Die Engel van die Boeke

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

"Dis vreeslike taal wat jy hier in die huis gebruik Tom," het Mammie eendag ergerlik gesê, "selfs Joan en Jess noem mekaar nou al 'jou naarheid' en erger dinge. Dit moet nou end kry!"

"Ek kan dit nie help nie," het Tom gesê - hy h et net begin skool toe gaan. "Al die seuns by die skool noem mekaar name."

"Maar jy moet dit nie doen nie, Tom. Jy moet anders wees en 'n goeie voorbeeld vir hulle stel," het Mammie gemaan.

"Dit sal nie help nie, hulle is almal groter as ek en hulle sal tog nie na my luister nie."

"Dit mag wees, maar jy hoef nie die lelike taal te gebruik wat hulle gebruik nie. Ek wil hê dat jy goed moet verstaan: eik nie daardie taal in hierdie huis hoor nie, dis nou een maal seker!" het Mammie kwaai gesê.

"O vreksel," het tom gesê.

"Tom, sê net weer daardie woord en dan sal jy sien," het Mammie uitgeroep.

Mammie het nog skaars klaar gepraat toe daar uit die ander kamer gehoor word "Jou vreksel"! Dit was klein Joan wat dit gesê het. "Sien jy nou, daar praat jou klein sussie jou nou al na. Ek sal dit nie duld nie. As jy weer daardie lelike woorde sê, stuur ek jou reguit kamer toe sonder jou aandete."

"Dis gemeen," het tom gemompel.

"Goed mannetjie, gaan nou reguit op na jou kamer."

"Maar ek wou dan nou net gaan voetbal speel."

"Wel, jy sal nie gaan nie, jy sal nou leer dat jy nie slegte taal moet gebruik of lelike dinge sê nie."

Tom is traag die trappe op na sy kamer en daar het hy homself op sy tyd uitgetrek. Dit was nie so erg om bed toe te gaan nie, maar om sonder kos te gaan, was darem vreeslik. Die trane het gou begin rol. Hy het vir 'n rukkie gehuil, toe nog 'n rukkie rondgerol, sy sakdoek onder die kussing ingedruk en dan weer uitgehaal. Eindelik het hy aan die slaap geraak.

Maar kyk, wie is dan daar in sy kamer? Hy het sy oë gevryf, regop gesit en skielik baie bang geword. "Wie is jy?" het hy verksrik gevra.

"Ek is die Engel van die Boeke," het die besoeker gesê.

"Boeke - watse boeke?" het Tom gevra.

"Die boeke van die hemel," het die engel gesê, "ek skryf elke slegte woord op wat mense sê."

"O Here," het Tom gesê.

"Dit sal ek ook opskryf," het die engel gesê.

"Moet ek dit nie sê nie?" het Tom gevra.

"Dit was baie verkeerd van jou om dit te sê," het die engel gesê. "Het jy dan nog nooit gelees nie 'Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie?"

"Ek is baie jammer, ek sal dit nooit weer sê nie."

"Maar jy sal nie kan nie, al wil jy ook," het die engel gesê, "jy het in die laaste tyd so baie slegte woorde gesê dat jy vir 'n lang tyd sal moet stilbly. Totsiens!"

Die engel h et verdwyn. Tom was nou vreeslik bang en het probeer om na Mammie te roep en haar te vertel wat hy gesien het, maar hy kon nie praat nie. Dit was vreeslik. Hy wou sy Mammie vertel dat hy baie jammer oor sy slegte gedrag is, m aar hy kon geen woord u uitkry nie. Hy het onthou hoe onbeskkof hy teenoor sy tannie was en hy wou haar om verskoning vra, maar hy nie 'n enkele woord praat nie. Toe het hy gedink aan sy sussies Jess en Joan. Hy wou aan hulle 'n storie vertel en goed vir hulle wees om boete te doen vir sy slegte gedrag teenoor hulle, m aar hy kon nie praat nie. Hoe hy ook al probeer het, kon hy geen woord uitkry nie.

"O wêreld, sal ek dan nooit weer kan praat nie?"

Hy het sy Mammie baie siek in die bed gesien en hoe die dokter gekom en gesê het dat sy baie siek is. Hy het gehoor hoe mense met die trap op na haar kamer kom met vrugte en blomme om haar 'n bietjie te troos. Hy het die vriendelike dinge gehoor wat hulle aan haar gesê het. O, hoe het hy tog verlang om na haar te gaan en sê hoe jammer hy is en dat hy voortaan 'n soet seuntjie sal wees, maar sy tong wou nie die woorde sê nie.

Dankie tog - hier is die engel weer!  " Ek glo dat jy nou jou les geleer het," het die Engel van die Boeke gesê.

Tom het sy hoof geknik terwyl die trane gestroom  het.

"As jy my sal belowe om nooit weer 'n slegte woord te sê nie, sal jy weer kan praat," het die Engel gesê.

Tom het weer sy kop geknik.....en skielik kon hy weer praat. Toe het die engel weer verdwyn.