Afrikanernasionalisme, 1902 - 1924

In die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het Brittanje die republieke militêr verpletter, maar op die lange duur het dié oorlog nasionalisme onder Afrikaners aangevuur. Afrikaners oor die hele land heen was diep geskok oor die Britse krygstaktiek van "verskroeide aarde", die dood van 26 000 Boerevroue en -kinders in konsentrasiekampe en die teregstelling van verskeie Kaapse rebelle.

Hulle het die bittereinders bewonder wat in uiters moeilike omstandighede die stryd twee j ar nadat Pretoria en Bloemfontein ingeneem is, voortgesit het. In sy Memoirs of the Boer War het genl. Jan Smuts oor die betekenis van die bittereindes se stryd geskryf: "Dit sal elke kind gebore in Suid-Afrika 'n trotse selfrespek gee en hulle help om regop te staan voor die nasies van die wêreld." Hierdie Afrikanernasionaliste sou die bittereindes later as die eerste vryheidsvegters van die 20ste eeu bestempel.

Die planne van lord Milner, Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, vir die heropbou van die verslane republieke was ook baie omstrede. Hy het Engels die status van enigste amptelike taal gegee. Skole moes Engels as enigste voertaal gebruik en die geskiedenis van die Britse Ryk en die hele wêrekd us aan kinders geleer. Sy beleid het die nasionaliste aangevuur, in so 'n m ate dat Milner reeds in 1905 geskryf het dat predikante, dokters, prokureurs, wetsagente en joernaliste "die boodskap van die Afrikanerdom" in die verlsane republieke uitdra.

Nasionalisme kan egter eers werklik floreer wanneer organisasies gestig word wat oor distriks- en provinsiale grense strek. In 1904 is die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging in Kaapstad gestig om onderwys en die Afrikaanse taal te bevorder. Die Suid-Afrikaanse Onderwysunie wat in 1905 gestig is, het ook dwarsoor die land lede gehad. Ná  die oorlog is die Het Volk-party in Transvaal gestig en die Orangia Unie in die Oranjerivierkolonie (Vrystaat).

In reaksie op Milner se onderwysbeleid het die verslane Boereleiers met behulp van bydraes uit Nederland private skole vir Christelik-Nasionale Onderwys (CNO) in die Vrystaat en Transvaal gestig. Die skole het 'n nasionalistiese en 'n Christelike boodskap uitgedra. In 1903 was daar 228 sulke skole met meer as 9 000 leerlinge in Transvaal. In die Oranjerivierkolonie w as daar effens minder.

Generaals Louis Botha en Jan Smuts, die twee belangrikste Afrikanerleiers in Transvaal, het die CNO-skole aanvanklik sterk gesteun, maar hul steun onttrek nadat die Britse regering in 1906 besluit het om selfregering aan die voormalige republieke te gee. Afrikaners het net die helfte van die getal kiesers in Transvaal uitgemaak en Botha en Smuts het versoening tussen die twee wit (taal) groepe bepleit. Hulle wou net simboliese gelykheid tussen Hollands en Engels hê. In die praktyk su Milner se taalbeleid daarop neerkom dat Engels die hooftaal en later die enigste amptelike taal word.

Botha en Smuts se ander groot prioriteit was om eknomiese groei te bevorder om werk te verskaf aan die groot aantal werklose Afrikaners. Vir ekonomiese groei moet Britse beleggers Suid-Afrika as 'n aantreklike moontlikheid beskou en 'n sterk nasionalistiese beweging sou h ulle afskrik.

In Transvaal was die teologiese kollege van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom die hart van die verset teen die sluiting van die CNO-skole. Dié kollege was destryd die enigste instelling vir hoër onderwys in die land wat Hollands as voertaal gebruik het. Weens 'n geldtekort was die Gereformeerders, of "Doppers", soos hulle ook genoem is, verplig om die private CNO-skole te sluit. Hulle sou egter die boodskap bly verkondig dat die Afrikaners se krag daarin lê om hulle as 'n aparte gemeenskap te organiseer.

Waar Smuts as minister van onderwys in Transvaal net tot die vyfde skooljaar vir moedertaalonderwys voorsiening gemaak het,  het genl. J.B.M. Hertzog as minister van onderwys in die Oranjerivierkolonie bepaal dat Hollands en Engels tot die hoogste standerd die voertale sal wees. Drie vakke moes in Hollans geneem word en drie in Engels.  Hertzog het vas geglo dat taalgelykheid en moedertaalonderwys albei gesonde beginsels is.

--- --- ---

Die leeu en die lam

In antwoord op die pleidooi dat Afrikaans en Engels ter wille van "versoening" saam in dieselfde skool gesbruik moet word, het die Afrikaanse skrywer, C.J. Langenhoven, 'n satiriese brief aan sy Engelse landgenote gerig. (Dit is geskryf in die Afrikaans wat vroeg in die 20ste eeu gebruik is): "Vriende, laat ons vrede maak en vrede hou. Laat die leo en die lam saam wei: die lamp op die gras en die leo op die lam. Julle kan die leo wees en ik sal die lam wees. Dan sal ik weldra ook deel van die leo u itmaak. Dit sal die lam tot eer strek en die leo tot genot."

--- --- ---

Vereniging om 'n taal

Ná die oorlog was die groot vraag vir watter taal Afrikaners hul taalregte moes opeis: Vir Hollands" Vir vereenvoudigde Hollands  of vir Afrikaans?

Die twee mees senior Afrikanerleiers in die Kaap, J.H. ("Onze Jan") Hofmeyr en F.S. Malan, het 'n vereenvoudigde vorm van Hollands verkies. In 1905 het Hofmeyr ' n belangrike toespraak gehou met die titel: "Is 't ons ernst?". Hy het gesê die onderrig wat die kinders in die Kaapse skole in Hollands kry, so gebrekkig is dat hulle nie 'n korrekte brief in die taal kan skryf nie. Hy het die "Hollands-Afrikaanse" mense gevra of hulle ernstig is in hul strewe om Hollands as taal te handhaaf.

Gustav Preller, 'n joernalis by De Volkstem in Pretoria, het die geleentheid aangegryp om op te kom vir Afrikaans. Onder die opskrif "Lat 't toch ons ernst wezen" het hy in 'n artikel aangevoer dat daar eerder met Afrikaans erns gemaak moet word. Sy standpunt was dat Afrikaans die enigste taal ils wat langs Engels staande sou kon bly. Dit is ingeburger onder Afrikaners en het die "grootste en beste k ans op voortbestaan". Die Afrikaners moet dit hul spreek- en skryftaal maak.

Preller het verwys na Eugène Marais se gedig "Winternag", wat in 1905 verskyn het. Dit het vir die eerste keer die beeldende seggingskrag en skeppende vermoë van Afrikaans duidelik ten toon gestel. Die eerste reëls lui: O koud is die windjie en skraal, En blink in die dof-lig en kaal...

Preller het voorspel dat as net 'n paar reëls van Afrikaans ná 'n eeu of meer oorleef, dié gedig onder hulle sal wees. Hy het Afrikaans gebruik vir 'n reeks artikels in sy koerant oor die Voortrekkerleier Piet Retief, wat later as 'n boek gepubliseer is. Dit het teen 1913 reeds tien drukke beleef. Dit het getoon watter groot behoefte daar aan 'n nasionalistiese geskiedenis was.

'n Kernfiguur in die nuwe nasionale beweging was dr. D.F. Malan. In 1904, toe hy nog ' n student in Utrecht, Nederland, was, het hy geskryf dat Afrikaners eers sterk souo word as hulle verenig. Die beste verdediging teen verengelsing was die besef dat hulle 'n eie erfgenis het wat in 'n "eie nasionaliteit, taal, godsdiens en karakter" gegrond is. Malan het, soos Smuts, grootgeword in die tradisie van die Afrikanerbond. Waar Smuts aangetrek is deur die eenheid en interafhanklikheid van die mensdom en die natuurlewe, het Mlan die kleiner eenheid van die volk met sy bepaalde roeping en eindbestemming as die belangrikste verskynsel beskou.

In 1908 het Malan die volgende oproep gedoen: "Verhef di Afrikaansche taal tot skrijftaal, maak haar di draagster van onze kultuur, van onze geskiedenis, onze nasionale ideale, en u verhef daarmee ook di volk, wat haar praat. Hou egter di volkstaal op di voet van 'n halfbeskaafde provinsiaal dialekt, en u hou daarmee ook di volk op di peil van 'n halfbeskaafde, ongeletterde volksklasse."

Reeds teen 1907 was daar in Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein taalverenigings wat Afrikaans bevorder het.

Aanvanklik het die voorstanders van vereenvoudigde Hollands die beweging vir Afrikaans teengestaan omdat hulle gemeen het dat dit die stryd teen die oorheersing van Engels net sou verwak. Geleidelik het die pro-Afrikaanse en pro-Hollandse groepe eger nader aan mekaar beweeg. Die pro-Hollandse groep het begin aanvaar dat Hollands 'n verlore saak is. Die pleitbesorgers vir Afrikaans het die noodsaaklikheid van strategiese optrede besef. Voordat Afrikaans die plek van Hollands kon inneem, moes dit eers gestandaardiseer word (eenvormige spelli9ng en sinstruktuur) en moes 'n stewige literatuur daarin gepubliseer wees.

Albei groepe het in 1909 deelgeneem aan die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst, wat sowel Hollands as Afrikaans erken het en ten doel gehad het om Afrikaans te bevorder. In 1917 het die Akademie die eerste Afrikaanse spelreëls gepubliseer.

Die taalstryd kon nie deur vergaderings, debatte of emosionele oproepe gewen word nie. Goeie gedigte en romans moes in Afrikaans geskryf word. C. Louis Leipoldt, wat vlot in Hollands, Engels en Duits was, het gedigte begin skryf in die taal wat mense in die omgang gepraat het. In die gedig "In die Konsentrasiekamp" beeld hy die lot van 'n moeder só uit: Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie / Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael - / Jou enigste skuil in die nag teen die buie...

Die eerste twee reëls van "Generaal De Wet" Jan F.E. Celliers lui so: Stil, broers, daar gaan 'n man verby...

Totiuis (J.D. du Toit) het eenvoudiger, maar nogtans treffende gedigte gelewer. Hy het 'n gedig aangewend teen die politieke slagspreuk "vergewe en vergeet" wat Afrikaners saangeraak het om die oorlog so gou moontlik uit hul koppe te kry en die land dadelik te begin opbou. In "Vergewe en vergeet" (1908) word die beeld van 'n vertrapte doringboompie gebruik om die Boere se verpletterende nederlaag teen Brittanje in die oorlog uit te beeld. Die gedig suggereer egter dat die Afrikaners - soos die boompie - van die wrede terugslag sal herstel en net al hoe sterkter sal word.

C.J. Langenhoven het na vore getree as die gewildste skrywer in Afrikaans. Hy het Afrikaanse mense op groot skaal boeke laat lees met sy Die hoop van Suid-Afrika (1913), Sonde met die bure (1921) en Mof en sy mense (1926). Populêre tydskrifte soos Die Brandwag (1910) en lazter Die Huisgenoot (1916) en Die Boervrou (1918) het ook 'n belangrike plek in Afrikaners se lewe begin inneem. Hul doel was om mense in hul eie taal van hul omgewing en die wyer wêreld bewus te maak. Daarom het hulle mense aangemoedig om hulself as Afrikaners te beskou.

Taalgelykheid in die Unie

Op die Nasionale Konvensie (1908-1909) - waar 'n grondwet vir die beoogde Unie van Suid-Afrika opgestel is - het die twee Vrystaatse leiers, Hertzog en oudpres. M.T. Steyn - daarop aangedring dat Hollands en Engels in die praktyk gelyke status as ampstale moet hê. Dit moes die grondslag vorm van die toekomstige eenheid van die twee wit gemeenskappe.

Die mees dramatiese oomblik by die Bloemfonteinse konvensie van 1909 was toe Steyn tot die debat toegetree het. Hy het groot aansien by die afgevaardigdes gehad omdat hy in die Anglo-Boereoorlog ondanks sy slegte gesondheid tot die bitter einde saam met sy burgers in die veld was. In sy toespraak het hy, soos die gewoonte destyds was, na die Boere en Britte as verskillende "rasse" verwys. Hy het die afgevaardigdes gevra om "die duiwel van rassehaat", wat die land al so lank teister, uit te wis. Die manier om dit te doen, is "om die twee tale op ''n volkome gelyke voet te plaas - in die parlement, die howe, die skole, die staatsdiens, oral". In sy dagboek meld die Kapenaar F.S. Malan, wat tot op daardie tydstip nie ten gunste van twee gelyke ampstale was nie, dat die toespraak hom tot trane geroep het.

Art. 137 van die Unie-grondwet het aan Steyn se eis voldoen: Die twee tale sou nie net simbolies nie, maar ook in die praktyk gelyke behandeling geniet. Alle regeringspublikasies, insluitend wette, moes in albei landstale gepubliseer word en die verwagting het bestaan dat staatsamptenare die publiek nou ook in Hollands of Afrikaans moes kon bedien. Nasionaliste het hierdie taalklousule aangegryp om Hollandse (later Afrikaanse) skole en universiteite op te rig en werkgeleenthede vir Afrikaners in die staatsdiens te bevorder.

Hierdie taalgelykheid het groot ontsteltenis onder talle Engelssprekendes veroorsaak. Hulle was oortuig daarvan dat Engels uiteindelik die enigste ampstaal sou word en dat dit dus nie nodig was om kinders in Hollands te onderrig nie. Sommige redakteurs het Herzog daarvan beskuldig dat sy aandrang op gelykheid vir Hollands 'n vorm van rassisme is wat teen Engelssprekendes gerig is. 'n ander argument was dat Engelse onderrig kinders die beste sou baat, aangesien Engels die taal van die ekonomie is.

Die Nasionale Party word gestig.

In die eerste jaar ná Uniewording het 'n politieke stryd ontwikkel tussen ondersteuners van die Britse Ryk en Afrikanernasionaliste. Veral Louis Botha, eerste minister en leier van die Suid-Afrikaanse Party (SA), en sy groot bondgenoot, Jan Smuts, was begeester deur die gedagte dat Suid-Afrika 'n lojale lid van die Britse Ryk, later die Britse Statebond, moes wees. A die lidlande sou 'n groot mate van vryheid en handelsvoordele hê, maar hulle moes ook die verpligtinge van lidmaatskap van die Ryk nakom Die lede moes saam oorlog maak en kon nie van die Britse Ryk afskei nie. Smuts het die "Britse konneksie" as noodsaaklik beskou vir versoening tussen die twee wit gemeensskappe en die ekonomiese vooruitgang van Suid-Afrika.

Afrikanernasionaliste, daarenteen, het 'n beleid van "Suid-Afrika Eerste" ondersteun waarvolgens Suid-Afrika sy eie belange eerste moes stel, bo dié van die Britse Ryk.

Die kwessie is op die spits gedryf deur die naderende oorlog in Europa. Kenners h et gemeen dat Suid-Afrika verplig sou wees om aan Britse kant aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem. In 1912 het Brittanje as deel van sy voorbereidings vir 'n moontlike oorlog die Suid-Afrikaanse regering gevra om sy vloot uit te brei sodat sy skepe die Britse vloot kon bystaan.

Hertzog was daarteen gekant en het geglo "imperialisme is alleen goed solank dit Suid-Afrika van nut kan wees". Hy het gevra wat die nut van selfregering is as 'n land nie self kan besluit of hy oorlog wil verklaar of nie. Hertzog het sy standpunt in tipies nasionalistiese taal gestel: "In Suid-Afrika is die Afrikaner die 'baas' en sal die 'baas' speel." Met "Afrikaner" het hy bedoel mense wie se hoogste lojaliteit by Suid-Afrika lê, maar sy uitlating het veral onder Engelssprekendes groot ontsteltenis veroorsaak.

Daar was toenemende spanning tussen Hertzog en Botha oor die aard van die samewerking tussen Suid-Afrika en Brittanje, asook tussen die twee wit gemeenskappe. Albei leiers was voorstanders van "Suid-Afrika Eerste", maar Botha het sy oortuiging meer diplomaties uitgespreek. Hy wou niks doen of sê wat verwydering tussen die twee wit gemeenskappe kon veroorsaak nie.

Hertzog het weer geglo dat leiers reguit moet prat omdat daar mense in die Suid-Afrikaanse Party was wat nog vasgeklou het aan Brittanje en Britse belange. Hy wou 'n party hê wat bestaan uit mense wat Hollands en Engels op gelyke voet stel en wie se grootste lojaliteit by Suid-Afrika lê. Hertzog se toesprake het toenemend minder versoenbaar geword met sy lidmaatskap van die Botha-kabinet. Botha het hom gevolglik in Desember 1912 uit sy kabinet gelaat omdat hy geglo het dat Hertzog se uitsprake die SAP groot skade sou berokken.

Toe Hertzog nog lid van die kabinet was, wou hy nie te veel daaroop hamer dat die regering nie werklilk die Grondwet se opdrag uitvoer om Engels en Hollands gelyk te behandel nie. Engelssprekendes het omtrent al die senior poste in die staatsdiens beklee en baie van hulle kon Afrikaanse mense nie in hul taal te woord staan nie. Nadat Hertzog uit die kabinet gelaat is, het niks hom meer teruggehou nie. Op 'n taalfees wat studente in 1913 op Stellenbosch gehou het, het hy die volgende telegram van M.T. Steyn voorgelees: "De taal van de veroveraar is in de mond van de veroverde de taal van slaven."

Volgens die skrywer M.E.R. (M.E. Rothman) het dit 'n dramatiese ommekeer onder Afrikaanssprekendes veroorsaak. Tot op dardie tydstip was dit "opdraand" om "ons taal en identiteit" te behou. "En toe in ' n kritieke tyd word 'n woord gesê - dit het soos 'n veldvuur onder ons getrek." Volgens een bron het sommige Afrikaanssprekendes summier opgehou om Engels in die openbaar te praat.

Op 'n Volkskongres wat van 7 tot 9 Januarie 1914 in Bloemfontein gehou en deur 450 afgevaardigdes bygewoon is, is die Nasionale Party (NP) van die Vrystaat gestig. Hertzog is tot leier verkies. Volgens die party se Program van Beginsels het die NP die nasionale oortuiging en aspirasies van die Suid-Afrikaanse volk verteenwoordig (die woord "Afrikaner" verskyn nie in die program nie). Uit die staanspoor sou "Suid-Afrika Eerste" en die taalkwessie voorrang in die party kry.

Hertzog se eerste ondersteuners was jong predikante, veral van die Geref. Kerk (Doppers) en onderwysers. Hulle wou Botha en Smuts nie daarvoor vergewe dat hulle die christelik-Nasionale skole in die steek gelaat het nie en hul kreet van "in isolement lê ons krag" het direk gebots met die SAP se poging om die twee wit gemeenskappe te versoen.

Dit het meer as 18 maande geduur voordat nasionaliste in die ander provinsies 'n party op die been gebring het wat op die beginsels van die Vrystaatse party gegrond is. Die Transvaalse NP is op 26 Augustus 1914 in Pretoria gestig, die Natalse NP op 17 Junie 1915 en die Kaapprovinsie se NP op 15 September 1915. Dr. D.F. Malan het leier van die Kaapse party geword. Hy was terselfdertyd ook redakteur van De Burger, waarvan die eerste uitgawe oop 26 Julie 1915 verskyn het.

Die NP-leiers het geglo dat versoening tussen die twee wit gemeenskappe net kan plaasvind as Engelssprekendes die Afrikaners respekteer. Die beste manier waarop hulle dit kon bewys, was om Afrikaners se taal en kultuur te respekteer.

In 1917 het Malan verklaar dat Afrikaners oral soos minderwaardiges behandel word, veral in die wyse waaroop hul taal afgeskeep word: "in die staatsdiens, in die skool, op elke kennisgewingbord". Die gevolg was dat Afrikaners hulself ook as minderwaardig beskou het. Die NP het sy volgelinge aangemoedig om op hul regte te staan Hertzog het gesê dat die Afrikaners 'n "taalstryd moet veg sodat hulle hulself nie langer as agterryers beskou nie".

Tale gun mekaar selde lewensruimte as hulle in dieselfde land saam moet bestaan en die stryd is besonder fel wanneer 'n kleiner taal teen 'n wêreldtaal moet meeding. Hoewel Engelssprekendes die minderheid onder wit kiesers was, het hul leiers Engels probeer uitbeeld as die taal van mense wat "progressief" en "beskaaf" is. Hulle het gehoop dat die rykheid van die Engelse literatuur en die sukses van die groot Engelse maatskappye, soos Anglo American Corporation en South African Breweries, so aantreklik was dat mense aangetrokke sou voel tot die Engelse kultuur.

Engelstalige koerante was geneig om die nasionaliste se aandrag op Afrikaans as "rassisme" te bestempel. Hulle het dikwels na die twee wit gemeenskappe as "rasse" verwys en pogings om skole of verenigings soos die Voortrekker-beweging op die grondslag van Afrikaans te organiseer as 'n vorm van rassisme beskou. Hulle het egter geen beswaar teen aparte Engelstalige private skole of die Boy Scouts, 'n Engelse jeugvereniging, gehad nie. Dit het C.J. Langenhoven laat vra: "Waarom is my politiek altyd rassisme en jou rassisme altyd politiek?"

Waar die Engelstalige koerante Hollands nog as amptelike taal gerespekteer het, het baie van hulle geen tyd gehad nie vir Afrikaans, wat besig was om  Hollands se plek in te neem. (Afrikaans het Hollands vroeg in die 1920's in die openbare lewe begin vervang.) The Star en die Cape Times het die taal as "aaklig", "onnosel" en 'n "bastertaal" beskryf. In reaksie hierop het Langenhoven in 1914 in 'n toespraak gesê dat Afrikaans nie iets is om oor skaam te voel nie, maar trots: "Afrikaans plaas ons hoër as die engelsman op die nasionale en patriotiese gebied, ja, hoër as enige ander blanke inwoner van ons land, want hy is ons enigste witmanstaal wat nie onmiddellik oor die see kom nie."

Deur Afrikaans 'n "witmanstaal" te noem in plaas daarvan om te erken dat wit, bruin en swart mense Afrikaans saam geskep het, het Langenhoven 'n groot fout begaan, net soos S.J. du Toit, die vader van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, veertig jaar vantevore. Albei het dit gedoen teen die agtergrond van sekere Engelssprekendes, ook sekere Afrikaners van die middelklas, wat Afrikaans  as iets minderwaardigs afgemaak het, terwyl hulle wou hê dat Afrikaners trots op hul taal moet wees. Talle bruin mense sou hierdie poging om Afrikaans as 'n wit "skepping" of "besitting" voor te hou, later teen die Afrikanernasionaliste hou.

'n Eie koerant en universiteit

In Desember 1914 het 'n groep toonaangewende Afrikaners op Stellenbosch besluit om 'n persmaatskappy, De Nationale Pers, te stig wat 'n nasionalistiese boodskap kon uitdra. Die kernfiguur was Jannie Marais, wat op die plaas Coetzenburg net buite Stellenbosch geboer het. Die koerant sou moes meeding met Ons Land, die vernaamste Hollandse koerant in Kaapstad wat die kabinet se besluit om Duitswes-Afrika in te val, ondersteun het.

Hendrik Bergh, bestuurder van die Stellenbosche Distriksbank, en Bruckner de Villiers, 'n sakeman en private sekretaris vir sy swaer Marais, het die voortou geneem in die plan om 'n Hollandse koerant in Kaapstad te stig. Hulle het Marais oorreed om 'n kwart van die eerste 20 000 aandele van £1 elk te koop. Nou was dit moontlik om met die groot waagstuk voort te gaan. In Julie 1915 het die eerste uitgawe van De Burger in Kaapstad verskyn.

Dr. D.F. Malan, die eerste redakteur, het sy eerste hoofartikel in die tyd van 'n wêreldoorlog, 'n mislukte rebellie, Afrikanerverdeeldheid en 'n ernstige armblanke-probleem geskryf. Die eerste paragraaf het gelui: "De Burger is die kind van smarte en van die hoop ... Dit is donker in die wêreld. Die volkere het in die dal van die skaduwee van die dood gekom. Ook vir ons eie volk is dit die donkerste ure ... (Ons) harte is geskeukr en ons drink die waters van Mara."

Maar De Burger was ook "die kind van hoop". Ten spyte van die partyverdelings was daar iets wat Afrikaners aan mekaar gebind het. Daar was tekens "dat die nasionale hart weer begin klop". Daar "ruis deur die ganse land die wil om 'n nuwe stroom wat steeds sterker word. Dit is die vaste wil om volk te wees."

Binne enkele jare het Nasionale Pers se koerante (De Burger in Kaapstad en Het Volksblad in Bloemfontein), sy tydskrifte (Die Huisgenoot en Landbouweekblad) en sy uitgewerye mense in hul eie taal van hul en die wêreld laat lees.

'n Skenking deur Marais was ook deurslaggewend in die stigting van die Universiteit van Stellenbosch in 1918. Aanvanklik was die Botha-regering van plan om  net een universiteit te stig, 'n Engelstalige een in Kaapstad. Nadat die kabinet 'n afvaardiging van die Victoria Kollege op Stellenbosch ontmoet het, het hy sy steun vir 'n enkele universiteit laat vaar. Daar sou wel 'n universiteit in Kaapstad kom, maar Victoria Kollege kon ook 'n universiteit word as £100 000 ingesamel kon word.

Net voor sy dood in 1915 het Jannie Marais £100 000 aan Vidtoria Kollege op Stellenbosch nagelaat. Sy vereiste was dat Hollands of Afrikaans nie 'n mindere plek as Engels by die instellling moes inneem nie. 'n Deel van die geld is gebruik om doseerposte te skep en van die dosente is verwat om minstens die helfte van hul lesings in Hollands of Afrikaans te gee. Teen 1930 is feitlik geen lesings meer in Engels aangebied nie. In 1926 is daar ook begin om aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal te werk.

Net vier tale het in die loop van die 20ste eeu daarin geslaag om van 'n blote spreektaal te ontwikkel tot een wat op alle vlakke van die lewe gebruik word: Afrikaans, Hebreeus, Maleis-Indonesies en Hindi.

Wit en bruin Afrikaanssprekendes: saam of apart?

Die Afrikanernasionaliste kon nooit werklik 'n bevredigende manier kry om die bruin mense by hul stryd in te skakel. Die groot poliltieke stryd in Suid-Afrika was in die eerste dekades van die 20ste eeu tussen die twee wit gemeenskappe. Die onderskeie politieke partye het in werklikheid nie soveel oor die rassevraagstuk verskil nie. Omtrent almal wou beter onderwys vir wit kinders, die beskerming van wit werkers en die oplossing van die sg. armblankevraagstuk hê. Bruin mense  moes wag totdat hierdie sake bevredigend opgelos is.

Bruin ouers in die Boland het wel groot klem op onderwys en opleiding vir hul kinders gelê. Tussen 1890 en 1905 was daar 'n "enorme toename" in bruin en swart skoolkinders in die Kaapkolonie. Daarteenoor het die meeste Afrikanerouers teen 1910 nie die waarde van goeie onderwys vir hul kinders besef nie. In 1905 het die Kaapse regering onderwys vir wit kinders verpligtend gemaak, maar nie vir bruin kinders nie. Die aantal wit leerlinge het vinnig toegeneem.

Tussen die vroeë 1890's en die vroeë 12920's het bruin mense se posisie verswak weens faktore buite hul beheer. Ongeveer 400 000 wit immigrante het hulle tussen 1875 en 1904 in die land gevestig, meer as die totale wit bevolking van Suid-Afrika in 1875. Talle van dié immigrante het in Kaapstad en omgewing kom woon. Dit was veral hulle wat druk uitgeoefen het dat wit mense voorrang moet kry in die opleiding van ambagslui en in werkgeleenthede.

Wit werkers het in die 12890's die eerste vakbonde gestig. Baie van die vakbonde is gelei deur Britse immigrante wat diskriminasie teen bruin en swart werkers voorgestaan het In 1900 is bruin klipmesselaars in die Kaapkolonie bv. verbied om aan openbare geboue te werk en in die volgende jaar het die vakbond vir pleiseraars sy lede gelas om nie saam met 'n bruin man of Maleier op die steierwerk te werk nie. Terselfdertyd het werkgewers in die Kaapse dokke swart werkers van die Oos-Kaap bo bruin werkers begin verkies. Die wit vakbonde het ook op ander plekke bruin mense se toegang tot die ambagte belemmer.

In 1922 het die regering die bruin gemenskap 'n kwaai slag toegedien deur 'n wet deur te voer wat vakleerlingskappe vir ambagte slegs oopgestel het vir mense jonger as 26 jaar wat minstens st. 6 (gr. 8) geslaag het. Die blad APO, mondstuk van die bruin beweging African People's Organisation, het geskryf dat die wet bedoel is om die wit seun bo die bruin seun te bevoordeel. Die meeste wit seuns het st. 6 voltooi omdat onderwys tot hierdie standerd vir wit kinders verpligtend was. Daarteenoor het betreklik min bruin seuns hierdie standerd geslaag.

Nog twee wette het bruin werkers se bedingingsposisie nadelig geraak. Die Nywerheidsversoeningswet van 1925 het nywerheidsrade bestaande uit werkgewers en vakbonde gemagtig om ooreenkomste oor lone en werkomstandighede te sluit. Omtrent al die werkgewers en vakbondleiers in hierdie rade was wit. Die wit werkers se belange het omtrent altyd die swaarste geweeg. So bv. was baie bruin werkers gewillig om vir laer lone as wit werkers te werk, maar die wet het gou 'n stokkie daarvoor gesteek deur minimum lone verpligtend te maak.

Tussen 1915 en 1929 was daar in die Kaapse kiesafdelings 'n hewige stryd tussen die partye om die bruin stem te wen. Die Kaapstadse bruin mense was geneig om Engelsgesind te wees en het die Unioniste Party of die SAP bo die Nasionale Party verkies. In kiesafdelings soos die Paarl en Stellenbosch, waar tussen 'n kwart en 'n vyfde van die kiesers bruin, het die NP beter gevaar, maar die party  het waarskynlik nooit ie meeste bruin stemme gewen nie.

Nietemin was daar vooraanstaande Nasionaliste, soos J.H.H. de Waal, wat in die 1910's en 1920's gepleit het dat wit en Bruin Afrikaanssprekendes moet saamstaan. In 1919 het De Waal die politieke stryd beskryf as 'n stryd tussen Britse imperialiste, mynmagnate en selfsugtige fortuinsoekers aan die een kant en, aan die ander kant, die "permanente bevolking", waarvan wit en bruin Afrikaanssprekendes die belanrike bestanddele is. Hy het wit Afrikaners en hul bruin mede-Afrikaners beskou as mense "wat dieselfde taal praat, dieselfde liefde vir Suid-Afrika het, meestal dieselfde geskiedenis en belange het en wat deur dieselfde vriende om die bos gelei word". Hul gemeenskaplike vyand was die "imperialiste" wat immigrasie bepleit het. Dit sou die brood uit die mond van bruin en wit Afrikaners neem.

Die bruin leier, dr. Abdullah Abdurahman van Kaapstad, was een van die sterkste teenstanders van die poging om bruin mense by die Afrikanernasionaliste en die NP te laat aansluit. Hy is in 'n gesiene Moslemfamilie gebore en is in Brittanje as dokter opgelei. In 1905 het hy leier geword van die eerste beweging vir bruin mense, die African Political (later People's) Organisation (APO). Dit is gestig om gelyke regte met wit mense na te streef. Hy het die bruin politiek in die eerste veertig jaar van die eeu oorheers.

Abdurahman het sy volgelinge aangemoedig om vlot in engels, "the most universal of all languages", te word en om op te hou om die "barbarous Cape Dutch" (Afrikaans) te praat. Nietemin het sy organisasie se koerant, APO, Afrikaans en Hollands op die agterblad gebruik omdat dit die gemeenskaplike taal van Kaapse bruin mense was. In 1912 het die APO 'n voorstel aanvaar dat "Kaapse Afrikaners" 'n geskikter term vir die gemeenskap is as "kleurlinge", maar daarvan het niks gekkom nie.

In die ongeveer twee dekades ná sy stigting in 1914 het die NP merkwaardig dubbelsinnig oor bruin mense gebly. Aanvanklik het die party gespeel met die idee om 'n veelrassige party te stig wat die uitbuiting van wit en bruin werkers kon teenstaan. In 'n pamflet getiteld "Die Groot Vlug" het D.F. Malan, die Kaapse NP-leier, die wydverspreide armoede onder bruin en wit mense as dieselfde probleem beskryf. Wit en bruin moes saam teen mededinging uit swart geledere beskerm word Kort daarna het Malan egter aparte kieserslyste vir wit en bruin begin bepleit.

Hertzog was nie ten gunste van aparte kieserslyste nie. Hy het bruin mense beskou as mense wat midde-in 'n wit samelewing gebore en getoë is en nie net 'n taal nie, maar ook ander belange met Afrikaners deel. Hy wou egter hê dat bruin mense hulle op sosiale en maatskaplike gebied apart van wit mense hou. Soos hy dit gestel het: "Die plek van die opgevoede kleurling is onder sy eie mense. Hy moet sy eie mense dien."

Die rebellie van 1914-1915

In Augustus 1914 het die Afrikanerrebellie uitgebreek nadat die Botha-regering besluit het dat Suid-Afrika aan Britse kant tot die oorlog teen Duitsland en sy bondgenote moet toetree. Die stryd het later die benaming Eerste Wêreldoorlog gekry. Op sy eie sou dié besluit van die Botha-regering min kritiek uitgelok het, maar die regering het toe boonop ingestem tot die Britse versoek om die Duitse kolonie Duitswes-Afrika (die huidige Namibië) aan te val en te annekseer.

Vir die Afrikanernasionaliste was dit onaanvaarbaar dat die regering bereid was om so ver te gaan om aan Britse versoeke te voldoen. Oudpres. Steyn het die stap sterk veroordeel en verklaar dat hy nooit sou kon dink nie dat 'n regering Afrikaners, "die kinders van konsentrasiekampe", oorlog sou laat maak teen die Duitse volk, wat simpatiek teenoor die Boererepubliek gestaan het.

Die rebelle was swak georganiseerd en het min ammunisie en voedsel gehad. Waar hulle gekom jhet, het hulle lewende hawe opgekommandeer. Op sommige dorpe het die r ebellemagte winkels geplunder. Die rebelle was beperk tot ses of sewe distrikte in die Noord-Vrystaat, 'n paar distrikte in Noordwes-Transvaal en een of twee distrikte in die Noord-Kaap. Dit was in werklikheid 'n geveg tussen Afrikaners. Die meeste van die polilsiemanne en regeringsoldate was Afrikaners en al die rebelle was Afrikaners. Daar was ongeveer 11 000 van wie net meer as 7 000 van die Oranje-Vrystaat, net onder 3 000 van Transvaal en iets oor die duisend van die Kaapprovinsie gekom het. Van die rebelle het 190 gesneuwel terwyl 132 regeringstroepe gesterf het.

Die regering wou nie hê dat die rebelle die doodstraf kry nie omdat hy besef het hoe ongewild hy reeds was ná die inval in Duitswes en die uitroep van krygswet. Daar was wel een uitsondering: Jopie Fourie, 'n burgermagoffisier,  het ' n rebellegroep in aanvalle op soldate gelei sonder dat hy eers bedank het. Talle soldate het gesneuwel en Fourie is ter dood veroordeel. 'n Afvaardiging, wat D.F. Malan ingesluit het, het Smuts probeer spreek om te pleit vir begenadiging vir Fourie, maar hulle was onsuksesvol. Hy is toe op 'n Sondag, 20 Desember 1914, tereggestel.

Twee rebelleleiers is tronk toe gestuur: Jan Kemp is tot ses jaar tronkstraf gevonnis en met £1 000 beboet en die Boeregeneraal Christiaan de Wet tot vyf jaar en dieselfde boete. Tussen 4 000 en 5 000 rebelle is beboet en tot tronkstraf gevonnis, maar die meeste van die gewone manskappe is teen die einde van 1915 vrygelaat. Aan die einde van die volgende jaar was al die leiers vry.

Die Helpmekar

Die rebellie het veroorsaak dat die SAP-regering 'n grot deel van sy steun onder Afrikaners verloor het. In die 1915-verkiesing het Hertzog se NP 27 setels verower, wat al die Vrystaatse setels behalwe een ingesluit het. Die NP het vinnig gegroei vanweë sy pogings om die rebelle uit hul benarde p osisie te red.

Ná die rebellie was baie rebelle op die rand van bankrotskap a.g.v. eise om skadevergoeding van boere en winkeliers wat deur die rebelle geplunder is. In 1916 is die Helmekaar Vereniging gestig met takke in al vier provinsies om geld bymekaar te kry om die rebelle se boetes en die eise vir skadevergoeding te betaal. Die bydraes het stadig ingekkom totdat De Burger ingegryp het. Die koerant het veral welvarende Afrikaners gevra om te help. J.E. de Villilers van die Paarl het beloof om £500 te seknk as 500 ander mense elkeen £100 sou bydra.

Weldra het die Helmekaar-geldinsameling momentum begin kry. Om geld in te samel het vroue basaars, k onserte en dinees op talle dorpe gereël. De Burger  se Middelburg-korrespondent het geskryf: "Ek ken geen magtiger middel tot die saamsnoer van die Afrikanervolk as hierdie basaars nie. Deur die nood gedrewe kom ons nader aan mekaar. Tussen dié wat help, kom 'n band wat nie lig verbreek sal word nie. Dit is die groot b etekenis van die Helpmekaar-basaars."

In 1917 het dit duidelik geword dat die verskillende Helmekaar-verenigings in staat sou wees om al die boetes en eise te betaal. Meer as £250 000 is uitbetaal aan rebelle in die noordelike Vrystaat en ongeveer £500 000 is betaal vir eise afkomstig van ander dele van die land. £92 000 het oorgebly. Die bedrag word vandag nog vir studiebeurse gebruik. Die groot sukses van die Helpmekaar-beweging het in 1918 ook gelei tot die stigting van die versekeringsmaatskappye Santam en Sanlam.

Die Helpmekaar-poging het die amperse fiasko van die rebellie omskep in 'n groot prestasie vir die nasionale beweging, wat toe maar nog in sy kinderskoene was. By die stembus sou die NP groot voordeel hieruit trek, want die SAP se leiers en ondersteuners was geneig om afsydig te staan.

--- --- ---

'n Genadelose spotprenttekenaar

D.C. Boonzaier het op 'n Karooplaas grootgeword en het later na Kaapstad verhuuis. Hy het 'n vurige haat ontwikkel vir die mynmagnate wat die ekonomie oorheers het en gedink Louis Botha en Jan Smuts kruip voor hulle. Sy spotprente beeld verwilderde wit werkers of wit armes uit wat deur gewwetenlose kapitaliste uitgebruik en uitgelag word.

Sy vernaamste skepping is die kapitalis Hoggenheimer, wat hy geskets het as 'n ryk, vet mens wat dit telkens regkry om Botha en Smuts na sy pype te laat dans. Die spotprente verteenwoordig die taamlik algemene afkeer onder Afrikaners van 'n denkwyse wat die materiële ophemel.

--- --- ---

Die staking van 1922

Suid-Afrika het 'n donker ekonomiese tyd beleef in die ses jaar ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918. Dit is gekenmerk deur toenemende werkloosheid. Die meeste myners wat gevaarlike werk ondergronds gedoen het, was Afrikaners. Hulle was erg gegrief oor die slegte omstandighede waarin hulle moes werk.]

Die kloof tussen die wit myners en die SAP-regering het vergroot toe die SAP en die Unioniste Party wat altyd die mynmgnate se steun gehad het, nader aan mekaar beweeg het. Die myners het die regering nou besku as kop in een mus met die mynbase. Kort ná die 1920-verkiesing het die Unioniste Party ontbind en sy volgelinge is gevra om die SAP te ondersteun. Dit was 'n desperate poging om te verhinder dat die NP die bewind oorneem.

In 1920 het die goudprys skerp begin daal en vir baie myne was dit nie meer voordelig om goud te ontgin nie. Die Kamer van Mynwese het halsoorkop en selfs roekeloos opgetree, want, ten spyte van die bestaande ooreenkomste, is al hoe meer wit werkers ontslaan. Hulle het bekommerd geraak dat mynbase hulle sou vervang met swart werkers wat nog laer lone as hulle gekry het.

In Januarie 1922 het wit mynwerkers begin staak. Minister Deneys Reitz het geskat dat 90% van die stakers Afrikaners was. Die meeste van die 2 000 pooisiemanne en die kommando's wat na die Rand gestuur is om die stakings te onderdruk, was ook Afrikaners.

Verskillende gedagterigtings kan onder die stakende werkers onderskei word. Aan die een kant was daar Engelssprekende sosialiste en kommuniste wat die kapitalisme omver wou werp. Aan die ander kant wou baie Afrikanerstakers die Boererepublieke herstel. Leiers van die staking het die Union Jack-vlag 'n "vuil doek" genoem en beloof dat die Transvaalse Vierkleur weer oor Transvaal sou wapper.

Dan was daar ook diegene wat die staking as 'n wit-swart-stryd gesien het. 'n Leier het 'n massavergadering oopgeroep om saam te staan, soos toe die Voortrekkers in 1838 oor Dingane geseëvier het, om hulle teen die base en die laagbesoldigde swart werkers te verdedig.

Al was die meeste stakers Afrikaners, het die kommuniste die staking probeer oorneem. Kommunistiese vlae en rooi rosette was opvallend in die optogte en die "Rooi vlag", die kommunistiese lied, is dikwels gesing. Sommige kommunistiese leiers het nie gehuiwer om kommunistiese en rassistiese propaganda saam te gebruik nie. Op een van die baniere was sdie woorde "White workers of the world unite", in plaas van die kenmerkende kommunistiese slagspreuk "Workers of the world unite"

Die begrip "beskaafde arbeid" is waarskynlik in hierdie staking gebore. Dit het daaroor gegaan dat sg. beskaafde arbeid beskaafde lone moes kry. Dit het gou die betekenis gekry van werk wat uitgehou is vir wit werkers en waarvoor die loon of salaris hoog genoeg is dat 'n wit werker daarvan kan leef. Die Arbeidersparty het dit as leuse ind ie aanloop van die 1924-verkiesing gebruik en die NP het dit gou orgeneem.

Op 10 Maart 1922, nadat die staking twee maande lank gesmeul het, het 10 000 wit myners polisiekantore, spoorlyne en myngeboue en -installasies in Johannesburg aangeval. Die aanvalle het na ander plekke aan die Rand uitgekring. Dit was 'n kleinskaalse burgeroorlog in een van die rykste stede ter wêreld.

Smuts het die kommuniste se teenwoordigheid aangegryp om die staking voor te hou as 'n "rooi revolusie" met die doel om 'n Sowjetrepubliek te stig. Hy het krygswet afgekondig en soldate Johannesburg toe gestuur. Hulle is met vliegtuie, artillerie, masjiengewere en tenks ondersteun. Die stakers se posisies in Benoni is met masujiengewere uit die lug bestook en die myners se se gebou is gebombardeer. Die stakende werkers het oorgegee nadat swaargeskukt hul vestings verwoes het. In die skermutselings oor vyf dae is 250 mense dood.

Die Smuts-regering se bloedige onderdrukking van dié staking het talle werkers teen die regering laat draai. Baie van hulle sou nog lank die Arbeidersparty en die wit vakbondbeweging steun, maar algaande het hierdie organisasies Afrikanersteun verloor omdat hulle so sterk Britsgesind en so onsimpatiek was teenoor die Afrikaners se strewe om onafhanklik van die Britse kroon te wees.

Die Pakt se sege

Reeds voor die verkiesing van 1924 was dit duidelik dat die Smuts-regering in die moeilikheid was. Die NP en die Arbeiders  het die "Pakt", 'n bondgenootskap, gesluit waarin die partye beloof het om ná die verkiesing saam te regeer as hulle saam die meeste setels verower. Die NP kon taamlik seker wees daarvan dat hy die meeste Afrikaners se steun het.

Tog was talle uitmuntende Afrikaners id van die Suid-Afrikaanse Party. Daar was Jan Smut self en die opvoedkundiges E.G. Malherbe en Leo Marquard, die skrywers C. Louis Leipoldt enGustav Preller, asook die politici F.S. Malan, Deneys Reitz en Jan Hofmeyr. Smuts en sy party se grootste aanwins was die briljante jong Hofmeyr, broerskind van J.H. ("Onze Jan") Hofmeyr, wat later minister van finansies sou word.

Die Afrikaners wat in die SAP was, het egter toenemend besef dat die party n ie kon kers vashou by die NP wat bevordering van Afrikaans en die Af;rikaanse kultuur betref nie. Leipoldt, wat in 1924 'n SAP-kandidaat was, het erken dat sy party nagelaat het om sy beginsels op so 'n m anier toe te pas dat dit 'n outentieke nasionalisme bevorder. Hy het ná die verkiesing gesê die SAP het niks gedoen om Afrikaans te bevorder terwyl hy aan die bewind was nie en dat dit die rede vir sy nederlaag is.

Die SAP-0regering se bloedige onerdrukking van die staking van 1922 het soveel afkeer gewwek, dat sommige swart leiers selfs na die Pakt-bondgenootskap gekyk het as 'n manier om die SAP te beveg. Die ANC-leiers het 'n telegram aan swart en bruin kiesers gestuur om hul stem teen die SAP uit te bring. Dit kan vertolk word as 'n wenk om vir die Pakt te stem. Volgens Die Burger het die m eeste bruin mense in 1924 vir die partye van die Pakt gestem. In die wit gemeenskap was daar ook onverwagte steun. The Star het berig dat sommige kommuniste besluit het om die Pakt te ondersteun.

Swart mense kon net in die Kaapprovinsie stem, maar die leiers van die NP, Hertzog en Malan, het na hulle uitgereik. Hertzog het 'n telegram gestuur aan Clements Kadalie, stigter van die swart vakbond, die Industrial and Commercial Workers' Union (ICU), waarvan die leuse "Africa for the Africans" was. Hy het aan Kadalie gesê om wedersydse simpatie tussen "wit en swart Afrikaners" te kweek, is noodsaaklik vir die voorspoed van die Suid-Afrikaanse nasie. Mlan het as Kaapse NP-leier in 'n boodskap aan swart kiesers gepleit dat die wit en swart nasionalis skouer aan skouer moet staan.

Die Pakt het geseëvier in die verkiesing van 1924. Van die 135 setels het die NP 63 en die Arbeiders 18 verower. Die SAP het 52 gewen. Smuts is in sy eie kiesafdeling verslaan. Die NP onder leiding van Hertzog sou in die nuwe regering die toon aangee.

Hermann Giliomee

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5


Deur Afrikaans 'n "witmanstaal" te noem i n plaas daarvan om te e