Dit is 20 jaar later. Grotman en Elize is steeds baie gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners. Mans en vrouens verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Is alle mans steeds poepholle? Is alle vrouens steeds gaarders? Meneer en mevrou kom herken jouself in GROET DIE GROTMAN 2 en kom skaterlag vir jouself. Meneer jy gaan beslis die kans kry om vir jou vrou vinger te wys. En Mevrou jy gaan beslis die geleentheid hê om manlief in die ribbes te pomp. GROET DIE GROTMAN 2 is die ideale tonikum vir enige huwelik met Wynand van Vollenstee as die skreeusnaakse GROTMAN!


NOTA AAN REDAKTEURS:

  1. Groet die Grotman 2 speel by die Atterburyteater in Pretoria op Vrydag, 23 Augustus om 20:00, Saterdag, 24 Augustus om 15:00 en 20:00, en Sondag 25 Augustus @ 15:00.  Besprekings kan by iTickets gedoen word by www.itickets.co.za.  Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra te skakel by 011 815 3000, of ‘n e-pos te stuur aanadmin@lefra.com
  2. Groet die Grotman 2 besoek ook die volgende venues:
    1. Sondag, 1 September 2019 @ 14:00 | Barnyard Theatre, Menlyn, Pretoria
    2. Donderdag, 12 September 2019 @ 20:00 | Barnyard Theatre, Silverstar, Krugersdorp
    3. Sondag, 29 September 2019 @ 19:00 | Barnyard Theatre, Emperors Palace, Kempton Park
    4. Donderdag, 10 Oktober tot Sondag, 13 Oktober 2019 | Mardi Gras Teater, Carnival City, Brakpan
    5. Woensdag, 16 Oktober 2019 @ 20:00 | Die Blou Hond, Pretoria
  3. Jy sal binnekort ‘n uitnodiging vir ons openingsaand by die Atterburyteater op Vrydag, 23 Augustus om 20:00 ontvang.  Dagboek asseblief solank!
  4. Ons doen graag lesers- of luisteraarskompetisies vir al die vertonings.  Indien julle van ons kompetisielyn gebruik wil maak, sien asseblief die onderstaande inligting.  Ons sal die wenners trek en kontak, en dan die besonderhede deurgee vir publikasie.  Hiermee die inligting vir ‘n kompetisie by die Atterburyteater:

WEN KAARTJIES NA GROET DIE GROTMAN 2 BY DIE ATTERBURYTEATER!

Drie lesers kan elkeen 'n dubbelkaartjie wen na Groet die Grotman 2 by die Atterburyteater op Vrydag, 23 Augustus om 20:00.  Om deel te neem aan [PUBLIKASIE/RADIO/TV] en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: LEFRA GROTMAN [PUBLIKASIE, RADIO, TV], dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.  Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met LEFRA & [PUBLIKASIE] GROTMAN KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Redakteur is finaal.  SMS'e kos R1,50 elk.

  1. Vir onderhoude met die regisseur Frans Swart of die Grotman, Wynand van Vollenstee, of enige navrae, kontak gerus vir Charl Senekal by (011) 815-3000/061 616-6138 of epos aan admin@lefra.com.

6.      Meer hoë-resolusie foto’s is hier beskikbaar: https://www.dropbox.com/sh/ub5joljwgatvh6y/AACISjTRNdtX4dKcCjjqXIaTa?dl=0.

 

Met Wynand van Vollenstee | Teks en regie: Frans Swart

Vrydag, 23 Augustus tot Sondag, 25 Augustus 2019 | Atterburyteater, Pretoria

Sondag, 1 September 2019 @ 14:00 | Barnyard Theatre, Menlyn, Pretoria

Donderdag, 12 September 2019 @ 20:00 | Barnyard Theatre, Silverstar, Krugersdorp

Sondag, 29 September 2019 @ 19:00 | Barnyard Theatre, Emperors Palace, Kempton Park

Donderdag, 10 Oktober tot Sondag, 13 Oktober 2019 | Mardi Gras Teater, Carnival City, Brakpan

Woensdag, 16 Oktober 2019 @ 20:00 | Die Blou Hond, Pretoria

Groepe van 10 of meer teen afslag: Skakel 011 815 3000 of e-pos admin@lefra.com

Meer inligting by: www.grotman2.co.za

 

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle?  Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.  Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook en Twitter.  Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.  Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van Grotman 2 gaan speel. Wynand is 'n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle Ouboet en Wors as Gielie.  Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.  Groet die Grotman 2 is by die Atterburyteater op die planke vanaf 23 tot 25 Augustus, en toer van daar af regoor die land.  Besprekings kan by iTickets gedoen word deur 086 100 0291 te skakel, of op die webwerf www.itickets.co.za.  Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra te skakel by 011 815 3000, of ‘n e-pos te stuur aan admin@lefra.com.  Vir meer inligting, besoek www.grotman2.co.za.  Groet die Grotman 2  word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines and Stuttaford Van Lines.

 

In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld.  Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram).  “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart.  “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse.  Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.”  Die oorspronklikeGroet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar!  Lefra het die Grotman nou vir die afgelope agt jaar laat rus in sy grot … tjoepstil!  “Maar toe vanjaar spring daar ‘n nuwe Grotman uit wat sê: Hier is ek weer.  Ek is uit my grot uit en het baie nuwe stories om te vertel”, vertel Frans.  “Dis 20 jaar later!  Grotman en Elize is wyser … of is hulle?  Het Grotman sy wêreld al verbreed om by Elize se wêreld aan te sluit.  Het Elize haar wêreld vernou om so bietjie na Grotman se gefokusde wêreld te kom?  Ek gaan nie veel uitlap nie … gehore moet self kom kyk en lekker vir mekaar kom lag!”

 

Frans Swart, wat al as die klugkoning van Suid-Afrika bestempel is,  het die nuwe teks geskryf wat splinternuwe aksies tot gevolg het.   “Natuurlik moet ons by die teks hou, maar met Wynand van Vollenstee as die Grotman weet mens nooit nie.  Hy is ‘n briljante akteur en lees elke aand die gehoor en pas ook sekere tonele aan om by die gehoor aan te pas.  So mens weet nooit wat om te wagte te wees nie,” lag Frans.  Wynand het as jong akteur sy tande by Lefra kom slyp in die klugte soos My Vrou se Man se Vrou.  Daar het Frans hom al raakgesien as briljante komiese speler.  “Sy komiese tydsberekening is perfek en dan het hy die vermoë om enige karakter ongelooflik goed te vertolk.  Glo my in Grotman 2 vertolk hy ‘n swetterjoel karakters!   Dit was net ‘n logiese keuse dat Wynand die volgende Grotman moes wees.”  Fliekgangers sal Wynand van Vollenstee onthou as Kallie in die rolprent Karate Kallie, Bennie in Platteland en die braaivleisman in Superhelde. Televisisiekykers sal hom herken as Gielie in Ouboet en Wors.  Op die verhoog was hy te sien as Barta in die produksie Fiela se Ander Kind en as Kleinboet in Ons vir Jou.  Hy verskyn in twee van Lefra se klugte, naamlik My Vrou se Man se Vrou en later in My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou.   Dié veelsydige akteur het sy Nasionale Drama Diploma in 2007 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf, waar hy ook aangewys is as Beste Akteur van die Jaar.

 

Vrouens ... julle gaan julle mans herken in Groet die Grotman 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp.  Meneer, jy gaan beslis jou vrou in Groet die Grotman 2 herken ... so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou ... net nie die middelvinger nie!  Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik.  Kom kyk Groet die Grotman 2!

 

Om Groet die Grotman 2 vir jou dorp of stad te bespreek, skakel (011) 815-3000, of stuur ‘n e-pos aand admin@lefra.com.  Groet die Grotman 2 is ‘n wonderlike manier of fondse in te samel vir jou skool of organisasie.  Vir meer inligting, en ook die volledige toerprogram, besoek gerus www.grotman2.co.za.

In My Lewe.mp3