Glenys Lynne
Four Jacks and a Jill is 'n Suid-Afrikaanse Rock-groep. Die groep sing hoofsaaklik in Engels, maar is ook bekend vir enkele Afrikaanse treffers soos Ramaja en Een, twee, drie.
Die groep is in 1964 gestig, aanvanklik sonder 'n "Jill" en onder 'n ander naam. Later sluit die sangeres Glenys Lynne by hulle aan en die naam word aangepas. Die ander groeplede is Clive Harding (baskitaar), Till Hanamann (kitaar), Bruce Barks (kitaar), en Tony Hughes (dromme).
Hulle eerste groot treffer in Suid-Afrika was "Timothy". In 1968 betree hulle die Amerikaanse treffersparade met hulle liedjie "Master Jack". Die liedjie bereik nommer 18 op die "Billboard Hot 100" en nommer 3 op die "Adult Contemporary chart". Die liedjie bereik ook no. 5 op Cashbox (tydskrif) en word 'n no. 1 treffer in Suid-Afrika, Kanada, Australie, Nieu-Seeland, Maleisie en Rhodesie (nou Zimbabwe). Hulle opvolg enkelspeler, "Mr. Nico", bereik no. 98 in die Verenigde State. Dit was hulle laaste treffer in die VSA, maar die groep het steeds treffers in hulle tuisland, Suid-Afrika opgelewer.

CD's Op Die Rak
17. Grootste Treffers 2010
16. A Time for Thanks 2004
15. A Time for Giving 2003
14. The Heart and Soul of 2001
13. 2000 and Beyond 2000
12. The Very Best of 1995
11. Shamwari 1982
10. On the Move 1977
9. Good Vibrations 1975
8. Now 1969
7. The Sunny side of 1968
6. Fables 1968
5. Master Jack 1968
4. Timothy and other Hits 1967
3. The house with the white washed 1967
2. Listen Listen! 1966
1. Jimmy come Lately 1965