My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die waarde van 'n glimlag

Hoeveel is 'n glimlag werd? 'n Pennie? 'n Sjieling? 'n Honderd pond? Wel, dit is iets werd, is dit nie?

Ja, sekerlik, maar tog kan mens nooit sê hoeveel 'n glimlag werd is nie, kan jy? As mens dit kon doen, sou jy sy waarde dadelik afbring.

Tog is 'n glimlag soms baie waardevol.

Baie jare gelede het daar in een van die heel armste strate van New York 'n dogtertjie met die naam van Hannah gewoon. Sy was elf jaar oud en baie opgeruimd. Haar opgewekte gesiggie het baie vreugde in daardie agterstrate verskaf.

Eendag het Hannah na die sendingsaal in hierdie arm deel gestap. Sy was al dikwels van tevore daar om dienste by te woon; maar hierdie keer moes sy self aan 'n program deelneem. Jy kan jou voorstel hoe bly sy gevoel het.

Nou het dit so gebeur dat daar 'n welbekende dokter daardie middag in die gehoor was; hy het altyd sendingwerk goed ondersteun. Of hy eensaam of treurig gevoel het daardie middag, sal niemand ooit weet nie, maar toe hy na Hannah se opgeruimde gesiggie kyk, het dit sy hart op een of ander manier aangeroer. Toe draai sy om, kyk reguit na hom, en glimlag!

Nog nooity tevore het hy so 'n vriendelike gesiggie gesien nie. Hy het die saal baie gelukkiger as was hy dit binnegekom het, verlaat. En hy het daardie glimlag nooit vergeet nie. Dit het by hom gebly totdat hy gesterf het.

Toe sy testament die dag gelees is, was die mense baie verbaas om te verneem dat hy al sy geld - en hy was 'n baie ryk man - nie aan sy familie bemaak het nie, want hy het geen familie gehad nie; ook nie aan 'n hospitaal soos hulle verwag het nie; maar, om sy eie woorde te gebruik, "aan hulle wat my in my lewe gelukkig gemaak het."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Op die lys was Hannah se naam, die klein dogtertjie wat met hom twintig jaar tevore geglimlag het. Hy het meer as £35,000 aan haar bemaak!

Dink net - £35,000 vir 'n glimlag!

Ek kan jou amper hoor sê, "Ek wens my gimlaggies was soveel werd." Hulle is!

Dink aan wat hulle vir Pappie en Mammie beteken. Jou glimlag help hulle om hulle laste makliker te dra en laat hulle ook langer leef. Is dit nie iets werd nie?

''n Glimlag laat die wiele van 'n huis soveel gladder loop, terwyl norsheid, skewe monde en lang gesigte soos gruis in die ratte is.

Wie hou nie van die seun of die dogter wat glimlag wanneer dinge verkeerd loop - wanneer ander kinders hulle kwaad maak of hulle seerkry met speletjies nie? So 'n glimlag is baie meer werd as geld.

Sê byvoorbeeld jy glimlag eendag met iemand wat mismoedig is, en jy laat hom ook glimlag; hoeveel is dit nie werd nie? Jy mag dit nooit weet nie - maar dit mag miskien alles vir hom beteken - op die donker en eensame pad van die lewe. En daar is baie mense soos hierdie om ons, Mense wat al moed opgegee het dat iemand ooit weer met hulle sal glimlag. Daar is 'n lied wat sê, "Daar is harte vol droefheid, vandag, en jy kan aan hulle die troos van die Here bring, deur hulle pad met 'n glimlag te verlig."

Gaan jy nie probeer kyk hoeveel goed jy kan doen deur te glimlag nie? Jy mag miskien nie geld daarvoor ontvang nie, maar geluk en blydskap sal jou loon wees.

< >