Deur Vuur en Water

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

"Gordon en Clarice," het Mammie gesê, as julle nie nou ophou met daardie alewige bakleiery nie, dan sal ek elkeen van julle 'n goeie pak gee en bed toe stuur. Ek het nog nooit broer en suster so sien rusiemaak soos julle twee nie."

"Gordon het my in die gesig geklap," h et Clarice woedend gesê, "en toe het ek hom teruggeklap."

"Sy het moedswillig my lokomotief van die spoor af gestamp," het Gordon bitsig gesê, "en sy het verdien wat sy gekry het."

"Wel, verstaan nou mooi, die ding meot end kry; en as julle nie nou ophou nie, gaan  julle altwee bed toe sonder ete."

"Dis haar skuld," het Gordon gebron.

"Dit is nie," het Clarice weer gesê.

"Sal julle nou stilbly?" het Mammie gevra.

In haar stem was daar iets wt die kinders sommer dadelik tjoepstil gemaak het.

Wat die twee kinders oorgekom het, was eenvoudig 'n raaisel. Hulle het eers altyd so mooi saamgespeel, maar vandat hulle begin skool toe gaan het, het hulle houding teenoor mekaar heeltemal verander.

Gordon het van sy vriende saam huis toe gebring en met hulle het hy heerlik saamgespeel. En Clarice het met haar maatjies lekker gespeel, maar wanneer broer en suster alleen moes speel, was daar 'n stryery en bakleiery van 'n ander wêreld. Daar was niks waaroor hulle saamgestem het nie, wat die een ook al mag sê, het die ander een weerspreek.

"Ek gaan nou stad toe," het Mammie gesê. Julle moet soet bly totdat ek terugkom. Luister nou mooi" géén bakleiery nie, hoor!"

Maar Mammie was nog skaars by die hek uit, of Gordon en Clarice het begin.

"Jy raak nie weer aan my lokomotief nie," het Gordon uitdagend gesê.

"Ek sal as ek wil," het Clarice uit die hoogte gesê.

"Probeer n et, en dan sal jy sien," het Gordon gesê.

"Raak jy net aan my," het Clarice gesê.

"Wel, raak jy net weer aan my goed en dan sal jy sien."

Gordon was op sy knieë, besig met sy lokomotief wat net begin stoom kry h et. Dit was 'n stewige lokomotief - 'n stroombelyne model - en dit het 'n hele aantal waens getrek. Die blou vlammetjie vn die brandspiritus het om die lokomotief gelek en daar 'n gesis namate die kleiln druppeltjies water verhit het.

"Gereed! Alle sitplekke asseblief!" het Gordon geskree - hy het Clarice nou heeltemal vergeet. "Alles reg, kondukteur!"

Skielik het daar iets gebeur. Of Clarice dit bedoel het of nie, sal niemand seker ooit weet nie, maar net toe die trein by haar verbykom, het sy oor die spoor getrap. Die skoorsteun van die lokomotief het haar hakskeen gevang en die hele trein het van die spoor af geloop en onderstebo gelê.

"Jou gemene ding!" het Gordon geskree. Hy het opgespring en Clarice bygedam. Maar sy was te gou vir hom en was agter die tafel in voor hy haar kon bykom. Toe het hy haar daar om die tafel gejaag en al kwater geword toe hy haar nie kon vang nie.

Skielilk het Clarice uitgeroep: "Kyk, die huis is aan die brand!"

En dit was. In sy woede het Gordon sy lokomotief vergeet; die brandspiritus het uitgeloop en op die vloer aan die brand geslaan. Op die vloer het ou koerante gelê en die vlamme het hoog opgeskiet. Die bekleedsel van een van die stoele was al heeltemal aan die brand. "Gou,!" het Gordon geskree, "gooi die mat oor die stoel terwyl ek gaan water haal."

Clarice het die mat gegryp en oor die stoel gegooi. Hy het probeer om die brandende koerante dood te trap, maar dit was hopeloos. Toe sy sien dat die gordyne aan dee brand was, het sy hulle afgeruk en die vlamme probeer doodtrap. Teen daardie tyd was Gordon terug."Pas op!" het hy geskree, "kyk, jou rok is aan die brand." Hy het toe sommer die emmer water op haar gegooi.

Op daardie oomblik het die deur oopgegaan en een van die bure het binnegestorm. Deur sy venster het hy die rook en vlamme gesien en het sommer geraai dat daar 'n brand in die kamer ontstaan het. Hy het dadelik aan die werk gespring en ná 'n rukkie het hy en Gordon daarin geslaag om die brand te blus.

"O my bene!" het clarice gekerm, sy was papnat.

"Maar kind," het hulle buurman gesê terwyl hy na haar bene kyk, "jy is verbrand, lelik verbrand! Gordon, hardloop gou vir die dokter."

Na 'n rukkie het die dokter daar aangekom.

"Laat die ambulans kom," het hy beveel. "Die kind moet dadelik hospitaal toe."

Sowat 'n halfuur later het Mammie tuisgekom, in die vloer van die eetkamer was daar 'n groot swart gat en daar in 'n hoek het Gordon troosteloos gesit en huil.

Toe Mammie hoor van Clarice het sy amper inmekaar gesak.

"Maar sy was so dapper," het Gordon gesê. "Sy het vreeslik hard probeer om die brand te blus."

Gedurende die volgende paar weke het Gordon elke dag die hospitaal besoek. Elke dag het hy iets gestuur vir sy sustertjie, blomme, of vrugte, of boeke en altyd was daar 'n briefie by in sy eie handskrif. Hy het nooit geweet dat hy so miserabel sou wees sonder haar nie.

Toe Clarice eindelik weer kon huis toe gaan, was dit 'n heeltemal ander Gordon wat haar verwelkom het. Hoewel nie een iets daaromtrent gesê het nie, het albei in hul hartjies besluit dat hulle nooit weer katterig met mekaar sou wees nie.

Om die dam Perderoete