Bring eie tent, of bewoon ons 10-man-tent. 27-29 September 2019
Die Hoep-hoep

Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 27-29 September 2019. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers) gedurende die laaste naweek van die September vakansie.

BESPREEK NOU! Slegs 30 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 3 enkel persone, 5 enkelouers met 2 kinders asook 7 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Donkerhoek bied skaduryke tentstaanplekke

Staal Burger Toere en Kampe bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).



R550 (1 persoon) R990 (1 ouer 1 kind) R1390 (1 ouer 2 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent) en 5 etes in.

Vrydaq 27 September 2019

15:00 - 19:00 Aankoms

19:00 - 21:00 Braaivleis (+braaibroodjie, pap en 1 slaai)

21:00 - 22:00 Sterrekyk en ontspan om Vuur

Saterdag 28 September 2019

07:00 - 08:00 Ontbyt

10:00 -           Gelukkige Trekking Raaiskoot SA vs NAM RWB

10:00 - 11:00 Kultuur-Uur

11:00 - 12:00 Tennis Wedstryd (2 x dubbels)

12:00 - 13:00 Middagete

14:00 - 17:00 Perdry* / Bergfiets / Stap / Swem / Ontspan / Jukskei

17:30 - 18:30 Wildrit stap (11 bok spesies)

19:00 -           Potjiekos (+rys en roosterkoek)

21:00 - 22:00 Kampvuur Kuier

Sondag 29 September 2019 

07:00 - 08:00 Ontbyt

11:00 - 12:30 Die Slag van Donkerhoek (90 minute toer te voet)**

12:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 


Omgewing: Kampterrein en Plaas

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort en Bad: Ja

Taal: Afrikaans

OTM: Absa Bank


Die Fauna en Flora van Kleinfontein (nl. wild, voëls, rante, grasvlaktes, bome, vlei gebiede)

*Addisionele Koste

** Geen Koste Opsioneel

Geen selfone word toegelaat nie (kinders 06h00 - 21h00). Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24 Sekuriteit. Ten volle toegerusde winkel (kafee) is beskikbaar tot 17:30 Vrydag 27 September 2019 en 07:00 tot 15:00 op Saterdag 28 September 2019.  Geen diere word toegelaat.

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier is twee 6 man-tente) as jy bereid is om te deel. Eie slaapsak en eetgerei. Verversings.Ordentelike stapskoene. Kampstoel.Tennis rakette en balle. Respekteer asseblief inwoners en die Wildkamp deur nie harde musiek te speel nie. 

'n Deposito van R400 moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. 

Staal Burger Toere en Kampe

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za