Drie Wonderlike Liedere

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Ons kan hierdie boek nie op 'n beter manier afsluit as met 'n storie van engeleliedere nie. Is julle stil, doodstil? Ek hoop so, want ek wil hê dat julle die liedere moet hoor in al hulle skoonheid.

 Laat julle gedagtes nou teruggaan oor die jare, baie ver terug, lank voor julle geboorte, of die geboorte van julle Pappie, of selfs Ouma, lank voor daar motorkarre, of huise of kerke was - en ook lank voordat daar katte of honde of perde en selfs bome en blomme was. Volkome duisternis het geheers - maar laat ons nou in daardie duisternis stilstaan en kyk hoe God die wêreld maak.

Skielik word 'n stem gehoor, 'n heerlike musikale stem wat deur die ruimte weergalm: "Laat daar lig wees!" Die duisternis verdwyn en die lig breek oor die woeste waters. Weer word die stem gehoor en die lug verskyn; droë land staan uit bokant die waters; gras begin op die berge en in die dale groei en daar kom bome op - appelbome, pruimbome, peerbome en al die verskeidenheid sierbome in die woude. Weer eens word die stem gehoor en daar kom visse in die see en diere word gemaak op die land - koeie, skape, bokke, leeus, tiere en kameelperde.

Dit geskied alles skielik; daar is nie miljoene jare nodig soos baie mense ons vandag wil wysmaak nie - elke skeppingsdaad geskied in 'n oomblik. Wanneer die Stem spreek, dan antwoord die aarde en in sy volheid openbaar hy die wysheid en krag van God.

Eindelik is die aarde omgeskep in 'n pragtige tuiste, met mooi mere en riviere, hoë bome en pragtige blomme. Wat 'n heerlike plek moes dit nie gewees het nie, nuut uit die hand van God! Ek sou dit baie graag wou gesien het - en julle? Daar was seker soet appels, sappige pere en geurige perskes! En wat van die blomme in die allerlieflikste kleure en die heerlikste geure.

En toe alles eindelik klaar was, so mooi soos die grote God van die hemel dit kon maak, het hHy gesê: "Laat ons mense maak na ons beeld." En toe het Hy uit die stof van die aarde, in Sy wonderbare skeppingskrag, die eerste man en die eerste vrou gemaak, die vader en moeder van al die mense in hierdie wêrel.

Hy het hulle nie eers as ape gemaak, soos sommige mense beweer en hulle tot mense laat ontwikkel nie. Dit is 'n heeltemal vals storie, versprei deur mense wat nie Sy Woord glo nie. Nee, "God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape."

En toe - skielik - toe die lewende m an en vroue op hul voete gestaan het, m ooi van gestalte en in bewondering van die wonderlike tuiste wat God vir hulle gemaak het, het die ganse hemel  'n lied aangehef. Met die grootste belangstelling het die engele elke stap van die skepping gadegeslaan en nou - toe die toppunt bereik is - het hulle, met eerbied vervul vir die almal van God, 'n lofliled aangehef. "Toe het die moresterre saam gejubel en al di e seuns van God het gejuig" (Job. 38:7).

Kan julle hulle in die verbeelding hoor sing? Luister hoe die lied deur die groot heelal weergalm! Luider en sagter soos die wind die melodie heen-en-weer wieg, totdag dit die hoogtepunt bereik in die woorde: "Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare! Die hele aarde is van sy h eerlikheid vol!" (Jes. 6:3).

Hoe lank die engele aangehou sing het, weet ek nie, maar ek is seker dat hulle van teleurstelling begin ween het toe Adam en Eva eindelik aan die versoeking van die duiwel toegegee en gesondig het. En toe hulle sien hoedat die mense op die aarde al dieper en dieper in die sonde val en steeds boser en ongehoorsamer word met verloop van die jare, moes hulle droefheid seker baie groot gewees het. Daar was geen gejuig meer in die hemel nie en hulle enigste troos het hulle gevind in die belofte dat hul geliefde Leier eendag na die aarde toe sou terugkom en op 'n wyse wat hulle nie kon verstaan nie, alles sou terugwin wat verlore was en die harte van die mense weer sal terugbring na hulle God.

Vierduisend jaar het verbygegaan. Dit is 'n baie lang tyd. Ek wonder soms of dit vir die engele ook so lank was. Miskien was dit. Hoe dit ook al sy, hulle het seker baie maal gewonder hoe en wanneer daardie belofte vervul sou word. eindelik het die groot uur aangebreek waarna hulle so verlang en waarop hulle so lank gewag het. Tot hulle uiterste verbasing het hulle gesien dat hul geliefde Leier na die aarde toe gaan,  nie in krag en heerlikheid nie, maar as 'n kindjie, om op te groei onder ander seuns en dogters, soos 'n mens onder die mense. Hulle kon dit glad nie verstaan nie, maar hulle was daarvan seker dat Sy manier die beste was.

Met die grootste belangstelling het hulle al die besonderhede van die plan gevolg. Aangevoer deur Gabriël, het hulle met hul tienduisende bokant Bethlehem vergader en toe die groot nuus geflilts is na die wagtende skare dat Jesus gebore is, het hul harte getril van vreugde. Hulle moes dit aan iemand vertel en toe het hulle neergedaal na die herders daar in die velde van Bethlehem - hulle was die enigste mense wat daardie tyd wakker was.

"Moenie vrees nie," het Gabriël gesê, "want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Verlosser wat Christus, die Here, is."

En toe het daardie verbaasde herders die heerlike hemelse leërskare gesien en hul ore het die soetste engelmusiek gehoor wat die menslike oor nog ooit gehoor het. Nie sedert die grondlegging van die wêreld het so 'n loflied deur die hemelhowe weerklink nie.

"Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!"

"Heerlik! Heerlik!: kan julle hulle hoor sing? Hoor hoe die heerlike melodie van berg tot berg weergalm en aanrol deur die ruimte! "Heerlik! Heerlik!" Luider en luider weergalm dit totdat die ganse aarde dit moet hoor. En - namate die gesig verdof het, het die melodie ook verflou - en die herders is alleen gelaat by hul skape en die sterre.

Tweeduisend jaar het sedert daardie tyd verloop. Tweeduisend jaar! Hoe lank moes die engele wag om hulle droom verwesenlik te sien! Jesus het nie die wêreld skielik gered soos hulle miskien gehoop het dat Hy sou doen nie. Hy het nie die koninklike troon bestyg om as koning op die aarde te heers nie. In stede daarvan, het Hy toegelaat dat hulle Hom kruisig. En al die tyd moes die engele staan en kyk hoe hulle geliefde Leier mishandel, bespot en eindelik gedood word. Hoe baie maal wou hulle seker nie tussenbeide tree om Hom te verlos van Sy vyande nie! En toe Hy eendag aan die mense gesê het dat as Hy wou, kon Hy twaalf legioene engele ontbied om Hom te help, het hulle seker regtig gewens dat Hy dit wou doen!

Maar nee, Jesus het na die kruis gegaan en gesterf, want Hy het geweet dat dit die prys van die sonde was en die enigste manier om die mense terug te bring tot God.

Baie maal tydens Sy aarde lewe het Jesus aan Sy dissipels gesê dat Hy - ná Hy die groot offer gegee het - eendag weer sou terugkom na die aarde toe. Hy het selfs aan hulle sommige van die tekens voorspel wat sou plaasvind, sodat hulle kon weet dat die tyed vir Sy koms naby is. ek is seker dat die engele geluister het na elke woord wat Hy gespreek het en dat hulle daardie belofte in hul harte koester. Gedurende die afgelope tweeduisend jaar het hulle gewag op die tekens en verlang na die dag wanneer hulle Here en Meester na die aarde toe sal terugkom om sy wonderbare verlossingsplan te volbring.

Eendag - en dit kan nie lank meer wees nie - sal Jesus terugkom en ons lees dat wanneer Hy kom, sal ook "al die heilige engele" saam met Hom kom. Dit sal 'n skitterende skouspel wees! Miskien sal julle - en ek - nog lewe om daardie groot dag te sien. Wie weet? En dan - as ons die Here aangeneem het - sal ons "opgeneem word, die Here tegemoet gaan in die lug". Ons kan al almper voel hoe heerlik dit sal wees om saam met die engele na die hemel te gaan en al die pragtige dinge te sien wat God berei het vir diegene wat Hom liefhet.

Op daardie heerlilke dag sal ons die pragtigste musiek hoor wat ons nog ooit gehoor het.

Luister! Dit is die segelied van die engele. dit is die lied wat hulle al so lank wag om te sing. eindelik sal hulle kan uiting gee aan hul gevoelens en uit volle bors die heerlike koor sing. Luister! Ons kan al by voorbaat die soet klanke hoor: "Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid."

"Tot in alle ewigheid!" Die hemelgewelf weergalm van die geklank van die loflied. Jesus het die stryd teen die sonde gewen en teen siekte en teen die dood. Alles wat boos en sondig was, is vernietig. Tot in alle ewigheid  sal alles mooi wees en almal sal gelukkig wees. Nooiot weer sal daar rusies wees, of bakleiery of onvriendelike woorde nie. Tot in alle ewigheid sal daar vrede en vreugde en geluk wees. Vir ewig en altyd sal Jesus by Sy kinders wees en hulle by Hom.

Sou julle nie ook graag daardie heerlike ooorwinningslied wil saamsing in daardie heerlike tuiste nie? Ek wil. Laat ons besluit om mekaar eendag daar te ontmoet. As ons daardie begeerte het, sal ons gewis gereed wees wanneer Jesus weer kom.

Om die dam Perderoete