My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Gladys en die lymbottel

Gladys en Jane, die dogtertjie wat net langsaan gewoon het, het lekker met hul poppe gespeel. Maar toe het daar skielik iets vreesliks gebeur. Net hoe dit gebeur het, kon hulle nie verduidelik nie, maar toe hulle weer sien, het Jane Gladys se pragtige pop op die vloer laat val.

O Jane, jy het my babapop laat val! Dit is stukkend. Hoe kon jy dit tog doen, Jane!"

"Ek is so jammer, dit was 'n ongeluk," sê Jane.

Gladys het die pop opgetel en dit sorgvuldig ondersoek. "Kyk hier Jane, die kop het gebreek. Ek kan sommer huil!" sê sy droewig.

"O," sê arme Jane, asof dit regtig 'n baba is wat seergekry het. "Moenie huil nie, Gladys, asseblief, moenie huil nie, of ek sal ook huil. Wat kan ons nou doen?"

As dit twee ander dogtertjies was, sou hulle natuurlik heftig rusie gemaak het oor 'n ramp soos hierdie, maar nie Gladys en Jane nie. Hulle het mekaar te liefgehad daarvoor en nou was al wat Gladys gesê het "Laat ons kyk of ons dit kan heelmaak."

"Heelmaak Gladys, dink jy ons sal dit kan heelmaak?"

"Ek dink so," sê Gladys terwyl sy probeer om die stukke weer in te voeg. "As ons maar net 'n bietjie lym gehad het!"

"Ek weet waar ons lym kan kry. Ek het 'n bottel onder in die motorhuis gesien. Ek sal dit gou gaan haal," sê Jane. Sy het gou die bottel gom gaan haal, want sy was gretig om te vergoed vir die pop wat sy laat val het. Sy was baie gou weer terug met 'n ou lymbottel in haar hand.

"Dit lyk baie oud, Jane, ek hoop dat dit klewerig genoeg sal wees."

"Ek hoop ook so, maar die prop sit vas," sê Jane terwyl sy hard probeer om die bottel oop te maak.

"Laat ek probeer," sê Gladys.

Maar ook sy kon nie die prop uitkry nie. Toe probeer Jane weer, en toe weer Gladys.

"Wat nou gedoen?" vra sy. "Ons kon die pop teen hierdie tyd al heelgemaak het. Wag, ek sal vir Pappie gaan vra om vir ons die bottel oop te maak.

Sy is toe die trap af met die gombottel in haar hard. Pappie ht sy bes probeer om dit oop te kry, maar ook hy opgee.

"Neem dit na Oom toe, sy hande is sterker as myne."

Toe is Gladys na haar Oom en vra hom om die bottel oop te maak. Maar hy moes ook die saak gewonne gee.

"Dit help niks Gladys, jy kan net sowel daardie bottel weggooi. Ons sal vir jou 'n ander bottel kop sodra die winkels oop is," sê Oom.

Gladys het die bottel by haar Oom geneem en is weer boontoe na haar kamer. "Ek is Jammer Jane, maar niemand kan dit oopkry nie. Oom sê hy sal vir ons 'n nuwe bottel koop sodra die winkels oopgaan."

"Maar ons wil nou die pop heelmaak," sê Jane.

"Ja Jane, ons moet." En toe sê sy in 'n fluisterstem, "Weet jy, ek weet van iemand wat die bottel vir ons sal oopmaak."

"Weet jy werklik? Wie is dit?"

"Gladys het in haar oor gefluister en toe fluister Jane weer terug. "Wil jy glo Gadys, waarom het ons nie erder daaraan gedink nie?"

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

As julle 'n paar minute later in daardie kamer kon inloer, sou julle iets baie aandoenliks gesien het, want daar by die twee stoeltjies was die twee dogtertjies op hul knieë, gesig om Jesus te vra om daardie lymbottel vir hulle oop te maak!

"Liewe Jesus," het Gladys gebid, "my pop het gebreek en moet reggemaak word, Ons moet lym hê. Ons kan nie die bottel oopkry nie, ook nie Pappie of Oom nie, niemand kan nie, maar U kan. Sal U dit nie asseblief vir ons oopmaak nie? Amen."

Toe hulle klaar gebid het, loop Jane na die gombottel om die skroefprop te probeer, maar Gladsy sê sy moet bietjie wag. "Nee wag," fluister sy," ons moet Hom 'n kans gee om dit oop te maak!"

Toe het hulle twee vir sowat drie minute doodstil staan, sonder om 'n enkele woord te praat, wagtende op Jesus om te doen wat hulle gevra het!

Nou mag dit vir baie van julle vreemd lyk en sommige mag dit nie eens glo nie, maar toe Gladys daardie lymbottel van die tafel af neem en die prop met haar klein vingertjies draai, was dit sommer los!

En toe, sonder om vir een oomblik te twyfel dat hul gebed verhoor is, het hulle kalm die pop begin heelmaak. Later is hulle onder toe en wys vir Mammie, Pappie en Oom die pop.

"Maar waar het julle die gom gekry," vra h ulle.

"Uit die bottel," antwoord hulle.

Toe vertel hulle die wonderbaarlike verhaal van wat daar in die kamer gebeur het. Vir 'n rukkie het niemand gepraat nie - hulle was te aangedaan om iets te sê.

< >