Georgie se Glashuis 

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Georgie was aan die herstel van die pampoentjies. Hy het net daardie stadium bereik wanneer 'n mens ongeduldig en vol nukke is. Miskien ken julle die gevoel. 

Hy was al gesond genoeg om in die huis rond te loop, maar kon nog nie skool toe gaan nie. Dit is altans wat die dokter gesê het, en Georgie het glad nie daarvan gehou nie. 

"Ek is al gesond genoeg om skool toe te gaan," het hy een more ongeduldig aan sy Moeder gesê terwyl hy voor die venster staan en kyk hoedat die ander seuns en meisies verbystap skool toe. "Ek is heeltemal gesond."

"Toe maar," het sy Moeder gesê; "nog net 'n dag of twee, en dan sal die dokter sê dat jy maar kan gaan. Dis beter om 'n bietjie versigtig te wees as om later spyt te hê."

"Ek sien glad nie waarom ek nie vandag kan skool toe gaan nie," het Georgie nukkerig gesê. 

"Moenie so ongeduldig wees nie, Georgie," het sy Moeder gesê. "Wees nou soet en gaan speel met jou speelgoed."

Alhoewel Georgie mooi speelgoed gehad het; het hy glad nie lus gevoel om daarmee te speel nie. Hy het ou net een ding in sy kop gehad, en dit was om saam met sy maats skool toe te gaan. 

Toe hy alleen was, het hy na iets gesoek om te doen. Skielik het hy sy rekker tussen sy speelgoed sien lê, en hy het sommer 'n plan gekry. 

"As ek nou net klippies in die hande kan kry, sal julle 'n mooi ding sien," het hy vir homself gesê. Hy het toe gaan skietgoed soek, en dit was nie te lank nie of hy het in sy sak stukkies hout, albasters, en stukkies steenkool gehad. Toe is hy na sy Moeder se slaapkamervenster wat op die straat uitgekyk het, en daar het hy stelling ingeneem.

Sy eerste slagoffers was honde en katte, maar hy het gou moeg geword om na hulle te skiet. Toe het daar 'n ou man verbygekom, en Georgie het hom teen sy hoed geskiet dat dit so klap. Die ou man het sy hoed afgehaal om te kyk wat gebeur het, en Georgie het agter die gordyn weggekoets.

Toe het Georgie onthou dat dit haas tyd was vir die kinders om terug te kom van die skool af, en hy het meer skietgoed bymekaargemaak en gewag. Ndat hy vir ure gewag het soos hy gedink het, het hy gesê: "Hier kom hulle; nou sal ons 'n grap sien."

Die een na die ander van die seuns het gevoel hoedat iets hulle teen die kop of teen 'n arm skiet, en hulle het mekaar begin beskuldig. Soms het 'n meisie 'n gil gegee as iets haar teen die been skiet, en sy het sommer die seun agter haar beskuldig.

Niemand het daaraan gedink om op te kyk na die venster waar Georgie geskuil het nie, want hy was baie versigtig dat hulle hom nie sien nie. Maar soos dit gewoonlik gaan, kan 'n mens iets eenmaal te veel doen. 'n Seug mag iets vir 'n dosynmaal regkry, maar uiteindelik word hy tog gevang. 

Daar onder in die straat was 'n hewige rusie aan die gang tussen 'n meisie en drie seuns wat sy beskuldig het dat hulle haar gegooi het. Terwyl hulle nog so rusie maak, het een seun geskreeu: "Daar is hy, kyk daar! Dis Georgie!"

Toe hulle kyk het Georgie al weer weggekruip, maar die oop venster was nog daar, en dar het hulle 'n stukkie steenkool sien lê, en dit was genoeg bewys vir hulle. 

Die seuns het raad gehou wat om te doen. Toe hulle by die huis kom, het elkeen sy rekker in sy sak gesteek, en ook genoeg skietgoed, gereed vir die volgende oggend. Die volgende more was Georgie weer op sy pos by die venster. As hy maar net geweet het wat gaan gebeur! Hy het geglimlag toe hy die kinders sien aankom daar onder in die straat. 

Sy eerste skoot het sommer so geklap teen die boek wat een van die meisies geloop en lees het. "Dit was 'n lekker skoot, daardie!" het Georgie gedink. Toe het hy weer losgetrek. 

Skielik het hy iets deur die venster hoor fluit en klap teen die muur agter sy moeder se bed. Wat sou dit kon wees het hy gedink, en toe voel hy iets so skrams oor sy kop. 

Ping! die skoot was teen die bed. Toe was daar weer 'n klap geluid, en die glasstukke het gespat. Een van die seuns het sy Moeder se portret teen die muur getref. "Haai, julle, jou op! Julle het Moeder se portret stukkend geskiet!"

Maar die seuns het hulle nie daaraan gesteur nie. Die klippers het nou sommer by die kamervenster ingereent. 

"Hou op! Hou op! het Georgie geskeeu. "Net nou breek julle iets anders, en julle ht my in die gesig geskiet."

Die seuns het Georgie uitgelag, en toe was daar weer 'n harde klapslag. Dit was 'n skoot mt 'n albaster wat die spieël in die kamer getref en die glas laat bars het. 

"Hou op julle slegte goed!" het Georgie geskreeu. Julle het die-"

Net toe het die kamerdeur oopgegaan, en daar het Moeder gestaan.

"Wat beteken dit?" het sy uitgeroep toe sy die verwoesting sien. Toe die seuns haar gesig by die venster sien, het hulle weggehardloop. "Georgie, ek het gevra wat beteken dit?" het sy Moeder baie kwaad gevra. 

"Daardie slegte seuns het my met rekkers geskiet," het Georgie gesê.

"Nou dan sel ek die polisie ontbied." 

"Nee, moet nog nie," het Georgie verboureerd gesê.

"En waarom nie?" het Moeder gevra. En toe het sy gesien dat daar ook 'n rekker by sy broek se sak uitsteek. Sy het sommer dadelik besef hoe die vurk in die hef steek. 

Toe het sy vir Georgie baie beslis beveel om die venster toe te maak, en hy het dit gedoen. "Gee daardie rekker hier," het sy gesê. Georgie het die rekker oorhandig. 

"Loop haal nou  jou spaarbussie en bring dit hier, want jy sal al die skade moet betaal. Met trane in sy oë het Georgie sy bussie gebring, want hy het geweet dat dit al sy geld sou neem om die skade te betaal. 

Ons hoef nie erder te vertel wat daarna gebeur het nie, maar ons wil darem net sê dat dit Georgie 'n baie helder begrip laat kry het van die ou gesegde: "Mense wat in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie."

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell