Armblankes en strydlustige werkers


Die ontdekking van die armes

Op 'n dag in die laat 1880's was ds B.P.J. Marchand, predikant van die NG-gemeente Knysna, op reis in die Karoo. 'n Storm het hom verplig om skuiling te soek in die huisie van 'n brandarm bywoner. Die huisie het gekrioel van kinders wat nie skool toe gaan nie en wat waarskynlik nooit 'n skool sou sien nie. Marchand was tot in sy wese geskok en die vraag het by  hom begin spook: Wat kan hy doen om hulle te red van die lot van brandarmes?

In sy eie gemeente het Marchand skole gestig vir die kinders van arm wit houtkappers. Daar was dus plekke waar die besef ingesink het dat wit armoede 'n krisis begin word het. Dit was egter eers in die 1890's dat die Kaapse sinode van die NG Kerk tot dieselfde gevolgtrekking gekkom het.

Die armblankevraagstuk was die dringendste maatskaplike krisis in die blanke politiek gedurende die eerste drie of vier dekades van die twintigste eeu. Voordat 'n dominante klas armoede as 'n groot probleem identifiseer, moet dit eers die armes "ontdek". Wanneer dit gebeur, is dit nie omdat die armoede erger raak nie, maar omdat die dominante klas se beskouing daarvan verander. In Suid-Afrika h et blanke armoede 'n probleem geword toe die besef gedurende die 1890's deurdring dat 'n hegte blanke gemeenskap vir blanke baasskap noodsaaklik is. Daar is bemerk dat blankes wat baie arm is, vinnig vermeerder. Sommige was brandarm en sonder enige vaardighede vir die arbeidsmark; ander se vaardighede was so beperk dat hulle ook onder die broodlyn geleef het.

Die term "armblanke" is oorspronklik in die 1870's in die Amerikaanse Suide gebruik. Daar was 'n paar miljoen blankes net so brndarm as die slawe wat 'n dekade tevore vrygestel is. Mense in die heersersklas het gedink dat 'n gebrek aan "ambisie" daarvoor verantwoordelik is dat hierdie wit klas nie meer wetenskaplik en doeltreffend kan boer nie. Hulle het versuim om die ontwrigting van die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) en die verwoesting wat die Noorde se leërs gesaai het, in ag te neem.

In Brittanje, wat die Kaapse denke teen die einde van die negentiende eeu sterk beënvloed het, is armoede in die 1880's "ontdek". Die gevolg was 'n stroom publikasies.

Bl. 267

Vroeër het die dominante klas hier armoede toegeskryf aan die armes se gebrekkige ondernemingsvermoë en morele swakhede. Nou is egter besluit dat die armes bygestaan moet word omdat hulle voor probleme te staan kom wat hulle nie self geskep het nie.

Tot in die 1880's was daar nog geen eenstemmigheid in wit geledere in Suid-Afrika oor hoe wit armoede die beste benader moet word nie. Die heersende opvatting was dat die armste blankes self vir hul treurige toestand verantwoordelik is. Die kerk moes die probleem as deel van sy pastorale verpligtinge hanteer. Herbesinning het eers gekom toe die besef deurbreek dat blanke armoede blanke baasskap bedreig.

Gedurende die 1880's en 1890's het die kommer van Europese poliltici, kerkleiers en imperiale amptenare oor wit armes in Europese kolonies toegeneem. Hulle het Europese eksklusiwiteit en meerderwaardigheid sterker as in die verlede beklemtoon. In die kolonies  is die kriteria vir lidmaatskap van die dominante wit groep strenger gemaak en wit armes is aangespoor om hul plek binne hierdie groep te vind. Ook Alfred Milner, die Britse hoë kommissaris, het hierdie boodskap verkondig in sy planne vir die rekonstruksie van Suid-Afrika ná die Vrede van Vereeniging in Mei 1902. Suid-Afrika kan nie 'n witmansland word as dit vol armblankes is nie, het hy geskryf. Hy het twee doelstellilngs gehad: vinnige ekonomiese groei en 'n veel groter wit bevolking waarvan die armste deel in "decency and comfort" leef op 'n peil ver bokant die vlak van die armes in 'n homogene blanke land. Maar Milner se doelstellings het met mekaar gebots. Vinnige ekonomiese groei sou baie hande-arbeid vereis teen lone waarvan die armste blankes nie "ordentlik" en waardig sou kan leef nie. Vir hierdie soort mense was daar nie 'n plek in Milner se planne nie.

Lae gehalte grond, goud en mense

In die 1930's het C.W. de Kiewiet, een van Suid-Afrika se mees begaafde historici, geskryf daar is drie struikelblokke in die pad van vinnige ekonomiese groei: "low-grade ore, low-grade land, and also low-grade human beings". Alhoewel goud in 1886 ontdek is, was Suid-Afrika nie 'n ryk land nie. Die gouderts was arm, die land was meesal droog en nie geskik vir gewasse nie en die mense - wit en swart - was swak opgevoed.

Teen 1890 het o ngeveer 90% van die Afrikaners 'n bestaan as boere gemaak, maar Suid-Afrika was geen natuurlike landbouland nie. In die Wes-Kaap, waar die landbou teen 1900 reeds byna 250 jaar gevestig was, was graanboerdery redelik stabiel, maar nooit besonder winsgewend nie. Die wynbou het groot teenspoed ondervind deur die afskaffing van die voorkeurtariewe op die Britse mark in die 1860's en die filloksera-plaag in die 1880's. Die boerdery het gestagneer tot 1910, maar daarna het die vooruitsigte verbeter. In die oostelike deel van die Kaap het die wolboere aansienlik bter gevaar - die woluitvoer het tussen 1904 en 1919 van £4 000 000 tot £20 000 000 gestyg.

Met ander boere het dit heelwat slegter gegaan. Minder as 20% van Suid-Afrika is vandag nog geskik vir akkerbou. Groot dele van die res is halfwoestyn. Ongeveer twee derdes van die land word vir veeboerdery gebruik, wat dikwels deur die ramp van 'n langdurige droogte getref word.

Die veeboerdery het die voorafgaande twee eeue as bestaansboerdery ontwikkel, sonder goeie bande met die mark en die meeste ander moderne instellings. Gedurende die

Bl. 268

laaste dekades van die negentiende eeu het die veeboerdery 'n groot krisis ondervind. Lank is natuurlike hulpbronne kwistig gebruik. Oorbeweiding, die brand van die veld en erosie het die veld so uitgeput dat dit nie gou kon herstel nie. Tevore kon boere na 'n nuwe gebied aan of oorkant die grens trek, maar teen die 1880's was dit nie meer moontlik nie. Boere het min kapitaal tot hul beskikking gehad en baie was diep in die skuld. In 1894 het The Friend in Bloemfontein gerapporteer: "The great mass of the country people lack land and th ose who own it have many mortgage bonds on it."

Die skryfster M.E. Rothmann (M.E.R.) was as navorser by die Carnegie-ondersoek na blanke armoede betrokke. Sy het die geleidelike maar onomkeerbare proses van verarming oor verskeie geslagte treffend beskryf: "Hoe langer hoe meer lyk dit vir my die hele verarmingsproses was die natuurlikste en onvermydelikste ding in die wêreld: ons het as handjievol witmense kans gesien om met die h ele tamaai Suid-Afrika te boer ... Maar ons het nooit rekening gehou met die reaksie van die veld, die eensaamheid, die afgeslotenheid op onsself nie.

"Veral het ons nooit rekening gehou met die uitwerking van daardie invloede op die huisgesin nie. Begryp jou, geen opvoedende invloede van verkeer, lees, omgang met mense, kennis van wêreldontwikkeling nie, baie min van die Kerk, al opvoedingsmiddel vir daardie boerevolk was die huisgesin, d.w.s. was die moeder.

"En daardie moeder moes ook die helfte van die boerdery drae, ag tot vyftien swangerskappe deurmaak, geboorte gee met min of geen hulp ... Te veel! Agteruitgang, behalwe van uitsonderings, was onvermydelik."

Die meeste boere het kwaai gesukkel om oor te slaan na kommersiële boerdery wat op die mark eerder as eie verbruik gerig is. Daar was wel die uitsonderings: boere wat op 'n wetenskaplike manier vee geteel en hul boerdery gediversifiseer het deur die grond te bewaar, gewasse soos lusern te saai, die grond te bemes en anders te bewerk, besproeiing aan te lê en die kwaliteit van hul vee te verbeter. Maar hulle was uitsonderings. J.W. Gunning, 'n Hollandse dokter in die Suid-Vrystaat, het opgemerk dat die idee om beter as jou pa te boer, nog nie deurgebreek het nie, behalwe in enkele gevalle.

Die meeste wou nie die risiko van die oorskakeling na moderne boerderymetodes loop nie. Van die regering kon boere min hulp in die vorm van die stabilisering van produsentepryse, voorligting oor moderne metodes of die verlening van goedkoop krediet verwag. Eers in die 1930's het die regering oor genoeg inkomste beskik om betekenisvolle hulp te verleen.

Die krisis is vererger deur die Romeins-Hollandse erfreg wat in die Kaap tot 1874 en in die republieke tot die einde van die eeu in swang was. Hiervolgens moes die helfte van die boedel onder die kinders verdeel word. Die gevolg was dat die kinders dikwels met te klein stukkies grond opgeskeep gesit het. Die Carnegie-verslag oor blanke armoede, wat in 1932 gepubliseer is, het oor verskeie gevalle berig. In een geval, wat nie ongewoon was nie, is 'n plaas van 11 00 morg onder tien kinders verdeel. Nie een kon 'n bestaan maak nie en verskeie het armblankes geword. Seuns van armblankes wou nie lone as plaasarbeiders verdien en so op gelyke vlak met swart of bruin plaaswerkers verkeer nie. 'n Hele onderlaag van arm Afrikaners het op die plase ontstaan. Gewoonlik was die gesinne groot en baie van die lede geestelik of liggaamlik gestrem.

In die 1890's het twee groot rampe die toestand onmoontlik vererger. Die een was 'n

Bl. 269

natuurramp, die runderpes, wat teen die middel van die 1890's uitgebreek het. In Transvaal het dit die helfte van die veekuddes uitgewis. Daarna het die Anglo-Boereoorlog en die Britse taktiek van verskroeide aarde gekom. Ongeveer 90% van die plaaswonings in die Vrystaat is verwoes of beskadig en in Transvaal was die skade ook erg. Die oese is afgebrand en die plaasgereedskap vernietig. Die meeste van die kuddes is erg uitgedun. In Transvaal is 80% van die beeste, 75% van die perde en 73% van die skape uitgewis; in die Vrystaat het dieselfde gebeur met 59% van die beeste en 55% van die skape. Ongeveer 15 000 van die burgers wat geveg het, kon nie weer hul boerdery hervat nie. Hulle het by die ongeskoolde arbeidsmag in die dorpe en stede aangesluit.

Om blanke armes uit te sonder

In 1893 was ds Marchand onder 'n groep NG-predikante wat in 'n manifes gewaarsku het dat blankes met net die tradisionele elementêre onderwys gedoem is om "houthakkers en waterdraers" te word, of bediendes van die bestendige stroom Europese immigrante.

Gedurende dieselfde dekade het Transvaalse koerante en regeringsverslae ook begin om die ernstige omvang van wit armoede in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) te bespeur. Hierdie verslae het dit hoofsaaklik as 'n stedelike probleem beskou. Daar is in die besonder verwys na die armes wat in Velschoendorp in Pretoria en in die Johannesburgse buurte Fordsburg, Braamfontein en Vrededorp saamgebondel het. 'n Komitee van mense wat hulle met noodleniging besig gehou het, het berig dat die mense van Vrededorp erg honger ly. Hulle leef van die derms wat by die slagplase weggegooi word en hulle verruil hul klere vir kos. Baie kinders is nakend.

'n Mynkommissaris het nietemin in 'n verslag aan die regering verklaar dat hy geen nodigheid van inmenging deur die staat insien nie, aangesien die kerke en welsynsorganisasies niks doen nie. Dit was die geykte benadering: die armes is behoeftig omdat hulle lui is en dit is die welsynsorganisasies wat na hulle moet omsien.

Terselfdertyd was 'n veel groter aantal swartes ewe arm of nog armer. Die dominante klas het egter net wit armoede as 'n krisis beskou. Die groot vraag het nou geword: op watter gronde kan noodleniging tot blankes beperk word? In die twee Boere-republieke was dit geen groot probleem nie, want in die praktyk was alle burgers blankes.Teen die 1890's het die ZAR volgens John Bottomley 'n derde van sy begroting aan hulp en bystand aan veral die armer boere bestee.

Sowel Pres. Paul Kruger van die ZAR as Pres. M.T. Steyn van die Vrystaat het al hoe groter kommer oor wit armoede uitgespreek. Hulle het geglo dat die mynmagnate en die maatskappye met baie plase gen meegevoel met die blanke armes het nie; hulle sou nie huiwer om swart mense te gebruik om hierdie armes te ondergrawe nie. Die armes het gevolglik 'n behoeftige stedelike proletariaat geword. In 1898 het Steyn verklaar dat die bestaanstryd al hoe feller word omdat die "kapitaal, die vyand van arbeid", sy verskyning gemaak het. Hy het 'n nywerheidskool in Bloemfontein gestig waar die Vrystaatse seuns die "evangelie van arbeid" moes leer.

In die Kaapkolonie kon noodleniging nie sonder meer tot blankes beperk word nie. Daar was 'n nie-rassige grondwet en die NG Kerk het nog lede gehad wat nie wit was nie.

Bl. 270

In die tweede helfte van die negentiende eeu was die nie-rassige benadering tot maatskaplike probleme nog gevestig. In 1861 het verskeie vooraanstaande predikante verpligte onderwys bepleit sonder om na ras te verwys - twintig jaar voordat verplilgte onderwys in Brittanje ingestel is. In 1870 het die NG-sinode die regering gevra om onderwys te veskaf aan armes wat op die sorg van die kerk staatgemaak het, sowel blankes as gekleurdes.

Teen die 1880's het die NG Kerk, ook in Kaapstad en omgewing, toenemend gesegregeer geraak. Die kerk se kommwr was net op blanke armoede toegespits. Die term "armblanke" is waarskynlik in die vroeë 1880's die eerste keer in Suid-Afrika gebruik. In 1883 plaas "D.V", 'n korrespondent van De Gereformeerde Kerkbode (ook De Christen genoem), 'n vraagteken agter die klaarblyklik nuwe term "arme blanke": "Ik denk blanke heidenen zou beter gezegd weezen ... Die heidenen zijn by onze deur, van onse eigen kleur." Kort daarna het 'n korrespondent van Aberdeen voorgestel dat sendelinge ook "ten dienste der arme blanken" aangewend word. "De meeste sendelinge arbei tog buiten (op die plase) ... Waarom konden zij niet een afsonderlijke dienst voor de blanken houden?" In 1892 skryf 'n skoolinspekteur dat wit armoede lei tot toenemende maatskaplike agteruitgang, die degenerasie van die wit ras en misdaad.

Die regering in Kaapstad was op daardie tydstip reeds besig om maatskaplike hervorming en maatskaplike euwels in rasseterme te definieer. In 1892 het sir Langham Dale, superintendent-generaal van onderwys, verklaar dat die blankes ten minste dieselfde onderwys moet kry as hul gelykes in Europa, "with such local modifications as will fit them to maintain their unquestioned superiority and supremacy in the land". John X. Merriman, een van die invloedrykste liberale politici, het gesê: "The white population was a minority ... and if their brethern were to sink in the slough, as they saw them doing, it would be impossible to maintan their dominance."

Maar daar was geen klinkklare regverdiging daarvoor omb lankes voor te trek met die verskaffing van maatskaplike dienste nie. Dit blyk uit 'n dokument van 1894 wat verslag doen van ' n parlementêre gekose komitee oor noodleniging aan behoeftige kinders: "M.C. Neethling (Chairman): Taking it now as a question of common justice between man and man, why should the Europeans be preferred? Dr. T. te Water (witness): I, for my part, would lilke to see the country in the hands of Europeans, that is why when I find that a section of the European population is falling back in the race, I say let us come to their help."

Daar was ook ander regverdigings. Sommige het betoog dat die kolonie te arm is om aan al die kinders dieselfde onderwys te verskaf sonder om op rassegronde onderskeid te maak. Onder hierdie groep was ook lilberale. Hulle het geredeneer dat dit geregverdig is om meer geld aan die blankes te bestee sodat 'n "gesonde kerngroep" tot stand gebring kan word. Ook Merriman het in hierdie trant geredeneer. Die beter onderwys wat wit kinders ontvang, moet uiteindelik ook tot die voordeel van die ander groepe strek. Maar daar was ook mense wat gedink het dat blankes nie hul voorregte hoef te regverdig nie.

Bl. 271

Die agterstand van Afrikaners

Wit armoede was veral 'n Afrikanerprobleem. Dit is deur drie groot migrasies veroorsaak. Die eerste migrasie was die grootskaalse immigrasie van Europeërs. Tussen 1875 en 1904 het ongeveer 400 000 wit immigrante Suid-Afrika binnegekom, meer as die totale wit bevolking in Suid-Afrika in 1875. Teen 1890 het die groot migrasie van Af;rikaners na die dorpe en stede begin. En dan was daar die migrasie van swart trekarbeiders na die stede.

Die oorgrote meerderheid van die Afrikaners het hulle net vir boerdery bekwaam. Diegene wat hul plase weens droogte of die uitputting van die veld verlaat het, het op dorpe of in stede aangekom sonder enige vaardighede vir werk in die handel en die nywerheid. Immigrante of wit Engelssprekendes wat hier gebore is, het al die geskoolde en halfgeskoolde werk gedoen; hulle het ook omtrent al die poste in die beroepe en die boonste lae van die staatsdiens gevul. Wit Engelssprekendes het 'n groot voorsprong op die Afrikaners gehad. Hulle het vroeër verstedelik, het oor die algemeen beter onderwyskwalifikasies gehad en het as eerste taal Engels, die taal van die handel en nywerheid, gepraat. Hulle het ook veel langer blootstelling aan die kontant-ekonomie en die dissipline van werk in die industriële ekonomie gehad.

Ongeveer 'n vyfde van die wit armes ws Engelssprekend. Armoede was egter nooiot so sigbaar in die engelssprekende gemeenskap as by die Afrikaners nie. Soms het Engelssprekende armes 'n Afrikaner-identiteit angeneem. In die 1930's het 'n NG-predikant opgemerk dat 95% van die armes in sy gemeente Afrikaners is en dat die paar Engelssprekendes onder hulle Afrikaanse opvattings en Afrikaans as taal aangeneem het.

In 'n samelewing met 'n homogene rassesamestelling sou die arm Afrikaners deel van die stedelike proletariaat geword en van die onderste lae begin opklim het. Maar daar was reeds 'n swart proletariaat - 200 000 tot 300 000 swart mans wat jaarliks van buite Suid-Afrika of van die reservate na die myndorpe gekom het. Teen 1911 was meer as 90% van die swart arbeidsmag in Johannesburg volwasse mans. Werkgewers het hulle die loon van alleenlopers betaal met die regverdiging dat hul familie in die reservate self 'n bestaan kon maak. Hierdie swart mans het ongeskoolde arbeid gedoen teen 'n loon wat 'n wit man - veral 'n getroude man - nie sou aanvaar nie. Hulle het in kampongs of krotte gewoon en was van plan om net tydelik in die stad te bly.

Dit was in hierdie verband dat die term arblanke ontstaan het. Blankes het n ie blanke armoede bloot met fisieke of ekonomiese maatstawwe bepaal nie. Dit was 'n relatiewe beskouing - die peil waaronder blankes nie behoort te leef as hulle hul as blankes wil handhaaf nie. Uiteraard het dit 'n vergleyking van standaarde behels en saam daarmee verskillende standaarde vir verskillende groepe. Hierdie subjektiewe benadering het ook differensiële lone bepaal.

Nog 'n rede waarom Afrikaners in armoede versink het, het met hul agtergrond te doen gehad. Omtrent sonder uitsondering het kommissies van ondersoek wat in die eerste dekades die probleem ondersoek het, aanbevel dat die blanke armes hulle self deur hande-arbeid moet ophef. Met hul agtergrond van boerdery gebaseer op slawe- en inheemse arbeid, het daar by die Afrikaners die voorafgaande 250 jaar 'n groot vooroordeel ontstaan teen werk wat deur bruin of swart verrig is. 'n Jong Vrystaatse boer het aan

Bl. 272

'n Hollandse immigrant wat self geploeg het, gesê: "Nee, doktor, dit het ek nog nooit gedoen nie, om 'n ploeg self te vat; waarvoor het ons liewe Heer vir ons naturelle gegee?"

Ds. A.J. Hofmeyr het verklaar dat jong Afrikaners dit as 'n skande beskou om te werk. Arm blanke seuns wat op die spoorweg werk gekry het, het nie lank gehou nie. Hulle ht die dissipline van gereelde werk in die dorp of stad ondraaglik gevind. Hulle sou veel eerder toeisg hou oor swart of bruin werkers.

Die meeste boere het nog nie die waarde van behoorlike onderwys vir hul kinders besef nie en was onwillig om hule na 'n nywerheidskool te stuur waar hulle vaardighede kon leer. 'n Ondersoek oor die jare 1890 tot 1905 het bevind dat daar in die Kaapkolonie 'n "enorme toename" van bruin en swart skoolkinders was, maar dat die wit kinders proporsioneel glad nie toegeneem het nie. Daar was in die kolonie meer bruin en swart kinders op skool as wit kinders. In 1896 het J.W. Sauer bevind dat 79% van die wit kinders in die distrik Carnarvon en 52% van dié in Prieska nie op skool is nie. Ds. Andrew Murray het aan 'n kommissie gesê dat wit ouers betaal wil word om hul kinders skool toe te stuur. In Namakwaland het onderwysers dit raadsaam geag om nie in die oggend speeltyd te gee nie omdat die kinders dan wegloop. In die republieke het dit net so sleg gegaan. In 1891 is bevind dat ' n wit kind in Transvaal gemiddeld net twee jaar in die skool was.

Nywerheidskole vir bruin en swart het reeds sedert 1854 in die Kaapkolonie bestaan, maar die regering het eers in die 1890's sulke skole vir wit kinders gestig. Afrikaners was nie gretig om die skole by te woon nie, veral omdat die bestaande wetgewing na hierdie skole verwys ht as plekke waar misdadigers en mense met geestesgebreke gerehabiliteer kan word. Kleurlinge het hulle lank voor die Afrikaners in ambagte begin bekwaam. Teen 1900 was die m eeste vaklui in die ambagte bruin.

Waarnemers was ontsteld dat die Afrikaners traag by die toenemende industrialisering van Suid-Afrika aangepas het. In 1892 het 'n skoolinspekteur gesê dat dit treurig is dat 'n klas mense wat eens grondbesitters was, nou tot 'n klas van ongeskoolde arbeiders gedaal het. In 1893 het "Onze Jan" Hofmeyr in die Parlement verklaar dat die kwessie van armblankes die belangrikste vraagstuk is wat nog ooiot voor die Parlement gedien het. Hy het gesê indien die blanke ras sy heerskappy in die land wil behou, sou blankes opofferinge moet doen sodat die volgende geslag van Europese afkoms 'n volkome welopgevoede geslag sal wees en nie 'n lui en nuttelose deel van die samelewing nie. Die inboorlingrasse is bereid om opofferinge te doen om hul kinders op te voed. Het die blankes laer as die inboorlinge verval?

Hy het maatreëls bepleit soos die instel van verpligte onderwys en die oprigting van nywerheidskole, veral vir die kinders van armblankes, om wit mense van vroeg af te leer om hard te werk en gedissiplineerd te wees.

Vroeg in die 1890's het die NG Kerk i n Kaapstad 'n ambagskool vir kinders van armblankes opgerig. By die opening van die skool het Merriman verklaar dat die NG Kerk die geskikste instelling is om kinders van armblankes te leer dat werk geen skande is nie. Die NG Kerk het nou op groot skaal tot die bestryding van armoede onder die Afrikaners toegetree. In 1897 het 'n komitee van die kerk met Marchand as voorsitter die stigting van 'n arbeidskolonie by Kakamas aanbeveel. In die volgende paar dekades het die NG Kerk hier en by drie ander landelike nedersettings opleiding aan 800 arm

Bl. 273

families gegee. Tussen 1894 en 1922 het die kerk verskeie nywerheid- en landbouskole gestig en onderhou, wat 1 500 kinders onderrig het. Die kerk het ook meer as 160 koshuise tot stand gebring, wat met subsidies van die staat bedryf is. Dit het tussen 1917 en 1932 meer as 7 000 behoeftige kinders van afgeleë landelike gebiede in staat gestel om skool te gaan.

POartye oor die hele spektrum het saamgestem oor die noodsaak van verpligte onderwys vir wit kinders. Die Afrikanerbondkabinet onder leiding van W.P. Schreiner het verpligte onderwys met staatsubsidies vir behoeftige wit kinders oorweeg, maar dit is verhinder deur die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog. In 1904 is bevind dat ongeveer 'n derde van alle wit kinders in die Kaapkolonie geen onderwys ontvang nie. In 1905 het die Progressiewe Party onder leiding van L.S. Jameson besluit om verpligte onderwys tot standerd vier (die huidige graad 6) vir kinders van Europese afkoms in te stel. Nietemin was 'n vyfde van die wit kinders nog tot 1917 nie op skool nie.

'n Hof ht later besluit dat bruin kinders nie vir die verpligte onderwys kwalifiseer nie. Die African People's Organisation, wat vral kleurlingbelange bevorder het, het sonder sukses geprotesteer. Teen die vroeë 1920's was wit en bruin skole volledige gesegregeer en omdat soveel meer aan wit onderwys bestee is, was wit skole beter.

'n Traumatiese verstedeliking

Gedurende die eerste drie dekades van die twintigste eeu was die probleem van arm Afrikaners op sy ergste. Hul verstedeliking was 'n snelle, chaotiese en meesal traumatiese proses. Teen 1890 was minder as 10 000 Afrikaners (2% of 3%) reeds verstedelik; 36 jaar later, in 1926, het 391 000 (41%) in dorpe en stede gewoon. Teen 1936 was dit 535 000 (50%). In die stede het werkgewers of bestuurders hoofsaaklik Engels gepraat, 'n taal wat baie Afrikaners wat nuut in die stad of dorp was, nie goed of glad nie verstaan het nie.

Afrikaners van die eerste en die tweede golf van verstedeliking het die swaarste gekry. Engelssprekendes het die vakbonde vir geskoolde wrkers oorheers en dit vir werkgewers moeilik gemaak om hul lone laag te hou. Bestuurders, veral in die goudmyne, het groot salarisse gekry. Die groot massa werkers, wit en swart, was ongeorganiseerd en moes vir baie lae lone werk.

Die historikus C.W. de Kiewiet het bevind dat nie net die swart mense se lone afgedruk is nie. Die land kon nie 'n hoë lewenstandaard vir die hele bevolking bekostig nie. 'n Baie groot deel van die wit gemeenskap was verplig om soos die swart gemeenskap lae lone en 'n eenvoudige lewenstandaard te aanvaar. Daarteenoor was wit ambagslui in Suid-Afrika in die eerste dekades van die twintigste eeu beter besoldig as hul eweknieë in enige Europese land; slegs in die VSA, Kanada en Australië was die lone hoër. Ralph Bunche, 'n gerespekteerde swart leier van die VSA, het tydens 'n besoek gesê die wit lewenstandaard "was much too high for the poor white group to live under".

Vir die eerste generasie Afrikaners in die stede was toegang tot vakbonde onmoontlik weens hul gebrekkige onderwys. Hulle was sonder familielede wat kon help werk vind en ook sonder ondervinding van die vakbondwese. Vakbonde wat die beginsel van geslote geledere gehandhaaf het, het mense dikwels net op aanbeveling van familielede

Bl. 274

toegelaat. By die myne het die vakbonde Afrikaners tot 1907 van die beste poste uitgesluit.

'n Kommissie het in 1926 verwys na stedelike wit werkers wat geen keuse het nie as om die geledere van die ongeskoolde arbeidsmag te vergroot, met ander woorde, om met swart werkers mee te ding. 'n Opname vroeg in die 1930's het bevind dat van 462 arm wit gesinne net die helfte laerskoolonderwys gehad het, twee vyfdes kon beswaarlik lees en skryf en een tiende was heeltemal ongeletterd. Hulle het moeilik op die laagste vlakke met swart mense meegeding.

Sommige armblankes in stede kon wel ongskoolde werk kry. Gedurende die eerste vier dekades van die 1900's het wit werkers op die laagste vlakke aangedring op drie sjielings en ses pennies per dag en soms vyf sjielings wir werk waarvoor die ongetroude swart werker twee sjielings betaal is. Tussen 1902 en 1908 het 'n wit werker met 'n gesin ongeveer tien sjielings per skof ontvang; teenoor 'n swart trekarbeider se twee tot drie sjielings per dag.

Ten spyte van hierdie lae lone, het die blanke elite van blanke ongeskoolde arbeiders verwag om blanke standaarde te handhaaf. 'n Getuie voor die Transvaal Indigency Commission of TIC (1906-1908) het soos volg oor die onbenydenswaardige posisie van die swak geskoolde wit werker getuig: "Every white man was undersold. The white man had got his rent to pay and had toe wear a shirt of some sort and had far more expenses ... and had to keep a familiy and consequently was ondersold." Soms was die werk so vernederend en die loon so laag, dat die man werkloos gebly het totdat die honger te veel geknaag het.

Van die ergste krotbuurte in die wêreld was in Johannesburg en ander stede aan die Rand. Aanvanklik het die staat geen woningskemas aangepak nie en Afrikaners wat p as in die stad aangekom het, was dikwels verplig om 'n kamer te soek in 'n krotbuurt waar wit en swart deurmekaar gewoon het. Ander het hul plakkershutte in kampe op staatsgrond of oop stukke veld opgerig. 'n Vrou het voor die TIC getuig dat daar in sulke kampe geen sanitêre geriewe is nie. "They are most miserable, huddled together in little tin shanties - married couples, young children and grown-up young people, all living together, sometimes in one little room oor tent." Ds. D. Theron het getuig: "Ek voel baie sterk dat dit nie help om 'n kind vyf uur lank in die skool te beïnvloed en hom dan terug te stuur na dieselfde krot waarvandaan hy gekom het nie."

Vir die kleiln lagie middestand-Afrikaners was dit 'n pynlike verleentheid om mense met dieselfde agtergrond as hulle in so 'n toestand van verval te sien. Hulle ht dieselfde werk as swart mense gedoen, dikwels saam met swart mense in dieselfde straat in 'n agterbuurt gewoon en was verplig om kron en skeef 'n vreemde taal - Engels - te praat. Dit het die verpletterende nederlaag in die oorlog teen die Britte onderstreep. Onder Engelssprekendes het sekere stereotipes gou posgevat: die Afrikaners is die vuil spoorwegwerker, die dom polisieman. Baie jare lank was die meeste wit straatboewe en jeugmisdadigers Afrikaners. Nog 'n "alternatiewe" wyse van bestaan was prostitusie. Hierdie Afrikaners het die hele Afrikanergemeenskap gestigmatiseer.

Nietemin het baie Afrikaners ná die oorlog in moeilike omstandighede hul bes gedoen. Kinders het geld as boodskappers of koerantverkopers verdien, terwyl vroue wasgoed vir die rykes gewas of hul kinders opgepas het. In Johannesburg het mans bakstene

Bl. 275

gemaak, transport gery, veral om voedsel van die plase na die mark te bring en trems bestuur.

Die toekenning van selfbestuur aan Transvaal en die sege van Het Volk het die Afrikanerwerkersklas aan die Rand van hul mag bewus gemaak. Baie van hulle het in 1907 aan 'n optog van wit werkloses van Johannesburg deelgeneem. Hulle het na Pretoria gestap om by Jan Smuts, die nuwe koloniale sekretaris (minister van binnelandse sake), daarop aan te dring dat die regering blankes teen billike lone in diens moet neem. Smuts het aan hulle gesê daar is werk by die Pietersburgse spoorweg teen drie sjielings en vier pennies per dag en 'n sak mieliemeel. Die skare was diep geskk. 'n Paar dae later het 'n joernalis op 'n vergadering in Vrededorp, die armblanke-buurt in Johannesburg, gesê Smuts se woorde was 'n groot belediging vir die Afrikanernasie. "Die angel in die hele ding was die aanbod van mieliemeel. Dit het die Afrikaners op gelyke voet met die swart mense geplaas."

Dit was nog glad nie seker hoe hierdie moeilike mense sou stem nie. Die meeste het Het Volk ondersteun, maar sommige het na die Arbeidersparty begin kyk. Ten spyte van die kerk se teenstand, het baie by vakbonde aangesluit. In 1914 was die plaaslike politici in Johannesburg deeglik bewus van die mag van die blanke armes. Omtrent elke party het hul stemme probeer wen deur hoog op te gee hoe die party van plan is om vir hulle werk te vind. Al die partye het saamgestem dat iets drasties aan hul ellendige armoede en haglike omstandighede gedoen moet word.

Die Afrikaanse kerke aan die Rand kon min materiële hulp verleen, maar die geestelike ondersteuning aan die armes was belangrik. Daar is in 1909 berig dat die kerke in die armblanke-buurte Vrededorp en Fordsburg stampvol is.

Arm Afrikaners was tot ongeveer 1940 'n opvallende deel van die stedelike toneel. Dit beteken nie dat dieselfde mense altyd arm gebly het nie. In werklikheid h et armes in 'n bepaalde geslag bestendig hoër geklim hoe langer hulle in die stad was. 'n Nuwe golf van armes het uit die platteland gekom. Teen die 1920's was die ergste armoede en diepste wanhoop verby en het die verstedelikte Afrikaners lewenskragtige gemeenskappe rondom hul kerk en skool begin vorm. Maatskaplike euwels soos prostitusie, weddery en dronkenskap het skerp afgeneem. By die tweede geslag in die stede was ongeletterdheid vreemd. By die Afrikaners het 'n groot geloof in die waarde van onderwys ontstaan. Hulle het stemreg gehad en was vasbeslote om dit in hulle belang te gebruik. Geen party kon dit waag om hulle te veronagsaam nie.

Meningsverskille oor 'n oplossing

Politieke leiers het saamgestem dat beter onderwys vir blankes, vergeleke met swart of bruin onderwys, die beste manier sou wees om wit armoede te bestry. Maar oor omtrent alle nder kwessies rakende die probleem het genl. Smuts, genl. Hertzog en dr D.F. Malan skerp verskil.

Smuts het met sy studie in Cambridge begin pas nadat die Cambridge-dosent Alfred Marshall se groot werk Principles of Economics (1890) verskyn het. Smuts is daardeur beïnvloed en dit het ook die talle kommissie beïnvloed wat die volgende vier dekades aspekte van blanke armoede in Suid-Afrika ondersoek het. Marshall het die grondslag

Bl. 276

gelê van die neoklassieke ekonomie wat die Westerse denke die volgende halfeeu sou oorheers. Die kernbeginsel was die soewereiniteit van die verbruikers, waarop die mark reageer. Regeringsinmenging in die mark moet tot die minimum beperk word. Regerings begaan 'n flater as hulle armoede probeer oplos deur in die markmeganisme in te meng, byvoorbeeld deur kunsmatig werk te skep. 'n ekonomie het sy eie ewewig, wat nie van buite versteur moet word nie. Die beste wat die regering kan doen, is om die raamwerk te skep wat die ekonomie toelaat om self die nodige aanpassings te maak. Hierdie raamwerk moet bestaan uit 'n vrye mark, lae doeanetariewe en begrotings wat in ewewig gehou word. Die beste wat vir armes gedoen kan word, is om goeie onderwys aan hul kinders te verskaf.

Smuts k on nie hierdie beleid in die ZAR invoer nie, want die oogmerk van Pres. Kruger se beleid was om veral die armer burgers te help en te verhoed dat vrye ekonomiese magte die soewereiniteit van die staat ondermyn. Hy het geskryf dat Suid-Afrika se p robleme opgelos moet word deur "die vrye spel van maatskaplike en ekonomiese magte". Hy wou blanke armoede oplos deur verpligte blanke onderwys en ook deur opleiding. Hulle sou eerste keuse van werk kry, maar geen buitengewone bystand soos in Kruger se tyd nie. Die prioriteit vir Suid-Afrika was - volgens hom - om 'n hoë groeikoers te bewerkstellig, wat ook flukse armes sou baat.

Tussen 1900 en die middel van die 1930's was daar 'n groot mate van eenstemmigheid onder blanke politici dat blanke armoede opgelos kkon word as blankes op die plase bly of selfs daarheen terugkeer. Die verslag van die TIC lewer uit 'n neoklassieke hoek verdoemende kommentaar hierop: Die boere stel buitensporige eise en verlang dat die regering alle struikelblokke verwyder. Dit het volgens die verslag geen sin om mense wat nie die nodige kapitaal, vermoë en vernuf het op die plase te probeer hou nie. Hulle moet arbeiders in die stede word en die staat moet hulle nie te veel teen swart mededinging beskerm nie.

In 1923 het Smuts, nou eerste minister, 'n afvaardiging van NG-kerkleiers ontvang in 'n tyd toe daar groot blanke werkloosheid en hoë inflasie was. Hy het die getalle armes wat genoem is, betwyfel en daarop angedring dat die verskynsel in 'n bepaalde raamwerk vrstaan moet word. Suid-Afrika het in die vorige dertig jaar ekonomiese en industriële veranderinge ondergaan wat feitlik ongeëwenaard in die wêreld was. "Het was natuurlik dat in deeze snelle verandering velen verdrongen en achtergelaten werden. Zij waren voor de nieuwe toestanden en isen niet opgewassen en lagen daar als gewonden op het groote slachtveld. Deese moet deru een ambulance opgetel en versorg word." Die Kerkbode haal hierdie woorde sonder kommentaar aan en die kerkleiers se reaksie word nie gerapporteer nie, maar in 1924 is Smuts se Suid-Afrikaanse Party by die stembus verslaan. Sy gebrek aan sensitiwiteit oor die armblanke-kwessie was sekerlik een van die redes.

Die benadering van genl. J.B.M. Herzog was heeltemal anders. C.M. van den Heever, sy biograaf, skryf dat sy benadering "kontinentaal" was, dit wil sê van Europa. Dit het laissez faire, 'n beleid van laat-maar-loop, verwerp. Hy het in die 1890's in Amsterdam gestudeer en is heel waarskynlik beïnvloed deur die standpunte oor armoede uitgespreek deur Abrhm Kuyper, Nederlandse kerk- en politieke leier. Om vir die armes

Bl. 277

om te gee,  is volgens Kuyper nie liefdadigheid nie, maar 'n Christelike plig. Elke mens het die reg om ordentlik te leef. Elke kerk moet sy verpligting teenoor sy armes nakom.

Hertzog het deur 'n erflating 'n welgestelde man geword. Hy was nou een van die klein klas "hereboere" in die Vrystaat. Volgens 'n sosialistiese skrywer het hierdie mense invloed uitgeoefen onder die tradisionele boere, wat "dorpsmense en kapitaliste" nie juis kon verdra nie. 'n Boer het in 'n bitter brief aan 'n Trnsvaalse koerant gekla oor die ryk boere, selfs die generaals, wat hulle ten kkoste van die armes verryk. In die provinsiale verkiesing van 1914 het die Arbeidersparty in stedelike en landelike kiesafdelings sterk gevorder met die boodskap dat die "geldkapitaliste" die werkers onderdruk terwyl die "grondkapitaliste" die arm burgers op die plase uitbuit. Herttzog kon ook as een van laasgenoemde beskou geword het, mar hy was nie pro-kapitaal en pro-Empire soos die Suid-Afrikaanse Party nie. Die Nasionale Party, wat hy in 1914 gestig het, het die SAP as die party van "imperialisme en kapitaal" verwerp. Hertzog het gesê dat hy oor die SAP se kapitalistiese beleid van die party weggebreek het.

Daniël Francois Malan is, soos Smuts, op 'n plaas naby Riebeek-Wes gebore en het ook soos Smuts aan die Victoria-kollege gestudeer. Daarna hul weë uiteengeloop, hoewel hulle privaat 'n goeie verhouding gehad het. Malan is gevorm deur die Kaapse evangeliese tradisie met die klem op gebed, bekering, sending en onderwys. Hy het aan die Universiteit van Utrecht in Nederland gepromoveer op 'n proefskrif oor die werk van die filosoof George Berkeley. Deur sy studie het hy die ortodokse beginsel "van leer tot lewe" verwerp, wat beteken dat 'n mens by die Bybel moet begin vir die openbaring van waarheid. In plaas daarvan het hy Berkeley se etiese gondsdiens aangehang met die benadering "van lewe na leer". 'n Kenmerk daarvan is sosiale betrokkenheid en 'n klem op modernisering.

In Malan se vertolking van "lewe" het die Afrikaners se stryd om oorlewing 'n belangrike plek ingeneem. Hy het geglo dat die NG Kerk as die kerk van die Afrikaners die armer lede van die volk moet ophef. Dit moet ook die volk help om sy kulturel en nasionale karkter te behou. In hierdie sin moet die kerk ook volkskerk wees. Malan het veral klem gel kerk se verpligtinge om vir die armes te sorg en hulle in die volksgemeenskap te integreer. Volgens sy seun Daniël is hy letterlik tot trane beweeg deur die gedagte aan die armes wat na die stede moes trek en daar ondergegaan het.

Ná Malan se terugkeer van sy studie in Nederland in 1905 was hy 'n paar maande predikant op Heidelberg, Transvaal, waar hy die nypende armoede van die Afrikaners ná die oorlog moes aanskou. Hy was daarna drie jaar pre;dikant op Montagu, waar hy hom beywer het vir die opheffing van die armblankes en die afskaffing van die dopstelsel op plase. Daarvandaan is hy as predikant na Graaff-Reinet, maar het in 1915 bedank om redakteur van die nuwe koerant De Burger te word.

Sy vernaamste oorweging was om die politieke breuk onder Afrikaners te probeer h eel en die armblankevraagstuk aan te pak. In sy afskeidspreek het Malan gesê dat die "ontsettende vraag" aan die Afrikanervolk gestel word "of ons as Afrikanervolk nog reg van bestaan het, of dit mskien nie beter vir ons is om nasionale selfmoord te pleeg nie". In die eerste hoofartikel in De Burger skryf hy: "(Vir) ons eie volk is dit die donkerste uire. Eenmaal was daar 'n tyd toe ons een was, een in hart, ook al het die storms om ons heen gewoed ... Maar ons harte is geskeur en ons volkslewe is verbitter. Ons drink die waters van Mara."

Bl. 278

Hy het egter  nie net die donker kant gesien nie: De Burger is "kind nie alleen van smarte nie, maar ook van die hoop". Daar is tekens dat die nasionale hart weer begin klop. Die taak is om "saa, te bind wat nooiot geskei moes gewees het nie".

Een van Malan se eerste prioriteite was die opheffing van die arm Afrikaners en hul inlywing by die volk. In sy oë het die "naturellekwessie" aan die wortel van die probleme gelê. Swart mense was bestendig hul opvoeding aan die verbter en kon met die armblankes om werk meeding. As die ontwikkeling voortgesit word, het hy gemeen, is daar geen h oop dat Suid-Afrika 'n witmansland kan bly nie. Hy het aangedring op segregasie in die stedelike ekonomie sodat direkte mededinging tussen wit en swart vermy word. Swart mense mot opgelei word om  hulle self in die reservate te kan onderhou. Malan het nie gesê hoeveel die regering moet bestee om die reservate lewensvatbaar te maak nie en ook nie gevra of hulle hoegenaamd lewensvatbaar is nie.

'n Onstuimige myndorp

Die goudmyne het die illusie geskep dat Suid-Afrika 'n ryk land is. Maar toe die Het Volk-party in 1907 aan die bewind kom, h et die ministers besef hoe karig die middele in die staat se hande is om iets te doen aan die lot van duisende Afrikaners wat óf werkloos is óf vir h ongerlone werk. In wanhoop het Smuts in 1907 geskryf: "Die toestand is verrot tot op die kern ... Hiervan is dit voldoende bewys dat 'n stad met 75 000 blankes wat £26 000 000 se goud jaarliks uitvoer, 'n probleem van werkloosheid het." Daar is die geld vir landbou-ontwikkeling of besproeiingskemas nie. Hy het wanhopig bygevoeg: "Ons is so verskriklik arm."

Vir die grootste deel van die twintigste eeu het die goudmyne die ekonomie heeltemal oorheers. Volgens 'n skatting van 1932 het die helfte van die staat se inkomste van die myne gekom en die helfte van die bevolking se inkomste was regstreeks of onregstreeks van die myne afkomstig.

Die samestelling van die myne se wit arbeidsmag het bestendig verander. In 1907 was slegs 18% van die 18 600 wit mynwerkers nie immigrante nie. Teen 1918 was meer as die helfte van die mynwerkers boorlinge van Suid-Afrika en in 1932 twee derdes. Dan was daar ook 200 000 swart mynwerkers wat trekarbeiders uit Mosambiek, Basoetoland en die Transkei was.

Gedurende die eerste kwart van die twintigste eeu was die Afrikaners die radikaalste deel van die bevolking van die Witwatersrand. Verarmde Afrikaners het rondgeloop op soek na werk. Hulle was verbitter oor die oorlog en het vurig gehoop om weer te kan boer. Hulle het 'n republiek begeer, maar nie die sosialistiese republiek wat kommunistiese aktiviste bepleit het nie. Nie sonder rede nie het hulle vas geglo dat die kapitalistiese klas hulle wil uitverkoop. The Star, spreekbuis van die mynmagnate, het net ná Uniewording geskryf dat Suid-Afrika nooit 'n witmansland soos Australië of Kanada kan word nie. "The best future course was to spur growth by drawing on black labour freely and in the process create more opportunities for skilled white labour."

Om die Afrikaners se vervreemding te vererger, was die vakbondleiers, net soos die werkgewers, feitlik deur die bank Engelssprekend en sterk imperialisties gesind. Hulle het min meegevoel met Afrikanergevoelens en -belange gehad. Ons Vaderland het in

Bl. 279

1913 geskryf dat die minagting waarmee hierdie mense die Afrikaners behandel, diep in die bewussyn ingebrand is en dat dit moeilik is om met sulke mense saam te werk.

Die mynwerkers was die militantste deel van die Afrikanerwerkersklas. Hulle het werk gedoen wat sowel gevaarlik as ongesond was. 'n Studie van 'n bepaalde groep immigrante by die myne het bevind dat hul lewensverwagting slegs 36 is. Van 18 leiers wat die 1907-staking georganiseer het, is 14 oorlede voor die groot staking van 1913. Hulle het aan longtering gesterf.

Die eerste regeringspoging om wit mynwerkers te beskerm, was in 1893, toe die Transvaalse Volksraad skietery met plofstowwe tot blankes beperk het. Die volgende stap het ná die oorlog gekom: toe het swartes in groot getalle hul arbeid onttrek om hoër lone te beding. Alfred Milner het met die wit mynwerkers onderhandel om hul verlof te kry vir die invoer van Chinese. 'n Lys van poste wat vir wit mense opsy gesit word, is opgestel, maar dit was veronderstel om net tydelik te wees. Toe swart mynwerkers die Chinese vervang, het wit werkers daarop aangedring dat die beskermde poste behoue bly.

Die mynbase het hulle tydelik hiermee versoen, maar hulle ws van pln om ontslae te raak van die Britse immigrante, wat hulle as aanmatigend beskou het. In April 1907 het die wit werkers 'n staking uitgeroep nadat die bestuur planne aangekondig het om swart werkers in hoër poste aan te stel en die verhouding van swart tot wit werkers kleiner te maak. Die staking het gou handuit geruk. Soldate is ingeroep en Afrikaners is gebruik om die poste van die stakers te vul. Die mynbase het gedink Afrikaners is makker en daarby ook nog "dexterous, highly intelligent and capable".

Ná die staking het die Afrikaners hul werk behou en nog méér Afrikaners het mynwerkers geword. Hulle het gou van die mees militante werkers geword, veral omdat hulle bevrees was dat die werkgewers 'n plan het om hulle te vervang deur goedkoper swart werkers of om al hoe groter spanne swart werkers onder 'n wit opsigter te gebruik.

In 1913  het 'n groot staking uitgebreek or die erkenning van 'n vakbond vir wit mynwerkers. Brandstigting, plundering en amperse anargie het gou gevolg. Die polisie en soldate kon dit aanvanklik nie bedwing nie en het 100 mynwerkers doodgeskiet. Die nuwe staat het nog op wankele bene gestaan en die regering was vrplig om 'n vernederende skikking met die stakers se leiding aan te gaan. In 1914 het 'n staking by die steenkoolmyne na die goudmyne, spoorweë en hawens versprei en spoedig was die land in 'n greep van 'n algehele staking.

Nou het die regering afdelings van die Staande Mag en Aktiewe Burgermag opgeroep om die staking te breek. Smuts het staatgemaak op die steun van manne wat saam met hom teen die Britte geveg het. Afrikaners wat vir die kommando's opgeroep is, het entoesiasties Rand toe gegaan "om Engelsmanne te skiet". Die staatsmagte het die leiers van die vakbondfederasies, almal Engelssprekendes, in hegtenis geneem. Smuts h et nege leiers onwettig gedeporteer.

Die stakings het getoon dat 'n gevaarlike kombinasie van militante wit werkers en wit werkloses die politieke stabiliteit aan die Rand bedreig. Die situasie het nog dreigender geword toe opstandigheid onder die armblankes op die Vrystaatse en die Transvaalse platteland kop uitsteek. In die Rebellie van 1914-1915 het genl. Christiaan de Wet steun van 'n armblanke-nedersetting naby sy plaas in die distrik Heilbron gewerf. Baie bywoners het aan die opstand deelgeneem. Albert Brand, magistraat van Lindley,

Bl. 280

het verklaar dat baie van die rebelle op 'n strooptog uit is. "They were not people of standing and responsibility." Hul teikens was handelaars, mense van Britse of Joodse afkoms, by wie hulle in die skuld was of ryker boere wat min vir hul moeillikhede omgegee  het. (Vir die bespreking van die Rebellie sien pp. 330-35.)

Die Rebellie is onderdruk, maar die regering was met reg diep bekommerd oor die kombinasie van wit armoede, antikapitalisme en anti-imperialisme. Teen die einde van 1915 het Merriman in 'n brief aan Smuts sy vrese uitgespreek. Die rebelle, het hy geskryf, is "wretched folk ... ready for any mischief", wat die grondslag van nasionale voortbestaan bedreig. Daar is gelyktydig ook die bedreiging van die "Internasionale Sosialisme" en die moontlikheid van 'n alliansie tussen radikale werkers en swart mense.

Merriman was tereg mismoedig. Die Suid-Afrikase Party as regerende party het ná die onderdrukking van die Rebellie agteruitgegaan en is nou hoofsaaklik deur ryker en ouer Afrikaners gesteun. In die verkiesing van 1915 het Hertzog se Nasionale Party die helfte van die Afrikanerstemme gekry. In die gevestigde Wes-Kaap het dit steun uit alle lae van die Afrikanergemeenskap gekry. Elders in die land het dit baie stemme onder die bywoners en ander landelike armes en onder die kleiner boere gekry, maar min van die ryk boere. Die Landbank, wat in 1911 gestig i s, het lenings net aan kredietwaardige boere gegee.

Om hul steun uit te brei, het Nasionaliste in 1915 twee koerante gestig: Die Vaderland, aanvanklik in Pretoria gevestig en later in Johannesburg; en De Burger (van 1922 Die Burger). Laasgenoemde koerant was die eerste wat in gehalte en omvang met die Engelse koerante vergelyk kon word. Dit het van die begin die stryd teen groot kapitaal en imperialisme aangeknoop. Een van sy sterkste wapens was die werk van D.C. Boonzaier, een van die briljantste spotprenttekenaars wat die land nog gehad het. Boonzaier het op 'n Karooplaas grootgeword, maar in Kaapstad het hy kosmopolitiese vriende gehad. Hy het 'n vurige haat ontwikkel vir die geldsug van die mynmagnate en wat hy beskou het as Louis Botha en Jan Smuts se kruipery voor hulle en ministers of amptenare van die imperiale regering. Sy spotprente beeld verwilderde blanke armes en werkers uit wat deur gewetenlse kapitaliste gehoon en uitgebuit word.

Sy vernaamste skepping is Hoggenheimer, 'n groot en vet kapitalis wat Botha en Smuts telkens na sy pyp laat dans. Alhoewel Boonzaier dit ontken het, was die figuur onmiskenbaar Joods. Dié spotprentkarakter verteenwoordig die redelik wydverspreide afkeer onder Afrikaners van die ryk Jode, groot kapitaliste en 'n kukltuur van materialisme.

Die NP het hom by die werkers aangebied as 'n party wat werkersbelange en nasionalistiese aspirasies kon versoen. Dit was egter nie vanselfsprekend dat die werkers vir die party sou stem nie. Baie het inderdaad voortgegaan om vir die Arbeidersparty te stem. In die verkiesing in 1920 het die Arbeidersparty 21 setels uit altesame 134 gekry, die Unionisteparty 25, die SAP nou die eerste keer onder Smuts se leiding 41 en die NP, nou die grootste party, 44.

Met so 'n verdeling moes die groot partye vennote soek. Die Empire-gesinde Unioniste was so bang vir die Nasionaliste dat hulle met die SAP saamgesmelt het. Aan die ander kant van die spektrum het die NP en die Arbeiders nader aan mekaar beweeg. Die Arbeiders se steun ondr Afrikaners ws egter kwesbaar. Omtrent al sy leiers was Engelssprekend en die party het bly aandring op nouer bande tussen Suid-Afrika en Brittanje. Die party het vinnig steun aan sowel die NP as die SAP afgestaan.

Bl. 281

In hul bearbeiding van die werkers het NP-leiers Suid-Afrika regop laat sit deur vriendelike geluide teenoor die bolsjewiste en hul revolusie in Rusland te maak. In 1919 het die NP die poging van Westerse moondhede om die revolusie te vernietig, afgemaak as 'n optrede aangevuur deur hul drang tot uitbuiting. Vir Hertzog het die bolsjewiste die belange van die werkers en nasionale aspirasies versoen. Hy het die idee van bolsjewisme - dat 'n nasie die reg het om vry te wees, hom self te regeer en hom teen 'n vreemde veroweraar te verset - as "uitstekend" beskou. As die Afrikaners sê dat hulle hul self wil regeer en hierdie reg in die praktyk wil uitleef, dan is hulle ook bosjewiste, het Hertzog geredeneer.

Die International Socialist League, voorloper van die Kommunistiese Party in Suid-afrika, was nie beïndruk nie. Hertzog wou slegs die "top-kapitaliste", die mynmagnate, bykom, het The International, 'n kommunistiese blad, geskryf. "The National Party is not a working class party, though it has workers in its ranks. Its mission is not to make the workers the ruling class, but to institute the political regime of the small farmers." Labour World het geskryf dat slegs 'n sosialistiese orde die armblanke-probleem kan oplos.

Die staking van 1922

In 1918 is die Eerste Wêreldoorlog beëindig. Vir Suid-Afrika het een van sy donkerste tye aangebreek. Net tussen 1917 en 1920 het inflasie die pryse met die helfte laat styg. Van 1920 tot 1932 het die bruto binnelandse produk gekrimp en daar was feitlik geen toename in die vrvaardigingsektor se produksie nie. Werkgeleenthede in hierdie sektor en by die spoorweë het verminder. Aan die Rand het wit werkloosheid en ontbering skerp toegeneem. Net in Johannesburg was daar na raming 3 000 families wat op die punt van hongersnood gestaan het.

Die myne was 'n politieke kruitvat. In die eerste tien jaar van die Unie het die proporsie van die wit mynwerkers wat immigrante was, skerp afgeneem. Teen 1918 het Afrikaners die meeste van die gevaarlilke ondergrondse poste beklee. Hulle was die radikaalste werkers wat die mynmaatskappye nog gehad het. In 1920 het die kloof tussen die wit mynwerkers en die regerende party verder vergroot toe die SAP die Unionisteparty, wat altyd die mynmagnate se steun gehad het, in sy geledere opneem. Die mynwerkers het nou die regering en die mynbase as kop in een mus beskou.

As eerste minister het Jan Smuts gou laat blyk dat hy nie sou huiwer om - wanneer dit nodig word - al die magsmiddele van die staat te gebruik nie. In 1921 het die veililgheidsmagte 1 631 lede van 'n godsdienste sekte, die Israeliete, naby Queenstown doodgeskiet. In 1922 het 'n regeringsmag meer as honderd lede van die Bonderswart-stam in Suidwes-Afrika wat geweier het om belastings te betaal, doodgemaak. Vliegtuie wat die stam se veekuddes gebombardeer het, het ook vroue en kinders getref. Toe Smuts soortgelyke pogings aanwend in die onderdrukking van die groot staking van 1922, het Hertzog in die Parlement gesê "bloed drup" van Smuts se hande.

Wit en swart mynwerkers was vervreemd. Die swart werkers het in 1920 gestaak omdat inflasie hul lone in reële terme laat daal het. Soldate en polisie het die staking van 71 000 swart werkers onderdruk. Die volgende krisis was 'n skerp daling in die goudprys

Bl. 282

- van 130 sjielings per fyn ons aan die begin van 1920 tot 95 sjielings teen die einde van 1921. Teen hierdie tyd was die produksiekoste 'n derde hoër as in 1915. In 'n poging om te keer dat sekere myne sluit, het die Kamer van Mynwese h alsoorkop en selfs roekeloos opgetree. Die mynkamer was gebonde aan 'n ooreenkoms van 1918 met die wit mynwerkers dat die verhouding tussen swart en wit werkers op 7,4:1 vasgepen sou wees. Die kamer het aangekondig dat hy hom nie langer hieraan sou hou nie en dat hy die kleurslagboom vir halfgeskoolde werk gaan afskaf.

Eers is gemeen dat nie meer as 2 000 wit werkers ontslaan sou word nie, maar dit was gou duidelik dat op langer termyn baie meer wit werkers hul werk sou verloor. Die mynbase en die kamer het laat blyk dat die werkgewers daarop sou aandring dat die posisie van die wit mynwerkers deeglik hersien word. Die kamer het gewaarsku dat daar grootskaalse besnoeiing van poste sou moet kom en het bygevoeg dat hy die kleurslagboom as immoreel beskou.

Australië het toe lankal die partye in 'n arbeidsgeskil verplig om met mekaar te probeer skik en om hulle - as dit misluk - aan arbitrasie te onderwerp. Maar Suid-Afrika se stelsel om arbeidsgeskille te besleg, was so primitief dat 'n ramp een of ander tyd moes plaasvind. Stakings is sterk aan bande gelê en werkers was feitlik verplig om onwettig te staak, wat gou geweld laat uitkring het.

Op 2 Januarie 1922 het 'n staking in die steenkoolmyne begin en 'n week later het wit mynwerkers en masjiniste begin staak. Deneys Reitz, 'n minister, het geskat dat 90% van die stakers Afrikaners is; 'n kommissie het later van 75% gepraat. In 'n sekere sin was dit 'n geskil waar Afrikaners teen Afrikaners geveg het, want die regering het hoofsaaklik Afrikaners gebruik om die staking te onderdruk. Die meeste van die 2 000 polisiemanne en ook van die kommandolede wat na die Rand gestuur is, was Afrikaners.

Twee gedagterigtings kan onder die stakende werkers onderskei word. Aan die een kant was daar Engelssprekende sosialiste en kommuniste. Sommige van dié mense het net 'n vae begeerte gehad om die bestaande orde omver te werp. Die kommuniste, daarenteen, het 'n revolusie beoog ten einde "alle vorme van kapitalisme" uit te wis.

Die stakende Afrikaners het ander planne gehad. Hulle wou vir eers die republieke herstel. Bernard Sachs, 'n waarnemer, het verklaar dat die staking tot 'n opstand teen die Britse imperiale gesag gedegeneer het. Leiers van die staking het die Union Jackvlag as 'n "vuil doek" bestempel en beloof dat die Vierkleur weer oor Transvaal sou wapper. Dan het die leiers dit ook as 'n stryd tussen wit en swart beskou. Een van die leiers het op 'n monstervergadering gesê mense moet saamstaan soos toe die Voortrekkers in 1838 oor Dingaan geseëvier het en hulle moet keer dat die Kamer van Mynwese die bordjies verhang.

'n Kenmerk van die staking was die rol van Afrikanervroue. Hulle het in groot getalle opgedaag. In Germiston was vroue te perd in die voorhoede van 'n optog van  honderde stakers. Die goewerneur-generaal het aan Londen berig dat vroue opvallend is in aanvalle op werkers wat die staking ondermyn, die "scabs". Die propagandiste het vrese oor die kwesbare posisie van wit vroue in 'n gemengde samelewing probeer uitbuit. 'n Afrikaanse pamflet het gewaarsku dat hoë lone vir swart mense vir tradisioneel wit werk, daarop kan uitloop dat baie wit dogters met gekleurdes trou.

Ten spyte daarvan dat die meeste stakers Afrikaners was, het die kommuniste die staking

Bl. 283

probeer kaap. Rooi vlae en rooi rosette was opvallend in die optogte en die "Rooi Vlag", die kommunistiese lied, is dikwels gesing. Sommige kommunistiese leiers het nie gehuiwer om kommunistiese en rassistiese propaganda saam in een brousel aan te maak nie. The International het die Afrikaners in die polisie en kommando's soos volg aangespreek: "Are you prepared to serve idiotic capitalists as their stupid underlings in suppressing your fellow Afrikaners? It is their intention to replace us and also y ou with cheap black labourers." Die slagspreuk wat die beste onthou word, het op 'n banier verskyn: "Workers of the world unite and fight for a white South Africa."

Maar die kommuniste was 'n klein minderheid. Die meerderheid van die stakers het dit beskou as 'n stryd tussen wit en swart werkers, die een groep redelik vry en die ander erg aan bande gelê. Vir hulle het 'n oorwinning vir die Kamer van Mynwese oor die wit myners die "selfmoord" van die blanke ras beteken. In hierdie trant het die Mynwerkersunie in 'n oproep op boere gesê dat die nederlaag van die wit mynwerkers sou beteken dat die swart man die plek van die wit man sal inneem, wat die blanke nasie tot uitwissing sal verdoem.

Die begrip "beskaafde arbeid" is waarskynlik in die staking gebore. Die Arbeidersparty het dit as leuse in die aanloop tot die verkiesing van 1924 gebruik en die NP het dit gou oorgeneem. "Beskaafde arbeid" het in die eerste plek daaroor gegaan dat beskaafde arbeid beskaafde lone moet kry. Maar die onderskeid was nog nie skerp nie. Beskaafde arbeid het nie noodwendig net blanke arbeid beteken nie.

Smuts het gou besluit dat die staking spoedig en genadeloos onderdruk moet word voordat oor oplossings gepraat kan word. Sy groot vrees was dat wit werkers die swart werkers sou treiter en dat dit 'n grootskaalse swart opstand kon veroorsaak. Om steun onder wit mynwerkers te werf, het leiers van die staking gerugte versprei dat swart werkers gereed is om in opstand te kom. Selfs die mees huiwerige staker sou gereed wees om sy familie teen so 'n bedreiging te beskerm. Dit het inderdaad voorgekom dat stakers swart werkers aangerand het en bloedige gevegte tussen wit en swart het op verskeie plekke uitgebreek. Dar was sterfgevalle, m aar geen swart opstand nie.

Op die ou end het geen party of faksie die staking beheer nie. Op 10 Maart 1922, nadat die staking twee maande lank gesmeul het, het 10 000 wit mynwerkers polisiekantore, spoorwegeiendom en myngeboue en -installasies in Johannesburg aangeval. Die aanvalle het na ander plekke aan die Rand uitgebrei. Dit was 'n burgeroorlog in die klein in een van die wêreld se rykste kolle. Smuts het die kommuniste se prominente rol aangegryp om die staking voor te stel as 'n "rooi revolusie" met die doel om 'n Sowjet-republiek te stig. Hy het krygswet uitgeroep en baie soldate na Johannesburg gestuur. Hulle is deur vliegtuie, kanonne, masjiengewere en tenks ondersteun. Die stakers se stellings in Benonni is uit die lug  met masjiengewere bestook en die mynwerkers se gebou is geborbardeer. Die stakende werkers het oorgegee nadat swaar geskut hul vestings verwoes het. Gedurende die geveg van vyf dae het 250 mense gesterf.

Die regering is hewig geskok deur die geweld van die staking, maar het besluit teen die uitbreiding van die kleurslagboom by die myne. Daar is geredeneer dat beter opleiding vir wit mense verkieslik is bo groter beskerming. F.S. Malan, minister van mynwese en nywerheid, het in 1923 aan die Parlement die besluit soos volg verduidelik: Dit is vernederend vir die wit man om te sê dat hy kunsmatig teen die naturel en die

Bl. 284

gekleurde beskerm behoort te word. Die rede waarom 'n aantal wit mynwerkers i n gevaar is, is omdat hulle nie doeltreffende mynwerkers is nie. Volgens hom het die wit werkers nie gebruik gemaak van opleidingsgeleenthede nie. "Hulle het na die myne gegaan as leerjongens en leerjongens het hulle gebly."

Die NP het die klem op beskerming en meer werk vir wit mense geplaas. Ná die staking van 1922 het Tielman Roose, Transvaalse NP-leier, gesê dat die land op die rand van 'n vulkaan sal bly so lank daar sulke groot getalle werkloses is. As hulle nie in die arbeidsmag  opgeneem word nie, sal die gebeure aan die Rand op ' n nog groter skaal herhaal word. In die veldtog vir die verkiesing in 1924 het Hertzog gesê dat die posisie van die wit arbeiders die dringendste saak vir blanke oorlewing is.

Smuts was bereid om wit arbeiders tegemoet te kom, maar hy het ook gevoel dat hulle nie alles moet "tiranniseer" nie. 'n Statutêre kleurslagboom was volgens hom nie 'n goeie ding nie. Dit sou 'n erkenning wees dat wit nie met swart kan meeding nie en dat wittes hul toevlug moet neem tot wette wat geregtigheid en billikheid skend. Daar moet nie wetlike hindernisse geplaas word op die weg van die naturel wat hom self wil hophef nie. In 'n private brief het Smuts gesê dat die regring as regverdig teenoor alle bevolkingsgroepe beskou moet word. Hy het geen beswaar daarteen om arblankes te help nie, maar dit moet nie geskied op so 'n wyse dat 'n onreg aan enige ander deel van die samelewing gedoen word nie. Daarom is hy gekant teen die NP-beleid dat swart mense net toegelaat moet word om ongeskoolde werk te doen.

Die Smuts-regering het nietemin oorgegaan tot 'n belangrike beleidsverandering. Dit het 'n stelsel van nywerheidsverhoudinge ingestel wat aan wit werkers 'n beter bedingingsposisie as aan swartes gegee het. Volgens die ou stelsel, wat vakbonde kwalik geduld het, het bloedige stakings - veral oor die kleurslagboom - uitgebreek. Die Wet op Nywerheidsversoening, wat die Smuts-regering in 1924 deurgevoer het, het voorsiening gemaak vir wetlik bindende ooreenkomste wat gesluit word in nywerheidsrade bestaande uit werkgewer-organisasies en wit of hoofsaaklik wit vakbonde. Werkgewers kon nie stakende werkers van die werkplek uitsluit nie en werkers kon nie staak voordat die nywerheidsraad vergadering het ten einde die konflik te probeer besleg nie.

Die wet van 1924 het in 'n sekere opsig die wit werkers in vakbonde in 'n swakker posisie geplaas. Stakings wat sonder kennisgewing begin, was hul vernaamste wapen. Aan die ander kant het die masjinerie van versoening die wit en bruin werkers bevoordeel deur "pasdraers" - swart werkers - van lidmaatskap van erkende vakbonde uit te sluit. Die gevolg van die wetgewing was dat die wit vakbonde die grootste seggenskap gehad het in besluite oor opleiding, lone en oor wie watter posvlakke beklee.

Die Pakt-regering van die NP en die Arbeidersparty, wat in 1924 aan die bewind gekom het, het nog 'n wapen aan die staat gegee teenwerkgewers wat wit arbeid wou ondergrawe: die Loonwet van 1925, wat die minister gemagtig het om 'n minimumloon vir wit en swart vas te stel. Die veronderstelling was dat indien wit en swart lone op dieselfde vlak is, werkgewers blankes sal verkies.

Die Pakt-regering en sy opvolgers het hierdie wapens spaarsaam gebruik. Die prioriteit ws om die ekonomie in staat te stel om te groei en meer werk te skep. Die regering h et egter nie verwag dat die mynbedryf die armblankevraagstuk moet oplos deur hulle in diens te neem of deur blanke mynwerkers besonder goed te betaal nie. (Die blanke

Bl. 285

mynwerkers se lone het eers aan die einde van die 1930's begin styg, maar dié van swart mynwerkers het eers in die vroeë 1970's in reële terme gestyg. Aan die ander kant sou die regering nie toelaat dat die bedryf eensydig besluit om sy wit arbeidsmag skerp te besnoei nie. Daar was maatreëls wat wit mynwerkers teen vervanging deur swartes beskerm het. In 1932 het die Kamer van Mynwese verklaar dat die myne die aantal wit mynwerkers drasties sou kan besnoei, maar dat so 'n beleid nie langer 'n opsie is nie. Die getal wit mynwerkers het van 22 099 in 1922 tot omtrent 28 000 in 1930 gestyg.

Deur hierdie maatreëls het die regering daarin geslaag om die wit mynwerkers se guns te koop. Die historikus David Yudelman merk op dat die wit vakbonde voortgegaan het om te grom, maar hulle was soos 'n leeu sonder tande, want niemand was bang vir hul byt nie. Sowel werkgewers as wit werkers het van nou af uit hul pad gegaan om goeie verhoudinge met die regering te kweek, omdat hulle besef het dat die staat ingrypend in die arbeidsverhoudinge kon inmeng. Een van die gevolge was dat die wit vakbond al  hoe meer geneig was om hul eie organisasie te verwaarloos, omdat hulle al hul hoop op 'n welwillende regering gevestig het.

Vir die staat was die krisis van wit werkloosheid 'n saak met 'n hoë voorrang. In 1922 het 'n kommissie die werklose armblankes op 120 000 gestel in 'n ekonomies aktiewe blanke bevolking van 540 000. Hoewel die regering niks su doen wat maatskappye se winste skaad of werkgeleenthede bedreig nie, is daarop aangedring dat werkgewers en vakbonde hul bydrae lewer om die armer deel van die blankes op te hef deur - waar moontlik - werk aan hulle te verskaf.

Die probleem van die armblankes het die poliltiek van die 1920's en 1930's oorheers. Margaret Ballilnger, 'n prominente liberaal, het in haar lewensbeskrywing opgemerk: "It is difficult now to remember or to appreciate the dark shadow which poor whiteism cast over this country in die 1920's and 30's of this century. Yet it was the formative force in standardizing the relationship of black and white in this country." 'n Opmerking deur Hertzog onderstreep hierdie waarneming. Hy het gesê dit is omdat hy die probleem van armblankes wou oplos dat hy die segregasiebeleid aangeneem het.

Die Pakt-regering en sy onverwagte bondgenote

Die Pakt-alliansie vir die verkiesing van 1924 het aanvanklik nie verder gestrek as 'n onderneming dat die partye mekaar nie sou opponeer nie, maar ná die verkiesing het hulle die land as 'n koalisie geregeer. Sowel die NP as die Arbeidersparty het 'n sekere mate van begrip vir die baie lae lone van swart werkers op die onderste sporte van die betrkkinge probeer aanknoop met Clements Kadalie, 'n charismatiese swart leier wat in Malawi grootgeword het. Nadat hy na Suid-Afrika verhuis het, het hy 'n swart vakbond, die Industrial and Commercial Workers' Union (ICU) gestig. Swart mense het entoesiasties gereageer op die ICU se oproep "Africa for the Africans". Daar word geskat dat dit teen die einde van die 1920's meer as 100 000 lede gehad het, voordat dit begin disintegreer het.

Hertzog het simpatie uitgespreek vir Kadalie en sy organisasie, en selfs 'n donasie aan die ICU gestuur. Hy het aan Kadalie gesê dat hulle tussen "wit en swart Afrikaners"

Bl. 286

die simpatie met mekaar moet vestig wat so noodsaaklik is vir die voorspoed van die Suid-Afrikaanse nasie. Die Kaapse NP-leier, D.F. Malan, het selfs verder gegaan. Voor die verkiesing het hy 'n boodskap aan 'n vergadering van swart kiesers in Queenstown gestuur wat gelui het dat geen ras 'n groter liefde vir Suid-afrika betoon het as die naturel nie en dat hy 'n voorbeeld van ware patriotisme is. Hy behoort dus sy plek langs die (wit) nasionalis in te neem.

Die Pakt-alliansie het uit onverwagte kringe steun gekry. In die vroeë 1920's was die NP steeds 'n party wat in Hertzog se woorde die "nie-industriële seksie" van die bevolking verteenwoordig het. Dit was veral die boere wat hy in gedagte gehad het. Die uiterste geweld wat die SAP-regering gebruik het om die 1922-staking te bedwing, het die SAP baie van die wit werkers se steun gekos.

Sommige swart leiers het die Pakt geopponeer, maar die swart leiers het ook al hoe ongeduldiger geraak met die SAP wat nie 'n duidelilke rassebeleid gehad het nie. "No policy, no vote", is die bevel wat van die Kaapse African National Congress uitgegaan  het. Die na;sionale leiding van die ANC het 'n telegram aan swart en bruin kiesers gestuur om hul stem teen die SAP uit te bring. Volgens Die Burger het die meeste kleurlinge in 1924 vir die Pakt gestem. In die wit gemeenskap was daar ook onverwagte steun. The Star het berig dat sommige kommuniste besluit het om die Pakt te ondersteun. Oor dié ontwikkeling het Smuts verklaar dt die Rooi Vlag na Suid-Afrika gekom het en dat Suid-Afrika 'n voorsmakie daarvan sal kry onder 'n Pakt-regering.

Party bekende Engelssprekendes het ook simpatie teenoor die NP se beleid van segregasie betoon. Edgar Brookes, later 'n vooraanstaande liberaal, het gemeen dat Hertzog se beleid reg is omdat dit die hele swart gemeenskap - en nie net 'n klein aantal individue nie - wil ophef. Tot in 1927 nog het hy die reservate beskou as 'n "useful subsidiary measure to facilitate administration".

In die verkiesing van 1924 het die NP 63 uit 135 setels teenoor die SAP se 52 en die Arbeiders se 18 verower. Smuts is in sy eie kiesafdeling verslaan. Kadalie het 'n tyd lank probeer om die vriendskaplike betrekkinge met die NP-leiers van voor die verkiesing te behou. In 1928 het hy gepleit vir 'n Suid-Afrika waar daar geen wit of swart baasskap sal wees nie en sy kinders en Hertzog se kinders sal saamspeel. Kadalie se vakbond was egter besig om in duie te stort vanweë korrupsie en sy eie aansien was daarmee heen.

Kort nadat hulle aan die begin gekom het, het die Nasionale Party se leiers 'n ongenaakbare boodskap van segregasie begin verkondig. Tielman Roos, leier van die Transvaalse NP, het verwys na die naturellegevaar in Suid-Afrika. "Ons sal die naturelle regeer. Elke wit man in Suid-Afrika is 'n aristokraat en die mense wat heersers en regeerders is, kan nie lede van 'n proletariaat wees nie." F.W. Beyers, minister van mynwese en nywerheid, het 'n kleurslagboom bepleit as 'n noodsaaklike meganisme om te verhoed dat 'n beskawing geruïneer word.

Hertzog het verklaar dat swart mense 2 000 jaar agter die blankes is op die leer van beskawing, maar terselfdertyd opgemerk dat die vooruitgang wat swartes op onderwysgebied maak, die wit gemeenskap bedreig. Die NP wou sorg dat die plase en myne genoeg swart arbeid kry, maar het terselfdertyd daarop aangedring dat die meeste swart mense in die reservate bly en dat die armblankeprobleem opgelos word.

Bl. 287

Alternatiewe vir segregasie

In die 1920's en vroeë 1930's, toe die land nog agterlik was en die ekonomie gesukkel het om vinnig te groei, is verskeie alternatiewe voorgestel wat wesenlik ander benaderings as die Pakt-beleid behels het, byvoorbeeld blanke immigrasie. Onder Smuts se regering het die direkteur van die sensus gewaarsku dat as die wit aanwaskoers nie styg nie, blanke Suid-Afrikaners nie in staat sou wees om hulle te handhaaf in die aangesig van "an increasing, and a last an overwhelming (black) majority" nie. Smuts het 'n skerp toename in wit immigrasie bepleit. Die groter markte wat daardeur sou ontstaan, sou die probleem van die armblankes oplos, het hy gesê en bygevoeg: "We suffer for our very smallness."

Maar die NP was nie entoesiasties nie; min mimmigrante het immers vir die NP gestem. Die HNP-leiers het ook swaar gesluk aan die feit dat geskoolde immigrante nuwe werkgeleenthede skep en almal bevoordeel deur die binnelandse mark te vergroot. Volgens die NP sou immigrante die poging om wit werkloses op te hef, in gevaar stel. Hertzog het voorstelle vir staatsondersteunde immigrasie afgemaak as die mal begeerte na 'n groot sensus. Na sy mening sou immigrasie net die kapitalistiese klas met sy aandrang op goedkoop arbeid bevoordeel en sou dit die Afrikanervolk verarm.

Nog 'n opsie was om die arbeidsmark vryer te maak en toe te laat dat die baie lae lone van swart trekarbeiders styg deur werkgewers te verplig om aan almal dieselfde loon vir dieselfde werk te betaal. 'n Liberale historikus, W.M. Macmillan, het betoog dat die bestaande beleid 'n bose kringloop veroorsaak deur swartes te verplig om in die afgeleë reservate te bly. Weens die paswette, wat hul mobiliteit aan bande gelê het, is swartes verplig om vir baie lae lone te werk. Nie hul swart kleur nie, maar hul goedkoop arbeid bedreig blanke werkers. Hy het verklaar dat indien die beperking op swartes verwyder word, die plaaslike mark sou groei en dat dit die lone van sowel wittes as swartes sou opstoot. Die Arbeidersparty se leier, kolonel Frederic Creswell, wat minister van arbeid in die Pakt-kabinet was, het al lank tevore geredeneer dat dieselfde loon vir almal vir dieselfde werk werkgewers sou noop om swartes op die laer posvlakke deur blankes te vervang. (Die veronderstelling in hierdie argument, wat later ook deur NP-ondersteuners gebruik is, was dat die minimumloon heelwat hoër moet wees as wat swartes op daardie tydstip ontvang het.)

Die vakbonde van geskoolde ambagslui het hierdie voorstel verwerp. Dit sou die poel van arbeiders groter maak en die skaarste van hul vaardighede bedreig. Ook die Kamer van Mynwese het nie werklik daarin belang gestel nie. Die mynbase wou nie die samestelling van hul arbeidsmag verander nie en het stakings gevrees.

Die mees radikale opsie is voorgestel deur die kommuniste, wat 'n sosialilstiese stelsel wou h ê wat volgens hulle sowel trekarbeid as werkloosheid sou beëindig. Hulle het beweer dat nadat sosialisme ingestel is, almal - wit én swart - 'n behoorlike loon sou ontvang.

Die mees begaafde Afrikaner wat hierdie saak bepleilt het, was Bram Fischer, kleinseun van die eerste minister in die gewese Oranjerivierkolonie. As 'n student in Bloemfontein in die jare twintig, was hy 'n oortuigde Afrikanernasionalis, maar sy persoonlike kontak met swart mense het hom oortuig dat kleurvooroordeel irrasioneel en segregasie onregverdig is. As student is Fischer in 1932 na Oxford as 'n Rhodes-beurshouer

Bl. 288

en het waarskynlik daar by die Kommunistiese Party aangesluit. Hy het gesê dat hierdie party die kleurslagboom deurgaans teengestaan het op grond van die geloof, tweeduisend jaar oud, dat alle mense broers sal wees. Doe groot depressie van die vroeë dertigerjare het hom oortuig dat die kapitalistiese stelsel op sterwe na dood is. In 1933 het hy op 'n Dingaansdagviering in Londen verklaar dat Suid-Afrika nou voor 'n nuwe uitdaging staan. Die twee Europese gemeenskappe moet nader aan mekaar kom en saam met "our vast black population" vooruitgang maak.

Maar terwyl baie afrikanerwerkers radikaal was, was hulle nie geëinteresseerd in die sosialisme nie. Hulle wou 'n staat hê wat blanke baasskap en die beskerming van die blanke werker voorstaan. Hoe meer die NP hom die lot van die armblankes aangetrek het, hoe meer het die party die faktor van ras en rassebekserming beklemtoon. As leier van die opposisie het Smuts 'n stelsel probeer ontwikkel wat blanke heerskappy sou beskerm, maar wat sommige swartes sou toelaat om vooruitgang te maak sodat, soos hy dit gestel het, "the iron of oppression" nie die swartes se siel binnedring nie.

Die NP en die SAP het ook oor die stemreg verskil. In 1928 het Smuts en Hertzog privaat menings oor die stemreg gewissel. Smuts het 'n nierassige stem vir die hele Unie voorgestel met 'n kwalifikasie van £75 inkomste per jaar en die woningkwalifikasie van £100. Dit sou 'n ongeskoolde wit werker wat die standaard-minimumloon van 5 sjielings per dag verdien, in staat stel om te kwalifiseer. Bruin en swart mense wat in hierdie toets slaag, sou verplig wees om ook 'n bekwamingstoets vir nie-Europeërs af te lê. Hertzog het die voorstel verwerp omdat dit ongeskoolde en werklose blankes as kiesers sou uitsluit.

Twintig jaar tevore het Smuts in 'n briefwisseling met Merriman dieselfde standpunt as Hertzog ingeneem en in die gesprek met Hertzog in 1928 het hy sy saak nie baie sterk gestel nie. Maar selfs die liberale Cape Times het besef hoe moeilik dit sou wees om ras uit die stemregkwalifikasies van die grondwet van 1909 te verwyder. Nie alleen het die konflik tussen wit en swart al hoe feller geraak nie, maar die twee wit gemeenskappe het mekaar polities net vertrou as daar nie mededinging om swart stemme was nie. In werklikheid was daar onder die oppervlak sterk meningsverskille oor watter van die twee gemeenskappe die geskikste is om die land te regeer. Die Cape Times het geskryf dat om die stemreg vir swart mense uit te brei, uiteindelik sou beteken "either a Parliament dominated by black voters or the break-up of Union, possibly by way of a bloody civil war". Met die uitskakeling van 'n gekwalifiseerde stemreg as 'n opsie om meer swart mense in die stelsel in te bring, het net die reservate oorgebly as feitlik die enigste alternatief aan blanke kant om die rassekwessie enigsins te ontlont.

Die aamnoediging van plaaslike nywerhede

Tussen 1886 en 1924 het die mynbedryf die hef in die hand gehad. Dit het op groot skaal en met 'n klein winsgrens laegraaderts ontgin en kon net bestaan as dit min aan voorrade, lone, voedsel en belasting bestee. Opeenvolgende regerings het die bedryf hierin gesteun. Indien dit egter die beleid sou bly, sou daar in Suid-Afrika 'n neo-koloniale opset ontstaan met 'n ekonomie wat tot groot plase en die ontginning van grondstowwe beperk sou wees. Werkloosheid vir sowel wit as swart mense sou hoog bly en die belange van die mynmaatskappye en beleggers sou deurslaggewend wees.

Bl. 289

Tussen 1910 en 1924 het die land swaar bly steun op invoer uit Brittanje. Die mynbedryf was sterk gekant teen 'n beleid van invoervervanging. Die sekondêre n ywerhede het nie werklik lewensvatbaar geword nie. Meer as die helfte van die mynwinste is as die dividende uit die land gestuur. Die regering het 'n belansting van slegs 5% op mynwinste gehef.

Suid-Afrika het tot die middel-1930's 'n arm land gebly. S.P. Viljoen, 'n vooraanstaande ekonoom, het hierdie opmerking gemaak: "It is seldom appreciated today how poor a mining and agricultural country South Africa was until (die 1930's)." Teen 1925 het Suid-Afrika 'n bruto binnelandse produk (BBP) van slegs R537 miljoen (in 1982 se waarde) gehad, waarvan die landbou 21% bygedra het, die m ynwese 16,2% en die sekondêre nywerheid slegs 7,8%. Viljoen het voortgegaan: "Since industry tends invariably to act as the growth sector in a newly developing country, South Africa's economic structure was then as undeveloped as those of most African countries (in die vroeë 1980's)."

Die Smuts-regering (1919-1924) het sonder veel geesdrif die plaaslike nywerhede deur middel van tariewe begin ondersteun. Die staat het ook beskermde werk vir blankes by staatsprojekte soos die spoorweë en besproeiingswerke verskaf. Dit het egter al hoe nodiger geword om met veel meer ingrypende aksie sekondêre nywerhede te ontwikkel, want die myne het slegs beperkte werkgeleenthede vir blankes aangebied. Die ontwikkeling van die sekondêre nywerheid moes gestimuleer word om werk te skep vir 'n wit arbeidsmag wat al hoe militanter geword het. In die vroeë 1920's het die mynhuise begin om 'n groter deel van hul wins in die plaaslike vervaardigingsbedryf te belê.

Met die Pakt-regering aan die bewind, is 'n veel meer ingrypende beleid gevolg. Die regering het 'n yster- en staalnywerheid en goedkoop elektrisiteit beskou as die kern waarom 'n vervaardigingsbedryf sou ontwikkel. In 1928 het die Parlement die Yster- en Staalnywerheidswet aangeneem, wat die grondslag was vir die stigting van die Yster- en Staalkorporasie (Yskor). Terselfdertyd het die regering 'n korporasie gestig om op nasionale vlak elektrisiteit te verskaf. Hieruit het Eskom gegroei.

Yskor (tans bekend as Iscor) het in 1933 met produksie begin, met 'n arbeidsmag wat heeltemal wit was. Die beleid van beskerming was nie in die eerste plek bedoel om blanke werkgeleenthede te skep nie, maar dit het wel blanke indiensneming gestimuleer. 'n Kommissie het in 1932 gerapporteer dat die beleid van invoervervanging werk aan duisende armblankes verskaf en het dit bestempel as een van die doeltreffendste maniere om hulle op te hef. Ingevolge die beskermingsbeleid is die landboupryse op 'n veel hoër vlak as die wêreldpryse gehandhaaf.

Die beskermingsbeleid het 'n groot stoot gekry deur die skerp verhoging in die goudprys in die vroeë 1930's en die totstandkoming van die Verenigde Party onder Hertzog en Smuts (1934), wat die regering 'n veel beter basis gegee het om ferm teen die mynhuise op te tree. Onder die VP-regering is die belasting op die mynbedryf tot 15% opgestoor. Met 'n veel groter belastinginkomste kon die regering vir die eerste keer landbou op 'n omvangryke skaal bystaan.

Suid-Afrika het sy vervaardigingsbedryf en landbousektor agter hoë tariefmure opgebou. Dit sou daartoe lei dat die land op nywerheids- en landbougebied selfversorgend word, maar die beleid het ook kostes meegebring. Daar is nie juis geprobeer om doeltreffend genoeg te word ten einde op betekenisvolle skaal uit te voer nie. Teen 1990 was

Bl. 290

Suid-Afrika se uitvoer van vervaardigde produkte per capita laer as dié van enige vergelykbare land behalwe Brasilië.

Die beleid van beskaafde arbeid

Ten spyte daarvan dat die arbeidersparty, die NP se vennoot in die Pakt, hoofsaaklik geskoolde arbeid verteenwoordig het, wou Hertzog ongeskolde of halfgeskoolde blankes in werkgeleenthede plaas, selfs al sou dit beteken dat die ander blanke werkers 'n deel van die prys moet betaal. Onder die Pakt6 sou blanke lone in reële terme daal, wat aandui dat geskoolde blanke werkers ook opofferings moes doen vir die opheffing van die mindr geskoolde blanke werkers.

Die regering het 'n onderskei gemaak tussen twee soorte arbeid. Daar was dié wat "beskaafde rbeid" verrig het en wat so betaal moes word dat hulle bepaalde maatskaplike standaarde handhaaf. Daarteenoor was daar "onbeskaafde arbeid" wat feitlik altyd werkers was wat nie wit was nie en aan wie lone betaal is wat slegs in die behoeftes van "barbaarse en onontwikkelde mense" voorsien het. Maar dit was abstrakte definisies. Wat in die praktyk gebeur het, was dat werk aan wit mense teen lone hoër as dié vir swart mense verskaf is. Smuts, wat in die tyd van die Pakt-regering op die opposisiebanke gesit het, het die regering gou gekritiseer dat dit blankes in die spoorweë laat werk teen lone wat onderkant die geskikte vlak vir blankes is.

Die nuutgeskepte departement van arbeid het aanvanklik die beleid van beskaafde arbeid vertolk as iets wat op alle werkers slaan, swart én wit, maar sekere werkgewers het gou geprotesteer. Hulle het betoog dat hulle 'n nekslag sou kry indien "beskaafde lone" ook aan swart werkers betaal word, aangesien blankes 'n veel hoër lewenstandaard as swartes het. Ander werkgewers het teenstand gebied teen kunsmatig hoë lone vir blankes wat "beskaafde werk" doen. Hierteenoor was daar werkgewers in die vervaardigingsbedryf wat wou hê dat dieselfde lone vasgestel word vir elke beroep. Waar 'n swart man 'n sekere soort werk kan doen, is gesê, moet hy die loon ontvang wat vir dié werk vasgestel is.

Die regering het sowel straf as aansporings gebruik in sy poging om wit indiensneming uit te brei. Die staat het in sy toekenning van kontrakte voorkeur verleen aan werkgewers wat slegs blankes in diens geneem het. Die vervaardigingsbedryf is gewaarsku dat beskermende tariewe net gehef sou word as hulle 'n sekere persentasie blankes in diens neem. Die gevolg was dat die vervaardigingsbedryf baie ongeskoolde swartes deur armblankes vervang het. Die proporsie swart werkers in diens teenoor elke witte in hierdie sektor het gekrim van 2,11:1 in 1920 tot 1,49:1 in 1930. Dit  het beteken dat 14 000 minder swart werkers in 1930 in diens was as wat die geval sou gewees het indien die verhouding van 1920 gehandhaaf is. Met die skerp styging in die groeikoers van 1933 af is daar egter weer 'n groot aantal swart werkers in diens geneem en die verhouding van swart tot wit werkers het weer gerek.

Die beleid van beskaafde arbeid het sy grootste uitwerking in die staatsektor gehad. Die regering het staatsdepartemente beveel om "onbeskaafde arbeid" deur "beskaafde arbeid" te vervang, veral in die spoorweë, hawens, poskantoor en plaaslike regering. Hier het baie blankes 'n sekere mate van opleiding ontvang en dan later werk in die private

Bl. 291

sektor gekry. Die spoorweë het die grootste poging aangewend om armblankes teen beskaafde lone in diens te neem. Tussen 1924 en 1933 het die aantal ongeskoolde blanke werkers gestyg van 9,5% tot 39,3% van die arbeidsmag, terwyl ongeskoolde swartes van 75% tot 49% gedaal het. Teen die vroeë 1950's het meer as 100 000 hoofsaaklik ongeskoolde en halfgeskoolde blankes vir die spoorweë gewerk. Dit was nou die grootste werknemer van wit arbeid.

Swartes moes die prys van hierdie beleid betaal. Dit was oneerlik om te redeneer dat hulle minder as 'n beskaafde loon betaal kan word omdat hulle minder behoeftes het. Hulle moes dieselfde hoë lewenskoste as blankes verduur. Hul posisie is verder versleg deurdat die ambagte vir hulle gesluit was weens die werking van die wet op leerjongens en deur die beheer wat die vakbonde deur die praktyk van geslote geledere uitgeoefen het. In 1930is 'n wet op oproerige byeenkomste aangeneem wat dit vir die regering moontlik gemaak het om proteste die nek in te slaan deur vergaderings te verbied en die beweerde opstokers uit die stede weg te stuur. In 1932 het die ANC die regering veroordeel oor "the increasing burdens and disabilities inflicted on the race by retrograde an medieval laws".

Aanvanklik het die kleurlinge goeie rede gehad om te verwag dat die voordele van die beleid van beskaafde arbeid ook hulle sou te beurt val. Voor die verkiesing van 1924 het die NP beloof om kleurlinge en wit mense te behandel as mense wat polities en ekonomies bymekaar hoort. Die werkersklas onder die kleurlinge het egter geen besondere voordeel uit die beleid getrek nie. Die formele beleid was dat aan kleurlinge en blankes voorkeur vir 'n werk in die openbare sektor gegee moes word. In die praktyk het die regering egter aan die departemente opdrag gegee om soveel as moontlik blanke jeugdiges in diens te neem ten einde die armblankeprobleem op te los.

Beskaafde arbeid het ook nie die beleid verander waarvolgens kleurlinge lone betaal is wat die helfte of minder as die helfte was van wat hul wit eweknieë verdien het nie. In 1926 het C.W. Malan, minister van spoorweë en hawens, aangekondig dat die bedoeling met die beleid van beskaafde arbeid nooit was om kleurlinge gelyke lone te betaal nie. "Die gekleurde man verskil van die blanke man wat betref sy vlak van beskawing en moet dienooreenkomstig behandel word," het hy gesê. Tien jaar later het die burgemeester van Johannesburg verklaar dat hy die beleid van beskaafde arbeid vertolk as die indiensneming van blankes. Blanke vakbonde het hul mag in die nywerheidsversoeningsrade gebruik om kleurlinge uit te druk. Onder die 641 vakleerlinge wat tussen 1932 en 1935 in Kaapstad kontrakte gesluit het, was daar slegs 32 kleurlinge.

Op die liberale aanvalle dat hy wit bevoorregting bevorder, het die regering geantwoord dat hy blanke oorlewing nastreef. Sonder so 'n beleid sou baie blankes nie met die goedkoper swart arbeid kon meeding nie. Indien die wit beskawing in duie sou stort, sou alle groepe - insluitende die swartes en kleurlinge - skade ly. S.P. le Roux, wat in 1948 'n minister sou word, het gesê dat die beskawingsvlak van mense wat nie wit is nie, gelig kan word slegs indien die oorlewing van die blanke beskawing verseker is.

In teenstelling met sy beleid teenoor stedelike arbeid, het die regering min gedoen om iets in verband met uitbuiting op die platteland en veral op die plase te doen. Baie plaaseienaars het hul bywoners en ander armblankes sleg behandel. In teenstelling met die gevorderde regulasies in die stedelike arbeidsmark, was daar geen regulasies oor plaaslone.

Bl. 292

of werkure of oor die verbetering van huisvesting en ander werksomstandighede op plase nie.

'n Navorser het in die vroeë 1930's geskryf: "Die lot van die man sonder grondbesit, die bywoner, wat onder huidige toestande hoe langer  hoe meer haglik word, het nog nooit die voorwerp van besondere wetgewing geword nie." Daar was geen liggaam waarop die bywoner hom kon beroep as 'n onreg hom aangedoen is nie. In die Parement was nooit 'n oproep te hoor ten behoewe van die onbeskermde armblankes op die platteland nie. Ongetwyfeld was daar boere wat bywoners selfs teen groot koste probeer  help nie, maar dit is net so seker dat talle hul byewoners veronreg het. J.F.W. Grosskopf meld in sy werk Plattelandsverarming en plaasverlating dat, terwyl werkers wat nie Afrikaners was nie, soms met waardering oor hul werkers van arm bywoner-afkoms gepraat het, van Afrikanerboere meesal "die hardste en ongunstigste oordeel oor dieselfde klas mense gekom (het) ... Baie boere het ronduit verklaar dat hulle veel liewer met volk werk as met arm witmense." Dit is een van die donkerder aspekte van die Afrikaners se geskiedenis wat nog glad nie nagevors is nie.

Blanke armoede en blanke suiwerheid

Tot in die jare dertig is geprobeer om die armes wat verstedelik het, te oorreed om na die platteland of plase terug te keer, omdat gemeen is dat hulle daar beter sou oorleef. Teen die 1930's het die klem na stedelike armoede verskuif, omdat die probleem daar soveel sigbaarder was. Die opvatting het posgevat dat arm Afrikaners wat stede toe getrek het, beter vaar as dié wat op die platteland gebly het.

In die verligting van verarmde stedelike Afrikaners se nood, het welsynsorganisasies - waarin Afrikanervroue toenemend op die voorgrond getree het - 'n al hoe belangriker rol gespeel. Van die organisasies is ná die Anglo-Boereoorlog gestig toe die armoede en lyding akuut was. Daar was die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) in die Kaap, die Oranje-Vrouevereniging (OVV) in die OVS en die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) in Transvaal. Onder die leiers was daar gedugte vrouoe, van wie Johanna Raath van die SAVF en Miemie Rothmann van die ACVV besondere bydraes gelewer het. Rothmann het aan die spits gestaan van die pogings van die ACVV, die grootste en die bes georganiseerde vereniging. Die leierskap het voorrang verleen aan die stryd teen blanke armoede, rasse-integrasie en uitbuiting van wit vroue.

Die ACVV was bevrees dat die arblankes in die gemengde woonbuurte vir die volk verlore sou raak. Rothmann het die situasie in 1925 soos volg beskryf: "Hulle het onvoldoende lone ontvang en hulle was verplig om die goedkoopste kamers of huis te huur. Hulle moes dikwels met die kleurlinge saamleef. Partykeer as bure en mekaar help wanneer daar siekte is. Hulle kinders speel met mekaar in die strate." Die ACVV het hierdie kinders probeer "red" deur hulle in instellings te plaas of as huishulp by middelklas-Afrikanerfamilies.

Vir Rothmann het die oorlewing van die Afrikanervolk daarvan afgehang dat sy werkersklas bewustelik wit en bewustelik Afrikaners word. Die vinnige verstedeliking van die Afrikaner-armes het aanleiding gegee tot wydverspreide vrese oor seksuele verkeer oor die rasseskeidslyn. Die wanbalans aan die Witwatersrand het hierdie vrese versterk.

Bl. 293

In 1921 was daar slegs 28 735 swart vroue, maar tussen 200 000 en 300 000 swart manlike trekarbeiders. Die aantal wit vroue (111 708 in 1921) het die aantal wit mans ver oortref. Baie van die wit vroue het teen baie lae lone gewerk. Hulle kon dikwels net die gemengde krotbuurte bekkostig om in te woon. 'n Komitee het gewaarsku dat die jong Afrikanervroue in die stad verlore kan raak en 'n vloek vir die volk in plaas van 'n seën kan word. In 1936 het J.G. Strijdom, die Transvaalse NP-leier, verklaar dat sy party dit as sy verantwoordelikheid beskou om die blanke ras blank te hou. Dit kan net gedoen word - het hy geredeneer - deur verpligte woonbuurtskeiding en 'n verbod op gemengde huwelike. In 1928 het die Pakt-regering 'n wet deurgevoer wat huwlike tussen wit en swart verbied het (maar nie tussen wit en gekleurd nie).

Die groot vrees vir bloedvermening weens gemengde huwelike was heeltemal oordrewe. Gedurende die 1930's het huwelike oor die rasseskeidslyn heen gewissel tussen 72 in 1934 en 101 in 1937. Die meeste huwelike van dié aard was tussen wit mans en gekleurde vroue. In 1936 is 'n NP-wetsontwerp ingedien om huwelike tussen 'n wit en 'n gekleurde persoon te verbied. Dit is betekenisvol dat die NP-lid vir Vrededorp, 'n Johannesburgse woonbuurt met 'n groot aantal armblankes, dit ingedien het. 'n Regeringskommissie het besluit om so 'n wet nie aan te beveel nie. Die beleid van beskaafde arbeid, saam met beter onderwys en opleiding vir almal, het baie daartoe bygedra om die armer blankes ten volle by die blankes as dominante groep in te lyf. 'n Ewe belangrike bydrae was die verskerping van die pogings om woonbuurtskeiding in te voer en sodoende die wittes bymekaar te bring as 'n hegte en saamhorige groep. Teen die vroeë jare dertig was krotbuurte waar die rasse met mekaar gemeng het, 'n belangrike kernmerk van al die groot stede. In die loop van die volgende twee dekades het blanke leiers probeer om die bestanddele van hierdie omelet van mekaar te skei.

Dit was nie die NP-regering nie maar sy opvolger wat die inisiatief geneem  het  deur wetgewing van 1934 te gebruik om hele gebiede te onteien. Die Johannesburgse stadsraad en ander plaaslike owerhede het die krotbuurte in en om die middestad opgeruim. Hulle het die blankes in ander woonbuurte gehuisves en swart mense in die "townships", wat gewoonlik 'n hele ent van die stad geleë was. In Kaapstad is in die vroeë 1940's begin om 'n woonbuurt spesifiek vir kleurlinge te bou. Daar was egter nog geen wetgewing wat bruin of swart in die Kaapprovinsie verhinder het om te woon waar hulle wou nie.

Armblankes en die Carnegie-verslag

Terwyl Hertzog in die opposisie was, het hy dikwels sy ontsteltenis uitgespreek oor die regering se gebrek aan mededoë vir die armblankes. Nadat hy eerste minister geword het, het die onophoudelike versoeke om hulp hom moedeloos gemaak. In 1928 het hy gesê dat sy regering werk vir 13 000 blankes by die spoorweë gevind het en dat net diegene wat nie wil werk nie, nog sonder werk is. Hy het die armblankekwessie as opgelos beskou.

Die regering het die blankes wel deurlopend as 'n spesiale kategorie van mense behandel wat in staat moes wees om hulle te handhaaf en uit armoede te ontsnap. Goeie onderwys vir blankes het hoë voorrang geniet. Die regering het korrek geoordeel dat dit

Bl. 294

die vernaamste middel was om blankes op te hef. Tussen 1912 en 1926 het die besteding aan onderwys as 'n persentasie van die begroting en ook die aantal wit leerlinge omtrent verdubbel.

ONDERWYS: UITGAWES EN GETALLE

                                                            1912-13            1925-26

Onderwys as % van begroting                  14%                   26%

Totaal wit leerlinge                                179 000           348 000

% van ná primêre wit leerlinge                    6%                   13%

Teen die 1930's was daar talle inrigtings oor die hele land waar blankes 'n ambag kon leer. Koshuise vir behoeftige kinders het verseker dat alle blanke kinders skool toe kon gaan. Die staat se besteding was sterk ten gunste van blankes gelaai. In 1943 het iemand geskat dat die staat sy besteding aan swart onderwys 36 keer sou moes vergroot om dit tot die vlak van blanke onderwys te bring. Meer as die helfte van die swart kinders was nie op skool nie.

Die posisie van blankes is baie versterk deur wetgewing wat die vlak van onderwys aan toegang tot ambagte gekoppel het. 'n Wet van 1922 was 'n waterskeiding: dit het bepaal dat vakleerlinge in standerd 6 moet slaag om toegang tot enige van 41 ambagte te kry. Hierdie toegangskwalifikasie was binne die perke van die minimum aantal jare wat wit leerlinge op skool moes wees. Daarteenoor het min kleurlingskole tot by standerd 6 gegaan.

Daar is nietemin nog steeds gevol dat die verligting van blanke armoede nie vinnig genoeg plaasvind nie. In die laaste jare van die 1920's het die kwessie van blanke armoede 'n nasionale prioriteit geword. Daar was vir eers die wêreldwye ekonomiese krisis wat in 1929 begin het, die sogenaamde Groot Depressie. Ten tweede was daar die uitgerekte droogte van die vroeë jare dertig wat gewasse vernietig en baie vee laat vrek het. Die Hertzog-regering het wanhopige pogings aangewend om te verhoed dat 'n groot golf van verarmde boere na die dorpe en stede stroom. Hulle het op groot skaal lenings aan boere beskikbaar gestel. Terselfdertyd het die regering die hulp aan werkloses baie uitgebrei en ook voorsiening gemaak vir tydelike werk by openbare projekte.

Die deel van die begroting wat vir hierdie hulp aangewend is, het dramaties gestyg. Dit het in 1930 2,6% van die begroting verteenwoordig en in 1933 tot 'n verstommende 15,8% gestyg. Voorsiening is so vir die opleiding van ongeskoolde arbeiders gemaak. In die praktyk is die siklus van armoede gewoonlik verbreek deur die kidners wat opgevoed en opgelei is. Die staat het ook vry behuising en mediese dienste verskaf aan diegene wat by die projekte in die oopenbare sektor gewerk het. Baie van hierdie skemas het in 'n belangrike mate die infrastruktuur van die land versterk, byvoorbeeld bosbouplantasies, besproeiingswerke en die konstruksie van paaie en spoorweë. Teen 1939 was die krisis hoofsaaklik verby en die bedrag wat vir noodhulp opsy gesit is, het tot 4,1% van die begroting gedaal.

Nog 'n rede waarom blanke armoede nou soveel aandag geniet het, was 'n ontwikkeling in die akademiese wêreld. Akademici oor die hele wêreld heen het meer en ook meer wetenskaplik by maatskaplike krisisse betrokke beraak. In die VSA is maatskaplike

Bl. 295

vraagstukke aangepak deur eers ondersoeke te doen wat die probleem identifiseer en omskryf, en daarna 'n wetenskaplike oplossing aan die hand te doen. Regerings het al hoe meer aandag aan sulke voorstelle geskenk en het self meer beplanners en maatskaplike werkers aangestel. Dit is maatskaplike ingenieurswese genoem. Afrikaners wat in die sosiale wetenskappe gestudeer het, is hierdeur geïnspireer en het dit probeer nadoen. Op 'n besoek aan Suid-Afrika in die middel van die 1930's het lord Hailey opgemerk: "South Africa regards itself as USA in the making."

In die tweede helfte van die 1920's het die Carnegie-korporasie van New York begin belang stel in die probleem van wit armoede in Suid-Afrika. Talle kommissies en gekose komitees het voorheen blanke armoede bestudeer, maar hulle het slegs getuienis aangehoor en het geen veldwerk gedoen nie. Die Suid-Afrikaner wat die kwessie van blanke armoede onder die aandag van die Carnegie-korporasie gebring het, was E.G. Malherbe, 'n seun van 'n NG-predikant. Hy was in die vroeë 1920's 'n nagraade student in onderwys aan die Columbia-universiteit in New York.

Malherbe was een van die eerste Afrikaners wat goed as sosiale wetenskaplike opgelei is. Terwyl sy tydgenoot H.F. Verwoerd hom in 'n vroeë stadium by die Nasionaliste geskaar het, het Malherbe sy hele lewe 'n sterk ondersteuner van Smuts gebly. Die feit dat 'n sterk Smuts-ondersteuner soos hy by blanke armoede betrokke geraak het, kan beskou word as 'n aanduiding dat die verligting van blanke armoede 'n nasionale prioriteit geword het.

Malherbe het die konsensus soos volg saamgevat: Die armblankes is 'n bedreiging vir die selfbehoud en die aansien van die blanke bevolking waar hulle in 'n land woon waar die swart bevolking blankes met 5:1 ootref. Die blanke armes was, soos hy dit in sy lewensverhaal gestel het, "a skeleton in our cupboard, raising questions about the capacity of the ruling white race to maintan its dominance".

As gevolg van sy vertoë het die president en die sekretaris van die Carnegie-korporasie Suid-Afrika in 1927 besoek. Verskeie liggame het hulle gevra om blanke armoede te ondersoek. Aangesien vier vyfdes van die armblankes Afrikaners was, het die NG Kerk die belangrikste rol begin speel. In 1919 het hy die Carnegie-korporasie formeel versoek om 'n studie van die armblankeprobeem te finansier. Toe hierdie versoek toegestaan word, het die kerk die vernaamste liggaam geword wat in die beheerraad van die ondersoek verteenwoordig. In 1932 het die kommissie vyf omvattende verslae gepubliseer.

Die Carnegie-kommissie het die probleem van blanke armoede duidelik omlyn en sy ondersoek was veel meer uitgebreid as alle vorige ondersoeke. Die ondersoekers het die land deurkruis en op groot skaal gebruik gemaak van onderhoude. Dit is aangevul deur vraelyste, intelligensie- en skolastiese toetse en die gebruik van amptelike sensusdate en dokumentêre en historiese bronne.

Die navorsers het dit bewustelik vermy om 'n definisie van die armblanke te gee. In sy verslag praat J.F.W. Grosskopf van "armoede onder blankes (wat) eintlik as abnormaal beskou word" en verwys hy ook na 'n definisie van die Kaapse NG Kerk, wat 'n armblanke aandui as iemand wat sy selfstandigheid kwyt is en nie in staat is om vir hom en sy gesin te sorg nie. (Die kerk het gevoel dat 'n arm, selfstandige mens ie 'n armblanke is nie.)

Malherbe het 'n armblanke as 'n verarmde blanke persoon van landelike herkoms

Bl. 296

beskou. Hy het die verskynsel ook relatief beskryf: 'n arblanke is 'n blanke wat gesink het tot "onderkant die ekonomiese lewenspeil wat  ... deur die blanke, aangesien hy 'n wit vel het, gehandhaaf moet word teenoor die naturel, sy veronderstelde of ware mededinger". Daar bestaan dus geen objektiewe maatstaf nie, het hy opgemerk. "(Ons is) geneig om 'n wit man arm te noem wanneer ons nie 'n n aturel wat presies onder sulke omstandighede leef sou arm noem nie ... Die laagste ekonomiese peil wat ons in die algemene omgang aan 'n blanke kan toeskryf, is om te sê dat hy 'leef soos 'n kaffer'."

J.R, Albertyn, 'n NG-predikant in Kimberley, het in 'n verslag oor hul maatskaplike omstandighede 'n duidelike prentjie van die armblankes as tipe geskets: hulle is oor die algemeen wetsgehoorsaam, eerbiedig teenoor godsdiens en kerklike owerhede. Hulle hou h ul familie as 'n hegte eenheid bymekaar; hulle eer hul tradisies en voorvaders. Aan die negatiewe kant is daar 'n gebrek aan ambisie, spaarsaamheid en versigtigheid en 'n geneigdheid om liggelowig, oneerlik, bedrieglik, onverantwoordelik, lui en lusteloos te wees.

Voordat die Carnegie-kommissie met sy werk begin het, was daar net gissings oor die aantal armblankes in Suid-Afrika. In 1916 is gemeen dat die syfer 106 000 (7,5% van die blanke bevolking) is. In die vroeë 1920's het genl. Hertzog gepraat van 150 000. In 1924 het 'n amptelike verslag 200 000 mense as armblankes geklassifiseer. Die Carnegie-kommissie se bevinding was dat daar 300 000 armblankes is (17% van die blankes).

Hendrik Verwoerd se naam het die eerste keer landswyd bekend geraak deur die ontleding van die Carnegie-verslag wat hy gedoen het vir die konferensie wat in 1934 gehou is. Albertyn het bevind dat die armblankes vir 'n baie groot deel van Afrikaanse afkoms is en h et die syfer op 250 000 gestel - 'n kwart van die Afrikanergemeenskap. Ook Malherbe het gemeen dat die probleem van Afrikanerarmoede baie groot is. Hy het gepraat van die vloed van armblankedom wat dreig om "ons ou volkie te oorweldig". Hy het bevind dat 56% van die wit leerlinge gewerf is van huise wat nie in staat is om aan kinders behoorlike kos en kleding te verskaf nie.

Die kommissie se grootste bydrae was die ontmaskering van die mites rondom wit armoede. Een van die sterkste mites, wat ook in ander lande bestaan het, was dat die brandarmes 'n natuurlike afsaksel in die samelewing gevorm het vir wie daar geen redding was nie. Daar was ook die mite van geografiese determinisme, wat gewild was deur die werk van Elsworth Huntington, 'n Amerikaanse geleerde wat aangevoer het dat daar so baie arm mense in Suid-Afrika omdat die klimaat te aangenaam is. Die mite wat die Afrikaners die meeste seergemaak khet, het gelui dat daar iets geneties met die Afrikaners verkeerd is en dat dít lei tot die groot aantal Afrikaner-armes. As 'n verslaggewer het M.E.R. (M.E. Rothman) gehoor dat sir Carruthers Beattie, rektor van die Universiteit van Kaapstad, op 'n openbare vergadering sê dat die armblankes "oor die algemeen verstandelik verswak is en dat iets inherents in die Afrikaners die verskynsel so 'n onrusbarende omvang laat aanneem". Sy het bygevoeg: "Sy het geen beswaar teen hierdie stelling gemaak nie."

Intelligensietoetse wat die kommissie onderneem het, h et bevind die armblankes vergelyk goed met die res van die bevolking. In sy bespreking van die verslag in Die Huisgenoot het N.P. van Wyk Louw dit as die kommissie se belangrikste bydrae bestempel dat die opvatting van 'n inherente gebrek finaal die nek ingeslaan is.

Bl. 297

Die verslag het die weg gebaan vir 'n heeltemal nuwe begrip van die krisis van grootskaalse armoede. Dit was nie 'n probleem waarvoor die armes self verantwoordelik gehou kon word nie, maar die gevolg van maatskaplike en ekonomiese prosesse waaroor hulle min beheer gehad het. As 'n rede waarom die armes hul probleme nie kon oplos nie, het Malherbe die feit genoem dat Suid-Afrika tot kort tevore feitlik geen sekondêre nywerhede gehad het waarin die oortollige bevolking opgeneem kon word nie. Selfs in 1926 nog was daar slegs 76 000 blankes in dié nywerhede werksaam.

Die algemene strekking van die kommissie se aanbevelings was dat dit nie 'n oplossing sou wees om die armes op die platteland te probeer hou nie. Die armblankeprobleem moet hoofsaaklik opgelos word deur meer geskikte onderwys, is gesê. Omtrent 'n kwart van die blankes het die skole verlaat sonder dat hulle behoorlik opgelei is en met min of geen vaardighede vir die stadsekonommie. Ampr die helfte van die wit seuns (en 'n veel hoër proporsie Afrikaners) wou graag gaan boer op 'n tyd toe die moontlikhede om op klein of medium skaal te boer, al hoe kleiner geraak het. Slegs 18,6% van die Afrikaners was in opleiding om ambagslui te word, vergeleke met 33,1% van die ander blankes.

Volgens die kommissie het die redding gelê in onderwys, die verwerwing van industriële vaardighede en die skep van werkgeleenthede in die dorpe en stede. Hulle het gevra om verbeterde werksomstandighede en die verdere ontwikkeling van die plaaslike nywerheidsektor deur tariefbeskerming. Hulle het aanbeveel dat 'n departement by 'n universiteit gestig word om professionele maatskaplike werkers op te lei en dat die sentrale regering 'n buro vir maatskaplike werk moet instel.

Alhoewel onderwysowerhede die verslag verwelkom h et, het die regering nie die tydperk van verpligte onderwys vir wit kinders verleng nie. Daar is nou meer klem gelê op voorligting in die skole oor werkgeleenthede. Daar het ongetwyfeld 'n sterk boodskap uitgegaaan dat boerdery nie 'n goeie keuse is nie, behalwe vir 'n vinnig krimpende aantal seuns. Die kommissie het nie, soos in onlangse studies beweer word, getuienis gelewer of gevolgtrekkings gemaak wat gebruik kon word vir die toekomstige beleid van apartheid nie. Die kommissie het besluit dat toenemende selfversorgendheid vir blankes deurslaggewend sou wees vir die oplossing van die probleem. Die lede het 'n groot gevaar gesien in 'n afhankliheidsindroom waardeur die blankes van die staat afhanklik raak vir vrye onderwys, goedkoop huisvesting en mediese dienste en werkafbakening deur middel van die beleid van beskaafde arbeid en 'n kleurslagboom. Die blanke armes het 'n sin vir kollektiewe mag ontwikkel, soos R.W. Wilcocks dit gestel het. Daar was onder hulle die mening dat "Dit 'n reg is van die swaakkes om gehelp te word, en dat die verlening van hulp dus 'n plig is van die 'rykes' teenoor die armes, en van die 'regering' wat 'mos baie ryk is'. Ook het ons die opvatting by armblankes teëgekom dat 'liefdadigheid die reg van die arm man is' en dat 'die regering ons aller vader is - hy moet help'."

Ander navorsers het dit beaam. J.R. Albertyn, skrywer van die verslag oor maatskaplike werk, het gerapporteer dat hy dikwels hierdie uitdrukkings gehoor het: "Die Staat kan nie doen wat reg en goed is ten opsigte van die armes nie; hulle moet politieke oorweginge laat geld." En: "Die staat is bang om die armes werklik hard te laat werk, want hulle het 'n stem." Hy het saamgestem met die opvatting van 'n besoekende Amerikaanse sosioloog dat daar met die moontlike uitsondering van Rusland by geen ander gemeenskap

Bl. 298

so 'n groot afhanklikheid van die regering bestaan as by die blankes in Suid-Afrika nie. Die gees van afhanklikheid van die staat by armes het "'n nasionale siekteverskynsel" geword en Albertyn het voorgestel dat iemand wat meer as 'n "sekere graad van staatshulp ontvang" sy stemreg moet verloor.

Malherbe het vertel in watter mate sekere armes misbruik maak van hulp wat hulle van die regering kry. By 'n padbouprojek het hierdie armes 5 sjielings per dag verdien. Wat hulle toe gedoen het, was om kleurlinge teen 2 sjielings en 6 pennies per dag te huur om die werk te doen, terwyl hulle rondsit en toesig hou.

Die Carnegie-kommissie het nie die uitbreiding van statutêre beskerming vir blanke werkers voorgestaan soos die stelsel van apartheid later sou doen nie. Wilcocks het gemeen dit sou fataal wees as die staat blankes op so 'n manier beskerm dat hulle o p die duur nie in staat sou wees om met swart en gekleurde werkers mee te ding nie. J.F.W. Grosskopf het in sy verslag vir die Carnegie-kommissie daarop gewys dat die "reserwe-leër" van swart trekarbeiders wat teen baie lae lone werk, 'n kompliserende faktor is, maar dat dit nie 'n permanente kleurslagboom regverdig nie. Hy voeg by: "(Die) indruk mag nie geskep word dat die onbedrewe blanke vir dieselfde kwaliteit werk altyd meer as die nie-blanke sal ontvang nie."

Ook J.R. Albertyn het in sy verslag daarop aangedring dat wit werkers wat in 'n bedryf voorkeur bo swart werkers geniet hoër produktiwiteit moet toon, anders is beskerming "ekonommies ongesond en onverdedigbaar". In die Carnegie-verslag se algemene aanbevelings stel die kommissie werkreservering vir blankes voor net as oorgangsmaatreël tot tyd en wyl hulle geskooldheid kan verwerf. Mededinging tussen ongeskoolde of halfgeskoolde wit en gekleurde werkers moet so ver moontlik plaasvind "op 'n minimumloonskaal wat vir albei ingrig is op dieselfde 'redelike' blanke lone".

Die verskillende skrywers van die verslae van die Carnegie-ondersoek het die klem op die oorsake en aard van die probleem van armoede laat val en was huiwerig om spesifieke aanbevelings te doen. In die algemene aanbevelings wat almal o nderskryf het, word die klem gelê op die verbetering van onderwys ten einde die armes se sosiale isolasie te deurbreek, die vasstelling van minimumlone en die ontwikkeling van nywerhede deur invoerbeskerming. Daar is by die ondersoekers 'n besliste huiwering om die blanke werker deur die wet te bevoordeel, en werkreservering word slegs as tydelike maatreël voorgestaan.

Die volkskongres van 1934

'n Skerp styging in die goudprys in 1933 het 'n tydperk van vinnige ekonomiese groei ingelui. Die volgende 40 jaar het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen 'n koers van net onder 5% per jaar gegroei. Die regerende party was nou die Verenigde Party, waarin Hertzog se NP en Smuts se SAP opgegaan het. Die amptelike opposisie was die "Gesuiwerde" Nasionale Party (NP) onder leiding van D.F. Malan. Van 1933 af het onder Afrikaners 'n meer omvattende en doelgerigte nasionalistiese beweging ontwikkel waarin 'n hele reeks van organisasies 'n belangrike rol gespeel het.

Die NP het die VP gou oor die kwessie van armblankes probeer troef. Smuts was nou die VP se onderleier. Dit het die party verseker van die steun van die mynhuise,

Bl. 299

wat lank min gevoeligheid vir die haglike werksomstandighede en lae lone van geskoole en halfgeskoolde blanke werkers aan die dag gelê het. Malan se NP het die regering aangeval omdat die mynmaatskappye toegelaat word om 'n groot deel van die "goudpremie" te behou wat deur die styging in die goudprys ontstaan het. (Daar was in die boekjaar 1933-1934 'n styging van 60% in die mynmaatskappye se wins.) Die NP het geëis dat die premie in Suid-Afrika herversprei word.

Die VP-regering was reeds besig om met sy groter inkomste noodhulp en bystand ingrypend uit te brei, maar juis die onverwagte opbloei van die ekonomie het nasionalistiese akademici die geleentheid gegee om te betoog dat die staat nog heelwat méér kan doen. Een van hulle was Hendrik Verwoerd, wat gehelp het om die volkskongres van 1934 te organiseer en wat een van die vernaamste gesaghebbendes oor die armblankevraagstuk was. Sy Nederlandse ouers het van Nederland gekom toe hy twee jaar oud was. Hy was 'n briljante student en het gou op Stellenbosch bekend geraak. Van 1926 tot 1927 was hy in Duitsland en die VSA vir nagraade studie, voordat hy teruggekeer het om met sy akademiese loopbaan aan die Universiteit van Stellenbosch te begin.

Daar is geen getuienis dat Verwoerd aangetas is deur die rasse-ideologie van die Nasionaal-sosialiste in Duitsland nie. Sy Stellenbosse lesingsnotas en memoranda beklemtoon dat daar geen biologiese verskille tussen die groot rassegroepe, byvoorbeeld tussen Europeërs en Afrikane, is nie. Die ontwikkeling van 'n hoër beskawing deur die Kaukasiese ras kan dus nie deur sodanige verskille verklaar word nie.

Verwoerd was onder die indruk van sekere strominge in sosiologie in die Verenigde State, veral die stroming wat later as maatskaplike ingenieurswese bekend sou staan. Hy was energiek, ambisieus, besonder goed georganiseerd en metodies in alles wat hy onderneem het. Hy het 'n onwrikbare vertroue gehad in die rg van die staat omin te meng ten einde konflikte te verhoed en agterstande reg te stel. Hy het gemeen wat nodig is om die probleem van armoede op te los, is leiers met insig, toewyding, energie en deursettingsvermoë wat die hulpbronne van die staat kan inspan om reg te beplan en deur middel van grootskaalse skemas die maatskaplike probleme kan oplos. Hy het die vermoë gehad om argumente vir wit bevoorregting aan te voer wat dit laat lyk het om blankes eintlik net kry wat hulle verdien en dat wat hulle verdien, vir die beswil van die hele samelewing is.

Verwoerd het die eerste keer op die nasionale toneel naam gemaak deur op te tree as organiseerder van die volkskongres oor die armblanke-vraagstuk wat van 2 tot 5 Oktober 1934 in Kimberley gehu is. Die inisiatief het uitgegaan van die Armesorgraad van die NG Kerke in Suid-Afrika. Die kongres is beplan met die samewerking van die navorsers wat die afsonderlike dele van die Carnegie-verslag geskryf het.

Die voorsitter van die kongres, ds. Willliam Nicol. het dit beklemtoon dat die pogings om die armblankes op te  hef, nie ten koste van die naturelle moet wees nie. Die besluit om wit armoede eerste aan te pak, is nie op grond van 'n beginsel geneem nie. Dit het volgens Nicol daarmee te doen gehad dat "hoe sterker die blanke op hulle voete staan, hoe beter kans het hulle om die naturel op sy beurt te help". Hoe gouer die armblanke-vraagstuk opgelos is, hoe gouer kan die naturellevraagstuk opgelos word. Malherbe, wat die verslag oor blanke onderwys geskryf het, het daarteen gewaarsku dat armoede gebruik word as verskoning vir 'n strenger beleid van segregasie. "Om ons superioriteit

Bl. 300

te wil behou deur die kaffer laer af te druk, is nie alleen onbillik nie, maar die toppunt van dwaasheid, selfs van ons eie standpunt gesien."

In sy toespraak voor die kongres het Verwoerd sy argumente met groot intellektuele selfvertroue aangevoer. Hy het gesê dt indien iemand werkloos moet wees, dit meer "ekonomies" vir die nasie is dat die naturel werkloos moet wees. Hy het die saak daar gelaat asof die idee op eie pote staan en glad nie omstrede is nie.

Verwoerd se ontleding van die groot armoede en die oplossing wat hy voorgestel het, was hoogs omstrede, Hy het beweer dat swart mense besig is om die arbeidsmag binne te dring en bruin mense uit te druk, wat op hulle beurt weer wittes vervang. Dit is in die land se belang om toe te sien dat die blankes en die kleurlinge weer hulle ou werk terugkry. Hy het bygevoeg dat dit nie 'n kwessie van bevoorregting is nie, want enige probleme wat sou kan ontstaan, kan opgelos word deur Suid-Afrikaanse swartes by die myne in diens te neem in die plek van buitelandse swartes of deur die ontwikkeling van die reservate te bespoedig.

Terwyl Grosskopf en Wilcocks, sy kollegas op Stellenbosch, uitgebreide staatsinmenging ten gunste van blankes teengestaan het, het Verwoerd by die kongres betoog dat die staat die enigste organisasie in die land is wat die probleem van armoede doeltreffend kan aanpak. Hy het gepleit vir die reorganisasie van welsynwerk en vir die dramatiese uitbreiding van staatshulp aan die blanke armes. Dit was vir hom baie belangrik om die regte administratiewe strukture in te stel en om die werksaamhede van private en openbare liggame soveel as moontlik te koördineer. Maatskaplike werkers moet opgelei word om professionele mense te word, was sy pleidooi, en daar moet 'n werker in elke kiesafdeling van die land wees. Soos Erika Theron later opgemerk het, wou hy feitlik 'n "staatsdiens vir maatskaplike werkers" daarstel. Hierdie plan het nie geslaag nie omdat daar so min opgeleide maatskaplike werkers was.

Hy het baie ander voorstelle gemaak, onder meer sentra waar mense gehelp kon word om werk te vind; 'n permanente werkloosheidsfonds; 'n program van openbare werke; die verskaffing van skoolvoorligting, gesondheidsdienste en huisvesting; die oprigting van sosiale klubs vir die werkloses en vir diegene wat swak betaal word; pensioene vir arm moeders; die meer effektiewe beheer van die verhouding tussen boer en bywoners; en die verskaffing van meer en beter werkgeleenthede vir blanke vroue. Hy het die stigting van 'n nasionale departement van maatskaplike werk uitgelig as 'n saak van besondere belang. Daar was feitlik niks wat hy weggelaat het nie.

Verwoerd het skaars verwys na die feit dat die staat reeds uitgebreide hulp aan die blanke armes verleen. Ingevolge die nuwe maatreëls het amper die helte van die blankes nou ouderdomspensioene  of siekte- of ongeskiktheidstoelaes ontvang. In een van die bydraes tot die Carnegie-verslag, is gesê dat feitlik alle staatsdepartemente, in die besonder dié van arbeid, lande, binnelandse sake, onderwys, gesondheid, landbou, spoorweë em besproeiing, 'n groot deel van hul tyd en geld aan opheffing bestee. In 1937 het navorsing na die staat se besteding aan maatskaplike welsyn bevind dat die relatiewe omvang daarvan weinig minder is as dié van Groot-Brittanje.

D.F. Malan het die probleem beskou uit die oogpunt van 'n predikant, wat vir sy hele kudde - in Malan se geval die Afrikanervolk - moet sorg. Die verslag van die Carnegie-kommissie het besluit dat een van die belangrikste vereistes vir die opheffing van die armes

Bl. 301

hul integrasie in die gemeenskap is. By die volkskongres het Malan sterk klem daarop gelê dat die armes gered moet word uit hul isolasie, wat volgens die Carnegie-verslag, aan die wortel van hul agteruitgang sit. "Ons moet hom (die armblanke) nie maar net beskou as 'n voorwerp van studie nie, en veel minder nog as 'n voorwerp van barmhartigheid. Dit sou beteken dat ons op hom afdruk juis daardie stigma van minderwaardigheid wat ons wil verwyder. Ons mot hom beskou en behandel as deel van die volk ... Ons moet ons met hom veraanselwig."

By die kongres was daar veel meer populêre druk om ingrypende oplossings in werking te stel as waaraan die Carnegie-navorsers blootgestel is. Aan die einde is 109 resolusies aangeneem, wat 25 bladsye van die publikasie oor die kongres beslaan. Die meeste resolusies weerspieël Verwoerd se aandrang op 'n veel meer omvattende en professionele benadering ten opsigte van welsynwerk. Die eerste resolusie vra dat die staat "op die mees direkte wyse" die inisiatief moet neem in die bestryding van armoede deur die stigting van 'n departement vir "Maatskaplike Welvaart" (sic).

Daar word in resolusies oor die "werkverruiming vir mans in die bestaande stedellike werkkringe" nog regeringsinmenging in die arbeidsmark gevra. Behalwe die h eel beperkte inmenging om beskaafde arbeid te bevordr, het die regering tot op daardie tydstip nie veel in die arbeidsmark in die vervaardigingsbedryf ingemeng nie. 'n Resolusie van die kongres vra dat die Loonraad nie net die minimumlone moet vasstel nie, maar ook "die minimum-verhouding tussen die aantal beskaafde en onbeskaafde arbeiders ... in nywerhede waar loonreëlings plaasvind". Dit vra verder dat minimumlone en die vasstelling van die verhouding tussen die beskaafde en onbeskaafde werkers na die openbare sektor uitgebrei word, insluitende munisipaliteite, afdelingsrade en provinsiale rade.

Dit sou noodwendig meebring dat wittes baie gesog as geskoolde werkers en opsigters sou wees. Die kongresgangers het dit nie moeilik gevind om hierdie soort maatreël te regverdig nie. 'n Kongresbesluit verklaar dat as daar enigiets is wat onbillik is, dit die mededinging tussen blankes, kleurlinge en ontstamde naturelle met die naturel van die reservate is. Die staat moet streng toesig hou dat blankes nie saam of onder "naturelle of Asiate" werk nie. Die kongres het saamwoon van "blankes en nie-blankes" afgekeur en gevra dat die staat moet vasstel hoe "afsondering" bereik kan word. In verskeie opsigte is daar dus in die kongresbesluite 'n voorafskaduwing van apartheid.

Verwoerd, wat sekretaris was van die kongres se voortsettingskomitee, het die regering se reaksie op die krisis as teleurstellend beskou. Toe die regering nie dadelik daartoe oorgaan om 'n departement van volkswelsyn te stig nie, het hy in 'n toespraak voor studente skerp kritiek uitgespreek. Hy het verklaar dat die regering met al sy finansiële hulpbronne feitlik niks vir die opheffing van die behoeftige blankes doen nie.

In 1937 het Verwoerd redakteur van Die Transvaler in Johannesburg geword en het hier spesiale aandag geskenk aan die wyse waarop die arbeidsmark gereguleer word. Hy het selfs die instel van kwotas vir Afrikaners voorgestel om hulle te help om in die handel en die beroepe vooruitgang te maak (sien p.369).

Daar was nou 'n sterk bewustheid van wit armoede, 'n verskynsel wat nie net as 'n maatskaplike probleem beskou is nie, maar ook as 'n brandende politieke kwessie. Die openbare debat het kwalik geraak aan 'n ander verskynsel: bruin en swart armoede, wat nog akuter as blanke armoede was. teen die middel van die 1930's het die Afrikaner-

Bl. 302

nasionaliste toenemend begin praat van blanke armes as "ons" armes. Een van die min mense wat twyfel oor die uitsluitlike klem op blanke armoede uitgespreek het, was die skrywer M.E.R. In 1936 het sy in haar rubirek in Die Burger gevra: "Dwaal ons nie as ons dink dat die welsyn van die Afrikaner, of van die wit mens, ons gehele taak kan wees nie ... hoe heilig ook die plig wat ons teenoor ons eie mense moet vervul?" Die NP het egter eers ná die verkiesing van 1943 aandag aan armoede onder die kleurlinge begin skenk as deel van die poging om 'n regverdiging vir apartheid te vind. Swart armoede het eers in die 1970's werklik die regering se aandag begin trek.

Armoede en die vierings van die Groot Trek

Die dinamiese woord oor die afrikaner se armes is gespreek deur 'n kerkleier van Bloemfontein, dr. J.D. Kestell, wat ook Vader Kestell genoem is. Hy was 'n veldprediker in die Anglo-Boereoorlog en is diep aangegryp deur die armoede ná die verpletterende nederlaag. Op Dingaansfeeste en in sy koerantrubriek het hy 'n "reddingsdaad" begin propageer. In 1932 het hy 'n reeks artikels in Die Volksblad geskryf waarin hy die oplossing sien as "Saamwerk, Helpmekaar, Redmekaar". Regeringshulp moet as bloot tydelik beskou word.

Daar was nie veel reaksie op die pleidooie nie, maar die eeufeesvierings van die Groot Trek in 1938 het 'n gunstige klimaat geskep om die idee kragtig te propageer. In Februarie 1938 het Kestell by die Bloukrans-eeufees gesê daar is onder die armes ook die "nakroos" van die Voortrekkers. "Ons bring vandag hulde aan 'n voorgeslag en daar is 300 000 van ons eie vlees en bloed wat in hopelose armoede versink het - stoflik maar ook sedelik. Die reddingshand moet uitgesteek word." Vir hom was 'n volk 'n geïntegreerde gemeenskap; daar moet geen groot gaping tussen die armes en die rykes wees nie. As armoede nie aan bande gelê word nie, sal die hele volk ondergaan. In Oktober 1938 het hy voor 'n skare van 20 000 in Bloemfontein gepleit vir 'n "aanhoudende reddingsdaad". Die Afrikaners moet self hul armes help - of soos kestell dit treffend gestel het: "'n Volk red hom self." Die oproep dat die Afrikanervolk hom self moet red, het een van die sentrale idees van die Afrikanernasionalisme geword.

Op 16 Desember 1938, die hoogtepunt van die emosionele viering van die Groot Trek, h et D.F. Malan in dramatiese taal oor die toneel 'n eeu tevore by die Slag van Bloedrivier gepraat. Hy het die posisie van die stedelike arm Afrikaners as een van die grootste uitdagings vir Afrikaners se oorlewing beskou. Blankes is die minderheid in die dorpe en die skole en in die arbeidsmag van die nywerhede, het hy gesê. Baie moet vir dieselfde lone werk as mense wat nie wit is nie. Dikwels moet hulle saam met gekleurdes in dieselfde vakbond wees. Malan het gesê daar is geen rede om te glo dat Afrikaners met 'n klein inkomste en min vaardighede met bruin of swart mense kan meeding nie. Die stryd gaan onverpoos voort, maar dit is teen blankes gelaai.

In die raamwerk van wat hy "'n nuwe Groot Trek" genoem het, het Malan die benarde situasie van die armes geskets: "Die Afrikanertrekker in die stad moet lewe en Suid-Afrika verwag van hom dat, ten spyte van sy armoede, hy moet lewe as 'n beskaafde wit man ... Omdat hy geen vakman is nie en dit ook nie kan word nie of as sodanig geen erkenning kan kry nie, staan hy voor 'n geslote deur. Aan die ander kant van hom

Bl. 303

weer is daar lone, deur die vrye kompetisie tussen wit en gekleurd en swart so laag afgedruk, dat volgens die Kommissierapport van 1934 'hulle nie in staat is om fatsoenlik te lewe nie' ... Waar hy ook in die bres moet staan vir sy volk, ontmoet die Afrikaner van die nuwe Groot Trek die nie-blanke by sy Bloedrivier half of selfs geheel ongewapend, sonder skans en sonder rivierskeiding, weerloos op die ope vlakte van ekonomiese gelykstelling."

Die vraag of daar genoeg gedoen is om blanke armoede op te los, het fel omstrede gebly. Toe Kestell en Malan gepraat het, het die toestand van die wit armes nog nie dramaties verbeter nie. Die regering se inmenging in die vorm van beskaafde arbeid het nog net beperkte welslae gehad. Die ondernemings in die private sektor het die regering nie toegelaat om hulle te ver te druk nie. Swart arbeid was veel goedkoper en veral wit mans was kwesbaar, want wit vroue en kinders kon teen veel laer lone as hulle in diens geneem word. Tussen 1930 en 1940 het die aantal wit werkers in die vervaardigingsektor van 91 024 tot 115 292 gestyg, terwyl dié van swartes veel vinniger gegroei het van 90 517 tot 147 399.

Ten spyte van die hoë ekonomiese groeikoers, het blanke lone nie merkwaardig verbeter nie. In 1939 is bevind dat daar nog steeds 298 000 wit mense is wat in verskriklike armoede leef. Hulle ht 'n maandelikse inkomste van minder as £12 gehad, die bedrag wat beskou is as die minimum vir die behoud van goeie gesondheid. Die posisie van die heel armste wittes, diegene op die lae trappe van die arbeidsmark, was egter wel aan die verbeter. Hulle kon werk by regeringsprojekte soos damme en die spoorweë kry, of in bosbounedersettings. Die departement van arbeid het in 1939 gerapporteer dat dit werk kon bied aan elke gesonde wit volwassene wat bereid is om ongeskoolde werk te doen. Daar was projekte waarmee begin is juis om werkloosheid te verminder.

Tussen 1939 en 1945 het die oorlogsekonomie die meeste wit werkloses opgesuig en sodoende die armblankeprobleem beëindig. Die behoefte aan arbeid was so groot dat die regering sy pogings kon staak om werk spesifiek vir ongeskoolde wit werkers te skep. Teen die vroeë 1950's het ekonome bevind dat wit mense nie meer met swart mense om dieselfde werkgeleenthede meeding nie. Namate swart werknemers poste beset het wat voorheen deur wittes gevul is, het die beter opgeleide wittes hoër beweeg na beter werkgeleenthede. Die armblankes het verdwyn voordat apartheid toegepas is. Daar was nietemin politici wat reg was om weer 'n slag die armblanke te red.

'n Volk red hom self?

"Die Afrikaners het armoede in hul eie geledere self opgelos" en "Die Afrikaners het hulle self gered deur hulle uit eie krag op te hef." Dit was twee van die mees gekoesterde opvattings van die Afrikanernasionaliste. Dit is egter nie korrek dat die Afrikanervolk hom self op eie houtjie "gered" het nie, soos Vader Kestell gevra het. Die staat het 'n enorme bydrae gelewer, veral vir beter onderwys vir wittes, die beleid van beskaafde arbeid, die vestiging van ondernemings soos Yskor en Eskom, wat baie Afrikaners op alle vlakke in diens geneem het en die gevorderde welsyndienste wat die staat aan wittes verskaf het.

Die belangrikste bydrae van die Afrikanernasionale beweging om die armes op te hef,

Bl. 304

was deur hulle ten volle in die Afrikanergemeenskap in te lyf. J.F.W. Grosskopf, een van die skrywers van 'n Carnegie-verslag, het verklaar dat net 'n generasie tevore feitlik alle Afrikaners "ewe goed" was. Nie net die party nie, maar ook die kerk en skool het daarop aangedring dat Afrikaners hul armes nie moet verstoot nie, maar hulle weer as "ewe goed" moet beskou. Die taak is makliker gemaak deur die feit dat daar teen die 1930's geen groot ongelykhede binne die Afrikanergemeenskap was nie. T.J. Steenekamp het bereken dat teen 1946 slegs 1% van die Afrikaners bo R12 000 per j aar (1980-randwaarde) verdien het, nog 9% tussen R6 000 en R12 000 en 'n volle 89% minder as R6 000.

Ná die Ekonomiese Volkskongres van 1939 was daar 'n skerp toename in Afrikanersake-ondernemings. Dit het die indruk versterk dat die Afrikaners besig is om saam te kom vir 'n gemeenskaplike saak. Alhoewel daar besliste beperkings aan die waarde van Afrikanersentiment in die handel was, is die ideaal tog gestel dat Afrikaanse verbruikers Afrikaanse ondernemings ondersteun en dat Afrikaanse werkgewers aan Afrikanerkinders wat die skool verlaat, 'n menswaardige werk verskaf. En die volhardende boodskap wat inslag gevind het, was dat die arm Afrikaanse kind wat op skool gepresteer het, net so 'n goeie kans moet hê as 'n kind uit 'n welgestelde huis.

Bl. 305

--- --- ---

Hermann Gililomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8