Die Klein dogtertjie wat aan die slaap geraak het

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Jesus hou daarvan om vriendelik te wees vir kinders. Hy het hulle almal baie lief.

Een keer was daar 'n dogtertjie, twaalf jaar oud, wat baie siek was. Haar vader se naam was Jaïrus - vandag sou ons hom Meneer Jaïrus noem - hy was 'n ampsdraer in die kerk. In daardie dae het hulle sy amp genoem "owerste van die sinagoge".

Jaïrus het groot respek vir Jesus gehad en hy het gego dat Hy siek mense kon genees. toe sy dogtertjie so ernstig siek geword het, het hy gehardloop na die plek waar Jesus besig was om die mense te leer en hy het Hom gevra om gou te kom en sy dogtertjie gesond te maak. Jesus het ignewillig.

Waar Mevrou Jaïrus intussen by haar dogtertjie gewaak het, het sy gemerk dat die kind al swakker word. Alles waaraaan hulle kon gedink het, was alreeds gedoen vir die kind. Die vraag was nou of Jesus betyds sou kom. Waarom sou Hy so lank neem om te kom? Wat sou gebeur het?

'n Hele uur het verbygegaan. Met 'n gebroke hart moes die liefdevolle moeder sien hoe haar dogtertjie haar laaste asem uitblaas. Jesus het nie gekom nie! Waarom?

Iets het op pad gebeur. Toe Jesus op weg was na die huis van Jaïrus, het 'n arme vrou, wat vir twaalf jaar al siek was, deur die skare gedring en haar hand uitgesteek tussen diegene deur wat langs Jesus gestaan het en sy het die soom van Sy kleed aangeraak. Sy is dadelik van haar siekte genees en Jesus het haar geroep om haar verhaal te hoor.

Terwyl Hy nog met haar gepraat het, ht 'n boodskapper na Jaïrus gekom - hy was onder die skare - en aan hom vertel dat sy dogtertjie gesterf het.

"U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie."

Die arme Jaïrus was baie hartseer, maar Jesus het gou sy droefheid gesien. Hy het geweet wat gebeur het. Toe het Hy aan Jaïirus gesê; "Moenie vrees nie. Glo net en sy sal gered word."

Toe Jesus by Jaïrus se huis kom, het Hy dit vol mense gevind wat ween en huil en daar was 'n verskriklike rumoer.

"Waarom maak julle rumoer en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap."

Toe Hy dit sê,  het hulle Hom uitgelag, want hulle het geweet dat die dogtertjie dood was. Jesus het toe beveel dat almal die kamer moes verlaat - hulle ht dit gedoen.

En toe, toe alles stil was, het Hy die kamer binnegegaan waar die dogtertjie bleek en stil gelê het. Saam met Hom het ook ingegaan die droewige ouers en drie van Sy dissipels.

"Wat sou Hy nou doen?" het die ouers gedink. "Wat kan Hy nou ndoen?" Hulle sou baie gou sien.

Jesus het die dogtertjie aan haar handjie geneem en aan haar gesê: "Dogtertjie, Ek sê vir  jou, staan op!"

Die dogtertjie het geroer en haar ogies oopgemaak. Toe het sy van die bed af o pgestaan asof sy net wakker geword het en sy was so gesond as voorheen.

Wat die ouers betgref, "hulle was uitermate verbaas", maar ek is seker dat hulle te bly was vir woorde.

En hoe dink julle wat het Jesus toe gesê?

Hy het gesê: "Gee haar iets om te eet."

En dit wys ons net weer hoe goed Jesus weet en verstaan wat seuns en dogters die meeste nodig het en die meeste van hou.

Om die dam Perderoete