My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Eggo's

Mammie en haar sewejarige dogtertjie, Maria, was op pad weg van hul plasie na die dorp. Hulle het 'n groep seuns verbygegaan wat allerhande soorte geluide gemaak het.

"Mamma, wat maak daardie seuns?"

'Ek weet nie, laat ons gaan kyk," sê Mammie.

"Hal-lo! Haai! Hoe-e-e!" het die seuns geskree. Toe het hulle vir 'n rukkie stilgebly en geluister. Flou, maar tog hoorbaar, het dieselfde geluide teruggekom: "Hal-lo! Haai! Hoe-e-e!"

"Nou weet ek," sê Mammie, "hulle luister na die eggo's."

"Wat is dit, eggo's?" wou Maria weet.

"'n Eggo is 'n herhaalde klank. Die geluide wat die seuns maak, gaan tot teen daardie hoë muur daar onder en dan word hulle weer teruggegooi. Dit lyk asof die muur met hulle praat, maar dit herhaal net wat hulle geskree het," verduidelik Mammie.

"Sal die muur met my ook praat, Mamma?"

"O ja, dit sal. Jy kan probeer as jy wil."

Maria is toe na die plek waar die seuns gestaan het en hulle het gewag totdat sy geroep het. Sy kon nie aan iets dink nie en toe het sy maar geskree "Mammie!". Ná 'n oomblik van stilte, het die muur "Mammie" teruggeroep.

"O Mammie, iemand roep jou daar," roep sy uit.

"Glad nie, die muur het maar net teruggesê wat jy gesê het," sê Mammie met 'n glimlag.

Die hele pad na die dorp en terug kon Maria aan niks anders dink as aan die eggo wat sy gehoor het nie. Sy was baie bly toe Mammie sê dat sy ook by die huis eggo's kon hoor en het besluit om te probeer.

By die huis gekom, het Maria elke kamer probeer deur te roep "Mammie" en te luister of daar antwoord was. Maar sy was teleurgestel.

"Mamma," sê sy terwyl na kombuis toe hardloop, "Mammie het dan gesê dat ek eggo's ook by die huis sal kan hoor."

"Ja, ek dink jy sal hulle etenstyd hoor, Maria."

"Dis nou al amper etenstyd Mams."

"Ja, gaan haal vir Boetie daar in die tuin en sit hom in sy stoeltjie."

Na nog so 'n rukkie was die ete op die tafel.

"Ek wil nie van daardie slegte ou ertappels hê nie," sê Maria.

"Ek wil nie van daardie slegte ou ettapels hê nie," sê Boete haar agterna.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Mammie het niks gesê nie, maar vir hulle tog ertappels ingeskep. Toe begin sy om kool in te skep.

"Mammie, ek haat groente!" roep Maria weer uit.

"Mammie, ek haat groente!" sê Boetie agterna.

Maar Mammie het die groente ingeskep en die kinders het dit geëet, hulle moes eenvoudig, want Mammie het geen bogtery verdra nie.

Toe dit tyd was vir die nagereg, het Maria weer baie te sê gehad. "Net vla vir my asseblief, ek wil nie rabarber hê nie."

"Net vla vir my, ek wil nie habab hê nie," sê Boetie.

Toe glimlag Maria en Mammie ook. "Ek dink ek het 'n eggo gehoor," sê Mammie.

"Ek ook," sê Maria met 'n verleë laggie. Want op daardie oomblik het dit tot Maria deurgedring dat klein Boetie omtrent alles nagesê het wat sy gesê het - veral die stout dinge! Daar het 'n nuwe verantwoordelikheidsbesef by haar ontstaan en sy het haarself gesien as Boetie se onderwyseres.

"Ek dink dat ons hom van nou af net goeie woorde moet gee om te eggo Mamma."

Mammie was so in haar skik daaroor dat sy opstaan en Maria 'n soen gee. En alhoewel Mammie niks gesê het nie, kon 'n mens sien dat sy baie tevrede was.

< >