'n Nuwe Suid-Afrika

 Watter soort demokrasie?

Binne 'n jaar nadat hy op 20 September 1989 formeer as staatspresident ingehuldig is, het F.W. de Klerk massa-optrede toegelaat, die verbod op die bevrydingsorganisasie opgehef en die noodtoestand beëindig. Dit was 'n reusesprong wat visie en moed geverg het. Omtrent alle Suid-Afrikaners buite die geledere van die regses het hom daarvoor krediet gegee. Sommige aan die linkerkant van die spektrum het egter beweer dat hy geen ander keuse gehad het nie.

Dit is nie geloofwaardig nie. Daar was nog steeds 'n groot aantal sterftes weens die politieke stryd, maar die staat se onderdrukkende maatreëls het teen 1988 daarin geslaag om die georganiseerde verset baie te demp. Die momentum van die veldtog onder leiding van die ANC het afgeneem en P.W. Botha het reeds begin om onderdele van die gesamentlike bestuurstelsel, wat die staat se optrede gekoördineer het, uit te faseer. Die wurggreep van sanksies was nog steeds daar - Chris Heunis, 'n lid van Botha se binnegroep, oordeel: "Sanksies het dit lewensbelangrik vir Suid-Afrika gemaak om te onderhandel indien dit deel wou bly van die Westerse handels- en finansiële netwerke, maar daar was geen noodsaak om slegs oor die oordrag van mag te onderhandel nie."

In 'n televisiegesprek in 2001 tussen De Klerk en Van Zyl Slabbert was daar eenstemmigheid dat De Klerk, as hy wou, nog in sy amp kon gewees het. Vir De Klerk was die vernaamste beswaar daarteen dat om aan die mag vas te klou, "gestroop van enige moraliteit sou wees".

Nog 'n aanvegbare stelling deur teenstanders aan De Klerk se linkerkant is dat daar teen 1990 net twee opsies bestaan het: die voortsetting van die ou styl van apartheid, gepaard met onderdrukking, en 'n demokrasie gegrond op individuele regte en burgerlike vryhede. Dit rym nie met die werklikheid nie. Teen die einde van die 1980's was apartheid reeds aan die verkrummel. Die Botha-regering het instromingsbeheer afgeskaf, sekere woonbuurte het geïntegreer geraak en al hoe meer swart en bruin studente het die histories wit universiteite bygewoon. Die regering het begin om die gebruik van skoolgeboue te rasionaliseer ten einde beter geriewe vir swart en bruim te verskaf. Die gaping

Bl. 593

tussen die besteding per capita aan wit en swart onderwys en dié tussen wit en bruin onderwys is dramaties kleiner gemaak. Die meeste van die doelbewuste diskriminasie teen gekleurde mense is afgeskaf.

Op grondwetgewende vlak was daar vordering. Chris Heunis, minister van konstitusionele ontwikkeling, het verklaar dat hy nie langer bereid is om apartheid uit te voer nie. Op plaaslike vlak het streekdiensterade geld van die wit na die swart en bruin woongebiede versprei. Swart verteenwoordiging op alle vlakke was nie langer 'n omstrede saak nie. Die vraag was hoe om onderhandelings daaroor te laat begin. Die hoeksteen van apartheid, naamlik bevolkingsregistrasie, was egter nog daar, en die poging van die regering om daarvan weg te beweeg deur voorsiening te maak vir 'n groep mense wat hulle nie met 'n bepaalde rasse- of etniese groep wou identifiseer nie, was nie baie oortuigend nie.

Suid-Afrika het tussen die laat-1980's en die middel van die 1990's 'n soort Pretoriaanse lente van vryheid geniet. Aan die begin van dié tydjie was die noodwette nog daar, maar hulle is al hoe meer geïgnoreer. Daar was nie 'n enkele party wat die politiek gedomineer het nie en die verstikkende politieke korrektheid van latere jare was nog afwesig. Indringende debatte waarin die regering soms skerp gekritiseer is, was oor die SAUK se senders te hoor. Nóg die ANC nóg die NP het politieke druk op die uitsaaier uitgeoefen.

Onder wit mense was daar geen ineenstorting   van die politieke en morele wil nie. Dit sou slegs gebeur indien die leiers húlle politieke wil verloor. 'n Gewone meerderheidsregering was nie die enigste opsie nie. Demokrasie kom in baie vorme voor en sekere gerespekteerde buitelandse geleerdes het geargumenteer dat die invoer van gewone meerderheidsregering skadelik sou wees in 'n diep verdeelde samelewing soos Suid-Afrika. In sy A Democratic South Africa? Constitutional Engineering in a Divided Society, wat in 1991 gepubliseer is, argumenteer Donald Horowitz dat die soort meerderheidsregering wat in Brittanje en die VSA aangetref word, in 'n land soos Suid-Afrika slegs een soort rasse- of etniese oorheersing vir 'n ander sal verruil. "Ascriptive majority rule ... kills democracy by turning elections into censuses and locking minorities out. If democracy requires the creation of 'shifting temporary alliances', the pre-formed racial or ethnic majority is not democratic." Vir Horowitz was dit van die grootste belang om 'n soort kiesstelsel te verkry wat partye verplig om steun van buite hul gewone ondersteuningsbasis te kry en om koalisies te vorm.

Wat die wittes begeer het, was 'n stelsel wat die belange van die swart meerderheid en die wit en ander minderhede in ewewig sou hou en stryd deur middel van konsensus sou besleg. Die Klerk het geweet dat hy groot risiko's loop deur hom op die pad van onderhandeling te begeef, maar hy was net so vasbeslote soos enige van sy kollegas om 'n situasie te verhoed waar die meerderheid al die besluite neem, waar die staatsdiens al hoe meer van sy wit amptenare ontslae raak en waar die ANC se vertolking van die geskiedenis die ou nasionalistiese geskiedenis vervang.

Ten einde 'n ewewigtige skikking te bereik, het hy kollegas met buitengewone vaardighede en vasberadenheid nodig gehad om hom by te staan. Toe Chris Heunis in 1989 bedank, het die NP die leier verloor met die meeste ervaring van politieke onderhandelings en ook die beste temperament. Hy het vroeër gebots met De Klerk, wat as die

Bl. 594

Transvaalse leier 'n veel meer konserwatiewe basis gehad het. De Klerk se optrede is in 'n sekere mate begryplik. Ná die verkiesing van 1987 was daar 'n werklike risiko dat hy in die volgende verkiesing in sy eie kiesafdeling verslaan kon word.

De Klerk sou ook die veiligheidsmagte op 'n berekende manier moes gebruik om te toon dat die regering in staat is om wanorde en intimidasie hok te slaan. Hy het geloofwaardige swart bondgenote nodig gehad wat hy by die regering kon betrek indien die ANC-beheerde bondgenootskap weier om enige kompromieë te maak. Hy moes op sakeleiers kon steun wat as tussengangers met Westerse regerings en die buiteparlementêre organisasies kon optree. Daar was 'n kans dat met behoorlike voorbereiding en met goeie bondgenote die omstandighede geskep kon word vir 'n meer komplekse vorm van onderhandelings wat op 'n ander resultaat as 'n gewone meerderheidsregering sou uitloop.

Toe hy die verbod op die bevrydingsbewegings opgehef het, het De Klerk nie pas 'n groot bekering beleef of dinge skielik heeltemal anders begin sien nie. Hy was 'n pragmatis wat aanpasbaar genoeg was om groot skuiwe te maak nadat die besef ingesink het dat die demografie en buitelandse druk die skaal teen wit oorheersing geswaa het. Hy het apartheid verwerp omdat die tuislandbeleid gefaal het om "aparte vryhede" daar te stel, nie omdat dit uit die staanspoor moreel verkeerd was nie. Pragmatiese oorlewingsinstink het moraliteit voorafgegaan. Hy het aan die Britse televisie gesê: "As 'n mens glo dat 'n beleid nie kan werk nie, is immoreel om dit te bepleit."

Sekre faktore het sy opsies beperk. Ten eerste het hy baie min tyd gehad om 'n skikking te bereik. Toe hy in 1989 aan bewind kom, het die helfte van die Afrikaners reeds die Nasionale Party verlaat om die regtervleuel te steun. Die NP was sonder koers of rigting. Die party het in September 1989 'n verkiesing gevoer met die belofte dat dit die laaste verkiesing sou wees wat swartes uitsluit. De Klerk het hom self net vyf jaar gegun om 'n oplossing te vind. Dit het nooit gelyk of hy die verlenging van die Parlement se termyn oorweeg nie.

Daar was ook ekonomiese sanksies. Die De Klerk-bewind was baie gretig om die sanksies opgehef te kry ten einde die kwaai resesse van die vroeë 1990's te beëindig en om die groot skuld van die staat af te betaal. Maar die Westerse regerings sou sanksies net ophef indien hul voorwaardes nagekom word. Hierdie regerings het groot gewig geheg aan die mening van die ANC en in die besonder aan dié van Nelson Mandela oor die NP-regering se opregtheid. Aangesien  vordering met die onderhandelings 'n bepalende faktor was, het die onus op De Klerk gerus om resultate te kan toon. Hy kon dus nie vir die ANC wag voordat hy sy skuif maak nie.

Nog 'n faktor was dat De Klerk nie die soort onwrikbaarheid gehad het wat die meeste groot leiers in onstuimige tye kernmerk nie. Hy het hom inderdaad self as 'n vredemaker bestempel. Hy wou nie oor lyke stap om die mag te behou nie. Hy was nie lus vir 'n uitgerekte kragmeting met die versetgewing nie. Aan diegene wat bepleit het dat die hele kwessie met wapengeweld besleg moet word, het hy geantwoord in die nugtere woorde waarmee hy senior polisie-offisiere toegespreek het: "As h ierdie Armageddon dan sou plaasvind en die bloed vloei enkelhoogte in ons strate en vier of vyf miljoen mense is dood, dan bly die probleem nog presies dieselfde as wat dit was voordat die skietery begin  het."

Bl. 595

Van die begin af het De Klerk geweier om die militêre met hul kennis en ervaring van teenrevolusionêre oorlogvoering as belangrike bondgenote te gebruik. Hy en die Afrikaners wat die veiligheidsmagte beheer het, het mekaar nie vertrou nie. Hy het die militêre gou vervreem deur onderdele van die gesamentlike bestuurstelsel uit te faseer en minder van die staatsveililgheidsraad gebruik te maak. Hy het die militêre uitgawe besnoei en die dienspligtyd met die helfte verminder. Dit was 'n duidelike teken dat die staat onder hom nie graag sou veg nie.

Die Afrikanernasionalisme was aan die verval. Al die doelwitte wat groot entoesiasme gewek het, is teen 1970 reeds bereik - Suid-Afrika se eie nasionale simbole, 'n republiek, 'n versekerde plek vir Afrikaans as 'n openbare taal, Afrikaanse skole en universiteite en 'n goed geskoolde en opgeleide wit arbeidsmag. Apartheid het vir middelklas-Afrikaners 'n verleentheid geword en by hulle begin spook op 'n manier wat hul gemoedsrus verstoor het.

Apartheid het ook van die Afrikaners 'n tol geëis. 'n Politieke loopbaan het min talentvolle Afrikaners gelok. Hulle het eerder in die sakewêreld of in die beroepe 'n loopbaan gevolg. Apartheid het nie die politici voorberei op harde onderhandelings met swart opponente nie. Die staat se ywer om die onderskeie kulture te bevorder, het gemaak dat die Afrikaners die taak om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder, aan die staat oorgelaat het. Apartheid het die Afrikaners se burgerlike gemeenskap baie verswak deur 'n verlammende afhanklilkheid van die staat as die goedhartige beskermheer van die onderskeie belangegroepe. "Praat met die minister" eerder as protes of mobilisasie was die geliefkoosde optrede.

Die regering sou minderheidsregte graag wou verseker, maar die geskiedenis van apartheid het dit baie moeilik gemaak. Apartheid was veronderstel om minderhede te beskerm, maar in werklikheid was Afrikaners in die apartheidsbestel 'n dominante minderheid wat veel beter dienste as die meerderheid uit die hand van die staat ontvang het. Daar was in elk geval nie, soos in die 1960's, 'n selfbewuste Afrikanervolk wat op etniese selfbeskikking aandring nie. Slegs die helfte van die Afrikaners het nog die NP ondersteun. Die NP-leiers het die ou rasse-definisie van die Afrikaners as 'n wit etniese groep verwerp en in 1990 besluit om 'n veelrassige party te word. Die Konserwatiewe Party en ander partye verder aan die regterkant het nog altyd die eksklusiewe definisie van Afrikanerskap gehandhaaf, maar hulle het geen plan gehad hoe om die politieke krisis op te los nie, behalwe volhardende verset teen 'n swart regering.

Die kwessie van moralilteit was 'n belangrike faktor in die veranderende magsverhouding. Die Weste se sanksies het die Afrikaners, wat hulle self altyd beskou het as deel van die Weste, diep seergemaak. Miskien was die Weste se morele sanksies op die ou end doeltreffender as die ekonomiese sanksies. Die feit dat die NP-leiers nie meer in die Weste besoek kon aflê nie, was 'n vernedering.

De Klerk het geweet dat dit sy historiese rol is om groot toegewings te doen en hy sou sy eie magsverlies grootmoedig verdra. Die Ierse digter Seamus Heaney, wat die Nobelprys verower het, praat van sy "largeness of spirit and largeness of gesture and generosity". Die feit is egter dat hy en sy onderhandelaars tussen 1990 en 1996 baie min van hul politieke doelwitte in die onderhandelings kon bereik ten spyte van hul relatiewe magsposisie. Dit plaas 'n vraagteken agter sy leiding. Hierdie slothoofstuk vertel die storie

Bl. 596

hoe die ANC daarin geslaag het om die oorhand in die onderhandelings te kry en 'n eenvoudige meerderheidsregering in te stel met 'n groot meerderheidsparty wat 'n hoogs gesentraliseerde staat beheer. Dit is nie bedoel as kritiek op De Klerk se besluit om te onderhandel nie, maar om te verduidelik waarom sy eie eerste prys, naamlik 'n gebalanseerde stelsel, hom ontwyk het.

Die band met die kiesers verbreek

Toe die referendum in 1992 gehou is, was daar die vooruitsig dat 'n tweede referendum gehou sou word om kiesers oor die grondwet te toets. Op 23 Augustus 1989 is berig dat Roelf Meyer, adjunk-minister van konstitusionele ontwikkeling, sê dat die regering nie 'n nuwe grondwetlike stelsel sal invoer voordat die goedkeuring van die wit kiesers verkry is nie. Die Burger van 31 Maart 1990 rapporteer dat pres. De Klerk die vorige dag voor die Kaapse persklub verklaar het dat "die grondwetlike voorstelle op 'n grondwetlike wyse by die kiesers getoets (sal) word en net met hul toestemming sal 'n nuwe bedeling ingevoer word". In Januarie 1992 het De Klerk in die Parlement gesê dat enige belangrike verandering 'n referendum vereis waaraan elke Suid-afrikaner k an deelneem en waarvan die uitslag sowel globaar as by wyse van die kieserslyste van die driekamerparlement bepaal sal word.

Die referendum van 1992 is die vraag net gestel of die regering met die hervormingsproses en met die onderhandelings oor 'n nuwe grondwet moet voortgaan. (Die NP sou in die verkiesing van 1994 'n onoortuigende poging aanwend om te bewys dat die grondwet ooreenstem met die beloftes daaroor wat in 1989 aan die kiesers gedoen het.)

De Klerk ht dus nie sy belofte gestand gedoen om die konsepgrondwet in 'n referendum aan die kiesers voor te l ê nie. Die konstitusionele rigting wat NP-leiers in die middel van 1989, 'n paar maande voor die verkiesing, aangedui het, het in die sand verdwyn. In daardie jaar het Gerrit Viljoen, minister van konstitusionele ontwikkeling, nog die kiesstelsel van proporsionele verteenwoordiging teengestaan. Sy rede was dat dit wit kiesers verteenwoordiging in die Parlement sou gee, maar nie in die kabinet nie en dat dit van die party wat die meeste wittes verteenwoordig "maar net nog 'n party sal maak". Viljoen het gesê dat die NP 'n stelsel wil beding waar konsensus tussen die leiers van die vernaamste partye gevind moet word. Hierbenewens het die NP ook federalisme en wit selfbeskikking voorgestaan. Die NP het dikwels die woord "selfbeskikking" gebruik met verwysing na 'n veelpartykabinet wat mag deel en na wit beheer oor die hoofsaaklik wit skole en universiteite.

Sonder die moontlilkheid van 'n referendum of nog 'n wit verkiesing is die noue band wat so lank tussen die Afrikanerkiesers en die politieke leiers bestaan het, verbreek. Die koerante het ook nie daarna verwys nie en die aangeleentheid  het vervaar. Sonder enige noodsaak om na sy eie kiesers terug te gaan, het die NP se vernaamste onderhandelaars hulle begin voordoen as mense wat alle rassisme verwerp en wat geen besondere bekommernis oor kultuur en etnisiteit het nie. Hulle was gereed om as vennote in 'n toekomstige regering 'n groot bydrae te lewer. Roelf Meyer, wat Gerrit Viljoen in Mei 1992 as die regering se hoofonderhandelaar vervang het, sou later in Belfast, Noord-Ierland, opmerk dat daar in werklikheid geen vergelyking is tussen die stryd in Suid-Afrika en dié

Bl. 597

in Noord-Ierland nie: "Ons in Suid-Afrika het wesenlik geen verskille gehad om te besleg nie. Dit was net die eenvoudige kwessie van kleur of ras wat ons uitmekaar gehou het. Ons moes die probleem verwyder deur na mekaar uit te reik en mekaar te ontdek as menslike wesens."

Hierdie stelling verteenwoordig die ineenstorting nie slegs van die apartheid-ideologie nie, maar ook van enige verdediging wat minderhede teen die eise van die dominante meerderheid het. Hierdie soort benadering het die deur geopen na wat Mandela 'n gewonde demokrasie genoem het. Dis 'n demokrasie wat net aangetref word in stabiele, welvarende lande sonder diep rasse- of etniese verskille. Hier word individuele regte beskou as voldoende om minderheidsregte te beskerm.

Toe De Klerk pres. Bush in Washington in 1990 besoek, het hy hom ingelig dat sy regering dieselfde basiese waardestelsel as die VSA het. Maar wat was hierdie waardes bo en behalwe individuele regte? De Klerk het magsdeling in die regering gevra, maar die VSA het nooit so 'n konsep toegepas nie. Wat dit geken het, was 'n stelsel van meerderheidsregering. Die NP wou gelyke geleenthede vir almal in die arbeidsmark hê, maar in die VSA het die aandrang op regstellende aksie sedert die 1960's swaarder begin weeg as die eis om gelyke geleenthede, wat deur teenstanders beskou is as die behoud van wit bevoordeling, veral in die vorm van beter onderwys en opleiding.

Die ANC het die onderhandelings wat ná die referendum hervat is, met die volgende doelstellings aangepak: Dit moes sy ondersteuners verenig hou; dit moes 'n breuk tussen die NP en sy swart bondgenote bewerkstellig; dit moes die veiligheidsmagte - die vernaamste stut van die regering se gesag - diskrediteer; en dit moes enige strukturele beperkings op die m eerderheidsparty se mag verhoed.

Die sterk "ja"-stem in die referendum van 1992 was geen ongemengde seën vir die NP nie. Sowel die ANC as die Westerse regerings het dit beskou as 'n teken dat wit mense geen spesiale beskerming verlang nie. In Julile 1992 het Herman Cohen, assistent-sekretaris vir Afrika in die Bush-administrasie, gesê alle party moet die reg van die meerderheid erken om te regeer. Geen kant kan aandring nie op "overly complex arrangements intended to guarantee a share of power to particular groups, which will frustrate effective governance. Minorities have a right to safeguards; they cannot expect a veto." Die ANC kon sy vernaamste eis nie beter geformuleer het nie.

Die uitslag van die onderhandelings sou besleg word deur die manier waarop die hoofonhderhandelaars die magsverhouding sou interpreteer. Nadat die onderhandelings geëindig het, het Meyer verklaar: "Ons het uitstekend gedoen, omdat ons nie enige bedingingsmag gehad het nie." Die ANC-leiding het die toestand anders opgesom. In 'n stuk getitel "A Strategic Perspective" beklemtoon die ANC in November 1992 hoewel die "regime" verswak is, die ANC nie in staat is om dit omver te werp nie. "The regime sill commands vast state and other military resources." Die regering was nog sterk, maar alles het afgehand van die leiers se wil en vasbeslotenheid.

Dit is egter ook waar dat die Afrikaners in 'n swakker posisie was om te onderhandel as in 1974, toe John Vorster die wêreld gevra het om Suid-Afrika ses maande te gee. Toe was daar 13 miljoen meer swart as wit mense; teen die vroeë 1990's was daar 23 miljoen meer swartes. Ten tye van Vorster se toespraak het swart werkers nog min regte gehad en die swart werkloosheid was laag. Nou, in die vroeë 1990's, was daar feitlik 'n

Bl. 598

leërskae swart werkloses wat gereed was om aan optogte en protesaksies deel te neem. In 1974 was die swart vakbonde nog nie 'n politieke faktor nie; nou was die swart vakbondfederasie Cosatu 'n bondgenoot van die ANC en 'n kragtige instrument wat op kritieke tye in die onderhandelings ontplooi kon word.

Wat De Klerk se posisie ook bemoeilik het, was die politieke geweld wat die oorgang gekenmerk het. Tussen 1984 en 1994 het 20 500 mense in politieke geweldpleging gesterf - 9 500 van die begin van 1990 tot April 1994. Ongeveer 60% van al die sterfgevalle het gespruit uit geweld tussen swart faksies. Die ANC en ANC-gesinde joernaliste het beweer dat 'n "derde mag" hierdie geweld aangehits het, maar dit is nooit in 'n hof bewys nie.

Die ware oorsaak van die geweld is 'n komplekse aangeleentheid en selfs die raamwerk waarin dit gebeur het, is omstrede. Die Suid-Afrikaanse staat was nie die soort "rogue state" wat oorleef het deur sy teenstanders te terroriseer en te vermoor nie, maar dit was ook nie - soos die VSA en Brittanje - 'n staat met 'n opgeleide en goed bemande polisiemag nie. Die stryd in Suid-Afrika was in werklikheid 'n stryd om 'n baie groot prys - die staat. Aan die een kant was 'n onderbemande en dikwels ongedissiplineerde polisiemag en aan die ander kant 'n massa gelei deur verbitterde en soms desperate vryheidsvegters. Die stryd in Natal tussen die ANC en Mangosuthu Buthelezi se Inkatha-beweging was 'n laevlak-burgeroorlog waarin massaslagtings deur een kant gevolg is deur weerwraak van dieselfde omvang deur die ander kant.

Op sentrale vlak was die ANC se leierskap goed georganiseer en gedissiplineer. Die leiers het hul kaarte reg gespeel. Hulle het 'n strategie met baie fasette ontplooi waarin onderhandelings saamgeval het met mobilisasie, propaganda met diplomasie en vreedsame proteste met revolusionê oorlogvoering. In die propagandastryd oor die geweld het die ANC die staat ver ootref. Sy beskouing van die veiligheidsmagte het in die meeste koerante feitlik evangelie geword. Mandela het De Klerk daarvan beskuldig dat hy óf aandadig aan die geweld is óf nie genoeg vir swart mense omgeee om die geweld te beëindig nie. Die verhouding tussen die twee het gou versleg.

Die ANC het volgehou dat daar 'n "derde mag" is, met mense op die hoogste vlakke van die veiligheidsmagte aan die spits wat die geweld orkestreer wat swart gemeenskappe in die land teister. Die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) sou later bevind dat daar min getuienis is van 'n sentraal beheerde en samehangende "derde mag" en dat daar eerder 'n informele netwerk met sy eie bevelstrukture was wat by onwettige bedrywighede betrokke was.

De Klerk se beste kans op 'n gunstige skikking was om 'n proses te verkry waarin die onderhandelings vinnig en sonder geweldpleging verloop. Daar was vir hom geen voordeel daarin om geweldpleging deur die veiligheidsmagte toe te laat nie. Hy moes hulle ook aan sy kant hou. Hy kon dus nie senior polisie-offisiere na willekeur ontslaan nie en hy kon hulle nie opdrag gee om op te tree wanneer daar geen behoorlike getuienis bestaan het nie. Hy het herhaaldelik aan ANC-leiers gevra om getuienis voor te lê, waarop hulle gewoonlik geantwoord het dat dit die polisie se taak is om die getuienis te soek en te vind. Om die kwessie te probeer ontlont, het De Klerk 'n regter, Richard Goldstone, aangestel om enige politieke geweld te ondersoek wat uitgebreek het. Hy (De Klerk) het ook nooit in nadoodse ondersoeke ingemeng nie en ook nie in verhore waarin polisiemanne tereggestaan het nie.

Bl. 599

Die skaal swaai

Op 15 Mei 1992 het 'n skaakmat in die onderhandelings ontstaan oor die persentasie van steun wat nodig sou wees om besluite in die grondwetgewende vergadering te neem. (Die NP wou 75% hê en die ANC 66%). Die ANC het die onderhandelingstafel verlaat en 'n veldtog van protesoptogte en stakings aangekondig. Dit het verklaar dat die wit minderheid die wense van die "oorweldigende meerderheid" frustreer. Cyril Ramaphosa, die ANC-hoofonderhandelaar, met groot ervaring as 'n vakbondleier, het begryp dat dit van kritieke belang is om 'n kwessie te kry waarmee druk in die onderhandelings uitgeoefen kan word.

Hierdie kwessie het gou opgeduik. Op 17 Julie is 38 inwoners van Boipatong, 'n swart dorp 150 km suidoos van Johannesburg, vermoor. Die moorde is gepleeg deur inwoners van 'n hostel aan die buitewyke wat almal Inkatha gesteun het. Die inwoners van hierdie dorp was feitlik deur die bank ANC-ondersteuners.

Die ANC het dadelik beweer dat die polisie medepligtig was en het sy deelname aan die onderhandelings onbepaald opgeskort. Soos later sou blyk, was daar geen getuienis vir die bewering nie (sien. p.614). Ten tye van die moorde het die ANC egter die raamwerk waarin die pers die gebeure aangebied het, so sterk bepaal, dat daar taamlik algemeen aangeneem is dat die polilsie, die staat en moontlik selfs De Klerk die skuld moet dra.

Die ANC se onttrekking aan die onderhandelings en sy program van opeenvolgende golwe van massa-optrede was 'n uiters gevaarlike oomblik vir die land. De Klerk wou nie 'n kragmeting tussen die staat en die magte van verset hê nie. Op hierdie tydstip het hy al sy hoop gevestig op 'n regering van nasionale eenheid waarin die ANC en die NP vennote sou wees en sou leer om saam te werk.

Om die onderhandelings op die spoor terug te kry, het die regering sekere sleuteltoegewings aan die ANC gedoen in 'n "notule van verstandhouding" wat die partye op 26 September 1992 uitgereik het. Onder m eer sou daar aan verskeie ANC-lede wat aan ernstige misdade skuldig was, amnestie verleen word en sou sekere hostelle waar Inkatha-ondersteuners gewoon het, omhein word.

Volgens die openbare siening het De Klerk in die kragmeting 'n deurslaggewende nederlaag gely. Dit was geen enkele toegewing in die besonder wat dié indruk gewek het nie, maar die hele sameloop wat darop gedui het dat die ANC finaal die hef in die hande gekry  het. Waar daar voorheen dubbelsinnigheid was, was dit nou duidelik dat die proses hoofsaaklik sou verloop soos die ANC dit wou hê. Die onderhandelaars sou slegs 'n tussentydse grondwet opstel en die finale grondwet sou aanvaar word deur die verteenwoordigers van die partye wat in die eerste vrye verkiesing aangewys word. In werklikheid het dit beteken dat alle mag redelik gou aan die m eerderheid oorgedra sou word.

Die belangrikste wins vir die NP-regering was dat konstitusionele kontinuïteit gehandhaaf sou word. Die land sou tot die eerste vrye verkiesing steeds sy verkose regering en sy bestaande grondwet hê. Die liggaam wat in die onderhandelings in Kemptonpark 'n tussentydse grondwet vir 'n tussentydse regering opstel, sou ook grondwetlike beginsels formuleer waaraan die finale grondwet moes voldoen. Die driekamerparlement sou die tussentydse grondwet goedkeur. Daar sou dus geen magsvakuum wees wat die indruk kon wek dat die regering verslaan is nie.

Bl. 600

Toe die ANC kort daarna 'n regering van nasionale eenheid vir vyf jaar ná die eerste verkiesing aanbied, het De Klerk dit dadelik as die grondslag van 'n skikking aanvaar. Die koalisie onder die NP - bestaande uit wit en swart partye in die onderhandelings - het gedisintegreer. 'n Woedende Buthelezi het alle steun aan die De Klerk-regering onttrek.

Op kort termyn het die aanvaarding van gewone meerderheidsregering, gekoppel met die idee van die soewereiniteit van die grondwet (eerder as die Parlement, soos in die ou orde) vir die wit mense sekere voordele ingehou. Dit het die angel uit die wit-swart-stryd gehaal. Daar het nie 'n wit vetomag oorgebly waarteen die versetbeweging hoef te stry nie. 'n Gewone meerderheidsregering het egter groot risiko's ingehou. Daar was die gevaar dat die nuwe regering massief in die arbeidsmark sou inmeng ten nadele van die wit groep en dat dit Afrikaans in die skole en universiteite en in die openbare lewe baie sou verswak.

Gewone meerderheidsregering was nie wat De Klerk as mikpunt gestel het nie en dit was ook nie wat die NP aan sy kiesers beloof het nie. In die verkiesing van 1989 en in die referendum van 1992 het die NP onderneem om te verseker dat die meerderheidsparty nie al die seggenskap in die regering kry nie. In een van sy vernaamste advertensies voor die eerste demokratiese verkiesing in April 1994 het die NP dit duidelik gestel: "Ons het al ons beloftes gehou. Ons het 'n regering van nasionale eenheid, wat beteken dat alle politieke partye die mag sal deel."

Maar die tussentydse grondwet het nie dit beteken nie. Dit het verklaar dat elke party wat meer as 80 setels in 'n Nasionale Vergadering van 400 lede kry, daarop geregtig sou wees om 'n uitvoerende adjunk-president te benoem. Dit het ook bepaal dat vir elke twintig lede wat 'n party verkies kry, dit op 'n kabinetspos geregtig is. Die formele grondwet het nie die magsfaktor uitgespel nie. Dit het Mandela gedoen toe hy De Klerk verseker het dat hy hom en sy party nodig het, maar met die voorbehou dat die meerderheid die reg het om die finale besluite in die kabinet te neem.

Die ANC het verkose regerings vir nege provinsies met 'n beperkte afwenteling van mag aanvaar. Die grondwet maak egter voorsiening vir die toenemende sentralisasie van mag, wat uit die staanspoor plaasgevind het. "Federalisme met vyeblare" is hoe die gerespekteerde liberale ontleder, David Welsh, dié swak vorm van federalisme beskryf. Daar sou ook geen afwenteling van gesag na die rasse- of etniese gemeenskappe wees nie. Daar sou dus geen wit selfbeskikking oor sake soos onderwys of woonbuurte wees nie.

Die ANC het 'n proporsionele kiesstelsel met 'n geslote lys gekry, wat hulle baie graag wou hê. Dit het beteken dat kiesers nie vir kandidate stem nie, maar vir 'n partylys wt die leiers saamgestel het. Dit het die ANC-leierskap in staat gestel om sy lys van kandidate so op te stel dat etniese wrywing binne die party in bedwang gehou word en om sy verkose kandidate met 'n ysterhand te beheer.

Wonderwerke en dubbelsinnige kompromieë

Dat die deelnemende partye oor 'n grondwet kon ooreenkom, is geloof as 'n wonderwerk, maar die waarheid is meer alledaags. Die ANC en die NP het "voldoende konsensus" onder mekaar bereik deur botsende eise in die voorlopige grondwet op te neem en die beslegting van geskille daaroor aan 'n toekomstige regering oor te laat. Daar was onder

Bl. 601

die twee partye geen duidelikheid oor wat hul ooreenkomste beteken nie. Die NP het dit beskou as 'n skikking wat albei partye bevoordeel, stabiel is en net met die ooreenstemming van albei partye verander kon word. Die ANC daarteenoor het 'n klassieke strategiese oorlog gevoer waarin elke toegewing wat verkry word, die wegspringplek vir die volgende eis word. Of in sporttaal: die doelpale is steeds verskuif.

Die ANC was, soos hy dit self gestel het, besig om 'n nasionale demokratiese revolusie te loods. In hierdie stryd sou hy telkens nuwe eise stel. In 1995 het Thabo Mbeki, adjunk-president van Suid-Afrika, aan 'n ANC-kongres gesê die onderhandelings oor 'n tussentydse grondwet is nie veel meer werd as "contrived elements of a transition", nodig om wit dominasie te beëindig. Die ANC het dit nooit as "elements of permanence" beskou nie.

Die kwessie van toegang tot die arbeidsmark is byvoorbeeld in die tussentydse grondwet behandel deur twee verskillende beginsels in dieselfde artikel op te neem. Dit is regstellende aksie, wat die wanbalans van die verlede moet reg stel en meriete. Die regering het ná 1994 min van meriete gepraat en al die klem op regstellende aksie gelê. Teen 1998 het die ANC 'n veel radikaler eis as regstellende aksie begin stel, naamlik dat die arbeidsmark op alle vlakke die demografiese profiel moet weerspieël.

Dieselfde het gebeur in die geval van taalregte - die sleutel tot die Afrikaners se kulturele oorlewing onder 'n swart regering. In Mei 1992, toe die tweede ronde van die onderhandelings begin, was De Klerk net so gretig as enige van sy voorgangers om 'n toekoms vir sy kieserkorps en in die besonder vir Afrikaans as taal te verkry. Nadat hy in 1993 die Nobelprys saam met Mandela ontvang het, het hy sy prysgeld vir die bevordering van Afrikaans geskenk. Die ANC was egter, soos sy eweknieë in die res van Afrika, gretig om Engels, die voormalige koloniale mag se taal, te verhef tot die enigste effektiewe openbare taal. Dit het werksgeleenthede en status vir die swart elite en hul kinders verseker.

Daar was 'n tyd toe vier amptelike tale - Engels, Afrikaans en 'n taal van elk van die twee groot Bantoetaalfamilies - erken kon word, maar die kans is verspeel. Op die ou end is elf tale erken, wat die deur daarvoor oopgelaat het dat die regering in die praktyk net een taal as amptelike taal gebruik. Daardie taal sou Engels wees. Afrikaans het nog steeds 'n sekere mate van beskerming geniet op grond van die artikel dat taalregte nie ingekort mag word nie, maar die ANC het hierdie artikel uit die finale grondwet verwyder.

Dan was daar ook die kwessie van die voertaal in staatskole en universiteite. Sowel die NP se eis om moedertaalonderrig as die ANC se eis dat leerlinge toegang tot alle skole in die voertaal van hul keuse moet kan kry, is in die grondwet opgeneem. Die opstellers van die grondwet het geen poging aangewend om uit te spel wat moet gebeur as die twee eise by 'n bepaalde skool bots nie. Ná 1994 het die regering die klem gelê op toegang in die voertaal wat kinders verkies, wat gewoonlik Engels is. Hoewel moedertaalonderrig as 'n waarde opgeneem is in die grondwet, het die regering dit veel minder as toegang geag.

Die nuwe regering het druk op Afrikaanse skole uitgeoefen om, in gevalle waar die getalle dit moontlik maak, 'n stroom van Engelsmedium-klasse aan te bied wat parallel loop met die Afrikaanse stroom. Die meeste universiteite wat voorheen enkelmedium-Afrikaans was, het vrywilllig Engelse strome ingestel. Parallelmedium-instellings hou die risiko in dat Engels met verloop van tyd Afrikaans sal uitdryf.

Bl. 602

Piet Marais, minister van nasionale onderwys, wat nie lid van die NP se onderhandelingspan was nie, het De Klerk in 'n laat stadium van die onderhandelings gewaarsku dat "onderwys nie die prioriteit onder ons onderhandelaars is wat dit behoort te wees nie". Informele gesprekke wat hy met die ANC-onderhandelaars gehad het, het by hom die indruk gewek dat hulle onverdraagsaam is teenoor Afrikaans en die eis dat Afrikaanse universiteite ook 'n bepaalde kulturele inhoud aan studente oordra. Hy het De Klerk gevra dat 'n lys opgestel word van die ondeernemings en versekerings wat die NP aan sy kiesers gegee het en wat aandui in watter mate die NP suksesvol was. Maar in daardie stadium was al die vernaamste sake in die onderhandelings reeds besleg.

Die kwessie van 'n medium van onderrig het amper daartoe gelei dat die onderhandelings oor die finale grondwet in duie stort. Cyril Ramaphosa, voorsitter van die Grondwetgewende Vergadering van 1994 tot 1996, het in gesprekke met Jacko Maree en ander NP-parlementslede aangedui dat die NP-onderhandelaars hom in die duister gelaat het oor die gewig wat die NP aan onderwys heg.

Die NP verloor sy hekwagter-funksie

De Klerk het nog gehoop dat die NP ná die eerste demokratiese verkiesing 'n belangrike rol kan speel deur as hekwagter op te tree vir drie belangrike sektore wat die ANC nodig sal hê: die staatsamptenare, die veiligheidsmage en die sakelui. Die NP het aanvanklik ook gehoop dat die party meer as 10% van die swart kiesers se stem kon kry.

Die toneel het egter vinnig verander. Die sakelui was die eerste wat die ou bewind versaak het nadat die ANC nasionalisering as beleidsopsie verwerp het. Die groot sake-ondernemings het besluit dat hulle sonder tussengangers met die volgende regering kan regkom. Die meeste wit staatsamptenare het reeds in 'n vroeë stadium besluit dat die onderhandelings op 'n swart meerderheidsregering en die vervanging van baie wit staatsamptenare deur swartes sou uitloop. Volgens meningsopnames het hulle gou hul vertroue in die De Klerk-regering as kampvegter vir hul belange verloor. Hulle het die nuwe politieke orde aanvaar nadat die ANC beloof het om pensioene uit te betaal en behoorlike aftreepakkette te gee aan diegene wat uit die staatsdiens sou tree. Teen 2002 is al meer as 120 000 derglike pakkette gegee.

Tot die einde van 1992 het 'n kil verhouding tussen De Klerk en die weermag bestaan, maar hulle het mekaar geduld sonder om mekaar te vertrou. De Klerk sou later skryf dat hy gevoel het soos iemand wat 'n Rottweiler en bulterriër geërf het van 'n baas wat hulle heeltemal bederf het. Hy was 'n burgerlike politikus wat in die krag van oorreding en die waarde van ordelike onderhandelings geglo het. Hy was ongemaklik met die militêre en hul tegnieke.

Sedert die vroeë 1980's, toe die politieke stryd tussen die ANC en Inkatha en dié tussen die regering en die buiteparlementêre magte in al sy felheid uitgebreek het, was daar aanduidings dat sekere lede van die veiligheidsmagte op laer vlakke eie reg gebruik. In werklikheid was daar 'n laevlak-oorlog tussen die ANC en Inkatha en ook tussen die regering en die ANC. Die regering het inligting aanvaar dat die ANC se militêre bevel in die vroeë 1980's besluit het om die leierstruktuur van Inkatha uit te wis. Volgens militêre intelligensie en Inkatha-bronne is ongeveer 100 Inkatha-leiers in die loop van die tagtigerjare

Bl. 603

om die lewe gebring. Die teeninsurgensie-pogings het gefokus op Natal en KwaZulu, waar die oorgrote deel van die gevete in die jare 1980 tot 1994 plaasgevind het.

Die mees omstrede stap was om 200 swart para-militêre troepe in die Caprivi-strook op te lei en hulle in KwaZulu en Natal te ontplooi. Hulle het dieselfde opsleiding in teeninsurgensie as duisende ander ontvang en hul aanwending as lyfwagte vir Inkatha-leiers was nie vreemd nie. Hulle is egter nie in 'n behoorlike bevelstruktuur met bepaalde gedragslyne geplaas nie, met die gevolg dat sommige van hulle in 'n moordbende ontaard het wat in die magstryd tussen Inkatha en die ANC Inkatha se gesag met geweld probeer opdring het. Sekere menseslagtings is deur hulle gepleeg. Dit was hierdie aktiwiteite wat die ANC laat glo het dat daar 'n "derde mag" is.

'n Ander hoogs omstrede struktuur was eenheid C-10, 'n geheime eenheid van die polisie. Dit het die plaas Vlakplaas naby Pretoria gebruik om ANC-guerrillavegters "om te draai" en die polisie in die geveg teen die ANC te laat steun. In die 1980's is ongeveer vyftien moorde deur Vlakplaas-agente gepleeg. Die eenheid se bedrywighede het in 1989 op die lappe gekom deurdat Dirk Coetzee en Alfred Nofomela, twee polisiemanne met 'n Vlakplaas-konneksie, medepligtigheid aan die moord in 1981 op 'n ANC-aktivis,Griffith Mxenge, erken het. De Klerk het op 7 Desember 1989 aangekondig dat hy die minister van wet en orde versoek het om alle moontlike stappe te doen om die skuldiges te vang. Daar was geen vervolgings nie. Eers in 1994 het De Klerk van die Goldstone-kommissie getuienis gekry wat die bedrywighede van Vlakplaas-agente in besonderhede uitgespel het. Daar is geen getuienis dat die topbevel van die polisie by die moorde betrokke was nie.

Daar was ook 'n militêre eenheid, die "burgerlike samewerkings-buro", wat aanvanklik hoofsaaklik oorsee gewerk het. Daar was egter ook 'n binnelandse sel wat uit hoofsaaklik oud-polisiemanne bestaan het en wat David Webster en moontlik verskeie ander van die staat se politieke teenstanders vermoor of ernstig beseer het. Die buro het heel waarskynlik met die medewete van leidende figure in die departement van verdediging en die poliltieke arm daarvan opgetree. De Klerk het 'n kommissie onder regter Louis Harms aangestel om die beweerde moordbendes binne die veiligheidsmagte te ondersoek, maar dit kon geen getuienis vind nie.

Dat die Harms-kommissie niks kon agterkom van moordbendes, ook nie van Vlakplaas en die "burgerlike samewerkingsburo" nie, moet toegeskryf word aan wat De Klerk later die weermag se "verskanste kultuur" met sy "selfverseëlingseienskappe" genoem het. Soos enige staatshoof in 'n kritiek tyd het hy voorrang daaraan verleen om sy gesag by die eerste geleentheid te vestig. Twee gebeurtenisse het die verhouding tussen De Klerk en die veiligheidsmagte laat versleg. Die eerste het gevolg uit die sogenaamde Steyn-"verslag_ en die tweede was die kwessie van amnestie.

Die Steyn-"verslag" het gespruit uit 'n verklaring van regter Goldstone, wat beslag gelê het op lêers van die departement van koverte inligting, 'n geheime tak van militêre intelligensie Hierin was getuienis van pogings om die ANC te ondermyn en wapens en geld aan Inkatha te verskaf. De Klerk het genl. Pierre Steyn, hoof van die weermagstaf, gevra om ondersoek in te stel..

In die tweede helfte van November en die eerste helfte van Desember 1992 het Steyn afgekom op wat De Klerk sou noem 'n "ware rottenes" van ongemagtigde en onwettige bedrywighede in militêre inlilgting. Steyn het beweer dat sommige militêre eenhede

Bl. 604

wapenopslagplekke het en dat hulle Inkatha van wapens voorsien, wat ongetwyfeld waar was. Hy het ook beweer dat hulle betrokke is by die aanstigting van geweld en die ondermyning van die onderhandelingsproses en die ANC.

Steyn se mondelinge verslag het in 'n groot mate berus op bewerings afkomstig van nasionale intelligensie, wat lank in 'n buroratiese konflik met militêre intelligensie gewikkel was. Steyn het self erken dat die aantygings ongetoets is en De Klerk sê in sy outobiografie "die waarheid of onwaarheid van die aantygings in genl. Steyn se voorlopige mondelinge verslag is nooit heeltemal vasgestel nie". Klaus von Lieres und Wilkau, produkeur-generaal, sou later verklaar dat daar feitlik geen konkrete getuienis is nie en min kans op 'n suksesvolle vervolging in die hof.

De Klerk het, soos Steyn, geoordeel dat ten minste sommige van die aantygings waar moet wees. Dit was op 'n tydstip toe hy onder sterk druk van Mandela was om te toon dat hy geen onreëlmatighede deur die veiligheidsmagte toelaat nie. In Desember 1992 het hy 23 militêre offisiere ontslaan sonder dat hulle ooit deur 'n krygshof verhoor of enige kans gegee is om hulle kant van die sak te stel. Daar is sekerlik in sommige gevalle onreg gepleeg. Chris Thirion, 'n senior offisier van militêre intelligensie, was een van die 23, maar De Klerk het later skriftelik erken dat hy gefouteer het deur Thirion se naam in te sluit.

Die vervreemding van die veiligheidsmagte het oorgegaan in ontsteltenis en paniek toe die regering die kans verspeel om amnestie vir lede van alle partye te verkry. In 'n besoek aan Suid-Afrika vroeg in 1992 het Cyrus Vance, die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, die partye angeraai om 'n algemene amnestie aanvaar te kry sodat dié kwessie nie die onderhandelings bemoeilik nie. Op daardie tydstip het die regering nog die hef in die hande gehad. Die veiligheidsmagte het nog geen rede gehad om te vermoed dat hulle verplig sou word om amnestie te vra nie, terwyl die ANC baie gretig was om 'n algemene amnestie vir sy lede te verkry. Op baie onbekwame wyse het Kobie Coetsee, minister van justisie, met die kwessie van amnestie aan die ANC-leiers gesloer omdat hy dit wou gebruik as 'n troefkaart in die politieke onderhandelings, heel moontlik om kabinetsposte vir die NP te bekom. Hy het ook geweet dat die regering se ondersteuners baie negatief sou staan teenoor 'n besluit om voor die voet amnestie aan ANC-lede toe te staan.

Amnestie as deel van 'n pakket om 'n konflik te besleg, word bepaal deur die magsverhouding eerder as algemeen geldige reëls. Die regering wou die Norgaard-reëls toepas. Hiervolgens kwalifiseer moord op burgerlikes nie en moet daar in ander gevalle "proporsionaliteit" tussen die poliltieke motief en die daad wees. Van die begin van 1990 tot die notule van verstandhouding in September 1992 het die regering, met inagneming van die Norgaard-beginsels, amnestie of vrywaring aan duisende ANC-lede vir mindere oortredings verleen. Die ANC het die aanwending van die Norgaard-beginsels teengestaan en daar het al hoe meer spanning tussen die partye ontstaan.

As deel van 26 September 1992 se notule van verstandhouding het die regering onder protes 153 ANC-kaderlede vrygelaat wat aan moord en ander ernstige misdade skuldig was. Die Norgaard-reëls het nie meer gegeld nie; die maatstaf was nou ingevoer is, was "bydrae tot versoening". Teen die begin van 1993 het die ANC daarop gewys dat sekere van sy lede nog amnestie moet kry. Dit het gevra dat as geen wedersydse aanvaarbare formule gevind kon word nie, 'n algemene amnestie verleen moet word. Op daardie tydstip

Bl. 605

het die veiligheidsmagte nog onder die indruk verkeer dat hulle nie amnestie sou hoef aan te vra nie.

Die magsverhouding het toe reeds teen die wit bewind begin draai en kort daarna was die kans om 'n gunstige skikking oor die saak te verkry, verlore. Met amnestie vir 'n groot deel van sy volgelinge wat menseregte geskend het in die sak en met magsverhouding ten gunste van hom, het die ANC nou daarop aangedring dat die orige lede van die ANC en al die lede van die veiligheidmagte wat skuldig was aan die skending van menseregte, ná die verkiesing voor 'n kommissie amnestie moet vra.

In die finale ronde van die onderhandeling is haastig 'n artikel in die ooreenkoms ingevoeg wat mense wat menseregte geskend het, verplig om amnestie aan te vra ten einde vervolging vry te spring. Die ANC as die toekomstige meerderheidsparty sou klaarblyklik die grootste seggenskap hê in die samestelling van die kommissie wat met die kwessie van amnestie belas sou word en oor die wyse waarop dit te werk sou gaan. Die regering se veiligheidsmagte het gevoel dat hulle vir die wolwe gegooi is.

Die NP se swart ondersteuning het vinnig verdwyn namate dit duidelik geword het dat die regering nie langer die hefte in die hande heg nie. Vroeg in 1992 het ongeveer 9% van die swartes in 'n meningsopname aangedui dat hulle die NP steun en nog 14% het gesê dat hulle 'n party sou ondersteun met De Klerk as leier. Maar namate die regering in die onderhandelings tweede viool moes speel, het die party se swart ondersteuning vinnig gekrimp. Net voor die verkiesing het dit op 3% tot 4% gestaan. Met die uitsondering van Buthelezi, wat die Inkatha-Vryheidsparty gestig het, het nie een van die tuislande daarin geslaag om 'n sterk party op te bou nie. Mandela het die tradisionele leiers in die tuislande verseker dat hulle hul regte en magte sou behou. Die tuislandswartes het die ANC se sterkste ondersteunersbasis geword.

'n Laaste geveg en 'n eerste vrye verkiesing

Van die middel van 1992 het die magsverhouding teen die regering gedraai. Dit het nou baie van sy energie daaraan bestee om die simboliek van 'n nederlaag te vermy. Daar sou geen oorwinningsoptogte van die guerrillamagte deur die strate wees nie. Standbeelde sou nie van hul voetstukke getrek word nie. Die veiligheidsmagte sou tot en m et die verkiesing onder die NP-regering se bevel staan. Die grondwet waaroor ooreengekom is, sou geen wetlike krag hê totdat dit deur die driekamerparlement aangeneem is nie. Die hoofregter sou die nuwe president inhuldig en al die wit regters sou hul ampte behou.

Die ANC was bereid om die NP tegemoet te kom wat die simboliek en rituele van mag betref, maar het hom toegespits op die substansie van mag. Die meeste wit mense - en ongeveer die helfte van die Afrikaners - was hervormingsgesind en Mandela het gou hul respek en selfs toegeneentheid afgedwing. Hulle was bereid om hul oordeel oor die tussentydse grondwet op te skort totdat die nuwe regering sy werk begin doen en voor botsende eise te staan kom.

'n Opstand deur die regtervleuel met die steun van elemente in die weermag, veral die aktiewe burgermag, was 'n wesenlike gevaar. Omtrent die helfte van die Afrikaners en altesame 'n miljoen wit kiesers het in die referendum van 1992 "nee" gestem. Hulle

Bl. 606

het die grondwet verwerp wat nou vorm aangeneem het. Hulle het egter geen alternatiewe plan gehad nie en het in die finale stadium van die onderhandelings selfs nie verteenwoordigers gehad nie.

In baie lande sou die weermag 'n belangrike faktor wees in die soort situasie waarin Suid-Afrika hom teen die begin van 1994 bevind het. Die Suid-Afrikaanse weermag was egter betreklik klein. Daar was minder as 70 000 voltydse soldate, van wie net die helfte wit was. Dit het 'n tradisie van respek en gehoorsaamheid vir die politieke leierskap gehad. Die aktiewe burgermag het 'n groot aantal lede gehad, maar dit was gedesentraliseer en het die politieke en etniese verskille van die wit gemeenskap weerspieël.

Die vernaamste onbekende faktor was genl. Constand Viljoen, wat in 1985 as hoof van die weermag afgetree en daarna in Noord-Transvaal gaan boer het. Hy was oortuig dat die ANC nog besig is om 'n revolusionêre agenda te volg en het gemeen dat De Klerk voor al hul belangrikste eise geswig het. Viljoen kan as die laaste van die Boeregeneraals beskou word. In die weermag is hy algemeen gerespekteer vanweë sy professionaliteit en persoonlike integriteit. Hy het die Suid-Afrikaanse troepe in Angola self aangevoer en sy manskappe het hom as 'n held beskou. Hy was reguit, vasberade en toegewyd aan die Afrikanersaak. Indien hy 'n geloofwaardige plan van optrede gehad het, was grootskaalse Afrikanersteun 'n moontlikheid.

Viljoen het by die Afrikanervolksfront, 'n koalisie van regse partye, organisasies en bewegings, aangesluit. almal het 'n Afrikanervolkstaat geëis. Die Volksfront het 'n "vryheidsalliansie" gevorm saam met Buthelezi en sy Inkatha-Vryheidsparty, en Lucas Mangope en Oupa Gqozo, wat aan die hoof van die regerings van Bophuthatswana en die Ciskei onderskeidelik gestaan het.

De Kerk het die idee van 'n volkstaat verwerp omdat dit die posisie van die Afrikaners in die res van die land sou ondermyn. Viljoen en sy volgelinge het self geen vaste plan gehad nie. Hy het later erken: "Ons kon nooit konsensus kry onder ons mense oor waar ons volkstaat moet wees nie." Die meeste wou 'n staat hê met Pretoria as hoofstad, wat ook dele van Wes-Transvaal, Oos-Transvaal en die Noord-Vrystaat sou insluit. Maar hoewel ongeveer twee derdes van die Afrikaners in hierdie gebied gewoon het, was die meeste mense in die gebied nie Afrikaners nie. 'n Meningsopname van 1993 het bevind dat slegs 'n vyfde van die Afrikaners só sterk oor ' n volkstaat voel dat hulle daarheen sou trek. Meer as die helfte het die idee van 'n volkstaat óf teengestaan óf was onseker daaroor.

Met soveel verskille het Viljoen hom daarop toegespits om die eerste demokratiese verkiesing te ontwrig. Daarna wou hy De Klerk as leier verwyder en opnuut met die onderhandelinge begin. Skattings van die aantal manskappe wat hy hiervoor kon monster, het van 50 000 tot 100 000 gewissel. Daar was ook sprake dat eenhede in die burgermag en die staande mag by hom sou aansluit. George Meiring, hoof van die weermag, het die regering en die ANC gewaarskuk dat die gevolge bloedig kan wees as Viljoen sy planne in werking stel.

Om Viljoen te oorreed om dit te laat vaar, het Meiring hom verskeie kere privaat ontmoet. Hy het die hoogste respek vir Viljoen gehad, maar was onverbiddellik gekant teen enige onwettige planne. In een van die gesprekke het Viljoen gesê: "George, ek en jy en ons manne kan hierdie land in 'n namiddag vat." Hierop het Meiring geantwoord: "Ja dit is so generaal, maar wat doen ons die oggend ná die staatsgreep?" Al die probleme

Bl. 607

sou dieselfde wees, of selfs erger: die swart getalsoormag, die binnelandse en buitelandse druk, sanksies en die wankelende ekonomie.

Viljoen se dilemma is vererger deur sekere elemente in die regtervleuel, in die besonder die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB), 'n swak-gedissiplineer para-militêre organisasie onder Eugène Terre'Blanche. As professionele soldaat het Viljoen geen begeerte gehad om saam met Terre'Blanche en sy "troepe" te veg nie.

Dit was nie 'n geveg vir gedissiplineerde soldate nie en Viljoen en sy manne het Mafikeng verlaat. Kort daarna het hy bekend gemaak dat hy aan die verkiesing sal deelneem. Die ANC het hom beloof dat 'n nuwe regering 'n raad van sy volgelinge sou aanstel om die moontlikheid van 'n Afrikanervolkstaat te ondersoek. Viljoen was die eerste kandidat op die lys van die Vryheidsfront, 'n party wat hy gestig het. Die Inkatha-beweging onder Mangosuthu Buthelezi, wat in een stadium van die onderhandelinge na 'n onafhankllike Zoeloestaat gestrewe het, het ook op die laaste oomblik besluit om deel te neem.

Die verkiesing het op 27 en 28 April 1994 plaasgevind. In groot dele was daar nie werklik sprake van normale verkiesingsveldtogte nie. Die ANC en ander swart partye kon moeilik o nder plaaswerkers stemme werf. Maar dit is oorskadu deur die probleme van die NP en die Demokratiese Party in hul pogings om stemme in die swart dorpsgebiede of onder swartes in die tuislande te werf. Daar was klaarblyklik onreëlmatighede in die wyse waarop die stemme uitgebring en getel is. Daar was sterk agterdog dat die uitslag meer bepaal is deur die voorafgaande meningsopnames as deur die stemme wat getel is.

Westerse waarnemers het die verkiesingsprosedure geesdriftig as vry en regverdig verklaar. David Welsh het dit as skynheiligheid bestempel. Die waarnemers sou geen oomblik daaraan dink om in hul eie land 'n verkiesing wat aan soveel gebreke mank gegaan het, vry en regverdig te verklaar nie. In werklikheid was dit onmoontlik om die verkiesing as te vol gebreke te verklaar en te eis dat daar oorgestem word. Dit sou grootskaalse geweld kon veroorsaak het.

Die verkiesingsdag op 27 April 1994 was vreedsaam. Die toesighoudende beampte het verklaar dat die ANC 62,7% van die stemme gekry h et, die NP 20,4%, Buthelezi se IVP 10,5%, Viljoen se Vryheidsfront 2,2%, die Demokratiese Party 1,7% en die Pan Africanist Congress 1,2%.. Die ANC was meer as 94% afhanklik van swart stemme. Die NP het die helfte van sy stemme gekry van mense wat nie wit is nie.

Bl. 608

   NP EN ANC SE AANDEEL VAN DIE ETNIESE STEMME IN                                       1994 (PERSENTASIES)

                      Swart           Kleurling          Asiër         Wit

ANC                  81                 27                  25             3

NP                       3                 67                  50           60

Die Afrikaners wat gestem het, het omtrent middeldeur tussen die NP en die konserwatiewe geskeur. Die NP het teen die verwagting in die beheer oor die nuwe provinsie Wes-Kaap gekry, waar 60% van die bevolking kleurlinge was en die res ongeveer om't ewe swart en wit en waar meer as 60% van die kiesers Afrikaans as eerste taal gepraat het. Die pers het die steun van die kleurlinge en Asiërs vir die NP hoofsaaklik toegeskryf aan vrese vir 'n swart regering. Die groot vooruitgang wat die kleurlinge en Asiërs op onderwys- en welsyngebied onder die driekamerparlement gemaak het, is heeltemal onderskat of selfs verswyg.

Die verkiesing was 'n huldeblyk aan sowel Mandela as De Klerk, die twee leiers wat die meeste Suid-Afrikaners agter die proses verenig het. Maar die verkiesing kon maklik in 'n ramp ontaard het sonder die deelname van Buthelezi en Viljoen en hul volgelinge en sonder die profressionele optrede van die leër en die polisie onder die bevel van genl. Meiring en genl. Johan van der Merwe onderskeidelik.

Tog was daar veral by die topbevel in die leër 'n gevoel van verspeelde geleenthede. George Meiring, hoof van die verdedigingsmag, beweer dat hy tydens die inhuldiging van Nelson Mandela aan De Klerk gesê het: "Jy het nooit jou sterk basis gebruik om daarvan  uit te onderhandel nie. Jy het nooit die militêre gebruik as 'n magsbasis nie. Dit was vir jou beskikbaar, maar jy wou dit nooit gebruik nie." Hilton Hamman beweer in Days of the Generals dat Meiring se woorde uitgelok is deur De Klerk se opmerking in die geselskap dat die regering nie so maklik hoef in te gegee het nie.Teenoor die skrywer van die boek het De Klerk kategories ontken dat hy hierdie woorde gebruik het.

De Klerk se optrede tussen 1990 en 1994 is later gekritiseer, maar hierdie kritici het dikwels vergeet dat hulle die voordeel van agternakennis het. 'n Groot deel van sy optrede is verklaarbaar sonder dat 'n mens dit hoef goed te keur. Niemand kon voorspel het watter kragte losgelaat sou word nadat die verbod op die bevrydingsbewegings opgehef is nie, of dat die buiteland, met die Koue Oorlog verby, die ANC so sterk as die toekomstige regering sou steun nie. De Klerk moes soms gevoel het soos 'n boer wie se damwal gebreek het en wat net kon probeer om die watervloed in sekere kanale te lei.

Dit is so dat hy sy belofte verbreek het om 'n referendum oor die konsepgrondwet te hou, maar so 'n referendum kon ook groot geweld ontketen het. Hy kon veel meer van die weermag gebruik gemaak het, soos genl. Meiring hier bo aandui, maar dit kon ook kontra-produktiewe gevolge gehad het, veral indien die ANC sou besluit het om by wyse van reaksie sy gewapende stryd binne Suid-Afrika te verhewig. De Klerk se hoofdoel was om 'n nuwe grondwet te kry sonder dat die ekonomie 'n groot terugslag ondervind. Toe die ANC tussen Junie en Augustus 1992 'n program van massa-aksie van stapel stuur, het die gevaar bestaan dat die openbare orde heeltemal kon uitrafel en selfs dat die ekonomie in duie kon stort. As dit gebeur het, sou die wit mense met hul rykdom en inkomste baie meer verloor het as die ANC en sy volgelinge, vir wie die prys van nog 'n

Bl. 609

dekade van armoede en stryd nie te hoog sou gewees het nie. Die demografiese tendense was in elk geval sterk ten gunste van hulle.

Vir 'n gebalanseerde skikking was dit van kritieke belang dat die staat in die winter van 1992 die krisis die hoof bied, al moes dit ook die aktiewe burgermag gebruik om noodsaaklike dienste te verrig. De Klerk het besluit om dit nie te doen nie. Net met die voordeel van insae in die historiese alternatiewe - dit wat in Engels bekend staan as "counter-factual history" - kan 'n oordeel gevel word.

'n Oomblik van euforie

Die nuwe Suid-Afrika het formeel aangebreek met die inhuldiging van Nelson Mandela as president van die Republiek van Suid-Afrika op 10 Mei 1994. Die ANC het die regering van nasionale eenheid oorheers met agtien ministers. Die NP het ses ministers gehad en F.W. de Klerk was een van die twee adjunk-presidente. Mangosuthu Buthelezi en nog twee van die IVP was ook in die kabinet.

'n Gees van versoening het die aanvangsjare van die nuwe tydperk gekenmerk, met Mandela as 'n voortreflike simbool van die nuwe demokrasie en wit-swart-versoening. Hy het nie baie tyd bestee aan kabinetsvergaderings, die stygende werkloosheid of die agteruitgang van die kriminele regstelsel nie. Sy leiding was dié van 'n wyse staatsman, waardige vredemaker, vernuftige politikus en verbeeldingryke versoener van mense oor die rasseskeidslyn heen. Hy het saam met mev. Betsie Verwoerd en ander weduwees van NP-leiers tee gedink. Hy het geen tekens van bitterheid oor sy 27 jaar in die tronk getoon nie.

Mandela het die Afrikaners verras en selfs betower. Die hoogtepunt was sy verskyning by die eindstryd van die toernooi om die rugbywêreldbeker in Johannesburg in 1995. Hy het daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse rugbyspan die springbokembleem behou ten spyte daarvan dat dit baie jare lank apartheid in sport versinnebeeld het. Voor 'n skare van 70 000 het Mandela in 'n Springboktrui op die veld verskyn om die spelers die beste toe te wens. Die Springbokke het teen alle verwagtinge in die eidnstryd gewen.

Van die vroeë 1990's af het die wêreld vir Suid-Afrikaners begin oopgaan en ná die verkiesing van 1994 was dit heeltemal oop. Die boikotte is afgelas en normale akademiese, kulturele en sportbande is met 'n groot aantal lande aangeknoop. Waar houers van 'n Suid-Afrikaanse paspoort gedurende die 1980's ál meer gesukkel het om lande buite Europa en Noord-Amerika binne te kom, was dit nou oral aanvaarbaar. Suid-Afrika het weer lid van die Statebond geword, wat jong Suid-Afrikaners in staat gestel het om oorsee te gaan werk. Toerisme na Suid-Afrika het 'n bloeityd geniet, maar min vaste beleggings het na Suid-Afrika gevloei.

Veral die jonger geslag was verheug daaroor om bevry te wees van die kulturele konformiteit van die Afrikanergemeenskap en die sekuriteitsvrese van die laaste dekades van apartheid. Oor die algemeen was die Afrikaners trots daarop om in 'n demokrasie te leef en het hulle die land se nuwe inklusiewe nasionale simbole aangegryp.

Die NP het hom self op die skouer geklop. Op vergaderings het De Klerk en ander leiers verklaar dat die NP apartheid afgeskaf het, die grondwet met die formule van "voldoende konsensus" tussen die ANC en NP bedink het en dus die mede-bevryder van

Bl. 610

die land is. Hierdie euforie van selfgelukwensing kon nie voortduur nie. Die Afrikaners het die mag verloor, maar het hulle gedra soos 'n koning Lear wat die mag afgestaan het, maar verwag het dat elkeen hom nog steeds soos 'n koning moet behandel. Lear het nie ingesien dat indien hy die mag prysgee, ander sy swak posisie sou uitbuit nie. Diegene wat hom eers geprys het, het hom nou met die grootste minagting behandel. Die Suid-Afrikaanse liberale pers wat De Klerk in 1990 en 1991 geloof het, het hom nou in die verband van "apartheid se gruweldade" in die skerpste taal veroordeel.

'n Kommissie op soek na waarheid en heling

Die NP het sy posisie van tydelike genade verloor toe die regering in Desember 1995 'n waarheids- en versoeningskommissie aanstel om die skending van menseregte tussen 1960, toe die ANC en ander buite-parlementêre bewegings verbied is, en 1990 te ondersoek. Die WVK is in die lewe geroep om aan diegene wie se menseregte geskend is, die kans te gee om hul storie in die openbaar te vertel. Dit sou amnestie toestaan aan oortreders wat 'n volle belydenis aflê en aanbevelings doen oor die uitbetaal van vergoeding aan slagoffers.

Ten spyte van sy tekortkominge, wat hier onder bespreek word, het die WVK 'n belangrike terapeutiese rol vervul deur openbare erkenning te verleen aan mense wat weens apartheid gely het. Die verhore het 'n belangrike rol gespeel om die geweld en wreedheid van apartheid aan die kaak te stel. Dit het die spinnerak van amptelike leuens en bedrog weggevee. Die media - onder meer die televisie - het so goed oor die verhore berig dat niemand daarna kon ontken dat gruweldade deur die vorige regering gepleeg is nie. Die WVK het 'n veel kleiner liggie gewerp op die gruweldade van die ANC en ander partye, maar dit was nie bang om sekere optredes van die bevrydingsbewegings te kritiseer nie. Die soeklig was egter veral op die misdade en vergrype van die polisie.

Die samestelling van die WVK en die verband waarin dit sy ondersoek sou doen, sou bepaal of dit sy twee hoofdoelstellings bereik, naamlik om die waarheid te ontbloot en versoening te bevorder. Die WVK se formele opdrag was om onpartydig te wees, maar sy samestelling was erg eensydig. De Klerk skryf in sy outobiografie dat toe hy die lys van lede sien, hy aan Mandela gesê het dat dit sy kommissie is en dat dit nie NP-ondersteuning geniet nie. Die voorsitter, aartsbiskop Desmond Tutu, was 'n beskermheer van een van die partye in die stryd, naamlik die United Democratic Front. Die adjunk-voorsitter, Alex Boraine, was in die 1970's en die 1980's 'n sterk NP-teenstander in die Parlement en is deur De Klerk as 'n "heethoof en inkwisiteur" bestempel.

Daar was geen historici, politieke ontleders of ander sosiale wetenskaplikes in die kommissie nie. Die kommissie het hoofsaaklik bestaan uit predikante, pleitbesorgers vir menseregte en aktiviste van nie-regeringsorganisasies. Nie een van die sewentien WVK-lede was 'n lid van die NP of die IVP nie en die oorgrote meerderheid is beskou as óf openlike óf  heimlike AN-C-ondersteuners. 'n Ontleding deur Anthea Jeffery wat gepubliseer is deur die liberale Suid-Afrikaanse Instituut vur Rasseverhoudinge, argumenteer dat die kommissie se personeel oorweldigend simpatiek teenoor die ANC was. Hulle het hulle daarop toegespits om slagoffers van menseregteskendings deur die NP-regering of Inkatha te oorreed om voor die kommissie te verskyn.

Bl. 611

Die studie het ook bevind dat die vlak van stawing van die getuienis in baie gevalle nie baie hoog was nie. Kruisverhoor van die slagoffers is gewoonlik nie toegelaat in die verhore waar slagoffers hul stories vertel het nie, maar hoorsêgetuienis is wel toegelaat. Die kommissie het geen werklike mandaat gehad om hul sogenaamde kategoriese bevindinge oor mense wat menseregte geskend het, te maak nie. Dit het op die slagoffer en die skender van menseregte gefokus, met die gevolg dat die omstandighede in die meeste gevalle baie yl geskets is.

Die WVK het wel die stryd in 'n breë verband geplaas en dit was 'n bron van omstredenheid. In sy inleiding tot die verslag het aartsbiskop Tutu geskryf dat die Koue Oorlog in die tydperk 1960-1994 aan die gang was en saam daarmee ook 'n stryd tussen die kapitalistiese en die kommunistiese stelsel. Hy het aanvaar dat dit tot die konflik in Suid-Afrika bygedra het. In sy werksaamhede en in sy verslag het die kommissie die stryd egter enkelvoudig gesien as 'n botsing tussen apartheid as'n "misdaad teen die mensdom" en 'n bevrydingsbeweging.

Die aanklag dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was, was sedert die vroeë 1970's 'n sentrale deel van die ANC se propagandastryd teen die NP-regering. Die agtergrond hiervan is 'n voorstel wat in 1973 in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gedoen is deur die Sowjetunie en Guinee: dat daar 'n VN-konvensie teen apartheid en Sionisme as misdade teen die mensdom moet kom. Die eerste twintig lande wat die konsep-konvensie onderteken het, was almal in die Sowjetblok. Brittanje en die VSA het dit nooit onderteken nie. Die VSA het verklaar: "We cannot accept that apartheid can be made a crime against humanity. Crimes against humannity are so grave in nature that they must be meticulously elaborated and strictly construed under existing international law."

Die WVK meld nie in sy verslag dat die veldtog teen apartheid as 'n misdaad teen die mensdom 'n Sowjet-inisiatief was, dat dit van stapel gestuur is op 'n tydstip toe die ANC omtrent al sy steun van die Sowjetblok ontvang het, en dat dit nooit deur talle Westerse lande ondersteun is nie. Dit meld wel dat die VN se Veiligheidsraad in 1976 eenparig 'n voorstel aanvaar het waarin verwys word na apartheid as 'n "misdaad teen die gewete en die waardigheid van die mensdom". Later het ander liggame van die VN en ander internasionale organisasies, insluitende International Law Commission, wel soortgelyke besluite geneem.

Die WVK versuim nie net om die komplekse geskiedenis van hierdie term te beskryf nie, maar spesifiseer ook nie in watter sin apartheid 'n misdaad teen die mensdom was nie. Dié term kan 'n spesifike betekenis hê, byvoorbeeld volksmoord, maar dit het ook 'n algemene betekenis wanneer dit verwys na geïnstitusionaliseerde en uitgebreide diskriminasie op rasse-, etniese of godsdienstige gronde. Dit is onvanpas om apartheid as 'n misdaad teen die mensdom in die eersgenoemde sin van die woord te bestempel. Terselfdertyd is dit korrek om apartheid, segregasie in die Amerikaanse Suide en Westerse kolonialisme in die laasgenoemde sin van die woord so te bestempel.

Maar die kommissie was nie lus om hierdie soort onderskeide te tref nie. Dit wou apartheid as uniek afskuwelik tipeer. Die aanklag van volksmoord is los en vas deur sowel lede van die kommissie as kabinetslede gemaak. Dit is klaarblyklik buitensporig: die swart bevolkinsgroei en lewensverwagting in Suid-Afrika het gedurende die jare van apartheid dramaties toegeneem, terwyl die Nazi's gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n groot deel van die Joodse bevolking in Duitsland en Oos-Europa uitgewis het.

Bl. 612

De Klerk het 'n beroep op die kommissie gedoen om ook ander dimensies as die geveg teen apartheid in ag te neem. Daar was die lang stryd tussen Afrikanernasionalisme, wat soos ander nasionalistiese bewegings selfbeskikking wou hê, en Afrika-nasionaliste, wat vry wou wees; daar was 'n stryd tussen die swart politieke bewegings; en daar was die stryd tussen die Weste en die Sowjetunie. Hy het ook betoog dat apartheid nie slegs met wit bevoorregting te make gehad het nie, maar ook met opheffing en die herverspreiding van inkomste van wittes na swartes. Die ekonomie het in die 46 jaar van apartheid teen 'n koers van 3,5% per jaar gegroei, die swart skoolbevolking het in die eerste 25 jaar van apartheid met 250% toegeneem, en die swart aandeel van die totale persoonlike inkomste het feitlik verdubbel van 20% in die middel-1970's tot 37% in 1995, terwyl dié van die wit mense afgeeneem het van 71% tot 49%.

Die WVK was nie besonder geïnteresseerd in hierdie dimensie nie. Tutu het in 'n voorwoord van 'n geskiedenis van Suid-Afrika geskryf: "(It) is irrelevant whether racism or apartheid sometimes produced good results. Because the tree was bad, the fruit also had to be bad." Die WVK se oordele sou almal vanuit hierdie sydige perspektief saam met 'n menseregte-perspektief gevel word.

Die kwessie van skuld en berou

In die NP se voorlegging het De Klerk toegegee dat die apartheidstelsel gewelddadig was, maar hy het ook die omstandighede geksets, naamlik die ANC se gewapende stryd en die regering se teeninsurgensie-maatreëls. Maar twee kwessies het die WVK besig gehou: Was die wit leierskap in Suid-Afrika bereid om verskoning te vra en berou te betoon oor apartheid? Het die regering moorde en ander uiterste gevalle van menseregteskendings deur die veiligheidsmagte gemagtig of sy oë daarvoor gesluit?

Op 18 Februarie 1998 het Tutu 'n beroep op alle wit mense gedoen, veral op die Afrikaners, om te erken dat "dastardly things had happened in the past. You white people - if you reject the TRC, you will carry the burden of guilt to you graves", het hy gesê. Die Burger het gereageer dat Tutu nou kollektiewe skuld uitdeel en bygevoeg dat dit een van die gevaarlikste leerstellings in die geskiedenis is. Ná 'n openbare storm het Tutu sy stelling gekwalifiseer en Afrikaners wat apartheid teengestaan het of wat 'n belydenis voor die WVK afgelê het, van skuld onthef.

Die lede van die ou volksbeweging het op verskillende maniere gereageer op die oproep dat berou getoon moet word. Die Afrikaanse Handelsinstituut het verklaar dat apartheid moreel en ekonomies verkeerd was. Die NG-leierskap het aan die WVK gesê dat die kerk apartheid op verskeie sinodes verwerp het, maar dat die kerk self oor die WVK verdeeld is. Die Nasionale Pers het geoordeel dat dit nie 'n billike verhoor sal kry nie en het geweier om 'n voorlegging te doen. In plaas daarvan het dit drie bande van die Nasionale Pers se geskiedenis gestuur.

F.W. de Klerk het namens die vorige regering 'n omvattende apologie uitgespreek: "Apartheid was verkeerd; ek vra om verskoning in my hoedanigheid as leier van die NP aan miljoene Suid-Afrikaners wat die ontwrigting van gedwonge verskuuiwings van hul huise, ondernemings en grond moes verduur. Aan diegene wat oor die jare die skande ervaar het om gearresteer te word weens oortredings van die paswette. Aan diegene wat

Bl. 613

oor dekades en selfs eeue vernedering en onwaardige behandeling as gevolg van rassediskriminasie moes verduur. Wat 'n lang tyd verhinder is om hul volle demokratiese regte in hul geboorteland uit te oefen. Wat nie in staat was om hul volle potensiaal te verwesenlik nie vanweë werkreservering. En wat op enige ander manier gely het as gevolg van wetgewing en beleid wat op grond van velkleur teen hulle gediskrimineer het. Hierdie apologie word aangebied in 'n gees van ware berou en in die volle wete van die geweldige skade wat apartheid aan miljoene Suid-Afrikaners gedoen het."

De Klerk se apologie het die WVK nie bevredig nie. Wat dit ook wou hoor, was dat die staatsveiligheidsraad, waarvan De Klerk 'n lid was, die moord en marteling van die staat se vyande gelas of ten minste gekondoneer het. De Klerk het ontken dat die staatsveililgheidsraad ooit sulke bevele om mense te vermoor, uitgereik het en het onomwonde verklaar dat woorde in die notule verskyn, soos permanent verwyder of uitwis, definitief nie beteken dat die veiligheidsmagte verlog gegee word om moord te pleeg nie.

Op 'n perskonferensie het Tutu De Klerk se verklaring dat hy nie van massamoorde of ander groot misdade geweet het nie, verwerp en beweer dat die regering die veiligheidsmagte 'n "lisensie" gegee het om moord te pleeg."De Klerk het geweet," het hy gesê en vertel dat hy ná die Boipatong-slagting in Junie 1992 aan De Klerk gesê het die mense sê die polisie is aandadig. De Klerk het by hierdie en talle ander geleenthede verklaar dat hy of die polisie niks kan doen sonder stawing van aantygings nie. Hy het die WVK van vooroordeel beskukldig en 'n hofbevel teen Tutu gevra. Tutu het sy bewerings teruggetrek.

Net ná die slagting het die ANC die aanklag dat die polisie aandadig is, die wêreld ingestuur en dit gebruik as die rede waarom hy hom aan die onderhandelings onttrek het. Tutu self, die ANC en die WVK-verslag het hierdie weergawe van Boipatong onkrities aanvaar. Maar geen werklike gronde vir die bewerings is aangebied nie. De Klerk het onmiddellik ná die slagting die Goldstone-kommissie aangestel om die aanklagte te ondersoek. Dit het 'n senior Britse polisie-inspekteur ingeroep. Nóg hy nóg die Goldstone-kommissie kon enige getuienis vind om hierdie aanklagte te staaf. 'n Strafhof en die WVK se eie amnestiekomitee, wat albei oor die gebeure gesit het, kon geen getuienis vind dat polilsiemanne 'n rol in die slagting gespeel het nie. Ten spyte hiervan het die WVK hierdie feite oor Boipatong nie in sy verslag genoem nie.

Oor sommige ander berugte sake het die WVK groter duidelikheid gebied. Die een was Steve Biko se dood in aanhouding in 12977. Hy is in 'n wilde geveg deur twee veiligheidspolisiemanne aan sy arms vasgehou en sy kop is met groot geweld teen 'n muur gestamp, wat sy dood veroorsaak het. Matthew Goniwe en drie van sy makkers is in 1985 buite Port Elizabeth grusaam deur lede van die veiligheidspolisie vermoor. Militêre offisiere was by die beplanning betrokke. Dit het gebeur kort nadat ministers verantwoordelik vir sekuriteit die stad besoek en aan die mense aan die hoof van die plaaslike veiligheidsmagte gesê het die situasie in die Oos-Kaap moet tot elke prys gestabiliseer word. Veiligheidspolisiemanne van Port Elizabeth  het daarna met 'n motorbom drie swart polisiemanne en 'n "askari" ('n voormalige ANC-lid wat vir die polisie gewerk het) vermoor.

Suid-Afrika was teen 1990 ten minste twee dekades lank in 'n intense stryd gewikkel. Die NP-regering het die ANC lank swartgesmeer as blote agente van die Sowjetunie se uitbreidingsdrang en leiers in die hele wit gemeenskap het jong mense aangespoor

Bl. 614

om die land te verdedig teen diegene wat die orde en "beskawing" bedreig. Baie wit soldate en polisiemanne was reg om te veg in wat hulle beskou het as 'n stryd wat sou bepaal of wit of swart Suid-Afrika sal regeer. Hierdie veiligheidsmagte was vol vertroue dat die wit publilek hulle ondersteun.

Die ANC ht self hierdie persepsies versterk. Op sy kongres in 1985 het die ANC hom toegewy aan 'n "People's War" waarvan die doel was om die land onregeerbaar te maak en "die mag te gryp deur 'n algemene opstand". Dit het swaar gewapende guerrillavegters in die land ingetuur, dikwels met die opdrag om polisiemanne dood te maak. Die ANC of elemente wat die ANC ondersteun het, het intimidasie toegepas en by geleentheid politieke mededingers aangerand of doodgemaak. Hul woede was veral gemik teen die IVP, wat die gewapende stryd teensgestaan en self sy gesag met kragdadige metodes opgedwing het. Maar in die hele Suid-Afrika was die stryd geweldddig. Net tussen September 1989 en April 1992 was daar 80 507 voorvalle van onrus waarin 18 061 mense beseer is en 9 280 gesterf het, 406 in halssnoermoorde.

Jacko Maree, 'n Nasionale Party-lid van die Parlement, het in 'n artikel in Die Burger van 12 Oktober 1998 bereken dat ongeveer 3 000 ANC-kaderlede sedert 1992 buite die WVK-verband amnestie gekry het en dat nog duisend by die WVK aansoek gedoen het. Die betrokke misdade was o.m. terrorisme, sabotasie, moord en gewapende roof.

Ongeveer 280 lede van die veiligheidsmagte het deelgeneem aan die WVK-proses, wat veel hoër vereistes vir amnestie gestel het as dié waaroor in die notule van verstandhouding in 1992 ooreengekom is, toe 153 lede van die ANC wat ernstige misdade gepleeg het, amnestie ontvang het.

Meer as  twee jaar lank het die WVK met die maksimum-publisiteit hoofsaaklik op die gruweldade gefokus wat deur die veiligheidsmagte gepleeg is. Dit was 'n groot skok vir baie wit mense, veral die Afrikaners. Die skok was veral erg omdag die wit gemeenskap grotendeels afgesonder was van 'n stryd wat hoofsaaklik in die swart en bruin woonbuurte gewoed het. Weens beperkings op die pers het min wit mense geweet wat in die tronke gebeur en van die geweld en martelmetodes waarmee inligting dikwels verkry is.

In die pers is baie aandag gegee aan die een of twee geleenthede waarby in vergaderings van die staatsveiligheidsraad besluite geneem is om vyande van die staat te "elimineer" of te "verwyder". Daar is joernaliste en skrywers wat argumenteer dat hiermee bedoel is dat hulle vermoor moet word. Die WVK het dikwels die soeglig probeer gooi op die vraag of die regering opdrag gegee het dat moord gepleeg word en dit was ook die vraag waarmee die WVK hom die meeste besig gehou het.

Daar kan nie stellige antwoorde op hierdie vraag gegee word nie. In die tydperk van intense onderdrukking (van September 1984 tot ongeveer die einde van 1988) was die regering baie bewus daarvan dat die staat voor 'n gedugte uitdaging staan. Die kabinet het vertrou dat Botha aan die veiligheidsmagte genoeg speling sal gee om die orde te herstel sonder om gruweldade te pleeg. Dit was aanloklik om die staat se propaganda te glo dat bomme wat ontplof het of aktiviste wat op vreemde maniere gesterf het, die werk was van die ANC of van geweld tussen faksies in die swart gemeenskap. Hulle het geweet dat die ANC 'n strategie het om die veiligheidsmagte te probeer diskrediteer en om hul flaters op die skouers van die polisie te skuif. In die oorlog van propaganda en leuens is 'n klimaat geksep waarin baie mense verkies het om die regering se weergawe te glo.

Bl. 615

Oudpres. Botha, wat in baie kringe daarvan verdink is dat hy onwettige dade goedgekeur het, het geweier om met die WVK saam te werk en Louis le Grange, minister van polisie in die eerste deel van die opstand, het in die amp gesterf. Uit frustrasie omdat Botha nie getuig het nie, het die WVK alles in die werk gestel om De Klerk te laat erken dat hy deel gehad het aan besluite wat op onwettige dade uitgeloop het. De Klerk het voorgehou dat op die vergaderings wat hy bygewoon het, n iks onbehoorliks plaasgevind het nie. Wat sy eie termyn as president betref, het hy kommissies aangestel om die waarheid te ontbloot. Hy is seerlik nie die soort politikus wat bereid sou wees om aan die beplanning van 'n misdaad medepligtig te wees nie.

Hoe dit gebeur het dat pollisiemanne eie reg gebruik het? Daar is 'n lang geskiedenis van veiligheidspollisiemanne wat baie speling toegelaat is. Die feit dat daar betrekllik min vervolgings teen polisiemanne in die howe was, het by hulle die indruk gewek dat hulle redelike ruimte het. In sommige gevalle het die bevelvoerders 'n o gie toegemaak en in ander gevalle was die toesighouding swak en is gebeurtenisse toegesmeer. In die 1977-ondersoek na Steve Biko se dood, is die offiesier aan die hoof van die veiligheidspolisie in Port Elizabeth gevra waar hy die gesag gekry het om die beseerde Biko nakend en in kettings 48 uur in sy sel te hou. Hy het geantwoord: "Ons het volle gesag. Dit word oorgelaat aan my goeie diskresie. Ons werk nie onder 'n statutêre gesag nie." Daarna het die regering die regulasies strenger gemaak en ook beter voorsiening gemaak vir inspeksie deur onafhanklike persone.

In die 1980's het die regering volgehou dat marteling en ook moorde strafbare oortredings is en dat streng opdrag gegee is dat oortreders aangekla moet word. Maar veral in streke soos die Oos-Kaap, waar die stryd intens was, het die pollisie hulle saam met militêre troepe in 'n situasie bevind waarin die reëls van oorlog maak eerder as van polisiëring voorrang geniet het. Die kommissaris van polisie, Johan van der Merwe, het teenoor die skrywer verklaar: "Die polisie en veral die veiligheidspolilsie was aan so baie invloede onderhewig en by soveel geheime projekte betrokke, dat sekere lede later slegs een doel nagestreef het en dit was die uitwissing van die vyand."

Baie van die staat se pogings om die opstand te onderdruk, was gedesentraliseer en verslag daarvan is slegs op die grondslag van "die nodigheid om te weet" gedoen Die mense aan die hoof van die polisie is nie in kennis gestel nie. Kommissaris Van der Merwe sê dat lede van die veiligheidspolisie daaraan gewoond was om onafhanklik op te tree. Die meeste menseregteskendings deur polisiebeamptes wat deur die WVK se amnestiekomitee aangehoor is, het in die geheim plaasgevind.

Marteling het ten spyte van die regulasies voortgeduur. Polisiemanne het begryp dat as daar voldoende getuienis van marteling of moord teen hulle voorgelê word, hulle op hul eie sou wees en dat indien 'n aangehoudene beserings opdoen of van onnatuurlike oorsake sterf, hulle feitlik seker sou teregstaan. Maar daar was 'n groot grys gebied. Vorme van marteling wat nie tot beserings lei nie, soos om iemand in 'n nat sak te versmoor, het voortgegaan. Met onvoldoende toesig het dit grootliks ongestraf gebly.

Leon Wessels, 'n adjunk-minister van polisie in die laat-1980's, het gesê: "Dit is voosien dat mense gemartel sou word; elkeen in die land het geweet dat mense gemartel is." Hy was moediger as sy kollegas deurdat hy geweier het om onkunde oor die skendings van menseregte te pleit: "Ek weier om hulle te veroordeel (die soldate en die

Bl. 616

polisiemanne), omdat ons aan dieselfde kant was en vir dieselfde saak geveg het, naamlik wet en orde, soos ons dit gesien het, en ook om te verseker dat hierdie land nie onregeerbaar gemaak word nie. Ek dink nie die poliltieke verskoning van 'Ek het nie geweet nie' is vir my beskikbaar nie, omdat ek in baie gevalle nie wou weet nie." Genl. Constand Viljoen het iets soortgelyks gesê: "Hoekom kan ons nie saamstem dat ons almal vuil hande het nie?"

In sy getuienis voor die WVK het De Klerk ' n onderskeid probeer tref tussen 'n polisieman wat op 'n bona fide-manier die wet oortree (maar vir De Klerk het dit nie moord of ernstige aanranding ingesluit nie), en diegene wat op 'n mala fide-manier regstreekse oopdragte verontagsaam het en die staat se vyande vermoor of gemartel het. Laasgenoemde was inderdaad waar van die moorde wat deur Eugène de Kock en ander lede van die berugte C-10-polisie-eenheid by Vlakplaas gepleeg is. Maar die grens tussen bona fide en mala fide is vaag. Was 'n "ligte" vorm van marteling om inligting in te win oor ANC-agente wat bomme geplant het, bona fide of mala fide? De Klerk het self erken dat die onderskeid tussen 'n aanvaarbare en 'n onaanvaarbare metode vaag is.

Op die ou end was die WVK-proses meer 'n poliltieke as 'n regterlike proses. Lede van die ou veiligheidsestablishment het die WVK se geloofwaardigheid probeer aanval en die ANC het kwaai druk o p die kommissie uitgeoefen om geen morele kritiek op die beweging uit te spreek nie. As voorsitter het aartsbiskop Tutu baie gebreke gehad, maar hy het wel in laasgenoemde geval stelling ingeneem deur te sê dat hy net so bereid sou wees om 'n nuwe tirannieke bewind te beveg as wat hy ten opsigte van die oue was. Selfs onder liberale was daar duidelike verskille tussen Mary Burton, wat sterk standpunt ingeneem het op die grondslag van liberale waardes en billikheid, en party van die ander wat beskryf word as "slide-away"-liberale - mense wat probeer het om die bevrydingstryd te paai eerder as om vir liberale beginsels op te kom.

Die ou stryd tussen Afrikaners en engelse het ook sy verskyning gemaak, veral iln die reaksie op De Klerk se verskyning voor die kommissie. Drie van die vier Engelssprekende lede van die kommissie (Alex Boraine, Richard Lyster en Wendy Orr) was prominent onder diegene wat volgehou het dat De Klerk nie ten volle vir apartheid apologie aangeteken het nie, nie behoorlik berouo getoon het nie en sy aandadigheid erken het nie.

Vir Wynand Malan was dié houding 'n kwalik bedekte poging om ou politieke twiste te besleg. Dit het neergekom op 'n "groot samesweringsteorie" waarvolgens die volgende "kollektief skuldig" was: die kabinet, die staatsveiligheidsraad, die NP-koukus en die Afrikaners. In sy minderheidsverslag het hy geskiedenis met 'n "enkele waarheid" verwerp. Hy het gevra dat Suid-Afrika van reg teen verkeerd en van swart teen wit moet wegbeweeg na skakerings van grys. Maar Boraine wou niks daarvan weet nie. Volgens hom was Malan net besig om apartheid 'n beter aanskyn te gee.

Die WVK het ook die breuk tussen die NP-poliltici en die hoofde van die polisie veel groter gemaak. Die polisiehoofde het gevoel die NP-regering het hulle onder ondraaglike druk geplaas om die opstand onder beher te bring. Die minste wat die NP-leiers kon doen, was om gesamentlike verantwoordelikheid vir die skending van menseregte te aanvaar.

Aanvanklik was De Klerk simpatiek teenoor die eis dat die regering en die polisiehoofde

Bl. 617

hoofde om 'n soort kollektiewe amnestie moet vra, hoewel die wetgewing dit nie toegelaat het nie. (Die ANC het nietemin 'n kollektiewe amnestie gevra.) Die meeste kabinetslede het egter hierdie opsie verwerp. Sommige, soos Kobie Coetsee, was bang dat die proses kon eindig met 'n soort Neurenberg-hof. Op die ou end het net een politikus, Adriaan Vlok, minister van polisie, amnestie gevra. 'n Groot aantal polisiemanne het verplig gevoel om amnestie te vra, maar min militiêre offisiere het.

By die verhore van die polisiemanne het geen politieke leier opgedaag om morele ondersteuning te gee nie. Senior polisiemanne wat amnestie moes vra, het gevoel dat hulle in die steek gelaat is. Die oudpolisiehoof Johan van der merwe het in 1998 teenoor die skrywer verklaar: "Geen polisieman sal ooit weer vir die NP stem nie." Die NP-leiding se hantering van die kwessie van amnestie en hul optrede voor die WVK het die party se einde verhaas.

Die publilek was verdeeld oor wat die WVK reggekry het. 'n Meningsopname hieroor is laat in 2000 onderneem deur die Institute of Justice and Reconciliation, wat gestig is om die werk van die WVK voort te sit. Dit het bevind dat slegs 29% van die wittes (teenoor 77% van die swart mense en 56% van die kleurlinge) gevoel het dat die WVK gehelp het om die bou van 'n verenigde nasie te bevorder. Ongeveer driekwart van sowel die Xhosa- as die Zoeloe-respondente en die helfte van die Engelssprekendes het die optrede van die WVK goedgekeur teenoor slegs 'n derde van die Afrikaners. Ongeveer 80% van die Afrikaners en 'n effens kleider deel van die Engelssprekendes het saamgestem met die stelling "Die WVK sal net kwade gevolge hê; Suid-Afrikaners moet na die toekoms kyk en die verlede vergeet", maar slegs 30% van die Zoloes en Xhosas het saamgestem. Die meeste in die totale monster het gemeen dat wit mense in die tyd van apartheid werklik die kommunisme gevrees het.

Op die agtergrond was daar die beleid van apartheid, waarvan almal gedink het dit is dood en gediskrediteer. Die meningsopname het 'n verbasende uitslag aan die lig gebring in die reaksie op die volgende vraag: "Daar was sekerlik sekere vergrype onder die ou apartheidstelsel, maar die idees agter apartheid was basies goed." Daar was aansienlike steun vir hierdie stelling en net 'n derde van die Afrikaners het gemeen dat dit nie waar is nie. Die volledige syfers was:

DIE BASIESE IDEE VAN APARTHEID WAS GOED TEN SPYTE                               VAN SEKERE VERGRYPE

                                      Waar       Nie waar nie        Weet nie

Alle Suid-Afrikaners          39                  55                       7

Afrikaners                          65                  29                      6

Wit Engelssprekend          36                  60                      5

Xhosa-sprekend                18                  73                      9

Zoeloe-sprekend                25                  65                    10

Kleurlinge                           38                  55                      7

Dit is moontlik dat die nie-wit respondente nie aan die onverdunde "blanke baasskap" van die 1950's, 1960's en 1970's gedink het nie, maar eerder aan die weergawe van apartheid van die 1980's, waarvolgens elke bevolkingsgroep verantwoordelik sou wees vir sy "eie sake" en verteenwoordigers van elke groep 'n aandeel sou hê aan die besluite oor

Bl. 618

algemene sake. Ander meningsopnames dui daarop dat die lede van die onderskeie statutêre groep van apartheid steeds iemand van hul eie groep as die gewildste leier genoem het.

"Om die ideaal prys te gee"

In die nuwe regering het die NP vinnig wat oor was van sy bedingingsvermoë en aansien verloor. De Klerk het gekla dat die ANC in die kabinet weier om mag te deel of om in kritieke aangeleenthede konsensus te soek. Van NP-kabinetslede is verwag om binne die ANC se beleidsraamwerk te werk. Die ANC het De Klerk skerp gekritiseer wanneer hy sake waaroor die NP en ANC verskil, in die openbaar bespreek het. Klaarblyklik is die kabinetskonvensies nie deeglik in die onderhandelings bespreek nie.

In 1996 is 'n nuwe grondwet aanvaar met inagneming van die riglyne wat in 1992-1993 bepaal is. Die ANC het geweier om 'n kabinet wat mag deel as 'n artikel in die finale grondwet op te neem. Dit het daartoe gelei dat De Klerk en die ander NP-kabinetslede teen die einde van 1996 uit die regering van nasionale eenheid bedank het. In Januarie 1997 het De Klerk in 'n toespraak in Londen erken dat die onderhandelings nie uitgeloop het op die ewewigtige politieke skikking waarna die NP gestrewe het nie. Wit mense het die mag prysgegee en hul "soewereiniteit" verloor. "Die besluit om die reg op nasionale soewereiniteit prys te gee, is sekerlik een van die pynlikste besluite wat enige leier kan neem. Baie nasies is bereid om die risiko van oorlog en 'n katastrofe te loop eerder as om hierdie reg prys te gee. Tog was dit die besluit wat ons moes neem. Ons m oes die noodsaaklikheid aanvaar om die ideaal waarmee ons grootgemaak is en die droom waarvoor so baie geslagte 'n stryd gevoer het en waarvoor so baie van ons mense gesterf het, te laat vaar."

Ebbe Dommisse, redakteur van Die Burger, het 'n hoofartikel met die opskrif "Oorgawe" hieroor geskryf. Hy het dus De Klerk se woord "surrender" met oorgee eerder as prysgee vertaal. Hy het ook gevra of 'n leier van 'n party wat so swak gevaar het in die onderhandelings as leier kan aanbly. In 'n kortstondige politieke storm het talle kritiese briewe in die Afrikaanse pers verskyn. Een het gelui: "Die NP het 'n mandaat van ons ontvang om ons te beskerm en te alle tye ons belange te beveilig. De Klerk het nie 'n m andaat gekry om ons, soos 'n Judas-bok, te lei na die poliltieke slagpale nie." De Klerk het daarop gewys dat hy noot 'n wit minderheidsveto beloof het nie, maar hy het kort daarna bedank. 'n Regering van nasionale eenheid vir vyf jaar was die enigste belangrike sukses wat die NP-onderhandelaars behaal het. Toe die NP hom aan die kabinet onttrek, het dit die Afrikaners se magsverlies dramaties beklemtoon.

Die ontnugtering oor die onderhandelings en die algemene ontsteltenis onder die Afrikaners is vererger deur 'n misdaadgolf en 'n skerp daling in die koers van arrestasies en suksesvolle vervolgings. Die voorkoms van gewelddadige misdade was van die hoogste in die wêreld. Moorde het op 65 per 100 000 mense gestaan, vergeleke met 10 vir die VSA.

In die 1990's is meer as duisend boere, 80% van hulle Afrikaners, op hul plase vermoor. Geen politieke motief kon vir hierdie moorde gevind word nie, maar boere het gevoel as hulle in 'n onderstebo, wettelose wêreld aan die genade van misdadigers oorgelaat

Bl. 619

is. In die ou Oos-Transvaal is 'n protesvergadering gehou nadat verskeie boere in die omgewing vermoor is. 'n Boer is luid toegejuig toe hy sê: "Die land behoort nie meer aan die Afrikaners nie; dit behoort nou aan die swartes. Ons het dit weggestem en ons sal dit nooit weer terugkry nie."

Die magsoordrag in 1994 het gepaard gegaan met 'n "gekoopte revolusie" waarin groot bedrae bestee is om wit amptenare uit poste in die staatsdiens te verwyder. Teen die einde van 1998 is 56 985 aftreepakkette toegeken aan hoofsaaklik wit staatsamptenare (hierdie syfer sluit lede van die weermag uit). Teen die einde van 2002 het die totaal op meer as 120 000 gestaan.

In 1998 het die regering 'n beleid van "verteenwoordigendheid" aangekondig, wat veel verder as regstellende aksie was. Volgens dié beleid sou die sukses van die samelewing se oorgang na 'n normale samelewing getoets word deur die mate waarin die rassesamestelling van die bevolking op alle vlakke, ook senior bestuursvlakke, weerspieël word. Dit het beteken dat die persentasie wit amptenare, veral senior wit staatsamptenare, vinnig verminder moes word. Wit mense in die staatsdiens het van 44% in 1994 tot 18% in 1999 gedaal. In 1999 was 56% van die mees senior staatsamptenare (direkteurs-generaal en hul adjunkte) nie wit nie en 42% van die ander bestuursposte (hoofdirekteurs en direkteurs) nie wit nie. Die regering het verklaar dat dit nog altyd die senior wit bestuurdes as oorverteenwoordig beskou en dat dit reggestel moet word.

Die staat het spoedig beland in 'n toestand waar sy vermoë om dienste te lewer, ver tekort geskiet het. In 2002 het 'n verslag wat vir die president se kantoor oor die eerste tien jaar van demokrasie opgestel is, bevind dat die meeste van die plaaslike besture, wat belas is met noodsaaklike ontwikkelingsfunksies, nie die vermoë het om dienste te lewer nie en dit waarskynlik ook nie sal ontwikkel nie. 'n Kwart van die regering se aanskaffingsbegroting is aan konsultante bestee. Die ouditeur-generaal het gerapporteer dat amper 'n derde van die staat se 163 openbare agentskappe nie hul boeke aan hom voorgelê het nie. Meer as R15 miljard het in die welsynsdepartement weens korrupsie en bedrog verlore geraak. Die staat se agentskap vir inligtingstegnologie is ontbind omndat dit te onbekwaam was. Vir die krisis in die staatsdiens moet sowel Bantoe-onderwys as 'n oorhaaastige vervanging van ervare amptenare die skuld kry.

Die staatskorporasies is ook vinnig getransformeer deur senior wit personeel op groot skaal uit die diens te laat tree. Chris Louw, 'n senior joernalis by die SA Uitsaaikorporasie, het vertel hoe dit voel wanneer 'n swart uitvoerende amptenaar in die openbaar verklaar dat die nuwe bestuur reeds die wit topbestuur en senior bestuur verwyder het en dat die volgende teiken die middelvlakke van die bestuur is, waar "wit bestuurders nog steeds transformasie teenstaan". Louw het gevra: "Watter transformasie? Om ons self uit ons eie werk te transformeer? Om om te rol en te maak of ons dood is?"

Die beleid van verteenwoordigendheid is ook op die private sektor toegepas. Teen 2002 het swaar boetes medium en groot sake-ondernemings in die gesig gestaar indien hulle nie die teikens vir regstellende aksie nagekkom het wat hulle vroeër aan die staat voorgelê het nie. Kwotas in sportspanne het voortdurend tot twiste gelei, veral in rugby, die Afrikaners se gunstelingsport.

Die ANC het sy beleid van verteenwoordigendheid gegrond op voorskrifte wat sedert 1971 in Maleisië gegeld het. Maar die belangrike verskil was dat vinnige ekonomiese

Bl. 620

groei werksgeleenthede in Maleisië vinnig laat toeneem het, met die gevolg dat die Chinese minderheid veel minder geraak is. In Suid-Afrika was die werkskepping betreklik laag en baie werksgeleenthede het verore gegaan,  hoofsaaklik vanweë strawwe arbeidswette en sterk vakbonde wat daarteen gewaak het dat werkgewers mense teen laer lone aanstel. Die werkloosheidskoers was onder die hoogste van dié in alle lande met 'n vergelykbare ekonomie.

Volgens Iraj Abedian, hoofekonoomvan die Standard Bank, het wit werkloosheid tussen 1995 en 2002 van 4,79% tot 9,17% toegeneem, terwyl die swart werkloosheid van 36,16% tot 46,62% gestyg het. Meer as 'n miljoen mense, hoofsaaklik swart, het hul werk in die 1990's verloor. Tussen 1996 en 2001 het die persentasie swart mense wat in akute armoede gelewe het, van 41 tot 49 gestyg. Die armoede en inkomste-ongelykhede het al hoe erger geword. Die gaping tussen ryk en arm binne die swart gemeenskap was groter as dié tussen wit en swart.

Wit werksoekers het nog die beste in die arbeidsmark gevaar, al het die regering daarop aangedring dat die ekonomie op alle posvlakke die bevolkingsamestelling moet weerspieël. Teen 2002 was van die mense wat as senior en professioneel gekwalifiseerde bestuurders gewerf is, nog 60% wittes, terwyl 27% swartes was, 6% kleurlinge en 7% Indiërs. Op daardie tydstip in 2002 het wittes nog 80% van die senior bestuursposte beklee en 75% van die poste op die heel hoogste vlakke.

Die skroef van regstellende aksie en verteenwoordigendheid het egter ná 2002 al hoe stywer begin draai. Van alle skoolverlaters wat die arbeidsmark tussen 1995 en 1999 die eerste keer betree het, het 75% van die wit mense werk gekry teenoor 70% van die kleurlinge, 50% van die Indiërs en slegs 29% van die swartes. In 2004 is egter berig dat agentskappe in Kaapstad wat werkers werf 80% van alle vakatures in hul lêers vir "regstellende aksie"-aansoekers gehou het en dit het gelyk asof dit die norm in die bedryf is. 'n Hooggeplaaste amptenaar in die departement van arbeid het reeds in Oktober 2002 verklaar: "Die wit mense wat nuut tot die arbeidsmark toetree, ondrvind probleme. Hulle ding mee in 'n mark wat swart aansoekers al hoe meer bevoordeel." Afrikaanse briewe in die pers het skok uitgespreek oor die karige beskerming teen regstellende aksie wat die grondwet aan wit mense bied.

Veral op die meer afgeleë dorpe was die Afrikaners onder druk. Teen 2000 was twee derders van die dorpe op die platteland ekonomies aan die agteruitgaan. Die meeste swart mense wat hier gewoon het, was werkloos en brandarm. Wit inwoners het kwesbaar gevoel en het nog outydse rassistiese opvattings gekoester. Vir sommige was dit nie moontlik om te trek nie, omdat hulle nie 'n huis in die groter dorpe of stede kon bekostig nie. Lawrence Schlemmer het bevind dat in 2003 ongeveer 500 000 wit mense 'n inkomste van minder as R3 000 per maand gehad het, wat beskou word as die minimum om in 'n gevestigde, tradisionele wit woonbuurt te kan woon en die nodige belastings te betaal.

'n Naamlose brief aan Die burger het 'n historiese parallel getrek. Die skrywer se oupa is in die Anglo-Boere-oorlog ekonomies platgeslaan en moes die res van sy lewe 'n bestaan as bywoner maak. Sy pa  het na 'n dorp getrek waar hy 'n nederige ambag beoefen het, maar kon sy kinders universiteit toe stuur. Die brief het op 'n somber noot beëindig: "Ek wonder of ná vyf hardwerkende en eerlike geslagte wat tot die land bygedra het, ek nie soos my oupa 'n bywoner sal word nie."

Bl. 621

Die vrees vir misdaad en regstellende aksie was die vernaamste redes waarom net so baie Afrikaners as Engelssprekendes ná 1990 geëmigreer het.

Met die ondergang van apartheid en die magsverlies het 'n groot deel van die Afrikaners se historiese denke oor oorlewing uitgedien geraak. Die obsessiewe pogings om gelykstelling tussen die rasse te verhoed, het nou na persoonlike onsekerheid en rassebeheptheid gelyk. Van Wyk Louw het geskryf dat die Afrikaners tussen blote oorlewing en oorlewing in geregtigheid moes kies. Hy het egter gedink aan Afrikaners wt voortgaan om oor hul eie politieke lot te beskik. Nadat die NP die regering van nasionale eenheid verlaat het, was die Afrikaners sonder formele politieke mag.

Twiste wat lank gesluimer het, het in die openbaar losgebars. Die eerste was tussen Afrikaners wat nie lid van die nasionalistiese binnegroep was nie en die ou NP- en Broederbond-elite. Hierdie elite was selfvoldaan oor hul rol in die oorgang tot 'n demokrasie en het die nuwe regering verwelkom. Hulle het dit gewaag om soos in die jare van die NP-bewind weer die Afrikaners in die algemeen raad te gee oor hoe om hulle plek onder die nuwe regering in te neem. In 2000 het Chris Louw 'n literêre sensasie veroorsaak met 'n woedende ope brief aan Willem de Klerk, 'n vooraanstaande meningsvormer in die NP-bewind. Hy het De Klerk en sy generasie van Afrikanerleiers beskuldig dat hulle paternalisties en poltieke lafaards is. Sonder dat hulle ooit self in 'n oorlog geveg het, het hulle die jonger Afrikaners na 'n grensoorlog en patrollies in die swart woongebiede gestuur en apartheid as 'n edel saak verdedig. Hierdie leiers het egter in duie gestort toe hulle by die onderhandelingstafel met 'n vasbeslote ANC te make kry. 'n Jonger geslag, het Louw gesê, het nie die raad van die ou elite nodig wat hulle in die gemors gedompel het terwyl die oues self hoog en droog sit nie.

In die tyd van apartheid het baie Afrikaners hulle gedra asof die staat aan hulle behoort. Nou was daar by hulle 'n sterk gevoel dat die bordjies verhang is. In 'n meningsopname in 1992 het slegs 4% van die Afrikaners saamgestem met die stelling "Suid-Afrika is vandag 'n land vir die swart mense; blankes moet aanvaar dat hulle 'n tweede plek inneem". Teen 1998 het die Afrikaners wat met die stelling saamstem tot 43% gestyg, vergeleke met slegs 'n kwart van die Engelse Suid-Afrikaners en kleurlinge. Die Afrikaners was dus nou die mense wat hulle self die meeste as tweedeklasburgers beskou het.

Die agteruitgang van Afrikaans en Afrikaanse instellings

Daar was 'n stryd onder die Afrikaners oor hoe Afrikaans die beste bevorder kan word, met die ouer en die jonger geslag dikwels aan verskillende kante. Die regering en die sakesektor se dramatiese afskaling van Afrikaans in die negentigerjare is deur 'n groot aantal Afrikaners beleef as 'n aanslag op sowel die taal as op hul gevoel van eiewaarde, waarvan Afrikaans lank die simbool was. Proteste, veral in die vorm van koerantbriewe en klagtes by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, was volop. Nóg die regering nóg die sakesektor het hulle veel daaraan gesteur.

Hulle is in hul houding gesterk deur twee mites wat posgevat het. Die een mite was dat Afrikaans in die vorige bedeling bevoorreg is. Dié opvatting hou nie daarmee rekening nie dat taalgelykheid tussen Afrikaans en Engels die fondament was waarop die

Bl. 622

 vorige politieke bedeling gebou is (sien pp.227-29). Indien enige taal bevoordeel is, was dit Engels. Die ander mite was dat omdat Afrikaans die taal van die bewindhebbers tydens apartheid was, dit in die nuwe bedeling moet boet of boete doen. Daar is nooit gesê of hierdie reël vir alle tale met bloed aan hul sprekers se hande, soos vir Engels - die taal waarin die Kaap in 1795 en 1806 en die boere-republieke in 1899-1902 verower is - geld nie. Die blote feit dat Afrikaners protesteer, is beskou as 'n simptoom van ongevoeligheid teenoor die leed en lyding van mense tydens apartheid. Sommige het die houding aangeneem dat besware teen die afskaling van Afrikaans net die "spookpyne" is van mense wat eintlik oor die Afrikaners se magsverlies gegrief is.

Sommige van die jonger geslag Afrikaners het die stryd vir Afrikaans as openbare taal verwerp as deel van hul opstand teen patriargale of manlike oorheersing. 'n Deelnemer aan 'n televisieprogram oor jong Afrikaners het gesê: "Die ouer mense is geneig om van elke ding 'n issue te maak. Die taal-issue, die universiteit-issue, alles is issues. Die jong mense moet oorleef, dit is ons issue."

Op 20 September 2002 het Ton Vosloo, voorsitter van die direksies van sowel Naspers as Sanlam, en een van die min sakeleiers wat die saak van Afrikaans ná 1990 in die openbaar bepleit het, verklaar: "Dit is nie vreesaanjaging nie as 'n mens sê dat die Afrikanervolk in 'n krisis verkeer, as jy die rooi ligte op die bestaanspad in ag neem. Die voorbeelde van verskraling is talryk: die plekke waar hy sy lewensruimte verower, beding of uit eie inisiatief tot stand gebring het, word toenemend bevraagteken. Selfs die vanselfsprekende, soos om deur 'n owerheid bedien te word in 'n amptelike taal, 'n taal wat deur daardie selfde owerheid erken word."

Oppervlakkig beskou, het die posisie van Afrikaans nie so ernstig gelyk nie. Teen 2002 was daar ses miljoen mense wat Afrikaans as eerste taal gepraat het. Van hulle was 42% wit. Afrikaanssprekendes was 15% van die bevolking en het op Zoeloe en Xhosa na die grootste taalgemeenskap uitgemaak. Saam met Afrikaanssprekendes die grootste taalsegment in die verbruikersmark - 33% vergeleke met 28% vir Engelssprekendes.

Radiosondergrense, die Afrikaanse radiosender, het in die eerste ses jaar ná die oorgang na 'n demokrasie die sterkste gegroei van al die radiostasies en ook sy inhoud en redaksionele strekking by nuwe pollitieke omstandighede aangepas sonder om geloofwaardigheid te verloor.

As persgroep is Naspers finansieel veel stewiger as enige van sy mededingers. Naspers publiseer koerante en tydskrifte wat, met die uitsondering van die politieke en die intellektuele lewe, voorsiening maak vir 'n wye reeks van smake, behoeftes en belange. Daar is egter 'n ernstige tekort aan indringende politieke ontleding en kommentaar. Oor die algemeen het die vlak van politieke joernalistiek en taalversorging agteruitgegaan. Die koerante het nog nie die vermoë ontwikkel om soos die opposisiepers in die 1980's die regering oor sekere sake te konfronteer vanuit 'n onafhanklike en eiesoortige benadering tot die groot kwessies nie.

Pessimisme oor die kans om Afrikaans as openbare taal na volgende geslagte oor te dra, spruit enersyds uit 'n regeringsbeleid wat volhardend Engels bevorder en andersyds uit die strukturele omstandighede waarin Afrikaans met Engels in bepaalde instellings moet kompeteer. Tussen die 1920's en die 1980's het Afrikaanse enkelmediumskole en -universiteite saam met die Afrikaanse kerke gedien as die belangrike instellilngs wat die jeug

Bl. 623

bewus gemaak het van die waarde van Afrikaans op verskillende vlakke en ook die noodsaak om die taal te help handhaaf. Ná die oorgang in 1994 het die regering druk op skole en universiteite uitgeoefen om 'n parallelle stroom van onderrig in Engels in te voer ten einde vir swart mense voorsiening te maak. Teen die begin van die 1990's was daat 1 800 skole wat wit en Afrikaans was; teen 2002 was daar net 300 sulke skole.

Drie universiteite wat histories enkelmedium Afrikaanse universiteite was (Randse Afrikaanse, Pretori en Vrystaat) het op groot skaal parallelmediumkurusse ingevoer. Potchefstroom en Stellenbosch het hoofsaak Afrikaansmedium-universiteite gebly. Meer as die helfte van die studente by die vyf histories Afrikaanse universiteite was teen 2000 nie wit nie; omtrent almal het kursusse met Engels as voertaal gevolg. In ander lande het 'n beleid van parallelmedium of dubbelmedium herhaaldelik daartoe gelei dat die universele taal die plaaslike taal mettertyd uit instellings verdryf.

Die regering en die openbare korporasies het Engels as die enigste amptelike taal bevorder. Hulle het 'n groot aantal staatsamptenare aangestel wat nie Afrikaans kon praat nie. Die regering het ook nagelaat om taalwetgewing in die wetboek te plaas wat aan die taalartikels in die grondwet inhoud kon gee. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), 'n liggaam waarvoor die grondwet voorsiening maak, het die taalartikels in die grondwet probeer toepas, maar gereeld bevind dat staatsdepartemente en die openbare korporasies die grondwetlike bepalings skend en die raad se bevindinge daaroor ignoreer. Afrikaans het voor 1994 by die openbare televisie 'n kanaal tydens spitstyd om die helfte met Engels gedeel; kort ná die oorgang is die Afrikaans dramaties ingekrimp tot minder as 10% van die spitstyd op een kanaal. Die feit dat 'n kwart van die mense wat televisie besit, Afrikaanssprekendes is, is nie in ag geneem nie.

Die NP het sy bes gedoen om mense uit alle lae van die samelweing te lok, wat beteken het dat dit sy Afrikaanse wortels selde erken en min vir Afrikaans voorspraak gedoen het. In die verkiesing van 1994 het die party aangeneem dat sy wit ondersteuners vir hom sou stem en het hy feitlik al sy hulpbronne aangewend om in ander gemeenskappe, veral bruin, stemme te werf. Soos ander partye met 'n wit leierskap, het dit onder sterk regeringsdruk gekom om hom met die "meerderheid" en met transformasie, soos deur die ANC gedefinieer, te vereenselwig. Die ANC self het 'n klassieke dominante party met 'n aansienlike lading onverdraagsaamheid teenoor die oppossie geword. By die ANC se na;sionale kongres in 1997 het Mandela 'n toespraak gelees wat deur die party se uitvoerende bestuur opgestel is. Dit het die minderheidspartye aangeval as struikelblokke vir transformasie.

Die meeste Afrikaners het 'n opposisieparty gesoek wat hierdie standpunt verwerp en die regering sonder omhaal van woorde kritiseer. Dit was die Demokratiese Party onder leiding van Tony Leon, 'n Joodse Suid-Afrikaner, wat die regering met selfvertroue gekritiseer het oor sy onvermoë om dienste te lewer en korrupsie uit te wis. Dié party het die klassieke liberale beleid van gelyke geleenthede in die arbeidsmark sterk voorgesteen. Terwyl die DP sterk onder wit kiesers gegroei het, het die NP se steun vinnig afgeneem. Dit was nie effektief in die regering van nasionale eenheid nie en het as opposisieparty swak gevaar.

In die verkiesing van 1999 het die NP (nou die Nuwe Nasionale Party of NNP) se aandeel van die stemtotaal van 20% in 1994 tot 7% gedaal. Van die Afrikanerstemme het

Bl. 624

54% na die Demokratiese Party gegaan. Die NP het slegs 20% van die Afrikanerstemme gekry, terwyl die Vryheidsfront en ander partye van die regtervleuel 13% van die Afrikanerstemme gelok het. Slegs 1% van die Afrikaners en 4% van die wit Engelssprekendes het vir die ANC gestem.

Ná hierdie verkiesing het Constand Viljoen se ideaal van 'n Afrikanervolkstaat gesterf. Die regering het die volkstaatraad, wat aangestel ils om die moontlikheid te ondersoek, ontbind. Die raad kon met geen oortuigende planne of tasbare steun vir 'n volkstaat voor die dag kom nie.

Ná die verkiesing van 1999 het die NNP saam met die DP die Demokratiese Alliansie (DA) gevorm om te verhoed dat dit uitgewis word. 'n Groep NNP-lede het ná 'n kort tydjie weer weggebreek en 'n bondgenootskap met die ANC gesluit. Dit het die beheer van Kaapstad en verskeie Wes-Kaapse dorpe en ook die provinsie Wes-Kaap oorgeneem. As 'n baie junior vennoot het die NNP se toekoms al hoe meer van die steun van die ANC afgehang. Dit was in dieselfde staat van afhanklikheid as die bruin en swart partye wat die NP-regering gedurende die 1970's en 1980's probeer opbou het.

In die verkiesing van 2004 het die ANC meer as 69% van die stemme gekry en die NNP se steun het tot 1,7% van die stemtotaal gedaal. Volgens Lawrence Schlemmer van die firma MarkData het die persentasie van die Afrikaners wat vir die NNP gestem het, gedaal van 20% in 1999 tot 8%, terwyl 67% nou vir die DA gestem het. Afrikanersteun vir die ANC  het op 1% gebly, terwyl Inkatha, die Vryheidsfront en die African Christian Democratic Party (ACDP) elk 5% gekry het. Patricia de Lille se Onafhanklike demokrate het in die laaste opname voor die verkiesing 10% gekry.

Die Broederbond het sy grense herdefinieer. Aangespoor deur lid nommer 8507 (F.W. de Klerk), wat die uitvoerende raad van die Broederbond in 1992 toegespreek het, het die organisasie sy naam tot die Afrikanerbond verander, sy streng geheimhouding laat vaar en vroue en mense wat gekleur is, as lede verwelkom. Die bond se ledetal het geval van die toppunt in die middel-1970's - ongeveer 12 000 in 800 afdelings - tot tussen 6 000 en 8000 (o.a. 500 kleurlinge) in 2002. Die nuwe regering het die bond geïdentifiseer as dié Afrikaner-organisasie met wie dit graag sal saamwerk.

Die NG Kerk het tussen 1981 en 1999 9% van sy lidmate verloor, maar die Anglikaanse Kerk en ander groot kerke wat apartheid teengestaan het, het in dieselfde mate lidmate afgestaan. Die NG Kerk het op 'n pragmatiese wyse afskeid geneem van apartheid as 'n stelsel wat nie kon werk nie. Kerkeenheid was 'n nuwe ideaal, maar dit was ontwykend. Sedert die vroeë 1990's was daar gesprekke tussen die NG Kerk, die NG Sendingkerk, die NG Kerk in Afrika (swart) en die Reformed Church in Africa (Indiërs) om in 'n enkele kerk te verenig. Die Sendingkerk en die NG Kerk in Afrika het op die grondslag van die Belhar-belydenis van 1982 die Verenigende Gereformeerde Kerk gevorm. Dié het daarop aangedring dat die NG Kerk as voorwaarde vir eenheid Belhar as vierde belydenisskrif saam met die drie formuliere van eenheid aanvaar. Die afstigting vana die Afrikaanse Protestantse Kerk in 1987 het die NG Kerk baie versigtig gestem en teen 2004 het dit nog nie die Belhar-belydenis aanvaar nie. In sy kern het die NG Kerk 'n volkskerk, 'n kerk vir wit Afrikanermense, gebly.

Die kerk het gesukkel om sy plek te vind in 'n nuwe Suid-Afrika wat skielik - wat die openbare lewe betref - sekulêr en permissief geword het. Terwyl die lidmaatskap van die

Bl. 625

vernaamste Afrikaanse kerke afgeneem het, was die Afrikaners nog steeds sterk verbind tot die Christelike godsdiens.

Die disintegrasie van die Afrikanernasionalisme

Die agteruitgang van Afrikanerinstellilngs dui op 'n omvattender ontwikkeling: die disintegrasie van die Afrikanernasionalisme. Dit het in die 1970's begin en het in die 1980's versnel. Die referendum van 1992 is in baie opsigte die finale afsluiting. Die feit dat De Klerk kon nalaat om sy belofte van 'n referendum oor die konsepgrondwet na te kom, toon dat die volksbeweging feitlik geheel en al sy lot aan die leier toevertrou het. Toe De Klerk besluit om die NP in die nuwe Suid-Afrika oop 'n nie-rassige en veeltalige grondslag te bou en die grootste moontlike kiesersteun te probeer wen, het nie nasionalisme van weleer tot die verlede behoort.

Die oorsake van die disintegrasie is kompleks. Een van die belangrikste faktore was die sterk swart bevolkingsgroei, wat die idee van Suid-Afrika as 'n Afrikanerland of 'n wit land al hoe meer vergesog laat lyk het. Sedert die 1970's het 'n nuwe Afrikaanse geskiedskrywing, wat ten dele deur die liberale en Marxistiese geskeidskrywing beïnvloed is, maar ook op selfstandige navorsing en ontleding staatgemaak het, die meeste nasionalistiese mites verwerp. Die idee van 'n organiese volk wat deur God geroepe is, het 'n anachronisme geword.

'n Tweede sleutelfaktor was die klasseverskille tussen die sake- en beroepslui aan die een kant en die werkers en staatsamptenare aan die ander kant, wat van die 1970's al hoe groter geword het. Dit het alles gewentel om die opleiding en aanwending van swart en bruin werkers en die uitfasering van alle vorme van rassediskriminasie.

Maar die belangrikste faktor lê in die ontstaangeskiedenis van die Afrikanernasionalisme. Dit het gespruit uit die stryd tussen die twee wit gemeenskappe en in die strewe van die Afrikanernasionaliste om Suid-Afrika en die Afrikaners polities en kultureel op eie bene te laat saan ten opsigte van die Britse Ryk en die Engelse kultuur. Voorts was die strewe om die ekkonomiese gaping tussen die twee gemeenskappe te laat krimp, Afrikaans as handels- en amptelike taal te bevorder en Afrikaanse maatskappye te stig en te ondersteun - maatskappye waarvan die doel nie net finansiële sukses moes wees nie, maar diens aan die volksgemeenskap.

Teen die laaste kwart van die twintigste eeu het die wedywering tussen die twee wit gemeenskappe skerp afgeneem, hoewel die sosio-ekonomiese profiel van die onderskeie gemeenskappe nog steeds verskil het. Die Afrikaners het die Engelssprekendes nooit ingehaal nie; dié het 'n groot voorsprong gehad deurdat hulle lank voor die Afrikaners tot die stedelike ekonomie toegetree het. Maar hierdie gapings was nie langer 'n strydpunt nie. Die volgende data dui op sommige van die verskille binne-in die wit gemeenskap.

Bl. 626

           ETNIESE VERSKILLE IN DIE WIT GROEP, 1996

                                                       Afrikaners    Wit Engelsspr.

Naskoolse kwalifikasies (%)                21.5                 26.7

Semi-professionele of hoë 

     beroepskategorieë (%)                    46.2                 47.4

Gegradueerde (as % van volwas.)         9.2                 12.2

Maandelikse huishoudelike

     inkomste (in Rand)                       4  8 81              5  892

Bron: L. Schlemmer, persoonlike kommunikasie

Maatskappye soos Sanlam en Volkskas wat in die volksbeweging ontstaan het, was gretig om die etniese karakter van die maatskappy te verbloem sodat dit verbruikers uit ander taal- en rassegroepe kon lok. Die bank Volklskas, later deel van die groter Absa, was in 1997 na bewering die grootse korporatiewe borg van 'n ANC-kongres. In die 1990's het Sanlam meer versekeringspolisse aan nie-wit mense as aan wittes verkoop.

Naspers, voorheen Nasionale Pers, was die enigste maatskappy wat gereeld as borg bydra tot die Afrikaanse kunstefeeste op Oudtshoorn, Potchefstroom en ander dorpe, wat aansienlike kulturele energie opgewek het. Maar selfs Naspers se aandeel in Afrikaans was klein. Inkomste uit Afrikaanse gedrukte media het slegs 11% van die maatskappy se inkomste verteenwoordig.

In 'n toespraak het Ton Vosloo verwys na 'n vorige geslag Afrikaanse sakeleiers."Hulle het die insig gehad om prakties te kyk na die lê van 'n fondament en die uitbou van die raamwerk vir Afrikaanse ekonomiese ontwikkeling en het van 'n beskeie basis ontsaglike bedrywe gelanseer gebaseer op die eenvoudige formule van Willie Hofmeyr: ' 'n taal wat nie kommersiële waarde het nie, sterf'." Maar vir die sakeleiers was daar ander prioriteite.

Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) het voortgegaan om as die koördinerende liggaam van Afrikanersake op te tree, maar het nie die bevordering van Afrikaans as een van sy funksies geskou nie. In 2002 het die eerste bruin president, Franklin Sonn, opgemerk dat die organisasie op reaksionêre tradisies gebou is. Hy het gesê: "Ek is nie 'n Afrikaner nie, ek was nog nooit een en ek wil ook nie een word nie. Ek is 'n Afrikaanse persoon. Ons Afrikaanssprekende mense dra die meeste by tot die nasionale produk en ons is die lojaalste in die betaling van belastings."

'n Organisasie wat daarin geslaag het om die transformasie goed te oorleef, was die voorheen konserwatiewe wit Mynwerkersunie, wat hom self omvorm het en 'n nuwe naam, Solidariteit, aangeneem het. Dit het bystand verleen aan sy meer as 120 000 lede (87% Afrikaners) onder meer met probleme wat hulle ondervind weens regstellende aksie. Anders as die AHI het dit vir Afrikaans op skool en vir arm Afrikaners in die bres getree.

Maar al het die twee wit gemeenskappe nie meer regstreeks met mekaar meegeding nie, het daar wel nog verskille en soms ook 'n mate van wrywing tussen hulle bestaan. Soms was die mense wat die wrywing verwoord het, juis diegene wat direk met die Afrikanernasionalisme gebots het. Een van hulle was Breyten Breytenbach, wat in 1998 weer vir die uitgewer met wie hy sy bande dertig jaar tevore verbreek het, geskryf het. In sy boek Dog Heart skryf hy dat die magsverlies die Afrikaners in staat stel om die selfskending van rassisme te beëindig. Hulle kan nou die feit aanneem dat die meeste Afrikanerfamilies

Bl. 627

van basteroorsprong is. Die tyd is ryp om hul bewussyn te verruim en 'n groter menslikheid te ontwikkel. Maar hy het hulle ook gemaan: "Staan jul man teen die Engelse!" Hy het gevra waarom die ou spanninge tussen die twee wit gemeenskappe nie verdwyn nie: "Is dit vanweë hulle (die Engelssprekendes se) pretensie dat hulle kultureel meerderwaardig is? Die feit dat hulle altyd aan die regte kant is, nooit verantwoordelik vir enige onreg is nie, nooit nodig het om hul eie annames te bevraagteken nie? Is dit omdat hulle op sowel wit as bruin Afrikaners gelyktydig neersien?"

Die waarde van 'n kultuur

In 'n sekere sin het die Afrikaners in 1994 voor dieselfde krisis te staan gekom as 'n eeu tevore toe Alfred Milner sy ideaal van wit eenheid op die grondslag van Engels as die enigste openbare taal en 'n "universele" lewensbeskouing geformuleer het. Kader Asmal, minister van nasionale onderwys, het inderdaad verklaar dat 'n Afrikaanse universiteit onversoenbaar is met 'n getransformeerde stelsel van hoër onderwys.

As akademiese taal he4t Afrikaans agteruitgegaan. Tusen 1960 en 1996 het die aantal Afrikaanse magister- en doktorale verhandelinge in die natuurwetenskappe van 'n derde van die totaal tot 'n tiende gedaal en in lettere en wysbegeerte van twee derdes tot die helfte. Minder as 'n vyfde van die artikels in vaktydskrifte is in Afrikaans. Dit is deel van 'n tendens in veral die Westerse wêreld om in Engels te publiseer, maar die regering se aandrang op Engels as akademiese taal, speel ook 'n rol.

As publikasietaal in fiksie het Afrikaans hom nog gehandhaaf. 'n Opname deur Frances Galloway toon dat van die net meer as 5 000 fiksieboeke, digbundels en dramas wat teen die einde van die 1990's in Suid-Afrika gepublilseer is, 2 800 in Afrikaans is en 974 in Engels.

Milan Kundera het eenkeer gesê: "One cannot judge a nation exclusively by the success of its politics; one must also consider the values that its culture is able to create during the periods of its worst defeat." Daar was diegene wat die standpunt ingeneem het dat die poliltieke ondergang van die Afrikanernasionalisme ook Afrikaans as openbare taal noodlottig sou verswak. Sommige lede van die Afrikaner-elite het die taal versaak. Ongeveer 'n kwart van die Afrikaners - meestal dié in die hoër inkomstekategorieë - het aangedui dat die stryd om Afrikaans as openbare taal te behou, futiel is en dieselfde persentasie het besluit om hul kinders in Engels op te voed.

Aan die ander kant van die spektrum was diegene wat probeer het om nuwe inhoud en krag aan Afrikaans te gee en 'n inklusiewe en veelsydige gemeenskap te help bou. Die Afrikaanse romans, digwerk en kortkuns het 'n groot en selfs ryke verskeidenheid getoon. Die romansier Karel Schoeman, wie se groot roman 'n Ander Land in 1984 verskyn het, en die digters Breyten Breytenbach en Antjie Krog is gereken as die gelykes van die beste in die Dietse en die Engelse letterkunde. Daar was ook die romans van André P. Brink, Marlene van Niekerk, Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden en Dan Sleigh, wat almal in ander tale vertaal is, die werk van die kortverhaalskrywers Abraham H. de Vries en Hennie Aucamp en die dramas van Deon Opperman. Daar was bruin digters soos Julian de Wette en Peter Snyders, wat in die Kaapse idioom die lief en leed van mense in die gemeenskap verwoord.

Bl. 628

In sy hersiene literaargeskiedenis maak John Kannemeyer die belangrike stelling dat 1994 geen keerpunt verteenwoordig nie. "(Daar) was nooit 'n fase dat die Afrikaanse literatuur apartheid gepropageer of geakkommodeer het nie. Die finale afrekening en breuk, waartoe die kritiek van die jare sestig die aanloop was, kom egter met die sterk en verhewigde verset van omstreeks die middel van die sewentigerjare, al styg die beste werke bo die onmiddellike aktualiteit uit en word die verset teen die onregverdige bestel in die land en die nood van die enkele mens tot 'n universeler plan verhef."

'n Besonder kultuuruiting is die Afrikaanse kunstefeeste. Dit het in 1995 begin met die eerste Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn. Die kaartjieverkope hier het gestyg van 30 314 in 1995 tot net onder 200 000 in 2004 vir die hoof- en randfees. Daarteenoor is 130 000 kaartjies in 2004 vir die oorwegend Engelse fees op Grahamstad verkoop. Verskeie ander Afrikaanse feeste het ná 1995 bygekom, waarvan Aardklop by Potchefstroom en die Bloemfonteinse fees die belangrikste is.

By kommentators was daar 'n verskerpte poging om die wisselwerking tussen Afrikaneridentiteit en ander identiteite te ontgin, soos uitgebeeld in Van Zyl Slabbert se Afrikaner Afrikaan, wat in 1999 verskyn het. Mense was Afrikaners en Suid-Afrikaners, Afrikaners en Afrikane, Afrikaners en Afrikaanses. Laasgenoemde is 'n l omp term wat gebruik word om alle Afrikaanssprekendes ongeag kleur aan te dui. Die Groep van 63, 'n Afrikaanse organisasie wat ná 1994 ontstaan het, het 'n soeke na "nuwe mites" aangemoedig as 'n noodsaaklike deel van 'n strewe om die toekoms van Afrikaans as openbare taal te verseker. Die klem moet nie op die eenheid van Afrikaanssprekendes val nie, maar op hul diversiteit.

Vir dié groep was Afrikaans nie slegs 'n gestandaardiseerde wit middelklas-taal nie, maar 'n taal met baie aksente, mites, idiome en klasse van sprekers, Dit het 'n beroep gedoen op diegene wat Afrikaans wou bevorder, om nie net vir Afrikaans te veg nie, maar ook vir alle minderheidstale in Suid-Afrika, soos Zoeloe en Xhosa, wat in die nuwe Suid-Afrika selfs meer gemarginaliseerd was as Afrikaans.

Vooraanstaande intellektuele van buite die wit geledere, soos Jakes Gerwel en Neville Alexander, was bereid om hulle met Afrikaans te vereenselwig indien dit gaan oor taalverskeidenheid en die waarde van moedertaalonderrig. Hulle het alle pogings verwerp om taal en kultuur met etnisiteit of nasionalisme te koppel.

Oor die algemeen het die Afrikaners meer vervreemd as Engelssprekendes gevoel van die nuwe bestel se kulturele waardes. Vier vyfdes was ongelukkig oor die manier waarop hul taal en kultuur behandel is, teenoor een vyfde van die Engelssprekendes. Steun vir die stelling dat mense deel van die nuwe Suid-Afrika moet word en van hul verskille vergeet, was baie swakker onder Afrikaners as onder Engelssprekendes.

Hierdie verskille kry gestalte in die onderskeie kultuurfeeste. By die Afrikaanse "nasionale" feeste op Oudtshoorn, Potchefstroom en elders, is die klem op die ontginning van die eie en die aanbieding van 'n bepaalde kulturele ervaring. By Grahamstad se "nasionale" fees is die klem op die Brits-Amerikaanse "universele" - dit wat spesifiek van die Suid-Afrikaanse Engelssprekendes is, word onderbeklemtoon of selfs verswyg.

Dit sluit goed aan by die kultuur van die nuwe politieke elite in Afrika, die mense wat Ali Mazrui "Afro-Saksers" noem. Hierdie elilte, soos verpersoonlik deur pres. Thabo Mbeki, is amper 'n eie etniese groep. Hulle het hulle self gestroop van etniese

Bl. 629

andersheid of besonderheid. Hulle het die Brits-Amerikaanse kultuur aanvaar, praat 'n Engels deurspek met progressiewe sosiologiese terme en bevorder die belange van die swart middelklas onder die sambreel van bevryding, bemagtiging en transformasie.

By sowel die engelssprekende as die swart elite bestaan 'n sterk geloof in die onafwendbaarheid van 'n geangliseerde mono-kulturele toekoms. Staatsfondse het die voortbestaan van die Grahamstadse fees meer as dié van die Oudtshoorn-fees verseker. Van swart kant was daar egter steeds kritiek dat die fees te wit is en die gehore het inderdaad oorweldigend wit gebly Op Grahamstad is slegs lippediens aan die leuse van "eenheid in verskeidenheid" gebring. Gabriël Botma het ná die Grahamstadse fees van 2004 in Die Burger geskryf dat die fees veronderstel is om 'n nasionale fees te wees, maar in die praktyk word die gebruik van alle inheemse tale steeds minder. Dit laat die gedagte ontstaan dat daar sonder Engels dalk nie nasionale kunsfeeste kan wees nie. Afsonderlike Afrikaanse feeste kan al hoe meer beskou word as nadelig vir nasiebou.

Aan die begin van die 21ste eeu het dit gelyk of die Afrikaners 'n taalgemeenskap is, eerder as 'n goed georganiseerde etniese groep m et mites van oorsprong en bloedverwantskap. Van die wit Afrikaanssprekendes was daar egter nog 40% wat hulle vereenselwig het met wat 'n etniese Afrikaneridentiteit genoem kan word. Die getuienis dui daarop dat hoe meer die Afrikaanssprekendes gevoel het dat hulle onregverdig behandel word, hoe sterkter het hulle hulself as Afrikaners geïdentifiseer. Dit was van so 'n groep dat die mees vasbeslote pogings verwag kan word om die regeringsbeleid oor taal en regstellende aksie, onderwys en politieke uitsluiting teen te staan.

Teen 2004 is daar egter min sprake dat die hoofstroom van die Afrikaanse pers so iets sou steun. Ten dele spruit die houding van die Afrikaanse pers uit sirkulasie-oorwegings. Die wit Afrikaanse koerantlesers het 'n plafon bereik en enige toekomstige groei sal van bruin en swart lesers moes kom. Meer as die helfte van Die Burger se lesers en 'n derde van Rapport se lesers is bruin of swart mense, met 'n ander houding oor taalaksies en regstellende aksie as wit Afrikaanssprekendes. By koerantredakteukrs bestaan die geloof dat Afrikaans sal groei solank dit nie 'n omstrede taal soos in die jare van apartheid is nie. Daar is ook die verdere oorweging dat Naspers as maatskappy meer as driekwart van sy inkomste verkry uit sy elektroniese sake. Die persgroep is kwesbaar vir inmenging deur 'n regerende party wat, indien daar genoeg provokasie is, lisensies kan terugtrek.

Op 23 Junie 2004 het Jacko Maree, 'n voormalige NP-parlementslid, in 'n brief aan Rapport 'n nasionale konvensie bepleit van alle mense, ongeag hul kleur, wat Afrikaans praat. In sy brief kom dié sin voor: "Van ons Afrikaanse koerante huldig die vernietigende standpunt dat alle instellings, ongeag hul aard, dieselfde rassesamestelling moet hê as die demografie van die land. Hierdie benadering sal mettertyd alle Afrikaanse instellings knak..." Die redakteur het die brief geplaas, maar die aangehaalde sin geskrap. In die volgende uitgawe was daar 'n brief van 'n leser wat Maree se definisie van 'n Afrikaner verwerp.. Volgens die leser kan net wit mense Afrikaners wees.

Daar is ook die onuitgesproke vrees vir ' n Afrikaneropstand op dieselfde patroon as die Ierse Republikeinse Leër in Noord-Ierland en die Baske in Spanje. Tot dusver het die eerste pogings tot gewapende opstand van Afrikaners gekom. Die idee van 'n opstand klink vreemd as in gedagte gehou word dat mense wat hulle self as Afrikaners beskou, nie meer as 6% van die bevolking uitmaak nie en in geen deel van die land 'n meerderheid

Bl. 630

is nie en ook dat gewapende verset geen kans op sukses het nie. Tog het Ted Gurr, skrywer van die baanbrekerswerk Why men rebel, tot die gevolgtrekking gekom dat die beste manier om opstand te vermy, is "by some conbination of the politics of community autonomy and power-sharing". Soe iets is in Suid-Afrika opvallend afwesig. Vir die Afrikaners is die uitdaging om kreatiewe maniere van demokratiese protes te ontwikkel, om sowel die grondwet te aanvaar as op die grebreke daarvan te wys.

"Mense met wie geskiedenis gebeur het"

Die Britse historikus Arnold Toynbee onthou hoe hy as jong seuntjie in 1897 met Victoria se "Diamond Jubilee" gedink het: "We are on top of the world and we have arrived at this peak to stay there - forever. There is of course a thing called history, but history is something  unpleasant that happens to other people." Hy voeg egter iets by. Was hy 'n jong seun in die Amerikaanse Suide, sou hy besef het dat dinge ook heeltemal anders kan wees. "I should have known from my parents that history happened to my people in my part of the world."

C. Vann Woodward, die groot historikus van die Amerikaanse Suide, het in 1953 dieselfde onderskeid getref tussen die geskiedenis van die Suide en dié van die res van Amerika. In laasgenoemde was daar 'n mite van 'n demokrasie gekenmerk deur skynbaar onstuitbare Amerikaanse vooruitgang, materiële sukses en militêre oorwinnings, van onskuld en deursaamheid en van die onmoontlikheid van nederlae en vernediging. Die Suide daarteenoor ken 'n geskiedenis van slawebesit, segregasie en armoede, van 'n verpletterende nederlaag en verguising deur hul landgenote.

In 'n groot mate is dit ook die verskil tussen die Engelssprekendes in Suid-Afrika, met hul geskiedenis van ekonomiese sukses en hul vereenselwiging met die grootsheid van die Britse Ryk en die Engelse kultuur en met die individualistiese liberalisme en die Afrikaners. Die Afrikaners het slawerny, verwoestende grensoorloë, 'n epiese trek, 'n verpletterende militêre nederlaag, mensonterende armoede, apartheid, die korrupsie van mag en verguising oor magsmisbruik geken. Hul geskiedenis is deurspek met die tragiese en die ironiese. Geskiedenis het met die Afrikaners gebeur.

In die eerste eeu van die Kaapse nedersetting het min op die dramas en traumas van die toekoms gedui, maar die geboortemerk sou bly. Ten eerste was die Kaapse koloniste onder al die Europese koloniste van die heel eerste wat hul rug finaal vir hul land van herkoms in Europa gedraai en hul nuwe vaderland aanvaar het. Hulle het geweier om blote onderdane van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie te wees en  ná 1795 tweedeklas-Britte. Hulle het aan hulle self en die taal wat hulle gepraat het, 'n naam gegee wat van die vasteland Afrika afgelei is.

Ten tweede was hulle baie vroeg al demokrate. Daar was onder die burgers 'n merkwaardig vroeë verbintenis tot onderlinge politieke en maatskaplike gelykheid. Die Republiek Natalia wat die Voortrekkers in 1838 gestig het, was saam met sekere Amerikaanse state en Switserse kantons die eerste in die wêreld wat algemene stemreg aan wit mans gegee het. Soos Olive Schreiner geskryf het, was die Boerevroue feministe lank voordat dit in Europa mode geword het. In 1841 het Susanna Smit en haar afvaardiging van vroue aan Henry Cloete gesê die mans het beloof om aan hulle seggenskap te gee

Bl. 631

"in alle sake wat die land raak", omdat die vroue in gevegte "skouer aan skouer met die mans gestaan het".

Die paradoks is dat mense wat so sterk tot onderlinge politieke gelykheid verbind was, so sterk gekant was teen alle gelykstelling tussen wit en swart. Dit spruit uit die geskiedenis van die Kaap as 'n slawegemeenskap en die weerstand van die burgers teen "slawewerk". Die trekboere het instellings en houdings wat in die Wes-Kaapse slawegemeenskap ontwikkel het, saam met hulle die binneland ingeneem. Hulle het bruin en swart kinders gevang en "ingeboek", selde kontantlone betaal en self hul werkers gestraf - en dit alles met dieselfde ideologie van paternalisme geregverdig.

Dat hulle Calviniste was, was ook belangrik. Katoleieke samelewings was hiërargies en waardes soos gelykheid, broederskap en geregtigheid het nie sterk op die voorgrond getree nie. Katolieke elites het slawerny en wit bevoorregting op grond van klas of kultuur geregverdig; hulle het nie rassisme as regverdiging nodig gehad nie. By die Afrikaners as Calviniste het die waardes van gelykheid, broederskap en geregtigheid swaar geweeg.Ras en kleur was al wat beskikbaar was om mense se uitsluiting op grond van hul afkoms te regverdig. Hoe sterker die egalitariese ingesteldheid onder die blankes, hoe groter die rassisme. Die Afrikaners was nie rassiste omdat hulle nie sterk genoeg demokraties was nie; hulle was rassiste juis omdat hulle so vroeg demokrate geword het en so volledig demokrate was in 'n tyd toe die Westerse wêreld nog slawerny aanvaar het.

Die Kaapse Patriotte van die 1770's en 1780's, wat die eerste samehangende idees oor koloniale vryheid en burgerlike verteenwoordiging geformuleer het, het geleef in dieselfde tyd en in dieselfde slawesamelewing as Thomas Jefferson en die ander slawebesitters van Virginia. toe laasgenoemde in 1776 in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring die stelling maak dat "all men are created equal", het hulle die slawe, 'n vyfde van die bevolking, uitgesluit - slawe was nie "mense" nie.

Vir hulle, soos vir die Afrikaners, was daar geen paradoks tussen swart slawerny en die vryheid van die burgers nie. In die Amerikaanse Suide en in Suid-Afrika is swart mense op verskillende maniere hul vryheid ontneem omdat dit beskou is as die enigste manier om  hulle te beheer. Maghebbers het aan wit mense, ook arm wit mense, regte en gou ook die stemreg toegeken omdat dit as die beste manier beskou is om ordelike wit heerskappy te vestig. Dit het geen morele goedkeuring van slawerny en ander vorme van onvrye arbeid behels nie. Jefferson het slawerny en die slawehandel as "pernicious" afgekeur al het hy self honderde slawe besit; aan die Kaap het W.S. van Ryneveld, self 'n slawebesitter, in 1797 geskryf dat slawerny 'n harde stelsel is, maar dat die afskaffing daarvan die kolonie ekonomies en maatskaplik sal ruïneer. Amper twee eeue later was daar mense wat apartheid in amper dieselfde terme vededig het.

Dit was hierdie kontras - tussen wit mense wat vry en gelyk is en swart mense wat ongelyk en onvry is - wat in die Kaapkolonie so sterk onder druk gekom het van die Britse Ryk met sy klem op die regsorde en die regte van die individu. Met 'n geloof in hul eie meerdere deug en onskuld, het skrywers soos John Barrow en John Philip die Afrikaners veroordeel oor die groot onreg wat hulle teen die inboorlinge gepleeg het deur hul grond te vat, hul kinders as arbeiders in te boek, hulle uit die kerk uit te sluit en hul menswaardigheid te ontken.

Die Afrikaners was nie net koloniseerders nie; hulle is ook deur die Britte

Bl. 632

gekoloniseer. Hul taal en kultuur is geminag en hul geskiedenis versmaai. Toe baie in die laaste kwart van die 19de eeu begin verarm, was daar Engelse kommentators wat die Afrikaners se genetiese afkoms die skuld gegee het. In die Anglo-Boere-oorlog was die Boere van die heel eerste burgerlike bevolkings in die wêreld wat aan die lyding, leed en vernedering van konsentrasiekampe blootgestel is, iets wat net kan gebeur wanneer die een party die ander genoegsaam minag. Die kampe was 'n traumatiese ervaring wat blywende letsels gelaat het. In haar kampdagboek skryf Miem Fischer om te vergewe is "nie alleen onmoontlik nie, maar ook onwenslik".

Die ekonomiese ramp wat hierdie oorlog vir die Boere was, die armblankevraagstuk en die feit dat die Engelssprekendes as groep en Engels as taal die dorpe en stede so sterk oorheers het, het by Afrikaners 'n diep gevoel van minderwaardigheid gekweek. Gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu het die Afrikaners 'n kort tydjie geglo dat hulle met apartheid die sleutel vir die land se probleme het. Toe dit in duie stort en die lyding en smart van die onderdruktes behoorlik geopenbaar word, was daar 'n subteks in die openbare debat wat die skuld en medepligtigheid van die Afrikaners in skerp kontras gestel het met die res van die bevolking se deug en onskuld.

Die Afrikaners se geskiedenis word oorheers deur 'n sekere dialektiek. Daar is aan die een kant 'n fatalistiese afwagting van 'n gewisse kollektiewe nederlaag en finale ondergang, maar aan die ander kant is daar ook 'n misterieuse lewenskragtigheid. Die Afrikaners was dikwels in hul verlede swak en amper geknak; hulle het nederlae en onmoontlike uitdagings geken. Die eerste blanke van wie dit geboekstaaf is dat hy hom self 'n Afrikaner genoem het, is in 1707 verban en het waarskynlik 'n eensame banneling aan die weskus van Australië gesterf.

'n Gevoel van u iterste hopeloosheid en verslaenheid kenmerk die Afrikaners in sekere fases van die Groot Trek en die Anglo-Boere-oorlog, in die naweë van die Rebellie van 1914-1915 en die groot staking van 1922 en in die jare ná die Depressie wat in 1929 begin het. Tussen 1900 en 1940 het arm Afrikaners sonder veel beskerming voor so 'n gedugte uitdaging om as openbare taal te oorleef dat talle mense heimlik handdoek ingegooi het. 'n Studie deur Servaas van der Berg het bevind dat 7% van die bruin mense, veral gegoede mense, tussen 1991 en 1996 verengels het.

Die apartheidsbeleid het 'n tyd lank veral vir wit mense groter ekonomiese en maatskaplike sekerheid gebring, maar dit het die politieke noodlot uitgetart. Toe die stormram van apartheid in 1957 op volle sterkte was, dig Dirk Opperman in "Springbokke": "Ons is geroep om 'n groot afspraak met die dood te maak." Toe apartheid val, skryf Deon Opperman 'n drama wat die Afrikaners se geskiedenis deur ses geslagte uitbeeld, van die 1830's tot die 1990's, toe 'n nuwe regering die familieplaas opeis. In die laaste toneel sê die Verteller: "Die wiele van Afrika draai stadig... eendag sal daar net 'n verbrokkelde stapeltjie klippe oorbly, getuienis van 'n klein strepie mensdom, verlore in die gras van Donkerland." Antjie Krog vra in haar Country of my Skull, 'n kroniek van die Waarheids- en versoeningskommissie: "What shall I do with this load of decrowned skeletons, origins, shame and ash?"

Skuldgevoelens het by baie die ou minderwaardigheidsgevoel laat terugkeer. Sommige sakeleiers het skaam geword om hulle self Afrikaners te n oem of Afrikaans in hul

Bl. 633

ondernemings te gebruik. Die bestuurder van 'n suksesvolle Afrikaanstalige kanaal by die betaaltelevisie wil nie hê dat dit as 'n Afrikaanse kanaal bekend staan nie, maar wel as 'n "lewenstylkanaal". 'n Kwart van die Afrikaners aanvaar Engels as die enigste amptelike taal van die toekoms en wil hul kinders in Engels opvoed.

Die lewenskrag van die Afrikaners in hul geskiedenis ontspring uit 'n liefde vir die land - "die wye en droewe land", in Van Wyk Louw se onvergeetlike woorde - en die wete dat Afrikaners nooit elders tuis kan wees nie. Dit stam uit die vroeë bevryding van afhanklikheid van Europa en 'n weiering om blote koloniste en tweedeklas-Britte te wees. As boere was hulle verknog aan hul grond ten spyte van 'n nimmereindigende stryd teen droogte en ander natuurkragte. Hulle het hulle láát in die stede gevestig, waar die Engelssprekendes die ekonomie gemonopoliseer het. Hulle het nietemin daarin geslaag om 'n plek vir hulle self oop te veg, selfs al was dit met groot probleme. Teen die einde van die eeu het Afrikaners 'n derde van alle genoteerde maatskappy op die Johannesburgse aandelemark beheer.

Toe Afrikaners in die eerste jare ná die Unie met Engels as die enkele medium van onderrig in skole en al die universiteite gekonfronteer word, het hulle dit nie aanvaar nie. Hulle het Afrikaans omskep in 'n openbare taal wat op alle terreine van die lewe gebruik word - een van vier tale in die wêreld wat dit in die 20ste eeu reggekry het. Hulle het 'n nasionale geskiedenis, lilteratuur en pers geskep. Vandag bied Afrikaans in sy lliteratuur - veral wat betrek fiksie en biografieë - merkwaardig baie vir 'n relatief klein taalgemeenskap, maar die uitdaging bly steeds groot. Van Wyk Louw het gewaarsku dat die taal eweseer bedreig word deur 'n gebrek aan dit wat "die honger van die verstand versadig" as deur politieke gevare.

Apartheid is 'n vlek op hul naam en 'n versteekte vloek vir hul toekoms. Dit het die land tot op die randjie van 'n burgeroorlog gebring. Op die ou end het die Afrikaners die mag prysgegee voordat hulle met die rug teen die muur gestaan het en sonder om verneder te word. Dit was deels omdat 'n versiende leier soos Nelson Mandela groothartig in die ANC se oorwinning was, maar ook omdat die wens wat Piet Cillié, redakteur van Die Burger, in die vroeë sestigerjare  uitgespreek het, waar geword het: Hulle het die mag prysgegee vir 'n beginsel wat die moeite werd is, 'n nie-rassige demokrasie.

Ná 1994 word apartheid steeds die skuld gegee vir feitlik alles wat in die land verkeerd is. Niks kan ooit die psigologiese skade vergoed wat die beleid mense aangedoen het nie, maar volgens onpersoonlike ontwikkelingskriteria was die groei onder die NP-bewind indrukwekkend. Van 1970 het apartheid en sanksies 'n hoë tol van die ekonomie begin eis, maar die ekonomie het nietemin vier en 'n  halwe keer gegroei. Dit het gepaard gegaan met die omvattende ontwikkeling van 'n gesofistikeerde infrastruktuur en 'n bestendige toename in die lewensverwagting van alle bevolkingsgroepe. Van die vroeë sewentigerjare af tot 1994 was daar 'n indrukwekkende oordrag van inkomste van die wit gemeenskap na die ander gemeenskappe.

As die politieke heersersklas van apartheid het die Afrikaners ná 1994 dit nog steeds moeilik gevind om te aanvaar dat ook die beginsel van apartheid, net soos die praktyk, verkeerd was. Hulle moes egter baie van hul ander gekoesterde opvattings hersien of laat vaar. Hulle het geglo dat hul verteenwoordigers in onderhandelings baie hard sou veg om 'n goeie skikking te kry. Hulle was verkeerd. Hulle was daarvan oortuig dat net

Bl. 634

hulle die land kon regeer en die swart etniese groepe daarvan weerhou om mekaar uit te moor. Hulle was verkeerd. Die land is stabiel (veral omdat die wit mense alle gedagtes van opstand laat vaar het) en die nuwe regering se fiskale en monetêre beleid dwing respek af.

Die Afrikaners in die nuwe, inklusiewe demokrasie sing nie meer, soos die Afrikaanse jeug van die 1950's, van die magtige dreuning van 'n volk wat ontwaak nie. Die volk het ontwaak en die meeste van sy redelike doelstellilngs verwesenlik. Die Afrikaners is nou oorwegend 'n wetsgehoorsame, godsdienstige en pragmatiese gemeenskap wat saam met al die ander mense in die land vryheid van spraak en ander individuele regte geniet. Hulle praat nie langer van hulle self as aparte volk met 'n spesiale roeping en lotsbestemming nie. Hulle is Afrikaners en Suid-Afrikaners met die plig om nie net na eiebelang of groepsbelange om te sien nie, maar om te help om die uitdagings in die samelewing die hoof te bied.

Die groot meerderheid is nie aangetrokke tot die nuwe regering se credo van een geskiedenis, een amptelike taal en een "patriotiese" party nie. Hulle is sonder sterk leiers en organisasies, maar hulle is besig om h ul eie besondere gemeenskapsidentiteit te herontdek en te herbeskryf. Dit is 'n identiteit wat gesmee is in hul komplekse en onstuimige geskiedenis, in hul liefde vir die taal wat hulle praat en hul toewyding aan die pragtige maar harde land waarin hulle woon. Hul uitdaging is om hul geskiedenis reguit in die oë te kyk, om hul liefde vir hul taal en hul land te koester en te vernuwe, en om hul kulturele erfenis aan 'n volgende geslag oor te dra. As hulle h ierdie utidaging aanvaar, sal hulle deel word van 'n nuwe, demokratiese Suid-Afrika op hul eie, besondere manier.

Bl. 635

--- --- ---

Hermann Giliomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8