Die seun wat 'n sjieling verloor het

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

"Jannie!" het Pappie geroep daar vanuit sy werkswinkel, "kom bietjie hier."

"Wat is dit Pappie," het 'n vakerige stemmetjie uit die huis geantwoord.

"Kom h elp my 'n bietjie hier."

"Ag, ek wil  nie nou kom nie," het die stem gesê.

"Ek sal jou aanraai om dadelik te kom, ek wag vir jou."

Toe het Jannie besef dat dit hoog tyd was om hom te roer en hy het uit die eetkamer sy verskyning gemaak.

"Wat moet ek doen, Pappa?" het hy gevra.

"Doen?" het sy Pa gesê, "Daar is baie om te doen. Ek is van plan om 'n nuwe hoenderhok daar onder in die tuin te bou en ek wil hê dat jy die timmerhout moet help aandra."

"Ag, en ek wou dan nou net gaan speel het..." het Jannie gemompel.

"Maar nou sal jy mos lekker kan speel. Kom nou, roer jou litte. Daar is die hout en jy weet waarheen om dit te neem," het Pa gesê.

"Waarheen moet ek dit neem?" het Jannie gevra, om so lank uit te stel as moontlik.

"Neem dit daar onder na die tuin toe."

"Watter planke moet ek neem?"

"Hierdie planke," het Pappie gesê wat hom vinnig begin vererg het.

"Maar ek kan dit nie alles dra nie."

"Ja, jy kan. En maak gou nou. Ek sal nou daar wees met die gereedskap."

Jannie het traag geloop na die klomp planke.

"Maar Pappie, dis te swaar vir my," het Jannie geprotesteer.

"Te swaar vir 'n groot sterk seun soos jy?"

"Ek kan hulle nie optel nie,."

"Waarom nie, Jannie?"

"Hulle is te swaar."

Jannie het 'n plank opgetel en dit weer met 'n groot slag laat val.

"Dit help nie," het hy gesê, "hulle is te swaar."

Toe het Pappie 'n blilnk gedagte gekry en hy het aan Jannie gevra: "Hoe vinnig kan jy die planke daar onder na die tuin toe neem as ek jou 'n sjieling gee?"

"'n Sjieling," het Jannie gevra en het skoon vergeet wat hy netnou gesê het. "Sal Pappa my regtig 'n sjieling gee vir die werk?"

"Wel, ek het dit nie belowe nie, maar ek het gevra hoe lank dit jou sal neem om die hout na die onderent van die tuin te dra as ek jou 'n sjieling gee."

"Ek weet nie," h et Jannie half huiwerig gesê, want hy het nie geweet waaraan sy Pa nou eintlik gedink het nie.

"Sou jy graag die werk wil doen vir 'n sjieling?" het sy Pa skielik gevra.

"Ja, ek sal."

"Nou ja, voordat ons die sakie beklink, wil ek sien hoe vinnig jy die planke daarheen kan dra as ek jou 'n sjieling daarvoor betaal."

Jannie het dadelik die plan wat bo gelê het, opgeraap en hy na die onderent van die tuin gehardloop so vinnig as wat hy kon. Binne twee minute was hy weer terug by die werkswinkel.

"Was dit vinnig genoeg Pappie?"

"Ja, dit was baie goed. Dus was dit nie te swaar nie. Nou kan jy maar loop," het sy Pa gesê.

"Maar hoekom dan!" het Jannie verbaas uitgeroep. "Daar lê al die planke dan nog."

"Ek weet, maar dit maak nie meer saak nie. Ek sal hulle self dra."

"Maar ek wil hulle dra. Ek wil daardie sjieling verdien wat Pappie gesê het dat Pappie sal betaal as ek dit doen."

"Ek sou so dink, maar dis nou te laat," het sy Pa geantwoord.

"Te laat?" het Jannie uitgeroep. "Dit is nie, dit sal nog lank neem voordat dit donker is."

"Ek het nie dit bedoel nie," het Pappie teleurgestel gesê. "Ek het bedoel dat as jy die werk in die eerste plek gedoen het, sonder om te kla, sou ek jou die sjieling gegee en miskien nog meer omdat jy my gehelp het. Maar as my seun nie uit liefdie vir my wil werk nie, dan sal ek nie toelaat dat hy vir geld werk nie. Dan doen ek liewer die werk maar self."

Daar was 'n ongemaklike stilte en toe het Jannie terug huis toe gestap om 'n bietjie oor alles na te dink.

Vroeg die volgende oggend, terwyl Pappie besig was om te skeer in die badkamer, het hy 'n  daar in die tuin gehoor wat hom by die venster laat uitkyk het. Daar onder in die tuin het hy 'n gewerskaf daar in die tuin gehoor wat hom by die venster laat uitkyk het. Daar onder in die tuin het hy 'n hoop planke sien lê. Jannie was op pad terug daarvandaan met 'n stralende gesig by die gedagte aan die groot verrassing wat hy sy Pa sou besorg.

Pappie het dadelik verstaan wat gebeur het. Hy is vinnig die trap af met die eenkant van sy gesig nog vol skeerseep. Die volgende oomblik was hy weer bo in die badkamer waar hy hom klaar geskeer het. Maar hy het genoeg tyd gehad om iets onder Jannie se bord te sit: dit was die sjieling wat hy verdien het.

Om die dam Perderoete