Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

1 - 4 Julie 2022

Tent Keuses







Kleredrag






EOK14 Enkelouer en kind kampe
Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#13

#Jy is op dun ys, ou pêl!


BESPREEK NOU! Slegs 48 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Pure BOSVELD. Bosveld Oase. Privaat. Skoon. Absoluut natuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. PUIK!! Kom uit na Covid-LOCKDOWN en kry 'n bietjie son! 


Heerlike wegbreek in die Julie skoolvakansie. Rustige Oase. Verskeie SKOON geriewe. Kamp (tent / karavaan) of 2-slaap of Chalet.  'n Pure Bosveld (en plaas) ervaring wat wag.  


Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Coleman 4-man tente (nuut) beskikbaar te huur @ R450 vir die naweek.  Kies opsie A of B (moet ons jou tent opslaan, of gaan jy self opslaan as deel van die kampervaring (vir jou kinders). Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 1 - 4 Julie 2022. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers). Of GLAMP in een van die 7 twee-slaap Chalets*. (Privaat Boma en swembad). 


Vrydag 1 Julie 2022 skop EOK#14 af!


Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders). R1659 (1 persoon) R2190 (1 ouer 1 kind) R2890 (1 ouer 2 kinders) of R3290 (1 ouers met 3 kinders) of R3599 (1 ouers met 4 kinders).  Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.


Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time". Ons het Brits (Noordwes) gekies as ons tuiste vir EOK#14.


~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat). 

Geen drankgebruik/verbruik vir die ouer aan diens (of wat item aanbied op die spesifieke dag, totdat afgehandel)

Vrydag, 1 Julie 2022


15:00 - 19:00 Aankoms

16:00 - 17:00 Kettieskiet en Giffie vir (die vroegkommers)

19:00 - 20:00 3 x Potjiekos (Afval / Groente / Hoender) ETE1

20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak

21:00 - 22:00 Speletjies Aand


Saterdag, 2 Julie 2022

07:00 - 08:00 Oats / Wheatbix ETE2

08:30 - 10:00 Staproete 3km

10:00 - 15:00 Ukutula Lodge and Lion Centre

12:00 - 13:00 Hommeltuig    

12:00 - 12:30 Middagete (Boerie Burger) ETE3

15:00 - 17:30 Springboks vs Wales (1ste Toets)

19:00 -  20:00 Braaivleis ETE4

19:00 - 21:00 ?

21:00 - 23:00 Sterrekyk


Sondag, 3 Julie 2022


06:30 - 08:00 Bergfietsroete I @ 

07:00 - 08:00 Roosterkoeke en Kampvuur Koffie Ontbyt ETE5

08:00 - 09:00 Kerkdiens

10:00 - 13:00 ?

12:00 - 13:00 Hommeltuig

13:00 - 14:00 Middagete (Hot Dogs) ETE6

15:00 - 16:30 Oupa Jan se Stoor

16:30 - 18:00 Ontspan

19:00 -           ? ETE7

21:00 - 01:00 ?


Maandag, 4 Julie 2022


06:30 - 08:00 Staproete III @

07:50 - 08:40 Ontbyt (Spek Eiers Roosterbrood) ETE8

08:00             Handig Kampkaart in***

09:00 - 10:00 

11:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 

10:00 - 13:00 Ontspan / Swem / Kuier

13:00 -           Oorskiet Kos oppak kuier! ETE9


Omgewing: Kampterrein

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort: Ja

Taal: Afrikaans

Omringende Dorpe:  Brits


Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia. 


Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. Bergfiets. Braaitang (slegs mans). AAA batterye vir jou koplig (3). 

Respekteer asseblief inwoners en besoekers aan Bosveld Oase deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n minimum Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen  27 Junie 2022. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 1 April 2022).

Tydens EOK#8 het ons 'n behoeftige persoon gehelp om saam te kom kamp. Haar/Sy kamposte was geborg en kon die kamp saam met ons geniet. Ons wil graag hierdie tradisie voortsit - en is BAIE dankbaar vir ons BORG! - weereens dankie! In groepsverband kan ons 'n groter verskil maak in 'n mamma/pappa en kind(ers) lewe - deur 'n MEMORY te skep op hierdie kamp wat hul ewig sal bybly. 

Kultuur Avontuur Kamp 

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Paul Joubert (52): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 13, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

Gareth Ferreira (36): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 5

Ronel du Toit (47): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 3

Sarel Botha (56): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 3

Kultuur Avontuur Kamp

  1. EOK#13 | 18 Maart 2022 - 21 Maart 2022
  2. EOK#14 |  15 April 2022 - 18 April 2022
  3. ENK#01 | 17 Junie - 19 Junie 2022 *Singles
  4. EOK#14 | 01 Julie 2022 - 04 Julie 2022 Enkel Ouer Kamp
  5. RKK#5 | 09 Augustus 2022 Radio Kuber Kontrei Golf Dag (Akasia) Pretoria
  6. NAM#01 | 1 September 2022 - 7 September 2022 Pretoria tot Namakwaland Blomme-bustoer
  7. RSA#01 | 9 September 2022 - 11 September 2022 Sewes Wêreldbeker Toernooi Kaapstad
  8. EOK#18 | 23 September 2022 - 25 September 2022
  9. EOK#16 | 06 Oktober 2022 - 09 Oktober 2022
  10. EOK#17 | 16 Desember 2022 - 19 Desember 2022 Enkel Ouer Vaaldriehoek
  11. EOK#19 | 5 Januarie 2023 - 8 Januarie 2023

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za