Die man wat altyd gebid het

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Jan en sy Ma was in 'n restaurant in die stad. Die plek was vol mense en hulle h et geduldig gewag op iemand om hulle te bedien. Eindelik het 'n kelnerin gekom.

Jan was baie honger en sommer gou het hy sy mes en vurk gereed gehad om weg te val. Toe het hy geaarsel.  Mammie het haar hoof gebruig om te bid en Jan het na haar gekyk en toe na die baie mense.  Hy het bietjie gebloos en toe sy eerste hap gegee.

 "Het jy nie miskien iets vergeet nie, het jy?" het sy Ma gevra toe sy begin eet het.

"Nee, het Jan gesê, 'maar ek wou nie eintlik bid nie, want al die mense het na my gekyk."

"Maar wat maak dit saak? As dit reg is om God vir ons voedsel tuis te dank, dan behoort ons dit orals te doen waar ons mag wees."

"Maar die mense kyk so, dit het my vreeslik ongemaklik laat voel," het hy geantwoord.

"Wel dit behoort nie so te wees nie," het Mammie gesê. "Ons moet nooit bang wees vir mense wanneer ons doen wat reg is nie."

Jan het in stilte sy voedsel geniet. Skynbaar was die hele saak nou vergeet.

Maar toe Jan daardie aand sy Ma vra om vir hom 'n storie te vertel, het sy een reg gehad vir hom. Om die waarheid te sê, Jan was verbaas dat sy Ma so gou aan 'n storie kon dink, want sy het nie altyd 'n storie gehad nie.

"Hierdie storie is oor 'n man wat altyd gebid het," het sy gesê.

"Wat, het hy die  hele dag lank gebid Ma?"

"Nee, glad nie, maar hy het altyd gebid, hoe die mense hom ook al behandel het en wat hulle ook gesê het. Sy naam was Daniël en dit was sy gewoonte om drie maal per dag te bid - een maal in die oggend wanneer hy opstaan, dan in die middag teen etenstyd en dan weer een maal in die aand net voor hy gaan slaap het."

"Dit beteken dat hy een keer meer gebid het as ons," het Jan gevra.

"Ja en dit is miskien ook die rede waarom hy so 'n goeie man was. Dit was in elk geval sy gewoonte. In daardie dae het mense nie in huise gewoon soos die wat ons ons vandag het nie. Hulle ht nie glasvensters gehad nie en tensy die gordyne toe was, kon die mense maklik binne sien.  Dit ht dus dikwels gebeur dat verbygangers vir Daniël gesien bid het in sy kamer. Hulle het hom nie gehinder nie, maar het ingeloer en seker gewonder wat hy daar gedoen het.

"Eendag het van sy vyande daar verbygeloop en Daniël gesien bid en toe het hulle skielik aan 'n plan gedink om h om kwaad te doen. Hulle het groot invloed by die koning gehad het en na gegaan en gesê 'Ons wil graag hê dat u 'n wet moet maak wat sal bepaal dat enige persoon wat gedurende aanstaande maand tot enige god of mens bid, behalwe u, vir die leeus gegooi moet word'. Dit was natuurlik 'n baie dwase wet, maar die koning, wat gevlei is deur die idee, het so 'n wet geteken en dit het van krag geword.

"Die wet is dadelik oor die hele land gepubliseer en die mense het begin wonder hoe dit sou uitwerk. Baie het geweet van Daniël gewoonte om driemaal per dag te bid en hulle het vir mekaar gesê 'ek wonder wat hy nou sal doen?'

"Vroeg die volgende more het die mense rondom Daniël se huis vergader. 'Sou hy vandag by sy venster bid soos gewoonlik?' was die vraag op almal se lippe. 'Of sal hy die koning se wet gehoorsaam?'

"Meer en meer mense het vergader en alle oë was op Daniël se venster gerig. Eindelik het die uur van gebed aangebreek. Daniël het op die gewone plek neergekniel en gebid soos altyd. Hy het nie eens die gordyne toegetrek sodat mense nie kon sien wat hy doen nie - hy kon dit baie m aklik gedoen het as hy wou."

"Ma,  het hy geweet van daardie wet?"

"O ja, hy het geweet, want hy was een van die regeerders van die land - net onder die koning - en sy dienaars sou  hom sekerlik vertel het wat sy vyande die koning oorgehaal het om te doen, dit is as hy dit nie self geweet het nie. Dit is juis om hierdie rede dat sy daad so dapper was. Hy het besef wat met sou gebeur as hy bid, maar dit het hom afgeskrik nie - hy het soos gewoonlik gebid.

"Die m ense het seker vreeslik gestaar toe hulle hom daar sien neerkniel! Sommige het seker gesê 'dappere man!' en ander het seker gesê 'hoe durf hy die koning ongehoorsaam wees?'

"Ook sy vyande was daar en hulle het dadelik gehardloop en die koning gaan vertel. Hulle was tog te bly dat Daniël in die strik gevang is wat hulle vir hom gestel het.

" 'Weet u,' het hulle vir die koning gesê, 'dat daardie man Daniël die vermetelheid het om u wet te veronagsaam? Hy is op hierdie oomblik besig om te bid soos gewoonlik. U moet hom dadelik laat arresteer en vir die leeus laat gooi.'

"Die koning het baie van Daniël gedink. Hy het geweet dat Daniël 'n goeie man was en sy wyse raak baie waardeer. Om Daniël vir die leeus te laat gooi, was seker die laaste ding wat hy wou doen. Hy was nou baie jammer dat hy toegelaat het dat sy hoogmoed hom daardie wet laat onderteken het. As hy maar net 'n bietjie meer gedink het, souo h y mos geweet het dat dit sy getroue minister sou tref. Maar nou kon die koning niks doen nie. Daar was geen uitweg nie. Hy het die wet onderteken en dit was wet. Eindelik - en baie onwillig - het hy beveel dat Daniël vir die leeus gegooi moes word.

"Die soldate het na Daniël se huis gegaan en hom gevange geneem. Groot skares van mense het gestaan en kyk hoe hulle Daniël wegneem en hulle het hom gevolg na die leeukuil. Hulle het gesien hoe die deure oopgemaak en Daniël ingegooi is. Die meeste van hulle het verwag dat die leeus hom dadelik sou verslind, maar 'n groot verrassing het vir hulle gewag.

"Selfs daar in die leeukuil, met die wrede leeus daar rondom hom, het Daniël tot God gebid - en God het sy gebed verhoor. 

"Daardie hele nag kon die koning nie slaap nie en baie vroeg in die volgende more is hy na die leeukuil en daar het hy geroep 'Daniël, kneg van die lewense God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?'

"En toe het die koning, tot sy groot vreugde, die bekende stem van Daniël uit die leeukuil hoor sê 'my God het Sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit sodat hulle my geen leed aangedoen het nie'.

"Nou was die koning vreeslik bly en hy het dadelik beveel dat hulle Daniël uit die leeukuuil moes haal en sy vyande daarin moes gooi. Ná hierdie gebeurtenis het hy 'n ander dekreet uitgevaardig en dit na alle dele van sy koninkryk laa stuur en daarin het hy die grote God van Daniël geloof en gesê 'Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor diNáe God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en Sy koninkryk is een wat nie kan vernietig word nie en Sy heerskappy duur tot die einde toe. Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemele en op die aarde, Hy wat uit die mag van die leeus verlos het.'"

(Ná Mammie se verhaal - waarna Jan goed geluister het - het hy hom voorgeneem om Daniël se voorbeeld te volg en nooit bang sal wees of huiwer om te bid nie...al kyk mense vir hom.)