Deur Rowers aangeval

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

"Wat is nou aan die gang?"

Die eensame reisiger het vinnig omgekyk. 'n Klip het teen die berghelling afgerol en net langs hom in die pad te lande gekom.

Hy was maar 'n bietjie lugtig, want hierdie deel van die pad tussen Jerusalem en Jerigo was bekend as skuilplek vir struikrowers. Aan die eenkant was die afgrond en aan die anderkant was die steil berghelling. Orals teen die berg was groot rotse waaragter die rowers gewoonlik geskuil het.

"Ag, miskien is dit sommer niks," het die reisiger vir homself gesê en hy het sy esel aangespoor, hopende om Jerigo te bereik voor dit donker word. Maar hy het nie baie verder gekom nie.

Van agter daardie groot klippe het daar skiellik 'n aantal rowers verskyn; hulle was bewapen met stokke en messe en hulle het hom beveel om stil te hou.

Die reisiger het sy esel geslaan om e probeer wegkom, maar hy was te laat. toe hy hom weer kry, was die rowers op hom en hulle het hom met die stokke geslaan en sommige van hulle het hom met hul messe steke toegedien - eindelilk het hy bewusteloos op die grond neergeval.

Waar hy daar halfdood gelê het, het die rowers hom van al sy klere, sy besittings en esel beroof en hulle het die berge ingevlug.

Nakend, verwond en bebloed het die arme man daar in die pad vir ure gelê. Eindelik het hy weer sy bewussyn herwin; sy wonde het verskriklik gepyn, maar hy was te uitgeput om om hulp te roep.

Ná 'n lang ryd het hy voetstappe gehoor. Eindelilk sal daar tog hulp kom, het hy gedink. Die persoon het nader gekom en die verwonde man het gesien dat dit 'n priester was. Hoe dankbaar was hy, want die priester sou hom tog sekerlik help!

Maa nee. Daardie ongevoelige priester het net eenmaal na die man gekyk en toe het hy weggestap so vinnig soos hy maar kon - hy was seker bang dat die rowers hom ook sou vang. Was dit nie gemeen van hom nie?

toe die priester se voetstappe wegsterf, het die arme verwonde man alle hoop begin opgee. Hy het gevoel dat hy nie baie langer meer sou kon uithou nie.

Maar skielik hoor hy weer voetstappe. Ja waarlik! Hulle kom nader. Hierdie persoon sou hom tog seker help.

Dit was 'n Leviet - 'n man wat met die dienste in die tempel in Jerusalem gehelp en iemand wat die eerste behoort te gewees het om ee wat in moeilikheid verkeer, te help. Hy het ook na die arme, naakte slagoffer gekyk. En hoe dink julle wat het hy toe gedoen? Net soos daardie priester het hy die man net so laat lê en vinnig weggestap! Waarom? Miskien het hy nie daarvan gehou om met wonde te werk nie, of miskien wou hy nie sy tyd verkwis om die man huis toe te h elp nie. Moontlik was hy baie haastig. Was dit nie 'n baie gemene ding om te doen nie? Ek wonder hoe hy daarvan sou gehou het om self daar nakend en sterwende in die harde pad te lê?

Weer het die hoop van die verwonde man gesink toe die Leviet se voetstappe wegsterf. sou niemand hom dan ooit kom help nie? Elke minuut was vir hom soos 'n h ele uur.

"Wat is dit wat ek nou daar hoor?"

Tjoef-tjaf, tjoef-tjaf! Dis mos iemand op 'n esel wat daar aankom. sou daardie man stilhou?

Weer het daar hoop in die verwonde man se hart ontvlam, maar o wee, toe die ruiter sigbaar word, het hy gesien dat dit 'n vyand was: een van daardie Samaritane wat daarvoor bekend was dat hulle Jode gheaat het! O, hoe vreeslik! Sou daar dan niemand kom wat hom kon help nie?

Maar wat gebeur nou? Die Samaritaan hou stil! Hy het die arme man gesien wat daar lê. Hy spring van sy esel af en kkom na hom toe. Oënskynlik steur hy hom nie daaraan dat die man wat daar lê 'n Jood is nie; al wat hy sien, is iemand wat hulp nodig het.

"Arme man!" het die Samaritaan gesê, terwyl hy buig oor die beseerde reisiger. "Kan ek jou help?"

Hierdie goeie Samaritaan het een van sy saalsakke oopgemaak en daaruit h et hy verbande en salf gehaal en het die arme man se wonde verbind. toe het hy hom iets gegee om te drink en vir hom 'n kleed aangetrek. Hy het die man, wat baie swak was, op sy voete gehelp en toe het hy hom op sy esel gehelp. Langsaam het hy hom geneem na die herberg, halfpad tussen Jerusalem en Jerigo.

Byy die herberg aangekom, het die Samaritaan die herbergier geroep en hom vertel wat gebeur het. toe het hy reëlings getref vir die verwonde man om daar in die bed te bly totdat hy weer gesond was. En aangesien die siek man van al sy besittings beroof was, het die Samaritaan aan die herbergier gesê dat hy verantwoordelik sou wees vir al die onkoste.

Maar die beste van alles nog was dat toe hierdie Samaritaan die goeie daad gedoen het, het hy geen idee gehad dat iemand ooit daarvan sou hoor nie. Maar die herbergier het die geval rugbaar gemaak en so het Jesus daarvan gehoor.

Jesus was so ingenome met die verhaal dat Hy dit in een van Sy gesprekke as voorbeeld gebruik het. Hy het aan Sy toehoorders gesê dat dit die manier was waarop hulle hul vyande moes behandel.

Jesus wil hê dat ons die verhaal van die goeie Samaritaan moet onthou en dat ons aan ander moet doen soos ons wil hê dat hulle aan ons moet doen.

Om die dam Perderoete