Die Tweeling se Wens

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

As ek so oud as Pappie is,
sal ek self in die motor ry
na die dorp, en gou weer terug -
daar waar die baie lekkers is.

As ek so oud as Pappie is,
sal ek tot laat toe wakkerbly.
Eers as ek regtig lekker gaap,
sal ek uittrek en gaan slaap.

As ek so oud as Pappie is,
sal ek vir my 'n boot aanskaf.
Daarmee sal ek op die see,
saggies dryf en heerlik wieg.
As ek so oud as Pappie is,
sal ek alles eet wat ek verkies.
Kool en rape, ja gewis,
daaroor sal ek glad nie twis.

As ek so oud as Pappie is,
dan sal ek lekker sit en rus
voor die kaggel op 'n stoel,
peins en dut en droom met lus.

As ek so oud as Pappie is,
hoe oud sal Pappie dan al wees?
Sal hy nog liefhê soos van oud,
en sal hy nog wil lag en speel?

-OOM ATTIE.