My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Libido Supplements for men in Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die Koning se Kampvegter

Hoe sal julle daarvan hou as 'n man te perd die eetkamer binnegery kom waar julle sit en eet? Julle sal natuurlik skrik, sal julle nie? Maar as julle ontdek dat hy dit doen uit liefde vir julle en die hele gesin, sou julle hom seker maar vergewe, nie waar nie?

Van die tyd van Willem die Veroweraar af was dit die gewoonte in Engeland wanneer 'n koning gekroon word.

Tydens elke kroningsplegtigheid - dit was altans so tot die jaar 1821 - is daar 'n groot eetmaal gehou waarby al die edelliede van die land teenwoordig was - die lords, die ridders, en die howelinge en hulle gades. Met die bediening van die tweede gereg het 'n groot deur in die eetsaal oopgegaan, en daar 'n ridder in volle mondering te perd eie saal binnegery.

'n Mens kan jou die opgewondenheid onder die gaste voorstel waar iemand sommer so goedsmoeds die verrigtinge kom versteur.

Maar daardie ridder was 'n bevoorregte persoon - hy was die koning se kampvegter. Binnekant die saal het 'n aankondiger met 'n groot stem die volgende uitdaging namens die kampvegter aan die aanwesiges gerig:

"As enige persoon van watter stand ook, hoog of laag, iets teen ons heer die Koning spreek...teen sy reg op die troon van hierdie Verenigde Koninkryk, dat hy nie koning mag wees nie: hier is sy kampvegter wat sê dat die een wat beswaar maak 'n leuenaar en valse verraaier is , en dat hy gereed is om hom te beveg tot die dood toe op enige dag wat vir die stryd aangewys mag word."

Hierdie uitdaging is driemaal herhaal, en driemaal het die ridder sy handskoen as uitdaging neergewerp om vir die koning se regte te veg. Nadat hy die op koning se gesondheid gedrink het, het hy geretireer.

Sover as wat ek weet, het niemand ooit so 'n uitdaging aangeneem nie; en daardie ridder het ook seker geweet dat hy geen teenstander sou vind nie. Ek dink, egter, dat julle almal sal saamstem dat dit 'n baie mooi gebruik was.

Om die een of ander rede voel ek dat ek net eenmaal so 'n kampvegter van die koning sou wil wees om die saal op 'n strydos binne te ry. Voel julle nie ook so nie?

Daar is iets baie besielends om die kampvegter te wees van iemand wat jy respekteer en liefhet. Om kampvegter van die koning te wees, en enigeen uit te daag wat teen hom is, en sy reg tot die dood toe te verdedig, is voorwaar 'n groot voorreg.

Sou julle graag so 'n rol wil speel?

Wel, julle kan. Ongeag julle ras of kleur, of die land waar julle woon, kan ulle almal kampvegters van die Koning wees. Daar is 'n Koning wat vandag sulke kampvegters soek. Die Bybel sê van die Here: "Sy oë swewe rond oor die hele aarde om Hom sterk te bewys by hulle wie se hart onverdeeld op Hom gerig is. "2 Kron. 16:9.

Is julle harte onverdeeld op die Here gerig?

"Onverdeeld" in hierdie skriftuur beteken heeltemal en nie half nie. Dit beteken nie om God bietjie lief te hê en die wêreld baie lief te hê nie. Dit beteken dat hulle Hom moet liefhê met julle hele hart en siel en verstand en krag.

Het julle Jesus so lief?

Het Julle Hom so lief dat julle vir Hom sal sterf? Indien wel, dan is julle geskik om Sy kampvegters te wees - kampvegters van die Koning van die konings. In daardie ou gebruik waarvan ek julle vertel het, was dit 'n baie gesogte amp om kampvegter van die koning te wees - dit het vir geslagte van vader tot seun ooregaan. Maar daar is nie sulke beperkings vir die kampvegters van Jesus nie. Hy wil soveel kampvegters hê as wat Hy maar kan kry. Hy wil julle ook hê.

Jesus se laaste woorde aan Sy dissipels, voordat Hy in die hemel opgevaar het, was: "Julle sal my getuie wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde." Hand. 1:8.

Die Griekse woord wat in hierdie teks as "Getuie" vertaal is, beteken eintlik "martelaar", en wat is martelare anders as kampvegters?

Wat Jesus dus werklik aan Sy dissipels gesê het, was dat Hy op hulle reken as Sy kampvegters op die aarde. Wanneer hulle mense sou teëkom wat Jesus se reg as koning in twyfel trek, moes hulle Hom verdedig en sê: "Ons is kampvegters vir die saak van die Here Jesus, die Koning van die hemel en die aarde. Ons sal getrou aan Hom bly tot die dood toe.

Daar het baie jare verbygegaan sedert Jesus daardie woorde gesê het, maar Hy soek vandag nog manne en vroue en jongmense as Sy getroue getuies. Hy het hulle vandag nodig, meer as ooit tevore. Aangesien ons so naby die einde lewe in hierdie wêreld van sonde, behoort ons pal te staan vir die waarheid en vir wat reg is.

Afrikaanse Radio Stasie

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Independent Candidate Training

Online Independent Candidate Course

R3499
The secrets of Body Language

Online Body Language Course

R2095
Table Tennis Development & Coaching Pretoria

N4 Gateway Tafeltennis Klub Pretoria

R70

Miskien sê julle op hierdie oomblik in julle harte - ek hoop altans so-, "Ek wil 'n kampvegter vir Koning Jesus wees; wat moet ek doen?"

Wel, sê dit aan die Here; sê aan Hom vanaand wanneer julle bid dat julle Sy onverskrokke kampvegters sal wees. Sê aan Hom dat julle gewillig is om enigiets vir Hom te onderneem, en pal te staan ten spyte van alles.

Miskien is Vader of Moeder nog nie 'n Christen nie, en dan sal julle in die huis kampvegters vir die Here moet wees.

Op skool sal julle seker dikwels moet getuig vir die Here; dit mag wees in die klaskamer, op die speelgrond, of wanneer julle op 'n uitstappie is saam met seuns en dogters wat nie omgee vir die dinge van God nie.

Wanneer julle hoor dat iemand die Naam van Jesus ydellik gebruik, moet julle dadelik sê: "Moet aaseblief nie sulke taal gebruik nie."

Wanneer iemand 'n onbetaamlike grappie vertel, moet julle nie saamlag nie. Wanneer julle sien dat iemand onreg aangedoen word, moet julle sy kant kies. Wanneer julle sien dat diere mishandel word, moet julle probeer om dit te stop.

Wanneer julle gevra word om leuens te vertel of bedrog te pleeg, moet julle beslis weier.

Maar wanneer daar om vrywilligers gevra word om iets groots vir die here te doen, moet julle dadelik sê: "Hier is ek, Here, stuur my."

Daar is duisende maniere waarop julle vir Koning Jesus kan getuig. Sê maar net aan Hom dat julle gewillig is om Hom te dien, en dan sal Hy julle lei. Moet glad nie aarsel nie. Trek julle wapenrusting aan, en klim op julle perde.

Ry voort, liewe kampvegters van die Koning!

< >
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?