Die Kaapse samelewing onder Britse bestuur, 1806 - 1834

Aan die begin van die 19de eeu is die Kaapse samelewing gekenmerk deur 'n streng klasseverdeling. Die verskillende klasse het bestaan uit die outokratiese regeerders, welvarende grondbesitters, ondernemende sakelui, vrye arbeiders, arm bywoners, gekontrakteerde werkers en slawe. Dié soort samelewingsorde was in daardie tyd tipies van die heersende sosiale bestel in vele lande, veral in Wes-Europa. Saam met hierdie  klasseverdeling was daar ook 'n toenemende rassebewustheid aan die Kaap. Ras en klas het dus in 'n groot mate mense en groepe se status bepaal.

Bykomende poliriserende faktore in die Kaapse samelewing, soos vryheid teenoor gebondenheid, mag teenoor onmag en rykdom teenoor armoede, is uitgebalanseer deur gemeenskaplike behoeftes en verwagtinge wat tot 'n groter eenheidsgevoel gelei het, veral tydens eksterne bedreiging. Dit is daarom verstaanbaar dat dié gemeenskap getraumatiseer is deur die Britse militêre oorname in 1806.

Verwikkelinge aan die Kaap was ten nouste gekoppel aan gebeure in Europa. Net meer as 'n jaar ná die Vredesverdrag van Amiens in 1802 tussen Brittanje en Frankryk gesluit is, het die Britse regering van William Pitt in Mei 1803 weer oorlog verklaar teen Napoleon Bonaparte. Dit was nadat Franse troepe die Duitse stad Hannover beset het uit weerwraak vir die Britte se versuim om  uit die eiland Malta te onttrek, soos by Amiens ooreengekom is. In die seeslag by Kaap Trafalgar, op 21 Oktober 1805, is die Franse vloot verpletter. Dit het Britse oppergesag ter see bevestig en die weg geopen vir 'n betreklik maklike Britse militêre besetting van die Kaapkolonie. die inwoners moes kies tussen openlike verset of gedweë aanvaarding van die nuwe regeringsbestel.

Waarom was die Kaapkolonie belangrik vir Brittanje? In die eerste plek het die Nywerheidsomwenteling in Brittanje 'n vraag na oorsese grondstowwe en afsetgebiede geskep. Die strategiese ligging van die Kaap op die belangrike seeroete tussen Brittanje en die Britse handelsposte in Asië was ook deurslaggewend. Die Kaapkolonie moes as militêre voorpos dien om die Britse handelsbelange in veral Indië te beskerm. In die tweede plek was natuurlike hawens aan die kus van Suider-Afrika uiters beperk. Daarom sou Britse beheer oor die hawens van die Kaapse Skiereiland (Tafelbaai en Simonsbaai) verseker dat vreemde moondhede nie onbeperk die plaaslike geriewe kon gebruik nie. Derdens het Britse amptenare, reisigers, handelaars en sendelinge tydens die eerste Britse bestuur van die kolonie (1795-1803) positiewe indrukke gevorm van die plaaslike inwoners en die omstandighede daar. Danksy die reisbeskrywings en verslae van mense soos John Barrow was Britse besluitnemers in Londen bewus van die potensiaal van 'n gevestigde infrastruktuur en menslike hulpbronne wat tot die beskikking van Britse entrepreneurs in die kolonie sou wees.

Kolonialisme

Kolonialisme is die beleid of strewe van groot moondhede om beheer te verkry en te behou oor ondergeskikte gebiede elders in die wêreld. Voorbeelde van groot Europese moondhede wat sedert die 15de eeu koloniale ryke ver buite hul grense gevestig het, is Spanje, Portugal, Brittanje, Frankryk en Nederland. Die ganse sosiale, ekonomiese en politieke ontwikkeling van die koloniste was aan die oppergesag van die verafgeleë moederland onderworpe. Kolonies moes die moederland bevoordeel as bron van grondstowwe en landbouprodukte, maar ook as afsetgebiede vir die nywerheidsprodukte van die moederland. Bowendien kon kolonies ook alternatiewe verblyf bied aan werklose arbeiders en gefrustreerde entrepreneurs van die moederland. Die begrip imperialisme is verwant aan kolonialisme. Dit omskryf groot moondhede se drang na wêreldwye ryksuitbreiding.

Nuwe besems vee skoon

Die Britse militêre oorname van die Kaapkolonnie is deur doeltreffende strategie en vuurkrag bepaal, maar om die harte van die oorwonne inwoners te wen, was 'n groter uitdaging vir die nuwe gesagvoerders. Generaal David Baird was aanvanklik die waarnemende goewerneur en hy het twee belangrike doelstellings gehad. Eerstens moes hy die kolonie militêr beveillig teen 'n moontlilke Franse besettingsmag. Daarvoor het hy 6 000 Britse troepe tot sy beskikking gehad. Tweedens moes hy siviele sake in die kolonie ordelik bestuur in belang van Brittanje en die plaaslike inwoners. Die bepalings in die akte van oorgawe (1806) en redelilke beloftes moes bevestig word deur geloofwaardige uitvoering. Dit moes al die verskillende groepe in die Kaapse samelewing oorhaal ten gunste van Britse bestuur.

Die Cape Regiment wat tot stand gebring is, het aan sommige ontstamde Khoekhoen en Basters geleentheid gebied om 'n militêre loopbaan voort te sit. Die burgery is gunstig gestem deur Baird se voortsetting van beproefde bestuursinstellings uit die Nederlandse tyd. Die meeste funksionarisse uit die Bataafse tydperk is voorlopig behou. Met duisende Britse soldate in Kaapstad, het die moederstand van die kolonie spoedig 'n Engelse karakter ontwikkel, maar in die buitewyke en op die afgeleë platteland is Nederlands gehandhaaf.

Ter wille van goeie o rde het Baird slegs enkele noodsaaklike veranderinge aangebring. Hy het De Mist se burgerlike huwelikswet afgeskaf, posdienste versnel en die doeaneheffing op Britse goedere verslap. Om verwagte voedseltekorte te oorbrug, het hy graan en rys van Madras in Indië en voorrade van die eiland St. Helena ingevoer. Hy het ook op versoek van die Burgersenaat toegelaat dat Amerikaanse skepe koffie en Indiese katoenstof aflewer. Baird was 'n voorstander van plaaslilke landbou-ontwikkeling, maar dit was net gerig op tydelike voorsiening. Al hierdie maatreëls het hom gewild onder die burgerlike bevolking gemaak.

Met die aankoms van die Graaf van Caledon in Mei 1807 as volwaardige goewerneur, is die Britse versoeningsbeleid voortgesit. Verskeie Britsgesinde ondersteuners uit die burgery is in sleutelposisies in die plaaslike regering aangestel, o.a. Olof Gotlieb de Wet (regter), Willem van Ryneveld (staatsaanklaer), Johannes Truger (fiskaal), Abraham Fleck (weesheer) en Christoffel Brand (poshouer by Simonsbaai). Daarby kan gevoeg word gesiene Kaapse families soos die Cloetes, Van der Bijls en Mijburghs, wat h eeltemal verengels het. Nog 'n faktor wat die beeld van Britse gesag onder die burgery bevorder het, was die aanstelling van bekwame meertalige landdroste, soos Jacob Cuyler (Uitenhage), Adriaan van Kervel (George) en Daniël van Ryneveld (Jan Disselsvlei, later Clanwilliam). Dit het die administrasie in die buitedistrikte aansienlik verbeter en meer toeganklik vir die inwoners gemaak.

Nog 'n vêrsiene maatreël van Caledon was die instellilng van 'n rondgaande hof vir die buitedistrikte in 1811. Dit het beteken dat minstens twee regters jaarliks die verskillende drosdye besoek het en ook na die belange van slawe en Khoekhoen kon omsien. Caledon was ook 'n ondersteuner van sendingwerk onder die Khoekhoen. Tydens sy bewind is die Morawiese sendingstasie Mamre tot stand gebring. Sy bydrae tot die regulering van arbeid om groter stabiliteit te skep, was ook van groot waarde (sien die volgende afdeling).

Caledon se herorganisasie van die Lombard Bank, wat in 1793 as eerste bankinstelling aan die Kaap gestig is, en ander finansiële reëling, het die ekonomie van die  kolonie op 'n gesonde grondslag geplaas. Hy het die produksie van wyn, graan en wol deur die inwoners probeer aanmoedig, maar met slegs beperkte sukses. Die owerheid se funksionering is ook verbeter deur die oprigting van talle nuwe regeringsgeboue.

Caledon het eerstehandse kennis oor die buitedistrikte ingewin deur majoor Richard Collins op twee inspeksiereise te stuur. Die verslae van hierdie Britse offisier het die erns van die Boesmangevaar in die noordelike gebiede en Xhosa-invallers in die Suurveld beklemtoon. Caledon se grensbeleid was aarselend, want hy wou nie enige drastiese maatreëls tref terwyl die Napoleontiese oorloë in Europa gewoed het nie. Hy wou ook owerheidsuitgawes beperk. Hy het simpatie met die inwoners van die kolonie gehad weens hul veeverliese, maar die hantering van die probleme aan sy opvolger oorgelaat.

Uiteindelik het Caledon, 'n edelman sonder militêre agtergrond, in konflik gekom met generaal Henry Grey, die bevelhebber van die Kaapse garnisoen. Grey het aangedring op die hoogste uitvoerende militêre gesag, sonder inmenging van die burgerlike goewerneur. Hierdie skeiding van magte was 'n ernstige dilemma waaroor die Britse regering uitsluitsel moes gee. Om soortgelyke probleme in die vervolg te verhoed, was Caledon se opvolgers ok Britse generaals.

Onder goewerneur sir John Cradock het verdere versoening vanaf 1811 plaasgevind tussen die Britse bewindhebbers en die plaaslike inwoners. Dit was sy taak om die Vierde Grensoorlog te organiseer nadat enorme lewens- en stoflike verliese in die voorafgaande jare deur die kolonie se inwoners gely is vanweë toenemende aanvalle deur die Xhosa. 'n Gekombineerde offensief deur Britse troepe en burgerlike kommando's het die Visriviergrens gestabiliseer. Cradock se reisindrukke van 1813 tot 1814 en die maatreëls wat hy daarna ingestel het, het ook onderlinge gesindhede tussen die burgrs en die owerheid verbeter.

Cradock se blywende bydrae was die instel van die ewigdurende erfpag wat die ou leningsplaasstelsel vervang het. Dit het meegebring dat burgers meer sekerheid oor erfreg kon hê. Die goewerneur het ook vrye skole vir die inwoners ingestel. In die loop van nege jaar het die nuwe owerheid daarin geslaag om 'n paternalistiese, maar stabiele verhouding met die verskillende bewoners van die kolonie op te bou.

Moederstad Kaapstad

Onder Britse bestuur het Kaapstad bestendig uitgebrei as administratiewe en handelsentrum. Teen 1815 was die permanente inwonertal van Kaapstad nagenoeg 15 600 persone. Net meer as 'n dekade later was dit reeds 26 000/ Die een helfte van die inwoners was slawe en vrye arbeiders van kleur. Die ander helfte was regeringsamptenare en sakelui.

Duisende Britse soldate is tydens die Napoleontiese oorloë in Kaapstad gestasioneer om die kolonie teen moontlike vyandige besetters te beskerm. Dit h et die plaaslike mark bevoordeel deur 'n handige afsetgebied te skep. Die vermindering van doeanetariewe het die uitvoer van die kolonie se wisselvallige wyn- en graanproduksie deur die Kaapse hwe vergemaklik. Besoekers aan die stad kon huisvesting vind in talle herberge en verskeie taphuise het drank verskaf aan reisigers en inwoners. Die vooraanstaande stadsbewoners het gewoonlik op groot persele, met inbegrip van werkerskwartiere, perdestalle en grond vir tuinbou, in die stadskom gewoon.

Die mees opvallende gebou in Kaapstad was die vyfpuntige Kasteel uit die Kompanjiestyd. Dit is kuslangs ondersteun deur die artilleriebatterye van Fort Knokke, Roggebaai, Amsterdam, Chavonnes en Mouille. Die parade langs die Kasteel en militêre kaserne vir 2 000 soldate het die militêre inrigting afgerond. Ander opvallende bakens in die stad was die goewerneurswoning by die ou Kompanjiestuin (sy somerverblyf was Rustenburg by Nuweland), die Groote Kerk aan die Keizersgracht (later Adderleystraat), die Burgerwachthuis (aan Groentemakplein), die Latynse Skool, die Slawelosie en die Gevangenis.

Kaapstad se moderne voorkoms is teen 1834 ook beklemtoon deur die toevoeging van 'n openbare biblioteek, museum, sterrewag, vuurtoring en beter hospitaalgeriewe. Hoewel die stofstrate en ongeordende verkeer veel te wense oorgelaat het, is onder die Britse bestuur beter straatbeligting (olielanterns), watervoorsiening (pypstelsel) en laaigeriewe (Roggebaai-rede) aangebring.

Die burgers en die Khoekhoen onder die Britse bewind

Onder Britse bestuur het die verskillende bevolkingsgroepe in die kolonie hul lank vasgelegde patroon van bestaan voortgesit. Benewens die Kaapse amptenary en sakelui was die oorgrote meerderheid van die wit bevolking Nederlands-Afrikaanse burgers wat 'n lewe as grondbewerkers en veeboere gemaak het. Hulle was sowat 26 000 in getal (mans, vroue en kinders) en het die spreekwoordelilke ruggraat van die kolonie se landbou-ekonomie gevorm. In die suidwestelike deel van die kolonie was betreklik welvarende graan- en wynboere gevestig.

In die uitgestrekte noordelike en oostelike grensdistrikte het die armer skaap- en beesboere redelik nomadies geleef. Hierdie boere was baie individualisties. Hulle was gespeen van Europa en gewortel in Afrika - vandaag hul toenemende gebruik van die benaming "Afrikaners" om na hulself te verwys. Vir oorlewing moes hierdie b eolkingsgroep aanpas by die dikwels strawwe klimaat, onherbergsame omgewing en vyandige elemente. Armoede het hulle verplig om ondernemend, hardwerkend en selfonderhoudend te wees. Hulle moes noodgedwonge mekaar tydens krisisse help. Teenoor vreemdelike was hulle gewoonlik gasvry, maar nie bereid om goed bedoelde wenke te aanvaar nie. Hul boerderymetodes het vir die buitelanders dikwels primitief en ondoeltreffend voorgekom. Hulle was grotendeels afhanklik van ongeskoolde hande-arbeid.

Die meeste Nederlands-Afrikaanse burgers was uiters flegmaties en selfs apaties ingestel teenoor die Britse veroweraars van die Kaap, maar in hul gemoed was hulle anti-Brits. Hul affiniteit teenoor nederland het lank ná die Britse oorname nog voortgeleef in tipiese gebruike en uitdrukkings. Hoewel die meeste burgers nie gevorderde skoolopleiding ontvang het nie, het hulle tog oor basiese lees-, skryf- en rekenvaardighede beskik. In relatiewe afsondering het h ulle mettertyd saam met die ander bewoners van die kolonie 'n vroeë vorm van Afrikaans as spreektaal in die huis en werkplek ontwikkel.

Die burgers was in die algemeen godsdienstig ingestel en geheg aan die Bybel as rigsnoer van hul lewe. Die veeboere in die afgeleë binneland was ver van kerke en predikante en blootgestel aan morele verval. Hulle was veral bevooroordeeld teenoor die inheemse bevolking van die kolonie en het hulle beskou as van 'n laer sosiale rang.

Die burgers het nie juis deelgeneem aan die politiek nie, maar hulle het tog kennis gedra van plaaslike sake by die distriksdkrosdy, wat later as die magistraatskantoor bekend gestaan het. Die eerste periodieke publilkasies vir die burgers in Nederlands van Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tijdschrift (1824) en die koerant De Zuid-Afrikaan (1830). Dit het geleentheid gebied aan skrywers uit eie geledere, soos Meent Borcherds, Christoffel Brand, Abraham Faure en Jacques Smuts, om 'n kritiese mondstuk van die burgers te wees.

Benewens die burgers, het die ontstamde Khoekhoen- en Bastergemeenskappe 'n tweede komponent van die arbeidsektor in die kolonie uitgemaak. Met die Britse oorname in 1906 het nagenoeg 20 000 van hulle verspreid in die kolonie gewoon. Dit het ook persone van gemengde afkoms ingesluit, maar nie die Khoekhoen wat buite die koloniale grense gewoon het nie. Toe Caledon as goewerneur aangestel is, was die Khoekhoen op regsgronde amptelik vry en onafhnklik. Hulle het geen belastings aan die owerheid betaal nie en was nie onderworpe aan diensplig nie. Hulle kon gaan waar hulle wou, solank hulle nie op die private eiendom van die burgers oortree het nie.

Die oorlbywende stamkapteins in die kolonie het geen noemenswaardige gesag meer oor hul mense uitgeoefen nie. Voorbeelde van sulke stamkapteins wat nog teen 1809 deur die owerheid finansieel vergoed is, was Christlief Booda en Paulus (Daalie) Haas van Genadendal, Hans Klapmuts van Groenekloof en Hans Mozes en Claas Kees van Swellendam. Caledon het besef dat die tradisionele stelsel van stamregering uitgedien was. Slegs 'n klein aantal Khoekhoen het nog as veeboere in die erkende krale of reservate in die kolonie gewoon. Die meeste Khoekhoen het 'n bestaan gevoer as tydelike of permanente arbeiders in diens van die burgers. Ander het weer by sendingstasies (soos Genadendal, Mamre en Bethelsdorp) of as soldate in die Cape Regiment by Wynberg 'n heenkome gevind. Die res was grondlose plakkers of het rondgeswerf en van bedel of diestal geleef.

Teen 1809 was die wetlike posisie van die Khoekhoen in die kolonie steeds onseker. Die goewerneur het om hierdie rede besluit om die vroeëre aanbevelings van fiskaal Willem van Ryneveld te aanvaar. Dit het beslag gekry in Caledon se proklamasie op 1 November 1809 wat die Khoekhoen ten volle onder die jurisdiksie van die kolonie se howe geplaas het. Dit het beteken dat hul burgerskap wetlik erken is en alle Khoekhoen in die vervolg 'n vaste woonplek moes hê. Wanneer Khoekhoen in diens van burgers getree het, moes 'n behoorlike dienskontrak in triplikaat opgestel word, sodat die werker, werkgewer en landdros 'n rekord daarvan kon hê. Die doel was om die belange van alle partye te beveililg. 'n Geskrewe verlofbrief (pas) is vereis wanneer Khoekhoen reise elders in die kolonie wou onderneem. Dit het diefstal en die Khoekhoen se rondswerwery doeltreffend beperk.

Die negatiewe gevolg van Caledon se proklamasie was dat dit die bewegingsvryheid van Khoekhoen drasties ingeperk en werkers aan 'n werkgewer gekoppel het. Dit het ook die Khoekhoen se werkstatus op ongelyke vlak met dié van die burgers gestel. Vanuit owerheidsoogpunt het dit groter werkstabiliteit geskep in 'n tyd toe die kolonie onder chroniese arbeidstekorte gebuk gegaan het. Dit het weer eens bevestig hoe noodsaaklik 'n stabiele arbeidsmag vir ekonomiese vooruitgang is. Die proklamasie het egter niks bevat wat die Khoekhoen kon help om private eiendom te verkry en onafhanklike veeboere te word nie. Sonder kapitaal was die enigste alternatief vir ondernemende Khoekhoen om soos die trekboere buite die grense van die kolonie uit te wyk.

Cradock het Caledon se proklamasie in 1812 uitgebrei. Alle agt- tot agtienjarige Khoekhoenkinders is by goedgekeurde burgers ingeboek om goeie arbeidsgewoontes aan te leer. Hulle moes van kos en klere voorsien en volgens Christelike beginsels opgevoed word. Eers in 1828 het 'n nuwe ordonnansie (no. 50) van goewerneur Richard Bourke die posisie van die Khoekhoen verbeer. Daar is na hulle verwys as vrye persone van kleur met volle burgerskapregte. Arbeidskontrakte sou hulle nie meer aan 'n bepaalde woonplek koppel nie. Die vereiste verlofbriewe (pas) om te mag reis, is afgeskaf en individuele besitreg op eiendom is bevestig. Die groot leemte van h ierdie ordonnansie was dat dit nog nie ekonomiese gelykheid kon bewerkstellig nie.

Die deug van volhoubare arbeid onder die Khoekhoen is ook deur verskeie Christelike sendinggenootskappe in die kolonie bevorder. Die Morawiese Genootskap het baanbrekerswerk by Genadendal gedoen en driekwart van die sowat 800 inwoners was gedoop. Hulle is in een of ander ambag geskool, bv. as wamakers, hoefsmede, kuuipers, transportryers, handelaars, meulenars, messelaars, posbodes en vroedvroue. Die meeste inwoners was egter steeds arbeiders op die omliggende plase.

Caledon het in Desember 1807 'n stuk grond by Groenekloof (aan die weskus, digby Kaapstad) vir 'n tweede Morawiese sendingstasie, Mamre, goedgekeur. In 1816 is 'n verdere Morawiese sendingstasie, Enon, in die distrik Uitenhage begin. Die Morawiese sendelinge het ook 'n instituut vir melaatses, Hemel-en-Aarde, aan die Onrustrivier bedryf en nog 'n sendinstasie by Elim (digby Kaazp Agulhas) gestig. In 1830 het sendelinge van die Rynse Genootskap uit Duisland ook Wupperthal in die Sederberg en Ebenezer aan die Olifantsrivier in navolging van die landbu- en handelspatroon van Genandendal aangelê, terwyl sendelinge van die Berlynse Genootskap vanaf 1834 sowel in Transoranje as in die Klein-Karoo stasies gestig het.

Die sendingstasie Bethelsdorp van die Londense Sendinggenootskap (LSG) was in die distrik Uitenhage geleë. Luitenant-kolonel Richard Collins het in 1809 bevind dat die wonings van die Khoekhoenbewoners vuil en onooglik was. Hulle het volgens hom lusteloos voorgekom. Die inwoners het van die skrale opbrengs van hul koringlande en vee geleef. Slegs 66 van die 639 inwoners was gedoop en slegs 43 het 'n nuttige beroep beoefen, hoewel die sendelinge, James Read en dr. J.T. van der Kemp, probeer het om hulle basiese lees- en skryfvaardighede te leer. Die sendelinge het ook verslae aan die direkteure van hul sendinggenootskap gestuur waarin gemeld is dat die Khoekhoen ernstig deur burgers mishandel word.

Gevolglik is die kaapse goewerneur deur die Britse regering gelas om dié klagtes te ondersoek. Van der Kemp is in Desember 1811 oorlede voordat die rondgaande hof, ook bekend as die Swarte Ommegang, die bewerings kon aanhoor. Uiteindelik is 17 gevalle van moord en 15 van aanranding voorgelê, asook 'n aantal klagtes van weerhouding van lone deur werkgewers. Nie een van die moordklagtes kon bewys word nie en slegs 'n paar beskuldigdes is uiteindelik beboet. Hierdie verhoor het die onderlinge verhoudinge tussen die burgers, die owerheid, die Khoekhoen en die sendelinge vertroebel.

Dr. John Philip, wat in 1819 as superintendent van die LSG in die Kaapkolonie aangestel is, het as politieke pleitbesorger vir Khoekhoen opgetree. Sy boek Researches in South Africa het in 1828 groot opspraak aan die Kaap en in Brittanje gewek. Dit het die kompleksiteit van die uiteenlopende samelewingsverhoudinge in die kolonie blootgelê. ander sendingstasies van die Londense Genootskap tydens die eerste deakes van Britse bestuur was Zuurbraak (1811), Pacaltsdorp (1813), Theopolis (1814) en Hankey (1822).

Die broers Albrecht en William Anderson, sendelinge van die Londense Genootskap, was ook werksaam buite die kolonie, noord van die Gariep, by Warmbad en Klaarwater. By hierdie plekke is onderskeidelik die Namas en Griekwas bearbei.

Wat die militêre lewe betref, het die Cape Regiment tussen 1806 en 1817 'n belowende loopbaan vir manlike Khoekhoen gebied. Tussen 500 en 700 manskappe is daarin opgeneem. Dit het weliswaar die algemene arbeidstekort in die kolonie vergroot, maar 'n beter lewlenskwaliteit vir die manskappe verseker. Die regiment het 'n belangrike rol aan die Oosgrens van die kolonie vervul, waar dit in offensiewe operasies en defensiewe ontplooiing gebruik is. Die eerste aanvoerder van die regiment was die ervare luitenant-kolonel John Graham. Die veldprediker van die regiment was die Nederlandse sendeling Aart van der Lingen wat gemaklik met die soldate kon kommunikeer.

Nadat hierdie regiment om finansiëe redes in 1817 ontbind is, is 'n nuwe, maar kleiner eenheid tot stand gebring, die Cape Corps of Infantry and Cavalry onder bevel van majoor George Sackville Fraser. Khoekhoensoldate is die eerste keer amptelik as berede infanterie, gewapen met kortloop-karabyne, opgelei. In 1827 is hierdie koloniale korps vervang deur die imperiale Cape Mounted Riflemen onder bevel van luitenant-kolonel Henry Somerset.

Vryheid vir die slawe

Die slawe het die derde belangrike komponent van die arbeidstruktuur aan die Kaap uitgemaak. By die aanvang van die Britse bewind in 1806 was daar ruim 29 000 slawe. Die Britse parlement se verbod in 1807 op enige slawehandel per skip na sy kolonies het nie 'n einde gebring aan slawerny in die kolonie nie, maar dit het wel beteken dat nuwe slawe nie meer ingevoer kon word nie.

Byna 'n derde van die slawe het in Kaapstad gewoon, terwyl die res veral in die Wes-Kaapse graan- en wynproduserende gebiede gewerk het. Slawe-arbeid het die hoeksteen gevorm van die ganse landbou-ekonomie van die kolonie. Die aard van slawe-arbeid het onder Britse bestuur nie juis veel verander nie. Sommige slawe is gebruik vir ongeskoolde arbeid, terwyl ander weer bedrewe ambagslui was.

Die reisiger William Burchell het bevind dat slawe van Maleise afkoms wat in Kaapstad gebore is, die waardevolste belegging was. Hulle is gebruik as geskoolde ambagslui en is ten duurste uitverhuur deur hul eienaars. Sulke manlike slawe is opgelei as skrynwerkers, hoefsmede, wamakers, messelaars, e.d.m., asook in allerlei ander praktiese vaardighede. Vroulike slawe is dikwels opgelei as kleremakers, verpleegsters, kokke en  huishoudelike versorgers. 'n Slaaf se finansiële waarde i s uiteindelik bepaal deur die intrinsieke waarde van sy/haar arbeid. Gesogte slawe het dikwels meer vryheid en verantwoordelikhede geniet as ander slawe. Slawe wat jare l ank getroue diens aan 'n eienaar gelewer het, was soms baie geheg aan die eienaar en familie. Hulle is dan ná die eienaar se dood uit slawerny bevry, veral as hulle gedoop kon word as Christene. Tydens die Britse bestuur van die kolonie is sowat 1 000 slawe vrywillilg vrygestel deur hul eienaars. Desondanks was daar teen 1834 nog sowat 39 000 slawe in die Kaapkolonie geregistreer.

Die lewe van slawe was in die algemeen baie moeilik en veeleisend. Daar was swaar beperkinge op hul persoonlike lewe en  hulle was in alle opsigte aan hul eienaar verbonde. Slawekinders is soms van hul ouers geskei en familieverbintenisse geïgnoreer. In die hof is slawe se getuienis nie geredelik aanvaar nie. Oortredings wat begaan is, is swaar gestraf, want strafoplegging moes as afskrikmiddel dien.

Die Nederlandse reisiger Marten Teenstra het die Overbergse plaasboere se leefwyse teen 1820 beskryf as "lui en lekker" omdat alle arbeid deur slawe verrig is. Hy het die slawe beskryf as "tamme huisdieren". Volgens Teenstra het die Kaapse burgers geredeneer dat slawerny volgens die Bybel wettig is en dat slawe beter na liggaam en siel deur die eienaars versorg word as om hulle toe te laat om in vryheid te krepeer van armoede.

Dat nie alle slawe vreedsaam en onbesorg tydens die Britse bestuur aan die Kaap geleef het nie, het duidelik geblyk uit die slawe-opstand van 27 Oktober 1808. Twee plaaslike slawe, Louis van Mauritius en Abraham, is deur twee Iere, die dagloner James Hooper en die matroos Michael Kelly, aangespoor om 'n opstand te begin. Hulle het uiteindelik 331 slawe as volgelinge van ongeveer 34 plase in die omgewing van Koeberg, Tygerberg en Swartland versamel om hu vryheid van die fiskaal in Kaapstad op te eis. Tydens hul opmars het hulle twaalf waens en vier saalperde gekonfiskeer en ook verskeie gewere en buskruit op plase buitgemaak. Die bejaarde Adriaan Louw is oor die kop geslaan en Christiaan Storm is byna nakend op 'n wa gelaai en van sy p ersoonlike besittings beroof. Die optog het in twee groepe verdeel en Soutrivier genader waar nog perde, waens en ammunisie gebuit is.

Goewerneur Caledon het onmiddellik 'n afdeling kavallerie en infanteriste opdrag gegee om die opstandelinge aan te keer. Hulle het sonder weerstand oorgegee. Uiteinde is 51 van die opstandelinge verhoor en gevonnis. Vyf van die voorlopers, o.a. die slaaf Abraham en die dagloner Hooper, is ter dood veroordeel en nog 34 slawe is tot gevangenskap en lyfstraf gevonnis. Hierdie opstand het getoon dat die slawe se vryheidsdrang groter was as die beperkte beskerming wat hulle in diens van  hul eienaars geniet het. Dit is opvallend dat hierdie opstand nie teen spesifieke slawe-eienaar gemik was nie, maar ontwikkel het as 'n desperate poging van slawe om hul vrystelling van die owerheid te verkry.

Ná 1815, in die nadraai van die Franse Revolusie en die Verligting, het die invloed van die filantrope toegeneem in Brittanje. Hulle wou o.m. die lot van sawe in die Britse kolonies verbeter. In die Britse parlement het politici soos william Wilberforce en Thomas Buxton die groot kampvegters vir verligte slawewetgewing geword. Vanaf 1816 moes daar in elke distrik van die Kaapkolonie 'n slaweregister wees sodat getalle en verkope by die drosdy gekontroleer kon word. Die verkoop van sawe is ook deur die owerheid belas.

Toe die slaaf Joris op 10 September 1822 op die plaas Simonsvlei naby Klapmuts op wreedaardige wyse doodgeslaan is in opdrag van die 22-jarige Wilhelm Gebhart, is geregtelike stappe teen die eienaar ingestel. Hy is in die hooggeregshof sonder versagtende omstandighede skuldig bevind en ter dood veroordeel. Selfs 'n brief van dr. John Philip van die LSG aan goewerneur Somerset om begenadiging, was tevergeefs. Die teregstellilng van Gebhart op 15 November was 'n uitsonderlike voorval, maar het slawe-eienaars opnuut daaraan herinner dat hul slawe op 'n menswaardige wyse behandel moet word.

In 1823 het 'n belangrike slaweproklamasie gevolg. Dit het die werkstyd van slawe beperk tot 'n maksimum van twaalf uur per dag in die somer en tien uur per dag in die winter. Sondae moes slawe geen gedwonge arbeid verrig nie. Huwelike van slawe is amptelik erken en die afsonderlike verkoop van slawefamilies is verbied. Slawe is toegelaat om private besittings te hê. Hulle moes behoorlik gevoed en geklee word. Lyfstraf vir oortredings is beperk tot 25 houe. Slawekinders in Kaapstad en groter dorpe is verplig om basiese skoolonderrig te ontvang.

Ondanks al hierdie verligte maatreëls het daar in 1824 'n slawe-opstand in die distrik Worcester (voorheen Tulbagh) uitgebreek. 'n Slaaf genaamd Galant het 'n aantal slawe aangespoor om dadelik hul vryheid met geweld op te eis. In dié konflik is twee burgers gedood en verskeie gewond, maar die slawe is uiteindelik aangekeer en ter dood veroordeel. Dit is te betwyfel of hierdie opstand spesifiek aan die slawewetgewing van 1823 toegeskryf kan word.

In 1826 het 'n verdere slawe-ordonnansie (no. 19) bepaal dat enige slaaf wat ernstig mishandel is, dadelik in vryheid gestel moes word. 'n Slawebeskermer is in Kaapstad aangestel met assistenbeskermers in die verskillende distrikte. Hierdie wet het slawe aangemoedig om klagtes voor te lê oor beweerde vergrype van eienaars. Dit het slawe-eienaars hewig ontstel. 'n Openbare vergadering is in Jullie in Kaapstad belê. Die slawe-eienaars het hulle ten gunste van geleide vrystelling uitgespreek, maar was sterk gekant teen enige vermindering van  hul gesag oor die slawe. 'n Soortgelyke vergadering is in Oktober in Graaff-Reinet gehou. Daar is aanbeveel dat slawekinders by geboorte vrygestel moet word. Vir sulke manlike suigelinge moes die owerheid vergoeding aan die eienaars betaal, maar vroulike babas sou geen vergoeding meebring nie.

Die Britse regering het ná 1830 alle slawewetgewing in die kolonies gekonsolideer en nog strenger bepalings neergelê. Hierdie wetgewing was veral gemik op slawerny in die Wes-Indiese Eilande, maar was ook van toepassing op die Kaapkolonie. Voortaan mog slawe nie langer as nege uur per dag werk verrig nie. Lyfstraf vir slavinne was verbode en manlike slawe wat oortree het, sou nie meer met 'n sweep geslaan word nie. Elke slawe-eienaar moes 'n strafboek aanhou wat twee keer per jaar deur die slawebeskermers geïnspekteer oes word. Slawe-eienaars het hulle beroep op hul natuurlike instink om reg te laat geskied. Ná hewige teenkanting in 1831 is die inspeksievereistes verslap en net van toepassing gemaak op die omgewings van Kaapstad en Grahamstad. Sowat 2 000 eienaars het nogtans op 17 September 1832 in Kaapstad byeengekom om te protesteer teen inmenging deur die Britse regering in die kolonie.

Slawerny kon nooit moreel geregverdig word nie. Dit was 'n euwel wat beëindig moes word omdat dit die waardigheid, persoonlike vryheid en verantwoordelikhede van mense misken het. Uiteindelik het die Britse parlement in Augustus 1833 besluit om slawerny amptelik in al die kolonies te beëindig met ingang 1 Desember 1834. Daarna sou die vrygestelde slawe nog vier jaar lank by hul voormalige eienaars ingeboek bly. Daar is bepaal dat eienaars vergoed sou word, maar dit was onder die werklike k oopwaarde van slawe. Die uitbetalings sou ook net in Londen geskied deur middel van Britse skuldbriewe. Die gevolg was dat slawe-eienaars groot finansiële verliese gelyk het en soms deur agente uitgebuit is.

Hoewel die meeste burgers in die kolonie nie gekant was teen die vrystelling van slawe nie, het hulle 'n meer geleidelike oorgang gesteun. Die slawe het natuurlik hul emansipasie met groot vreugde verwelkom, maar is spoedig ontnugter deur die werklikhede daarvan om hulself te moet onderhou. Baie slawe kon niks anders as ongeskoolde werk doen nie, maar moes nou op die ope mark meeding met ander vrye ondernemers. Die chroniese arbeidstekort in die kolonie het die meerderheid vrygesteldes egter wel van minstens laagbesoldigde werkgeleenthede verseker.

Die troebele Oosgrens

Die situasie in die oostelike grensgebied van die kolonie is in die eerste dekades van Britse bestuur vertroebel deur botsende aansprake en behoeftes van verskillende belangegroepe. Die Suurveld, tussen die amptelike Visriviergrens (1780) en die Boesmansrivier, was die brandpunt van intense konflik met ongemagtigde gereelde invalle, diefstal en moord. Daar was soms wel betreklik vreedsame interaksie tussen die groepe by onderhandeling of ruilhandel. Vier belangrike rolspelers het die toneel oorheers: die owerheid (verteenwoordig deur burgerlike amptenare en militêre maghebbers), die wit landelike burgery (bees- en skaapboere), die ontstamde Khoekhoen (insluitend die Gonakwas) en die getalryke Xhosastamme (almal veebesitters).

Die owerheid moes teen elke prys oppergesag oor die oostelike grensgebiede behou, maar met die minste uitgawes. Waar onderhandelinge en ooreenkomste misluk het, moes die troepe ondeer Britse bevel verkieslik net as reserwemag diens doen. Die priêre verantwoordelikheid vir die beveililging van die Oosgrens het dus berus by die landelike burgery en lojale Khoekhoen. Hulle is in noodgevalle in kommando's vir diens opgeroep. Die vyand was gewoonlik die nomadiese Boesmanjagters aan die kolonie se noordgrens en die Xhosa-indringers aan die Oosgrens. Die nypende tekort aan arbeiders het sommige burgers genoodsaak om in tye van relatiewe vrede onwettig plaaswerkers onder die Xhosa te werf en ruilhandel te bedryf. Intussen het Xhosaveeboere die vrugbare Suurveld toenemend binnegedring op soek na beter weivel en ook vanweë oorbevolking in die streke oos van die Visriviergrens.

Caledon het kennis geneem van die toenemende veediefstalle en lewensverliese in die Oosgrensdistrikte. Die Xhosa-opperhoof Ndlambe het oor 'n leër van sowat 3 000 krygers beskik en was die magtigste militêre faktor in die Suurveld. Sy aartsvyand, Ngqika, die opperhoof van die Rarabe, was in die Tyumievallei oos van die Katrivier gevestig wat buite die amptelike koloniale grens was. Ander Xhosahoofmanne in die omstrede Suurveldomgewing was die bejaarde Chungwa, Ngqueno, Habana, Kassa en Galata. Hulle kon nie hul volgelinge van veediefstalle weerhou nie. Sommige Xhosa het ook die gebiede Bruintjeshoogte, Winterhoek, Zwagershoek en Tarka binnegedring op soek na weiveld. In 1810 is meer as 1 000 beeste van burgers in die distrik Uitenhage gesteel.

Die burger Isaac Joubert, twaalf Khoekhoenveewagters en twee slawe is deur die Xhosa-invallers doodgemaak. Die landdros, majoor Jacob Cuyler, was oortuig dat die gesteelde beeste verder ooswaarts oor die grens geneem is en nie maklik teruggevind sou word nie. Ook in die distrik Graaff-Reinet het diefstalle en geweldpleging toegeneem. Op grond van die aanbevelings van luitenant-kolonel Richard Collins het die owerheid net een oplossing gehad. As vredevolle oorreding nie slaag nie, moes die Xhosa-indringeers met militêre mag permanent uit die Suurveld en omliggende gebiede oor die Visriviergrens gedwing word. Dit moes met die minste moontlike bloedvergieting plaasvind. Kaptein Abiathar Hawkes, bevelvoerder van 'n aantal Britse dragonders, het in Junie 1811 aan die landdros van Graaff-Reinet berig dat groot getalle burgers hul plase in die streek Bruintjeshoogte verlaat het uit vrees vir die geweld van die plunderaars.

Die onvermydelike Vierde Oosgrensoorlog het in Desember 1811 uitgebreek. Dit was nadat Britse troepeversterkings deur die nuwe Kaapse goewerneur, sir John Cradock, van Kaapstad na die Oosgrens gestuur is. As kommissaris en plaaslike opperbevelhebber van die gewapende magte is die bekwame luitenant-kolonel John Graham van die Cape Regiment aangestel. Die reserwemag was onder bevel van majoor Thomas Lyster in Graaff-Reinet. Die offensiewe mag was in drie afdelings verdeel. Die regtervleuel was onder bevel van majoor Cuyler, die linkervleuel onder landdros Anders Stockenström sr. en die sentrale mag is gelei deur kaptein George S. Fraser. By al hierdie afdelings was gewapende burgers saam met die troepe onder Britse bevel ingedeel, maar hulle het onder direkte beheer van hul eie veldkommandante en veldkornette gestaan.

Intussen het landdros Stockenström die versekering van opperhoof Ngqika gekry dat hy nie sou verhoed dat Ndlambe se volgelinge hulle oos van die Visrivier, buite die kolonie, op bevel van die Britse owerheid vestig nie. Graham het Ngqika se belofte gewantrou, maar dit was vir die Britse owerheid 'n positiewe wending om aan al die Xhosa 'n toevlug buite die Suurveld te kon bied. Stockenström, 'n Bastertolk en agt burgers van sy eskort is egter onverwags op 29 Desember 1811 by Doornnek in die Zuurberg deur hoofman Kassa se volgelinge om die lewe gebring toe hy probeer het om hulle te oorreed om oor die Visrivier terug te trek.

Die gekombineerde koloniale taakmag, sowat 800 soldate en gewapende burgers onder die opperbevel van Graham, het vroeg in 1812 'n veldtog teen die Xhosa van opperhoof Ndlambe geloods. Binne twee maande is sowat 20 000 Xhosa uit die kolonie verdryf, mar dit het nie vrede gebring nie. Om moontlike oorskrydings van die Visriviergrens in die vervolg te verhoed, moes minstens 22 wagposte opgerig en gereelde patrollies onderneem wordm 'n Permanente militêre en administratiewe sentrum is in 1912 in die Suurveld ingerig en Grhamstad genoem. Dit het spoedig die hoofsetel van die nuwe subdistrik Albany geword.

Die relatiewe vrede was van korte duur. Veediefstalle is oor die uitgestrekte Visriviergrens hervat. Die nuwe goewerneur, lord Charles Somerset, het in April 1817 samesprekings gehou met Ngqika en sy oom Ndlambe in die teenwoordigheid van verskeie hoofmanne van die Katriviervallei. Somerset het die omstrede spoorstelsel aangekondig. Daarvolgens moes die kraal waarheen die spoor van gesteelde vee gelei het, volledige vergoeding verskaf aan die koloniale eisers, ongeag of die vee gevind word of nie. Omdat die Britse regering die oppergesag van slegs Ngqika erken het, moes hierdie opperhoof die eind-verantwoordelikheid met teësinnigheid aanvaar. Sy dilemma was dat Xhosa-hoofmanne normaalweg selfstandig gesag uitgeoefen het oor hul volgelinge.

Ontevredenheid en twis in eie geledere het uitgebrei toe Ngqika geaarsel het om op te tree toe die koloniale owerheid aandring op vergoeding vir beweerde diefstalle. Die gevolg was dat majoor G.S. Fraser in Januarie 1818 met 'n koloniale kommando beslag gelê het op meer as 2 000 beeste van Ndlambe se volgelinge. Roof en plundery het daarna tussen die verskillende stamme toegeneem. Dit was die ideale geleentheid vir Ndlambe om sy mag ten koste van Ngqika uit te brei.

In Junie 1818 het 'n bloedige slag tussen Ndlambe en Ngqika se magte op die Amalindevlakte naby Debenek in die Suurberg plaasgevind. Ngqika se magte is verpletterend verslaan. Uit sy skuuilplek i n die Winterberg het Ngqika by die Britse owerheid gepleit om militêre hulp. Goewerneur Somerset het dit as 'n ideale geleentheid beskou om die Oosgrensgebied te bestendig. Luitelant-kolonel Thomas Brereton het met 'n gemengde mag van infanteriste en berede vrywilligers Ndlambe se gebied binnegeval. Dit het die Vyfde Grensoorlog ingelui. Sowat 23 000 beeste is gebuit, maar Ndlambe en sy volgelinge het direkte botsings vermy en in die bosse gaan skuil. Ngqika is met 9 000 beeste vergoed en die res is vir koloniale uitgawes aangewend.

Ndlambe se militêre mag was nie gebree nie. Onder invloed van die legendariese toordokter Nxele, ook bekend as Makhanda of Lynx (vanweë sy linkshandigheid), is groot getalle Xhosakrygers vwersamel om die kolonnie binne te val. Intussen het luitenant-kolonel Thomas Willshire militêre voorbereidings vir 'n offensief teen Ndlambe begin tref, maar voordat uitvoering hieraan gegee kon word, het sowat 10 000 Xhosakrygers Grahamstad helder oordag aangeval op 22 April 1819. Dit was 'n dorp met slegs sowat 350 wit inwoners waarvan die meerderheid militêre personeel was. Toevallig was daar daardie dag in Grahamstad ook 130 Khoekhoenjagters van die sendingstasie Theopolis teenwoordig saam met hul leier Boesak.

Die geveg is ná twee-en-'n-half uur beëindig. Die uuitslag het uiteindelik nie op getalle berus nie, maar was te danke aan die vuurkrag, berekende taktiek en kalme optrede van die verdedigers. Die aanvallers se verliese was groot. Sowat 1 000 Xhosakrygsmanne is gedood of gewond. In die geledere van die verdedigers het slegs drie gesneuwel en is vyf gewond.

Die suksesvolle verdediging van Grahamstad het Willshire aangespoor om op 22 Junie met mag en mening 'n koloniale teenoffensief teen Ndlambe te loods. Die kommando is saamgestel uit 500 infanteriste en dragonders, saam met opgekommandeerde burgers onder leiding van die jeugdige Andries Stockenström (sien hieronder). Duisende stuks vee is gebuit by die terugvallende Xhosa. Op 15 Augustus 1819 het Nxele homself oorgegee nadat Ndlambe met die meeste van sy volgelinge na die Keirivier uitgewyk het. Sy militêre mag was gebreek en dit het die einde van die Vyfde Grensoorlog beteken. Hintsa, die opperhoof van die Galeka, het aan Ndlambe skuiling gebied. Op aandrang van goewerneur Somerset is die gebied tussen die Vis- en Keiskammarivier as 'n neutrale buffersone verklaar. In werklikheid het die oostelike grens van die Kaapkolonie daarmee uitgebrei tot aan die Keiskamma, hoewel die gebied nie amptelik geannekseer is nie.

Die groot verloorder was opperhoof Ngqika wat heelwat van sy grondgebied ingeboet het, hoewel hy 'n bondgenoot van die Britse owerheid was. Die neutrale gebied is daarna om verskillende redes telkens deur onderskeidelik die burgers, Khoekhoen en Xhosa geskend. Die oostelike grens van die kolonie is gevolglik in 1825 amptelik aangepas tot aan die Koonaprivier en in 1829 tot aan die Katrivier. Dit het die Xhosa se gevoel van verontregting oor die verlies aan hul eertydse woongebiede laat toeneem.

Andries Strockenström Jr.

Andries Stockenström, seun van landdros Anders Stockenström, is gebore in Kaapstad. Op 16-jarige leeftyd vergesel hy luitenant-kolonel Richard Collins as tolk op 'n inspeksiereis na die Oosgrens waar hy goed bekend raak met die binnelandse inwoners se lewenswyse.

In 1811 word hy aangestel as vaandrig (vaandeldraer) in die Cape Regiment. Hy onderskei hom as leier van die burgerkommando's tydens die Vierde Grensoorlog. Sy praktiese intelligensie en oorleg word deur goewerneur Cradock erken toe hy as adjunk-landdros op die nuutgestigte dorpie Cradock aangestel word. In Mei 1814 word hy bevorder tot luitenant in sy regiment en die jaar daarna stel goewerneur Somerset hom op 22-jarige ouderdom aan as landdros van die distrik Graaff-Reinet. Hy dien dus tegelyk in burgerlike en militêre poste.

Stockenströ, was ongetwyfeld 'n uiters begaafde en ondernemende leier. Hy was individualisties en het nie geskroom om regeringsbeleid en die optrede van verteenwoordigers van die Londense Sendinggenootskap te kritiseer nie. Dit het hom 'n omstrede maar ook besondere leier in onsekere tye aan die Oosgrens gemaak. Tydens die Vyfde Grensoorlog voer hy bevel oor die burgers van Graaff-Reinet wat operasioneel in die Katriviervallei ontplooi is. Hulle ondersteun die opperhoof Ngqika in die stryd teen Ndlambe en die Gcaleka. Daarna deurkryus hy die Visrivierbosse en beveilig die gebied. Uit erkenning vir sy leierskap word hy i n Oktober 1819 bevorder tot kaptein van die Cape Corps of Infantry and Cavalry.

Strockenström is spoedig in 'n geskil betrokke met kaptein Henry Somerset, die seun van die goewerneur en 'n ontvanger van 'n Waterloo-medalje tydens die Napoleontiese oorloë. Hy dien in Grahamstade in dieselfde korps as Stockenström. Dit lei in 1820 tot die beëindiging van Stockenström se diens in die korps, maar hy bly aan as landdros van Graaff-Reinet.

Mettertyd word Stockenström se administratiewe kundigheid en ervaring met die Oosgrensbewoners in 1828 deur die nuwe goewerneur, Richard Bourke, erken toe hy aangestel word as kommissaris-generaal van die oostelike distrikte. Strockenström se skepping van die Katriviernedersetting in Mei 1829 is ' n deurbraak in groter grensbeveiliging. Hy verstig ontstamde Khoekhoen en Baseters daar as 'n buffer teen die Xhosa, Hoofman Maqoma en sy volgelinge word vedrplig om hul vaste verblyfplek in die Katriviergebied te ontruim.

Stockenström se taak as kommissaris-generaal is bemoeilik deur die geskil tussen hom en Henry Somerset oor die toepassing van die omstrede spoorstelsel buite die koloniale grense. In Junie 1830 gelas Stockenström 'n strafekspedisie teen hoofman Tyali vanweë beweerde veediefstalle. Tydens dié kommando-optrede word die ongewapende hoofman Zeko doodgeskiet. Daarna is Stockenström skepties om sulke strafkommando's te herhaal, veral as Henry Somerset as kommandant van die grensgebied dit sou lei. Met die uitbreek van die Sese Grensoorlog in 1834 is sy leierskap in die grensgebied weer onontbeerlik. In 1836 word hy deur die Britse regering as luitenant-goewerneur van die Oos-Kaap aangestel. Dit berei hom voor vir sy latere betrokkenheid in die plaaslike politiek en ook as Kaapse parlementslid. In 1856 tree hy uit die openbare lewe en sterf agt jaar later in Londen met die titel Baronet.

Die Slagtersnek-opstand

Teen 1815 het weersin teen die Britse owerheid in burgergeledere 'n ernstige wending in die Oosgrensdistrikte geneem. Die bevindinge van die rondegaande hof of Swarte Ommegang van 1812 was nog vars in die burgers se geheue. Op h ierdie tydstip het 'n Khoekhoenplaasarbeider genaamd Booy 'n klagte oor wanbetaling teen sy werkgewer, Cornelis Frederik (Freek) Bezuidenhout aan die Baviaansrivier, by die landdros van Graaff-Reinet ingedien. Toe Bezuidenhout ná herhaalde aanmanings nie by die hof opdaag nie, is luitenant Rousseau en vaandrig MacKay met twaalf soldate van die Cape Regiment gestuur om hom te arresteer. Hulle en twee geregsdienaars het Bezuidenhout se plaas op 10 Oktober 1815 bereik.

Bezuidenhout het saam met sy Basterseun Hans en die 18-jarige Jacob Eramus - 'n toevallige besoeker - agter 'n paar rotse naby die opstal stelling ingeneem. Hy het op die soldate begin skiet en hulle het geweervuur beantwoord. Bezuidenhout en sy twee helpers het daarna beter skuiling gesoek in 'n klipskeur langs die Baviaansrivier. Ná talle versoeke om oor te gee, het Rousseau die soldate beveel om die skuilplek te bestorm. Bezuidenhout se twee helpers het hulle sonder verdere verset oorgegee. In die skietery wat daarop gevolg het, is Bezuidenhout noodlottig gewond en die volgende dag op sy plaas begrawe.

Sy broer Johannes (Hans) het by die graf gesweer dat hy sy broer se dood sou wreek. Hendrik Frederik (Kasteel) Prinsloo is ook deur dié voorval aangevuur om 'n burgeropstand te organiseer teen die Britse regeerders wat hy luidens rekords van hul latere hooggeregshofsaak as "Godvergete tiranne en skelms" bestempel het. Volgens Hans Bezuidenhout kon die burgers van die Oosgrens nie meer die "swaar laste en onreg" van die Britse owerheid verduur nie. Hy het geglo dat sy broer onskuldig doodgeskiet is en dat die burgers hul land "weer vry moes veg". Rousseau se militêre pos moes aangeval en daar moes op alle ammunisie beslag gelê word. Die burger Cornelis Faber moes probeer om die hulp van opperhoof Ngqika te kry vir 'n gelyktydige aanval op al die militêre poste aan die grens. Dit sou ' n "oorlog des bloedkuils" wees waarin geen genade betoon word nie. Hans Bezuidenhout het geglo dat die Khoekhoensoldate meer voorregte van die Britse owerheid as die burgers in die Oosgrensdistrikte ontvang het. Hy was bereid om die hele Suurveld tot aan die Boesmansrivier aan te bied as vergoeding vir Xhosahulp teen die Britse magte.

Kaptein Caesar Andrews van die Cape Regiment het onmiddellik soldate gestuur om Hendrik Prinsloo te arresteer. Dit het verhoed dat die leiers van die opstand meer mense kon oorreed om die wapen op te neem. Sowat 60 opstandelinge het op 14 November by Andrews se militêre pos opgedaag en Prinsloo se vrylating geëis. Majoor Fraser het opgedaag en aangedring dat enige besware op 'n behoorlike wyse aan die owerheid op skrif te stel moet word en dit het gemoedere laat bedaar. Die opstandige burgers het op 18 November by Slagtersnek byeengekom, maar is gekonfronteer deur 'n militêre mag van 40 soldae en 30 lojale burgers. Kommandant Willem Nel en veldkkornet Adriaan de Lange het van die opstandelinge omgepraat om oor te gee.

Die rebelleleiers, Hans Bezuidenhout, Cornelis Faber, Stephanus en Abraham Botha en Andries Meyer het egter noordwaarts gevlug en is deur Fraser agtervolg. Die meeste is teen 29 November i n die gebied van die Tarkarivier naby Winterberg deur troepe van die Cape Regiment tot oorgawe gedwing. Hans Bezuidenhout, sy vrou Martha en 11-jarige seun Gerrit het by Madoersdrif (Spring Valley) weerstand gebied. Bezuidenhout is in die skermutseling gedood en sy vrou en seun lig gewond.

Die vraag oor die ware motiewe van die leiers van die opstand en die houding van sommige burgers van die Oosgrens teenoor die Britse owerheid, bly omstrede. Goewerneur Somerset was van mening deat die4 burgers daaraan gewoond was om die Khoekhoen as minderwaardig te beskou. Daarom het die dood van Freek Bezuidenhout deur soldate van die Cape Regiment 'n algemene gevoel van afkeer by die burgers gewek. Somerset het in 'n brief aan die Britse minister van kolonies, graaf Bathurst, verklaar: "Independent of the great distrinction between Christian and Heathen, which they look upon the Hottentots to be, the difference between Black and White ... will take much time to do away in the feelings of this people."

Die hooggeregshof het die ses leiers van die opstand skuldig bevind aan hoogverraad en gevonnis om gehang te word. Hulle was Prinsloo, Fab er, the twee Bothma-broers, Theunis de Klerk en Willem F. Krugel. Laasgenoemde is deur die goewerneur begenadig weens sy waardevolle diens tydens die Vierde Oosgrensoorlog, maar hy is lewenslank uit die Oosgrensdistrikte verban.

Die openbare teregstelling van die ander vyf v eroorde3eldes het op 9 Maart 1816 plaassgevind op die plaas van Willem van Aardt. Die beul is vanaf George ontbied, maar hy het net een nuwe galgtou saamgeneem. Gevolglik moes verweerde toue vir die gelyktydige teregstelling gebruik word en vier van die veroordeeldes het op die gronde geval. Hulle het landderos Cuyler om begenadiging gesmeek, maar Cuyler was nie by magte om die teregstelling af te gelas nie en die prosedure is herhaal. Hierdie tragiese gebeure het jare daarna nog as afskrikmiddel gedien en ontevrede burgers in hul oortuiging bevestig dat enige gewapende verset teen die owerheied tot mislukking gedoem sou wees.

Die Slagtersnekgebeure het landderos Cuyler oortuig dat die Khoekhoen die enigste bevolkingselement in die kolonie was op wie die Britse owerheid in 'n krisismoment kon reken. Veldkornet Abraham Greylilng van Zwagershoek het bevestig dat die burgers van Bruintjeshoogte oortuig was dat die Britse owerheid eerder die Khoekhoen as die burgers wou beskerm. Die kommissarisse van regspleging wat die Oosgrens in 1816 besoek het, het egter bevind: "The cause of the Rebellion may be clearly traced to a fe3w discontented inhabitants of the neighbourhood of the Baviaans Rivier, the relatives and friends of C.F. Bezuidenhout, whose uniform disobedience to the laws of years past, and at last violent resistance to them, led to his own destruction."

Daarteenoor het Louis Meurant, redakteur van Het Kaapsche Grensblad, jare later verklaar dat die gebruik van Khoekhoensoldate 'n omstrede en nievergete strydpunt was. Talle Xhosa-opperhoofde het baie bloed vergiet en enorme ellende aan die Oosgrens veroorsaak, maar het skotvry daarvan afgekkom.

Dit is duidelik dat, hoewel die meeste burgers nie saamgestem het met die Bezuidenhouts se optrede nie, daar tog met hul motiewe gesimpatiseer is. Die opstand het vir sommige burgers in die grensdistrikte 'n simbool geword van hul onderderukking deur die Britse owerheid, maar lojale burgers het ook gehelp om die opstand gou en met die minste bloedvergieting te beëindig. Die Slagtersnek-opstand het uiteindelik slegs beperkte invloed gehad op die beweegredes van die burgers wat sowat twee dekades later aan die Groot Trek sou deelneem.

Die Britse Setlaars

In 1820 is die b urgerlike samelewing van die Kaapkolonie aansienlik versterk deur die toevoeging van sowat 4 000 Britse setlaars. Dit het beteken edat die totale burgerlike bevolking binne enkele maande van sowat 42 000 tot sowat 46 000 toegeneem het. Waarom het die Britse setlaars na die Kaap verhuis?

Teen 1815 was die Napoleontiese oorloë verby en het werkloosheid in Brittanje toegeneem. Britse nywerhede moes ook werkers verminder, aangesien moderne tegnologie en meganisasie minder, maar beter geskoolde operateurs benodig het. Die Kaapkolonie het 'n rooskleurige heenkome vir Britse emigrante gebied. Ná die Vyfde Grensoorlog was daar betreklike vrede en het die neutrale buffersone en gronsposte 'n gevoel van groter veiligheid vir koloniale grensbewoners gebied.

'n Projek van Benjamin Moodie om Skotse vakleerlinge en ambagslui na die kolonie te lok, is in 1817 suksesvol deurgevoer. Hierdie nuwe immigrante is naby Grootvadersbosch, in die distrik Swellendam, gevestig. Goewerneur Somerset het in dieselfde jaar 'n pleidooi aan die Britse regering gerig om gekeurde setlaars as veeboere in die ontvolkte Suurveld te vestig. Gevolglik het die Britse regering in 1819 fondse bewilllig vir 'n ambisieuse emigrasieskema. Voornemende setlaars moes in groepe van minstens tien volwasse mans, met vroue en kinders, gratis na die Kaap verskeep en onderhou word. Elke setlaar sou ' n plasie van sowat 40 hektaar in erfpag ontvang wat vir die eerste tien jaar van paggeld vrygestel sou wees. Landboubenodigdhede, soos Engelse ploeë en saadkoring, asook voedselrantsoene teen kosprys, is aan alle setlaars belowe.

In 1820 het nagenoeg 4 000 setlaars ondeer 57 leiers in Algoabaai aangekom. die eerste van 21 setlaarskepe was die Chapman en Nautilus. Somerset was met verlof in Engeland en die waarnemende goewerneur, sir Rufane Donkin, moes plaaslilk reëlings tref vir die ontvangs en uitplaas van die setlaars. Hulle was afkomstig uit alle lae van die Britse samelewing en van verskillende plattelandse en stedelike gebiede. Donkin het opdrag ontvang om die Engelse, Skotte en Iere afsonderlik uit te plaas.

Dit was geen maklike taak om die sowat 4 000 nuwelinge groepsgewys by hul bestemmings te kry nie. Die grootste enkele groep was 344 persone onder Hezekiah Sephton. Die kleinste groep ws 23 persone onder Miles Bowker. Die groep van John Bailie het bykans honderd ossewaens nodig gehad om  na hul bestemming by die Visriviermonding te reis. Khoekhoentouleiers en ervare burgers is as gidse gebruik. Die Skotse setlaars van Thomas Pringle moes 'n tog van sestien dae aanpak om hul plasies aan die Baviaansrivier te bereik.

Die setlaars was swak voorbereid vir die nuwe uitdagings. Nie almal was ervare boere nie. Hulle was onbekend met plaaslike omstandighede. Dit was 'n harde leerskool. Hulle het aanvanklik in tydelike hartbeeshuisies gewoon en spkoedig gevind dat die ligte Engelse ploeë nie geskik vir grondbewerking in die Suurveld was nie. Boonop was die plasies te klein om ekonomies daarop te boer. Die graanoes is verniel deur roes, ruspes en sprinane, asook ontydige verspoelings. DEie m ark was beperk. Daarom het baie setlaars uiteindelik vir oorlewing 'n alternatiewe heenkome gesoek as handelaars, amptenare, ambagsmanne, veeboere en vissers.

Sommige setlaars het groot sukses as veeboere behaal. Pioniers in merinowolskaapboerdery was Richard Daniell, Miles Bowker en Thomas Philipps. Ander setlaars het in nav olging van ervare koloniale beesboere ook tot hierdie bedryf toegetree toe hulle groter plase kon aankoop. Sommige setlaars het weer in die staatsdiens en kommersiële ondernemings uitgeblink. 'n Tipiese voorbeeld was John Centlivres Chase wat sowel handelaar en amptenaar as skrywer-politikus geword het.

Somerset het met sy terugkeer in die kolonie in 1822 heelwat besware teen Donkin se reëlings geopper, maar sy outokratiese bestuurstyl het spoedig uit alle oorde kritiek ontlok. Die kroonkoloniestatus van die Kaapkolonie het die goewerneur byna onaantasbaar vir beswaarde koloniste gemaak. Hy was slegs vir sy besluite aan die imperiale regering in Londen verantwoordelik. Sy direkte kontakpersoon daar was die destydse minister van kolonies, graaf Bathurst. Die Raad van Advies wat in 1825 in die kolonie ingestel is, het nie die goewerneur se alleenreg in plaaslike besluite beëindig nied. DEit was egter 'n liggaam wat die paed aangedui het na groter mede-seggenskap van koloniste in hul regering. 'n Verteenwoordigende regeringsliggaam, die Wetgewende Raad, is in 1834 ingestel. Dit was grotendeels die gevolg van setlaaragitasie.

Die stryd om 'n vrye pers was 'n voorbeeld van die setlaars se kritiedk op die goewerneur se inmenging en onderdrukking van openbare meningsuiting. Thomas Pringle en John Fairbairn se weekblad, The South African Commercial Advertiser, se verslag oor 'n lastersaak het Somerset se woede gewek. Alle verdere uitgawes van die blad is in Mei 1824 deur hom verbied. Pringle en die derukker George Greig is na Londen om klagte in te dien oor die beperking op vrye meningsuiting in die Kaapkolonie. Bathurst het simpatiek gereageer en gelas dat die weekblad weer kon voortgaan, onderhewig aan sekere voorwaardes. Eers in 1828 is die stryd om 'n vrye pers aan die Kaap gewen. Die goewerneur en sy raad sou nie meer kon ingryp om verantwoordelike joernalistieke berigte en kritiese kommentaar te verbied nie.

Nog 'n terrein waartoe die setlaars willens en wetens bygedra het, was die merkbare verengelsing van die koloniale samelewing. Dit was die uitgesproke ideal van Somerset en sy voorgangers om die plaaslike bevolking so gou as moontlik met die Engelse spreek- en skryftaal vertroud te maak. Die doel van Somerset was om in belang van die Britse Ryk al die inwoners van die kolonie na die voorbeeld van gebore Britte te omvorm. Die beeld is geskep dat die Britse kultuur en instellings beter en van hoër gehalte as enige ander was. Die koms van die Britse setlaars en hul tipiese karakter en leefwyse het hierdie persepsie versterk.

In oorleg met Bathurst het Somerset 'n aantal Skotse Presbitgeriaanse predikante soos George Thom (Caledon), Andrew Murray (Graaff-Reinet) en Henry Sutherland (Worcester) na die Kaap laat kom om vakatures te vul in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Ten spyte van teenkanting i s die tweetaligheidesbeginsel in die kerk toegelaat. By die sinode van 1834 was twaalf van die 22 predikante Skots. Skotse onderwysers is ook ingevoer om die jeug te verengels, maar die Afrikaanse jeug het nie totaal verengels nie. Voorbeelde van sulke bekwame ingevoerede opvoeders was James Rose-Innes (Uitenhage) en William Robertson (Graaff-Reinet).

Somerset se taalproklamasie van 1822 het die kern van sy angliseringsbeleid uitgemaak. Daarin het hy 'n drieledige tydskedule vir amptelike verangelsing aangekondig. Vanaf 1823 moes Engels die enigste amptelike taal van die kolonie wees. Teen 1825 moes Engels die enigste taal van rekord in alle regeringskantore wees en twee jaar later die enigste voertaal in die kolonie se howe. Somerset het wel 'n belangrike bydrae gelewer deur die skep van sekere instellings soos die juriestelsel, siviee k ommissarisse en vrederegters. Dit het die ou Burgersenaat, heemrade en landroste vervang.

DEie setlars het ongetwyfeld 'n blywende Britse karakter aan die Oos-Kaapse wit bevolking gegee wat 'n bate vir die groter kolonie was. Hul nageslag het hierdie tradisies by veranderde tye en omstandighede aangepas.

Teen 1834, op die vooraand van die Sese Grensoorlog en die emigrasie van duisende Afrikaanse burgers tydens die Groot Trek, het die Kaapse samelewing al die sosiale bestanddele bevat wat Suid-Afrika se latere sogenaamde reënboognasie sou kenmerk. In die volgende eeu het talle polariserende faktore, maar ook samebindende ideale, die teelaardee geskep vir vele veranderinge in Suid-Afrika.

Johan de Villiers

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5