Die Seun wat sy huis verlaat het

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Daar was eenmaal 'n ryk man wat twee seuns gehad het. Die man was 'n goeie vader en het sy twee seuns baie liefgehad. Hy was gewillig om alles vir hulle te doen om hulle gelukkig te maak, maar - soos alle Vaders - het hy verwag dat hulle hom sou gehoorsaam en doen wat hy hulle gesê het.

Hulle huis was goed gemeubileer en mooi. Hulle het altyd genoeg gehad om te eet en mooi klere om te dra. Op hulle plaas het hulle honderde skape en bokke en beeste en perde gehad - alles wat enige seun graag sou besit.

Maar een van die seuns was nie gelukkig nie. Hy het nie gehou van die reëls wat sy Pa soms gemaak het nie. Hy het gemeen dat hy nooiot eintlik gelukkig sou wees voordat hy van die huis af weg was nie.

Hy het gehoor dat daar in die groot wêreld baie maklik geld gemaak kon word. In die groot stede sou hy ook alle soorte plesier kon hê wat nie tuis geoorloof was nie. Hy sou mos vry wees! Daar sal dan niemand meer wees om vir hom te sê: "Moenie dit doen nie!" of "Moenie dag doen nie!" Hy sou self grootman wees en sy eie baas.

Hoe meer die seun die saak oorpens het, hoe meer vasberade het hy geword om die ou plaas te verlaat en sy fortuin in die wêreld te gaan soek. Hy het toe besluit om met sy Pa te praat.

"Vader," het hy gesê, ek is moeg om op hierdie ou plek te bly. Ek wil graag die wêreld sien. Gee my asseblief genoeg gel."

Sy Pa was baie hartseer daaroor, maar omdat hy geweet het dat die seun sy ouerhuis nooit reg sou waardeer voordat hy eers 'n tydlank weg was nie, het hy aan hom die geld gegee en gesê dat hy maar kon gaan as hy dit verkies. Die seun was baie bly en opgewonde; dadelik sy goed ingepak en vertrek.

Ek weet nie hoe hy gevoel het die dag toe hy weggegaan het nie. Hy was maar seker 'n bietjie hartseer toe hy sy Moeder vaarwel gesoen en toe hy vir die laaste maal vir sy Vader gewuif het. ek is seker dat sy Ma, en ook sy Pa, gehuil het na hy weg was.

Die eerste aand weg van die huis was seker vir hom baie eensaam. Miskien het hy gedink dat hy maar sal teruggaan, maar die volgende more het hy sommer weer baie groot planne gehad oor die toekoms wat hom in die wêreld gewag het. Hy was baie in sy skik met die geld wat sy Pa vir hom gegee het! Hy het nog nooit soveel geld besit nie! Wat sou hy nie alles daarmee koop as hy eers in die groot stad kom n ie!

Eindelik was hy in die stad en hy het sy geld begin uitgee. Hy het sommer dadelik baie vriende gekry wat maar te gretig was om hom te help sy geld spandeer. Saam met hulle het hy - soos hy gemeen het - 'n heerlike tyd gehad, alhoewel dit meegebring het dat hy baie dinge moes doen waarteen sy Pa hom gewaarsku het.

"Dit is die ware lewe," het die seun gesê, "dit is waarna ek altyd verlang het. Ek kan doen net wat ek wil en daar is niemand om my te belet nie. Om te dink dat ek ooit op daardie ou plaas gewoon het!"

Maar eendag het die seun ontdek dat sy geld begin opraak. Hy het hom voorheen nooit gekwel oor sy geldsake nie, hy het maar altyd net uitgegee. Nou was dit 'n groot skok vir hom om te ontdek dat die geld wat hy met hom saamgebring het, byna op was.

Sy vriende het gou ontdek hoe sake staan en die een na die ander het hulle hom verlaat, totdat hy eindelik - toe hy sonder 'n pennie meer was - moes ontdek dat hy ook geen vriende meer gehad het nie. Nie een van sy vorige maats wou hom met geld help of hom van voedsel voorsien nie.

Die seun moes nou kennismaak met die harde feit dat voedsel gekoop moes word, nie met geld nie, maar met werk. Hy het begin besef dat as hy aan die lewe wil bly, sal hy moet werk. Maar watter werk kon hy doen? Al waarvan hy iets geweet het, was die boerdery en daarvan het hy nie te veel geweet nie.

Hy is toe na 'n boer om werk te soek. Die boer het gedink dat hy nie veel beteken nie, maar hy het hom darem gehuur om sy varke op te pas en vir vreeslik min geld.

Hier sien ons nou die seun, wat 'n rukkie tevore nog so grootmanagtig in die stad rondgestap het met geld wat sy Pa hom gegee het, as varkwagter op 'n plaas. En hy was so honger dat hy selfs van die varke se kos wou eet.

Die arme kind! Hy het sy ouerhuis verlaat om die lewe te geniet in die wêreld en nou moes hy ontdek dat die wêreld 'n kille, moeilike plek is; hy gee wel plesier vir 'n tydjie, maar teen 'n vreeslike prys.

Hy was eers so besig om die lewe te geniet dat hy nie tyd gehad het om aan sy h uis te dink nie, maar nou het hy baie tyd gehad om na te dink.

Die huis! Nouw as daar vir hom geen heerliker plek op aarde  nie! Wat sou hy nie gee om weer tuis te wees nie! Net om sy ouers weer te sien! O, waarom het hy die huis verlaat?

Toe het hy 'n gewigtige besluit geneem. Hy sal teruggaan. Sy Pa sal miskien kwaad wees vir hom, maar hy sal sy dwaasheid bely en om vergifnis vra. Hy het vooraf gedink wat hy aan sy Pa sal sê. Hy sou sê: "Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie - maak my soos een van u huurlinge.{

En so het die seun die lang reis terug huis te begin.

*** *** ***

Maar wat het in die tussentyd tuis gebeur?

Die Pa was baie hartseer. Sy seun het nie eens eenmaal aan hom geskryf nie. Hy was seker dat die seun in die moeilikheid sou beland. En hy het gehoop dat dit hom sal verplig om weer huis toe te kom.

Elke dag - en baie maal elke dag - het die Pa gaan staan en kyk in die rigting wat die seun sou kom as hy besluit om terug te kom. Dag na dag was hy teleurgestel...en hy het baie hartseer geword.

Toe, eendag, het hy weer gaan kyk. Hy het daar ver in die pad gekyk waar dit oor die bult gaan. Wat sien hy daar? Dis mos 'n mens daardie. Ja! en die persoon lyk vir hom bekend. Kan dit wees? Sou hy maar weer teleurgestel word? Nee!"Ek is seker dis die seun," die Pa hardop gesê. terwyl hy nog stipter kyk. "Dit is! Dit is! Dis eindelik hy!"

Die ou man het sy ouderdom en alles vergeet en begin hardloop en hy het aangehou totdat hy by sy seun gekom het.

"Vader, ek het gesondig..." het die seun begin.

Maar die Pa het skaars gehoor. Hy was te bly dat sy seun weer huis toe gekom het. Hy het sy seun omhels en hom gesoen.

Toe hulle by die huis kom, het hy een van die knegte beveel om skoon klere vir die seun te bring om die vodde te vervang wat hy aangehad het en eerlank was daar groot blydskap. Die Pa het 'n groot eetmaal gegee om die salige gebeurtenis te vier.

Die broer van daardie seun kon nie eintlik verstaan waarom daar so 'n groot ophef gemaak word nie, maar sy Pa het gesê: "Hierdie broer van jou was dood en hy het weer lewendig geword; hy was verlore en is gevind."

Daardie liefdevolle Vader stel God voor. Hy het ons almal lief as Sy kinders. Wanneer ons van Hom wil weggaan, mag Hy ons toelaat om te gaan, maar Hy weet dat dit met ons sal swaar gaan.

Solank as ons van Hom af weg is, sal Hy verlang dat ons moet terugkom. Hy het ons lief met 'n ewige liefde en Hy is altyd gewillig om ons weer terug te neem. Maar dit sal baie beter vir ons wees as ons nooit die vaderhuis verlaat nie!

Om die dam Perderoete