Hoofstuk 10

Die soeke na 'n moderne Afrikaneridentiteit

Ou stryde en nuwe twiste

"Noudat ons nie meer teen die Kaffers en die Engelse hoef te veg nie, sal ons sekerlik onder mekaar begin stry." Dit was hoe Genl. Koos de la Rey, bittereinder-leier, die politiek net ná Uniewording in 1910 gesien het. Baie jare later het Piet Cilliém die invloedrykste Afrikaanse koerantredakteur van die twintigste eeu, op meer oorwoë wyse die Afrukaners se politieke alternatiewe geskets: "Dit was die verskil tussen die Afrikaner se inwaartse en sy uitwaartse gerigtheid; tussen konsentrasie op die self, op volkwees, op Afrikanerverwesenliking, en die strewe na nouer skakeling, na hegter samewerking en ten minste politieke eenwoording met nie-Afrikaners; suiwerheid teenoor assosiasie en smelting; eksklusiewe Afrikanereenheid teenoor 'n meer omvattende blanke eenheid - selfs 'n breë nie-swart eenheid wat mettertyd die bruinmense sou insluit."

Gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu was daar in die wit gemeenskap 'n felle wedywering oor mag, status en ekkonomiese geleenthede. Die partypolitiek het die verdeling langs taal- en kultuurlyne weerspieël. Die party van die sentrum, die Suid-Afrikaanse Party (SAP), is gelei deur genl. Louis botha met genl. Jan Smuts as sy vertroueling. Dit was hoofsaaklik 'n party van Afrikaners, maar daar was ook 'n betekenisvolle Engeslsprekende teenwoordigheid. Botha en Smuts was daarvan oortuig dat blankes se belange die beste gedien word deur ' n noue verbintenis met die Britse Reyk (later die Statebond) en die samesmelting van die twee wit gemeenskappe.

Aan die een flank is die SAP uitgedaag deur die Empire-gesinde Unionistiese Party wat enige verswakking van die bande met die Britse Ryk aangeval het en daarteen gekant was dat Engelssprekende staatsamptenare onder enige verpligting moes om met die publiek in Afrikaans te praat. Aan die SAP se ander flank was die Nasionale Party wat in 1914 deur genl. James Barry Munnik Hertzog gestig is. Dit was 'n tipiese nasionalistiese party wat die hele volksgemeenskap probeer saambind het. Die party het daarop aangedring dat Suid-Afrikaanse belange voorrang bo dié van Brittanje geniet. Verder het dit betoog dat 'n gesonde sin van blanke nasieskap die beste gebou kon word op die volle erkenning van die Afrikaanse en die Engelse kultuur in eie skole en eie gemeenskapslewe.

Bl. 306

Die party wou die ekonomiese en maatskaplike agterstand van die Afrikaners oorkom deur vir die Afrikaners hul eie instellings te skep waarin hulle tot hul reg sou kom. Die gelyke erkenning van Hollands (en later Afrikaans) sam met Engels as amptelike taal het een van die grootste strydvrae in die blanke politiek geword. Afrikanernasionaliste het die respek wat teenoor Afrikaans as amptelike taal betoon is, die maatstaf gemaak van die respek waarmee hulle as mense behandel is. Die NP het sy volgelinge aangemoedig om vir hul regte op te kom. Hertzog het op 'n keer gesê dat die Afrikaners "'n taalstryd veg om op te hou om hul self as agterryers te beskou". Afrikaans het gou die simbool van die Afrikanernasionalis se "nasionaliteit" geword. (Dié woord is in die eerste helfte van die eeu vir identiteit gebruik.)

Die simboliese klem op Afrikaans en die poging om 'n eie nasionale kultuur op te bou, was 'n reaksie op die moderne, verstedelikte sameweling. Hulle het hul plek ingeneem langs die ouer vorme van identiteit soos die sterk onderskrywing van die Gereformeerde geloof, die aandrang op rasse-eksklusiwiteit en die verwerping van rassegelykstelling. Ander identiteite, veral dié van boer of "Boer", wat in die ou republieke belangrik was, het in die stedelike omgewing verdwyn.

Gedurende die eerste drie dekades van die Unie is die term Afrikaner nog in meer as een sin van die woord gebruik. Daar was die eksklusiewe definisie wat net 'n blanke Afrikaanssprekende wat die Gereformeerde geloof aanhang, as 'n Afrikaner beskou het. Hierteenoor was daar ook die inklusiewe definisie waarvolgens 'n Afrikaner enigiemand was wie se hoogste lojaliteit aan Suid-Afrika is en wat aan Hollands (en later Afrikaans) sy regmatige plek in die land gun. Op sekere tye - en veral in verkiesingsveldtogte gedurende die eerste twee dekades van die Unie - was sekere Kaapse NP-politici heeltemal bereid om ook kleurlinge Afrikaners te noemm

Unie: die "Groot Avontuur"

Met Uniewording in 1910 het 'n gesentraliseerde staat tot stand gekom met Kaapstad as die wetgewende hoofstad en Pretoria as die uitvoerende hoofstad. Vir die meeste blankes was die Unie 'n tasbare simbool van Suid-Afrika se vooruitgang as vinnig ontwikkelende land. Die naam Suid-Afrika was nie langer die naam van 'n gebied nie, maar van 'n staat met 'n moderne ekonomie en 'n snel o ntwikkelende kommunikasiestelsel. Dié staat kon saam met Australië en Kanada ten volle sy plek inneem in die Statebond as ' n selfregerende dominiuim.

Teen 1910 het die land 'n bevolling gehad van 6 miljoen mense van wie 3 956 000 swart was, 1 278 000 wit, 517 000 kleurlinge en 148 Asiërs. Die groot golf van immigrasie uit Europa wat in die laaste kwart van die negentiende eeu oor Suid-Afrika gespoel het, het teen 1904 opgehou. 'n Groot aantal Engelssprekendes het die land verlaat, hoofsaaklilk uit vrees vir politieke heerskappy deur die Afrikaners. Engelssprekendes het die minderheid in die blanke kieserskorps gebly van weë die lae immigrasiekoers en hul relatief lae geboortesyfers.

Vir Jan Smuts, minister van justisie in die nuwe SAP-regering, was die totstandkoming van die Unie die antwoord op sy wroeging in die finale jaar van die Anglo-Boereoorlog. Toe het hy gevra: "Cannot the blood-stained races reason together and cannot their leaders

Bl. 307

in a spirit of mutual forgiveness try to write the word reconciliation over all our feuds and differences?" Lord Buxton, goewerneur-generaal, het die Unie beskryf as die "Groot Avontuur", gebore in 'n tyd van groot emosie. Hy het die politieke k limaat ná Unie so uitgebeeld: "(A) wave of racial optimism passed over the country. The slate had been wiped clean and the new Constitution, written, clear and broad and based on absolute equality, was to obliterate the dread past with its misunderstandings, and its bitter memories, and to bring about a spirit of partnership and goodwill."

Die verpersoonliking van die hele beweging vir versoening was Louis Botha, die Transvaalse leier. Voor die eerste verkiesing het die Britse regering hom gevra om die eerste Unie-kabinet saam te stel. Hy was 'n sterk geboude man met 'n gesig wat lyk asof dit reguit uit 'n skildery van Frans Hals of Hans Holbein kom. Hy was 'n suksesvolle boer en het soos Koos de la Rey en Christiaan de Wet groot o nderskeiding as 'n militêre leier verwerf. By die Vrystaatse leiers was daar egter 'n sluimende twyfel oor sy vermeende bereidwilligheid om na Britse pype te dans.

Vir Jan Smuts, sy grootste bondgenoot in die regering, was Botha 'n "kolossale" figuur, 'n man met groot persoonlike magnetisme wat hom 'n houvas op mense gegee het wat groter was as enige ander vorm van mag. 'n Dekade ná Botha se dood, het Smuts geskryf dat Botha "moontlik te groot vir ons brawe volkie" was. Smuts was, anders as Botha, geneig om 'n afstand tussen hom en ander mense te hou. Hy het Botha steeds ondersteun en aangevul en talle kere uit moeilike situasies gered. Opponente het hom beskou as slim, slu en geslepe, terwyl hulle Botha beskou ht as eerlik en reguit, maar polities naïef.

Die keuse van Botha as eerste minister was gwild onder die Engelssprekendes. Saam met Smuts het hy moeite gedoen om in die 1907-verkiesing in die Transvaalse kolonie Engelse steun te werf. Om die eerste verkiesing volglens die nuwe Unie-grondwet te vor, het Botha 'n losse koalisie gevorm wat hoofsaaklik bestaan het uit die SAP in die Kaap, Het Volk in Transvaal en die Orangia-Unie in die Vrystaat, almal partye wat rondom die Afrikaners gebou was, maar Engelssprekendes verwelkom het. Dié bondgenootskap onder botha se leiding het 66 setels verower teenoor die 36 setels vir die Unionistiese Party onder Leander Staar Jameson. Op 'n kongres in 1911 is die koalisiepartye omvorm tot die Suid-Afrikaanse Party met Botha as leier. By die stigtingskongres was meer as 'n kwart van die afgevaardiges Engelssprekendes.

Botha en Smuts het goeie redes gehad om uit te reik na die Engelssprekendes. In 'n wêreld waar groot moondhede met mekaar gewedywer het, het Brittanje die beste veiligheidsambreel verskaf. Brittanje was ook verreweg Suid-Afrika se vernaamste handelsvennoot en Britse kapitaal was verantwoordelik vir twee vyfdes van die netto investering in die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende die eerste twee dekades van die Unie. Ekonomiese groe en ontwikkeling was slegs moontlilk indien die regering die vertroue van die Engelssprekende sakegemeenskap kon behou. Smuts het aan Steyn geskryf dat die Afrikaners die Engelse nodig het ten einde te kan regeer.

Die regeringsparty kon sy eenheid slegs behou deur inspirerende leierskap met 'n duidelike visie van blanke eenheid en 'n sterk verbintenis tot versoening tussen die twee wit gemeenskappe. "Vergewe en vergeet" was die houding wat al die vernaamste Boereleiers oor die oorlog aangeneem het. Smuts het verder gegaan deur te sê wat hom betref, is "die kwessie van ras" dood. By 'n ander geleentheid het hy verklaar: "The great task

Bl. 308

was toe build up 'n South African nation ... In a South African nation alone was a solution ... Two such people as the Boers and the English must either unite or they must exterminate each other."

Botha het dieselfde boodskap verkondig. In 1912 het hy in Johannesburg verklaar dat dié stad sy idee van die bymekaarbring van mense met verskillende agtergronde treffend uitleef. "Hier lewe alle nasionaliteite op vriendskaplike voet saam. Hier is nie 'n uitgesoekte klompie van een enkele deel van die bevolking nie." Onder sekere Afrikaners het so 'n stelling ontsteltenis veroorsaak. Die wonde van die oorlog was nog rou en Johannesburg was die stad waar die kloof tussen die welvarende Engelse gemeenskap en die arm Afrikanerwerkers die grootste was. Vir genl. J.B.M. Hertzog, Vrystaatse leier en lid van Botha se kabinet, was Botha se herhaalde pleidooie vir vereniging en versoening 'n doring in die vlees.

Die "rasse"-gevoelens het nie ná die oorlog bedaar nie. Die Brittse se propaganda teen die Boere is ná die oorlog in nuwe vorme voortgesit. Een daarvan was die Britse jeugliteratuur wat na Suid-Afrika uitgevoer is. G.A. Henty, een van die gewildste skrywers van jeugboeke, het in sy Good Change die toestand van die Britse bevolking in Transvaal voor die oorlog met die volgende woorde beskryf: "Never before had a large body of intelligent men been kept in a state of abject subjugation by an inferior race - a race almost without the elements of civilization, ignorant and brutal, beyond any existing white community."

Daar was in die openbare debatte 'n sterk jingolilstiese toon, veral in die koerante The Star, The Pretoria News, The Cape Times en The Cape Argus. Hierdie koerante het die Unionistiese Party probeer help deur 'n wig tussen die Engelse en die Afrikaanse ondersteuners van die SAP te probeer indryf. sommige joernaliste het hulle daarin verlustig om die afrikaners uit te lok. The Star het selfs die konsentrasiekampe verdedig. Dit het 'n lesing deur ds. H.O. Schoon oor die lyding van die vroue en kinders in die oorlog as 'n "disgraceful performance" bestempel: "If a history of humanity in warfare were to be written, the way the British took care of the women and children of the enemy would deserve a marked place of honour."

Tyd was nodig om die kloof tussen die twee wit gemeenskappe te oorbrug. Dit was nie net die oorlog wat hulle verdeel het nie, maar ook die Afrikaners se groot ekonomiese, maatskaplike en kulturele agterstand. In 1917 het Daniël Francois (D.F.) Malan, Kaapse NP-leier, verklaar dat Afrikaners oral soos minderwaardiges behandel word - in die staatsdiens, die skool, op elke k ennisgewingbord en in die hele toon van die openbare lewe. Die gevolg is dat die Afrikaners hulle self ook as minderwaardig beskou.

Die nasionaliste wou hierdie minderwaardigheid oorkom deur stelselmatig taalgelykheid te verkry en Hollands en Afrikaans die simbool van die Afrikaners se bemagtiging te maak. Dit het beteken dat Afrikaans gebruik moes word as voertaal op skool en as medium in die staatsdiens, skole, kolleges, universiteite en selfs in die sakewêreld. Koerante, romans en gedigte oes in Afrikaans geskryf word. Dit moes uitdrukking gee aan wat waarlik Suid-Afrikaans is. Die Afrikaners moes nie toelaat dat Engelssprekendes hulle definieer nie, maar moes hulle self definieer en aan die wêreld bekend stel as die ware Suid-Afrikaners, mense met hul eie kultuur, lewenswyse en wêreldbeskouing.

Hierdie taak was veel moeiliker as wat aanvanklik besef is. Hertzog het self gesê dat

Bl. 309

die Afrikaners "Engelse gebruike en die Engelse kultuur en ideale" oorgeneem het. Selfs die naam Afrikaner is met 'n verwarrende veelvoud van betekenisse gebruik. In 1905 het Meiring Beck, 'n Kaapse Afrikaner (hy het hom self ook 'n Boer genoem) wat later 'n minister sou word, 'n pleidooi gelewer vir "Afrikanderisme", wat alle mense sou betrek, of hulle nou van Engelse, Hollandse of enige ander afkoms was. Oor die swart mense het hy gesê: "Let us never forget that they are Africanders; that they are the oldest Africanders in the land and that we have great duties towards them."

Genl. Hertzog en dr Malan het albei die term Afrikaner op twee verskillende maniere gebruik. Soms het dit verwys na 'n blanke wie se hoogste lojaliteit aan Suid-Afrika is, maar ander kere het dit net geslaan op blankes wat Hollands of Afrikaans as eerste taal praat. Op 'n taalfees in 1911 het Hertzog albei definisies in een sin gebruik. Hy het gesê dat Hollandssprekendes nie die enigste Afrikaners is nie en dat daar ook Afrikaners is wie se moedertaal Engels is. Nietemin is die Hollandssprekende Afrikaners as "die baanbrekers van die Suid-Afrikaanse beskawing" die "eerste in gelid" onder die Afrikaners.

Die polarisasie van die politiek

Ná 1910 het Afrikanerkiesers die politiek oorheers in die regering en Parlement, maar buiten die landbou het wit Engelssprekendes die ekonomie oorheers. Hulle het feitlik elke maatskappy besit en bestuur. Hulle het verder die beroepe en die boonste range van die staatsdiens oorheers. Die meeste Afrikaners in die stedelike ekonomie was ongeskoold of halfgeskoold. Heel onder op die leer was die verarmde bruin en swart werkers, wie se bestaanstryd selfs nog feller was.

Sonder veel nadenke het die argitekte van die Unie die nuwe staat op die lees van Brittanje geskoei, wat reeds 'n ontwikkelde land met 'n groot homogene samelewing was. Die Westminster-stelsel was as regeringsvorm baie gewild in die Britse kolonies, al is dit ingevoer in samelewings met rasse- of etniese verdelings. Die belangrikste eienskap is dat dit mag in die sentrum konsentreer en die parlement, eerder as die grondwet, soewerein maak. Dit gee die meerderheid in die parlement die reg om feitlik al die belangrikste reëls van die stelsel te verander. Dit moedig 'n "wenner-vat-alles"-houding aan, wat in heterogene samelewings etniese of rasse-wrywing vererger. Feitlik sonder uitsondering word die politiek weldra oorheers deur 'n party wat die meerderheid in die grootste etniese groep het.

Dit was eers nadat die grondwet aangeneem is, dat 'n leier soos John X. Merriman twyfel oor die stelsel uitgespreek het. In 'n brief aan oudpres. Steyn van die OVS het hy dit betreur dat hulle nie groter druk uitgeoefen het vir die Switserse stelsel eerder as die "steretiepe" stelsel wat wel aangeneem is nie. Dit Switserse stelsel is gegrond op die proporsionele stemreg en moedig die bou van koalisies en die soeke na konsensus aan. Soedoende word die beskerming van minderhede in die hand gewerk.

Die verhouding tussen Suid-Afrika en Brittanje, "moederland" van die Britse Ryk, het gou wrywing veroorsaak. Die Afrikanernasionaliste wou die land se verpligtinge teenoor Brittanje tot die minimum beperk, terwyl die Engelssprekendes gretig was om die bande so heg as moontlik te maak. Hulle was min bekommerd oor hul politieke onderhorigheid binne Suid-Afrika so lank as wat die land in 'n ondergeskikte posisie teenoor Brittanje

Bl. 310

gestaan het. Die mees tasbare aanduiding daarvan was dat Suid-Afrika nie die reg gehad het om neutraal te bly in 'n oorlog waarin Brittanje gewikkel raak nie.

Die Botha-regering het van die staanspoor 'n aansienlike begrotingstekort gehad, maar het nietemin aan die imperiale regering se versoek voldoen dat Suid-Afrika sy eie vloot bou. Hierdi besluit het Hertzog genoop om die gewraakte stelling te maak: "Imperialilsme is alleen goed so lank dit Suid-Afrika van nut kan wees." Hertzog het ook gevra wat die nut van selfregering is indien 'n land nie self kan besluit of dit oorlog wil verklaar nie. Botha is dikwels gekritiseer oor sy gebrek aan beginsels, maar oor een beginsel was hy onwrikbaar: Daar is nie so 'n ding soos opsionele neutraliteit vir Suid-Afrika se Brittanje oorlog verklaar nie.

Die SAP was 'n party wat die ondersteuning van wit mense oor die hele spektrum probeer verkry het. In Botha se eerste kabinet was daar Hertzog, wat nie sy nasionalistiese gevoelens weggesteek het nie, en 'n stoere imperialis, kolonel G. Leuchars, wat gesê het: :"I am an Englishman and an Imperialist. I am just as much an Englisman as Gen. Botha is a Dutchman." Botha het geglo dat fundamentele verskille geen rede is waarom mense nie in sy party kan saamwerk nie.

Wit i mmigrasie was van die begin af 'n netelige kwessie wat die party se samehorigheid kwaai getoets het. Niemand het presies geweet wat die getalleverhouding tussen Afrikaners en Engelse kiesers is nie, maar daar is algemeen geglo dat dit na aan gelyk is. Grootskaalse immigrasie ou ongetwyfeld die skaal ten gunste van die Engelse seksie laat swaai. 'n Drukgroep ten gunste van immigrasie het geglo dat Europese immigrasie sowel die ekonomie as wit heerskappy sou bevorder, maar die Afrikanernasionaliste het beweer dat immigrante werksgeleenthede van die armblankes sou afneem. Eers veel later sou die insig kom dat geskoolde immigrante werk skep.

Smuts was 'n sterk ondersteuner van immigrasie. In 1908 het hy aan Lionel Phillips, 'n engelse nyweraar, gesê dat die nuwe regering se prioriteit sou wees om te help dat nywerhede so spoedig as moontlik ontwikkel. Phillips het opgemerk dat dit tot 'n groot toename in die Engelssprekende bevolking deur immigrasie sou lei. Smuts het saamgestel en verlof verleen dat sy antwoord geopenbaar kon word. "We want the big thing. We would welcome any number of newcombers, and are quite ready to let the future take care of itself."

Die SAP se beleid was om eers in die behoeftes van die plaaslike wit bevolking te voorsien voordat aan grootskaalse immigrasie gedink kon word. Nietemin het Botha hom tydens 'n besoek aan Londen effens onverskillig uitgelaat ten gunste van staatsondersteunde immigrasie. Botha se kabinetskollega Hertzog het daarop gesê hy kan nie saamstem "met diegene wat so luid vir immigrasie skreeu nie". Die eerste plig is om aan die armblankes 'n helpende hand te verleen.

Slegs 'n sterk en vernuftige leier sou kon verhoed dat die verskille binne die party handuit ruk. Dit is moontlik dat oudpres. Steyn beter as Botha hierin sou geslaag het. Hy sou eerste minister gewees het as die knou wat die oorlog sy gesondheid toegedien het, hom nie verplig het om uit die openbare lewe te tree nie. Botha het Steyn as die grootste lewende Afrikaner bestempel.

Van die staanspoor het Botha gedugte vyande gehad. Steyn en Hertzog het John X. Merriman bo hom as minister verkies, hoewel Merriman 'n prominente liberaal

Bl. 311

was. Ná die Nasionale Konvensie het Merriman geskryf dat hy geen respek vir botha se politieke kennis en vernuf het nie. Botha was fyngevoelig en het dit moeilik gevind om beledigings en verwyte te verwerk. Hy het dit hom baie aangetrek wanneer hy 'n "papbroek" genoem is wat nie sy man teen die Britse imperialisme kan staan nie. Niemand het meer genadeloos met hom en sy versoeningsbeleid die spot gedryf nie as D.C. Boonzaier, spotprenttekenaar van De Burger. Hy het Botha met sy forse gestalte dikwels in 'n Skotse rok of in die drag van 'n howeling uitgebeeld. Spotprent ná spotprent het die boodskap ingehamder dat Botha Suid-Afrika se belange aan dié van Brittanje en die goudmagnate uitverkoop.

Botha word dikwels onverdiend gekritiseer. Hy het 'n amper onmoontlike taak gehad om 'n party met sulke uiteenlopende ideologieë en persoonlikhede bymekaar te hou. Hertzog was 'n besonder moeilike mens om mee saam te werk. Daar was in die openbare lewe nog geen breë Suid-Afrikanisme wat 'n stewige plek kon inneem tussen die opkomende Afrikanernasionalisme en die Britse imperialisme wat aan die wyk was nie.

Botha het min steun in die pers geniet. Sy beleid van versoening is deur al vyf Hollandse koerante ondersteun, maar deur slegs drie van die 23 Engelse dagblaaie. Min Engelssprekende akademici, joernaliste of skrywers het die idee van samewerking gegrond op wedersydse respek verkkondig. 'n Uitsondering was Percy FitzPatrick, skrywer van die topverksoper Jock of the Bushveld. Die begrip Unie het hom so geïnspireer dat hy verklaar het dat hy hom ewe veel met die Voortrekkers as met die Britse Setlaars vereenselwig. Hy het geleer om Hollands goed te praat. Maar FitzPatrick was 'n uitsondering.

Lede van Milner se Kindergarten het in 1909 die tydskrif The State gestig, wat ook 'n Hollandse uitgawe gepubliseer het. Dit het egter slegs sewe u itgawes beleef en is toe gestaak. Medewerkers was geneig om die Suid-Afrikaanse kuns, literatuur en kultuur te i gnoreer of gering te skat. The Star het openlik gesê wat baie Engelssprekende geleerdes geglo het: "There is one and only one Imperial nation under the British crown ... A colony is not a nation except for the purpose of minor politicians and minor poets."

Taal as band van eenheid en bron van verdeeldheid

Van die begin van die Unie het Hertzog hom beywer vir die politieke konsolidasie van die nasionaalgesinde Afrikaners. Dit blyk uit sy reaksie op die verskyning van Die Brandwag, waarvan die eerste uitgawe op 31 Mei 1910 die lig gesien het. Dit was 'n mooi geïllustreerde blad met die ondertitel "'n Nasionaal Suid-Afrikaanse blad vir die Huisgesin". Hertzog het dit verwelkom as 'n teken dat die "Afrikaanse volk ontwaak tot 'n gevoel van eie krag, eie waarde en selfrespek. Dit wil nie langer onder die juk van 'n uitheemse letterkundige alleenheerskappy gebuk gaan nie. Ons wil 'n literatuur hê wat op 'n Afrikaanse wyse geskrif is oor Afrikaanse sake ... en besiel is deur 'n Afrikaanse gees en geuit in die taal van Suid-Afrika."

Op die beskuldiging dat hy besig is om taal te politiseer,  het Hertzog geantwoord dat die Britse imperialisme self taal as 'n politieke instrument gebruik. Hy het 'n b rief van E.B. Sargant, direkteur van onderwys in die na-oorlogse rekonstruksie van Transvaal en die Vrystaat, aangehaal: Dit het Engelse onderwysers beveel om die kinders van die verslane Boere te onderrig "in our language an our ideals ... and eventually our greet Imperial ideals".

Bl. 312

Ná Unie was die meeste Engelssprekende meningsvormers oortuig dat Engels as taal sou seëvier. Violet Markham, 'n Britse joernalis, het gesê die Afrikaners "feel hopelessly menaced by the great on-coming, compellilng wave of Anglo-Saxon civilization". Sy het voorspel dat daar op die duur slegs een uitslag kon wees: "English methods and the English language are bound increasingly to win their way and permeate the whole structure of society."

G. Heaton Nicolls, 'n Natalse politikus,  het iets soortgelyks gesê: "We had gone about talking of a South African nation which would consist of English and Dutch, but at the back of our minds we hade supposed that they would talk English. We aimed at Anglicization." Volgens F. Engelenburg, redakteur van De Volkstem (wat in 1905 van sy een "s" ontslae geraak het) en Louis Botha se biograaf en stoere ondersteuner, was daar onder die Engelssprekendes 'n "geestestoestand van paniek", net soos in 1908 toe Hertzog in die Vrystaat sy wetgewing oor verpligte dubbelmediumonderwys laat aanneem het.

Botha en Smuts het geprobeer om die kwessie te ontlont. Albei het verklaar dat hulle trots is op hul eie kulturele erfenis. In die eerste debatte in die Unie-parlement het Botha gesê dat hy sy taal liefhet en graag albei tale op gelyke voet wil hê, maar bygevoeg dat die politiek van Suid-Afrika die politiek van samewerking is en nie van dwang nie. Hy is gekant teen taalaksies, wat hy "rumoerige bitterheid" genoem het en let soms nie eens op as kennisgewings net in engels is nie. Op 5 November 1910 berig die Cape Argus dat Botha sê die taalkwessie hom self op 'n natuurlike manier oplos: "The fittest language will survive." Dit was 'n standpunt wat die Afrikanernasionaliste aan Botha laat wanhoop het en diegene wat ten gunste was van Engels as enigste amptelike taal, laat glimlag het.

Die regering se beleid was dat geen staatsamptenaar wat voor Uniewording in diens was, gedwing sou word om die ander taal te leer nie. Nuwe amptenare moes tweetalig wees om bevorder te word. Onder druk van die Unionistiese Party het Smuts hierdie vereiste verwater. Dit het 'n SAP-lied van die Parlement laat waarsku dat so 'n verwaterde beleid die Hollandse taal binne tien jaar sou laat verdwyn.

Die regring was in 'n moeilike situasie. Baie engelssprekendes was agterdogtig en wrewelrig oor die toegewings wat aan die Afrikaners gedoen is. Hulle het gevoel dat die Engelse gemeenskap 'n magtelose politieke minderheid is ten spyte daarvan Brittanje die oorlog gewen het en die Engelssprekendes opvoedkukndig op 'n hoër peil as die Afrikaanse gemeenskap staan. Daar was min Afrikaners wat genoeg onderwys gekry het om vir die staatsdiens geskik te wees. In 1915 het slegs 15% van die Afrikaanse kinders verder as standerd vyf gevorder en slegs 4% was vlot in Engels.

Die aanstelling van Afrikaners in die staatsdiens  het dus maar stadig gevorder. Gedruende die eerste vyf jaar van die Unie was net 'n kwart van die nuwe aanstellings in die staatsdiens Afrikaners. Engelssprekendes het die senior poste in die staatsdiens tot aan die einde van die 1940's oorheers.

Die stryd oor taal het ook in die onderwys uitgeslaan. 'n Paar maande ná die unifikasie,  het 'n lid van die Unionistiese Party die Vrystaatse beleid aangeval as 'n skending van die gees van die Nasionale Konvensie. Hierdie beleid - wat Hertzog ingestel het - het elke staatskool verplig om sowel Hollands as Engels as voertaal te gebruik. Om 'n skeuring in die SAP-geledere te vermyn, het F.S. Malan, minister van onderwys, 'n gekose

Bl. 313

komitee aangestel. In 'n belangrike kompromis het Hertzog saamgestem dat die artikel wat skole in die Vrystaat verplig om albei tale as voertaal te gebruik, teruggetrek word.

Die sentrale regering het nou by die provinsies aanbeveel dat die moedertaal tot by standerd vier (die huidige graad 6) as voertaal gebruik word en dat vakonderrig in die tweede taal gegee word. Vir die hoër standerds kon ouers kies watter taal hulle as voertaal wou hê. Drie van die vier provinsies het moedertaalonderwys verpligting gemaak, maar Natal het ouers toegelaat om te kies. Hertzog het Malan nooit vergewe dat hy sy beleid van dubbelmediumonderrig moes laat vaar nie.

'n Taalstryd het ook in ter siêre onderrig gewoed. Met die uitsondering van die kollege by Potchefstroom, wat uit 'n kweekskool ontwikkel het, het alle kolleges Engels as voertaal gebruik. Teen die tyd van Unie is 'n vroeëre gedagte van Cecil John Rhodes weer geopper. Dit was dat in Kaapstad 'n enkele universiteit vir die land gestig word wat Engels as voertaal gebruik. Studente van albei taalgemeenskappe moes hier bymekaarkom en mekaar leer ken. Sodoende sou sowel versoening as die imperiale bande versterk word. Twee mynmagnate, Julius Wernher en Otto Beit, het beloof om so 'n univrsiteit finansieel op groot skaal te steun. Hulle het op Engels as voertaal aangedring, ook sodat die beste akademici uit Brittanje gelok kon word.

Die kabinet het saamgestem. F.S. Malan as die betrokke minister het in 1912in 'n pamflet, The University South Africa Needs, verklaar dat daar in die "reasonable wants" van albei wit gemeenskappe voorsien moet word, maar dat sy party se beleid om versoening te bevorder, belangriker as enigiets anders is. Die grootste onmiddellike behoefte is "the fusion of the two races into one nation" en nie afsonderlike inrigtings vir elke taalgroep nie, "whatever advantages academically or otherwise may be claimed for it". 

Vanuit Stellenbosch het daar sterk teenstand teen die voorstel gekom. Die Victoria-kollege sou ondergeskik wees aan die nuwe universiteit en  dit sou die einde kon beteken van Hollands as voertaal op skool in die sekondêre klasse. Vroeg in 1913 het 'n komitee van drie - wat D.F. Malan ingesluit het - die voorgestelde universiteit in 'n memorandum verwerp. Dit het gemeld dat die kollege al jare lank "innig verbonde was met die geestelike, maatskaplike en nasionale lewe van die Hollandssprekende deel van die volk". Dit is die plek "waar die afrikanervolk sy ideale die beste kan verwesenlik en waarvandaan dit die grootste invloed op Suid-Afrika kan uitoefen". Dit is die beste vervulling van 'n diep gevoelde behoefte: Dit staan vir 'n idee! Op 'n protesvergadering is die memorandum aanvaar en daar het van oral in die land blyke van steun ingestroom.

In die Engelse pers het die kreet "Stellenbosch blocks the way" opgegaan, maar die kabinet kon nie langer hoop dat sy plan sonder teenstand deurgevoer sou word nie. Dit het 'n kommissie aangestel wat getuienis van die Victoria-kollege aangehoor het dat die kollege reeds op sekere gebiede soos opvoedkunde en landbou 'n unieke bydrae lewer en dat dit sy karige subsidie van die staat met die hulp van die sterk ondersteuning van die gemeenskap aanvul.

Nadat die kabinet 'n afvaardiging van die kollege te woord gestaan het, het dit sy steun vir 'n enkele universiteit laat vaar. Daar is besluit dat daar wel 'n universiteit in Kaapstad sou kom en dat die Victoria-kollege ook 'n universiteit sou word indien dit £100 000 bymekaar kon bring. Net voor sy dood in 1915 het J.H. Marais van die plaas Coetzenburg net buite Stellenbosch £100 000 aan die Victoria-kollege nagelaat. Hy

Bl. 314

het die vereiste gestel dat Hollands of Afrikaans in die instellilng nie 'n mindeere plek as Engels moet beklee nie. 'n Gedeelte van die fonds is gebruik om leerstoele in te stel en van die aangesteldes is verwag om minstens die helfte van hul lesings in Hollands of Afrikaans te gee. Teen 1930 was daar feitlik geen lesings meer in Engels nie.

Afrikaans as 'n simbool van 'n maatskaplike identiteit

Daar was geen algemene instemming oor watter taal die Afrikaanse mense die beste sou dien nie. In 1890, toe die Suid-Afrikaanse Taalbond in Kaapstad gestig is, het die afgevaardigdes vier moontlikhede uitgesonder: Hooghollands, moderne Hollands, Hollands met 'n vereenvoudigde spelling en Afrikaans. Van die afgevaardiges het 47 hul voorkeur daarvoor uitgespreek dat enige van die vier gebruik kon word; 37 het Afrikaans gekies en 15 Hollands. Die bestuur van die Taalbond het die stemming vertolk as 'n meerderheid vir Hollands met 'n vereenvoudigde spelling. Hertzog het as student in Nederland tot die gevolgtrekking gekom dat dit 'n verlore stryd is om Hollands lewendig te probeer hou. Hy het voorspel dat Afrikaans die volkstaal sou word, maar tot in 1922 het hy nie Afrikaans in sy toesprake gebruik nie.

In Transvaal was Eugène Marais een van die eerste stryders vir Afrikaans as geskrewe taal. Hy is in 1871 in Pretoria gebore en was vlot in Engels wat hy gebruik het vir sy gedigte en vir debatte. Hy is in 1890 - toe h y 19 jaar oud was - as redakteur vn Land en Volk in Pretoria aangestel. Hy het die koerant aangewend om die korrupte praktyke van Kruger se regering en die aanstelling van 'n groot aantal Hollandse immigrante as staatsamptenare aan te val. Soos Kruger hy Brittanje beskou as die "vyand en die vervolger". Hy was nie in die eerste plek 'n Transvaalse patriot nie, maar 'n Afrikaner-nasionalis. Hy het die "bloedbande" van alle Afrikaners in die hele Suid-Afrika beklemtoon. Om intekenaars te werf, het hy Afrikaans saam met Hollands in die koerant gebruik en in 'n hoofartikel in sy Afrikaans van 1890, het hy die "Jingo"-Afrikaners wat hul moedertaal verag, as die grootste vyande van Afrikaans uitgesonder.

"Wi is di vyande van di Afrikaanse taal? Is dit di mense wat ons land liefhet en wat di 'Afrikaanse saak' as heililg beskou? Ne - di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners - mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal - di taal door sy vaders gesproke - verag."

Ná die oorlog het Marais en Gustav Preller mekaar ontmoet. Preller het gewerk vir De Volkstem, 'n koerant wat voor die oorlog in Pretoria verskyn het en daarna deur die Boeregeneraals weer op die been gebring is om die volk op te bou ná die oorlog. Preller was 'n groot bewonderaar van Louis Botha en het die SAP tot 1924 ondersteun. As iemand met 'n passie vir Afrikaans en die geskiedenis, het hy mondelinge oorlewerings van die eerste generasie Voortrekkers versamel en dit later gepubliseer. Hy wou hê mense moet afrikaanse speletjies uitdink en speel en Afrikaanse liedjies komponeer. In die besef dat die mense oor die algemeen swak Hollands praat, het hy met 'n veldtog begin dat mense Afrikaans as taal moet ontwikkel ten einde 'n teenvoeter vir Engels te hê.

In 1905 het Preller geskryf: "Engels o'erweldig ons die o'enblik wat ons die skool verlaat,

Bl. 315

baje keer in die skool al, in ons bsigheid, in ons publieke lewe, en helaas, ver 'n groot deel in al ons private lewe ook! Afrikaans gaat verlore; dit bederf veral in die dorpe tot 'n akelige mengelmoes van lelike dinge, en as dit eers een maal sover kom, sal daar g'n donker meer aan help nie; dan sal ons daarmee moet sukkel so's ons vandaag sukkel om Hollands te  leer ...Ons wil die volk perbeer bijkom, die opgegroeide, onwetende, maar opregte volk; en ons wil met hul praat deur middel van die koerant en die boek; ons wil hoor wat hulle te sê het en wat hulle denk, en so wil ons mekaar reghelp en reghou ... Dit wil ons doen op die enigste manier, waarop dit sonder wonderwerke dadelik - want tijd is kosbaar - kan gedaan worde; deur ons te bedien van die taal wat ons almal verstaan en almal liefhet - ons Moedertaal."

Afrikaans moes dus 'n dubbele taak verrig. Op materiële vlak moes dit help om koerante te verkoop en op politieke vlak moes dit aan die Afrikaners 'n eie identiteit gee. Vir Preller was die taak om 'n nasionale literatuur te skep, nie net die werk van die kerk, die skool en die geleerde mense nie. Alle Afrikaners moes help. Afrikaans het al hoe meer na die oplossing van die taalprobleem begin lyk. In die Kaapkolonie was daar 'n klein bolaag van Afrikaners wat vlot in moderne Hollands was, maar min was werklik vir die taal lief. Die skrywer M.E.R., wat in Swellendam grootgeword het, het dit treffend uitgedruk: "(Hollands) het altyd nie-eie gebly, 'n ongemaklike werktuig ... die taal van 'n ander wêreld as die praktiese, eie alledaagse wêreld om ons."

Dit was 'n elite wat die Taalbond se poging gesteun het om Hollands met 'n vereenvoudigde spelling te bevorder: 'n paar Stellenbosse professore met die ondersteuning van onderwysersverenigings. Die belangrikste hiervan was die Zuid-Afrikaanse Onderwijzers-Unie (ZAOU)m wat in 1905 in die Wes-Kaap gestig is. Dit het bestaan uit onderwysers wat weggebreek het van die stoere imperialistiese South African Teachers' Association met Engels as die enigste kommunikasietaal. Gawie Cillié, professor in klassieke tale en later opvoedkunde aan die Victoria-kollege en 'n leiersfiguur in die ZAOU, het die bevordering van Afrikaans teengestaan omdat dit - volgens hom - 'n dialek was wat nie deur geleerde mense gepraat is nie.

Die twee mees senior Kaapse Afrikanerpolitici, "Onze Jan" Hofmeyr en F.S. Malan, het die voorkeur vir 'n vereenvoudigde vorm van Hollands gesteun. In 1905 het Hofmeyr 'n belangrike toespraak gehou met die titel: "Is 't ons ernst?" Hy het gesê dat die onderrig wat die kinders in die Kaapse skole in Hollands kry, so gebrekkig is, dat geeneen 'n korrekte brief in die taal kan skryf nie. Hy het aan die "Hollands-Afrikaanse" mense gevra of hulle ernstig is in hul strewe o m Hollands as taal te handhaaf. Hy het self toegegee dat die hooggeroemde gelykheid tussen tale nooit in die Kaapkolonie bestaan het nie. Dit was altyd 'n fiksie en dit is nou meer as ooit tevore die geval.

Preller het die geleentheid aangegryp om 'n bres vir Afrikaans te slaan. Onder die opskrif "Laat 't ons toch ernst wezen!" het hy in De Volkstem gepleit: Is dit ons erns - met Hollands? Laat dit ons tog erns wees - met Afrikaans! Hofmeyr se weifende vraag word deur Preller met beslistheid beantwoord. Hy het bygevoeg dat Afrikaans diep gewortel is in die Afrikanernasie, soos geen ander taal kan wees nie. Afrikaans het die "grootste en beste kans op voortbestaan". Die skryftaal moet Afrikaans word.

'n Nuwe generasie het saam met Preller besluit dat die werklike vraag nie is of die Afrikaners ernstig oor Hollands is nie, maar oor hul moedertaal, Afrikaans. Willem Postma het in sy rubriek onder 'n skuilnaam in 'n Bloemfonteinse  koerant geskryf dat Afrikaans

Bl. 316

reeds tot 'n onafhanklike taal ontwikkel het. D.F. Malherbe, pas teruggekeer nadat hy in Duitsland taalkunde bestudeer het, het in 'n openbare lesing gesê Afrikaans met sy reëlmatige en eenvoudige struktuur is geen dialek nie, maar 'n taal in eie reg.

'n Sleutelfiguur was D.F. Malan. As student - eers op Stellenbosch en later in Nederland - is hy beïnvloed deur die werk van Immanuel Kant, Johann Gottlieb Fichte en Arthur Schopenhauer. Die Duitse romantiek het hom aangetrek omdat dit so 'n sentrale plek aan taal in die mens se ontwikkeling toegeken het. Taal, staat en nasie is aan mekaar gelykgestel. In 1904, toe hy nog student in Utrecht was, het hy die mening uitgespreek dat die Afrikaners net sterk sou word indien hulle verenig word. Die beste verdediging teen verengelsing is die besef dat hulle hul eie erfenis het, gegrondves op eie nasionaliteit, taal godsdiens en karakter.

Malan het soos Smuts in die tradisie van die Afrikanerbond grootgeword. Maar terwyl Smuts gefassineer is deur die eenheid en interafhanklikheid van die mensdom en die heeltal, het Malan die kleiner eenheid, die volk met sy eie bepaalde roeping en eindbestemming, as die belangrikste beskou. Malan het die eerste stap in sy openbare loopbaan in 1908 gedoen met die volgende oproep: "Verhef di Afrikaansche taal tot skrijftaal, maak haar di draagster van onze kultuur, van onze geskiedenis, onze nasionale ideale, en u verhef daarmee ook di volk, wat haar praat. Hou egter di volkstaal op di voet van 'n halfbeskaafde provinsiaal dialekt, en u hou daarmee ook di volk op di pyl van 'n halfbeskaafde, ongeletterde volksklasse."

Die taalstryd kon nie met met debatte of emosionele oproepe gewen word nie. Jan F.E. Cellliers, wat in 1906 'n treffende gedig, "Die Vlakte", gepubliseer het, het geglo dat 'n literatuur deurdrenk van die Afrikaanse gees en verstaanbaar vir die afrikaners, van deurslaggewende belang sou wees. Hy het skrywers en digters gevra om na vore te tree en te begin met die groot taak om die nasie op te voed.

Louis Leipoldt, wat vlot in Hollands, Engels en Duits was, het gedigte oor die Anglo-Boereoorlog  en die Suid-Afrikaanse veld begin skryf in die idioom en ritme van die gesproke taal. Totius (J.D. du Toit) het eenvoudiger maar nogtans treffende gedigte gelewer. Een gedig - "Vergewe en vergeet" - was ironiese kommentaar op die slagspreuk van die SAP se versoeningsbeleid. Dit het as metafoor vir die verpletterde republieke 'n klein doringboompie geneem wat deur 'n ossewa platgetrap is. Die slotstrofe lui"

Vergewe en vergeet

Maar tog het daardie boompie weer stadig reggekom / want oor sy wonde druppel die salf van eie gom / Ook het die loop van jare die wonde weggewis - / net een plek bly 'n teken wat onuitwisbaar is. / Die wonde word gesond weer as jare kom en gaan / maar daardie merk word groter en groei maar aldeur aan.

Bl. 317

Die werk wat vir die eerste keer die beeldende seggingskrag en skeppende vermoë van Afrikaans getoon het, was "Winternag" van Eugène Marais, wat in 1905 verskyn het.

Winternag

O koud is die windjie en skraal / En blink in die dof-lig en kaal, / so wyd as die Heer se genade, / lê die velde in sterlig en skade. / En hoog in die rande, versprei in die brande / is die grassaad aan roere soos winkende hande. / O treurig die wyse op die ooswind se maat, / soos die lied van 'n meisie in haar liefde verlaat. / In elk' grashalm se vou, blink 'n druppel van dou, / en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!

Preller het voorspel dat, indien slegs 'n paar reëls van Afrikaans ná 'n eeu of meer oorleef, hierdie gedig onder hulle sal wees. Hy het Afrikaans gebruik vir 'n reeks artikels in sy koerant oor die Voortrekkerleier Piet Retief, wat later as boek gepubliseer is. Dit het die behoeft aan 'n nasionalistiese geskiedenis treffend bewys; dit het teen 1913 reeds tien drukke beleef.

Teen 1907 was daar reeds taalverenigings in Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein wat Afrikaans bevorder het. Aanvanklik het die voorstanders van vereenvoudigde Hollands die beweging vir Afrikaans teengestaan, omdat hulle gevoel het dat dit slegs die stryd teen die oorheersing van Engels sou verswak. Geleidelik het die pro-Afrikaanse en die pro-Hollandse groep nader aan mekaar beweeg. Die pro-Hollandse groep het gaandeweg aanvaar Hollands is 'n verlore saak. Die pleitbesorgers vir Afrikaans het die noodsaak van strategiese optrede besef. Voordat Afrikaans die plek van Hollands kon inneem, moes dit eers gestandaardiseer word en moes daar 'n stewige literatuur daarin gepubliseer wees. albei groepe het Hertzog se wetgewing in die Vrystaat verwelkom wat vir parallelle onderwys (Engels en Hollands) in die skole voorsiening gemaak het. Albei groepe het deelgeneem aan die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst, wat Hollands en Afrikaans wou bevorder.

Die "Jingo-pers" het Afrikaans sterk teengestaan. The Star het met verwysing na oproepe op Engelssprekendes om tweetalig te word, gevra watter taal bedoel word: die geskrewe taal (Hollands) of die gesproke taal (Afrikaans). "Any man who knows the real Dutch language is painfully aware of what a truly stupid patois this South African 'taal'

Bl. 318

is, and it must be a source of surprise and astonishment to the serious enquirer why such a degenerated branch of an originally sound language is so stubbornly maintained in its provoking ugliness." Die Cape Times het sy lang tradisie voortgesit deur briewe te publiseer wat Afrikaanse veroordeel het as 'n "mongrel", "kitchen", "hotchpotch", "degenerate" en "decaying language", wat slegs geskik is vir "peasants in up-country kraals".

Die man wat die meeste gedoen het om Afrikaners te oortuig dat hulle Afrikaans vir alle doeleindes moet gebruik, was Cornelis Jacob Langenhoven. As student aan die Victoria-kollege gedurende die 1890's het hy Afrikaans as ongeskik vir akademiese werk beskou: "For intellectual  training Africander Dutch offers no scope, fot it has no literature an a very poor vocabulary. For internal intercourse and as a trade medium, English is superior to it and as for foreign trade it stands nowhere." Tog het hy geglo dat die eenvoudige grammatikale struktuur van Afrikaans 'n beter alternatief vir Engels bied as die ingewikkelde Hollandse taal en dat die geveg om Hollands te handhaaf, futiel is.

Langenhoven was 'n onbekende prokureur op Oudtshoorn toe hy in 1910 'n merkwaardige artikel vir die blad The State geskryf het. Hy het bedenkinge uitgespreek oor die praktyk om staatsdokumente in Hollands te vertaal en om hierdie taal in die howe en as voertaal in die skole te gebruik. Suid-Afrikaners wat hul koppe breek om Hollands te bemeester, het hy geskryf, is besig om met groot moeite en beperkte sukses 'n taal aan te leer wie se lilteratuur hulle nooit sal lees nie. Afrikaans, het hy gesê, is net soos Engels 'n eenvoudige taal. Dit het al die uitdrukkingsvermoë van Hooghollands behou en daarby 'n ryke versameling van inheemse frases en idiome gevoeg. Hy het voortgegaan: "(Afrikaans) is the language of the farm and the home, breathing the spirit of the inexorable expanse of the sunburnt veld, charred with the memories of primitive appliances and crude self-help ... it is the medium of social intercourse, the channel of expression for the deepest and tenderest feelings of the South African Dutch. It is interwoven with the fibre of their national character, the language they have learnt at their mother's knee, the language of the last farewells of their dying lips."

Langenhoven het geen spesiale regte vir Afrikaans gevra nie en geredelik toegegee dat daar nog geen literatuur in die taal ontwikkel het nie. Hy het egter verklaar dat dit ook die geval was met baie ander tale in dieselfde stadium van hul ontwikkeling. As die Afrikaanssprekendes daarin slaag om 'n literatuur in Afrikaans tot stand te bring, sal dit hul eie wees en sal dit die groei van 'n gemeenskap se skeppingsvermoë aandui. Misluk hulle, sal die taal stilweg verdwyn, sonder dat mense se harte skielik gebreek word.

Nietemin was Langenhoven vol vertroue dat Afrikaans in al die behoeftes van sy sprekers kon voorsien. Dis nodig om die drogredenasies oor die taal te weerlê, het hy geredeneer. Daar word byvoorbeeld beweer dat Afrikaans te laag en te plat is vir 'n skryftaal, terwyl die eintlilke waarheid is dat dit deur die afwerp van oorbodige verbuidings 'n vooruitgang op Hooghollands verteenwoordig: "Afrikaans is ons eige, hij is in Suid-Afrika gemaak om te pas bij ons Afrikaanse toestande en lewenswijs; hij het saamgegroei met ons volkskarakter; hij is die enigste band wat vir ons als 'n aparte nasie aanmekaarbind; ons enigste volkskenmerk."

Teenoor diegene wat geduld bepleit het, het hy geargumenteer dat die Afrikaner skade ly deur die verwaarlosing of verontagsaming van Afrikaans in kerk en skool. In die kerk verstaan baie mense nie meer die predikant nie, terwyl Engels as voertaal op skool die

Bl. 319

Afrikaanse kind opvoedkundig benadeel. So lank Afrikaans as minderwaardig beskou word, word die kind onder die indruk gebring dat sy Engelse skoolmaats fatsoenliker ouers as hy het. Langenhoven het geskryf: "Ons Afrikaners is die enigste beskaafde nasie in die wêreld wat ons self wijsmaak dat ons 'n skrijftaal moet aanhou wat ons te laag is om te spreek, of 'n spreektaal gebruik wat te laag is om te skrijf. Die Afrikaner is gevolglik die nasie in die wêreld wat die minste lees en die minste uit sy skoolopleiding haal, met die gevolg dat 'n stuwende intellektuele lewe nie bestaan nie en vaderlandsliefde nie deur 'n skeppende literatuur aangevuur word nie."

In 1912 is Langenhoven as redakteur van die Oudtshoornse koerant Het Zuid-Westen aangestel. Toe die Hollandse koerant De Burger in Kaapstad drie jaar later verskyn, het hy een van die mees gereelde en gerespekteerde medewerkers van die koerant geword. Sy boeiende artikels in koerante en tydskrifte en sy boeke is geskryf in 'n soepel en helder Afrikaans. Hy het die taalkwessie tot 'n eenvoudige formule gereduseer: "Ons kan nie langer hink op twee gedagtes nie. Als nederlands ons taal is, dan moet ons hom praat, en als Afrikaans ons taal is, dan moet ons hom skrijf." Hy het sy argumente met geestige kommentaar deurspek. Dié mense wat meen dat Afrikaans nog te armoedig of te onbeskaaf is om skryftaal te wees en intussen maar aan hom self o orgelaat moet word, laat hom dink aan die man wat nie in die water wou ingaan voordat hy kon swem nie.

In 'n kragtige toespraak in Julie 1914 voor die Z.A. Akademie voor Taal, Letteren en Kunst in Bloemfontein, het hy die argumente van die mense wat 'n geleidelike benadering voorgestaan het, verwerp. Hy het gesê Afrikaans nie nie wag totdat dit 'n gekultiveerde taal is voor dit as voertaal in skole en in universiteite gebruik word nie. Die meeste Afrikaners lees nie, omdat daar so min is wat werklik leesbaar is. Dit wat in Hollands beskikbaar is, wek niemand se leeslus nie en die literatuur in Afrikaans is so karig dat geesdriftige lesers alles wat beskikbaar is, binne drie maande kan lees. Afrikaners lees toenemend Engels in koerante en korrespondeer in Engels met mekaar omdat hulle nie Hollands korrek kan skryf nie of voel dat Hollands kunsmatig is. Vir Langenhoven was die enigste hoop dat Afrikaans as voertaal in die skole ingevoer word en dat 'n situasie geskep word waar opgevoede volwassenes skaam raak indien  hulle dit nie korrek kan skryf nie. Deur Afrikaans te kies, sou die deur geopen word vir skrywers en digters wat reg is om die eerste k eer met toewyding en erns 'n literatuur in Afrikaans tot stand te bring.

Langenhoven het 'n uitdaging gerig tot almal, veral die predikante van die NG Kerk, wat laat blyk het dat hulle skaam is vir afrikaans. Dit is in hierdie raamwerk dat Langenhoven die stelling gemaak het wat dit laat lyk of hy en die Afrikaners in die algemeen Afrikaans vir die eksklusiewe besit van blankes opeis. Dit het so gelui: "Afrikaans plaas ons hoger als die Engelsman op nasionaal gebied en patrioties gebied; ja hoger als enige ander blanke inwoner van ons land; want hij is die enigste witmanstaal wat nie onmiddellik oor die see kom nie. Met die een besitting wat ons hoger plaas, word deur ons vertrap as 'n vlek en 'n klad waarvoor ons ons moet skaam teenoor die landgenote van ons wiens trou en ideale oorkant die see is."

Deur Afrikaans 'n witmanstaal te noem in plaas daarvan om die veelrassige oorsprong te erken, het Langenhoven ewe veel gefouteer as S.J. du Toit veertig jaar tevore. Albe het dit gedoen teen die agtergrond van 'n snobistiese middestand wat Afrikaans afgemaak

Bl. 320

het as die taal van die laer klasse, die taal van die "hotnots". John Kannemeyer lewer 'n belangrike perspektief: Toe Langenhoven hierdie stelling gemaak het, was daar nog nie juis taalhistorici nie. "Die aandeel van mense met 'n ander huidskleur is eers betreklik onlangs deur navorsing uitgewys en die beskrywing daarvan is nog in 'n vroeë stadium." Vir Langenhoven was dit die belangrikste dat hy die stigma van 'n "hotnotstaal" van die taal afwerp. Kannemeyer bevind: "Binne die tydsomstandighede is so 'n formulering dus begryplik en sou dit verkeerd wees om op grond van dié enkele uitspraak 'n etiket van rassisme om Langenhoven se nek te hang."

Die ontstaan van 'n volksparty

Teen die tyd van Unie was die hoop dat partye gebou op waardes (die SAP met sy idee van versoening) of belange (die Arbeidersparty met sy klem op die werkers) partye sou oortroef wwat op etniese identiteit gegrondves was. Die Unionistiese Party was 'n etniese party wat Engelssprekendes aangetrek het wat die band met Brittanje as hul hoogste prioriteit beskou het. Botha se pogings om die Engelssprekende deel van sy steungroep te paai, het gelei tot 'n vinnige afname van Afrikanersteun vir die SAP. In 'n private brief het Botha in 1913 erken dat 'n deel van sy eie mense hom as 'n verraaier beskou. Hy het egter hoopvol bygevoeg dat in die meeste distrikte al die belangrike mense nog by hom is.

Hertzog het Botha uitgebeeld as swak, besluiteloos en beginselloos. Dit sou egter verkeerd wees om die finale breuk tussen dié twee manne as grondliggend beginselverskille toe te skryf. Sowel Hertzog as Botha het die Engelse en die Afrikaners as verskillende kulturele gemeenskappe beskou. Vir Botha het hulle saam in een nasionale stroom gevloei; vir Hertzog moes hulle in twee strome langs mekaar vloei totdat  hulle reg is om een stroom te word.

Albei het geglo aan Suid-Afrika eerste, maar botha het dié oortuiging meer diplomaties verwoord; Hertzog meer uitdagend. In 1912 het hy gesê: "In Suid-Afrika is die Afrikaner die 'baas' en sal die 'baas' speel." Hy het in werklikheid in hierdie geval die term Afrikaner in 'n inklusiewe sin gebruik en die stryd uitgebeeld as een tussen die pro-Suid-Afrikaanse blankes, wat Hollands en Engels gepraat het en wie se lojaliteit by Suid-Afrika alleen gelê het, teenoor die buitelandse "fortuinsoekers" en diegene wat die bande met en belange van Brittanje as die belangrikste beskou het. As hy hier die term Suid-Afrikaner eerder as Afrikaner gebruik het, is dit moontlik dat daar nie soveel krete van ontsteltenis sou gewees het nie.

Hertzog se toesprake was weldra nie meer versoenbaar met sy lidmaatskap van die kabinet nie. Hy het byvoorbeeld Botha se oproep in Londen om staatsondersteunde immigrasie as krimineel bestempel. Op 'n ander keer het hy na die SAP se sleutelterme "lojaliteit" en "versoening" verwys as holle woorde wat niemand bedrieg nie. Botha was oortuig dat Hertzog se uitsprake groot skade aanrig en het hom in Desember 1912 uit sy kabinet gelaat.

Toe hy nog lid van die SAP se koukus was, het Hertzog probeer om die taalkwessie nie handuit te laat ruk nie. In 1912 het hy hom byvoorbeeld ingehou toe die SAP Stellenbosse studente gevra het om 'n fees te kanselleer wat gehou sou word om die erkenning

Bl. 321

van taalgelykheid in die grondwet te vier. Vir SAP-leiers het so 'n fees te veel na "politiek" geklink. Toe die fees in 1913 gehou word, was Hertzog nie meer lid van die kabinet nie en het hy hom nie langer aan die partydissipline gebonde gevoel nie. Hy het hier 'n telegram van pres. Steyn voorgelees wat soos volg gelui het: "De taal van de veroveraar is in die mond van de veroverde de taal van slaven."

Volgens M.E.R. het dit 'n dramatiese ommekeer veroorsaak. Tot op daardie tydstip het dit opdraand gegaan om "ons taal en identiteit" te behou. "En toe in 'n kritieke tyd word 'n woord gesê. Dit het soos 'n veldvuur onder ons getrek." 'n Bron meld dat sommige mense summier opgehou het om in die openbaar Engels te praat.

In Januari9e 1914 ht Hertzog die Nasionale Party in Bloemfontein gestig en gehoop dat nasionaliste in ander provinsies gou dieselfde sou doen. Hy het steun gekry van die jonger predikante in die Afrikaanse kerke, nog steeds die belangrikste instelling in die Afrikaners se gemenskapslewe. Die Dopperpredikante was die geesdriftigste. Hulle het Botha en Smuts dit nooit vergewe dat hulle die Christelik-nasionale skole in die steek gelaat het nie. Hul kreet "in isolement lê ons krag" het direk gebots met die SAP se poging om die twee blanke gemeenskappe te laat saamsmelt.

Die Doppers en Hertzog het 'n onwaarskynlike bondgenootskap gevorm. Hertzog het selde in 'n kerk gekom en het in een geval sy afkeer uitgespreek van die gebruik van God as 'n verkiesingsagent. Onder Hertzog se mees stoere ondersteuners was Willem Postma, wat die Doppers se beginselvaste "benadering" in die party ingevoer het. Die partyprogram het byvoorbeeld verwys na die noodsaak om die samelewing ooreenkomstig Christelik-nasionale waardes in te rig. Ouers moet die reg hê om die voertaal van hul kinders se skole te kies. Aan die ander kant was die Doppers se invloed ook beperk. Die Neo-Calvinisme met sy klem op die afsonderlike lewensfere het nooit meederheidsteun in die Afrikanernasionalistiese beweging gekry nie.

In Transvaal is baie Afrikanerwerkers aanvanklik na die Arbeidersparty. 'n Afrikaanse partypamflet getitel "Die Nuwe Politiek" het die gesamentlike belange van die klein grondbesitter en die blanke werker teenoor dié van die kapitaliste gestel. In sy provinsiale verkiesing van 1914 in Transvaal het die Arbeidersparty groot steun van Afrikanerwerkers gekry. Baie werkers was vervreemd nadat die regering die staking van 1913 en 1914 gewelddadig probeer onderdruk het. In reaksie hierop het sommige Afrikanernasionaliste die Transvaalse NP gevorm en Tielman Roos, 'n advokaat van Pretoria, tot leier verkies. Teen die middel van 1914 was daar nog steeds geen party in Natal of die Kaap nie. Die party het geen teken getoon dat dit groei nie. Dit het Hertzog so moedeloos gemaak dat hy byna die politiek laat vaar het.

"Die geloofbelydenis van 'n nasionalis"

In 1913 en 1914 het dr. Tobie Muller, 'n jong NG Kerk-predikant van Stellenbosch en 'n man wat groot intellektuele belofte getoon het, maar op die ouderdom van 34 jaar gesterf het, die eerste wesenlike intellektuele pleidooie vir Afrikanernasionalisme gelewer. Hy het sy eerste graad van Stellenbosch ontvang en in plaas daarvan om 'n Rhodes-beurs te aanvaar, sy studie in Utrecht en Edinburg voltooi. Sy toespraak "Geloofbelydenis van 'n Nasionalis" is wyd bespreek en later gepubliseer. Dit was 'n sterk pleidooi vir

Bl. 322

nasionalisme, maar het ook gewaarsku teen die slaggate van nasionalisme. Hy het geskryf die skeidslyn tussen die Afrikaners en die Engelssprekendes is in bloed getrek, maar Afrikaners moet nie toelaat dat hul nasionalisme in 'n haat van ander nasies ontaard nie. Dit is ook nie goed genoeg om slegs te probeer om anders as die Engelssprekendes te wees nie.

Muller het geargumenteer dat nasionalisme, ten einde legitiem te wees, 'n morele doel en 'n universele waarde moet hê. Nasionalisme is die beste teenvoeter vir "jingo-imperialisme". Die Afrikaners moet 'n imperialistiese credo wat verlang dat die verskillende volke in 'n vaal, kragtelose engelssprekende uniformiteit verdwyn, die stryd aansê. Vir hierdie credo is Brittanje die sentrum, die vernaamste bron van inspirasie en krag, terwyl Muller wil hê elke volk moet sy eie krag en sentrum ontwikkel. Hy sal dit verwelkkom indien die Engelssprekendes in die land ook 'n kenmerkende Suid-Afrikaanse karakter ontwikkel. Ook die swart volke in Suid-Afrika moet hulle eie nasionale selfrespek kweek in plaas daarvan om een van die twee wit gemeenskappe na te boots.

Vir Muller kon die Afrikaners slegs behoorlike Unie-burgers wees wanneer hulle hul gevoelens van minderwaardigheid oorkom het. Hierdie minderwaardigheid begin met die onderwys,  het hy betoog. Die meeste Afrikanerkinders op die platteland bring slegs vier of vyf jaar op skool deur. Hulle verlaat die skool sonder dat hulle geler het hoe om behoorlik 'n Engelse of 'n Hollandse brief te skryf. Dan is daar die ekonomie. Die groot aantal armblankes wek die indruk dat die Afrikaners 'n nasie van "armsalige sukkelaars" is. Hulle moet opgehef word, onder meer in arbeidskolonies. By die Afrikaners in die algemeen is daar 'n gebrek aan ondernemingsgees. In talle dorpe waar Afrikaners 90% van die wit bevolking uitmaak, al die ondernemings in die hande van Engelssprekendes, wat ook die opvoedkundige en ander sake oorheers.

In die Unie is daar min pogings om aan die tweetalige karakter van die staat gestalte te gee. Hy het vertel hoe bly hy was toe hy vir die eerste keer 'n tweetalige teken op 'n trein sien. Dit het aan hom gesê dat hy 'n "seun en nie 'n bywoner van die land" is nie. Vir Muller was dit 'n godsdienstige plig om  nasionalis te wees. Aparte volke is nie toeval nie, maar het met 'n doel ontstaan. "Papheid" op nasionale gebied is dus sonde, wat die sedelike karakter van die mens nadelig beïnvloed. Die handhawing van sy taal moet deel van die Afrikaner se godsdiens wees. Moedertaalonderwys en die onderrig van 'n nasionale geskiedenis is goeie opvoedkundige beginsels en noodsaaklik vir die ontwikkeling van die kind.

Ook vir Hertzog was taalhandhawing 'n morele saak. Hy het geoordeel dat Afrikaners wat nie die taal eer of dit in die openbaar praat nie, mense sonder selfrespek of respek vir hul ouers is. Diegene wat hul kinders na Engelse skole stuur, is onkundig, want moedertaalonderwys is die beste vorm van onderwys. Middelklas-Afrikaners wat nalaat om hul taal in die openbaar te praat, ontsê ander lede van hul gemeenskap die kans om werk te k ry. Hy het dit soos volg verduidelik: "Deur Afrikaans te praat met staatsamptenare maak u plek vir 'n Afrikaanse staatsamptenaar, deur te eis dat u kind op skool Afrikaans geleer word, maak u plek vir 'n Afrikaanse onderwyser. Deur u sakeman in u eie taal aan te spreek, maak u plek vir ' n Afrikaanse klerk in die winkel. Daar is geen departement of onderneming in ons land waar u nie self sonder enig moeite in u eie taal u eie landgenote aan 'n werk kan  help eenvoudig deur u taal te gebruik nie.

Bl. 323

Die belangrikste deel van die taalstryd was die projek om die taal te standaardiseer. Afrikaans moes 'n taal word vir die middelklas of, soos dit genoem is, algemeen beskaafde Afrikaans. Die nasionaliste wou 'n nuwe identiteit vir Afrikaners kweek as 'n toenemend verstedelikte moderne gemeenskap met 'n wye intellektuele gesigseindes. Die doel van koerante en tydskrifte was, soos Isabel Hofmeyr dit in 'n studie gestel het, "om 'n nasie uit woorde te bou".

Die oproepe om 'n eie "nasionalisteit" te ontwikkel, het hand aan hand gegaan met pogings om eie instellings te bou. In die naweë van die Anglo-Boereoorlog het Afrikaneronderwysers weggebreek van die sterk Empiregesinde Engelse onderwysersverenigings en hul eie vereniging gestig. Afrikaner-vroue het welsynsorganisasies gestig om die probleem van wydverspreide Afrikanerarmoede te help verlig. Daar was ook pogings om finansiële instellings vir die Afrikaners te stig. Van die middel van die negentiende eeu het twee banke met hoofkwartiere in Engeland, gewoonlik imperiale banke genoem, Standard Bank en Barclays Bank, die land se finansiële stelsel oorheers. In die tweede helfte van die negentiende eeu het Kaapse Afrikaners 'n groot aandeel gehad aan die totstandkoming van ongeveer dertig distriksbanke. Feitlilk almal het in duie gestort as gevolg van oordrewe spekulasie, onverstandige lenings en primitiewe boekhoustelsels. Teen 1900 het slegs een bank oorleef, die Distriksbank van Stellenbosch.

Polarisasie wat deur die oorlog meegebring is, het gehelp om kapitaal na Afrikaanse ondernemings te laat vloei. In 1900 is trutsmaatskappye wat hoofsaaklik Afrikaanse ondernemings was, in die Paarl en op Malmesbury gestig. Dit het oorleef en later sterk begin groei. Gedurende en onmiddellik ná die Rebellie van 1914-1915 het Afrikaner-kapitaal na Afrikanerinstellings begin vloei, soos ook tydens die Anglo-Boereoorlog gebeur het. Tussen 1914 en 1922 is 26 Afrikaanse trustmaatskappye en eksekuteurskamers in die Kaapprovinsie gestig en hoofsaaklik deur Afrikaners bestuur en ondersteun.

Net nadat die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het, het 'n merkwaardige figuur op die toneel gekom. Hy was W.A. (Willlie) Hofmeyr, 'n vennoot in 'n florerende regsfirma in Kaapstad. Hy het besef dat Afrikaans geen toekoms het as dit nie ook 'n suksesvolle saketaal word nie. In 1905, toe die Afrikaanse taalbeweging nog in sy kindrskkoene was, het sy oom, professor N.J. Hofmeyr van die Kweekskool op Stellenbosch, aan hom gesê "Afrikaans sal eers ten volle tot sy reg kom wanneer hy eendag kommersiële waarde kry en dan eers sal hy sy man kan staan teen Nederlands en Engels."

Hofmeyr het in 1915 sy pos as prokureur bedank om organiserende sekretaris te word van die Kaapse NP wat in 1915 gestig is. Hy het 'n leiersrol gespeel in die pogings om dr. D.F. Malan te oorreed om die bediening te verlaat en 'n loopbaan as poliltikus en koerantredakteur te begin.

Die Distriksbank van Stellenbosch was die kern van 'n proto-nasionalistiese groep in die Wes-Kaap. In hul geledere was daar 'n paar welgestelde boere wat aandeelhouers of direkteure was van plaaslike finansiële instellings, professionele lui en professore aan die Victoria-kollege. Jannie Marais was die sleutelfiguur. Hy het 'n fortuin gemaak op die diamantveld voordat hy hom op sy plaas, Coetzenburg, net buitekant Stellenbosch gevestig het. Hy was die grootste aandeelhouer van die Distriksbank en is in 1910 verkies tot Stellenbosch se lid van die Parlement.

'n Simbiose van sakebelange en etniese belange het begin ontwikkel waarvan die

Bl. 324

Distriksbank die beste voorbeeld was. Dit het die hele gemeenskap probeer bedien. Dit het beter rentekoerse as die imperiale banke aangebied en was gewilligers om l enings toe te staan aan boere wat gesukkel het om krediet te kry nadat hul oes misluk het. Die imperiale banke het hoofsaaklik belang  gstel in die boonste deel van die mark en het nie gehuiwer om in tye van resessie sy krediet op te roep nie. Hulle het ook die meeste van  hul dividende oorsee gestuur.

"'n Kind van smart en ook van die hoop"

Die wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het, het 'n skokgolf  oor Stellenbosse studente laat gaan. 'n Hollandse tydskrif, Ons Moedertaal, is in 1914 gestig met 'n belofte dat dit partypolitiek sou vermy. Met die oorlog en 'n binnelandse Rebeellie aan die gang (sien p.330) het die redaksie agtergekom dat so 'n beleid onmoontlik is. Die land se pers was oorweldigend oorlogsgesind. Ons Land, die vernaamste Hollandse koerant in Kaapstad, was 'n stoere ondersteuner van die kabinet se besluit om Duits-Wes-Afrika (tans Namibië) in te val en het geweier om enige kritiek te publiseer. In Bloemfontein het The Friend/Vriend des Volks  in die regerende party se hande gekom en was ook pro-oorlog. Die hele Englse pers het die oorlog onvoorwaardelik gesteun en enige teenstand as 'n gebrek aan patriotisme veroordeel.

Gedurende die finale maande van 1914 het die gedagte op Stellenbosch ontstaan om 'n Hollandse koerant in Kaapstad te stig wat Hertzog steun. Die vooruitsigte was glad nie belowend nie. Met hul lae vlak van onderwys was die Afrikaners berug daarvoor dat hulle nie koerante en boeke koop nie. Ons Land het gekla dat die Afrikaners die lelike neiging het om nie boekwinkels te ondersteun nie. Die ACVV, die Afrikaanse vroue-organisasie in die Kaapprovinsie, het die Afrikaners se onkunde oor hul geskiedenis gewyt aan ouers wat hul plig versaak om hul kinders aan te moedig om te lees.

Nog 'n probleem was om genoeg advertensies te kry om die koerant lewensvatbaar te maak. Omtrent al die groot ondernemings in Kaapstad en in die vernaamste Wes-Kaapse dorpe was in die hande van Engelssprekendes. Enige koerant wat versuim het om die oorlogspogings te ondersteun, kon nie advertensies verwag nie. Terselfdertyd was dit duidelilk dat enige nuwe koerant onder geweldige druk van veral die jonger generasie van Afrikaners sou wees om 'n militante houding teenoor die oorlogspoging in te neem.

Hendrik Bergh, bestuurder van die Stellenbosse Distriksbank,  het hom nie laat afskrik nie. Hy en Bruckner de Villiers, 'n sakeman en private sekretaris van sy swaer Jannie Marais, het besluit om die bal aan die rol te sit vir die stigting van 'n Hollandse koerant in Kaapstad.

Bergh en De Villliers het 'n uitnodiging aan 'n aantal mense gestuur om 'n vergadering by te woon wat in Desember 1914 in Bergh se huis op Stellenbosch gehou is. Onder die 18 mense wat gekom het, was boere, akademici, regslui en sakelui. Jannie de Waal, die enigste nasionalis met ervaring van 'n koerant, het gedink dat 'n Hollandse dagblad in kompetisie met Ons Land sekerlik sou misluk. Die vergadering het egter hierdie siening verwerp en besluit om 'n persmaatskappy, genaamd De Nasionale Pers, te stig. Jannie Marais is oorreed om 'n kwart van die eerste twintigduisend aandele van £1 elk te koop. Nou was dit moontlik om met die groot waagstuk voort te gaan.

Bl. 325

F.S. Malan het gesien dat die nuwe maatskappy se koerant, De Burger, 'n groot bedreiging verteenwoordig vir sowel die SAP as Ons Land, waarby hy ten nouste betrokke was. Hy het Marais probeer oorreed om sy steun terug te trek, maar het 'n skerp teregwysing ontvang. Marais het geskryf: "De Burger is die vrug van 'n diep gevoelde behoefte by die grootste deel van ons volk aan 'n eie koerant, een wat voorsiening sal maak vir die vrye, onbelemmerde uiting van die volksmening aangaande alle belangrike vraagstukke in ons land; 'n koerant wat in die eerste plek na die belange en regte van ons eie land en volk sal vra en nie na die wense en bevele wat van Johannesburg afkomstig is nie; 'n koerant wat dus weer 'n plek in die hart van ons volk sal inneem - soos wat Ons Land van weleer was, toe die gees van 'Onze Jan' daaruit geadem en die troue hand van advokaat F.S. Malan dit bestuur het." Marais het verwys na die mynmagnate wat na sy mening die party na hul pype laat dans het. Die seun van Marais, wat kort daarna gesterf het, was deurslaggewend.

Op 26 Julie 1915 het die Nasionale Pers se eerste uitgawe van De Burger gepubliseer. D.F. Malan het sy eerste hoofartikel onder die wolk van die wêreldoorlog, ' n mislukte Rebellie, Afrikanerverdeeldheid en ' n ernstige armblankeprobleem geskryf. Dit het gelui: "De Burger is die kind van smarte en van die hoop ... Dit is donker in die wêreld. Die volkere het in die dal van die skaduwee van die dood gekom. Ook vir ons eie volk is dit die donkerste ure ... (Ons) harte is gekeur en ons drink die waters van Mara."

Maar De Burger is ook "die kind van hoop", het die artikel voortgegaan. Ten spyte van die partyverdelings is daar iets wat bind. Daar is tekens "dat die nasionale hart weer begin klop". Daar "ruis deur die ganse land 'n nuwe stroom wat steeds sterker word". Dit is die vaste wil om volk te wees. Die koerant adem die frisheid van die jeug, hy besit die volharding van die Afrikaanse vrou, hy laat hom geld met die manlike krag van innige, selfopofferende volksliefde.

De Burger het van die begin af veel meer gewig gedra as die ander frikaanse of Hollandse koerante en tydskrifte. Malan, wat tot 1924 redakteur gebly het, het gesag in sowel intellektuele as kerkkringe gedra. Hy het geskryf as 'n teoloog-filosoof, 'n felle teenstander van imperialisme en 'n voorstander van nasionale outonomie. Die lot van die armblankes het hy steeds voor die oë van sy lesers gehou en 'n reeks treffende hoofartikels oor dié onderwerp is in 1916 as 'n pamflet onder die titel Die Groot Vlug gebundel. Maar sy ekonomiese agenda het veel verder gestrek. Die Afrikaner moet sy regmatige aandeel in die handel verower en sy plek as 'n ekonomiese gelyke met die ander dele van die blanke gmeenskap inneem.

Alhoewel Malan swaarwigtig kon wees, het hy onteenseglik 'n deurslaggewende rol gespeel om aan De Burger en saam daarmee aan Afrikaans intellektuele en maatskaplike gesag te verleen. Toe die koerant in 1922 sy titel verander in Die Burger , het dit 'n beslissende fase in die oorgang van Hollands na Afrikaans ingelui.

Die Nasionale Pers het J.J. Smith, 'n knap akademikus en gerekende taalklenner, aangestel as redakteur van sy tydskrif De (later Die) Huisgenoot, wat in 1916 die eerste keer verskyn het. (Smith het voortgegaan om as professor in Duits en Frans te werk en later het hy professor in Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch geword.) Hy het nie saamgegaan met Die Patriot se beleid om Afrikaans so foneties moontlik te skryf nie. Die

Bl. 326

Suid-Afrikaanse Akademie het in 1917 die eerste keer 'n standaardlys vir spelling gepubliseer. Smith, wat 'n lid was, het geskryf dat 'n beskaafde Standaardafrikaans wel bestaan. Hy het op alle Afrikaners wat oor die toekoms van hul kinders bekommerd is, 'n beroep gedoen om hulle die regte uitspraak en sintaksis te leer. Hy het 'n lys van uitsprake gepubliseer wat nie geduld kan word nie: djy vir jy, sjeld vir geld, genog  virgenoeg, pegenne vir begin.

Die Huisgenoot, wat in 1923 'n weekblad geword het, het bekend geword as "die volk se universiteit" en het in die vroeë 1930's 'n vyfde van die Afrikanerfamilies bereik toe die intekenare 40 000 verbygesteek het. Die tydskrif het ' n steunpilaar van die Nasionale Pers geword en het in werklikheid Die Burger gesubsideer. Die redakteurs het geglo dat die tydskrif sou misluk indien dit slegs oor die politieke en taalstryd skryf. Dit moes sy lesers help om goed ingeligte en deugsame burgers te word, wat hulle op alle vlakke van die lewe, insluitende die handel, kon laat geld. Dit het gedigte en kortverhale in Afrikaans gepubliseer en die afdeling vir boekresensies het gou ' n belangrike debatsforum vir letterkundiges geword. Smith het van die begin af daarop gestaan dat alle bydraes van 'n hoë gehalte moet wees. Smith se opvolger, H.G. Viljoen (1923-1931), het ook hierdie model gevolg.

Die Huisgenoot was 'n indrukwekkende tydskrif. Die uitgawe van 26 Junie 1925 is 'n treffende voorbeeld. Daar was insiggewende artikels oor die impressionisme, die Kaapse argitektuur en fisika. Dan was daar 'n afdeling vir vroue en 'n seksie oor motors. Daar was ook 'n kortverhaal en 'n aflewering van 'n roman. In hierdie uitgawe het Viljoen die versugting uitgespreek dat daar 'n  magtige gees sou opwel wat ontsterflike literêre en kunswerke sou oplewer. Die blad het ook die meerderwaardigheid van die wit ras as die kernbeginsel van die beskawing geloof.

Die tydskrif het baie aandag geskenk aan die Afrikaner se geskiedenis, aan die heldedade en die martelaarskap van die Voortrekkers en die heroïese stryd van die Boerekommando's teen die Britte. Dit het selfs wetenskaplike beskouings oor die geskiedenis gepubliseer. Die blad se sukses met die stimulering van 'n historiese bewussyn het sekerlik die aanvoorwerk gedoen vir die baie suksesvolle eeufeesviering van die Groot Trek in 1938.

'n Vroueblad onder 'n gedugte vrou

In 1918 het die eerste Afrikaanse vrouetydskrif in Pretoria verskyn. Dit was Die Boerevrou, met Mabel Malherbe - 'n merkwaardige vrou - as redaktrise. Sy was 'n Engelssprekende wat in 'n stoere republikeinse familie ingetrou het. Sy het selde Afrikaans gepraat, min kerk toe gegaan en haar eie familie het verengels. Nogtans het sy bewustelik besluit om haar as 'n Afrikaner te identifiseer. As 'n jong vrou het sy dikwels op Transvaalse plase gekom waar vroue haar raad gevra het oor gesondheid, huishoudelike sake en kindersorg. Sy het Die Boerevrou begin omdat sy al die daaglikse probleme van hierdie vroue woo behandel in 'n taal wat hulle verstaan.

In die tydskrif het sy die Afrikanervrou in haar nuwe rol as moeder en draer van ' n Afrikaanse kultuur en nasionaisme aangespreek. Vroue is ingelig hoe om hul huise ordentlik te bestuur met 'n kennis van higiëne en huishoudkunde. Die beloning vir die moeder sou suksesvolle seuns en dogters wees wat hul land help opbou en saam daarmee die Afrikanervolk laat vooruitgaan.

Bl. 327

Malherbe se blad weerspieël die merkwaardige transformasie van die Afrikanervrou in die eerste paar dekades van die twintigste eeu. As plaasvrou in die voor-industriële samelewing was sy besonder onafhanklik in die huishouding en die gesin. In die Groot Trek, die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881 en die Anglo-Boereoorlog het vroue hul mans en seuns aangemoedig om hulle tot die einde teen Britse oorheersing te verset. In die eerste fase van die Afrikaners se trek na die dorpe en stede was baie vroue broodwinners en soms die enigste mense wat geld in die huishouding ingebring het. Ten tye van die unifikasie van Suid-Afrika het Hertzog op 'n vergadering gesê dat daar baie Afrikanervroue in die gehoor is en dat hulle die sterkste staan vir Afrikaans, Afrikaanse tradisies en sedelike waardes. Hulle "voel meer as die mans", het hy gesê. Ná die Rebellie van 1914-1915 het hy uitgeroep: "Miskien was hulle die grootste rebelle."

Afrikanervroue was opvallend in die gewelddadige staking van 1922. Maar twee jaar later het die Nasionale Party aan die bewind gekom en buiten 'n paar vurige vakbondleiers het vroue hul aktivisme laat vaar. Verskeie faktore het die vrou se posisie ondermyn. Teen die einde van die negentinde eeu is die Romeins-Hollandse erfreg waarvolgens seuns en dogters op gelyke voet behandel is, onder die druk van Engelssprekendes afgeskaf. Aan die vooraand van verstedeliking en algemene onderwys is die Afrikaanse vrou 'n gevoelige slag toegedien. Al hoe meer het seuns die meeste geërf en is hulle toegelaat om verder as dogters te leer.

Die ander faktor was verstedeliking. Afrikanervroue het voltydse huisvroue en moeders geword, wat tuis gebly en 'n huishulp gehad het. Hulle het baie van die take wat hulle eens op die plaas verrig het, laat vaar: kook, slag, klere maak en die onderrig van hul kinders. Hulle het polities konserwatief geword en het nie deelgeneem aan die stryd om die stemreg vir vroue nie. Hulle het hulle verlaat op die oordeel van mans, wat gedink het dit pas nie by vroue om lid van openbare liggame (behalwe vroue-organisasies) te word nie. Malherbe het wel later burgemeester van Pretoria en 'n lid van die Parlement geword.

Vroue het geen ampte in die NG Kerk of enige van die ander Afrikaanse kerke beklee nie. Die kerk het die vroue aangemoedig om hul hoofrol te sien as dié van familie-anker wie se plek tuis is. Baie Afrikanervroue in die middestand het betrokke geraak by welsynsorganisasies wat na die Afrikaanse armes omgesien en hulle in die Afrikaanse gemeenskapslewe probeer inlyf het. Tussen 1910 en 1974 het slegs drie Afrikanervroue Parlement toe gegaan.

Die waagstuk van Afrikaans

In 1924 het die Pakt-alliansie van die Nasionale Party en die Arbeidersparty aan die bewind gekom en in die volgende jaar het Malan, minister van binnelandse sake, 'n wetsontwerp ter tafel gelê wat Afrikaans naas Hollands en Engels as amptelike taal erken het. Hy het gesê dat daar in die vorige dekade meer literêre werke in Afrikaans verskyn het as Engelse boeke wat in Suid-Afrika gepubliseer is. Afrikaans is toe al in alle primêre skole onderrig. By Nederlandse universiteite is Afrikaanse proefskrifte aanvaar en bekende Nederlandse literêre kritici en akademici het Afrikaanse boeke geresenseer. Malan het die verheffing van Afrikaans tot die status van 'n ampstaal met die volgende woord

Bl. 328

beskryf: "Dit beteken 'n voldoening aan die diepste gevoelens en hoogste aspirasies" van die Afrikaners. Dit is die "simbool van die volk, van sy bestaan". Jan Smuts se houding in die debat was ambivalent. Afrikaans, het hy gesê het 'n magtige vloed geword, maar hy het ook gespot dat Malan Hollands sonder grammatika praat.

Afrikaans het Hollands gou as medium van onderrig vervang en het saam met Engels die taal geword waarin wette en amptelike dokumente gepubliseer is. Maar dit is te betwyfel of daar by die massa 'n vraag na Afrikaans was. Uit 'n opname wat in 1927 in biblioteke gedoen is, het geblyk dat slegs 1% van die boeke wat in Pretoria in die openbare biblioteek uitgeneem is, Afrikaans of Hollands is. In Bloemfontein was die syfer selfs laer en in Kroonstad en Lydenburg was dit onderskeidelik 3% en 5%.

In 1938, dertien jaar ná die verheffing van Afrikaans tot ampstaal, het N.P. van Wyk Louw, die voorste onder die nuwe generasie Afrikaanse digters en skrywers, gesê dat die Afrikaner "enig in sy gewaagdheid" onder die klein nasies is. In hul geskiedenis het Afrikaners drie groot waagstukke onderneem waar die kans op sukses of mislukking ewe groot was. Elkeen was die besluit 'n "geloofsdaad", met niks minder nie as die toekoms van die Afrikanervolk op die spel. Een was die Groot Trek, wat - indien dit misluk het - die Afrikaners se nasionale gevoel 'n nekslag kon gegee het. Die tweede waagstuk was om in 1899 tot oorlog teen Brittanje te besluit. 'n Verpeletterende nederlaag kon die Afrikaners se volksgevoel "feitlik van skaamte" laat sterf het. In 1925 was die derde groot waagstuk om Hollands, "die gevestigde, geëerde taal, te laat vaar en die stryd teen Engels met 'n jong ongevormde taal sonder literatuur of status aan te bind". Die opgevoede deel van die Afrikaners kon verengels het voordat oorspronklike werk van hoë kwaliteit in Afrikaans verskyn het.

Die Afrikaanse literêre oes was inderdaad nog maar skamel. C. Louis Leipoldt se bundel Oom Gert Vertel het talle goeie gedigte bevat naas die titelgedig. Die algemene smaak was egter meer vir die argaïese Celliers en Totius as die suiwer boere-Afrikaans van Leipoldt. Eugène Marais het nie daarin geslaag om die groot potensiaal van sy gedig "Winternag" te verwesenlik nie. A.D. Keet, A.G. Visser en Theo Wassenaar het die volgende generasie gevorm, maar nie een het juis digkuns van hoë gehalte gelewer nie. Geen roman van besonder literêre gehalte het in die eerste vier dekades van die eeu verskyn nie. Die beste roman, Jochem van Bruggen se Ampie-trilogie, kon nie as groot literatuur bestempel word nie. Die eerste roman wat werklik meriete gehad het, was J. van Melle se Bart Nel, wat eers in 1942 verskyn het. Dit het die storie vertel van 'n deelnemer aan die Rebellie van 1914-1915.

Toe Afrikaans in 1925 'n amptelike taal word, het selfs J.J. Smith gedink dat Afrikaans steeds nog nie in staat is om sonder Hollands klaar te kom nie. Hierdie waagstuk kon maklik misluk het. Leipoldt was ontsteld omdat Afrikaans, na sy mening, te gou as voertaal in die onderwys ingevoer en Hollands te gou as voedingsbron uitgewerk is. In 'n klaarblyklike verwysing na Langenhoven skryf hy: "Ons wat vir Afrikaans gewedywer en gestry  het lank voor die teenwoordige taal-jingoes die moed gehad het om daarmee voor die dag te kom, het geen twyfel oor die toekoms van Afrikaans nie." Tog was hy heeltemal naïef oor die kanse van Afrikaans om sonder beskerming sy plek as amptelike taal langs Nederlands en Engels vol te staan. Afrikaans se oorlewing, het hy gemeen, is "alleenlik afhanklik van sy eie weerstandsvermoë, sy eie lewenskrag en sy eie moontlikheid om te ontwikkel en te bloei".

Bl. 329

Die Burger het Afrikaans as amptelike taal sterk gesteun, maar gekla omdat mense so min lees. Die koerant het geskryf dat van honderd mense tagtig nie kan lees nie, of bang is vir 'n boek of die lees van 'n boek as 'n las beskou.

Die stryd om Afrikaans as openbare taal te vestig, is veral in die skole beslis. Nêrens was die stryd feller as in Johannesburg en elders aan die Witwatersrand nie. Verskeie Afrikaanse laerskole is gestig, maar hulle het gesukkel om te bestaan en al die sekondêre skole het Engels as die enigste voertaal gebruik. In 1921 is die Helpmekaar-hoërskool in Johannesburg gestig. The Star het bitter gekla oor die "malcontents" agter hierdie retrogressiewe stap. Een van die stigters was dr. J.F. Naudé, wat in die vergadering van die bittereindes by Vereeniging in 1902 oor die taalkwessie gepraat het. Nog 'n stigter was ds. W. Nicol, wat gevoel het dat die oorheersende posisie van Engelse skole gedurende die eerste twee dekades van die eeu neergekom het op die "diefstal" van 'n hele geslag Afrikaners.

Van die 1920's af het skole in toenemende mater enkelmediumskole geword. Van die beter opgevoede Afrikaners het baie onderwysers geword en baie van hulle was inspirerende en toegewyde opvoeders en kragtige agtente vir 'n Afrikanerkyk op die verlede en 'n liefde vir afrikaans. Gawie Cillié, bekende Stellenbosse opvoedkundige het in 1924, nadat Hertzog eerste minister geword het, aan hom gesê: "Generaal, sonder die arbeid van die Afrikaanse onderwysers was u en u mense nie vandag aan bewind nie. Nie dat ons partypolitiek verkondig het nie. Ons het die kinders net hul taal en hul geskiedenis geleer. Nou het hulle vir jou gestem."

Maar terwyl die kinders van hul kultuur bewus gemaak is, was hul opleiding vir die stedelike arbeidsmark nie baie goed nie. Die onderwys was heeltemal te akademies en daar was 'n feitlik algehele afwesigheid van voorligting oor beroepskeuses.

Afrikaans het ook 'n medium vir tersiêre onderrig geword. Aanvanklik het die volgende instellings sowel Hollands (of Afrikaans) as Engels gebruik: die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Stellenbosch, die Transvaalse Universiteitskollege (later die Universiteit van Pretoria), die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein (later die Universiteit van die OVS) en die Hugenote-universiteitskollege op Wellington. Stellenbosch en die universiteitskolleges in Pretoria en Bloemfontein het mettertyd enkelmedium-Afrikaans geword. Kaapstad het Engels geword, terwyl Potchefstroom van die begin af Hollands en Afrikaans gebruik het.

Die Rebelllie van 1914-1915

In Augustus 1914 het die politiek in Suid-Afrika onherroeplik verander, net soos in Europa, waar die nasies in 'n verwoestende oorlog betrokke geraak het. In Suid-Afrika het dit tot die Rebellie van 1914-1915 gelei.

Teen 1914 het die groot ekonomiese verwagtinge van unifikasie in Suid-Afrika in ontnugtering oorgegaan. Drie tot vier jaar se droogte het baie skade op plase in groot dele van die Vrystaat en Transvaal aangerig. In die Vrystaat het driekwart van die plase in party distrikte swaar onder skuld gebuk gegaan. Met die stigting van die Landbank in 1912, het die hoop 'n kort rukkie opgevlam dat krediet vir all mense wat wou boer, meer geredelik beskikbaar sou word. Die bank het egter besluit om nie geld te leen aan mense

Bl. 330

wat nie grond besit nie. Dit het vir 'n arm man feitlik onmoontlik geword om grond te bekom. In 'n verslag uit Hoopstad, 'n distrik waaruit baie rebelle sou kom, is verklaar dat die handel met wol, velle, sybokhaar en vee 'n kwaai terugslag gekry het. Skuld het uitstaande gebly, vee het gevrek en die voedselpryse het bly styg.

Die meer vooruitstrewende boere het hul bywoners gelas om hul vee te verminder of die plase te verlaat. Baie bywoners in die noordelike Vrystaat het na Wes-Transvaal getrek, waar boere nog steeds bereid was om  hulle te vat. Hierdie bywoners het 'n militante gees in die distrikte ingebring. Aan die Witwatersrand het die regering se harde onderdrukking van die stakings in 1913 en 1914 Afrikanerwerkers vervreem. Daar was mense wat gehoop het om 'n bodngenootskap van radikale tussen die werkers en die armer boere te smee. Die finansiële markte het senuagtig geraak en banke en winkeliers het lenings opgeroep. Arm boere het 'n regering begeer soos dié van Paul Kruger, 'n regering wat gereed is om kontant en vee uuit te deel ten einde hulle in staat te stel om op hul plase te bly. Hulle wou nie loonarbeiders in die stad word nie. Sandra Swart het in haar studie van die rebelle bevind dat hulle mense was wat hul lewenswyse wou behou. Hulle wou sowel boere as Boere bly.

Sommige rebelleleiers wou klaarmaak wat hulle as die onafgehandelde sake van die Anglo-Boereoorlog beskou het. Moontlik was daar 'n geheime ooreenkoms tussen sekere Boereleiers in die laaste dae van die Anglo-Boereoorlog om die onafhanklikheidstryd te hervat wanneer Brittanje in die moeilikheid raak.

Die nuwe staat het kwesbaar gelyk. Die Unie was jonk en baie van sy instellings was nog nie stabiel of permanent nie. Net voor die Rebellie van 1914-1915 het genl. Koos de la Rey, beroemde bittereinderleier en 'n gesiene man in Wes-Transvaal, verklaar dat die Unie nooit bedoel was om mense hul regte en vryheid te ontneem nie. Hy het gewaarsku dat die mense nie tevrede sou wees om in 'n kraal opgehok te bly nie.

Die Transvaalse en Vrystaatse burgers was nou in 'n politieke stelsel waar "God save the King" die volkslied was, die "Union Jack" die nasionale vlag en die koning se beeltenis op elke seël. Hulle het dit moeilik gevind om hulle met die nuwe staat se instellings te vereenselwig, byvoorbeeld die weermag. Hoe die regering sy bes gedoen het om offisiere in die leër op 'n gelyke voet uit die twee blanke gemeenskappe te trek, was daar 'n skerp botsing tussen die vrywillige tradisie van die Boerekommando en die klem op hiërargie en dissipline van die Britse leër. Die Staande Mag se uniform was kakiekleurig, wat laat dink het aan die Britse uniform in die Anglo-Boereoorlog.

Die lont van die Rebellie het begin brand toe Brittanje in 1914 teen Duitsland oorlog verklaar. In Augustus 1914 het Brittanje die Suid-Afrikaanse regering gevra om die Duitse kolonie Duits-Suidwes-Afrika aan te val. Hoewel Suid-Afrika outomaties in 'n staat van oorlog was, kon die regering self besluit in watter mate die land betrokke moet raak. Die Duitse kolonie het geen inherente of strategiese nut vir òf Suid-Afrika òf Brittanje gehad nie. In die kabinet was daar 'n staking van stemme oor die Britse versoek.

Botha het as eerste minister dadelik besluit om aan die versoek gehoor te gee, hoewel dit verstandiger sou gewees het om Brittanje te vra om ander troepe vir die aanval te gebruik. Jan Smuts het privaat gesê dat daar by die mense 'n werklike afkeer van die veldtog in Duits-Suidwes-Afrika is. F.S. Malan, 'n minister wat die oorlog baie teësinnig ondersteun het, het geskryf dat die besluit daartoe sal lei dat die SAP steun gaan verloor.

Bl. 331

Botha het egter volhard en verklaar dat dit Suid-Afrika se plig en eer is om sy verpligtinge teenoor Brittanje na te kom. Hy het die Britse propaganda nagepraat dat Engeland net veg ter wille van die onafhanklikheid van klein nasies en vir die beskawing teen barbarisme. Op Stellenbosch het Tobie Muller gereageer: "Na wat met die gewese republieke gebeur het, is dit onmenskundig en nie goeie taktiek nie om aan ons Afrikaners na slegs dertien jaar te vertel dat Engeland altyd staat vir die regte van klein nasies ... Watter Afrikaner herinner hom nie weer aan die vreeslike ondervindings van barbaarsheid van oorlog wat ons volk dertien jaar gelede moes deurmaak nie." Jan Smuts het toe self geskryf dat die pen van 'n Jesaja en 'n Jeremia nodig is om die "gruwels van verwoesting" te beskryf. Oudpresident Steyn het opgemerk dat die Suid-Afrikaanse magte nou gemobiliseer word vir 'n oorlog teen Duitsland, wat in die Anglo-Boereoorlog simpatie met die Boererepublieke betoon het. Hy het bygevoeg dat hy nooit kon dink dat 'n regering, veral 'n Afrikanerregering, die kinders van konsentrasiekampe teen die Duitse volk sou aanwend nie.

In die vroeër tekens van 'n storm wat voorlê, was De la Rey die sentrale figuur. Hy was onder die invloed van Nicolaas van Rensburg, 'n "siener" van Lichtenburg. De la Rey het die burgers opgeroep na 'n vergadering om te luister na Van Rensburg se visie hoe God die bevryding van die Boerevolk sal bewerkstellig. Botha en Smuts het hom oorreed om te wag totdat hy met hulle gepraat het voordat hy tot optrede oorgaan. Albei leiers het baie groot respek vir hom gehad en Smuts het hom bestempel as een van die edelste siele wat ooit geleef het. Hoewel De la Rey se seun sy vader as nie langer aanspreeklik vir sy optrede beskou het nie, was die generaal se aansien so groot dat duisende burgers in Transvaal aan sy oporoep gehoor sou gee, veral as dit 'n oproep was om die onafhanklikheid van die republieke te herstel. Hy het aan genl. De Wet gesê as die Parlement die inval goedkeur, sal hy die Transvaalse republikeinse vlag weer huis, soos die Boere dit vroeër gedoen het.

In sy vergadering met Botha en Smuts het De la Rey moontlik verwys na beloftes wat in die laaste dae van die anglo-Boereoorlog gemaak is om op die geleë tyd die Boererepublieke te herstel. Botha het geantwoord dat dit die wil van God mag wees dat die volk weer onafhanklik en vry sal wees, maar dat dit nooit God se wil kon wees dat dit deur verraad en oneer teweeggebring word nie.

In hierdie tyd van wielinge is die eerste kongres van Hertzog se Nasionale Party op 26 Augustus 1914 gehou. Hier is die beplande inval in Duits-Suidwes-Afrika eenparig veroordeel. Een van die sprekers het verklaar dat Botha en Smuts sou rebelleer so gou daar 'n geskikte geleentheid kom. Maar in die Parlement het Botha 'n groot meerderheid vir die inval gekry, wat De la Rey se stem ingesluit het. 'n Militêre mag onder die leierskap van luitenant-kolonel Manie Maritz is gestuur om die inval uit die dorp Upington te begin.

Die regering se planne het skielik kwaai skeef geloop. Op 15 September is De la Rey per ongeluk by 'n padblokkade deur die polisie doodgeskiet. Skielik was die land vol gerugte dat hy op regeringsbevel geskiet is. ('n Geregtelike ondersoek het later bevind dat dit 'n ongeluk was.) Ook op 15 September het genl. C.F. Beyers uit protes teen die Parlement se besluit as kommandant-generaal van die Burgermag bedank. Daar was gerugte dat ander Afrikaanse offisiere hom sou volg. Op 21 September het genl. Beyers,

Bl. 332

saam met genl. Christiaan de Wet, wat op sy plaas in die Noord-Vrystaat was, en genl. Jan Kemp, 'n senior Burgermagoffisier in Wes-Transvaal, in 'n dokument geëis dat geen Suid-Afrikaanse magte aan die oorlog deelneem nie. Hul onderliggende gedagte was dat Duitsland en die ander sentrale moondhede spoedig die oorlog in Europa sou wen en dat enige optrede van Suid-Afrika aan die kant van Brittanje die kans vir die land om onafhanklik te word, sou verongeluk.

Vroeg in Oktober het Maritz bedank, die grens oorgesteek en met baie van sy manne by die Duitse magte aangesluit. In die noordelike Vrystaat en westelike Transvaal het 'n groot aantal manskappe die wapens teen die regering opgeneem. Botha het 'n boodskap aan Steyn gestuur dat 'n openbare verklaring deur hom baie sou help om die opstand te beëindig. Steyn het geantwoord dat daar soveel ontsteltenis is dat hy verkies om agter die skerms te werk. Botha en Steyn was nou in twee vyandige kampe.

Ook tussen die twee wit gemeenskappe het 'n groot breuk ontstaan. Dit word goed geïllustreer deur die wending in die verhouding tussen Merriman en Steyn. Dié twee staatsmanne het lank groot agting vir mekaar gehad. Merriman het Steyn gevra om sy invloed te gebruik om 'n rebellie te verhoed en in sy brief die vreedsaame aard van die Britse diplomatieke en politieke inisiatiewe voor die Europese oorlog en vorige internasionale konflikte beklemtoon. Hy het dit goed geag om by te voeg: "The Boer War would never have taken place but for an ultimatum and .... an aggressive movement that did not come from the side of England".

Merriman se standpunt het gebots met die standpunt wat hy in 1899 net voor die oorlog ingeneem het. Hy het toe gemeen dat die republileke 'n fout bgaan het deur 'n ultimatum uit te reik, maar het terselfdertyd ook gesê dat Brittanje se optrede "krimineel" is en dat die Boere se stryd 'n stryd om onafhanklikheid is en nie ter wille van verowering of aggressie nie.

Merriman se woorde teenoor Steyn het groot aanstoot gegee, maar Steyn het waardig geantwoord: "If you and I cannot agree on the cause of the South African War when we know all that had passed before and behind the scenes, how can any of us pretend to be able to decide on the right or the wrong of the Great War which is raging in Europe?" Steyn het die briefwisseling beëindig en pogings om die vriendskapsverhouding te herstel, het misluk.

Om die toenemende opstandigheid te stuit, het Botha aangekondig dat die regering slegs vrywilligers vir die veldtog in Duits-Suidwes-Afrika sal gebruik en dat hy self die bevel sal voer. Maar die regering was in 'n wanhopige situasie. Die meeste van die imperiale troepe in Suid-Afrika is weggestuur om in Europa te veg en al wat die jong staat kon verdedig was die onderbemande en swak toegeruste Staande Mag.

Daar was ook die Burgermag, maar daar is algemeen aangeneem dat dit polities dwaas sou wees om Engelssprekende eenhede teen Afrikanerrebelle te gebruik. Die regring was dus verplig om die Afrikanerlede van die Burgermag op die platteland te gebruik om die Rebellie te onderdruk. Jong Afrikaners het eerder Beyers en andere ondersteun wat die regeringsbevele verwerp, maar die ouer geslag het Botha se heldemoed gedurende die Anglo-Boereoorlog onthou en besluit om hom te steun. Annette Seegrs skryf: "It was a close thing. Loyalty to Botha - and the Union state - consisted of groups of less than a hundred men."

Bl. 333

Die Rebelleleiers in die noordelike Vrystaat en westelike Transvaal was redelik welgestelde boere wat in die Anglo-Boereoorlog naam gemaak het, maar hul volgelinge was oor die algemeen armer mense. In die noordelike Vrystaat moes De Wet as leier hom tot beloftes wend. Hy het 'n finansiële beloning aangebied vir mense in 'n nedersetting van armblankes naby sy plaas in Heilbron waar hy toesig gehou het. Geld sou gevorder word van burgers wat tuisbly, mense wat ontrou is en die myne. Dit sou aan burgers gegee word wat die poging steun om die verlore onafhanklikheid te herwin.

In sekere dele van Transvaal het die tradisie van rebellie teen die regering nog nie heeltemal tot die verlede behoort nie. In 'n informele gesprek het De la Rey die volgende opmerking teenoor 'n Engelssprekende gemaak oor die botsing tussen Botha en Hertzog: "You talk about Union of all the States, of one government, of one flag, of one King. What does that signify to the Boer? Why, I can remember the time when we had five governments in the up-country - all our own too! ... No sooner did we start a new Government than there were two parties again and each would want its ouwn Government and Parliament."

Die rebelle was swak georganiseer en het min ammunisie en voedsel gehad. Waar hulle gekom het, het hulle lewende hawe opgekommandeer. Op sommige dorpe het die rebellemagte winkels geplunder. Party hiervan was feitlik seker die eiendom van winkeliers by wie die rebelle in die skuld was. The Star het die gebeure op die dorp Lindley as tipies beskryf: "The merchants were at once ordered to open their stores, and the crowds streamed in. Each one helped himself nog only with what he required for food, but everything that came in his way ... The merchants lost over £8 000 in value. Further, all  horses, forage, and many carts were taken from the inhabitants." Op Winburg het De Wet se manne so baie gebuit dat hul waens dit nie kon wegvat nie. Ná hul vertrek, was die veld bestrooi met poppe, vroue-onderklere, duur hoede en rolle fluweel.

Die Rebellie is beperk tot ses of sewe distrikte in die noordelike Vrystaat, 'n paar distrikte in Noordwes-Transvaal en een of twee distrikte in die Noord-Kaap. Dit was prakties 'n geveg tussen Afrikaners. Ongeveer 11 472 Afrikaners het na raming gerebelleer, wan wie 7 123 uit die Vrystaat gekom het, 2 998 van Transvaal en 1 252 van die Kaap. Van die rebelle het 190 gesneuwel, terwyl 132 regeringstroepe gesterf het. Genl. Beyers het tydens die Rebellie verdrink terwyl hy deur die Vaallrivier van regeringstroepe probeer ontsnap het. Die regering het geweet hoe ongewild hy hom gemaak het met sy inval in Duits-Suidwes en die uitroep van krygswet in die loop van die Rebellie. Hy het die rebelle dus sagkens behandel.

Die uitsondering was Jopie Fourie, 'n burgermagoffisier wat, sonder dat hy bedank het, 'n bende rebelle gelei het. Dit het die regeringskant swaar ongevalle toegedien. Fourie is tot dood veroordeel. 'n Afrikaner-afvaardiging, onder wie D.F. Malan ook was, kon Smuts nie te spreke kry ten einde hom te oorreed om Fourie te begenadig nie. Fourie is op 'n Sondag tereggestel.

In die hofsittings ná die opstand, is Kemp tot ses jaar gevangenisstraf en £1 000 boete gevonnis, en De Wet tot vyf jaar en dieselfde boete. Tussen 4 000 en 5 000 rebelle het boetes en tronkstraf ontvang, m aar die meeste van die gewone manskappe is teen die einde van 1915 vrygelaat. Die leiers was almal teen die einde van die volgende jaar vry.

D.F. Malan se rol in  hierdie geval en daarna as redakteur van Die Burger het hom as

Bl. 334

'n figuur met nasionale politieke aansien gevestig. Toe die Nasionale Party in 1915 in die Kaapprovinsie gestig word, is hy tot leier verkies. Hy het sy pos as redakteur tot 1924 behou. Die party en die koerant het soos vernnote teenoor mekaar gestaan; n ie een het oor die ander botoon gevoer nie.

Die parlementêre verkiesing van Oktober 1915 het in die skadu van die Rebellile plaasgevind. Merriman het grimmig opgemerk: "I will not say that every follower of Hertzog is seditious, but every seditious person claims to be a follower of Hertzog." Die NP het 16 van die 17 Vrystaatse setels, 4 van die 22 Transvaalse setels en 7 van die 51 Kaapse setels verower. Landswyd het die party 76 000 stemme teenoor die 92 000 vir die SAP gekry, terwyl 49 000 mense vir die Unioniste gestem het en 25 000 vir die Arbeiders. Minder as twee jaar ná sy stigting, het die NP die meeste Afrikanerstemme gekry. Die hele loop van die politiek het verander.

Kerk en volkspolitiek

Die Rebellie het die NG Kerk gedwing om 'n duidelliker standpunt oor sekere aangeleenthede in te neem. In die kerk was daar twee heeltemal verskillende tradisies. Die ouer tradisie het by die stigting van die nedersetting in 1652 begin. Die Kompanjiesbewind het die belang van die Hollandse taal en die Gereformeerde godsdiens gelyktydig en met ewe veel klem verkondig. Die amptelike gebede van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie en die instruksies wat dit aan onderwysers uitgereik het, het spesiaal melding gemaak van die plig om die Gereformeerde godsdiens in die Hollandse taal te bewaar. Toe Brittanje in die negentiende eeu probeer om die Kaap te verengels, het De Zuid-Afrikaan gewaarsku dat die verdwyning van die Hollandse taal ook sou lei tot die ondergang van die Gereformeerde godsdiens. Taal en geloof was dus elemente wat maklik in 'n nuwe nasionale bewussyn in die kerk en in die politiek ingelyf kom word.

'n Volkskerktradisie was nogtans nie die enigste tradisie in die NG Kerk van die Kaapkolonie nie. 'n Ander tradisie wat gedurende die laaste dekades van die negentiende eeu sterk was, was 'n evangeliesgesindheid wat beklemtoon het dat die kerk lojaal moet wees aan die sekulêre gesag en nie by partypolitiek betrokke moet raak nie. Gedurende die Anglo-Boereoorlog is hierdie tradisie die eerste keer sterk bevraagteken. Die leiers het gewalg van die onverbiddelike aggressie van Joseph Chaimberlain en Alfred Milner voor die oorlog en van Britse propaganda wat die geskiedenis van Kruger se republiek in die donkerste kleure geskilder het. Op 1 Maart 1900 het die NG Kerk se leiers 'n manifes gepubliseer wat die Britse optrede as immoreel bestempel en die Britse propaganda oor die "Barbaarse Boer" verwerp het.

Volgens S.J. du Toit, wat tydens die oorlog pro-Brits was, het die NG-predikante feitlik sonder uitsondering die Boere ondersteun. In 1903 het die Kaapse sinode die onreg veroordeel wat teen lede van die kerk gepleeg is en ook die vernietiging van kerkgeboue deur Britse troepe. Die kerk se besluit om in 1905 'n federale band tussen die NG Kerke van die vier provinsies te sme, kan beskou word as die eerste poging om Afrikaners oor die hele Suid-Afrika heen te verenig.

Politici het die kerk beskou as verreweg die belangrikste instelling in die Afrikanergemeenskap. Engelssprekende politici het die kerk met 'n sekere mate van respek en

Bl. 335

vrees bejeën. Merriman het eenkeer, nadat hy 'n kerkdiens bygewoon het, geskryf: "I am more sure than ever that in their democratic church lies the salt of the Afrikaner character. Many things they lack - imagination, education, energy - but faith they certainly have and that keeps them strong and sound."

Kort ná die Rebellie van 1914-1915 het Botha die Transvaalse NG Kerk gevra om die rebelle onder sensuur te plaas. Tien jaar vroeër sou die kerk in alle waarskynlikheid gehoorsaam het, maar nou sou so 'n stap net groot tweedrag veroorsaak het. In die Vrystaat het die uitbreek van die Rebellie tot 'n skeuring in sekere gemeentes gelei en 'n soortgelyke skeuring in die Kaap het moontlik gelyk. Hier het elf NG-leiers gewaarsku teen die poging om Suid-Afrika van die Britse Ryk te bevry en die Rebellie bestempel as 'n gevaarlike onderneming, 'n trouelose skending van die Vrede van Vereeniging en beslis 'n oortreding van die gebod van God.

In Januarie 1915 is 'n konferensie van NG-predikante in Bloemfontein gehou om oor die kerk se optrede teen die rebelle te besin. Sekere leiers het hier gevra dat die rebelle onder sensuur geplaas word. Net verstandige optrede sou 'n kerkskeuring kon vermy. D.F. Malan, op daardie tydstip NG-predikant op Graaff-Reinet, het geglo dat 'n kerkskeuring onberekenbare gevolge vir die Afrikaners sou hê. Hy het 'n voorstel ingedien wat die vergadering feitlik eenparig aanvaar het: "Dat ons kerk behalwe sy algemene roeping as Christelike kerk ook 'n besondere roeping het teenoor die Hollands-sprekende Afrikanervolk, met wie se bestaan die kerk op so 'n innige wyse verbonde is en daarom dit altyd as sy plig beskou het om self nasionaal te wees en te waak vir ons besondere belange en om aan die volk te leer om in sy eie geskiedenis en wording die hand van God te sienen om by die Afrikanervolk 'n besef van nasionale roeping en bestemming lewend te hou, waarin die geestelike, sedelike en stoflike vooruitgang van 'n volk geleë is."

Die vergadering het verder besluit dat geen besluit oor die rebelle geneem kon word voor 'n volledige ondersoek na die oorsake van die Rebellile ingeste is nie. Daarmee is die saak effektief in die doofpot gestop. Die redakteur van De Kerkbode het die gees van die vergadering se besluit só opgesom: "God is in ons geskiedenis, ons kerk is nasionaal."

Andrew Murray, wat steeds die evangeliese tradisie sterk bepleit het, het saamgestem dat die kerk versoening moet bevorder. Hy het dus die Bloemfonteinse besuit ondersteun as 'n poging om die breuk te heel. Hy het egter 'n streep getrek toe dr. Malan as redakteur van De Burger en leier van die Kaapse NP verklaar dat hy hom in die politiek begeef in 'n poging om te verhoed dat die Afrikaners se politieke verskille oorspoel in 'n kerkskeuring. Murray het geantwoord dat die kerk nie deur politieke verskille bedreig word nie, maar deur 'n gebrek aan broederlike liefde en die feit dat sekere mense nie 'n behoorlike plek aan ander lojaliteite en verpligtinge toeken nie. Hy het sy afkeer uitgespreek van die blote gedagte dat die kerk 'n politieke standpunt kan inneem of 'n bepaalde etniese karakter kan propageer. Hy het Malan aangespoor om trou te bly aan die ware evangeliese lewenswyse waarin aan God, wat oor die kerk heers, gegee word wat God toekom en aan die koning, die regering en die nasionale gevoel die dinge wat hulle toekom.

Maar die kerk, soos so baie ander instellings, het toenemend 'n bepaalde volkskarakter begin inneem. De Burber - wat verreweg die belangrikste intellektuel invloed op die Afrikanernasionaliste uitgeoefen het - het aan Malan die preekstoel gege om sy politieke

Bl. 336

idees te verkondig. Hy het besef dat 'n nasionalistiese beweging wat wil slaag, sy lede moet oortuig dat die volk uniek is. Hy het geredeneer dat die kerk in Suid-Afrika die koloniste 250 jaar lank bymekaar gehou en op godsdienstige grondslag verenig het. Die kerk is dus die instelling wat God gebruik om die Afrikaners te lei en in 'n eenheid te smee. Die kerk is die waarborg van die Afrikaners se "nasionaliteit".

Malan het verklaar dat die klem wat die SAP op versoening tussen Afrikaners en Engelse lê, 'n noodlottige prys het: die ondermyning van die Afrikaners se gevoel dat hulle 'n unieke volk is. Die SAP het volgens hom ook ' n fout gemaak deur politiek en godsdiens apart van mekaar te probeer hou. Malan het dit as sy plig beskou om die NP op te bou as 'n party wat hom ten doel sou stel om die taal en die gemeenskap te bewaar. Hy het geglo die kerk moet dieselfde doel nastreef.

"Gebore uit die volk om die volk te dien"

Ná die Rebellie het De Burger hom die lot aangetrek van rebelle wat op die rand van bankrotskap gestaan het weens eise om skadevergoeding deur mense wie se plase hulle geplunder het. Teen die begin van 1916 het eise van £300 000 die Vrystaatse rebelle in die gesig gestaar. Meer as twee derdes van die bedrag is geëis van boere in die noordelike Vrystaat. In Transvaal het die eise op £35 000 te staan gekom.

In 1916 is die Helpmekaarvereniging met takke in al vier provinsies gestig om geld bymekaar te kry om die rebelle se boetes en die eise om skadevergoeding te betaal. Die bydraes het maar stadig ingekom totdat De Burger ingegryp het. Met sy verlede as kerkleier kon D.F. Malan nasionalistiese oproepe paar met beroepe op Christelike plig. Aan die een kant het hy gesê dat niemand wat hom self 'n Afrikaner noem, kan agterbly nie; aan die ander kant het hy gemaan dat Christene verplig is om die behoeftiges by te staan.

Malan se oproepe het op vrugbare aarde by welgestelde Afrikaners geval. J.E. de Villiers van die Paarl het beloof om £500 te skenk indien 500 ander individue elkeen £100 bydra. Weldra het die Helpmekaar-fondsinsameling momentum begin kry. Selfs minder welgestelde mense het bygedra. Om fondse in te samel, het vroue op talle dorpe basaars, konserte en dinees gereël. De Burger se Middelburgse korrespondent het geskryf: "Ek ken geen magtiger middel tot die saamsnoer van die Afrikanervolk as hierdie basaars nie ... Deur die nood gedrewe, kom ons nader aan mekaar. Tussen dié wat help, kom 'n band wat nie lig verbreek sal word nie. Dit is die groot betekenis van die die Helpmekaar-basaars."

Die Helpmekaar-poging was veronderstel om bo partypolitiek te wees, maar die NP het gou die leiersrol begin speel en die grootste voordeel daaruit gehaal. Sy leiers het vergaderings waar geld ingesamel is, geopen, maar die SAP het geweier om amptelik betrokke te raak. In 1917 het dit duidelik geword dat die Helpmekaarvereniging in staat sou wees om al die boetes en eise te betaal. Meer as £250 000 is uitbetaal net aan rebelle in die noordelike Vrystaat en ongeveer £500 000 vir eise in ander dele van die land. Daar het £92 000 oorgebly.

Net so belangrik as die geld wat ingesamel is, was die enorme gevoel van selfbemagtiging as gevolg van die suksesvolle insameling. Die dag 10 November 1917 is bepaal as die dag waarop die teiekenbedrag in moes wees. Toe dit blyk dat dit bereik sou word, was

Bl. 337

daar groot feesvierings. Die Stellenbosse korrespondent van De Burger het geskryf dat mense van die dorp op straat uitgekom het om mekaar geluk te wens. "Blydskap en vreugde staan op elkeen se gelaat. 'n Mens voel die geestelike stemming .... Op hul gesig, in hul oë, in hul houding kan 'n mens lees: 'Die Helpmekaar was 'n sukses, die skuld is afbetaal en daar is nog geld oor!'" Die Helpmekaarpoging het die amperse fiasko van die Rebellie omskep in 'n groot prestasie vir 'n na;sinale beweging wat nog in sy kinderskoene gestaan het. By die stembus sou die NP groot voordeel hieruit trek.

Dit het ook die aansien van De Burger en die Nasionale Pers, wat so nou betrokke was, sterk laat styg. Vir die jong persmaatskappy was dit onstuimige dae. By verskeie geleenthede het soldate gedreig om die Nasionae Pers se gebou in puin te lê. In die tweede  helfte van 1916 het verskeie firmas hul advertensies onttrek ná 'n hoofartikel wat die Britse oorlogsbeleid gekritiseer het. In die Cape Times het briewe aan die redakteur adverteerders versoek om De Burger te boikot. Die bestuur van die Nasionale Pers het wyslik besluit om nie wraak te neem nie en teen die einde van 1916 het die redakteur van die Cape Times die boikot gerepudieer.

Die Nasionale Pers was 'n etniese eerder as bloot 'n  handelsonderneming. Vrywilligers het aandele verkoop en advertensies gewerf, maar gedurende die eerste tien jaar is die maatskappy op die been gehou deur lenings van individue, die Kaapse NP en banke. Tot 1918 is geen dividend  uitbetaal nie. Die Burger op sy eie was ongeveer 40 jaar lank nie finansieel winsgewend nie. Onverwags was dit De/Die Huisgenoot wat goed geld gemaak het. Die persmaatskappy het bestendig uitgebrei. In 1917 het dit 'n koerant in Bloemfontein oorgeneem wat vandag bekend staan as Volksblad. Dit het ook 'n tydskrif vir boere, die Landbouweekblad, daar gepubliseer. 'n Uitgewersfirma, later genoem Nasionale Boekhandel, is in 1917 gestig. Teen 1940 het dit altesame 1 100 boeke gepubliseer en 3 274 581 eksemplare verkoop.

Die tyd was ryp vir 'n Afrikaanse versekeringsmaatskappy. In Kaapstad het 'n Skotse boekhouer, Alfred MacDowall, teenoor sy Afrikanervriende opgemerk dat die sukses met die Helpmekaar-fondsinsameling die groot potensiaal blootgelê het vir ' n groot Afrikaanse onderneming. 'n Soortgelyk voorstel is gedoen deur Fred Dormehl, bestuurder van die Nasionale Pers, wat ook ondervinding van versekering en trustsake gehad het.

In 1918 het Willie Hofmeyr die voorsitter geword van die Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie Maatskappy (Santam), wie se aanbod van 200 000 £1-aandele gou opgeneem is. In dieselfde jaar het die maatskappy die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens Assuransie Maatskappy (Sanlam) gestig met 'n uitgereikte aandelekapitaal van £25 000. 'n Poging om ook direkteure te kry wat die SAP ondersteun, het misluk. Sanlam en Santam was feitlik van die begin af geïdentifiseer met die NP.

Die twee maatskappye h et ook probeer om hul feitlik eksklusiewe Kaapse beeld af te skud deur direktkeure van ander provinsies aan te stel. Al hul dokumente was in albei amptelike tale, maar die maatskappye het hulle self bemark as ware Afrikanervolksinstellings. Sanlam se motto het geword "Gebore uit die volk om die volk te dien". Ná groot terugslae in die vroeë jare het Sanlam en Santam bestendig begin uitbrei. In 1925 het 'n tydskrif vir die assuransiebedryf Sanlam se opkoms as buitengewoon vinnig bestempel.

Die sukses van Sanlam en Santam was 'n aanduiding van die toenemende voorspoed

Bl. 338

van die meer gevestigde boere. Wyn- en koringboere het ná Unie goed gevaar en die meer progressiewe Vrystaatse en Transvaalse boere het ook beter dae begin belewe. 'n Beweging het posgevat om die regering te oorreed om die pryse van landbouprodukte te stabililseer. In die geval van die wynbou was die eerste stap die vestiging van die Ko-operatieve Wijnbouwers-vereniging (KWV), wat in 1924 deur wetgewing bekragtig is. 'n Koöperatiewe beweging in die landbou het momentum gekry met die aanname van die Koöperasiewet van 1922. Boere het hul gewig by die NP ingegooi, behalwe in Transvaal, waar die SAP-regering gunstige bemarkingsooreenkomste tussen die mielileboere en myne gesluit het.

Die bestuur van die openbare korporasies (Evkom en Yskor) in die noorde is hoofsaaklik uit die geledere van Afrikaners getrek. Hier kon baie Afrikaners die eerste keer leer hoe om groot ondernemings te bestuur. Maar die Afrikaners se opkoms in die private sektor was stadig en onskouspelagtig. Die ondernemings van die paar Afrikaner-entrepreneurs was beskeie. Hulle is nie net deur die winsmotief aangespoor nie, maar ook deur die begeerte om te bewys dat die Afrikaners in die sakewêreld kan slaag. Albert Wessels, 'n Vrystaatse seun wat 'n entrepreneur sou word, het oor sy vroeë dae in Johannesburg geskryf: "Ons het daarvan bewus gebly dat ons ouers verslaan was en diep in ons gemoed het daar 'n sug na rehabilitasie ontstaan. Dit het ontwikkel in 'n drang om te bewys dat jy minstens die gelyke van die veroweraars en hul nasate is."

Bruin en wit Afrikaners

Een van Sanlam se eerste stappe was om enkele kleurlingagente aan te stel om klandisie van die kleurlinggemeenskap te kry. Die maatskappy het besef dat hierdie gemeenskap 'n marksegment verteenwoordig wat verskillend genoeg was om spesiale agente te regverdig.

Om kleurlinge of bruin mense te definieer, was altyd onmoontlilk. Vir Abdullah Abdurahman, die voorste kleurlingleier, het die term "kleurling" beteken enigiemand wat 'n Britse onderdaan is maar nie 'n Europeër nie. Tog was daar baie kleurlinge wat in hul voorkoms nie van die blankes verskil het nie. Kleurlinge is gevorm deur hul uitsluiting van die dominante blanke groep, veral in die kerk en die skool, en positief deur die vereenselwiging van die oorgrote meerderheid met die Westerse kultuur en Christelike godsdiens.

Die kleurlinggemeenskap was in 1904 445 000 sterk en in 1930 682 000. 'n Klein minderheid het in die Vrystaat en Transvaal gewoon, waar hulle gedurende die eerste dekades van die eeu nog aan die paswette onderworpe was. Meer as vier vyfdes het in die Kaapprovinsie gewoon. 'n Groot merderheid van die kleurlinge was baie arm en was in diens as ongeskoolde arbeiders op plase of as huisbediendes. Talle vakbonde het geweier om kleurlinge as lede te aanvaar. Geskoolde werkers het dikwels net die helte van hul wit eweknieë se vergoeding verdien. Daar was feitlik geen gekleurdes in die senior administratiewe poste in die staatsdiens nie en baie min in die beroepe. Onderwysers, verpleegsters en polisiebeamptes uit hul geledere het heelwat minder salaris en pensioen as blankes ontvang. Maar kleurlinge kon eiendom op enige plek in die Kaapprovinsie besit en omtrent al die dorpe in die provinsie ht 'n gemengde gebied gehad waar bruin en armer wit mense vreedsaam saamgleef het.

Bl. 339

Hoewel daar geen statutêre segregasie was nie, was daar ook geen geïntegreerde skole of hospitale nie. Die meeste openbare geriewe en restaurante was gesegregeer en het nie kleurlinge toegelaat nie. In Kaapstad is kleurlinge wel in die stadsaal en in sommige bioskope toegelaat. Dit was meestal die liggekleurde kleurlinge wat kon deurglip. Daar was ook feitlik geen geïntegreerde sport op georganiseerde grondslag nie. In Kaapstad het 'n aansienlike minderheid Engels as eerste taal gepraat en hier het ook 'n groot Moslemgemeenskap gewoon. Meer as 80% van die bruin mense was Afrikaanssprekend. Die NG Sendingkerk was die grootste kerkgenootskap.

Gedurende die hele twintigste eeu het Afrikaners wat hulle vir Afrikaans beywer het, voor 'n sleutelvraag te staan gekom wat hulle nooit behoorlik beantwoord het nie. Die vraag was: is die Afrikanergemeenskap 'n rasgebaseerde gemeenskap wie se taalstryd ondergeskik is aan die vestiging van blanke baasskap? Of is dit hoofsaaklik 'n taalgemeenskap wie se maatskaplike identiteit gevorm is deur die stryd vir Afrikaans as openbare taal op gelyke vlak met Engels? As dit die laasgenoemde is, sou die belangrikheid van ras bestendig moet afneem en die crede "die taal is gans die volk", wat aktiviste dikwels aangehaal het, 'n werklikheid oor rassegrense heen word.

Dit was 'n strydpunt wat wit en bruin Afrikaanssprekendes nie op hul eie kon besleg nie. Die taalkwessie het al hoe meer verweef geraak met die stryd tussen die twee wit gemeenskappe. G.H. Galpin het in sy boek There are no South Africans geskryf: "The British, in fact, did not want to learn Afrikaans - and for reasons which have little to do with the oft-repeated assertions that Afrikaans was no language at all, and much to do with the fear of an Afrikaner advance." Die minagting wat baie Engelssprekendes dikwels in openbare debatte vir Afrikaans aan die dag gelê het, was nie bloot taalimperialisme nie. Sowel die SAP as wit Engelssprekendes was oorverteenwoordig in die staatsdiens, die beroepe en die bestuursposte van die ekonomie. Hulle het belang daarby gehad om te verhinder dat die Afrikanernasionaliste Afrikaans as middel gebruik om die Afrikaners agter hulle te mobiliseer. Hulle het dus, soos reeds gesê, die veelrassige herkoms van Afrikaans gebruik om die taal in 'n swakker lig te stel.

By wyse van reaksie het die nasionaliste Afrikaans as 'n blanke skepping probeer voorstel, soos Langenhoven na afrikaans verwys het as die enigste witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is. Sulke uitsprake kon kwalik die halfmiljoen gekleurde Afrikaanssprekendes tot die stryd vir Afrikaans aanspoor. Hierdie les is by Langenhoven tuisgebring toe hy 'n geleentheid by 'n kleurlingskool bygewoon het waar met 'n enkele uitsondering slegs Engelse gedigte voorgedra is. Ontsteld het hy uitgeroep: "Daar is 'n miljoen, ja, 'n miljoen potensiële lesers van Die Huisgenoot - en wat doen ons vir dié mense; wat is ons houding teenoor hulle, dat hulle aan hul moedertaal, Afrikaans vashou en nie vervreemd raak nie?" F.E.J. Malherbe, 'n literator wat teenwoordig was, het geskryf: "Selde het ek Langenhoven so ernstig sien reageer."

J.H.H. de Waal, skrywer van die eerste Afrikaanse roman en 'n NP-lid van die Volksraad, het 'n inklusiewe benadering voorgestaan. Hy het die stryd beskou as 'n stryd tussen Britse imperialiste, mynmagnate en selfsugtige fortuinsoekers aan die een kant, en aan die ander kant die "permanente bevolking", van wie die kleurlinggemeenskap 'n onmiskenbare deel was. Hy het stelling ingeneem teen diegene wat 'n kloof probeer skep het tussen die wit Afrikaners en hul bruin "mede-Afrikaners, wat dieseldfe taal praat,

Bl. 340

dieselfde liefde vir Suid-Afrika het, meestal dieselfde geskiedenis en belange het en wat deur dieselfde vriende om die bos gelei word". Hul gemeenskaplike vyand was volgens hom die "imperialiste" wat immigrasie bepleit het. Dit lei daartoe dat die brood uit die mond van bruin en wit Afrikaners geneem word.

Dr. Abdullah Abdurahman was een van die sterkste teenstanders van die poging om die bruin mense by die Afrikanernasionaliste en die NP te laat aansluit. Hy is uit 'n vooraanstaande Moslem-familie in Kaapstad gebore en is in Brittanje as geneesheer opgelei. In 1905 het hy leier geword van die eerste belangrike kleurlingbeweging, die African People's Organisation (APO), wat gestig is om gelyke regte vir alle mense van kleur met blankes na te streef. Hy het die kleurlingpolitiek die eerste veertig jaar van die eeu oorheers.

Abdu4rahman het die poging deur Hollands- of Afrikaanssprekende blankes om aan hul taal vas te hou, bestempel as iets wat uit die engheid en bitterheid van die stryd tussen die twee wit gemeenskappe voortspruit. Hy het sy volgelinge aangemoedig om vlot te word in Engels, "the most universal of all languages" en om op te hou om hulle in die "barbarous Cape Dutch" uit te druk.

Nietemin het die APO, sy organisasie se koerant, Afrikaans en Hollands op die agterbladsye gebruik omdat dit die gemeenskaplike taal van die Kaap se bruin mense was. Die term Afrikaner het nog nie 'n definitiewe rassekonnotasie gehad nie. In 1912 het die APO 'n voorstel aangeneem dat "Kaapse Afrikaners" 'n geskikter term vir die gemeenskap is as "kleurlinge".

Abdurahman was feitlik seker die skrywer van die rubriek "Straatpraatjies" wat tussen 1909 en 1922 in die APO verskyn het. Dit het die rubriek "Parlementse Praatjes", wat in De Zuid-Afrikaan verskyn het en hoofsaaklik deur De Waal geskryf is, as model geneem. Laasgenoemde rubriek het in sy spelreëls  en sintaksis die middestandsvariant van Afrikaans gebruik. Daarteenoor het "Straatpraatjes" die spreektaal van die Kaapse werkers, wit en gekleurd, aangewend. Engelse woorde is vryelik gebruik, asook slang en grappige uitdrukkings. Dit het m et die skynheiligheid van die blanke politiek - en veral die Afrikanerpoliltiek - die spot gedryf.

Aangesien die bruin mense geen bedreiging vir blanke baasskap gevorm het nie, was die wit politieke partye geneig om opportunisties teenoor hulle op te tree. In die Kaapkolonie het die Progressiewe Party onder Leander Starr Jameson hulle die dodelikste slag toegedien deurdat die party in 1905 onderwys net vir blankes verpligtend gemaak het. Nietemin het die party se opvolger, die Unionistiese Party, groot steun van kleurlinge gekry met sy slagspreuk van beskaafde regte vir alle beskaafde mense. Die Arbeidersparty was die enigste party wat ooit in 'n pamflet beweer het dat mense in die hoogste posisies in die land in werkllikheid kleurlinge is. Maar die Arbeidersparty se bondgenote, die vakbonde, het kleurlinge se vooruitgang belemmer deur hul lildmaatskap tot blankes te beperk.

Die Suid-Afrikaanse Party was formeel ten gunste van die bevordering van die bruin mense, maar in die eerste vyf jaar van Unie het dit alle wit kinders uit die sendingskole gehaal, waar 'n groot aantal nog saam met bruin en swart kinders op diesdelfde bank gesit het. Die staat se besteding is gekenmerk deur ' n hoë mate van diskriminasie. In 1922 het 'n organisasie van kleurlingonderwysers gevra dat kleurlingskole ten minste die

Bl. 341

helfte van die subsidie van wit skole moet kry. Die SAP-regering het hierdie oproep van die hand gewys met die opmerking dat dit eers vir die blankes moet sorg en dat die bruin mense hul beurt moet afwag.

Abdurahman se APO het die SAP die party van "dop en strop" genoem en dit daarvan beskuldig dat dit bang is vir die wynboere wat net in goedkoop bruin arbeid belang stel. Maar sy skerpste veroordeling w as vir die NP. Die APO het Hertzog se eis om die segregasie van swart mense as rampspoedig en barbaars bestempel. Hul vrees, wat versiende sou blyk te wees, was dat die NP algaande die benadering van die noordelike blankes ten opsigte van die kwessie van kleur sou aanneem. Die Noorde sou, met ander woorde, nie soos die Suide word nie, soos die liberale van die Kaap gehoop het, maar die Kaap sou meer soos die Noorde word deur sowel kleurlinge as swart mense te segregeer. Abdurahman het die skrikbeeld voorbehou dat die NP Suid-Afrika se bande met die Britse Ryk sou afsny - 'n daad wat na sy mening die bruin mense sonder enige verdediging sou laat.

Vuir ongeveer twee dekades ná sy stigting in 1914, het die Nasionale Party merkwaardig dubbelsinnig oor die bruin mense gebly. Aanvanklik het die party daaraan gedink om 'n veelrassige party te stig, gegrond op die gemeenskaplike bedreiging wat wit en bruin mense ondervind van uiters goedkoop swart trekarbeid. In 'n pamflet met die titel "Die Groot Vlug" het D.F. Malan, die Kaapse NP-leier, die wydverspreide armoede onder bruin en wit mense as identiese probleme uitgelig en die segregasie van swart mense as die antwoord voorgehou. In 1915 het Bruckner de Villiers as NP-kandidaat in die kiesafdeling Paarl beloof dat hy - indien  hy verkies word - sou bedank as hy enige maatreël aanneem wat teen kleurlingbelange indruis. Tale APO-lede het hom ondersteun totdat Abdurahman hulle herinner het dat Hertzog leier is van die Vrystaat, waar kleurlinge nog steeds passe moes dra.

Hertzog het kleurlinge beskou as mense wat in die blanke beskawing gebore en getoë is, veral onder Hollandssprekende Afrikaners, met wie hulle taal en belange gedeel het. Kleurlinge het polities en ekonomies by wittes behoort. Maatskaplik moes hulle hul egter apart hou. Soos hy dit gestel het: "Die plek van die opgevoede kleurling is onder sy eie mense. Hy moet sy eie mense dien."

Die NP het die kleurlinge tussen 1919 en 1929 met toenemende dringendheid probeer oorhaal. Die NP was waarskynlik agter die stigting in 1919 van die Verenigde Afrikaner-liga (VAL), wat die APO gekritiseer het omdat dié besluit het om die Unionistiese Party met sy Britse beeld te ondersteun. Die VAL het onderneem om die NP en die beginsel van "Afrika vir die Afrikaner" te ondersteun.

Dit het 'n koerant, The Clarion, gepubliseer wat daartoe verbind was om vir 'n kleurlingnasionalisme te veg wat respek wou wen vir "ons ras, die opvoeding van ons kinders, die opheffing van ons mense en ons ekonomiese vooruitgang". Die Clarion het spookskrywers gehad wat in alle waarskynlikheid NP-poliltici of joernaliste van De Burger was. Dit het kleurlinge voorgehou as 'n aparte gemeenskap wat die belange van die Afrikaners deel, maar sommige artikels het prontuit gesê dat die kleurlinge Afrikaners is wat Afrikaans praat, en verder niks.

Die VAL het nie daarin geslaag om in die verkiesing van 1921 kleurlingstemme aan die NP te besorg nie en die Clarion is gestaak. In 1924 het die NP die Afrikaanse Nasionale

Bl. 342

Bond (ANB) gestig om die VAL te vervang. Malan het die grondwet self opgestel. Hy het onderskei tussen drie rasse in Suid-Afrika: die blankes, die kleurlinge en die swart mense. Hy het die ANB daartoe verbind om bruin saam met wit mense te beskerm en dat albei 'n bskaafde standaard wou handhaaf in hul mededinging met die swart mense.

Die ANB het ook by die kleurlinge daarop aangedring om hulle nie as wit te probeer voordien nie, maar terselfdertyd ook nie hul Afrikaanse erfenis te versmaai nie. Hierdie organisasie het egter nie veel ophef van taal gemaak nie. Sy tydskrif, Die Bond, het geskryf dat slegs 5% van die kleurlinge Hollands verstaan. In Kaapstad en omgewing het die meeste Engels gepraat. Die ANB het nie juis van die term kleurling gehou nie, maar die benaming Afrikaner was ook nie meer 'n opsie soos tien of vyftien jaar tevore nie. Die blad het "Eurafrikaner" voorgestel as naam in sy poging om 'n ras op te bou "waarop die Europeërs kan trots wees". Die ANB het 'n verbasend hoë ledetal van etlike duisende bereik.

Ná die verkiesing van 1924 het Die Burger geoordeel dat die meeste van die "ontwikkelde kleurlinge" vir die Pakt-alliansie gestem het. Die Pakt-regering onder Hetzog het sy kleurlingondersteuning probeer verstewig. Die regring het die besteding aan kleurlilngonderwys met 60% verhoog, wat daartoe gelei het dat die aantal kleurlingkinders op skool met 30% gestyg het. Formeel het die Pakt se beleid van beskaafde arbeid ook voorrang verleen aan kleurlinge in openbare werke en by die spoorweë, maar blankes is omtrent altyd voorgetrek (sien p.292). Die regering het geweier om die gaping in die salarisse van wittes en kleurlinge te vernou. Al is die besteding aan kleurlingonderwys verhoog, het die verskil in besteding aan wit en bruin onderwys dieselfde gebly. Daar is begin om ouderdomspensioene aan kleurlinge te betaal, maar die maksimum vir hulle was 70% van dié van blankes.

In al hierdie opsigte het die NP sigbare stappe gedoen om die opheffing van kleurlinge te bevorder, terwyl dit terselfdertyd teen hulle gediskrimineer het. In die omraming van die blanke politiek was sy optrede nietemin progressief en toe die verkiesing in 1929 aanbreek, was die party vol vertroue dat die kleurlinge hom hiervoor sou beloon. Die NP het egter onder bruin kiesers baie swak gevaar. Een van die redes was die diskriminasie teen hulle.

Daar was ok 'n nog belangriker oorsaak van die bruin kiesers se afjak vir die NP. Dit het in verband gestaan met veranderings wat Hertzog in die kwalifikasies vir die stemreg wou aanbring. Die NP het twee doelstellings voor oë gehad: dit wou blanke vroue die stemreg gee en dit wou swart mense in die Kaapprovinsie van die gemeenskaplike kieserslys afhaal. Binne die party was daar breë steun hiervoor, maar ernstige verskille het bestaan oor hoe die stemreg na bruin vroue in die Kaapprovinsie en na alle bruin volwassenes in die noordelike provinsies uitgebrei kon word.

Hertzog het nog altyd vas geglo dat die kleurlinge by die blankes hoort en hy was bekommerd oor die vermenging van kleurlinge met swart mense. Oswald Pirow, een van sy trouste volgelinge, het berig dat die siening by hom posgevat het dat die bruin bevolking 'n groot aanwas ondervind deur die vermenging van bruin en swart mense in die stede. Hertzog het geglo dat baie mense wat as kleurlinge aangedui word, nie beter is as swart mense nie en dus nie geregtig op gelyke regte nie. Hy het 'n baie kleiner groep mense in gedagte gehad - die kleurlingelite, wat volgens hom mense was wat werklik

Bl. 343

"kleurling" was. Hy h et gesê dat daar skegs regte aan kleurlinge gegee kan word as 'n mens weet wie 'n kleurling is.

Maar wie was hierdie "werklike kleurlinge" as die groep self gekenmerk is deur die afwesigheid van enige duidelike grense? Hertzog het hom nie laat afskrik nie. Arthur Barlow, wat private gesprekke met Hertzog gevoer het, het geskryf dat Hertzog 'n soort "stud-book" wou opstel. Hy wou 'n soort herrenvolk onder hulle opbou.

Die Hertzog-regering het in 1928 besluit dat die kleurlinge se stemreg nie uitgebrei kon word voordat hulle gedefinieer en op 'n lys geplaas is nie. In Februarie 1929, met die verkiesingsveldtog reeds aan die gang, het die regering twee wetsontwerpe ter tafel gelê. Die een was bedoel om swart mense in die Kaapprovinsie te ontkieser en die ander om die stemreg vir kleurlinge na die Noorde uit te brei en hersieningsrade in te stel. Hierdie rade moes 'n lys van kleurlingkiesers in die vier provinsies opstel en die lys moes geen swart mense insluit nie. In die parlementêre debat het dit duidelik geword dat die kleurlinge in Kaapstad, net soos mense elders in die land, voor 'n raad sou moet verskyn om as gekwalifiseerde kiesers gesertifiseer te word.

Die Suid-Afrikaanse Party het die voorstel uit die opposisiebanke kwaai gekritiseer en verklaar dat die definisie van 'n kleurling so vaag en vol skuiwergate is, dat een seun in 'n gesin as kleurling geklassifiseer sou kan word en sy broer as 'n swart man. Smuts het gesê die wetsontwerp tref 'n onderskeid wat belaglik en willekeurig is. Hy het korrek geoordeel dat die oorgrote meerderheid van die kleurlinge die status quo verkies bo die klassifikasieproses met al sy gevare.

In die verkiesing van 1929 het die NP die bewind die eerste keer op sy eie verower. Dit is deur ' n groot meerderheid van die Afrikaners gesteun, maar het nie betekenisvolle ondersteuning van bruin kiesers gekry nie. Die Burger het geskat dat minder as 10% van die kleurlinge in die stedelike setels van die Kaapprovinsie vir die NP gestem het. Op die Kaaplandse NP-kongres, drie maande ná die verkiesing, het Malan gesê die poging om kleurlinge te definieer en te klassifiseer het hulle afgeskrik. Hy het nou ook weggestaan van sy idee dat die kleurlinge een van drie rasse vorm. Hy was nie ten gunste van 'n beleid wat 'n definitiewe rassegroep uit die kleurlinge probeer skep wat dan veronderstel is om ooreenkomstig hul rasbelange te stem nie. Kleurlinge, het hy verklaar, moet na die stembus gaan as burgers van Suid-Afrika.

In 1936 ht Malan voorgestel dat kleurlinge heeltemal van die kieserslys verwyder word. Binne sewe jaar het hy dus bollemakiesie geslaan oor die kwessie van die kleurlingstemreg. Wat het gebeur? Die kort antwoord is: die samesmelting van die NP en die SAP in 1934, waaraan Malan en sy volgelinge nie deelgeneem het nie. Ná die samesmelting was die nuwe Verenigde Party in die gunstigste posisie om feitlik al die kleurlingstemme te lok wat die Nasionale Party in die jare twintig gekry het. Terselfdertyd het die aantal kleurlingkiesers proporsioneel skerp gedaal weens die opname van wit vroue op die kieserslys. In die Kaapprovinsie het die aantal kleurlingkiesers van 11% tot 6% van die totale aantal kiesers gedaal. Dit het 'n party soos Malan se "Gesuiwerde" Nasionale Party - wat nou die opposisie was - veel minder as tevore gekos om die kleurlingstem te ignoreer. Malan se NP het nou probeer om die VP te troef deur 'n veel strenger beleid van segregasie, ook teen kleurlinge, voor te staan - 'n beleid wat veral in die noordelike provinsies gewild sou wees.

Bl. 344

Malan en sy volgelinge het gemeen dat die rasseverhoudinge sou verbeter as die kompetisie tussen die partye tot blankes beperk word deur die stemreg van die kleurlinge weg te neem. Dieselfde argument is in die 1890's in die Amerikaanse Suide gehoor toe die twee groot partye ooreengekom het om swart kiesers van die kieserslys te verwyder. In werklikheid het die teenoorgestelde gebeur: nadat die swart kiesers uitgeskakel is, het die rassediskriminasie veel erger geword. Dieselfde sou in Suid-afrika gebeur. So lank die kleurlinge beskou is as deel van die politieke stelsel in die Kaapprovinsie, was die definisie van 'n Afrikaner in dié provinsie vloeibaar en oop. Dit het eers eng en geslote geword nadat die stelsel bruin mense heeltemal uitgesluit het.

Van die 1930's tot die einde van die 1960's was die klem in Afrikanergeledere op die historiese eksklusiwiteit van die Afrikaners en hul kultuur. In die romans van die jare dertig - veral Mikro se Toiings en C.M. van der Heever se Somer en Op die Plaas - is daar 'n gebrek aan 'n gemeenskaplike menslikheid tussen die Afrikanerbaas en sy bruin bediende. Laasgenoemde word uitgebeeld as 'n onverantwoordellike kind wat nie in staat is om sy eie kultuur te skep nie en heeltemal afhanklik is van wat hy op stoflike en geestelike gebied van sy baas kan ontvang.

In Kaapstad het baie bruin mense na Engels oorgeskakel. In 1924 het Die Burger bevind dat die voertaal in kleurlingskole in die stad oorwegend Engels is. Die druk wat Malan se NP van die 1930's begin uitoefen het vir segregasie in die woongebiede en maatskaplike verkeer, het die kloof tussen die opgevoede bruin mense en wit Afrikaanssprekendes groter gemaak. Die NP se klem op armoede as net 'n blanke probleem en die dwaasheid om kleurlinge te probeer klassifiseer, het beteken dat baie min bruin mense hulle self ná 1930 Afrikaners genoem het.

SAP-Afrikaners

Tussen 1910 en 1933 was die leiers van die Suid-Afrikaanse Party altyd Afrikaners, terwyl die gewone lede toenemend Engelssprekendes was. Jan Smuts wat in 1919 ná die dood van Botha leier en eerste minister geword het, was 'n briljante intellek en uitgeslape politikus, maar hy het Botha se geduld, takt en openheid kortgekom.

Saam met Hertzog (leier van die Nasionale Party) het Smuts die politieke toneel oorheers. Nie-amptellik het Hertzog die Afrikaners en Smuts die Engelssprekendes verteenwoordig. Die twee wit gemeenskappe was gewikkel in 'n intense en dikwels bittere stryd oor status, wat oor sake soos 'n republiek, 'n nasionale vlag en die amptelike status van Afrikaans gegaan het. Agter hierdie wrywing het die Engelssprekendes se vrees vir 'n republiek gelê en die Afrikaners se vrees vir ekonomiese en kulturele marginalisering. Daar was min sosiale kontak tussen hulle. Hulle het in verskillende dele van die land gewoon en in Johannesburg, Kaapstad, Bloemfontein en Port Elizabeth hoofsaaklik in aparte woonbuurte. Hulle het hul kinders na verskillende skole gestuur.

Smuts het die Engelssprekende Suid-Afrikaners betower. Hy was 'n Afrikaner wat met h eldemoed aan die kant van die Boere in die Anglo-Boereoorlog geveg het, maar later ook in die Britse oorlogskabinet in Londen gedien het. Hy was onmiskenbaar Afrikaans, ook wat betref die aksent en idioom waarmee hy Engels gepraat het. Hy het geen aanstellerigheid gehad nie. Politici, koerantredakteurs en bekende geleerdes in Brittanje, Europa

Bl. 345

en die VSA het hom as een van die grootste intellektuele van sy tyd beskou. Hy het 'n filosofiese verhandeling oor holisme in die natuur, Holism and Evolution, geskryf wat internasionale erkenning gekry het.

Die sleutel van Smuts se filosofie van holisme was die gedagte dat alle vorme van lewe in die heelal onderling verbonde is. Die laer vorme bring die hoër "hele" voort en word uiteindelik daarby ingelyf. Daar is 'n proses van "whole-making". Hy besluit: "And the progressive development of the resulting wholes at all stages, from the most inchoate, imperfect, inorganic wholes to the most highly developed and organic is what we call Evolution." Die grootste geheel verteenwoordig die bron van die mens se hoogste ideale. Baie van sy ondersteuners het hierdie abstrakte filosofie beskou as 'n onderskrywing van die Britse ryk en van die SAP (en later die VP), wat lede van albei wit gemeenskappe in 'n groter geheel verwelkom het.

Smuts se groot missie was om Suid-Afrikaners lojaal teenoor die Britse ryk te laat voel. Hy het hierdie visie in 1917 uitgespel: "We are not one nation, or state, or empire, but we are a whole world by ourselves, consisting of many nations and states an all sorts of communities under one flag." Die ryk is 'n gemeenskap van state en nasies wat op gelyke voet met mekaar verkeer, dit was sy oortuiging. Dit staan nie vir denasionalisasie nie, maar wel vir 'n voller, ryker en meer geskakeerde lewe van al die nasies wat deel daarvan is. Dit is 'n dinamiese stelsel wat hom die hele tyd aanpas om na nuwe bestemmings te streef. In 1919 was Smuts 'n medestigter van die Volkebond as internasionale forum om die vrede te bewaar.

Slegs 'n reusefiguur soos Smuts kon die botsende elemente in sy party bymekaar hou. Hertzog het van Smuts gesê dat Suid-Afrika vir hom te klein is. Hy wil op 'n berg staan eerder as op 'n miershoop en met elke voet in 'n ander kontinent. Smuts het geantwoord dat Hertzog altyd spoke van sy eie skepping aanval.

In die verkiesing van 1920 het Smuts se SAP en die Unionistiese Party ernstige terugslae ondervind en die NP het die meeste setels verower. Smuts het op die tweesprong gestaan: Moet sy party hom tot die NP of of die stoere Empire-gesinde Unioniste wend om 'n nuwe party te vorm? Gesprekke met die NP het in duie gestort toe dit duidelik word dat dié party daarop sou aandring dat lede van die nuwe party toegelaat moet word om vir 'n republiek propaganda te maak. So gretig was die Unionistiese leiers om te verhinder dat die NP aan die bewind kom, dat hulle hul party ontbind en die lede aangeraai het om die SAP te steun. Die nuwe SAP het hom daartoe verbind om die prioriteit van Suid-Afrikaane belange te erken as 'n voorwaarde vir Suid-Afrika se lidmaatskap van die Britse Ryk. Die party sou ook die gelykheid van die twee wit groepe erken. Alle verskille sou besleg word binne die raamwerk van lidmaatskap van die ryk, wat deur die Union Jack en die sing van die nasionale volkslied "God save the King" gesimboliseer is.

Die SAP het in die verkiesing van 1921 geseëvier, maar hy sou in 1924 en 1929 verloor. In die verkiesing van 1929 het die NP 'n volstrekte meerderheid behaal nadat dit 'n swak bewoorde pleidooi van Smuts uitgebuit het. Hy het 'n Britse "Confederation of African States" bepleit, "a great African Dominion stretching unbroken throughout Africa". Smuts het later verduidelik dat hy niks meer bedoel het nie as 'n konfederasie van Britse gebiede in Afrika onder blanke leierskap, maar die NP het hom daarvan beskuldig dat

Bl. 346

hy 'n swart "kafferstaat" propageer waarin Suid-Afrika ingesluk sou word. Die NP het vir die eerste keer ras 'n strydvraag tussen die twee partye in 'n verkiesing gemaak. Hierna was feitlik elke party wat suksesvol wou wees, verplig om 'n sterk standpunt ten gunste van segregasie in te neem.

Engelssprekendes het min besware teen segregasie gehad, maar hulle het hard geveg teen enige simboliese veranderinge wat hul status in vergelyking met die Afrikaners sou verlaag. Hulle het hulle self in die woorde van Patrick Duncan, 'n senior politikus in die SAP, beskou as "a portion of that British stock which has spread its influence over so large a part of the earth". Daarom was lidmaatskap van die Britse ryk so belangrik en het so min van  hulle toegegee dat Suid-Afrika die reg het om van die ryk af te skei. Vir die Afrikanernasionaliste daarenteen was die lidmaatskap van die ryk die simbool van 'n onderhorige status - van Suid-Afrika teenoor Brittanje en die Afrikanergemeenskap teenoor die Engelse gemeenskap in die land.

Die Engelssprekendes het 'n sterk geloof in die uitmuntendheid van Britse instellings gehad. Engelse kinders het geleer om "Land of Hope and Glory" te sing eerder as Suid-Afrikaanse liedjies soos "Sarie Marais". Hoewel die Boy Scout-beweging sy bes gedoen het om kinders van albei taalgroepe aan te trek, het lojaliteit aan die koning en die Union Jack die sentrale plek in die beweging se seremonies ingeneem.

Engelssprekendes het die sportsoorte wat wit Suid-Afrikaners met soveel passie gespeel het, oorheers, behalwe rugby. Engelse koerante het Britse immigrante as senior redaksielede aangestel en het van Britse bronne vir die vertolking van wêreldnuus afhanklik gebly. Hierdie koerante het darem nie meer die jingo-opvattings van die eerste twee dekades van die eeu gepropageer nie, maar samewerking tussen die twee blanke gemeenskappe bepleit.

Afrikaners wat Smuts gevolg het, was geneig om Engelsgesind te wees, hoewel hulle ook afgestoot is deur die jingo-sentimente wat lank in Natal lewendig gebly het. Hulle was dit met Smuts eens dat Suid-Afrika die ekonomiese voor die politieke koninkryk moet soek en dat hulle die bittere dele van die geskiedenis moet vergeet. Smuts se benadering ten opsigte van Afrikaans as taal en die geskiedenis was dikwels sonder emosie ten spyte daarvan dat hy en sy vrou tydens die Anglo-Boereoorlog 'n babaseuntjie verloor het en dit amper 'n jaar geduur het voordat die nuus hom bereik het. Dit was amper asof hy uit 'n Olimpiese hoogte sonder bitter herinneringe na die verlede gekyk het.

Toe Deneys Reitz se Commando, 'n lewendige verslag van die Anglo-Boereoorlog, in 1929 verskyn, het Smuts in die voorwoord verwys na die "great vision of a united South African people to whom the memories of the Boer War would mean no longer bitterness, but only the richness and inspiration of a spiritual experience".

Smuts kon wel by geleentheid 'n roerende toespraak lewer. So 'n geleentheid was die onthulling van die Vrouemonument in 1913, waar Smuts verwys het na die 26 000 Afrikanervroue en -kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het. Hy het gepraat van "de vreselike, overstelpende betekenis van deze cijfers. Welke ellende, welke zielenangst moet daar in het hart van de meesten dier vrouwen omgegaan in de vreselike dagen!". Hy het voortgegaan "(Dit) vereist groot zelfbedwang en ingetogenheid om alle gevoelens van bitterheid van zich te stoten ... Ons gemoederen schieten vol en onze

Bl. 347

kelen voelen als toegeschroeft wanneer wij ons aller herinneren, vooral wanneer wij terugdenken aan die smart en ontberingen." Op sulke herinneringe kan die toekkoms egter nie gebou word nie. Die weg wat Smuts aangedui het, was dié van "liefde en vrede".

Die meeste SAP-Afrikaners het waarde aan Afrikaans as taal geheg, hoewel hulle geneig was om te voel, soos F.S. Malan gesê het, dat die Nasionaliste 'n te groot ophef daarvan maak. Taal was nie net 'n kwessie van identiteit nie, maar ook van bevorderingskanse, veral in die staatsdiens. In 1923 het die Smuts-regering wetgewing deurgevoer waarvolgens die aanstelling en bevordering van staatsamaptenare daarvan sou afhang dat kandidate in 'n tweetaligheidseksamen slaag. Maar die regering, wat nou hoofsaaklik op Engelssprekende steun staatgemaak het, het die wet nie streng toegepas nie. Nadat die NP in 1924 aan die bewind gekom het, het die regering 'n regulasie uitgereik wat van staatsamptenare verwag het om die twee amptelike tale 'n week op 'n slag om die beurt te gebruik. Die SAP, wat nou in opposisie was, het die regering daarvan beskuldig dat hy die taalartikel misbruik om Afrikaners te begunstig. (Dieselfde sou ná die verkiesing van 1948 gebeur.)

Smuts het aangehou om by die huis en in toesprake Hollands en later Afrikaans te gebruik, maar hy het al hoe meer Engels gebruik in die ongeveer 23 000 briewe wat hy gedurende sy leeftyd geskryf het. Hy kon eenvoudig nie insien waarom dit vir die regering nodig is om te sorg dat Afrikaans in di e praktyk ook op gelyke voet met Engels geplaas word nie. In 1950, met sy tagtigste verjaardag, is 'n groot viering op Stellenbosch gehou. H.B. Thom vertel: "Hy was oud en nie meer so sterk nie, maar in 'n goeie stemming. Iemand vra vir hom - 'n vraag wat op Stellenbosch verwag kon word - wat sy aandeel was 'in die bevordering van die Afrikaanse taal en opbou van 'n eie Afrikaanse kultuur'. Hy antwoord kort en saaklilk. 'Hulle vra wat ek gedoen het vir die Afrikaanse taal, maar, goeie hemel, hoeveel ander werk moes ek nie doen nie!' Die Burger het 'n paar dae later opgemerk: 'Hy het geen tyd gehad vir sy volk se stryd nie. Hy was te besig."

Dit is 'n onregverdige opmerking as Smuts se loopbaan in geheel beskou word. Vir hom was ekonomiese groei en onderwys die beleidsprioriteite in die opheffing van die blankes en die Afrikaners in die besonder. Die bevordering van Afrikaans as taal was 'n saak van mindere belang. As bedrewe politikus behoort hy egter te besef het dat dit hom en sy party kwesbaar maak. W.K. Hancock, die Australiese historikus wat die beste biografie van Smuts geskryf het, besluit dat hy geleenthede verspeel het om sy belangstelling in die ontwikkeling van die Afrikaanse taal te toon.

Afrikaners wat Smuts gevolg het, was meesal ryk en goed opgevoed. 'n Engelssprekende het hulle soos volg beskryf: "A minority of more intelligent Dutch, who saw that, though South Africa might be the Afrikaner's home, it was not therefore the hub of the universe, ex officio". Smuts was inderdaad net so tuis in Londen as in sy beskeie  huis buitekant Pretoria en het intellektueel miskien meer in Europa en Amerika as Suid-Afrika geleef. Hy het op 'n slag in 'n brief aan sy Britse uitgewer na Suid-Afrika verwys as "a far-off corner of the world".

N.P. van Wyk Louw, die voorste figuur in die Afrikaanse lettere, het in 'n essay van 1951 hierdie uitlating (miskien ietwat onbillik) gebruik as 'n bewys van "die tipiese koloniale kultuurbewussyn" wat die ouer geslag Suid-Afrikaners gekenmerk het. Dit het volgens hom veronderstel dat die wêreld 'n sentrum (Londen? Cambridge? Oxford?)

Bl. 348

het, wat die hart of die brein bevat en koloniale uithoeke soos Suid-Afrika, wat bloot "sekondêr en "derivatief" is. Louw stel die radikale alternatief: "Daar is geen 'sentrum' en geen 'far-off corners' nie ... Die pot kook oral, oral kom daar strale borrels op - nie net in die 'sentrum' nie. 'n Volk wat uit 'n koloniale bewussyn loskom - aan twatter muf klein wêreld ontsnap hy!"

Onder Smuts se volgelinge was daar Afrikaners van besondere kaliber, onder andere die opvoedkundiges E.G. Malherbe en Leo Marquard, die skrywers C. Louis Leipoldrt en Gusvat Preller, en die poliltici F.S. Malan, Deneys Reitz en Jan Hofmeyr. Smuts en sy party se grootste aanwins was die briljante jong Hofmeyr, die seun van 'n neef van J.H. ("Onze Jan") Hofmeyr. In 1921 het hy nog simpatiek geskryf oor die republikeinse beweging en die oorsprong daarvan in "onderdrukking en lyding". Teen die begin van die 1930's het hy egter begin glo dat die Afrikaanse jeug moeg is van nasionalisme en dat 'n soort politiek wat hoofsaaklik die taalgrense volg, die saad van 'n groot euwel saai. Na sy mening sou die toekoms deur samewerking tussen die twee blanke gemeenskappe bepaal word.

Hofmeyr was verkeerd met sy gevolgtrekking dat die NP en die nasionale beweging sy aantrekkingkrag vir die Afrikaanse jeug verloor het. Dié party, eers onder Hertzog en daarna onder Malan, het toenemend eienaarskap van die Afrikaanse taalbeweging verkry. Dit het die steun gehad van die groot meerderheid van die Afrikaners wat in Afrikaanse enkelmediuminstellings opgevoed is. Die Sappe (SAP-Afrikaners) het al hoe meer besef dat die party se onvermoë om die NP op taal- en kulturele gebied die stryd aan te sê, fataal is. toe Leipoldt as 'n SAP-kandidaat in die verkiesing van 1924 uitgedaag is om sy toewyding aan Afrikaans verduidelik, het hy geantwoord dat hy miskien meer as Hertzog vir die taal gedoen het. Maar by 'n ander geleentheid het hy reguit gesê dat die party nagelaat het om sy beginsels op so 'n manier toe te pas dat dit 'n outentieke nasionalisme bevordr. Hy het bygevoeg dat die SAP terwyl hy in die saal was, niks gedoen het om Afrikaans te bevorder nie en dat dit - en dit alleen - tot die party se nederlaag gelei het.

'n Bottel halfvol of halfleeg?

Was die bottel van wit eenheid en 'n outonome Suid-Afrika halfvol of halfleeg? Nadat hy in 1924 aan die bewind gekom het, het Hertzog die kwessie van Suid-Afrika se konstitusionele status as deel van die Britse ryk probeer opklaar. Smuts wou nooit 'n onafhanklike Suid-Afrika buite die ryk of Statebond hê nie, maar hy het met Hertzog saamgestem dat Suid-Afrika gelyke status met Brittanje en met die ander lede van die Statebond moet hê. Elkeen moet sy eie vlag hê en sy eie buitelandse betrekkinge onderhou. by 'n imperiale konferensie in Londen het Hertzog met die samewerking van die Kanadese eerste minister, Mackenzie King, die reggekry dat daar 'n duidelike verklaring uitgereik word, genaamd die Balfour-verklaring van 1926. Daarin is uitgespel dat Brittanje en die dominiums gelyke status het en in geen opsig ondergeskik aan mekaar is nie.

Die kwessie van 'n nasionale vlag het 'n kort rukkie gedreig om die twee wit gemeenskappe te polariseer. Volgens die Balfour-verklaring was Suid-Afrika geregtig op sy eie vlag. In 1925 het dr. D.F. Malan 'n "skoon vlag" voorgestel, dit wil sê sonder die Britse

Bl. 349

Union Jack of enige ander herinnering aan 'n "pynlike verlede". Die vlag - het hy gesê - moet die nasie se bestaan as 'n aparte entiteit uitdruk.

Smuts het ook aanvanklik 'n skoon vlag gesteun, maar baie Engelssprekende ondersteuners sou met niks tevrede wees nie behalwe 'n vlag waarop die Union Jack prominent verskyn. Smuts het die krisis bedrewe hanteer. Hy h et gesê dat hy so lief is vir die Vierkleurvlag waaronder hy in die Anglo-Boereoorlog geveg het dat hy kan verstaan waarom die Engelse so vasbeslote is om die Union Jack te behou.

Op die ou end is 'n kompromis bereik. Die land sou twee vlae hê, 'n Suid-Afrikaanse vlag, waarby die Union Jack en die vlae van die gewese republieke ingevoeg is, en die tradisionele Union Jack, wat op sekere plekke sou wapper om die land se lidmaatskap van die Britse ryk te simboliseer.

Die Balfour-verklaring is bevestig deur die Statuut van Westminster (1931) en deur die Statuswet wat die Suid-Afrikaanse Parlement in 1934 aangeneem het. Hierdie wette het die posisie van Suid-Afrika saam met Australië, Kanada en die ander dominiums as 'n soewerein onafhanklike staat bevestig. Hulle het almal aan die Britse kroon trou gesweer. Vir Hertzog en baie ander Afrikanernasionaliste het hierdie verklarings die gevoelens van ondergeskiktheid en minderwaardigheid ten opsigte van Brittanje verwyder.

Teen die vroeë 1930's het dit gelyk asof die Britse ryk veel beter as enige ander ryk in die geskiedenis daarin geslaag het om van 'n hiërargiese struktuur te ontwikkel tot een wat gegrond is op die onderlinge gelykheid van die metropool en die kolonies en die vrywillige lojaliteit van die eens onderhoriges. So lank Suid-Afrika nie in een van Brittanje se oorloë betrokke raak nie, sou die Afrikaners Suid-Afrika se lidmaatskap van die ryk, of die Statebond, soos dit nou genoem is, geredelik aanvaar.

Dit het nie beteken dat die Afrikaners hulle nou as Britte beskou of 'n dubbele lojaliteit ten opsigte van sowel Suid-Afrika as die ryk ontwikkel het nie.

'n Engelse joernalis het geskryf dat die Engelssprekende hom self beskou as 'n loot van 'n Europese stam wat terselfdertyd 'n sterk emosionele verknogtheid aan Brittanje as "national home" behou. Vir 'n Afrikaner, daarteenoor, is die gedagte dat hy wortels in sowel Europa as Afrika moet hê so sleg as om 'n vrou in elke hawe te hê. In 'n gesprek teenoor 'n Brit sou die Afrikaner sê: "The Afrikaner's ancestry is Dutch, French and German. But has the Briton ever head him proclaim his faith in the culture of these countries?" Dié waarneming vang die gebrek aan dialoog tussen die twee wit gemeenskappe baie goed vas.

Die Afrikaners se bron van krag was hul vereenselwiging met Suid-Afrika as hul enigste vaderland. Die naam en die taal wat hulle gepraat het, het gekom van die kontinent waarin hulle wortelgeskiet het. Die Afrikanernasionaliste het daarop aanspraak gemaak dat hulle die enigste ware Suid-Afrikaners is. Hertzog het hulle as die "pioniers" van die Suid-Afrikaanse beskawing bestempel.

Gedurende die 1920's en 1930's het skrywers die Afrikaanse "Boer" in gloeiende taal beskryf as 'n unieke tipe wat deur die land gevorm is. Vir Olive Schreiner was hulle "a new human modification" en "one of the moste intellectually virile and dominant races the world has ever seen". In 'n reeks Afrikaanse romans, die sogenaamde plaasromans,

Bl. 350

het C.M. van der Heever die boer uitgebeeld as verknog aan sy grond en amper deel van die grond. Hy weier om die plaas te verlaat ondanks 'n nimmereindigende stryd teen droogte en ander natuurkragte.

Maar die boer op die plaas was 'n spesie wat aan die uitsterf was en die werklilke uitdaging vir die Afrikaners het in die stede gelê. Engelse sedes, gebruike en denkwyses het oral ingedring en die Engelse taal het op die sportvelde, in die winkels, kantore, howe en klubs oorheers. A.J.R, van Rhijn, redakteur van Die Volksblad, het in 1930 erken dat Engelse sedes, gewoontes en denkwyses die Afrikaners op 'n omvattende wyse beïnvloed het en dat dit 'n reusestryd sou verg om 'n eie outonome kultuur te ontwikkel. 'n Besoekende Hollandse geleerde het vier jaar later gesê dat omtrent alles wat die Afrikaners doen en dink, die stempel "Made in England" dra.

'n Groot deel van die Afrikaanse letterkunde was parogiaal, middelmatig en slegs vir plaaslike verbruik geskik. Die digkuns en nie-fiksie sou in die loop van die 1930's 'n sprong maak, maar die gehalte van die romans het swak gebly. Gedurende die 1950's het G.D. Scholtz, 'n redakteur van Die Transvaler, geskryf dat die Afrikanervolk geestelik niks armer sou wees as 90% van die romans van die vorige dekade vernietig word nie. Die skrywers was so daarop toegespits om te prikkel of om stroopsoet te skryf, dat dit min verband gehou het met die werklike lewe.

Die Afrikaners het nietemin probeer om iets eiesoortigs tot stand te bring. Hertzog het dikwels die woorde aangehaal waarmee die Romein Cicero 'n standpunt teen Griekse invloede ingeneem het. "Niks pas so goed by 'n man as dit wat sy eie is nie." Die leiers van die nasionale beweging het mense voortdurend aangespoor om Afrikaans te lees en te probeer skryf, om hul eie speletjies te speel, om volksliedjies te sing, volkspele te hou en om nie 'n vreemde kultuur bloot na te boots nie. Hertzog het steeds gearbei om 'n outonome blanke Suid-Afrikaanse nasie te skep. Hy het meer as Smuts die idee "Suid-Afrika Eerste" gedefinieer en het die meeste gedoen om die opbou van Suid-Afrika se eie nywerhede te bevorder.

Die Engelssprekendes se poging om Suid-Afrika te vorm, het in baie opsigte die teenoorgestelde verteenwoordig: lojaliteit aan die ryk of Statebond, eerder as aan Suid-Afrika alleen, individuele regte eerder as gemeenskapsregte, middestandswaardes eerder as nasionalisme. Hulle het bly glo dat Engels as 'n universele taal die grondslag bied vir 'n vrugbaarder eenheid tussen die twee blanke groepe.

Maar hierdie poging om die blankes op die grondslag van 'n Engelse kultuur en waardes te verenig, kon nie die mas opkom teen nasionalisme en Suid-Afrika Eerste nie. Dat plaaslike belange voorrang moes kry, was nou 'n erkende feit. Afrikaans het vinnig vordering gemaak as 'n openbare taal. Die Afrikaners het die Britse Westminster-stelsel gebruik om die wil van die grootste etniese groep onder die stemgeregtigdes deur te voer. In 1929 het die Afrikanernasionaliste vir die eerste keer op hul eie verkiesing gewen.

'n Britse skrywer het die situasie in Suid-Afrika so opgesom: "In essence it is a foreign country (vir Britte). Wherever British forms - constitutional, legal, cultural - persist, they are for the most part mere forms ... The peculiarity of the Dutch outlook set the dominant tone of South African society ... Culturally South Africa had for all practical purposes 'secede'."

Bl. 351

In 1935 het die gewoonlik stoere Empire-gesinde Cape Times op 'n wyse geskryf wat getuig van groter Engelse waardering vir die Afrikaners se poging om 'n eie nasionale literatuur tot stand te bring. Die blad het geskryf dat die Engelssprekende  'n "groot letterkundige erfenis het waarop hy kan teer en uit Engelssprekende lande ontvang hy weekliks 'n toevoeging tot sy voorraad van die Engels-gedrukte woord. As gevolg daarvan word hy lui..." Daarteenoor besit die Afrikaanse skrywer "die wil om te werk, die ambisie om groter dinge te bereik en in die kort dertig jaar van sy bestaan het die Afrikaanse letterkundige beweging werk van blywende skoonheid opgelewer. Sy gees en prestasie is geheel en al Suid-Afrikaans; dit is 'n nasionale letterkunde in die beste betekenis van hierdie so dikwels misbruikte woord." Die blad gaan voort: "Op enkele uitsonderings na het die Engelssprekende Suid-Afrikaners tekortgeskiet in vergelyking met wat in Afrikaans bereik is."

Mense in albei wit gemeenskappe het ontvanklik geraak vir Hertzog se benadering teenoor wit eenheid. Vir hom was die antwoord nie in assimilasie opgesluit nie, maar in etnies aparte instellings waarin die wit gemeenskap hom toewy aan die idee "Suid-Afrika Eerste". Die model van hierdie benadering was die Voortrekkerjeugbeweging van Afrikaners wat in 1931 gestig is. Dit het gevolg op 'n poging van Hertzog om wit seuns in 'n enkele jeugorganisasie met 'n Suid-Afrikaanse etos te betrek. Gesprekke met die Boy Scout-beweging het egter misluk omdat laasgenoemde se leiers geweier het om die eed aan die koning en die Union Jack as vlag te laat vaar.

Op hierdie tydstip het wit onderwys hoofsaaklik bestaan uit enkelmedium-moedertaalskole en die gedagte aan 'n aparte Afrikanerjeugbeweging was veel aanvaarbaarder as twee dekades tevore. Die goewerneur-generaal, die hoofregter, die eerste minister en die leier van die opposisie het almal ingestem om as beskermhere van die Voortrekkers op te tree. Die vernaamste partye het almal hul goedkeuring aan so 'n vorm van nasiebou gegee.

Organisasie-Afrikaners

Johannesburg was die plek waar die Afrikaners die meeste vervreemd gevoel het. Hier het 'n paar Afrikaners in 1918 die Afrikaner-Broederbond gestig nadat 'n vyandige skare 'n vergadering opgebreek het wat deur dr. D.F. Malan toegespreek is. Die eerste president van die bond, ds. Jozua Naudé, was een van ses bittereindes wat geweier het om die vredesverdrag in Mei 1902 te onderteken. Baie halfgeskoolde en ongeskoolde Afrikaners het in die stad gewoon. Die professionele laag onder die Afrikaners was hier baie kleiner in verhouding tot die Afrikanertotaal as dié in Kaapstad of Pretoria. Gedurende die eerste twee dekades van die eeu het 'n groot aantal Afrikaners aan die Witwatersrand verengels weens die afwesigheid van Afrikaansmedium-hoërskole.

Die Broederbond was in die eerste fase, wat tot 1929 geduur het, nie 'n geheime organisasie nie. Die vereistes vir lidmaatskap het langer as 70 jaar grootliks dieselfde gebly: blanke, Afrikaanssprekende mans van Protestantse geloof, skoon van karakter en vas van beginsel, ook in die handhawing van hul Afrikanerskap, wat Suid-Afrika as hul enigste vaderland aanneem. Met sy hoofkantoor in Johannesburg het die Broederbond maandeliks omsendbriewe uitgestuur na sy takke, wat dan hul reaksie aan die hoofkantoor

Bl. 352

moes terugstuur. Dit was die patroon wat ook in latere jare gevolg is. Teen 1928 was daar dertien takke met 263 lede, omtrent almal in Transvaal.

In 1929 het die Broederbond 'n groot deurbraak gemaak. Op sy inisiatief is 'n konferensie in Bloemfontein gehou wat deur byna 400 afgevaardigdes van kulturele verenigings van oor die hele land bygewoon is. Hier is besluit om 'n federale organisasie, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) te stig. Die doel was om Afrikaans op gekoördineerde wyse te bevorder. Omtrent alle Afrikaner-kultuurorganisasies het op die ou end by die FAK geaffilieer. 'n Nuwe soort Afrikaner is gebore: die "organisasie-Afrikaner", wat bereid was om die taalstryd op 'n georganiseerde en soms geheime grondslag te voer.

Daar is van die bevordering van Afrikaans as 'n stryd gepraat en dit was nie ontoepaslik nie. In sekere kringe was die weerstand teen Afrikaans as openbare taal steeds sterk. 'n Johannesburgse koerant, The Star, het Afrikaans as suiwer 'n plaaslilke taal bestempel: "At best it has to be regarded as national disabililty and at worst a national misfortune." Dit het neerhalend geskryf dat universiteitsdosende kunsmatig terme vir Afrikaans skep ten spyte daarvan dat dit 'n taal is sonder 'n grammatika of 'n woordeskat. Toe F.W. Beyers in 1931 die eerste uitspraak in Afrikaans in die appèlhof lewer, het die koerant hom bestempel as 'n oud-politikus wat 'n ekstremistiese vorm van nasionalisme, veral wat betref die taalkwessie, nastreef.

Die Afrikaanse taalstryd het baie fasette gehad. Die mees prominente was die toepassing van die konstitusionele bepalings ten opsigte van taalgelykheid, wat regeringsbeleid geword het nadat die Pakt-regering in 1924 aan die bewind gekom het. Dit was nou redelik goed bekend dat bevordering net aan tweetalige kandidate gegee sou word. Nietemin was die vooruitgang stadig. Tot die ontsteltenis van die Afrikaanssprekende werkers is die tweetaligheidsregulasies by die spoorweë selde streng toegepas. Selfs in 1936 nog kkon 60% van die senior amptenare slegs in Engels met die publiek kommunikeer. Morris Kentridge, 'n Engelssprekende parlementslid, het die situasie by die spoorweë skokkend genoem. Volgens h om was die persentasie senior Afrikaner-staatsamptenare baie klein.

Dit het gelyk of die taak om 'n aparte kultuur op te bou, alle kragte sou oorweldig. In 1931 het Jan Jordaan, hoof van die Hoërskool Jan van Riebeeck, die eerste Afrikaanse hoërskool in Kaapstad, in sy dagboek geskryf: "Ek het genoeg wêreldkennis om te besef hoe klein en nietig en betekenisloos ons volkie eintlik is ... nog geen miljoen Afrikaners nie en feitlik almal van hulle ongeskoolde landbouers, met 'n taal wat nog geen vaste vorm het nie en 'n letterkunde wat nog maar in die aanvangstadium is, arm aan wêreldlike en geestelike rykdom - wie en wat is ons om op ons agterpote te gaan staan teenoor die hele wêreld?"

Teen hierdie agtergrond het die aktiviste vir Afrikaans 'n reusetaak gehad. Daar was vir eers die taak van taalhandhawing. In 1931 het die bestuur van die FAK skriftelike riglyne vir die gebruik van Afrikaans in die handel en in vertoë tot staatsamptenare uitgereik. Die taalstryders en ook hul organisasies het sterk die middestand se variant van Afrikaans as die enigste behoorlike vorm beklemtoon. Dit het beteken dat Afrikaans afgesny is van sy werkerswortels. Die stryders het ook die taal probeer moderniseer sodat dit aan alle moderne vereistes kon voldoen. Hulle het woordelyste oor motors, sport

Bl. 353

en die ambagte gepubliseer. Selfs nog meer ambisieus was die doel wat die FAK in 1934 gestel het, te wete "kulturele selfstandigheid". Die FAK  het verklaar dat dit niks anders beteken nie as om elke terrein van "ons verknegte volkslewe" te bearbei: "Nie net ons taal moet gesuiwer word van vreemde elemente nie, nie net ons leeslus en waarderingsvermoë moet aangekweek word nie, nie net ons eie lied en musiek moet geskep en beoefen word nie ... maar die huise waarin ons woon, die meubels wat ons gebruik, die prente aan ons mure, die boeke op ons rakke, die benaming van ons plekke - kortom, ons hele uitsig en gedagtegang en geestesgesteldheid, moet 'n eie inheemse Afriaanse gees vertolk, sodat die vreemdeling wat hier kom, geen oomblik in twyfel sal verkeer dat hy met 'n Afrikaner te doen het nie. Ons nasieskap moet ons hoogste nasietrots wees."

Om Afrikaners daartoe te kry om in hul eie taal te sing, het die FAK die FAK-Volksangbundel gepubliseer. Dit het heelparty Duitse liedere met Afrikaanse vertalings bevat en ook liedjies wat plaaslik ontstaan het. 'n Paar het 'n Maleise oorsprong gehad. Hierdie sangbundel is in die eerste twee of drie dekades ná die Tweede Wêreldoorlog nog gebruik. Die FAK het ook Afrikaanse boekweke en jaarlikse vierings van kultuurdae georganiseer. Dit het 'n wedstryd geborg vir die skryf van 'n volkslied, wat saam met "God save the King"gesing kon word. (In 1938 het die regering M.L. de Villiers se toonsetting van Langenhoven se "Die Stem van Suid-Afrika" as volkslied naas "God save the King" gekies.) Die FAK en die Broederbond het stemming gemaak vir 'n Afrikaanse radiodiens wat in 1938 ingestel is nadat die regering staatsbeheer oor die radio gekry het. Die idee van 'n monument om die eeufees van die Voortrekkers te vier, het momentum gekry en die regering het besluit om dit te ondersteun.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is in 1930 in Kaapstad gestig. Dit was 'n antwoord op die oproep van Afrikaner-spoorwegwerkers om 'n eie organisasie. In 1936 het die organisasie meer as 11 000 lede en 46 takke gehad. Dit het geesdriftig 'n voldtog begin om Afrikaans as medium van kommunikasie by die spoorweë te bevorder. Dit was die ATKV wat die baie suksesvolle simboliese ossewatrek sou organiseer wat deel gevorm het van die viering van die Groot Trek-eeufees in 1938.

Afrikaans het inderdaad teen die middel van die 1930's vinnig opgang gemaak, maar die taalaktiwiteite was gekenmerk deur energie en entoesiasme eerder as kreatiwiteit of intellektuele diepte. Die beweging was nog maar eng gebaseer en dit het nie bydraes van die bruin Afrikaanse gemeenskap verwelkom nie. Die Afrikaners het nog hoofsaaklik tot die werkerstand behoort en daar was baie min welgestelde sakelui wat kulturele inisiatiewe kon finansier of daaraan wou deelneem. Die vordering van Afrikaans sou in 'n belangrike mate afhang van die vraag of die Afrikaners die politieke mag met 'n enkele party as voertuig, kon verower. As hulle politiek verdeeld sou bly, was baie dinge in gevaar, ook die gebruik van Afrikaans op gelyke voet met Engels in die openbare lewe en die loopbaangeleenthede wat daarmee saamgaan.

--- --- ---

Bl. 354

Hermann Giliomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8