Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

2 - 5 April 2021 (Boonducks Farm)

Tent Keuses







Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#8

BESPREEK NOU! Slegs 36 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas op Boonducks Farm, en bied skaduryke tentstaanplekke asook Stal Slaapkamergeriewe! (slegs vir 2de of meer EOK Kampers).


Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Eind (April - Julie) bied jou DRIE maande om die VAKANSIE vir jou en jou kind(ers bekostigbaar te maak!  Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 2 - 5 April 2021. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers) gewysigde Paasnaweek.

Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).

R1359 (1 persoon) R1590 (1 ouer 1 kind) R2230 (1 ouer 2 kinders) of R2790 (1 ouers met 3 kinders) of R3399 (1 ouers met 4 kinders).  Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.


Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time". Ons het Boonducks Farm gekies as ons tuiste vir EOK#8. +-130km van Pretoria of Johannesburg, ongveer 10km van Bela-Bela.


~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat).

Vrydag, 9 Julie 2021


15:00 - 19:00 Aankoms

18:05             Skemerkelkie

19:00 - 20:00 Beesstert Potjiekos (+rys en roosterkoek) + Hoenderpotjie (as ons 48+ is) ETE1

20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak & Ysbreker + Verjaarsdagkoek

21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur

Saterdag, 10 Julie 2021

07:00 - 08:00 Ontbyt Roosterkoek met Koffie (Blou Span) ETE2

08:00 -           Paasfees Roetemars @ Chris van der Walt + Jeug

09:30 - 13:00 Toutrek kompetisie Uitdunne

13:00 - 14:00 Middagete (Hamburger slaai) (Wit Span) ETE3

14:00 - 15:00 Staproete I @ Ricardo-Paul Joubert

15:30 - 16:30 Touknoop Seuns

19:00 -           Aandete (Hoender Stew met pap/rys) ETE4

21:00 - 23:00 Kitaar Kampvuur Kuier

23:00 - 01:00 Sterrekyk


Sondag, 11 Julie 2021


06:30 - 08:00 Bergfietsroete I @ Staamaker

07:00 - 08:00 Ontbyt (Oranje Span) ETE5

09:00 - 11:00 Staproete II en Bybeluur @ 

11:00 - 13:00 Swembad

13:00 - 14:00 Middagete (Boerierol) (Groen Span) ETE6

15:00 - 16:30 Touknoop Dogters

16:30 - 18:00 Toutrek kompetisie FINAAL!

19:00 -           Braaivleis ETE7

21:00 - 01:00 Radio Kuber Kontrei Konsert / Boodskappe aan ouers en Nagmars @ ? + Jeug


Maandag, 12 Julie 2021


06:30 - 08:00 Staproete III @

07:50 - 08:40 Ontbyt (Spek Eiers Roosterbrood) ETE8

08:00             Handig Kampkaart ini***

09:00 - 10:00 Oggend Erediens in veld by 

10:00 - 13:00 Hindernisbaan

13:00 -           Oorskiet Kos oppak kuier! ETE9

15:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 



Omgewing: Kampterrein

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort: Ja

Taal: Afrikaans

Omringende Dorpe: Rustenburg, Koster

Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia. 

Boonducks Farm is 'n plaas-ervaring! Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24.  Geen diere word toegelaat. Geleë in die Magaliesberg-Beskermingsarea, ongeveer 40km van Magaliesberg, en sowat 30km van Rustenburg.Vars lug. Bitter min tegnologie. Plaaslewe.

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. Bottel 750ml terpentyn. Seuns (1 das). Meisies (1 Serp). 

Respekteer asseblief inwoners en die Wildkamp deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen  30 Maart 2021. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 10 Januarie 2021).

Kultuur Avontuur Kamp 

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Andrietta Lombard Schroeder (51):  Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 5

Paul Joubert (50): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 8, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

Gareth Ferreira (36): Kamp Voog (afwesig) Enkel Ouer Kampe 3

Kultuur Avontuur Kamp

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za
Enkel Ouer Kamp April 2021