtans by die nuwe stedelinge aangesluit en ongeskoolde werk oop die goudvelde gekry wat hulle in staat gestel het om te oorleef. Ook geskoolde Afrikaners uit veral Kaapland het h hulle na die Witwatersrand begewe, waar hulle as agente, regsgeleerdes en dies meer 'n bestaan gemaak het. 'n Goeie voorbeeld was Christiaan Beyers, die latere Boeregeneraal, wat hom as prokureur in Boksburg gevestig het.

Vir die Transvaalse regering was die groot uitdaging dat die Uitlanders al meer talryk geword en naderhand 'n bedreiging vir die bestaan van die staat as 'n Boererepubliek gevorm het. Sommige Uitlanders - veral dié wat van Brittanje af gekom het - het begin kla dat hulle te veel belasting betaal en dat die Transvaalse regering hulle sleg behandel. Hulle sou dit verkies dat Brittanje weer Transvaal oorneem en die Boereregering uitskop. Hulle het die Afrikanerkultuur as minderwaardig en Afrikaners as agterlik beskou.

In 1894 was daar reeds 75 000 Uitlanders teenoor sowat 150 000 burgers in die republiek. Kruger het besef dat daar uiteindelik meer Uitlanders as burgers sou kon wees. Hy was daarvan oortuig dat indien die Uitlanders stemreg sou kry, hulle uiteindelik die politieke m ag van die Transvaalse Republiek sou oorneem en dit aan Brittanje sou oorgee. Hy het hulle as geldgierige materialiste beskou en daarom wou hy nie aan hulle stemreg toeken nie. Al hierdie negatiewe gevoelens saam verklaar waarom Kruger in 1894 in 'n toespraak na die Uitlanders verwys het as "diewe, moordenaars en fortuinsoekers".

In 1895 het die Uitlandervraagstuk op gewelddadigheid uitgeloop. Cecil John Rhodes was nie alleen die eerste minister van die Kaapkolonie, maar boonop die rykste Suid-Afrikaner, met uitgebreide belange in die goudmyne aan die Witwtersrand. Hy was daarvan oortuig dat Britse beheer oor die goudvelde in belang van die mynbedryf was. Dit sou behels dat Kruger se regering die Witwatersrand moes afstaan. Vreedsaam, het Rhodes besef, sou dit nie gebeur nie. Gevolglik het hy, met die medewete van die Britse minister van Kolonies, sir Joseph Chamberlain, met die Uitlanderleiers op die Witwatersrand, waaronder sy broer Frank Rhodes, saamgesweer om 'n opstand te bewerkstellig. Rhodes sou dan 'n aantal soldate van buite onder bevel van sy vriend en vertroueling, dr, Leander Starr Jameson, stuur om in te gryp en sommer ook Kruger se regering omver te werp. Alles moes aan die einde van 1895 gebeur.

Rhodes se planne het van meet af skeef geloop. Die Uitlanders se Reform Committee in Johannesburg was skielik huiwerig om wel tot opstand oor te gaan. Intussen het Jameson besluit om met 500 man op eie houtjie op te tree. Net ná Kersfees het hy en sy invallers die Transvaalse grens by Marico in die weste oorgesteek.

Kruger se reaksie was om 'n kommando onder leiding van genl. Piet Cronjé op te roep. Jameson het met sy invallers te perd tot net buite Roodepoort gevorder voor Cronjé se burgers hulle by Doornkop oorrompel het. Daarmee was die Jameson-inval verby.

Al is die Jameson-inval suksesvol afgeweer, was die gevaar vir die Boere nie verby nie. Inteendeel, Brittanje is verneder. Dit is onder hierdie omstandighede wat die Britse regering vroeg in 1897 sir Alfred Milner as die nuwe Hoë Kommissaris na Suid-Afrika gestuur het. Aan Britse kant was Milner waarskynlik die individu wat die grootste aandadigheid aan die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 gehad het. Uit sy optrede lyk dit asof hy geglo het dat dit sy taak was om 'n einde te maak aan die ZAR se vryheid. Hy het hom veral daarop toegespits om die sogenaamde Uitlandervraagstuk uit verband te ruk en uit te buit ten einde druk op die ZAR te plaas.

Milner het besef dat Kruger sy grootste struikelblok was. Vir Kruger was dit weer ewe duidelik wat Milner se planne was. Daarom het hy 'n offensiewe en defensiewe verbond met pres. M.T. Steyn van die Republiek van die Oranje-Vrystaat gesluit. Daarvolgens sou die twee Boererepublieke mekaar bystaaan indien enigeen se voortbestaan bedreig word.

Voorts het Kruger forte rondom Pretoria en in Johannesburg laat oprig en ook begin wapens aankoop, want hy h et oorlog verwag. Uit Duitsland het hy duisende 7 mm-Mausergewere bestel - die beste gewere van daardie tyd. Uit Frankryk het hy Creusot-vestingkanonne bestel - ook die beste wat daar in die wêreld was. Die Boere het die vier swaar vestingkanonne Long Toms genoem. Daarbenewens het die Boere verskeie ander tipes kanonne aangeskaf, waaronder ligte snelvuurkanonne ("pom-poms").

Intussen het Kruger met Milner onderhandel om oorlog te probeer verhoed. Op 31 Mei 1899 was hulle saam in Bloemfontein, waar sowel Milner as Kruger opnuut eise gestel het. Milner het geëis dat die Uitlanders binne vyf jaar se verblyf moet stemreg kry, want hy het geglo hulle sou die Boere in 'n verkiesing klop. Kruger se antwoord was: "Jy wil nie stemreg hê nie, jy wil my land hê!" Tog het hy gedeeltelik aan Milner se eise toegegee. Vir die Britte was dit nie goed genoeg nie en hulle het skeepsvragte soldate na Suid-Afrika begin stuur. Vir Kruger en sy regering was dit duidelik dat 'n oorlog onvermydelik was as hulle nie sommer net voor die Britte wou gaan lê nie

Jackie Grobler

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5