Apartheid

Oorwinning "ná al die eeue pyn"

Op 26 Mei 1948 het D.F. Malan se Nasionale Party, in bondgenootskap met N.C. Havenga se Afrikanerparty, onverwags die verkiesing gewen. Die koallisie se meerderheid was 'n skrale vyf en net 40% van die totale aantal kiesers het daarvoor gestem. Onmiddellik ná die verkiesing het Malan gesê: "Vandag behoort Suid-Afrika weer aan ons. Suid-Afrika is ons eie vir die eerste keer sedert die Unie van Suid-Afrika. Mag God gee dat dit altyd ons eie bly." Dirk Opperman se epiese gedig Joernaal van Jorik, wat in 1949 verskyn het, het die oorwinning só gedenk:

Hoe onverwags ná al die eeue pyn / het die oorwinning toe vir ons gekom! / Dit was die more vroeg of 'n woestyn / uitbreek met plakkies en met vygieblom.

En tog, geen bom of bloed het ooit geval, / Maar die verdruktes het met staal en stoom / in nederige werk, in elk geval / Met staal en stoom 'n Republiek gedroom.

Ná die 1943-verkiesing het die indruk ontstaan dat die regeringskoalisie van Engelssprekendes, wat amper as 'n blok vir die VP gestem het en ongeveer 'n kwart van die Afrikanergemeenskap nie maklik uit die kussings gelig sou word nie. Vir die eerste keer sedeert Unie is daar net Engels in die kabinet en in die regerende party se koukus gepraat. Baie Afrikaners het geviktimiseer gevoel deur die wyse waarop die regering sommige van die oorlogsmaatreëls toegepas het. Daar was wydverspreide gerugte dat talle Afrikaners gedurende die oorlog bevordering in die staatsdiens geweier is omdat 'n informant h ul naam onregverdig swartgesmeer het. Afrikanernasionaliste het in die laaste jare van die VP-regering gevrees dat 'n golf van Britse immigrante dit vir die NP onmoontlik sou maak om

Bl. 437

ooit te wen. Verreweg die meeste van die ongeveer 70 000 Britse immigrante wat in die eerste drie jaar ná die oorlog Suid-afrika toe gekom het, sou vir die VP stem nadat hulle burgerskap verwerf het.

Toe Malan verklaar het dat Suid-Afrika weer aan die Afrikaners "behoort", het hy nie die wit-swart-stryd in gedagte gehad nie, maar die politieke wedywering van die Afrikaner- en die Engelse gemeenskap. Die stryd in Suid-Afrika was nie net oor wit beheer oor swart mense nie, maar oor watter van die twee wit gemeenskappe die land regeer en die meeste morele gesag het.

In 1948 en 'n paar jaar daarna was die politieke magsewewig nog onseker. In 1948 het die potensiële Afrikanerkiesers die potensiële Engelssprekende kiesers met slegs 135 000 oortref en in 1958 was die getal 207 000. Kort ná die verkiesing van 1948 het die nuwe regering aangekonditg dat hy toekomstige immigrante versigtiger sou kies. Terwyl Australië 200 000  immigrante per jaar gelok het, het slegs 13 000 immigrante in 1950 Suid-Afrika binnegekkom en die getal het 'n geruime tyd op daardie vlak gebly. Die VP het die nuwe regering daarvn beskuldig dat sy ontmoediging van immigrante die blankes se toekoms saboteer. Dit het ook een van die moontlikhede van die Engelssprekendes om weer deel van die regering te wees, vernietig.

Toe die NP in 1948 die mag verwerf, was die Afrikaners ekonomies nog ver agter die Engelssprekendes. Hulle het net 29% van die totale persoonlike inkomste verdien, hoewel hulle 57% van die wit bevolking uitgemaak het, vergeleke met die 46% vir die Engelssprekendes. Swart mense, wat 68% van die bevolking was, het slegs 20% van die totale persoonlike inkomste ontvang.

Uit die ongeveer 1,5 miljoen Afrikaners het meer as 'n miljoen in 1946 in dorpe en stede gewoon. Slegs 27% het 'n witboordjiewerk gehad. Die profiel van die stedelike Afrikaners was hoofsaaklik dié van 'n werkersklas: ongeveer 40% van alle Afrikaners was in ambagte of het ander vorme van hande-arbeid verrig. Daar was nou min Afrikaners wat as armblankes beskou is of wat  heeltemal ongeskoold was. 'n Derde van die Afrikaners het hul inkomste op plase verdien. (Hierdie plaas-aandeel sou in die volgende veertien jaar met die helfte daal, wat beteken dat baie se finansiële posisie teen 1948 swak was.) Dit was die gemeenskap wat die NP verteenwoordig het toe dit in 1948 die bewind verower het.

Hoewel dit nie so gelyk het nie, is 'n stewige grondslag reeds in 1948 gelê vir die NP om die politiek lank te oorheers. Die verowering van die bewind het baie gehelp om die amper kroniese tweespalt in die geledere van die Afrikaners te beëindig. Ten tweede het die demografie van die kieserskorps die NP sterk begunstig. Die Burger het op 29 Desember 1948 geskryf dat die gewig van sy getalle die "Boerenasie" se toekoms verseker. Tussen 1948 en 1994 het die Afrikaners 63% van die jaarlikse wit geboortes bygedra en die gaping tussen potensiële Afrikaner- en potensiële Engelse kiesers het steeds groter geword. Ten derde het die kiesstelsel, wat landelike kiesafdelings bevoordeel het, die Afrikaners in 'n sterker posisie geplaas as die Engelssprekendes, wat in 'n paar stede en groot dorpe gewoon het. In 1958 was dit vir die NP moontlik om 103 setels uit 156 te verower met 80% van die Afrikanerstemme en slegs 1% van die Engelse stemme.

Die Afrikaners het in oorweldigende mate Afrikaanse skole en universiteite bygewoon. Die NP-regering het aangedring op die verpligte gebruik van die moedertaal as onderrigmedium

Bl. 438

in skole in alle provinsies behalwe Natal. Soos die tabel hier onder aandui, het die enkelmediumskole se aandeel sterk gegroei.

                        VERSKUIWING IN MEDIUM OP SEKONDêRE VLAK

Jaar        Slegs Engels %          Slegs Afrikaans %     Engels en Afrikaans %

1932               51.2                              28.2                               20.6

1958                34.8                              62.4                                 2.8

Nog 'n kragbron vir die Nasionaliste was die sosio-ekonomiese homogeniteit van die Afrikaners. 'n Berekening deur T.J. Steenkamp (volgens die 1980's se pryse), van maandelikse inkomste toon dat die orgrote meerderheid van die Afrikaners in 1946 in die inkomstegroep R0-R6 000 was. Teen 1960 kon byna 'n derde van die Afrikaners as 'n middelklas beskou word. Eers in 1980 het 'n sigbare laag ryk Afrikaners te voorskyn gekom.

                          MAANDELIKSE INKOMSTE VAN AFRIKANERS

                                 (mense met geen inkomste uitgesonder)

Inkomste      R0-6 000         R6 000-12 000            R12 000-18 000

1946                 89,1                      61,9                             76,8

1960                   9,1                       33,7                            36,2

1980                   1,3                         1,8                               8,3

Die NP-regering het nie een inkomstegroep bo die ander bevoordeel nie. Tussen 1946 en 1980 het die inkomstegaping tussen die boonste 20% van die Afrikaners en die laagste 40%, wat in vergelykende terme in eersgenoemde jaar nie besonder groot was nie, selfs effens vernou.

Die Afrikaners se opvoedkundige kwalifikasies het verbeter. In die middelvyftigerjare het slegs 16% van die Afrikaners in Transvaal wat in standerd 8 was, verder geleer en matriek klaargemaak. Teen die middelsestigerjare het dit tot 38% gestyg. (Vir Engelssprekendes was die syfers 25% en 43%.)

Afrikaners het die land nou geregeer en Afrikaans is in alle vertakkings van die openbare lewe gebruik. Hulle het hul eie skole en universiteite gehad. Afrikaanse ondernemings soos Sanlam, Volkskas, die Nasionale Pers en Rembrandt het respek by hul mededingers begin afdwing - dit alles het daartoe bygedra dat die Afrikaners se selfvertroue en gevoel van eiewaarde ná 1948 sterk toegeneem het.

'n Volk in beweging

In 1948 het Jan Smuts 78 jaar geword en D.F. Malan 74. Hul vriendskaplike verhouding met mekaar het gehelp dat die Engels-Afrikaanse kloof nie nog dieper word nie. Hulle het albei gepraat by die inwyding van die Voortrekkermonument in Pretoria in Desember 1949, wat deur die grootste skare bygewoon is wat die land nog gesien het.

Hul toesprake het 'n skerp teenstelling gevorm. Hoewel hy platgeslaan is deur die VP

Bl. 439

se nederlaag die vorige jaar, was Smuts optimisties en het hy vorentoe gekyk in wat die laaste van sy groot toesprake sou wees. Hy was amper liries oor die Afrikaners se verlede : "Watter jong volk kan op 'n meer romantiese geskiedenis roem, een van meer ingrypende menslike belang? Kleur, isident, tragedie en komedie, nederlaag en oorwinning, vreugde en smart  - ons voorgeskiedenis is vol van aangrypende menslike belang."

Smuts het egter gewaarsku dat mense nie moet bly terugkyk nie. "Laat ons nie dweep met ons verlede nie en nie deur ons verlede te romantiseer op 'n dwaalspoor raak nie, maar met ope oë en gesonde verstand nugter die toekoms tegemoetgaan." Die grootste uitdaging lê nog voor. "(Daar moet) 'n oplossing gesoek word van die grootste vraagstuk wat ons van die voorgeslag geërf het - die vraagstuk van ons naturelleverhoudings." Dit is die finale toets vir die Afrikaners as Westelinge en Christene. Smuts het minder as 'n jaar later gesterf. Hofmeyr is byna twee jaar voor hom oorlede.

Malan se toespraak by die monument was vol somber waarskuwings oor die gevare wat voorlê: verstedeliking, die armblankeprobleem, gelykstelling, gesinsverval en die "goddelose" Kommuniste. "Wat dreigend voor u staan, is niks minder nie as 'n moderne en uiterlik beskaafde heidendom sowel as versinking en semi-barbarisme deur bloedvermenging en die disintegrasie van die blanke ras." Malan wou hê die Afrikaners moet terugkyk om hul probleme op te los.

"Staan dan stil en draa terug! Terug na u volk; terug na u volk se hoogste ideale, terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar; terug na die volksaltaar waarop u u offers moet lê en as dit geëis word, ook u self as 'n offerande; terug na die heiligheid en die onskendbaarheid van die gesinslewe; terug na u Christelike wandel; terug na u Christelike geloof; terug na u Kerk; terug na u God."

Malan se toespraak, met die klem op die Afrikaners se armoede en kwesbaarheid, het gewys dat hy in baie opsigte nog steeds in die eerste drie of vier dekades van die eeu geleef het. Die na-oorlogse Afrikaners het egter toe al die akute armoede agter hulle gelaat. Die nasionale beweging het 'n nuwe visie gehad van Afrikaners in die dorpe en stede wat 'n sterk gemeenskap vorm en die welvarender Engelssprekendes ekonomies begin inhaal.

Die inwyding van die monument was vir die Afrikaners 'n groot oomblik waar hulle trots na die verlede kon terugkyk en die toekkoms met vertroue kon bejeën. Piet Cillié, wat later bekend sou word vir sy sinisme, het die geleentheid as joernalis van Die Burger bygewoon en in 'n private brief het hy sy geesdrif uitgespreek: "Ons het ander mense wat ons taal en ons geskiedenis nie deel nie, tot in hul diepste hart geroer. Ons het dit gedoen eenvoudig deur onsself te wees, deur ons geskiedenis te gedenk, deur ons liedere te sing, deur ons volksdrag te dra en deur ons ideale te verkkondig. Ons het ten toon gestel wat ons is en wat ons in 'n verbasende kort tyd bereik het en luister maar hoe praat hulle nou oor Afrikaners."

Aan 'n ou skoolmaat het hy geskryf: "Jy kan nie met ander groepe saamwerk, jy kan nie vriendelik wees sonder die selfrespek en die krag wat jy uit jou aparte instellings kry nie ... Ons mense het sterk geword deur apart te groei en daarom kan hulle dit vandag bekostig om vriendelik en groot te wees, nie altyd nie, maar soms, wanneer hulle veilig en hoog voel soos by die Monumentefees. Daar was geen bitterheid nie, nòg teenoor die Engelse, nòg teenoor die nie-blankes."

Bl. 440

Vir Cillié het die fees die Afrikaners se weiering om in ander groep opgeneem te word, gevier. Dit was die Afrikaners se isolasie, hulle aparte ontwikkeling en groei, wat skouspelagtig en roerend na vore getree het. Die meeste Afrikaners is nie deur apartheid aangevuur nie, maar deur die nasionalisme, watwat Cilié hier verwoord. Dit was ook waar van Malan. Sy outogiografie wat in 1959 gepubliseer is, bevat skaars 'n woord oor rassebeleid, maar behandel sy rol in die verkryging van Afrikanereenheid en die opbou van 'n blanke nasie wat nie na Brittanje om leiding en steun kyk nie.

Cillié wou die nasionalistiese resep wat goed vir die Afrikaners gewerk het - om selfgenoegsaam en trots op die eie te wees - aan die onderhorige swart en bruin gemeenskappe opdwing. Wat Cillié nooit werklik wou erken nie, is dat so 'n politieke resep onderhorige gemeenskappe nie aanstaan nie. Dit het vir Afrikaners gewerk omdat die meeste mense in die gemeenskap hulle vrywillig met die groep vereenselwig het en omdat die Afrikaners se kulturele, ekonomiese en poliltieke stryd mekaar gestut het.

Toe Afrikaanse sakelui en akademici in 1950 'n tweede ekonomiese "volkskongres" hou, was Malan se toespraak meer in voelilng met die werklikheid as dié by die monument. Hy het gepraat oor die deelname van die twee wit gemeenskappe aan die private sektor en verwys na die tyd toe die Afrikaners "in die nagtelike koue buite gelaat (is) terwyl die son met die jare al helderder in Suid-Afrika begin skyn het". Wat die Afrikaner nou wil doen, is "om ook vir homself 'n plekkie in die Suid-Afrikaanse son te verkry, nie deur ander daar uit te stoot nie en ook nie daarheen op skouers van ander gedra te word nie, maar kragtens sy eie reg en steunende op sy eie krag".

Dié woorde het beteken dat die Afrikaners nie op staatsinmenging moet vertrou om die Engelse oorheersing van die private sektor die stryd aan te sê nie. Afrikaanse sakelui moes op hul eie kragte staatmaak. Stories dat die staat Afrikaanse firmas onbehoorlik bevoordeel het, berus hoofsaaklik op hoorsê en daar is min konkrete bewyse daarvoor.

Engelssprekende sakelui en die nuwe NP-regering het mekaar aanvanklik met wantroue bejeën. In die eerste jare van die NP-bewind het Engelse sakeleiers die United South African Trust Fund gestig om die VP van middele te voorsien in 'n poging om die NP uit die kussings te lig. Ernest Oppenheimer, hoof van die magtige Anglo American Corporation, was die vernaamste donateur. Maar die Engelse sakelui was nie juis liberaal nie. Hulle het geweier om die Liberale Party te ondrsteun wat ná die verkiesing van 1953 tot stand gekom het met 'n program van veelrassige demokrasie gebaseer op die algemene stemreg.

In die eerste tien jaar van die NP-bewind was die Engelse sakelui huiwerig om nuwe vaste beleggings te maak terwyl daar soveel politieke en ekonomiese onsekerheid was. Die NP het nog nie afstand gedoen van sy plan om die myne te nasionaliseer nie en Verwoerd het vroeër Afrikaner-kwotas in die ekonomie gepropageer. In 1956 het die Broederbond 'n bondsraadvergadering gehou waar afgevaardigdes van takke oor die hele land bymekaar gekom het. Die gevoel was sterk dat die uitvoerende raad van die bond, in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut en in oorleg met ministers , 'n grondslag moet probeer vind "waarop Afrikaanse besighede in 'n meerdere mate deur die toekenning van kwotas begunstig kan word". Volgens Ernst Stals, wat die dokumente onder oë gehad het, het die bondsraad "in die kwotastelsel 'n magtige instrument gesien om aan die jong en opkomende Afrikaanse besighede 'n vastrapplek in die handel en nywerheid te verseker".

Bl. 441

Die twee voorste Afrikaanse sakemanne, Anton Rupert van Rembrandt en Andreas Wassenaar van Sanlam, wat die bondsraad bygewoon het, was albei sterk teen die idee gekant. Volgens Wassenaar was die grootste probleem die Afrikaners se eie opvattings oor en benadering tot die probleme. Rubert het die ekonommiese taak van die Afrikaners uiteengesit en daarop gewys dat 'n eie sakestyl, realisme, entoesiasme en lojaliteit die belangrikste vereistes is om sukses te behaal. By dié twee was daar geen verwysing na kwotas nie.

Klaarblyklik het hierdie menings by die uitvoerende raad gewig gedra. Stals meld dat die UR se reaksie op die bondsraadbesluite "bra flou" was. Dit het probeer om die uitvoering van die voorstelle op die AHI of Reddingsdaadbond af te skuif en besluit die bond moet liewer koördineerder as inisieerder van ekonomiese aangeleenthede wees.

Teen die middel van die 1950's het nasionalisasie as 'n beleidskeuse van die regering se agenda verdwyn. Die Engelse sakesektor het met nuwe oë na die NP-regering gekyk. Hulle het die regeringsbeleid om groei te stimuleer en 'n eie vervaardigingsektor agter hoë tariefmure op te bou, entoesiasties ondersteun. Die sakelui het ook baie gehou van die regering se konserwatiewe fiskale en monetêre beleid en die wyse waarop dit die eise van die wit werkers in toom gehou het. Indien die regering kon wys dat dit enige uitdaging van swartes die hoof kon bied, sou sakelui gereed wees om grootskaalse vaste beleggings te maak.

Gedurende die 1950's het al hoe meer Afrikaners, ook sakelui, hulle as deel van 'n volksbeweging beskou. Dit het aan skole en universiteite 'n besliste Afrikaanse karakter gegee. Op skool het onderwysers die kinders aangemoedig om volksliedere te sing en aan volkspele deel te neem. Tweetaligheid is in die openbare sektor 'n werklikheid gemaak. Die Afrikaanse radiodiens het elke week sewe uur boeremusiek gespeel.

In 1954 het L.S. Erasmus, 'n nagraadse student op Stellenbosch, trots in 'n proefskrif getitel "Die Nasionale idee in die onderwys" geskryf dat omtrent alles wat die Afrikaners hul eie noem, uit die Suid-Afrikaanse bodem ontstaan het: hul taal, tradisies, geskiedenis, ideale, kultuur en geroepenheidsbesef. Die Engelssprekendes, het die student verder geargumenteer, het min wat hulle hul eie skepping kan noem. Hulle was nog nie geestelik van Brittanje gespeen nie.

Wat die student vergeet het, was dat rugby 'n Britse invoerproduk is en dat rugbytoetse die plegtige herdenkings van die heilige dae van die geskiedenis vervang het as die Afrikaners se volksfeeste. Die mense was besig om 'n tipiese middelstand te word wie se lewenswyse, opvattings en waardes al hoe minder van dié van Engelssprekendes verskil het. Die uitsondering was godsdiens en kerkbywoning, waarop dee Afrikaners veel meer prys gestel het.

Die stedelike Afrikaners wat deur materialistiese waardes oorheers word, het nog in die toekoms gelê en die groot ideaal van 'n republiek was nog nie verwesenlik nie. Gedurende die 1950's was die Afrikaanse volksbeweging, met die NP in die voorhoede, slaggereed. Morris Broughton, 'n Engelse redakteur, het in sy Press and Politics of South Africa die styl van die beweging in die 1950's soos volg geskets: "Activity is ceaseless; the contact continuous. There is rarely a weekend without a party or public meeting somewhere in each province. Not a week goes by without one or other Minister speaking to the people and participating in their group activities, easily and spontaneously."

Bl. 442

Die mars na 'n republiek

In 1951 het die partye van Malan en Klaas Havenga onder die naam Nasionale Party saamgesmelt. Hiermee het die VP-hoop dat die NP sou skeur, vervaag. Al was hulle nou ver van die bewind en sonder hoop om dit te verower, het die Engelssprekendes hul oorheersende ekonomiese posisie behou. Hulle het die sleutel tot toekomstige beleggings en ekonomiese groei gehou. Hul inkomste per capita was teen 1948 dubbel dié van die Afrikaners. Hul vlak van onderwys was hoër en hulle het hulle vereenselwig met 'n Engelse kultuur wat veel ryker as die Afrikaanse kultuur is. Weinig in die Afrikaanse kultuur het hulle aangetrek en bitter min het ooit Afrikaanse boeke of koerante gelees.

'n Paar maande voor die verkiesing van 1948 het Arthur Keppel-Jones, 'n geskiedenisdosent aan die Universiteit van die Witwatersrand, die gemoed in Engelssprekende geledere in sy studie getitel When Smuts goes vertolk. Hy het voorspel dat 'n NP-oorwinning tot massiewe Engelse emigrasie en grootskaalse swart opstande sou lei. Patrick Duncan was in sy werk The Road through the Wilderness ook baie pessimisties. Hy het geskryf: "English South Africans are today in die power of their adversaries. They are the only English group of any size in the world today that is, and will remain for some time, a ruled, subordinated minority. They are beginning to know what the great majority of all South Africans have always known - what it is to be second-class citizens in the land of one's birth."

Sheila Patterson, 'n Engelse sosioloog wat Suid-Afrika in die 1950's besoek het, beskryf die situasie soos volg: "There is a revival of jingoist attitudes as a result of the growing feeling of impotent resentment among English-speaking South Africans over nationalist aggressiveness." Dit sou nie 'n verrassing wees nie as die elite van hierdie gemeenskap onsimpatieke menings oor die Afrikaners uitgespreek het teenoor buitelandse diplomate, joernaliste en sakelui, wat self selde Afrikaans kon lees of skryf. Selfs onder apartheid het die wêreld wat op tussengangers moes staatmaak, die Afrikaners ongunstig beoordeel.

'n Klein rukkie ná 1948 het daar ernstige spanning in die weermag bestaan tussen diegene wat geweier het om in die Tweede Wêreldoorlog te gaan veg (omtrent almal Afrikaners) en dié wat wel geveg het (ongeveer om die helfte Afrikaners en Engelse). Sommige senior offisiere (omtrent almal engelssprekendes) h et openlik hul minagting getoon vir die nuwe regering, wat deur die bank teen die oorlogspoging gekant was.

F.C. Erasmus, die nuwe minister van verdediging, was 'n harde republikein. Hy was oortuig dat die Afrikaners gedurende die Tweede Wêreldoorlog baie onreg moes verduur. As 'n gewese NP-organiseerder was hy miskien nog meer gegrief as sy kollegas in die kabinet oor die samewerking tussen die VP as party en sekere militêre eenhede gedurende die oorlog. Louis Esselen, hoofsekretaris van die VP, het al die intelligensieverslae van die weermag en selfs transkripsies van telefoongesprekke wat die posmeester-generaal laat afluister het, ontvang. Annette Seegers skryf in haar geskiedenis van die weermag dat Amerikaners Esselen as die Suid-Afrikaanse ekwivalent van J. Edgar Hoover beskou het. Die politisering van die staatsdiens en die misbruik van die weermag deur die regerende party het nie met die NP-oorwinning in 1948 begin nie, maar met Jan Smuts en sy goeie vriend, Louis Esselen.

Bl. 443

Ná die verkiesing het Erasmus genl.-majoor Evered Poole, hoof van militêre intelligensie, wat eerste in die ry was om hoof van die generale staf te word, opsy gestoot. Aan verskeie hoë offisiersrange, ook Afrikaanssprekendes, is bevordering geweier. Erasmus het die weermag doelgerig meer Suid-Afrikaans gemaak. Op daardie tydstip was die Britse invloed nog sterk, soos weerspieël in die uniforms, die name van offisiersrange, die medaljes en die kleure van regimente. Briefwisseling en bevele het feitlik net in Engels geskied. Ná die NP-oorwinning is tradisionele Afrikanerrange soos kammandant ingevoer, die uniforms is verander en nuwe ere-medaljes is geskep. Erasmus het die staande mag gelas om Afrikaans en Engels in sy kommunikasies maandeliks om die beurt te gebruik. Lede van die mag sou net bevorder word indien hulle in 'n streng tweetaligheidstoets slaag. Veral in die lugmag was daar nou 'n hele stortvloed van bedankings. Teen 1956 was driekwart van die rekrute in sowel die leër as die lugmag Afrikaners. Die weermag was vinnig op pad om 'n bolwerk van die Afrikaners te word.

Die sterk aandrang op tweetaligheid baie Engelssprekende staatsamptenare ontstel, maar daar was geen massiewe "suiwering" van Engelssprekende staatsamptenare ná 1948 soos dikwels beweer word nie. Die mees omstrede geval was dié van W. Marshall Clark, wat tydens die oorlog as hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse spoorweë en hawens aangestel is. Met sy aanstelling is twee Afrikaanse staatsamptenare wat sy seniors was, oor die hoof gesien. Ná die verkiesing het Afrikaanse spoorwegwerkers by die regering aangedring om op te tree. In 1949 is Clark 'n ander werk in die staatsdiens aangebied en toe hy weier, is hy 'n pensioen van £80 000 betaal, wat in daardie jare 'n groot bedrag was. Engelssprekendes het ook geprotesteer teen die aanstelling van Werner Eiselen, wat van buite ingebring is om sekretaris van naturellesake te word.

Die Engelssprekendes het nog 'n dekade lank oorverteenwoordig gebly in die hoër range van die staatsdiens. Eers in 1960 het die amptenare in hierdie range die wit bevolkingsamestelling weerspieël. Nuwelinge in die staatsdiens was hoofsaaklik Afrikaanssprekendes en in die eerste twintig jaar van die NP-bewind, het die aantal Afrikaners in die staatsdiens verdubbel.

Die twee wit gemeenskappe het diep verdeeld gebly oor hoe 'n blanke nasie gebou moet word en watter bande met die Statebond behoue moet bly. Hierdie verskille is in 1949 gelug in die debat oor 'n wetsontwerp oor burgerskap. Voorheen het burgers van Statebondslande 'n gemeenskaplike status geniet vanweë 'n gemeenskaplike Britse nasionaliteit. Hierdie wetsontwerp het aan Suid-Afrikaners 'n eie burgerskap gegee en strenger vereistes gestel vir immigrante van ander Statebondslande wat Suid-afrikaanse burgers wou word.

Australië het soortgelyke wetgewing ingevoer, maar Engelssprekendes in Suid-Afrika het die wetsontwerp beskou as net nog 'n poging om die bande met Brittanje losser te maak en hulle te dwing om hul rug op Brittanje te keer. Hulle het geglo dat dit in die beste belang van die blankes is om sterk bande met die Statebond te behou en al die moontlike te doen om immigrante en beleggings te lok. Hulle het die argument verwerp dat hul bande met Brittanje hulle minder lojaal teenoor Suid-Afrika maak.

Die Nasionaliste het aan die ander kant geglo dat wit eenheid slegs gebou kan word deur die ontwikkelling van 'n enkele lojaliteit aan Suid-Afrika. Hulle het hulself as die kern van die "blanke nasie" beskou omdat hulle geen ander tuiste as Suid-Afrika geken

Bl. 444

het nie. Selfs N.C. Havenga, minister van finansies en 'n gematigde Nasionalis, het die Afrikaners se uniekheid beklemtoon. Hulle is trou net aan Suid-Afrika en kan net in Suid-Afrika as volk oorleef. Hulle het geen ander tuiste waarheen hulle kan vlug nie.

Net ná die verkiesing van 1948 het die NP-regering begin om die simbole van die Britse band met Suid-Afrika te verwyder. Dit het die volgende afgeskaf: Britse burgerskap, die reg op appèl na die Geheime Raad (1950), God Save The Queen as een van die nasionale volksliedere en die Union Jack as een van die nasionale vlae (1957). Die Stem van Suid-Afrika was nou die enigste volkslied en die Oranje-blanje-blou die enigste landsvlag. Dit het ook die vlootbasis in Simonstad van die Britse vloot oorgeneem (1957), 'n referendum oor 'n republiek gehou (1960) en 'n republiek ingestel (1961). Die Britse geldstelsel is in 1961 afgeskaf.

Omdat apartheid onaanvaarbaar was vir ander Statebondslande, het Suid-Afrika in 1961 sy aansoek om lid te bly, teruggetrek. Die formele band met Brittanje is nou finaal verbreek. Die grondwet van die Repubiek het merkwaardig min verskil van die Unie-grondwet van 1909. Die doel van die republiekwording was meer as 'n enkele politieke lojaliteit vir alle wit Suid-Afrikaners teweet te bring as om 'n radikaal nuwe stelsel in te voer. Nasionaliste het gehoop dat die Engelssprekendes hul dubbele lojaliteit sou versaak en Brittanje nie meer as 'n moederland sou beskou nie. Dit het gebeur nadat Brittanje begin het om sy kolonies in Afrika vry te maak. Toe die Suid-Afrikaanse regering teen die einde van 1960 'n meer omvattende diensplig vir wit mans instel, was daar min teenstand onder Engelssprekendes.

Westerse en Suid-Afrikaanse rassisme.

Apartheid het spanning tussen Suid-Afrika en Brittanje, die vernaamste buitelandse belegger en handelsvennoot, geskep. Maar belangriker as Brittanje en ander Westerse regerings se afkekuring van apartheid was hul begeerte dat die bande tussen Suid-Afrika en die Weste nie versteur word nie. Vir Westerse regerings was die hoofsaak om te verhoed dat Suid-Afrika met sy minerale en strategiese ligging onder kommunistiese invloed kom.

Reeds in Oktober 1949 het Clement Attlee, eerste minister in die Britse Arbeidersregering, aan D.F. Malan geskryf omtrent die "growing and world-wide Communist threat", en voorgestel dat Suid-Afrika sir Percy Sillitoe, direkteur-generaal van die Britse sekuriteitsdienste, ontvang om samewerking te bespreek. Suid-Afrika sou toegang tot die inligtingsbronne van Brittanje en die VSA gebied word in ruil vir 'n gedissiplineerde anti-kommunisme. Sillitoe het na Suid-Afrika gereis en die polisie ingelig oor die wetgewing wat nodig is om die kommunisme aan bande te lê. In 'n vertroulike memorandum het hy erken dat hy moontlik beskuldilg kan word dat hy die "Boer nationalists" help om 'n "Gestapo" op die been te kry om apartheid deur te voer. Hy het egter besluit dat die noodsaak om Suid-Afrika deel van die Brits-Amerikaanse sekukriteitsnetwerk te maak swaarder weeg.

Die Weste het aanvaar dat 'n stelsel van nie-rassige demokrasie in Suid-Afrika nog lank onmoontlik sou wees. Apartheid was nie gebaseer op die mislukte rasse-ideologie van Nazi-Duitsland nie, maar op die rassisme wat die Weste in die algemeen teenoor swart en bruin mense aan die dag gelê het. Dit het gewissel van 'n voorkeur vir mense van

Bl. 445

eie kleur tot 'n patologiese afkeer van rassevermenging, gevoelens wat nog wydverspreid in sowel Europa as die VSA voorgekom het. In Europese kolonies, byvoobeeld in Frans-Algerië, is maar min inheemse mense polities en maatskaplik geïntegreer.

In die VSA, veral in die Suide, was daar min steun vir wat genoem is "desegregation" of "integrasie".

     PERSENTASIE VAN BLANKES IN DIE VSA WAT INTEGRASIE GOEDKEUR

ITEM                                                            1942          1956            1963

Integrasie van publieke skole

Suidelike blankes                                             2               14                30

Alle blankes                                                    40               61                 75

Openbare vervoer

Suidelike blankes                                              4               27                 51

Alle blankes                                                      44              60                  78

Openbare woongebiede

Suidelike blankes                                             12               38                  51

Alle blankes                                                      35               51                 64

In 1946 het net 21% van die blankes in die Amerikaanse Suide die intelligensie van swartes as gelyk met dié van wittes beskou, teenoor 42% vir blankes op nasionale vlak, maar tien jaar later het dit tot 57% by Suidelilke blankes en 77% by die blankes landswyd gestyg.

Toe die NP in 1948 die verkiesing wen, was daar nog in talle state van die VSA wette wat verkeer tussen die rasse verbied het. In 1949, toe Eben Dönges 'n wetsontwerp voorlê wat alle huwelike tussen en bruin mense onwettig maak (huwelike tussen wit en swart is reeds in 1928 verbied), het hy die wet probeer regverdig deur daarop te wys dat dit in die VSA die praktyk is. Dertig Amerikaanse state het sulke wette gehad en in vyftien was daar 'n amptenaar vir huweliksake wat hierdie wette moes toepas.

Gedurende die 1950's was dit nie ongewoon dat Westerse leiers in die openbaar rassistiese stellilngs maak nie. In 1951 het Herbert Morrison, minister van buitelandse sake in die Britse Arbeidersregering, onafhanklikheid vir Afrika-kolonies bestempel as soortgelyk aan "giving a child of ten a latch-key, a bank account and a shotgun". Selfs in 1957 het pres. Dwight Eisenhower van die VSA op 'n presidensiële perskonferensie simpatiek gepraat oor die vrese van wittes in die Suide wat, volgens hom, die "mongrelization of the race" gevrees het.

Eers teen die einde van die 1950's, toe aparrtheid in Suid-Afrika reeds stewig gevestig was, het Suid-Afrikaanse rasseverhoudinge skerp begin verskil van dié in Europa en die Amerikaanse Suide. Europa het nou vinnig van sy kolonies ontslae geraak en in die VSA  het opvoedkundige en maatskaplike integrasie versnel.

'n Regering met 'n plan

Die druk teen rasse-oorheersing het van die Tweede Wêreldoorlog af begin opbou. Die nederlaag van Nazi-Duitsland en die afgryse oor die volksmoord op die Jode, het 'n rasse-ideologie

Bl. 446

gediskrediteer. Die verlening van onafhanklikheid aan Indië in 1947 was 'n belangrike keerpunt in die geskiedenis van die moderne wêreld. Die druk om swart mense toe te laat om hulle self te regeer, het onkeerbaar geword. In die Verenigde Nasies het die Algemene Vergadering aan nuwe state in Afrika en Asië 'n verhoog gebied om hul woede oor eeue van Westerse oorheersing uit te spreek. Apartheid het spoedig die grootste teiken geword.

Toe die NP in 1948 die mag verower, was daar 'n swart bevolking van 8,5 miljoen. Van hulle het omtrent 2 miljoen in dorpe en stede gewoon, vergeleke met 1,6 miljoen wit stedelinge. Gedurende die oorlog en net daarna het swart verstedeliking op 'n onbeplande en onbeheerde wyse geskied. Stede soos Johannesburg is omsoom met plakkerskampe en in elke belangrike stad was daar buurte waar wit, bruin en swart saamgewoon het.

Sporadiese uitbarstings van geweld het voorgekom. In 1940 het onluste in Stellenbosch plaasgevind toe wit studente en bruin mense op die dorp gebots het. Twee dae lank het wit studente die huise van bruin mense in die middedorp verwoes. In November 1944 het rasse-onluste ook uitgebreek in die westelike woonbuurte van Johannesburg. Verwoerd het in Die Transvaler geskryf dat daar al hoe meer moeilikheid in die stede uitbroei. Gemengde woonbuurte word gevaarlik, het hy geskryf, en dit is noodsaaklik dat die regering optree. In sy eerste toespraak in die Parlement ná die verkiesing van 1948 het Verwoerd verklaar: "Johannesburg met sy Witwatersrand en die hele omgewing (is) een groot broeines van ongeregtigheid en misdaad, van werkloosheid en alllerlei ellende, van armoede en onderlinge verdrukking."

Die grootste skok was die botsing tussen Zoelos en Indiërs in Durban in 1949 waarin 147 mense gesterf het en meer as 300 geboue verwoes en nog 1 700 beskadig is.

D.F. Malan het altyd geglo dat minder geskoolde wit werkers nie mededinging met bruin of swart werkers kon oorleef nie. Verwoerd het hierdie voorstelling omgedraai. In 1950 het hy aan die Verteenwoordigende Naturelleraad gesê dat waar botsings in 'n "deurmekaar ontwikkeling" plaasvind, blankes "minstens vir 'n lang tyd in die sterkere posisie (sal) staan en die Bantoe op elke gebied die onderspit-delwende party (sal) wees." Dit sou by laasgenoemde 'n "stygende verset en wrok veroorsaak". Die enigste uitwerk sou afsonderlike ontwikkeling wees ten einde 'n onaangename en gevaarlike toekoms vir sowel wit as swart te verhoed. Skeiding moet ingevoer word waar dit prakties is met die doel om wrywing te verwyder. Hierop het hy die klassieke apartheidformule laat volg: "Die huidige regering (neem) die standpunt in dat hy vir ander gun en wil gee presies wat hy vir homself opeis. Hy glo in die heerskappy (baasskap) in sy gebied, maar dan glo hy ook net so in die heerskappy (baasskap) van die Bantoe in sy gebied."

Van die begin af het die NP se opponente in Suid-Afrika en die buiteland die beleid aangeval omdat dit na hul mening uit rasse-obsessies en verouderde godsdienstige opvattings gespruit het. Maar vir die NP-intelligentsia het die beleid nie gegaan oor ras op sigself nie, maar oor die sekuriteit van die Afrikaners en die groter wit gemeenskap. Nie wit minagting vir swart mense lê agter die apartheidswette nie, was hulle betoog, maar vrees vir 'n swart meerderheid. Sonder uitsondering het hulle apartheid verdedig op grond daarvan dat dit stryd sou verminder deur punte van kontak en mededinging tussen die rasse uit te skakel.

Suid-Afrikaanse liberale het na die gemeenskaplike waardes en geloof van die oorgrote

Bl. 447

meerderheid van die Suid-Afrikaners verwys en gesê dat 'n veelrassige demokrasie op die grondslag van die gekwalifiseerde stemreg gebou kan word. Die uitgangspunt van hierdie houding was dat mense op grond van hul belange eerder as hul rasse-identiteit sou stem. Die NP het 'n veelrassige demokrasie verwerp met die argument dat mense in alle heterogene samelewings volgens hul groepsidentiteit stem: So het Afrikaners vir die NP gestem, die Engelse vir die VP. Die NP se argument was dat die opname van al hoe meer swart mense op die kieserslys felle mededinging sou laat ontstaan. Dit sou die verhoudinge tussen die twee wit groepe vergiftig en ook dié tussen wit en swart.

Hierdie argument het die Afrikaners met hul meerderheid in die wit kieserskorps gepas, maar die Westminster-stelsel wat in Suid-Afrika gebruik is, met sy klem op die wenner-vat-alles eerder as die bou van koalisies, is daarvoor bekend dat dit rasse- en etniese verhoudinge polariseer. Die Burger het 'n geval aangehaal van 'n VP-kandidaat wat bruin kiesers gewaarsku het dat die NP aan hulle kon doen wat Hitler aan die Jode gedoen het.

Meer as enigiemand anders in die Afrikaanse pers verteenwoordig Piet Cillié hierdie gedagterigtings. Hy was tussen 1954 en 1977 redakteur van Die Burger. Hy het nie net hoofartikels geskryf nie, maar ook die meeste bydraes gelewer tot die invloedryke "Dawie"-rubriek. Hy het 'n vlymskerp verstand gehad, 'n onblusbare lus vir debatteer, 'n sardodiense sin vir humor en 'n onuitputlilke voorraad aanhalings en grappe. Saam met Verwoerd was hy die invloedrykste denker in die Nasionale beweging tussen 1948 en 1976.

Op 'n Statebondskonferensie in 1954 in Lahore, Pakistan, het Philip Mason, 'n Britse gesaghebbende op die gebied van rasseverhoudinge, geargumenteer dat die ware roeping van Suid-Afrika se wittes is om as 'n skeppende minderheid in 'n samelewing oorheers deur swartes op te tree. Die Afrikaners moet die mag prysgee en hul vertroue op 'n demokrasie vestig. Cillié het geantwoord dat die Moslems in Pakistan hulle in 1947 verset het teen integrasie met 'n Hindoe-meerderheid. Hulle het 'n oplossing gesoek deur hulle saam te trek in Pakistana en dit hul eie land te maak. Die konferensiegangers het nie die standpunt gesteun  nie. Daar was, soos Cillié geskryf het, slegs steun vir die standpunt van geleidelike gelykstelling en uiteindelike "nie-blanke oorheersing". Cillié het aan phil Weber, sy redakteur, geskryf: "Ek was nog nooit so bewus van die verskriklike gevaar van ons posisie nie. Soms het ek gevoel of ek letterlik siek wil word."

Die dryfveer in Cillié se lewe was om Afrikaner-oorlewing te verseker, nie apartheid nie, wat slegs 'n instrument daarvoor was. Hy was 'n Machiavellis wat geglo het dat die doel van die politiek nie is om mense deugsaam te maak nie, maar die staat sterker en veiliger. Vir Cillié was die werklilke alternatief vir onverbloemde onderdrukking die geleidelike hervorming van die staat. Stabiliteit en ekonomiese groei moet alle gemeenskappe in staat stel om stap vir stap vooruitgang te maak. Volgens hom was daar 'n voortdurende proses van emansipasie, wat begin het toe die Afrikaners hulle van die Britse imperialisme bevry het. Dit is die Afrikaner se verantwoordelikheid, het hy geredeneer, om direkte beheer oor die onderhorige swart gemeenskappe prys te gee en hulle toe te laat om hulle self te regeer in 'n land wat hul eie is. Hierdie proses kan egter slegs gebeur in die mate waarin dit nie die reg van die Afrikaner en die groter wit gemeenskap om húlle self te regeer in gevaar stel nie.

Net ná die verkiesing het Henry Fagan, wat aanbeveel het dat die verstedeliking van swart mense aanvaar moet word, in 'n private brief geskryf dat die NP nou 'n mandaat

Bl. 448

het om sy beleid van "totale territoriale segregasie", wat sy kommissie as onuitvoerbaar beskou het, toe te pas. Hy het vervolg: "Slaag die poging, goed en wel. Slaag dit nie, dan is dit tog 'n voorbereidende stap - een wat blykbaar nodig is - om die publieke mentaliteit tot rypheid oor die vraagstuk te bring en die volk te laat berus by 'n beleid wat aanneem dat totale territoriale segregasie ontmoontlik is en dat dit ons taak is om die beste aanpassing te vind wat wel moontlik is."

Hoewel die NP die verkiesing in 1948 net naelskraap gewen het en apartheid slegs een van verskeie beleidsvoorstelle was, het Malan ná die verkiesing verklaar dat die party 'n mandaat het om die samelewing op die apartheidspatroon te skoei. Daar was inderdaad 'n obsessie onder Nasionaliste om apartheid op die proef te stel. Piet Cillié het later geskryf dat die Nasionaliste eers nadat hulle agterkkom het dat dit nie politieke oorlewing kon verseker nie en dit selfs bedreig het, tot 'n alternatief besluit het.

Apartheid het op verskeie grondslae berus: die beperking van alle politieke mag tot wit mense, gedwonge woonbuurtskeiding, aparte onderwys, die regulering van die arbeidsmark en instromingsbeheer wat die swart stroom na die stede beperk. Die hoeksteen was die ontwikkeling van die reservate, nou swart tuislande genoem. Werner Eiselen, een van die vernaamste argitekte van die apartheidsideologie, het gemeen dat apartheid se kern die skeiding is van heterogene groepe in afsonderlike sosio-ekonomiese eenhede wat elkeen in sy eie gebied volle burgerregte geniet.

Politieke apartheid

Ná 1948 was die onmiddellilke politieke uitdaging vir die NP met sy klein meerderheid om te verhoed dat die bruin kiesers die magsewewig bepaal. Die NP, asook Die Burger, het reeds in die middel van die dertigerjare opgehou om die kleurlinge se stemme te probeer wen. Ná die verkiesing van 1943 het Die Burger geskryf dat daar in 31 van die 56 setels in die Kaapprovinsie meer as 400 bruin kiesers was. Volgens die koerant het die bruin stem 'n VP-sege in minstens vyf setels verseker. Dit sou al hoe belangriker word namate al hoe meer bruin kinders beter skoolopvoeding kry. Bruin mense het in elk geval veel vinniger as wittes vermeerder. Die NP het geargumenteer dat dit onaanvaarbaar is dat die bruin mense in wedywering tussen die twee wit groepe die deurslag kan gee.

In 1948 was daar ongeveer 40 000 bruin kiesers op die lys en van hulle het die oorgrote meerderheid die NP teengestaan. Voor die verkiesing het George Golding, voorsitter van die Adviserende Kleurlingraad, gewaarsku dat 'n NP-regering die toekoms van die kleurlinge ernstig sou bedreig. As leier van die gematigde Coloured People's National Union - 'n organisasie met 85 000 lede - het hy samewerking met die NP-regering verwerp.

Die regering se plan om die bruin kiesers van die kieserslys te verwyder, het gelei tot die stigting van die Torch Commando onder leiding van 'n baie gerespekteerde oudgediende, A.G. (Sailor) Malan. Teen 1952 het dit 125 000 ingeskrewe lede gehad. Dit het van die grootste betogings georganiseer wat die land nog ooit gesien het, maar daar het tweespalt ontstaan oor die vraag of bruin oudgediendes lede kan word. Nog onenigheid het ontstaan omdat sommige lede van die Natalse afskeidingsbeweging ondersteun het. Ná 'n paar jaar het die Torch Commando doodgeloop. In 1952 is die Wet op die Afsonderlike

Bl. 449

Verteenwoordiging van Kiesers deur die Parlement aangeneem, wat die bruin kiesers op 'n aparte kieserslys geplaas het. Die Appèlhof egter bevind dat hierdie wet die verskanste artikels in die grondwet, wat 'n tweederdemeerderheid vir so 'n wysiging vereis het, geskend het. 'n Uitgerekte konstitusiolene stryd het gevolg.

Teen 1953 het daar by sekere Kaapse Nasionaliste twyfel ontstaan oor die plan om die bruin kiesers van die lys te verwyder. Dit was al hoe onwaarskynliker dat die NP verslaan sou word en die VP het geen poging aangewend om baie nuwe bruin kiesers te registreer nie. Kleurlingkiesers het apaties geword vanweë die aanslag op hul politieke regte. Van 'n hoogtepunt van 54 000 in 1945 het die geregistreerde bruin kiesers tot ongeveer 38 000 in 1954 gedaal.

In 1953 het Phil Weber, Die Burger se redakteur, aan A.L. Geyer, 'n vorige redakteur en toe hoë kommissaris in Londen, geskryf dat 'n veel verstandiger alternatief sou wees om hoë kwalifikasies vir alle nuwe bruin kiesers te bepaal. Hy het dit met twee senior Kaapse leiers, Eben Dönges en P.W. Botha, bespreek en omdat hulle stilgebly het, het hy aangeneem dat hulle saamstem.

Van hierdie plan het niks gekom nie omdat die NP se swaartepunt na die Noorde verskuif het. Ná die verkiesing van 1953 was daar dubbel soveel Transvaalse en Vrystaatse lede in die NP-koukus as Kaapse lede. In 1954 het J.G. Strijdom, die Transvaalse NP-leier, D.F. Malan as hoofleier en eerste minister opgevolg. Sy sterkste luitenant was Hendrik Verwoerd. Weber het in die nuwe werklikheid berus en aan Geyer geskryf dat daar geen ander keuse is nie as om maar jou bes in die omstandighede te doen. Hy het getwyfel of die Noorde veel met die suidelilke Nasionaliste oorleg sou pleeg. Ter wille van party-eenheid sou Die Burger-manne bereid moes wees om baie dinge te aanvaar.

Nadat Piet Cillié vir Weber in 1954 as redakteur opgevolg het, het Die Burger meer radikaal geword in sy verdediging van die "revolusie" wat die Nasionaliste met hul oorwinning in 1948 ingelui het. Cillié het groot bevrediging daaruit gekry om in verkiesingstye die mededinging tussen die partye in uiterste terme uit te beeld. Hy het selde apartheid op sigself verdedig, maar het die stryd tussen Afrikaners en Engelse en die stryd tussen wit en swart of wit en bruin voorgehou as konflikte wat onlosmaaklik met mekaar verweef is.

In 1952 het die liberale tydskrif Forum hom gevra om die NP se taktiek in die volgende verkiesing te voorspel. Die artikel was suiwer Cillié. Hy het die liberale se aandrang verwerp dat hulle geen bybedoelilng met die bevordering van gelyke regte vir alle mense het nie. Hy skryf: "English political liberalism has always seemed to the Nationalists to be m ore English than liberal and more concerned with power for the English-speaking section than for the non-Europeans." Die Nasionaliste, het hy vervolg, gaan die verkiesing benader as 'n stryd om oorlewing. Hulle gaan aan die kiesers sê dat as die NP verloor, die VP, òf by wyse van grootskaalse immigrasie òf deur uitbreiding van die nie-wit stem, seker sal maak dat die NP nooit weer wen nie. Die NP sou verder argumentaar dat 'n VP-regering 'n weifelende beleid sou volg wat tot een toegewing op die ander sou lei. Die burger het herhaaldelik gewaarsku dat die VP in 'n toekomstige verkiesing 'n blitsoorlog kon voer deur skielik groot getalle bruin kiesers te registreer. Dit kon, volgens die blad, tot 'n burgerloorlog lei.

Maar Cillié het windmeulens stormgeloop met sy herhaalde verwysings na die

Bl. 450

verwoestende uitwerking van die bruin stem. Die kleurlinge was nie meer 'n bedreiging vir die NP nie. Cillié se werklike bekommernis was dat die NP langs die Noord-Suid-verdelingslyn sou skeur indien die party onder druk van die Suide die poging laat vaar om die bruin kiesers van die lys te haal. Party-eenheid is op die rug van die kleurlinge verseël.

In 12956 het die regering die Senaat vergroot deur voldoende lede van sy eie party aan te stel om die nodige tweederdemeerderheid te verkry waarmee dit die bruin stem kon verwyder. Dit het nie die letter nie maar sekerlik die gees van die grondwet geskend. Toe Strijdom in 1958 sterf, het Cillié hom geloof as iemand wat 'n ereplek onder die helde van Suid-Afrika verwerf het en wat "noodwendige aanpassings" moes maak, onder andere "die reëling van die Kleurling-stemreg". Ter wille van Afrikanereenheid was Cillié en Die Burger klaarblyklik bereid om baie te sluk.

Ná die verwydering van die bruin kiesers van die gemeenskaplike kieserslys, het vier blankes die kleurlinge in die Parlement verteenwoordig, maar hulle het geen mag uitgeoefen nie. Die regering het nou 'n geruime tyd lank die kleurlinge as 'n politieke kwessie op die agtergrond geskuif. 'n Gevoel van dringendheid het eers in die 1970's teruggekeer toe die swart versetstryd 'n gedugte uitdaging geword het.

Die regering het ook 'n marginale plek aan Asiërs toegewys. Eers in 1963 is hulle as permanente burgers erken en dit het selfs langer geduur voordat aan Asiërs 'n baie beperkte vorm van "selfbestuur" gegee is.

Die doelmatigheid van apartheid sou op die ou end daardeur bepaal word of dit 'n oplossing kon vind vir swart strewes. Die sogenaamde gematigde swart leiers in die stede was reeds teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog vervreem en die VP-regering was nie in staat om 'n liberale rigting wat betref swart verteenwoordigers in te slaan nie. Die NP-regering het die poging laat vaar om die stedelike swart elite, waaruit die meeste lede van die Verteenwoordigende Naturelleraad gekom het, aan sy kant te kry. In plaas daarvan het die regering sy leiers onder die konserwatiewe swart mense in die reservate gaan soek en het hy die politieke strukture wat hy hier ingestel het, as regverdiging voorgehou vir die omvattende weerhouding van swart regte in die gemeenskaplike gebied.

Volgens die apartheidsbeleid moes elke swart etniese groep sy eie gebied met 'n eie regering hê en was swart mense in die gemeenskaplike gebied blote "besoekers". Hierdie ideologie dat swart mense in die stede besoekers is wat net daar is om werk in wit diens te verrig, dateer uit 1922, toe 'n kommissie onder kol. Stallard dit geformuleer het. Die NP-beleid het die feit geïgnoreer dat daar in die dertig jaar ná Stallard 'n grootskaalse verstedeliking plaasgevind het van swart mense wat die dorpe en stede as hul enigste tuiste beskou het. Die kern van die teenstand teen apartheid sou van hulle kom.

Apartheid h et van segregasie verskil ook deurdat dit feitlik die hele klem op die reservate en die kapteins geplaas het om swart mense te verteenwoordig. Hendrik Verwoerd, wat in 1950 minister van naturellesake geword het, het verklaar dat indien swart mense volle burgerskap wil hê, hulle moet teruggaan na die gebiede wat aan hulle behoort. Die regering het die Verteenwoordigende Naturelleraad afgeskaf. In 1951 het Verwoerd wetgewing deur die Parlement gevoer wat voorsiening gemaak het vir politieke strukture

Bl. 451

in die resevate, almal onder sy beheer as hoof van die departement. Saam met die beklemtoning van stamgesag het die regering oor naturellereg vir nuwe lewe ingeblaas.

In hierdie opsig het die Suid-Afrikaanse regering die voorbeeld van koloniale regerings in Afrika gevolg. Toe die Mau-Mau-rebellie in die middelvyftigerjare in Kenia uitbreek, het dit vir die regering gelyk of dit sy keuse regverdig om die kapteins en nie die stedelike etlite, as stutte vir wit beheer te verkies. Verwoerd het die stamkaptein bestempel as die natuurlike bondgwenoot teen alle opstandigheid.

Die stelsel van tradisionele gesag in Suid-Afrika was op hierdie tydstip reeds in 'n gevorderde staat van verval. Die regering het kapteins verkies wat onderhorig is en bereid om sy beleid uit te voer, selfs ten koste van hul eie gewildheid onder hul mense. Baie kapteins is as pionne van die regering beskou. Tussen 1957 en 1962 was daar uitgebreide opstande teen apartheid in die landelike gebiede Sekhukhuneland, die Hurutshe-reservaat in Wes-Transvaal en Pondoland en Thembuland in die Oos-Kaap.

Die kern van politieke apartheid was dat swart mense geen poliltieke mag en verteenwoordiging in die sogenaamde blanke gebied mag geniet het nie. Elke swart persoon was die burger van 'n tuisland en daar moes hy hom probeer uitlewe. In die 1960's en 1970's het verskeie tuislande 'n vorm van selfregering ontvang. In h ul afsonderlike tuislande was die blankes en die tien swart "nasies" veronderstel om "afsonderlike vryhede" te geniet. Op die ou end het die "konstellasie" van tuislande bestaan uit: Transkei, Ciskei, Venda, Gazakulu, Bophuthatswana, Kangwane, Lebowa, KwaZulu, Basotho-Quaqwa en KwaNdebele. In 1978 het Connie Mulder, 'n senior minister, verklaar dat, nadat die tuislande almal onafhanklik geword het, daar geen Swart Suid-afrikaners sou oorbly nie.

Gemeenskapsapartheid

Die tweede been van apartheid was gemeenskapsapartheid. Ingevolge die Wet op Bevolkingsregistrasie van 1950 het die regering elke burger aan 'n bepaalde gemeenskap toegewys: wittes, kleurlinge en swart mense. Die wet het apartheid omvorm van 'n losse en dikwels onsamehangende patroon van segregasie tot 'n stelsel wat die samelewing in rigiede rasseblokke verdeel het.

Die grootste probleem was om die bruin mense in hul bepaalde blok in te dwing. Die wet kon nie die "kleurlinge" definieer nie, behalwe om te sê dat hulle nóg wit nóg swart was. Hulle het baie naby aan die wit gemeenskap gestaan. Hulle het die Westerse kultuur gedeel en het sterk daarna geaspireer om in die wit gemeenskap opgeneem te word. Dit was gevolglik baie moeilik om kleurlinge te definieer. Jan Smuts het die regering se poging om kleurlinge te klassifiseer, bestempel as 'n poging om die onklassifiseerbare te klassifiseer.

Die NP-regering het hom nie laat afskrik nie. Wit mense is aangestel as klassifiseerders wat die bepaalde wit konvensies en veralgemenings oor rasseverskille gebruik het. Die vernaamste maatstaf vir die klassifisering van bruin mense, was maatskaplike status en wit persepsies. Die skeidslyn tussen wit en bruin en tussen bruin en swart was in baie gevalle vaag en omstrede. Om die ontwykende "kleurling"-identiteit vas te gryp, het die klassifiseerders aan mense vrae gestel oor hul afkoms. In uiterste gevalle is hul vingernaels ondersoek en kamme deur hul hare getrek met die veronderstellilng dat stywe

Bl. 452

krulle 'n aanduiding van 'n kleurling is. 'n Derde party is toegelaat om beswaar aan te teken oor 'n ander persoon se klassifikasie. In latere jare, waar die natuurlike ouers bekend was en reeds geklassifiseer is, het afkoms bo voorkoms en aanvaarding deur die gemeenskap voorrang gekry.

Die wyse waarop iemand geklassifiseer is, het verreikende implikasies gehad. 'n Persoon se lildmaatskap van 'n statutêre gemeenskap het omtrent elke daaglikse aktiwiteit geraak: die gebied waar hy woon, sy maat vir 'n huwelik of selfs vir buitehuwelikse seks, die skole, kolleges en universiteite wat hy kan bywoon, die mense saam met wie hy sport beoefen, die soort werk waarvoor hy kwalifiseer, en die plek waar hy begrawe word. Dit het 'n mens se politieke regte bepaal en die rade vir wie hy kan stem. Regter L. van Winsen het dit goed opgesom: "A person's classification is ... of cardinal importance to him since it affects his status in practically all fields of his life, social, economic an political. An incorrect classification can ... have a devastating effect upon the life of the person concerned."

Eben Dönges, die minister wat die wetsontwerp ingedien het, het oorspronklik gemeen dat daar minder as tienduisend probleemgevalle in die registrasieproses sou wees. Hy het retories in die Parlement gevra: "Is dit 'n stigma om 'n bruinman 'n bruinman te noem?" Die Burger het hom ondersteun en gevra: "Waarom sal dit 'n tragedie en 'n vernedering wees om mense wat as kleurlinge deurgaan as kleurlinge te klassifiseer? Hulle is immers kleurlinge."

In 1956 het die klassifiseerders byna 100 000 grensgevalle teengekom. Mense is vasgevang in die soort doolhof wat Franz Kafka goed beskryf het. Klassifikasie het menslike tragedies tot gevolg gehad. Sommige minnaars wat in verskillende kategorieë geklassifiseer is en dus nie kon trou nie, het selfmoord gepleeg. Ten spyte van hierdie ervarings het Die Burger se "Dawie" in 1958 oor rasseklassifikasie geksyrf: "Ek wag nog steeds dat iemand ook maar net 'n enkele voorbeeld noem van 'n persoon wat onredelik ingedeel is."  Hy het die protes afgemaak as blote agitasie vir "volstrekte gelykstelling". Tog het die Parelement elke jaar die absurditeit beleef van die regering wat aankondig hoeveel blankes herklassifiseer is as kleurlinge (of andersom) en hoeveel kleurlinge nou as swart mense herklassifiseer is.

'n Stelsel van rasseklassifikasie het gepaard gegaan met 'n verbod op seks tussen wit en nie-wit. Tussen 1943 en 1946 was daar slegs ongeveer 100 huwelike tussen paartjies wat "blank" en "nie-blank" was uit 'n totaal van ongeveer 30 000 huwelike waarin die paartjies albei "blank" was. In 1949 is 'n wet aangeneem wat die verbod van 1927 op huwelike tussen wit en swart uitgebrei het om alle huwelike tussen "blankes" en "nie-blankes" te verbied. Die Ontugwet van 1950 het ook seksuele verkeer tussen dié groepe verbied.

Die Burger het geskryf dat die Ontugwet slegs vir swakkelinge bedoel is en dat dit ook ander wat dalk val, moet afskrik. Amper tien jaar later het die blad eers besef dat dit 'n harde wet is - en harder in sy uitwerking en in die onnoembare ellende wat dit veroorsaak. Om mense ingevolge die Ontugwet te vervolg, het die pollisie op hulle gespioeneer. Hulle het verkykers, bandopnemers en kameras gebruik, in slaapkamers ingebars en distriksgeneeshere beveel om die geslagsdele te ondersoek van paartjies wat van seks verdink is. Die oortreders wat gevang is, was nie net gewone mense nie, maar ook predikante,

Bl. 453

onderwysers en selfs 'n voormalige private sekretaris van die eerste minister. Teen 1985 is ongeveer 11 500 mense skuldig bevind en veel meer is aangekla. Om op 'n aanklag van ontug tereg te staan, was vir wit mense 'n skande. Party het selfmoord gepleeg of geëmigreer. Die wet is eers in 1985 herroep.

Saam met rasseklassifikasie was aparte groepsgebiede 'n hoeksteen van die apartheidstelsel. Die regering het reeds voor 1948 begin om aparte woongebiede vir bruin mense te bou, maar teen 1950 het ongeveer 'n derde van die bruin mense in Kaapstad nog steeds in gemengde buurte, gewoonlik bekend as die "onderdorp", gewoon. In die Kaapprovinsie het geen wet bruin of swart mense verbied om eiendom te koop of te woon waar hulle wou nie. Die Groepsgebiedewet van 1950 het dit verander deurdfat verskillende stedelike woongebiede vir wit, swart, kleurlinge en Indiërs aangewys is. Dit het die eienaarskap en besetting van grond in 'n gebied tot lede van 'n bepaalde statutêre groep beperk.

'n Wet op die aanwys van aparte geriewe het alle openbare geriewe gesegregeer. Blankes en nie-blankes was verplig om aparte ingange, busse, sitplekke in busse, treinkomparemente, parke en openbare toilette te gebruik. Mense wat nie wit was nie, kon nie gebruik maak van hotelle, restaurante of kafees in die sogenaamde blanke gebied nie en hulle is uitgesluit van blanke teaters, bioskope en swembaddens. Aparte strande is aangewys; net die berge het uitgebly.

Net soos in die geval van die rasseklassifikasie het die regering die probleme rondom die aanwys van aparte woonbuurte  hopeloos onderskat. Toe hy die wetsontwerp indien, het Dönges verklaar dat mense van 'n enkele groep 80-90% van die verskillende woonbuurte in dorpe en stede beset. Die veronderstellilng was dat skeiding nie moeilik sou wees nie. Maar die wet het 'n veel drastieser impak gehad. Toe die regering die voorstelle vir Kaapstad voorlê, was die VP-beheerde stadsraad so geskok dat hy die openbare verhore geboikot het. Uiteindelik is een uit elke vier bruin mense en een uit elke ses Asiërs (teen slegs een uit elke 666 wit mense) oor die land heen ingevolge die wet verskuif.

Die mees omstrede regeringsoptrede was die verwydering van 65 000 kleurlinge van Distrik Ses, 'n lewendige wyk in die middestad van Kaapstad, waar wit mense ongeveer 56% van die eiendom besit het. Teen hul wil moes die inwoners uitskuif na die sanderige woonbuurte van die Kaapse Vlakte. Twee van hulle Mitchells Plain en Atlantis, was ver van die middestad geleë. Kleurlinggesinne oor die hele Kaapprovinsie is uit die onderdorpe verskuif na dorpies wat soms net buite die hoofdorp, maar soms ook 'n myl of twee weg, uitgelê is.

Die NP het afsonderlike woonbuurte probeer regverdig deur te sê dat bruin en swart mense bloot as "aanhangsels" in gemengde buurte woon en gevolglik 'n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel. In die nuwe buurte van apartheid k on hulle hul eie sake-ondernemings begin en aan die plaaslike bestuur deelneem. So kon hulle 'n ware gemeenskap word, aldus die NP-propaganda. Wat uit die oog verloor is, is dat die buurte slaapdorpe was en nie in staat om finansieel selfstandig te word nie.

Diegene op wie die beleid toegepas is, het dit heeltemal anders as die regering gesien. In die laat 1980's het Allan Hendrickse, leier van die Arbeidersparty, pres. P.W. Botha gevra om Distrik Ses aan die kleurlinge terug te gee. Botha, wat in 1966 die verantwoordelike

Bl. 454

minister was toe bruin mense uit Distrik Ses geskuif is, het geantwoord: "Jy moet my bedank vir wat ek gedoen het, omdat julle nou met waardigheid leef." Hy het verwys na die feit dat ongeveer die helfte van die mense in Distrik Ses huise gehuur het en dat baie van hulle deur gewetenlose "slum lords" uitgebuit is. In sommige gevalle was die huise wat die staat verskaf het, beter as dié wat voor apartheid bestaan het.

Botha se perspektief kyk die magtelose vernedering heeltemal mis van mense wat uit hul huise en buurte verskuif is en die tekortkomings van die plekke waarheen hulle verskuif is. Dit het lank geduur voordat enige gemeenskapsgees in die nuwe woonbuurte ontwikkel het. Baie gemeenskappe en selfs families het in die verskuiwing verbrokkel. Die mense is dikwels hervestig in buurte sonder 'n behoorlike infrastruktuur. Talle huiseienaars het finansieel groot verliese met hul verskuiwing gely, terwyl wit spekulante soms groot winste gemaak het deur eiendomme aan te koop wat mense moes ontruim. Die verskuiwings het die armes benadeel, want hulle was nou ver van die werk, dikwels sonder behoorlike vervoer. Die afwesigheid van aanvaarde sosiale norme in die nuwe buurte het tot 'n hoë misdaadsyfer aanleiding gegee.

In die swart woonbuurte was sekuriteit vir die regering 'n deurslaggewende oorweging. Net ná die verkiesing van 1948 het Eben Dönges aan 'n Britse joernalis gesê dat die mynkampongs die nuwe regering se model is om beheer oor verstedelikte swart mense uit te oefen. Die joernalis het geskryf: "He believed that it was only by this method that Non-Europeans could be completely separte and under control of Europeans." Hendrik Verwoerd was ook ingestel op stedelike sekuriteit. As minister van naturellesake het hy beveel dat elke swart woonbuurt duidelik afgebaken moet wees met 'n kordon tussen die buurt en die wit voorstede en tussen die swart woonbuurte en die groepsgebiede van kleurlinge en Indiërs. Die ingange per pad is tot twee of drie beperk en die strate was breed sodat die polisie doeltreffend beheer kom uitoefen.

'n Patroon van woonbuurtskeiding vir swart mense het al lank voor 1948 ontwikkel, maar baie swart mense het in gemengde buurte gewoon, soos Sophiatown in Johannesburg, waar talle huiseienaars was. In 1954 het die regering die mense hiervandaan verskuif na die enorme swart buurt suidwes van Johannesburg genaamd Soweto. Sophiatown is blank verklaar en tot Triomf hernoem.

Verwoerd het geglo dat die stadswartes se ontevredenheid besweer kon word deur hulle in buurte te vestig waar orde en 'n gevestigde patroon bestaan. In die eerste vyftien jaar van apartheid is feitlik al die krotbuurte in en om die vernaamste sede opgeruim en is meer as 100 000 huise vir swart mense gebou. Die huise was klein en die argitektuur van die buurt eentonig. Daar was baie min openbare geriewe.

Apartheid-onderwys

Teen 1948 was meer as 90% van die swart skoononderwys in die hande van kerke en sendinggenootskappe. Ongeletterdheid was wydverspreid. Hoewel sommige sendingskole goeie onderwys verskaf het, was die algemene toestand van swart onderwys baie swak. Slegs 3% van die swart kinders het in 1952 verder as die laerskool gevorder. Net 8 488 swartes het 'n matrieksertifikaat gehad. In 1937 was daar slegs vier hoërskole vir kleurlinge en net 182 kandidate het vir die matriekeksamen gekwalifiseer.

Bl. 455

Kon onderwys vir die swart en bruin mense uitgebrei word sonder dat dit die fondament van wit beheer ondermyn? Dit was 'n vraag waarmee die Nasionaliste lank geworstel het en waarop hulle nooit werklik 'n antwoord gekry het nie. In 1946 het J.G. Strijdom, die Transvaalse NP-leier, D.F. Malan gewaarsku dat dit onmoontlik sou wees om blanke beheer te handhaaf indien die onderhoriges se onderwyspeil steeds verbeter. Hy was van mening dat goed opgevoede swart mense die handhawing van die kleurskeidslyn onmoontlik sou maak en dat dit "noodwendig op bloedige botsings en revolusies" moet uitloop. "Ek is bevrees dat baie van ons predikante, hoewel hulle teoreties vir die handhawing van die kleurskeidslyn is, hulle veral wat betref die onderwys ens. van die naturel heeltemal op 'n verkeerde pad is deurdat hulle met ander kerkgenootskappe wil wedywer wie nou eintlik jaarliks die meeste klein kaffertjies skoolopleiding kan laat geniet."

Om Strijdom se mening in nie-rassistiese terme uit te druk: 'n onderdrukkende stelsel soos apartheid saai die saad van sy eie vernietiging deur 'n moderne vorm van onderwys op groot skaal aan die onderhoriges verskaf. Dit was egter ook nie vir die Nasionlaiste moontlik om die onderhoriges 'n behoorlike onderwys te ontsê nie, want die vernaamste regverdiging van apartheid was die opheffing vand ie bruin en swart mense deur middel van onderwys en ander middele.

Daar was goeie ekonomiese redes om die ou stelsel van onderwys weg te doen. Weens 'n gebrek aan fondse het die onderwysstelsel van kerke en sendinggenootskappe op die punt gestaan om in duie te stort. Die swart arbeidsmag in die stede was onstabiel, met 'n tekort aan huisvesting en vervoer en baie lae lone. Waarnemers het gemeen dat die swart jeug besig is om onbeheerbaar te raak en dat dit nodig is om hulle by 'n stelsel van massa-onderwys te betrek. Die ekonomie het 'n arbeidsmag nodig gehad wat ten minste geletterd was.

In 1949 het die NP-regering 'n kommissie van ondersoek na swart onderwys onder voorsitterskap van Werner Eiselen aangestel. Hy het 'n nuwe staatsbeheerde onderwysstelsel voorgestel. In sy verslag is daar geen verwysing na teorieë van rasseminderwaardigheid nie. Die verslag het gelui dat die swart kulture dinamies is en die grondslag kan verskaf vir die modernisering van die swart gemeenskap. In plaas daarvan om die Engelse kultuur na te boots, moet die nuwe stelsel trots op die volkseie kweek - op die geskiedenis, gebruike, gewoontes, karakter en mentaliteit van die volksgroep. Die verslag het ook geargumenteer dat moedertaalonderwys 'n meerderwaardige vorm van die onderwys is. Na aanleiding van die verslag is die moedertaal verpligtend gemaak as voertaal dwarsdeur die laerskool. Die regereing het dit later na die sekondêre skool uitgebrei.

Toe Verwoerd in 1954 aankondig dat die staat die beheer oor swart onderwys oorneem, het hy woorde gebruik wat in latere dekades die beleid in die oë van baie swart mense sou brandmerk: "Dit is my departement se beleid dat onderwys met altwee sy voete in die naturellegebiede en in die naturellegees en -gemeenskap moet wortel. Daar moet Bantoe-onderys hom ten volle kan uitleef en sy werklike diens sal hy hier moet verrig. Die Bantoe moet gelei word om sy eie gemeenskap in alle opsigte te bedien. Daar is vir hom bokant die peil van sekere vorms van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie. Binne sy eie gemeenskap egter staan alle deure oop. Daarom baat dit hom niks om 'n opleiding te ontvang wat die opname in die blanke gemeenskap ten doel het terwyl

Bl. 456

hy daar nie opgeneem sal en kan word nie. Tot nog toe is hy aan 'n skoolstelsel onderwerp wat hom juis weglok van sy eie gemeenskap en hom veitlik mislei deur hom die groen weivelde van die blanke te toon, maar hom tog nie toelaat om daarin te wei nie."

Hiermee het Verwoerd bedoel dat swart kinders hulle moet voorberei om hul eie gemeenskap te dien, vir eers in die swart "state" wat in die vooruitsig gestel is, en ten tweede in die "wit" gebied waar hulle as onderwysers, verpleegsters en polisiemanne binne swart gemeenskappe kon werk

Die formulering van Verwoerd het in werklikheid net bevestig wat die situasie in die gemeenskaplike gebied was. Kragtens die beleid van beskaafde arbeid wat swart mense altyd uitgesluit van geskoolde of ander gevorderde werksgeleenthede in die private sektor en van klerklike werk in die sentrale staatsdiens. Die nuwigheid was dat nuwe strukture in die reservate geskep sou word. Soos by feitlik alle politici was Verwoerd se eerste bekommernis sy eie steungroep wat - soos Strijdom - sy grootste bondgenoot, bekommerd was oor die politieke gevolge van 'n dramatiese uitbreiding van swart onderwys.

Verwoerd het ook swart teenstand aangewakker deur te sê dat dit geen nut sou hê om aan 'n swart kind wiskunde te leer as hy of sy dit nie kon gebruik nie. In werklikheid het baie skole voortgegaan met wiskunde. Kenners meen die leerplanne van die swart skole was grotendeels dieselfde as dié van die wit skole - en sekerlik 'n verbetering teenoor dié wat voorheen in swart skole gebruik is.

Die onderrigtaal het ook 'n omstrede kwessie geword. Die departement het 'n beleid van moedertaalonderwys van die eerste tot die agste skooljaar ingevoer. Dit het beteken dat die massiewe taak aangepak moes word om leerstof in die verskillende swart tale op te stel. Om vas te stel watter voertaal as medium in die sekondêre klasse gebruik moes word, het die regering die mening van beheerrade deur die hele land ingewin. Twee derdes het Afrikaans en Engels verkies, een derde engels alleen en slegs 1% wou die moedertaal hê. Die departement het albei landstale gebruik, maar was pragmaties genoeg om nie op Afrikaans aan te dring in die Transkei en Natal en dele van die Witwatersrand nie, waar baie onderwysers nie in Afrikaans vaardig was nie.

Die grootste tekortkoming van "Bantoe-onderwys", soos dit later genoem is, was die onvoldoende finansiering. Byna twee dekades lank het die regering sy eie besteding van swart onderwys op dieselfde deel van die begroting gehou. Hoewel die geldelike uitgawe gestyg het, het die skerp toename van die aantal kinders op skool daartoe gelei dat die besteding per kind in die eerste twee dekades met 'n derde gedaal het.

Daar was wesenlike tekortkominge in die nuwe stelsel. Daar is veel minder bestee aan die swart, bruin en Asiërkinders as aan wit kinders. Die staat het in 1962 sewe keer meer aan wit onderwys as aan swart onderwys bestee, in 1972 ses keer meer en eers in 1987 is daar meer aan swart as aan wit onderwys bestee. In 1972 is vyftien keer meer aan elke wit leerling as aan 'n swart leerling bestee; in 1983 was dit sewe keer en in 1994 vier keer. Swart klasse het in 1984 gemiddeld 41 leerlinge gehad vergeleke met 21 vir wittes. Swart onderwysers was baie swakker opgelei.

Tog het die nuwe stelsel 'n belangrike utibreiding van primêre onderwys vir swart mense beteken. Die aantal swart kinders in die primêre onderwys het in die eerste vyf jaar verdubbel, soos uit die volgende tabel blyk.

Bl. 457

                     DIE GROEI VAN SWART ONDERWYS

Jaar                 Leerlinge                        Uitgawe

1950                  746  324                   R 10 144 088

1955               1 013  358                   R 15 769 550

1961               1 608 668                    R 20 077 245

Die stelsel het tot vroeg in die 1970's min aandag aan die behoefte aan sekondêre onderwys geskenk. Die aantal swart mense wat matriek met 'n skoolverlatingsertifikaat geslaag het, het tussen die finale jare van die ou stelsel en 1961 stagnant gebly (279 in 1954 en 338 in 1961). Die regering het ook struikelblokke in die weg van stadskinders gelê deur die meeste van die swart hoërskole in die reservate te plaas. Tot in 1966 nog was daar slegs 1 615 swart kinders in matriek en 14 183 in standerd 8.

In die hele apartheidstydperk het swart onderwys sterk gegroei. In 1948 was slegs 24% van die swart kinders van skoolgaande ouderdom in skole ingeskryf; en teen 1994 het dit tot 84% gestyg. Swart leerlinge het teen gemiddeld 5,8% per jaar toegeneem. Van die middel-1960's het al hoe meer swart kinders tot die sekkondêre klasse gevorder. J.L. Sadie het bereken dat in 1963-1964 van 1 000 swart kinders in sub A (vandag se graad een) slegs 10 kon verwag om matriek (die finale skoolstanderd) te bereik. Teen 1993-1994 was die syfer 489. Vir kleurlinge was die syfer in dieselfde jare 34 en 326 en vir Asiërs 99 en 616. Hierteenoor was die wit syfers 373 en 853.

Swart politieke leiers in die stede het na die stelsel verwys as "gutter education", daarop gemik om swart kinders vir 'n ondergeskikte plek in die lewe voor te berei. Hierdie elilte wou onderwys in die Engelse taal hê, omdat hulle geweet het dat dit veral aan die Witwatersrand en in Durban 'n beter kans op 'n werk gebied het. Swart leiers het daarop aangedring dat swart mense moes kon werk kry in die gemeenskaplike ekonomie en nie beperk word tot werk waarin hulle die swart gemeenskap bedien nie. Verder het hulle die klem op verskillende swart kulture beskou as 'n poging van die regering "om te verdeel en te heers", eerder as wat dit 'n werklike waardering vir hierdie kulture behels het. Maar eers in die 1970's het hul veldtog sukses begin behaal. Die ouers het byna twee dekades lank nie die leiers se oproepe tot skoolboikotte gehoorsaam nie.

Die regering het nie bruin en Indiër-onderwys so dramaties herstruktureer nie, maar in bruin skole was daar 'n skerp koersverandering in die beleid ten opsigte van voertaal. In 1936 het ongeveer 42 000 bruin kinders in Afrikaans onderrig ontvang, 16 500 in Engels en 20 000 in albei tale. Teen die sewentigerjare is omtrent almal deur medium van Afrikaans alleen onderrig.

Die besteding van die staat aan bruin onderwys het van 1930 af bestendig gegroei namate die regering al hoe groter verantwoordelikheid daarvoor aanvaar het. Teen 1948 was die nominale bedrag wat bestee is, amper tien keer hoër as in 1936. Tussen 1946 en 1953 het die aantal bruin hoërskole van vier tot agtiern gestyg. Die aantal bruin kinders op skool het met amper 'n kwart toegeneem en die onderwysers met amper die helfte. Die bruin leerlinge wat vir die matriek-eksamen gekwalifiseer het, het gestyg van 182 in 1947 tot 387 in 1953. Dieselfde tendense was ook in die onderwys vir Asiërkinders te bespeur.

Bl. 458

In 1959 het die regering wetgewing ingedien om die universiteite te segregeer. "Wit" universiteite kon nie meer bruin of swart studente toelaat vir enige kursus wat deur enige van die bruin of swart universiteite aangebied is nie. Een van die vernaamste doelstellings van die nuwe beleid was om die swart studente weg te neem van die invloed van liberale akademici en die stadsomgewing. Studente in hierdie bruin en swart "boskolleges" het nie leiers van hul onderskeie groepe geword nie, soos die apartheidstelsel verlang het, maar die mees vervreemde elemente in die onderhorige bevolking. Die stelsel het nie daarin geslaag om apartheidsleiers vir die onderhoriges op te lewer nie. Daarsonder kon dit nie oorleef nie.

Die regulering van die arbeidsmark

Die apartheidstelsel het die mag van swart arbeid so gereguleer en ingeperk dat dit geen uitdaging teen wit beheer kon bied nie. In 1953 is die swartes belet om by geregistreerde vakbonde aan te sluit en verteenwoordigers van swart werkers is verbied om aan kollektiewe bedinging in die nywerheidsrade deel te neem. Die regering het druk op werkgewers uitgeoefen om swart vakbonde te ignoreer. Aktiviste wat probeer het om swart werkers te organiseer, is as Kommuniste gelys, verban of aangehou. Teen 1960 was die meeste swart vakbonde nie meer doeltreffend nie. Kleurlinge en Asiërs kon lid van geregistreerde vakbonde bly, maar die regering het vakbonde probeer verplig om hul takke te segregeer/

In 1956 het die regering wetgewing aangeneem wat sekere soorte werk vir lede van die onderskeie gemeenskappe gereserveer het. 'n Tyd lank kon slegs wittes as hysbakoperateurs, ambulansmanne en verkeerspolisie werk. Simbolies was hierdie werkreservering belangrik, maar dit het nie meer as 2% van die werksgeleenthede geraak nie. Die informele kleurslagboom was veel belangriker. Dit het beteken dat werkgewers weens druk deur die regering nie wit werkers deur swart werkers vervang het nie, nie swartes in 'n gesagsposisie oor wit werkers geplaas het nie en nie te veel op swart arbeid staatgemaak het nie.

Die regering wou die aantal swart mense wat permanent in die gemeenskaplike gebied woon, verminder. Dit het druk op die vervaardigingsektor geplaas om van trekarbeid gebruik te maak en het ook grensnywerhede gevestig. Verwoerd het grensnywerhede as 'n belangrike deel van die oplossing beskou. Hy het die lof van 'n stelsel besing waarin werkers elke aand na hul huise in die tuisland kon terugkeer, al het dit beteken dat hulle groot afstande moes aflê. Verwoerd het ook daarop aangedring dat nuwe infrastruktuur soos hospitale, skole en huisvesting toenemend in die resevate verskaf word.

Hierdie maatreëls het  produktiwiteit en die verwerwing van vaardighede gestrem. Daar moet egter in gedagte gehou word dat apartheid ingestel is toe die vervaardigingsektor nog klein en ongesofistikeerd was en slegs 17% tot die nasionale ekonomie bygedra het, vergeleke met 'n gesamentlike bydrae van 30% deur landbou en mynbou. Tot die vroeë 1970's kon werkgewers aanpas by die beperkinge van apartheid en nog steeds baie winsgewend wees.

Die ingrypendste beperking op swart arbeid was instromingsbeheer, waarop die trekarbeidstelsel berus het. Wette wat reeds voor 1948 aangeneem is, het swart mense verplig

Bl. 459

om passe te dra, maar vroue, predikante en onderwysers is vrygestel. Verwoerd wou die aantal permanent verstedelikte swart mense tot die minimum beperk. In 1952 is dus baie strenger instromingsbeheer ingestel en die kwytskelding van swart professionele mense opgehef. Swartes wat nie die reg verwerf het om in die stadsgebied te woon het, is slegs 72 uur in die dorpe en stede gegun om werk te vind en hulle was ook verplig om hulle by 'n arbeidsburo van die regering te registreer. Van 1957 af moes vroue ook passe dra. Die vervolgings weens pasoortredings het gestyg van gemiddeld 318 700 per jaar in die 1950's tot 541 500 per jaar in die vroeë 1970's.

Die verstedelikte swartes het hulle beskou as 'n soort elite in die swart bevolking. Hulle moes ook passe dra, maar dit was nie vir hulle nodig om by 'n arbeidsburo te registreer nie. Hulle het eerste aanspraak gehad op die huise wat deur die regering beskikbaar gestel is. Heel onder op die leer was die swart trekarbeiders en plaaswerkers met uiters beperkte kanse. Swart plaaswerkers kon hul werk opgee en stad toe trek slegs indien die distrik se arbeidsburo gesertifiseer het dat die arbeidsaanbod op plase voldoende is. Trekarbeiders moes enige kontrak aanvaar wat 'n arbeidsburo hulle aanbied. Hulle was vir die grootste deel van die jaar van hul gesinne geskei en het in swak omstandighede in manshostelle gewoon.

Trekarbeid het ook die reservate nadelig geraak. Daar was 'n bose kringloop: in die afwesigheid van volwasse mans is die grond nie behoorlik bewerk nie en die gebrekkige landbouproduksie het al hoe meer mans verplig om trekarbeiders te word. In 1960 was ongeveer twee uit vyf swart werkers wat wettig in diens was, trekarbeiders. Die sekondêre nywerhede het goedkoop trekarbeiders bo die stadswartes verkies. Laasgenoemde is as te kieskeurig, swak gedissiplineerd en duur beskou. Op sensusdag in 1960 was daar 65% minder trekarbeiders in die reservate teenwoordig as op die dag toe die 1946-sensus opgeneem is. In geen ander land was trekarbeid so lank en op so 'n uitgebreide skaal in swang nie.

Die regering se strawwe instromingsbeheer kon die golf van swart verstedeliking op die lang duur nie keer nie. Die verstedelikte swart bevolking het gegroei van 2,4 miljoen in 1951 tot 3,5 miljoen in 1960 - 'n toename van feitlik 45%. Die aantal swart werkers in die kommersiële en die vervaardigingsektor het in dieselfde typerk met ongeveer die helfte toegeneem. Die aantal trekarbeiders het ook skerp gestyg.

Apartheid was een van die mees ingrypende stelsels van staatsinmenging waaraan 'n onderhorige bevolking nog onderwerp is. Dit het van swart mense vreemdelinge in hul eie land gemaak, waar hulle nie kon grond besit behalwe in die 13% wat vir hulle toegewys is nie, nie kon beweeg sonder passe nie, hulle nie in 'n ander distrik kon vestig sonder 'n permit nie en nie geskoolde werk kon doen nie. Hulle kon enige oomblik in hegtenis geneem word en daar was altyd een of ander wet warvolgens hulle aangekla en skuldig bevind kon word. Die swart tronkbevolking in verhouding tot die totale swart bevolking was onder die hoogstes ter wêreld.

Apartheid was net effens minder onderdrukkend wat die kleurlinge en Asiërs betref. Hulle het nie passe gedra nie en was meer mobiel as arbeiders. Hulle is egter ook verplig om in hul groepsgebiede te woon en kon geen wit skole bywoon nie. Tot die 1970's kon hulle nie van die meeste openbare geriewe gebruik maak nie. Hulle kon ook nie by die verdedigingsmag aansluit nie en is van wit mededinge sport uitgesluit, ook op

Bl. 460

internasionale vlak. Tot die middel van die 1980's was hulle onderworpe aan die wette wat seksuele verkeer oor die kleurlyn verbied het en as hulle gevang is, is hulle net so swaar en soms swaarder as hul wit maats gestraf. Toe 'n referendem oor 'n republiek gehou is, kon hulle nie stem nie. Hendrik Verwoerd, die eerste minister, het verklaar: "Wanneer ek praat van die nasie, dan praat ek van die wit mense van Suid-Afrika." Die bruin geleerde dr. Richard van der Ross het geskryf dat dié u itspraak beteken dat geen swart of bruin Suid-Afrikaner Die Stem as sy volksliled of die nasionale vlag as sy vlag kan beskou nie.

'n Radikale buiteparlementêre opposisie

Veral die klein stedelike swart middestand het die koms van apartheid in 1948 beskou as die aanbreek van 'n veel strawwer vorm van wit oorheersing. In 1987 het Olilvier Tambo, leier van die ANC, aan 'n afvaardiging van sakeleiers gesê dat hy nog steeds die sakdoek besit waarmee hy sy gesig afgevee het nadat 'n wit man op straat op hom gespoeg het. Dit was net ná die verkiesing van 1953, waarin die NP met 'n vergrote meerderheid verkies is. Koerantberigte en hofsake wek die indruk dat swart mense in die eerste tien jaar van die NP-bewind dikwels deur polisiemanne, bewaarders en boere aangerand is. Op dorpe is swartes soms skielik op 'n vragmotor gelaai en na die plase gebring, waar hulle verplig is om te werk. Soms het staatsamptenare hierdie soort optrede gekondoneer.

Die ANC het 'n inspuiting gekry deur die stigting in 1949 van 'n Youth League, waarin Nelson Mandela, Olivier Tambo en Walter Sisulu leiersrolle gespeel het. In 1952 het die ANC-leiers aan die Malan-regering geskryf dat apartheid minder met die handhawing van wit identiteit te make het as met die stelselmatige uitbuiting van die swart mense. Dit het die apartheidwette as 'n belediging vir swart mense bestempel en regstreekse verteenwoordiging vir alle swart mense in die Parlement en ander wetgewende liggame geëis. Malan het geantwoord dat sy regering weier om swart mense of enige ander nie-blanke groepe die reg gee om enige administratiewe, uitvoerende of wetgewende gesag oor blankes uit te oefen. In 'n brief aan 'n Amerikaanse geestelike het Mlan geskryf: "(There are) two irreconcilable ways of life between barbarism and civilization, between overwhelming numerical odds on the one hand and insignificant numbers on the other."

In hierdie antwoord is daar twee heeltemal uiteenlopende oorwegings. Enersyds is daar die aandrang op blanke baasskap en andersyds die erkenning van die blankes se kwesbare getalle. Die aandrang op blanke baasskap en die meerderwaardigheid van die blanke beskawing het enige toekomstige skikking met swart leiers uitgeskakel. Maar die verwysing na "insignificant numbers" onderstreep 'n wit kwesbaarheid wat die moontlikheid van 'n toekomstige kompromis geskep het.

Die NP-regering was van die begin af bereid om enige radikale verset te onderdruk. Die hoofteiken wat die Kommuniste, wit en swart. Die Nasionaliste het dikwels 'n "rooi gevaar" (die kommunistiese bedreiging) en 'n "swart gevaar" (die moontlikheid van 'n swart opstand) in een asem genoem. Gedurende die oorlog en die jare daarna het kommunistiese vakbondleiers al hoe meer swart werkers georganiseer.

In 1950 het die Parlement 'n wet aangeneem wat die Kommunistiese Party van Suid-Afrika verbied en aan die regering die mag gee om publikasies te verbied wat die doelstellings van die kommunisme bevorder. Die regering het ook die mag gekry om mense te

Bl. 461

"noem", wat beteken het dat hulle verbied word om tot 'n amp verkies te word of om sekere beroepe te beoefen of selfs om openbare vergaderings by te woon. Hierdie wet, wat in 1967 uitgebrei is, het kommunisme gedefinieer as enige leerstelling wat daarop gespits is om enige poliltieke, ekonomiese of sosiale verandering teweeg te bring deur die aanhitsing van onluste of wanorde. Hierdie definisie van kommunisme was so breed en kru dat liberale opponente vermoed het dat die doelwit was om hulle ook in die net te vang.

Van die begin af het die ANC aan die spits van massaverset teen die stelsel gestaan. In die eerste helfte van die 1950's het dit 'n veldtog van burgerlike ongehoorsaam ten opsigte van die apartheidswette georganiseer. Dit het die volgende wette uitgesonder: die wet wat mense ingeperk het omdat hulle as Kommuniste beskou is, die instel van Bantoe-owerhede in die reservate, die verwydering van kleurlingkiesers van die kieserslys, groepsgebiede, die segregasie van openbare geriewe en die paswette. Vrywilligers het die polisie uitgenooi om hulle in hegtenis te n eem deur hierdie wette openlik te ignoreer. 'n Tyd lank het die ANC se ledetal sterk gegroei, van 10 000 tot 100 000.

Die staat het oortreders swaar gestraf. Baie min wittes het die veldtog ondersteun. Nadat die regering die leiers beperk het, het die fondse en die vrywillilgers skerp gedaal. In 1956 het die polisie 156 mense in hegtenis geneem, onder andere van die voorste ANC-aktiviste, en hulle van hoogverraad aangekla. Aan alml is borgtog toegestaan en die aanklagte teen die meeste is later teruggetrek. Die staat se vernaamste doel was om agitasie te onderdruk en leiers te intimideer.

Weens die staat se optrede het die ANC se verset gedisintegreer. Die regering se genadelose onderdrukking het daartoe gelei dat die ANC-ledetal skerp gedaal het. As gevolg hiervan het die ANC-leiers besluit om meer "realisties" te word. Hulle het alliansies tussen die rasse en onderhandelings oor 'n demokrasie bepleit. 'n Nuwe organisasie, die Pan-Africanist Congress, is in 1959 as 'n radikale alternatief vir die ANC gestig. Dit het die waarde beklemtoon van swart mense wat op hul eie organiseer sonder die hulp van wit mense of Asiërs. Volgens die leiers kon apartheid net uitgedaag word deur spontane massa-aksie wat "ontplof".

Tydens die apartheidsbestel het feitlik alle klasse wittes in die eerste 25 jaar goed gevaar. In die eerste tien jaar het die reële wit lone in die vervaardigings- en konstruksiebedryf bestendig gegroei. Die boere se markte het ná die begin van die Tweede Wêreldoorlog baie verbeter. Die oorlog in Korea in die vroeë vyftigerjare het 'n bloeitydperk vir die wolboere ingelui. Tussen 1939 en 1955 het die prysindeks van landbouprodukte viervoudig toegeneem, terwyl die verbruikerspryse net verdubbel het. Terselfdertyd het die reële lone van plaaswerkers en swart mynwerkers tot die vroeë 1970's stagnant gebly. Die feit dat die stelsel dit vir 'n plaaswerker amper onmoontlik gemaak het om direk van 'n plaas na 'n dorp te trek, het die belange van die wit boere gedien, want hulle het 'n stabiele arbeidsmag nodig gehad. Boere het een van die sterkste steunbasisse van die NP-regering geword.

Afrikaners het gedurende die 1950's vinniger as ander groepe vooruitgegaan. Tussen 1946 en 1960 het die inkomste per kop in nominale terme van die Engelssprekende wittes, swartes, bruin mense en Asiërs volgens 'n berekening van S.J. Terreblanche verdubbel (van 'n baie lae basis in laasgenoemde drie gevalle), terwyl die inkomste van die Afrikaners - volgens J.L. Sadie, met 2,5 keer toegeneem het.

Bl. 462

Min wit mense was bewus van die armoede en ontbering van swart en bruin mense. Volgens 'n skatting wat in die vroeë 1950's gemaak is, het nie eens die helfte van die bruin mense in Kaapstad bo die armoedsgrens geleef nie, terwyl in die landelike gebiede groot armoede geheers het. Die posisie van swart mense was selfs nog swakker.

Afrikaners in die Nasionale beweging is deur die Afrikaner-nasionalisme aangelok omdat kwessies soos nasionale simbole, 'n republiek en die taalstryd sentraal gestel is. Hierdie nasionalisme het die Afrikaners em die NP verenig, nie apartheid nie, wat 'n "bedryfsplan" was om wit beheer te verskans en pollitieke oorlewing te verseker. Daar was skerp verskille onder die Afrikanernasionaliste oor die doel en wese van apartheid. Een groep, die "apartheid-rassiste", het die beleid beskou as die ideale middel om swart en bruin mense onderdanig te hou. Die ander groep, die sogenaamde "apartheid-teoretici" of "idealiste", het geglo dat die beleid veel meer geleenthede vir die bruin en swart mense moet skep, as wat hulle met 'n stelsel van integrasie sou kry.

Apartheid het 'n eie momentum gekry. Blankes het daarop aangedring dat hulle die beste werksgeleenthede kry en dat allerlei geriewe en dienste gesegregeer word soos: bloedoortappings, begraafplase, openbare toilette, parke, banke en die beste strande. Werkgewers wou goedkoop en gedweë swart arbeid hê. 'n Sabra-pamflet het verklaar dat baie wit mense net die arbeid van swartes wil hê sonder om aan hul welsyn te moet dink.

Tot 1960 was Sabra die vernaamste organisasie van die apartheid-idealiste. Dit het apartheid beskou as 'n beleid wat op blankes die verpligting lê om swart en bruin mense op te hef en die reservate so omvattend te ontwikkel, dat daar 'n groot toename van geleenthede sal wees. Die Sabra-leiers was versigtig en het die regering nie gekritiseer nie, veral omdat die stryd tussen die twee wit gemeenskappe nog gewoed het. Kritiek op apartheid of die regering kon maklik afgemaak word as 'n poging om "die Engelse" se guns te soek.

Nietemin was daar vooraanstaande joernaliste wat gewaarsku het teen die illusie dat apartheid al die probleme opgelos het. In die Suide het Phil Weber, Piet Cillié en Schalk Pienaar teen ongerustheid gewaarsku en in die Noorde het Willem van Heerden, redakteur van Dagbreek, geskryf dat nóg die NP nóg die VP die boodskap duidelik laat hoor dat die rassevraagstuk opgelos kan word slegs as die blankes bereid is om groot opofferings te doen.

In die eerste dekade van die NP-bewind was dit nog glad nie duidelik dat die sogenaamde swart tuislande die hoeksteen sou word van die poging om apartheid te regverdig nie. Die Broederbond het in die tien jaar ná die verkiesing van 1948 in sy omsendskrywes min melding van die reservate gemaak en in 1954 noem dit die reservate net saam met vyf ander beleidsdoelstellings. D.F. Maslan self het nie baie daarin belang gestel nie. Sy seun skryf in sy herinneringe dat sy pa privaat Sabra se visie van selfregerende tuislande verwerp het. Hy was heeltemal tevrede om by "groepsgebiede-apartheid" te bly.

In die kabinet was daar ernstige beleidsverskille. Daar was enersyds die pragmatiste, met Ben Schoeman, minister van vervoer, aan die spits, wat druk uitgeoefen het ten gunste van 'n beleid van optimale ekonomiese groei, selfs al lei dit tot die toename van swart mense in die stede. Aan die ander kant het Hendrik Verwoerd, minister van naturellesake, die gedagte verwerp dat groei van oorheersende belang is. Hy wou alle nuwe swart werksoekers met wette verbied om die Witwatersrand binne te kom. Schoeman het daarop

Bl. 463

gewys dat die ekonomiese gevolge rampspoedig sou wees. Toe Verwoerd later swart werksoekers wou verbied om die Wes-Kaap binne te kom, het Schoeman dit as 'n dom beleid bestempel en verklaar dat hy sal voortgaan om swart arbeid by die spoorweë te gebruik. Hy het Verwoerd se planne vir grensnywerhede as 'n lugspieëling beskou.

In die kringe van Die Burger was daar toenemende kommer oor die rondvallery oor beleid. Dit is veral duidelik uit die briefwisseling tussen die redakteur, Phil Weber, wat ex officio die NP se parlementêre koukus bygewoon het, en die oudredakteur Albertus Geyer, nou hoë kommissaris in Londen. In Januarie 1953 het Geyer moedeloos gevra wat nou werklik "die ou doktor" (D.F. Malan) se denkbeeld van apartheid is. Dit lyk vir hom of dit net 'n opeenstapeling van wette van 'n negatiewe aard is, wat die bestaande blanke posisie net tydelik effens veiliger maak. Weber het gemeen dit is noodsaaklik dat die positiewe aspekte van apartheid dringend in werking gestel word sodat swart konserwatiewes se steun gewen kan word. Op die l ang duur kan blankes nie oor 'n swart massa regeer wat die wit mense vyandiggesind is nie.

Weber en Geyer was nie net oor die klem op "negatiewe apartheid" ontevrede nie, maar ook oor die stygende aantal verstedelikte swart mense ten spyte van die strenger instromingsbeheer. Weber het gewys op die paradoks dat die regering enersyds beklemtoon dat ekonomiese integrasie tot wit ondergang lei, maar andersyds toelaat dat die land vinniger as ooit integreer. Hy en Geyer het telkens beklemtoon dat apartheid meer is as aparte ingange en toonbanke en dat Die Burger en die akademici die mense polities moet opvoed. Effens wanhopig het Weber geskryf dat daar miskien eendag apartheid sal kom, maar eers ná groot ontwrigting en bloedvergieting soos in Indië, waar dit tot die stigting van Pakistan gelei het.

Die verwerping van die Tomlinson-visie

Vir die mense wat met idealisme na aprtheid gekyk het, het die oomblik van waarheid aangebreek toe die verslag van die Tomlinson-kommissie ter tafel gelê word. Bygestaan deur verskeie Sabra-lede wat óf kommissielede óf navorsers was, het Tomlinson die potensiaal van die reservate ondersoek. Sabra-lede Jan Sadie en Nic Olivier het die belangrikste bydraes gelewer. Sadie se demografiese projeksies het een van die uitgangspunte van die kommissie gevorm. Hulle het ook 'n groot invloed gehad op die werk van Hendrik Verwoerd en sy amptenare, wat besig was om die apartheidsplan in werking te stel.

Sadie se werk is gekortwiek deur die feit dat demografie as dissipline teen die 1950's nog nie gesofistikeerd genoeg was om redelik noukeurige projeksies van die swart bevolking te maak nie. In 1951 het Sadie bereken dat die swart bevolking sou groei van die 7,8 miljoen volgens die 1946-sensus tot 18,9 miljoen in die jaar 2000, terwyl verwag is dat die blankes sou toeneem van 2,3 miljoen tot 5,7 miljoen. In 'n artikel wat hy in 1989 gepubliseer het,  het Sadie 'n terugblik op hierdie projeksies gewerp. Die swart bevolkingsgroei was veel vinniger as wat hy verwag het. In die dekade voor die verkiesing van 1948 was dit 2% per jaar, meer in die 1980's was die groeikoers 50%  hoër, naamlik 'n volle  3%. Sadie het die swart bevolking teen die jaar 2000 nou op 31 000 000 geprojekteer. Daar was dus in 2000 byna 12 miljoen meer swartes as wat die apartheidsbeplanners in die vroeë 1950's verwag het. Dit het verskeie sleutelaannames ongeldig gemaak.

Bl. 464

In sy politieke verslag het Olivier die standpunt van die apartheid-idealiste uiteengesit. Hy was twintig jaar jonger as Verwoerd, maar kon wat sy intellektuele vermoë en die krag van sy persoonlikheid betref, met Verwoerd vergelyk word. Die twee kon uit die staanspoor nie met mekaar klaarkom  nie. Nadat Verwoerd minister geword het, het die Sabra-bestuur hom gaan spreek met 'n memorandum wat deur Olivier opgestel is. Verwoerd het egter die moontlikheid van 'n vrugbare gesprek kortgeknip met die woorde: "Ek het die dokument gelees. Kom laat ek vir u sê wat u vir my wou sê, maar wat u eintlik vir my moes gesê het, en dan sê ek vir u wat die antwoord is." Olivier was billik ontstoke.

Olivier se argument in die Tomlinson-verslag was, soos in sy kommentaar in 1948 op die Fagan-verslag, dat daar geen middeweg is nie. Daar is slegs 'n keuse tussen totale integrasie of 'n weg wat uiteindelik tot totale apartheid lei. Een deel van die argument was 'n politieke prognose. Indien die regering nie drasties ingryp nie, sou die beleid op integrasie en onweerstaanbare swart eise om politieke regte uitloop. Dit sou tot 'n grootskaalse botsing lei, aangesien wit mense nie hul identiteit as nasie of blanke groep sou prysgee nie.

Die ander deel van die argument was 'n morele pleidooi. Indien apartheid as regverdig beskou moet word, sal blankes enorme opofferings moet doen. Hulle sal grondgebied moet prysgee en groot bedrae verskaf om die reservate sosiaal en ekonomies te ontwikkel. Dit sou 'n klub wees om aan swart mense politieke regte in die reservate toe te ken sonder dat hulle 'n groot genoeg grondgebied beslaan en die vermoë het om aan die mense daar 'n behoorlike lewensbestaan te gee. Slegs grootskaalse ontwikkeling van die reservate sou aan die blankes 'n kommervrye vorm van oorlewing bied.

Dit was vir die kommissielede duidelik dat dit 'n reusagtige poging sou verg om die reservate te ontwikkel. Die gebiede het geen myne, nywerhede, kommersiële landbou of 'n dienstesektor gehad nie. Daar was geen dorpe of stede van enige betekenis nie. Die pad- en spoorwegnetwerk het hoofsaaklik óm die reservate geloop. Die bevolking het merendeels uit vroue, kinders en bejaardes bestaan, afhanklik van geld wat famililelede uit die "blanke gebied" teruggestuur het. Slegs 'n tiende van die bevolking was ekonomies selfstandig. Net besteding op groot skaal sou die dravermoë van die gebiede sodanig verbeter dat hulle 'n behoorlike bestaan aan meer as die helfte van die bevolking kon bied. en selfs al sou die voorstelle oor landbou- en nywerheidsontwikkeling uitgevoer word, sou trekarbeid - 'n ernstige ontwrigting van die gesinslewe - nog steeds op groot skaal voortduur.

'n Verslag van 17 dele wat 3 755 bladsye beslaan en 598 tabelle bevat, is ingedien. Dit was in Tomlinson se eie woorde 'n poging om inhoud aan die slagspreuk "apartheid" te gee. Een van die belangrikste voorstelle was dié oor die ontwikkeling van kleinskaalse landbou. Intensiewe bewerking van die grond kon 'n bestaan bied vir ongeveer die helfte van die bevolking. Om aan die res van die bevolking 'n bestaan te bied, sou trekarbeid moes voortduur. Die kommissie het egter ook nywerheidsontwikkeling voorgestel, gegrond op private inisiatief en regeringsprojekte.

Die verslag het aanbeveel dat die regering £104 miljoen (R10 miljard in 1998-waardes) in tien jaar moet bestee om die reservate te ontwikkel. Volgens die verslag sou die uitvoering van die voorstelle daartoe lei dat 50 000 nuwe werksgeleenthede per jaar geskep

Bl. 465

word. Indien hiermee volgehou word, sou die reservate teen 2000 'n swart bevolking van 10 miljoen dra. (Dit het die afhanklikers van trekarbeiders ingesluit.) Indien Sadie se projeksie van 1951 korrek was, sou dit beteken dat daar dan meer wit as swart mense in die sogenaamde "blanke gebied" sou wees. sommige voorstanders van apartheid het gevoel dat dit die beleid aanneemliker sou maak.

Die verslag het die apartheidsbeleid 'n meer wetenskaplike aanskyn probeer gee, maar die historiese argument dat die swart mense geen eerste aanspraak op "blanke Suid-Afrika" het nie, was foutief - gewis wat die oostelike helfte van die land betref. Dit het ook sterker as enige vorige dokument geargumenteer dat die swart mense, of "Bantoes", soos die verslag hulle genoem het, nie 'n enkele nasie of gemeenskap is nie, maar uit verskillende volke bestaan, elkeen met sy eie tuisland en kultuur. Dit het die konsolidasie van die "Bantoegebiede" in sewe kerngebiede aanbeveel.

N.P. van Wyk Kouw, op daardie tydstip professor aan die Gemeentelike Universiteit in Amsterdam, het die verslag in 'n praatjie oor die Nederlandse radio met hierdie woorde verwelkom: Daar is net een "radikale geneeswyse vir ons kwaal: uiteindelike billike gebiedskeiding met volkome vryheid vir almal ... En nou het met die Tomlinson-verslag 'n skrefie lig gekom, wat eties juis is, miskien ... en as die goeie wil daar is ... nie ekonomies onmoontlik nie." In sy lesings het hy gepleit dat sommige van die reservate onafhanklik of 'n deel van 'n nuwe Suid-Afrikaanse federasie word. Dikwels het lede van sy gehoor gevra of die regering so iets sou doen, waarop hy genatwoord het dat hy alleen kan praat oor wat die Afrikaner-intellektuele dink.

Verwoerd was geensins van plan om toe te laat dat Tomlinson, Olivier of Van Wyk Louw die apartheid-agenda bepaal nie. Hy het nooit van die Tomlinson-kommissie gehou nie (dit is aangestel voordat hy minister geword het) en het gedink dat dit op sy departement se terrein oortree. Bowendien was hy onder druk van konserwatiewe ondersteuners wat gedink het die regering doen reeds te veel vir die swart mense.

Die regering was onwillig om enige opofferings te eis ten einde die rassevraagstuk op te los wat hom by die stembus steun sou laat inboet. Dit was so bang om boere te vervreem dat dit teen die middel van die 1950's nog net een tiende van die bykomende grond gekoop het wat volgens die 1936-wetgewing by die reservate gevoeg moes word. Op partykongresse was daar min steun vir die visie van Sabra en Tomlinson. Nie net Verwoerd nie, maar verskeie ander ministers het kwalik hul ongeduld verbloem oor "onrealistiese" planne wat die ronde sou doen.

Verwoerd is al hoe meer genoem as die moontlike opvolger van J.G. Strijdom, die eerste minister, wat feitlik van die begin van sy termyn 'n siek man was. Sy Transvaalse ondersteuners sou hom verlaat as hy die Tomlinson-voorstelle geesdriftig steun en die Kaapse Nasionaliste sou hom teenstaan as hy net 'n ongenaakbare teenstander van enige swart vordering was. Verwoerd het nou 'n merkwaardige politieke maneuver uitgevoer. Hy het die ekonomiese voorstelle van die Tomlinson-verslag verwerp of verwater, maar Sabra se politieke voorstelle, argumente en idealistiese retoriek oorgeneem vir sy beleid, wat veel meer konserwatief was.

In die Parlement het hy Sadie se projeksies gebruik vir die argument dat wit mense in die "blanke Suid-Afrika" oorstroom sou word indien die meeste van die geprojekteerde toename van 11 of 12 miljoen swart mense hulle in die "blanke gebied" vestig.

Bl. 466

Sy oplossing was om verdere swart verstedeliking te staak en die swart bevolkingsaanwas so ver moontlik in die reservate te laat plaasvind.

Dit het beteken dat daar groot genoeg ekonomiese ontwikkeling in die reservate moes plaasvind om hierdie bevolkingsgroei te absorbeer. Die Burger, wat hierdie gedagte entoesiasties gesteun het, het Verwoerd se toespraak in die Volksraad oor die Tomlinson-verslag aangebied as die woorde van 'n leier met die visie en die wil om 'n reuse-taak uit te voer. Op 19 Mei 1956 het "Dawie" oor sy deelname in die debat geskryf: "Ek glo nie daar word besef hoeveel van hom afhang nie. Die volgende vyftien jaar gaan beslissend wees. Dan moet ons al ver wees op die pad van ontwikkeling van die Bantoegebiede sodat hulle die swart aanwas kan dra, en tot groot hoogte gaan dr. Verwoerd se dinamiese dryfkrag die vordering in daardie rigting bepaal. Daar is niemand in die Parlement meer geskik vir die taak nie."

In werklikheid het Verwoerd al die sleutelvoorstelle van Tomlinson verwerp of verwater. Die kommissie het ontwikkelingsfondse ten bedrae van £104 miljoen versprei oor tien jaar aanbeveel, maar Verwoerd het geweier om die regering tot meer as een jaar te verbind en het 'n skrale £3 miljoen vir die eerste jaar begroot. Die kommissie wou dit vir kleinboere moontlik maak om grond te besit en ook om meer grond aan te koop sodat hulle ekonomiese eenhede vir progressiewe boerdery kon bekom. Verwoerd het dit afgekeur. Hy het besluit om voort te gaan met die tradisionele stelsel van kommunale grondbesit en het ook die aanbeveling dat boere toegelaat word om private besit van grond te verkry of meer as een hoewe aan te skaf, verwerp. Vir hom was die prioriteit om soveel as moontlik mense in die reservate te vestig..

Die kommissie het voorgestel dat wit private kapitaal toegelaat word in die wete dat slegs langs dié weg die reservate vinnig genoeg sou ontwikkel om die verwagte groot bevolkingstoename teen die jaar 2000 te absorbeer. Verwoerd wou niks van wit kapitaal weet nie. Na sy mening sou dit niks doen om die reservate werklik "Bantoe"-gebiede te hou nie. Volgens hom was die gewenste patroon van swart entrepreneurs wat klein begin en hul maatskappye geleidelik opbou.

Sonder die betrokkenheid van kapitaalkragtige private maatskappye, was daar geen vooruitsig op enige dinamiese ontwikkeling nie. Die enigste Tomlinson-voorstel waaroor Verwoerd wel geesdriftig was, was die vestiging van grensnywerhede om werk te verskaf aan arbeiders wat in die reservate woon. Ten spyte daarvan dat hy so min gedoen het om ontwikkeling moontlik te maak, het Verwoerd verwag dat die swart stroom na die "blanke" dorpe en stede sou omdraai en na die resevate terugvloei. In 1958 het hy toegegee dat dit eers teen 1978 sou gebeur.

Die swart stedelike elite het Tomlinson se visie uit die staanspoor verwerp. In 1956 het 'n konferensie van swart kerkleiers byeengekom kort nadat 'n Sabra-kongres die verslag se voorstelle geesdriftig verwelkom het. Die kerkleiers het hul ernstige bedenkinge uitgespreek en dr. A.B. Xuma, leier van die ANC, het verklaar: "At the Sabra congress it was said that it was a matter of life and death. That is quite correct: It was a matter of life for the whites and death for the natives." Die konferensie het Tomlinson en Sabra se idee van "national homes for Africans in certain arbitrarily defined areas" kategories verwerp.

Z.K. Matthews het op die konferensie gesê dat die Smuts-regering ook al omvattende

Bl. 467

planne vir die reservate se ontwikkeling aangekondig het. Maar, ht Matthews gesê, die Tomlinson-verslag bring 'n "entirely new factor" by. Die ontwikkeling van die reservate is nou nie meer deel van die algemene ekonomiese ontwikkeling van die land nie. Dit is nou deel van 'n plan "to circumscribe and confine the African people as far as their economic rights and poliltical aspirations are concerned to a small portion of the country". Dit is 'n korrekte ontleding. Daar was by die NP-regering 'n nuwe politieke beleidsdinamiek: hoe meer die reservate se politieke en ekonomiese infrastuktuur ontwikkel word, hoe minder regte sou swart m ense in die "blanke gebied" geniet.

Teen die einde van die vyftigerjare het Sabra afvaardigings na swart leiers in die reservate en die stadsgebiede gestuur om die verslag te bespreek, maar hulle het min steun gekry. Die swart leiers was veral ontsteld oor verskerpte instromingsbeheer, die gebrek aan werk en die regering se versuim om met hulle oorleg te pleeg. Robert Sobukwe, leier van die Pan-Africanist Congress, het gewaarsku dat indien die regering voortgaan met sy beleid, die wit mense die gevaar loop om almal in die see gejaag te word. 'n Warm woordewisseling het ontstaan tussen hom en Olilvier wat gewaarsku het dat die wittes oor die wil en die vermoë beskik om hulle te verdedig.

In die jare wat sou kom, het h ervormingsgesinde Nasionaliste Verwoerd se verwerping van die Tomlinson-voorstelle betreur. Sommige het gemeen dat die politiek 'n heeltemal ander pad kon ingeslaan het. Die kritieke faktor was egter die veel vinniger swart bevolkingsaanwas as wat verwag is en die gevolglike steeds sterker swart stoom na die dorpe en stede. Verwoerd se negatiewe reaksie het sake nie verbeter nie, maar ook Tomlinson het in 'n waan verkeer. Daar was ook min kans dat wit kapitaal op groot skaal aangetrek sou kon word na die reservate, ver van die vernaamste ekonomiese groeipunte. Indien die tomlinson-voorstelle deel was van 'n rassefederasie, gekoppel aan geïntegreerde streekontwikkelingsplanne, sou die moontlikheid nog bestaan het dat swart leiers dit sou steun. Buiten die klein klompie ondersteuners van die Progressiewe Party wat in 1959 gestig is, was daar egter geen steun vir 'n veelrassige federasie nie.

G.B.A. Gerdener, wat uit 'n sendinghoek soveel tot die ideologie van apartheid bygedra het, was teleurgesteld dat die toepassing van apartheid so sleg afgesteek het by die visioene wat hy en ander lede van die intelligentsia gehad het. Tog het hy sy geloof behou in die sleutelrol van sendingwerk om die swart meerderheid vir sy idee van "eiesoortige ontwikkeling" te wen. In 'n boek van hom wat in 1959 gepubliseer is, haal hy die woorde aan van M.D.C. de Wet Nel, wat by Verword as minister van naturellesake oorgeneem het. In antwoord op die vraag wat die grootste bydrae is wat 'n mens tot die welsyn van Suid-Afrika kan lewer, was die minister se antwoord: "Word sendeling." Nel het die NG Kerk met sy besondere benadering van selfbestuurde volkskerke in gedagte gehad, maar die kerk se hulpbronne was heeltemal onvoldoende om werklik 'n verskil te maak. Teen 1960 was slegs 4,8% van die swart bevolking lidmate van die NG-familie.

"'n Sterk wegstotende mag"

In die verkiesing van 1958 het die NP 103 van die 156 setels verower en tussen 80 en 90% van die Afrikaners agter hom verenig. Die vrese dat opstandige elemente in die weermag 'n staatsgreep  kon uitvoer, het tot die verlede behoort. Die NP-beheerde staat het

Bl. 468

sy mag oor die hele samelewing uitgestrek en op talle maniere in die samelewing begin inmeng. Dit het 'n harde en onbuigsame stelsel aan swart, bruin en Asiërs opgedwing.

John Kannemeyer se biografie van die skrywer Jan Rabie toon aan dat Rabie die heel eerste besef het hoe kwesbaar die Afrikaners is ondanks die konsentrasie van politieke mag. Rabie, wat in 1955 teruggekeer het ná 'n lang besoek aan Europa, het gevoel dat selfs by die beste skrywers en digters daar 'n "dom skemer van selftevredenheid" is.

In sy roman, Ons, die afgod, wat in 1958 verskyn het, laat Rabie die hoofkarakter sê: "Ons Afrikaners, wat godslasterlik neerkniel voor ons uitsluitlike verlede, sal nie eens die troos van tragedie gegun word nie. Ons sal net nog 'n platgetrapte molshopie onder die onpersoonlike hemel wees, nog 'n mislukking." Die oplossing dui hy in 'n brief aan Die Burger aan: Dit is om binne twee dekades "volkome integrasie" te bewerkstellig met "ons bruiner broer wat saam met ons en ons taal in Afrika gebore is". (Oor die verhouding tussen wit en swart het hy hom nie werklik uitgelaat nie.)

Rabie het Van Wyk Louw se Liberale nasionalisme met die tema van "voortbestaan in geregtigheid", wat in 1958 verskyn het, gekritiseer omdat dit nie die "afgod" van nasionalisme afkeur nie. Hy waarsku: "Ons is 'n jong volkie wat nog skaars geleef het en dit is 'n bitter, byna onmenslike ding om te erken dat ons wil om te bestaan iets boos kan wees." Van Wyk Louw was kwesbaar op hierdie punt, maar sy antwoord sou waarskynlik die gedagte bevat wat uitgespreek is in sy Liberale nasionalisme: "'n Mens het 'n volk lief, nie omdat hy heerlik en die beste volk op aarde is nie; jy het hom lief om sy ellende." Hierdie opvatting was die grom wat die Nasionaliste aan mekaar laat kleef het en 'n apartheid-idealis soos Louw betrokke laat bly het in die poging om van apartheid 'n mensliker beleid te maak.

Die digter Dirk Opperman was ook onder die skrywers en digters van wie Rabie hom so vervreemd gevoel het. Net soos Louw het Opperman lid van die Broederbond gebly. Hy het egter in 1960 'n skerp insig in die prekêre toestand van die Afrikaners getoon. Piet Cillié het hom gevra om by geleentheid van die halfeeuviering van die Unie van Suid-Afrika 'n toekomsblik in Die Burger te werp. Hy het geskryf: "Die Afrikaner het gebou aan sy eie wêreld, het hom sterk gemaak en in die proses die Engelsman, Kleurling en Bantoe van hom vervreem." Die Afrikaner se kultuurwêreld het verarm: die kinders lees minder Hollands en engels as hul ouers, die stedelike kleurlinge praat al hoe minder Afrikaans en die Afrikaners dwing die swart man "terug na sy eie taal, tydskrifte en boeke".

Opperman waarsku dat die Afrikanervolk nie daarin slaag om as volk 'n aantrekkingskrag te ontwikkel nie. Dit het inteendeel 'n "sterk wegstotende mag". Die een moontlike toekoms wat Opperman uitstippel, is 'n "geestelike lewe oorheers en verdor deur rassespannings en rassewaardes, 'n geestelike afsondering, 'n geestelike intelery, geestelike gebreklikheid en uiteindelike onvrugbaarheid". Tog het die digter ook gehoop op 'n ander moontlike toekoms waarin die Afrikaners en hul kinders 'n "vrugbare geestelike verkeer" met hul mede-landgenote het. Hy het afgesluit met die versugting: "Miskien sal ons dan beter romans, beter dramas en beter tydskrifte kry." Die politieke klimaat het egter nie ontspanning in die hand gewerk nie. In Suid-Afrika het die apartheidstelsel ál rigieder geraak.

Bl. 469

Verwoerd aan die stuur

In 1958 het Verwoerd eerste minister geword. Hy was 'n doelgerigte, vasberade politikus met 'n skerp brein, 'n sterk wil en oënskynlik onuitputlike energie. Hy het gou besef hoe belangrik kragdadigheid en konsekwentheid is indien apartheid ooit 'n samehangende stelsel moet word wat die toenemende aanslag van swart nasionaliste sou kon weerstaan. Ten spyte van die vriendelikheid waarmee hy alle mense, ongeag kleur, behandel het, het hy geen voorneme gehad om apartheid enigsins mensliker te maak nie. Hy het by geleentheid gesê dat hy nie in 'n beleid van versoening glo nie, maar in een van oortuiging.

Hy was eintlik meer 'n akademikus as 'n politiekus in sy benadering tot die rasseprobleem. Hy het 'n premie gestel op ordelike denke wat berus op die identifisering van uitgangspunte en die nougesette volg van 'n bepaalde logika tot by die oplossing. Sy uitgangspunt was nie dat die gewig van groeiende swart getalle uiteindelik wit heerskappy omver sou werp indien daar nie 'n radikale vorm van partisie of magsdevolusie is nie. Sy vertrekpunt was eerder dat blanke beheer verseker is so lank daar 'n doeltreffende staat is wat konsekwent en kragdadig blanke mag en rasseskeiding toepas en onvermoeid blanke beheer op alle vlakke probeer behou.

Hy het onwrikbaar geglo dat die bruin en die swart gemeenskap nie toegewings sou probeer afdwing nie indien die regering geen teken van swakheid toon nie en die kieserskorps rotsvas agter hom staan. Hierdie opvatting was nie so uitsonderlik nie. Wat wel buitengewoon was, was Verwoerd se geloof dat bruin mense in hul groepsgebiede en die swart mense in hul "tuislande" onder apartheid beter as onder enige ander stelsel sou vaar.

Toe Verwoerd eerste minister word, het sy immigrante-afkoms ter sprake gekom. Piet Cillié het die kwessie so uitgedruk: "Afrikaners het die naam dat hulle agterdogtig staan teenoor alles uit die vreemde en dat hulle die immigrante moeilik aanvaar. (Verwoerd het nie ons tradisionele beskouinge - veral ons unieke instellling op rasseverhoudinge - met moedersmelk ingekry nie." Verwoerd het gou die beeld van buitestaander afgewerp en hom meer met die Afrikanersaak vereenselwig as die meeste Afrikaners. Cillilé het hierop so kommentaar gelewer: "Dit is niks eienaardigs dat figure wat deur hul afkoms eintlik aan die rand van 'n nasie staan, uiteindelik na die sentrum beweeg en beskou raak as die uitdrukking van die nasionale wese en strewe nie: Napoleon, die Korsikaan, Hitler, die Oostenryker, en Stalin, die Georgiër."

Soos 'n Napoleon of 'n Hitler het Verwoerd nie aan hom self getwyfel nie. Rykie van Reenen van Die Burger, waarskynlik die beste Afrikaanse verslaggewer wat daar nog was, het die eerste persoonlike onderhoud met hom gevoer ná sy aanvaarding van die amp van eerste minister. Sy is getref deur sy innemendheid, sjarme en breinkrag, maar wat op haar die grootste indruk gemaak het, was sy antwoord op die vraag of hy ooit snags kan slaap vanweë die angswekkend groot verantwoordelilkhede wat sy beleidsrigting meebring. Sy het Verwoerd se antwoord so opgeteken: "'Ag, ja, seker, hy slaap goed', het hy heeltemal onbevange geantwoord, en toe voeg hy by: 'Sien, 'n mens het darem nie die kwelling van twyfel of jy dalk verkeerd het nie.'" Van Reenen se kommentaar was: "Ek onthou dat ek selfs 'n bietjie geskrik het voor so 'n sekerheid dat hy vir die beswil van almal in die land werk."

Bl. 470

Die grootste revolusie wat Verwoerd ingevoer het, was in die retoriek van apartheid. Hoewel die beleid voortdurend ongelykheid tussen die rasse bevorder het, het openlik rassistiese uitsprake en kru teologiese regverdigings in Verwoerd se tyd 'n taboe vir NP-politici geword. In 1960 het M.D.C. de Wet Nel, sy opvolger as minister, 'n gehoor uitgedaag om 'n enkele geval te noem waar 'n politieke leier in onlangse tye gesê het dat swart mense 'n minderwaardige ras vorm of mindere skepsels van God is. Namate poltieke instellilngs in die reservate ingevoer is, het die stelsel sy eie kader van swart politici en amptenare in die lewe gebring. Hulle is vriendelik deur hul wit eweknieë behandel omdat hulle geen bedreiging verteenwoordig het nie.

Die apartheid-idealiste h et Verwoerd se kkonsepsie van selfregerende swart "tuislande" as 'n politieke revolusie beskou. Dit was in werklikheid 'n revolusie wat met 'n konserwatiewe uitgangspunt van stapel gestuur is. In Mei 1959 is 'n wet aangeneem wat swart verteenwoordiging deur wittes in die Parlement afskaf. Vir Verwoerd het die vier verteenwoordigers by swart mense die geloof lewendig gehou dat hulle eendag hul eie swart verteenwoordigers Parlement toe kan stuur. Die stap is gedoen op 'n tyd toe al hoe meer onderhorige volke in die kolonies hul vryheid ontvang het. In 1957 het Ghana onafhanklik geword en daar was gou 'n hele ry kolonies wat reg gestaan het om te volg. Namate hierdie proses momentum gekry het, het Nic Olivier en ander Sabra-manne, diplomaties ondersteun deur Piet Cillié, onafhanklikheid vir die reservate bepleit. Die regering was glad nie opgewonde oor die idee nie en het druk uitgeoefen dat hierdie praatjies laat vaar moet word.

Met die plan om swart verteenwoordiging af te skaf, het Suid-Afrika in die teenoorgestelde rigting van die res van die kontinent beweeg. Verwoerd het op 27 Januarie 1959 in die Parlement verklaar dat wittes die gesag sal behou in hul  eie  gebied en die swartes dit sal verkry in hul eie gebied. Hy het gesê: "Ons moet sorg ... dat hier 'n nuwe tydperk ontstaan, 'n tydperk waarin die blanke wegkom van die diskriminasie teenoor die Bantoe wat sy eie gebiede betref; dat hy hom plaas op die eerste stap van volle ontwikkeling."

By Die Burger het Cillié onmiddellik Verwoerdd se woorde aangegryp en dit in 'n hoofopskrif aangebied as 'n "nuwe manier van dink", wat die hoop bied "dat dit die dooie punt in die poliltiek van wit en swart in Suid-Afrika sal beëindig". Die NP-koukus het dié opgewondenheid nie gedeel nie en Verwoerd se reaksie is nie bekend nie.

Toe die idee van onafhanklike tuislande in die politieke arena beland, het dit onmiddellik 'n beroering veroorsaak. Die eerste slagoffer was die Verenigde Party. In 'n poging om die NP aan sy regterflank uit te daag, het die VP besluit om die koop van nog grond vir die reservate ingevolge die 1936-wetgewing teen te staan so lank die regering by sy beleid bly dat hierdie gebiede onafhanklik kan word. Sir De Villilers Graaff, die VP-leier, het besef dat die NP-beleid sy party verplilg om 'n veel duideliker alternatief te formuleer, maar tot die party se einde in 1977 kon dit nie daarin slaag nie. Die meer progressiewe lede van die VP-koukus het reeds in 1959 alle vertroue in die VP laat vaar. Hullle het in daardie jaar weggebreek en die liberale Progressiewe Party gestig, wat 'n veelrassige kieserslys met hoë kwalifikasies in 'n federale opset voorgestaan het. Helen Suzman was die enigste PP-lid wat in die verkiesing van 1961 'n setel kon verower.

Op 3 Februarie 1960 het Harold Macmillan, Britse eerste minister, die Parlement toegespreek aan die einde van 'n besoek aan verskeie Afrika-state. In 'n dramatiese toespraak

Bl. 471

het hy die wit mense op die subkontinent gewaarsku dat die "winds of change" - die stormwind van Afrika-nasionalisme - oor die kontinent waai. Die boodskap was duidelik: Brittanje sou om materiële en morele redes nie wit regerings ondersteun wat in die weg van swart vryheid staan nie.

Op hierdie tydstip het Verwoerd reeds die verbluffende selfvertroue en oortuiging ontwikkel wat sy optrede as eerste minister gekenmerk het. Sonder om 'n oomblik te huiwer, het hy in sy repliek op Macmillan se toespraak die ontwikkeling van die reservate en die oordrag van mag en verantwoordelikhede voorgehou as Suid-Afrika se vorm van dekolonisasie. Sy regering se beleid bots nie met die nuwe rigting in Afrika nie, het hy gesê, maar hou ten volle tred daarmee. Die wit mense beskou hulle self as die skakel tussen die wit nasies van die wêreld en die swart nasies van Afrika. Hulle is van plan om in Suid-Afrika te bly en hul regte, waardes en belange te handhaaf. Eksperimente met sosialisme en staatskapitalisme sal slegs die ekonomie knak.

Sharpeville en daarna

Vroeg in 1960 het die Pan-Africanist Congress 'n veldtog aangekondig om die paswette te verontagsaam. Een van die min plekke waar dit goed georganiseer was, was Sharpeville aan die Oos-Rand, waar daar reeds onrus oor verhoogde huurgeld was. Op 21 Maart is 'n PAC-betoging in 'n tragedie omgeskep deurdat paniekbevange polisie op 'n skare geskiet en 69 gedood het. Swart verset het opgevlam. Op 30 Maart het Philip Kgosanam, 'n jong swart man wat die PAC se Wes-Kaapse streeksekretaris was, 'n dramatiese mars van 30 000 mense van die swart woongebiede na die Parlement gelei. Die gespanne toestand is sonder lewensverlies ontlont.

Dit het een oomblilk gelyk of die land op die rand van 'n afgrond staan. Albert Luthuli, die ANC-leier, het sy pas verbrand en mense gevra om 'n paar dae lank nie te gaan werk nie. Die oproep is landswyd gehoorsaam en baie ondernemings wat van swart arbeid afhanklik was, is tot stilstand geruk. Baie wit mense was vreesbevange. Die aandelebeurs het in duie gestort en kapitaal het in groot hoeveelhede uit die land gestroom. Feitlik die hele wêreld het die lewensverlies by Sharpeville en die onderdrukking onder apartheid veroordeel. Sanksies en internasionale isolasie was 'n sterk moontlikheid.

Op 30 Maart het die regering 'n noodtoestand uitgeroep. Meer as 18 000 mense is in die volgende paar weke ondervra. Op 8 April het die regering die ANC en die PAC tot verbode organisasies verklaar. Die volgende dag het David Pratt, 'n geestelik versteurde wit man, Verwoerd by die Randse Paasskou in die kop geskiet en ernstig gewond.

Sharpeville en die swart opstand het by sommige leiers in die Nasionale beweging ernstige bedenkinge oor aspekte van die apartheidsbeleid gewek. Die sakeleier Anton Rupert het Kgosana die aand ná die mars na die Parlement ontmoet. Hy het later gesê: "Ek was diep geskok dat 'n jong man wat nie eens veters in sy skoene gehad het nie, so 'n massa saam met hom kon laat marsjeer." 'n Dag of wat daarna het hy Verwoerd gaan spreek om aan hom te sê dat stabiliteit die beste verseker kan word deur die swart middestand toe te laat om hul huise teen afslag te koop en aan hulle eiendomsreg te gee. Verwoerd het sterk verskil. Eiendomsreg sou aan swart mense die gevoel gee dat hulle aanspraak op regte in die "blanke gebied" verwerf het. Dit is allermins wat hy wil hê.

Bl. 472

'n Paar maande later het die sake-organisasies, onder meer die Afrikaanse Handelsinstituut, dringend versoek dat die paswette en ander vorme van instromingsbeheer hervorm word sodat wrywing tussen die swart bevolking en die polisie uitgeskale kan word. Alle "onnodige inmenging" in die swart mense se gesinslewe moet gestaak word. Verwoerd het hierdie pleidooi verwerp en selfs verwys na sakelui wat meer oor wins as oor die wit man se oorlewing bekommerd is, wat hy as "verraaiers" bestempel het.

Daar was in Burger-kringe allerlei bedenkingr oor Verwoerd se kragdadige opdwing van apartheid in al sy veelvuldige fasette. Phil Weber het ná Sharpeville in sy dagboek geskryf "Dis 'n revolusie wat hierdie week ingelui is. 'n Krisis staar die regering in die land in die gesig ... Jy kan nie 'n meerderheid teen sy sin en wil regeer nie. Die vraag is hoe die samewerking van die stedelike naturelle gewin gaan word."

Op 7 April het Piet Cillié die gedagtes wat die oudredakteurs privaat uitgespreek het in 'n dramatiese hoofartikel verwoord. sy grootste kommer was die dreigende internasionale isolasie. "(Dit) is duideliker as ooit dat die woord apartheid reddeloos verongeluk het vanweë sy uitsluitende assosiasie in oorsese gemoedere met 'n negatiewe optrede ... Ons moet ons buitelandse vriende rede gee om weer kop op te tel ... As ons in ons binnelandse beleid nie hiertoe in staat is of kan raak nie, moet ons uitsien na 'n permanente status as die wêreld se muishond."

Vir Cillié was dit belangrik dat die staatsgesag eers herstel moet word. "As die swart gepeupel die indruk moet kry dat die owerheid bang geword het om die uiterste middele te gebruik, dan kan niks die groter doodslag en verwoesing keer wat elders in Afrika op dieselfde misvatting gevolg het nie." Aan swart politici wat gedink het dat hulle die "selfbeskikkingsreg van die wit en bruin mense" kan wegvat en oor die hele land kan regeer, moet duidelik gesê word dat swart mense se regte tot 'n deel van die land beperk is en sal moet bly. Terselfdertyd het Cillié erken dat die stedelike swart bevolking groot griewe oor lone en die bewysboekstelsel het wat dringend aandag moet kry.

Net voor die aanslag op Verwoerd se lewe, het Dönges, Schoeman en Sauer in die kabinet die afskaffing van die bewysboekstelsel bepleit. Verwoerd het dit verwerp. Hy het geargumenteer dat die stelsel noodsaaklik is om instroming te beheer. Verder sou die stedelike swartes se lone afgedruk word as swart werksoekers vrylik na die stede kan stroom. Terwyl Verwoerd in die hospitaal was, het Sauer in die openbaar verklaar dat die ou boek van die Suid-Afrikaanse geskiedenis by Sharpeville toegemaak is. Hy het 'n nuwe beleidsbenadering teenoor die swart mense bepleit. Hy het in die besonder 'n wysiging van die bewysboekstelsel en hoër lone vir ongeskoolde arbeiders voorgestel. Hy wou ook kontak maak met "vredeliewende" swart leiers in die stede.

Die Burger het Sauer se pleidooi om 'n "versoenende rassebeleid" ondersteun en ook die moontlikheid van 'n "politieke hergroepering" genoem vir mense oor partygrense heen wat deur die gebeure "uit die groef van baasskap-apartheid" geruk is. Laurence Gandar, liberale redakteur van die Rand Daily Mail, was so bemoedig deur hierdie geluide

Bl. 473

dat hy Nic Olivier gevra het om 'n private gesprek met Cillié te reël om die moontlikheid te ondersoek van 'n politieke herrangskikking wat verteenwoordigers van sowel die NP as die VP kon betrek. Hy het gevoel dat die land tussen segregasie en integrasie huiwer terwyl "a great leap forward" nodig is. Gandar kon geen rede sien waarom hy en Cillié nie oor 'n gemeenskaplike program kon saamstem nie.

Op 19 Mei 1960 het hy die volgende gemeenskaplike program voorgestel: die besteding van £10 miljoen per jaar aan die reservate se ontwikkeling, verlof vir wit vaardighede en kapitaal om betrokke te raak by die ontwikkeling, politieke regte aan swart mense in die reservate wat hulle in staat sou stel om hulle gou self te regeer en die verlening van die reg aan stadswartes om hulle self in hul woonbuurte te administreer. Die wittes wat die swart mense in die Parlement verteenwoordig het, moet nog sewe jaar in hierdie hoedanigheid aanbly. Hierdie verteenwoordigers, tesame met swart mense wat tot die besture van die swart woongebiede verkies word, kan as spreekbuise vir die stadswartes dien. Cillié het Olivier laat weet dat hy in 'n ontmoeting belang stel, maar niks het van die inisiatief gekkom nie. 'n Oomblik waaroop Suid-Afrika dalk 'n ander koers kon ingeslaan ahet, het verbygegaan.

In Junie 1960 het die wit man se ergste vrese oor 'n Afria-land waar geword. 'n Chaos het ná die onafhanklikwording van die Belgiese Kongo uitgebreek. Die koerante was vol berigte oor dronk soldate se strooptogte en wit koloniste wat ylings vlug. Op 9 Julie 1960 het Cillié in die "Dawie"-rubriek geskryf: "Vir die eerste keer sedert die 'wind van verandering' begin waai het, vlug 'n wit minderheid nou halsoorkop uit afrika voor swart terreur."

Verwoerd het gou herstel. 'n Week ná die aanslag het hy begin om boodskappe uit die hospitaal te stuur. Sauer se private wens dat die koeëls Verwoerd se "harde kop" sagter sou maak, is nie vervul nie. Verwoerd het hom berispe en aangekondig dat daar geen beleidsverandering sal wees nie. Hy het versoek dat daar geen ophef gemaak word wanneer hy die hospitaal verlaat nie - hy is slegs een van die Afrikanerdom se martelaars. Sy noue ontkoming het by hom 'n selfs sterker geloof in die korrektheid van die beleid en in sy eie politieke roeping en bestemming laat posvat. Teen die middel van 1960 het die golf van swart protes afgeplat. Die polisie het die inhegtenisneming van oortreders van diepaswette, wat tydelik opgeskort is, hervat.

Verwoerd se spoedige herstel, saam met die vinnige oplewing van ekonomiese vertroue, het 'n simbool geword van die wil van die wit minderheid om teenslae te oorkom. Beleggingsgeld het teruggevloei en die goudprys het begin styg. In Oktober 1960 het die South African Mining and Engineering Journal geskryf: "It is certainly remarkable to see how quickly South African politics could be forgotten once the idea of a higher gold price hove over the horizon again."

In 'n onverwagse skuif het Verwoerd aangekondig dat 'n referendum in Oktober gehou gaan word oor die vraag of Suid-Afrika 'n republiek moet word. Die stap was 'n groot risiko, want die NP het nog steeds nie daarin geslaag om landswyd 'n meerderheid van die stemme in 'n verkiesing te kry nie. Verwoerd het egter nie getwyfel nie. Hy het geglo dat nie net omtrent al die Afrikaners nie, maar ook 'n aansienlike minderheid Engelssprekendes vir 'n republiek sou stem, veral nadat Macmillan namens Brittanje sy rug vir die wit regerings gedraai het.

Bl. 474

In 'n suksesvolle veldtog was Verwoerd se vernaamste argument dat slegs 'n republilek wit eenheid kan bewerkstellig en dat eenheid dringend noodsaaklik is om die rasseprobleem op te los en buitelandse druk te weerstaan. Ná 'n ja vir die republiek met 'n meerderheid van 74 000 stemme, het Verwoerd in 'n oorwinningstoespraak verklaar dat die blankes nou verenig is en bo kleinlikheid en selfsug uitgestyg het. Die twee wit gemeenskappe is soos 'n huwelikspaar wat in liefde en vrede wil saamwoon.

Verwoerd het nou 'n ideologie van apartheid in sy finale vorm geformuleer. Hy het die tradisionele Afrikanerstandpunt oor die rassevraagstuk saam met 'n standpunt oor swart nasionale tuislande vernuftig in 'n enkele kleed saamgeweef. Hy het die tradisionele standpunt herhaal toe hy 'n jaar later aan 'n uitgelese gehoor in Londen sê dat swart en wit mense 300 jaar tevore in 'n land inbeweeg het wat feitlik leeg was. Die deel wat die wit mense ontwikkel het, behoort aan hulle en hulle is bereid om tot die dood te veg om hier te oorleef.

Die moderne deel van die voorstellling was dat die wit mense nie net hul eie oorlewing probeer verseker nie, maar ook die politieke en ekonomiese oorlewing van al die ander rassegroepe probeer bewerkstellig. Hy het 'n keer of wat selfs verder gegaan as om die ontwikkeling van die reservate en die moontlike onafhanklikheid vir sommige as 'n einddoel te skilder. Hy het in Londen gepraat van konferensies, na die model van die Statebond, van die wit en die swart eerste ministers in Suid-Afrika. Hier sou hulle op die grondslag van "absolute gelykheid" sake van algemene belang bespreek en punte van wrywing uitskakel. Hy het voorsien dat apartheid sou uitloop op 'n toestand waar daar geen diskriminasie en geen oorheersing in Suid-Afrika bestaan nie.

Verwoerd was met ideologiese oëverblindery besig. Volgens sy voorstelling sou daar nie teen 'n Xhosa in "blanke Suid-Afrika" gediskrimineer word omdat hy swart is nie, maar omdat hy 'n burger van die Transkei is. Hy het 'n verstommende vermoë gehad om nie net sy ondersteuners nie, maar ook baie buitestanders te oortuig dat sy ideologiese skemas polities geloofwaardig en moreel regverdig is. Hy het nie sy mense gevra om groot stoflike opofferings te doen of grondgebied af te staan ten einde aan die nuwe beleid inhoud te gee nie. Tog het hy sy beleid voorgehou as een van "die mees kolossale projekte" wat enige nasie nog aangepak het. Vir hom was apartheid 'n meer morele beleid as integrasie, wat dit slegs vir die wit generasie van die dag moontlik sou maak om geld en welvaart te bekkom, maar die nageslag aan hul eie lot oorlaat.

"Ons ken nie sy familie n ie": Verwoerd en die idealiste

Ná die oorwinning van die ja-stem in die referendum en die onderdrukking van swart verset, het Verwoerd se aansien en gesag in wit geledere sterk toegeneem. Hy het besef dat so lank die Afrikaners verenig bly, hul magsposisie - ten spyte van die gebreke van apartheid - onaantasbaar is. Om die eenheid verder te verstewig, het hy hom tot die Broederbond gewend.

Die bond het gesukkel om rigting te kry. Dit kon nie die Afrikanertwiste in die Tweede Wêreldoorlog heel nie en het ook nie 'n belangrike aandeel aan die ontwikkeling van die apartheidsbeleid gehad nie. Potchefstroom was een van die organisasie se vestings. maar om 1956 het 'n afvaardiging vol besware die uitvoerende raad gaan spreek. Attie Pelser

Bl. 475

skryf die griewe: "(Die) AB het nie meer 'n taak en 'n visie nie. Die indruk ontstaan dat sedert 1948 die NP alles moet doen en dat die AB deur die party hokgeslaan word." Die UR het geantwoord dat die AB se k rag nie in aksie lê nie, maar in sy rol as draer van 'n idee.

Verwoerd het die AB as 'n ideale instrument beskou om sy ideologiese houvas te versterk. Vir hom was die belangrikste idee nie meer Afrikanernasionalisme as sodanig nie, maar apartheid, wat vir hom 'n noodsaaklike hoeksteen vir eenheid was. Teen 1960 het die Broederbond ongeveer 400 afdelings en 6 000 lede gehad. Die meeste koerantredakteukrs (ook Cillié en Schalk Pienaar, wat later redakteur sou word), kerkleiers en rektore was lede.

Met so 'n groot ledetal was ideologiese eenheid oor apartheid en eenstemmigheid oor die beste manier om oorlewing te verseker, nie moontlik nie. In die AB se "groot tent" was daar apartheid-rassiste, apartheid-idealiste en selfs 'n aantal liberale. Verwoerd wou geen liberale in die beweging duld nie en sy definisie van hierdie ideologie was wyd geneog om sommige idealiste in te sluit. Hy het sterk steun geniet van die nuwe UR-voorsitter, Piet Meyer, wat tot 1972 ook voorsitter van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se beheerraad was.

Onvermydelik het die eerste groot konflik in die geledere van die Nasionale beweging oor die kleurlinge gegaan. Verword kon geen aanvaarbare plek in sy tuisland-skema vir die kleurlinge kry nie. Vir die apartheid-idealiste in die Wes-Kaap was dit moeilik om te aanvaar, veral omdat die kleurlinge ná die slagting by Sharpeville geen poging aangewend het om hulle by die swart betogings en wegbly-aksies aan te sluit nie. Die Burger het geskryf dat daar 'n merkwaardige verbetering in die verhoudinge tussen wit en bruin ingetree het.

In 'n brief aan die koerant het David Botha, 'n predikant in die gemeente Wynberg van die NG Sendingkerk, geskryf dat die gebrek aan opstandigheid by bruin mense verstaanbaar is. Hulle voel in alle opsigte deel van die blanke gemeenskap. In sy boek Die opkoms van ons derde stand, wat later daardie jaar verskyn het, het Botha geargumenteer dat rassediskriminasie teenoor die kleurlinge die enigste rede is waarom dit lyk of hulle 'n afsonderlike gemeenskap vorm. In 'n geesdriftige voorwoord vir Botha se boek het Van Wyk Louw geskryf: "Ek het die boek met stygende opgewondenheid gelees. Hier het ek dinge hoor uitsê wat ek al lank self wou gesê het ... Die bruin mense is ons mense, hoort by ons." Verwoerd het na bewering gesê Louw en Botha se koppe moet figuurlik gesproke ingeslaan word.

Op Stellenbosch was 'n komitee van Sabra, onder voorsitterskap van die sosioloog S.P. Cilliers, besig met 'n verslag wat tot dieselfde gevolgtrekking gekom het. Dith et beklemtoon dat politieke en ekonomiese integrasie van wit en bruin oor meer as 'n eeu nooit wit oorlewing bedreig het nie. Polities, ekonomies en kultureel het die kleurlinge nog altyd by die blankes behoort. Apartheid pleeg 'n groot onreg teenoor die kleurlinge en dryf hulle in die arms van die swart mense. Die enigste regverdige en lewensvatbare oplossing is om die kleurlinge toe te laat om volle burgerskap te verwerf en kleurlinge deur kleurlinge in die Parlement te laat verteenwoordig.

In die laaste helfte van 1960 het in die Wes-Kaap sterk steun ontstaan vir die gedagte dat kleurlinge self die gemeenskap in die Parlement moet verteenwoordig. Op 23 Julie

Bl. 476 

het "Dawie" in Die Burger geskryf: "My indruk is dat die Nasionale Party reeds meer as halfpad vir die beginsel te vinde is en met sterk leiding volkome daarvoor gewin kan word." Verwoerd was onverbiddelik daarteen gekant. Verwoerd se politieke logika het aan hom gesê dat bruin mense in die Parlement die kragtige simboliek van 'n wit Parlement sou verongeluk. Die druk sou vinnig oplaai om die aantal bruin verteenwoordigers op te stoot tot 'n getal in ooreenstemming met hul bevolkingsyfer. Dan sou meer as die helfte van die parlementêre verteenwoordigers bruin wees. Terselfdertyd sou die druk toeneem om soortgelyke verteenwoordiging aan die swart mense toe te staan.

In November het Verwoerd onomwonde regstreekse verteenwoordiging vir die bruin mense verwerp. In 'n kil, gevoellose verklaring het hy gesê die druk het ontstaan uit "waardering vir die feit dat die klkeurlinge hulle uit die onlangse botsings gehou het - weliswaar uit hul eie belang en nie vir die blanke nie". Die politieke integrasie wat die voorstel behels, sou volgens Verwoerd lei tot volkome integrasie, selfs biologiesse integrasie, van wit met bruin en wit mt swart mense. In plaas daarvan om spanning te ontlaai, sou bruin verteenwoordiging tot voortdurende stryd tussen wit en bruin lei terwyl die verteenwoordigers elke aspek van apartheid aanval. In 'n daaropvolgende verklaring het Verwoerd gewaarskuk dat daar hernieude druk oor hierdie saak sal wees, "miskien selfs vanuit ons eie geledere" en dat die NP-leiers soos "mure van graniet" moet staan omdat die voortbestaan van die volk op die spel is. 'n Stroom briewe in die Afrikaanse pers van die sogenaamde "gewone mene" wat Verwoerd ondersteun het, het blyke gegee van 'n sterk onverdraagsaamheid teenoor enige afwyking van volkome blanke baasskap en van 'n nydigheid teenoor die "intellektuele", insluitende koerantredakteurs, wat hervorming bepleit.

In wat later sou blyk sy grootste uur te wees, het Cillié in die laaste maande van 1960 en die eerste maand of wat van 1961 onverskrokke sy standpunt gestel. Hy het die term biologiese integrasie as 'n "afskuwelike nuwe eufemisme vir verbastering" bestempel. Hy het gewaarskuk teen 'n ketterjag teen die Afrikaner-"intellektuele", wat dan "liberale" sou wees en oor die kloof wat ontstaan het tussen hulle en die "gewone mense". Die groot gevaar vir die volksbeweging is dat mense mekaar aan die keel pak eerder as om te redeneer en te oortuig. Hy het Verwoerd se standpunt bestempel as die grootste teleurstelling sedert 1948 oor die koers wat 'n leier ingeslaan het.

In 'n private brief aan Phil Weber het Cillié sy hart uitgestort oor die skade wat Verwoerd aangerig het. "U kan in die briewe sien watter hotnot-haat, dominee-haat, professor-haat en Burger-haat hy losgelaat het. Hy het die Neanderthaler in ons mense opgeroep teen alles wat intelligent en soekend is, volgens die klassieke resep van die tiran wat sy mag volstrek maak deur die gepeupel te lei teen hul erkende leiers op alle lewensgebiede."

Privaat het Cillié sterk steun ontvang. Een van die briewe was die skryfster M.E.R., toe 85 jaar oud. Sy het Verwoerd in die dertigerjare goed leer ken toe hulle saamgewerk het in die bekamping van wit armoede en het met hoim en sy vrou bevriend gebly. Sy kon geen rede vir Verwoerd se hardvogtige beleid teenoor die kleurlinge sien nie. Aan Cillié skryf sy wat die skok van sy toespraak soveel erger maak, is dat anders as in die geval van die ander Afrikanerleiers, sy familie onbekend is.

In haar brief verwys M.E.R. na Van Wyk Louw se Liberale nasionalisme, wat twee

Bl. 477

jaar tevore verskyn het. Sy bespeur twee neigings by die Afrikaners. Eenersyds is daar die sterk en duidelike wil tot voortbestaan as 'n volk. Andersyds is daar die oortuiging dat "ons in ons groei darem geen ander volk wil beskadig nie". Voortbestaan is noodsaaklik; geregtigheid onontbeerlik. Die essensiële lewensvoorwaardes moet behou by. Sy is bly dat Cillié en ander "Sterk jongeres" hartstogtelik voel vir voortbestaan met geregtigheid.

Terwyl die stryd oor die kleurlinge nog aan die gang was, het 'n volgende botsing tussen Verwoerd en die hervormingsgesinde "intellektuele" uitgebreek. Die strydperk was die Afrikaanse kerke. As die NG Kerk Verwoerd sou repudieer, sou hy in 'n moeilike posisie wees. Sake is op die spits gedryf by 'n ekumeniese konferensie wat deur die Wêrelraad van Kerke gereël en in Desember 1960 in Cottesloe, Johannesburg, gehou is. Die Kaapse NG Kerk, die Transvaalse NG Kerk en die Hervormde Kerk, wat al drie by die raad geaffilieer was, het studiegroepe bestaande uit senior teologiese professore en predikante aangewys om hul standpunte uiteen te sit.

Aan die einde van die konferensie het die afgevaardigdes van die twee NG Kerke besluite van die konferensie aanvaar wat hoofsaaklik uit die Kaapse NG Kerk se memorandum voortgevloei het. Dit het onder meer die volgende behels: Alle rassegroepe wat permanent in die land gevestig is, is deel van die totale bevolking en het ewe veel reg om te deel in die verantwoordelikhede, belonings en voorregte wat daaruit voorvloei. Elkeen het die reg om grond te besit waar hy gedomisilieer is en deel te hê aan die regering van sy land. 'n Beleid wat swart en bruin permanent mede-seggenskap in die regering van die land ontsê, kan nie geregverdig word nie. Daar kan in beginsel teen direkte verteenwoordiging van die klkeurlinge in die Parlement geen beswaar wees nie en daar is geen skriftuurlike gronde vir die verbod op gemengde huwelike nie. Trekarbeid het 'n verbrokkelende uitwerking op die swart mense se lewe. Werkreservering moet plek maak vir 'n billiker stelsel. Behalwe in buitengewone omstandighede, moet niemand gestraf word sonder 'n behoorlike verhoor nie.

Die verstandhouding was dat die afvaardigings die bevindinge eers aan hul onderskeie sinodes moes rapporteer, maar die afvaardiging van die Hervormde Kerk het hom onmiddellik van die verklaring gedistansieer. Dit het die NG-afvaardiging genoop om te verklaar dat 'n beleid van d"differensiasie" die beste oplossing en ook versoenbaar met die besluite is.

Toe was die gort gaar. In 'n simpatieke reaksie het "Dawie" dit met 'n "atoomontploffing" vergelyk. Die "diepste en grootste vrae van ons almal se bestaan word nou uitgemaak in die harte van ons Afrikaners". Die NP-politici verlang dat die k erk sy neus uit die politieke moet hou, maar die NG Kerke staan "deur hul massiewe sendingaksie aldag en heeldag kniediep in rasseverhoudinge in 'n baie meer praktiese sin as 'n politieke party wat hoofsaaklik te doen het met die blanke Afrikaner". Die politici mag voel dat die kerke die Afrikanernasionaliste in die steek gelaat het. "Maar," het "Dawie" gevra: "is die NG Kerke ons kerke? Is hulle die Nasionaliste se kerke? Is hulle selfs die Afrikaner se kerke? Of is hulle God se kerke? Moet kerkleiers die wil van die Afrikaners vertolk, soos van 'n poltieke party van Afrikaners verwag word, of moet hulle aan die Afrikaners die Opperste wil probeer vertolk so suiwer as wat hulle kan?"

Twee weke later, op 31 Desember 1960, het Cillié die stryd in Afrikanergeledere beskryf as 'n fundamentele stryd tussen twee neigings. Aan die een kant is daar 'n neiging

Bl. 478

tot 'n "nuwe benadering van ons vraagstukke, tot begrip van die ander volksgroepe, weg van blote selfbehoud in sy engste sin, weg van die ingebore drang om vir onsself alleen te lewe, weg ook van die afskuwelike beeld van onsself waarvoor ons van tyd tot tyd onwetend soveel boustof verskaf."

Die ander neiging, wat in sy wese boos is, is ook daar. "Dit is die drang om terug te groei in onsself, terug in ons eie bitterheid en suurheid, terug na die gewaande veiligheid van beproefde ou emosies en houdings." Dit is nie net 'n stryd tussen groepe mense nie, maar 'n stryd in die hart van elke Afrikaner. Elkeen het die twee neigings in hom: die "hunkering na die skynbaar veilige bedompigheid van ons ongetemperde self, teenoor die drang na die vryheid en lig wat alleen diens en opoffering kan bring."

In sy Nuwejaarsboodskap vir 1961 het Verwoerd die twee NG Kerke met soveel woorde gevra om hulle van hul Cottesloe-afvaardigings te distansieer. Hy het verwys na "individuele kerkmanne" se "persoonlike verklarings" en gesê: "Die kerke het inderdaad nog glad nie gepraat nie." Dit sal deur die onderskeie sinodes gedoen word.

Die Broederbond het agter Verwoerd aan in die stryd gestorm. In 'n buitengewone omsendskrywe aan al die afdelings het die uitvoerende raad Verwoerd se stelling beaam dat die Cottesloe-verklaring geen kerk bind voordat die betrokke sinode hom daaroor uitgespreek het nie. Hoewel die UR hom nie op kerklike terrein wil begewe nie, ondersteun dit die rassebeleid wat in die verklaring bvraagteken word. In Februarie 1961 het die UR in Kaapstad byeengekom. H.B. Thom, rektor van die Universiteit van Stellenbosch en op daardie tydstip een van die min openlike Verwoerd-ondersteuners op die kampus, het gevra dat verskille "in die binnekamer" uit die weg geruim moet word en dat daar 'n brug tussen kerk, regering en AB-lede gebou moet word. Die UR het besluit dat sy lede individueel met AB-lede wat by Cottesloei was, in gesprek moet tree en hulle in die lig van die "werklike feite" tot ander insigte moet bring.

NG Kerk-liggame, van kerkrade tot sinodes, het Cottesloe nou veroordeel. Die Transvaalse NG-sinode het in April 1961 die besluite verwerp. In Oktober 1961 het die Kaapse NG-sinode 'n vroeëre besluit van die Federale Raad van NG Kerke beaam om nie die Ckottesloe-bevindinge te onderskryf nie, omdat hulle "die beleid van afsonderlike ontwikkeling ondermyn en aantas" en integrasie voorstaan. Albei sinodes het besluit om uit die Wêreldraad van Kerke te tree. Behalwe 'n besluit in 1963 dat trekarbeid 'n "kanker" is wat die swart gesinslewe skaad, het al die Afrikaanse kerke hulle tot 1986 van kritiek op apartheid weerhou.

In die Transvaalse sinode het Beyers Naudé, 'n goue seun van die kerk, hom alleen bereid verklaar om sy steun vir die Cottesloe-besluite terug te trek as hulle met die Bybel in stryd is. Die sinode het nie eens probeer om dit te bewys nie. Die vernaamste motivering vir die sinodebesluit oor Cottesloe is dat dit die "owerheid in die uitvoering van sy moeilike besluit onnodig in die verleentheid gebring het". Wat die sinode grief, is dat dit juis geskied op die ongelukkige tydstip wanneer Suid-Afrika "in die brandpunt van vyandelike aanvalle staan".

In hierdie tyd het die Broederbond in 'n omsendbrief geskryf: "Ware geluk word slegs gesmaak deur jou onvoorwaardelik met alle kragte te wy aan 'n taak veel groter as jyself: so 'n saak is ons volkstryd om voortbestaan ter wille van die vervulling van 'n Godsgewe volksroeping." Hierop het Willile Jonker en 'n paar ander predikante wat die invloed van

Bl. 479

die bond op die openbare lewe - en veral die kerk - met groot kommer gadegeslaan het, in die openbaar gevra: "Hoe kan 'n Christen aan 'n beweging behoor wat onvoorwaardelike toewyding vra vir 'n saak wat nie Gods Koninkryk is nie?"

Beyers Naudé het Jonker vroeër sonder sukses aangeraai om, soos hy, lid van die bond te word omdat dit hom "mee4r invloed in die kerk en samelewing" sou gee. Naudé het egter nou tot sy ontsteltenis ervaar dat die bond se lede in die Transvaalse kerk 'n magtige kliek vorm wat sinodevergaderings so kan orkestreer d at niks wat die bond of Verwoerd in verleentheid kan bring, aangeneem word nie. Kort hierna het hy teen streng reëls van die bond aan prof. A.S. Geyser, 'n teoloog wat nie lid was nie, bond-dokumente gegee. Hy wou sy raad hê of hy in die bond moet aanbly. Geyser het die dokumente vir publikasie aan die Sunday Times oorhandig. Die bond het Naudé se lidmaatskap beëindig en hy het die bediening verlaat. Kort daarna het hy lid van die Christelike Instituut geword, 'n ekumeniese liggaam wat kerklike verset teen apartheid gekoördineer het. Hy was nou omtrent heeltemal geïsoleer in Nasionale geledere. In 1966 het die NG Kerk van Suid-Afrika sy instituut beskryf as iets wat op 'n valse leer berus en waaruit lidmate behoort te bedank.

Verwoerd het sy posisie in die volksbeweging dramaties versterk deur sy optrede rakende Suid-Afrika se voortgesette lidmaatskap van die Statebond. In Maart 1961 het hy op 'n konferensie van regeringshoofde van Statebondslande in Londen aansoek gedoen dat Suid-Afrika lid kon bly nadat dit op 31 Mei 1961 'n republiek sou word. Nadat hy sterk kritiek van sommige regeringshoofde op die apartheidsbeleid moes verduur, het hy die aansoek teruggetrek. Hy het die terugslag met groot vernuf in 'n persoonlike triomf omgeskep deur die stap by sy terugkeer te regverdig as iets wat deur die nasionale eer genoodsaak is. Omtrent alle Afrikaners en baie Engelssprekendes het hom gesteun. Van nou af het hy buitelandse beleid omtrent suiwer in terme van "blanke oorlewing" gestel. Volgens hom was terugkeer na die Statebond onmoontlik, omdat dit die vermoë van die blanke nasie om hom te handhaaf, sou ondermyn.

Sabra was nou al organisasie in die volksbeweging waarin die apartheid-idealiste, of "liberaliste" soos Verwoerd hulle beskou het, hul idees kon verkondig. Nic Olilvier en van sy Stellenbosse kollegas het die oorheersende rol in Sabra gespeel, maar hul greep op die organisasie was swakker as wat hulle gedink het, omdat die Broederbond die vernaamste borg was. Piet Meyer, voorsitter van die bond se uitvoerende raad, het reeds vroeg in 1961 planne begin beraam om Sabra op die jaarvergadering wat in September in Bloemfontein sou plaasvind, van alle idealiste te suiwer. Hier moes die Cilliers-verslag oor die kleurlinge bespreek word, maar die Meyer-groep sou dit fnuik.

Die atmosfeer vir die konferensie was, soos A.L. Geyer - die gerespekteerde voorsitter - gesê het, uiters ongunstig vir 'n objektiewe bespreking. Met Verwoerd-lojaliste in 'n groot meerderheid het nóg Nic Olivier nóg enige van sy bondgenote weer die paal gehaal in die verkiesing van die bestuur. Vir Geyer, wat hom polities veel nader aan Olivier as aan Verwoerd gevoel het, was dit 'n bitter oomblik, maar hy het besluit om Olivier nie te probeer beskerm nie. Sy grootste lojaliteit was, soos Hans Holleman, 'n konferensieganger dit uitgedruk het, teenoor die Nasionale regering, die simbool van Afrikanereenheid en -identiteit, waaraan hy self so baie jare lank help bou  het.

Sabra het met hierdie stap sy eie verstand opgeblaas. Die gesuiwerde organisasie het

Bl. 480

apartheid in al sy onderdrukkende fasette ongekwalifiseerd gesteun en daarmee sy eie bestaansrede verongeluk. Die Broederbond het gou van sy take en funksies begin oorneem. Dit het dinkskrums en taakgroepe saamgestel van vooraanstaande politici (gewoonlik net onder kabinetsvlak), staatsamptenare en akademici. Die taak was nie om beleid te formuleer nie, maar om dit te help verfyn en veral steun daarvoor te werf. Sekere van die voorstelle wat hier gemaak is, byvoorbeeld om swart hoërskole tot die reservate te beperk, het heeltemal by Verwoerd se denke ingepas. 'n Wes-Kaapse taakspan het oor die kleurlinge 'n verslag geskryf wat weinig meer as die bestaande skaakmat in Nasionale geledere weerspieël het. Dit het ook die noodsaak van eenheid beklemtoon.

Voordat Verwoerd leier geword het, het die krag van die volksbeweging daarin gelê dat die onderskeie dele - die party, die pers, die Broederbond, die kultuurorganisasies, sakelui, die skrywers en die universiteite - almal 'n groot mate van outonomiteit behou het in die nastrewe van dieselfde nasionale saak. Verwoerd het dit verander. Hy het die party en die kabinet meer as enige voorganger oorheers en die onderskeie dele gedwing om in gelid in die apartheidsoptog te marsjeer. "Verwoerd was 'n geestelike reus," het sy opvolger, B.J. Vorster, gesê. "Hy het vir elkeen van ons gedink."

Verwoerd se houvas was tweevoudig. Enersyds het hy die beleid se ontwikkelingsaspek (al was dit grootliks beperk tot regeringstukture in die "tuislande" en die verskaffing van massa-onderwys) sterk beklemtoon. Dit het aan apartheid vir Afrikaners (en baie Engelssprekendes) die noodsaaklike morele dimensie gegee. Andersyds het hy apartheid as 'n totale plan behandel waarvan elke onderdeel nodig was. Hy was "die man van graniet" wat gewaak het teen enige toegewing of aanpassing wat die hele stelsel in gevaar sou stel. Hy was selfs bereid om Suid-Afrika se deelname aan internasionale sport in gevaar te stel deur in 1965 aan te kondig dat die rugbyspan van NIeu-Seeland nie in Suid-Afrika welkom sou wees as daar Maori's in die span is nie. Verwoerd se apartheid met die kombinasie van ontwikkeling vir die onderhoriges en sekukriteit vir die dominante groep, was moeilik om aan te durf.

Má die eerste maande van 1961 het Cillié se waarskuwende stem stil geword. Die NG Kerk se roemlose ineenstorting ná Cottesloe was sy grootste teleurstelling. ("Jy het net manelpunte gesien soos die kerkmanne hardloop," het hy later gesê.) Hy het Verwoerd nie langer uitgedaag nie, maar het meer sinies en somber oor die vooruitsigte op hervorming geword. Sy laagtepunt was sy steun vir die algehele afskaffing van die kleurlingverteenwoordiging in die Parlement in 1968. Vorster het aan hom gesê hy het sy stuen en raad nodig en Cillié het voor die versoeking geswig.

In 1964 het Cillié nog een keer 'n skitterende opstel geskryf, getitel "Terug na ons geloof in vryheid". Ten dele is dit 'n konvensionele verdediging van wat die apartheid-idealiste "groot apartheid" genoem het. Hy waarsku teen die groeiende afhanklikheid van swart arbeid. "Vir die grootste gros van die Afrikaners het integrasie van die swart meerderheid nie die aanskyn van 'n verbreding van demokrasie nie, maar van 'n kruipende en onherroeplike vreemde verowering." Die oplossing is enersyds die afbaken van 'n nie-swart Suid-Afrika onder die beheer van 'n nasie waarin die bruin mense en Indiërs geïnkorporeer moet word. Andersyds moet groot en lewensvatbare swart tuislande geskep word.

Bl. 481

Die ander deel van die opstel is treffend. Dit pas sekere algemene beginsels wat die Afrikanergeskiedenis ten grondslag lê op die politieke bestel toe. In Cillilé se voorstelling was die Afrikanernasionaliste aan die einde van die negentiende eeu die voorste anti-kolonialiste in Afrika. Hul stryd teen die magtigste ryk in die wêreld het die moderne stryd teen imperialisme en verdrukking ingelui. Nou staan die Afrikaners egter in die wêreld se oë in die beskuldigdebank as voorste kolonialiste en verdrukkers. "Ons het dominasie van onsself verwerp, maar ons het dominasie van ander volke deur onsself nie ewe verwerplik gevind nie." Maar dit is 'n onhoudbare situasie. "Ons is gevorm in 'n stryd teen vreemde baasskap; daarom kan baasskap oor ander volke onmoontlik 'n blywende grondslag wees vir 'n eie Afrikaanse staatkunde."

Cillié het die Afrikaners se historiese roeping en bestemming op 'n aangrypende wyse verwoord: "Ons kan en mag nie die laaste vesting word van 'n verkeerde orde, in die bestryding waarvan die Afrikanervolk tot groot hoogte gevorm is nie. Ouderwetse kolonialistiese baasskap het nie net onprakties geword in die moderne wêreld nie; dit maak nie net ons saamlewe met ander onmoontlik nie. Ook met onsself kan ons nie langer saamlewe onder so 'n orde nie, want dit is teen ons eie beste beginsels en insigte. Ons weet uit ons eie geskiedenis dat 'n volk wat sy sout werd is, op die duur nie in 'n vreemde regering sal berus nie en omdat ons dit weet, het ons nie werklik die hart om dit te probeer nie. 'n Beleid van verdrukking is vir 'n regering van Afrikaners onmoontlik, omdat dit die Afrikaners self uiteen sou skeur."

Teenstand van die idealiste teen Verwoerd het eers teen 1965 weer kop begin uitsteek. Die geleentheid daarvoor is geskep toe die Nasionale Pers se Sondagblad Die Beeld in daardie jaar in Johannesburg verskyn het. Verwoerd, wat 'n direkteur van twee noordelike Afrikaanse persmaatskappye was, het vergeefs probeer om dit te verhoed. Hy was reg in sy aanname dat die blad as 'n produk van die meer hervormingsgesinde Nasionale Pers in die Suide die bolwerk van Afrikanerkritiek op hom en sy opvatting van apartheid sou word.

Die redakteur was Schalk Pienaar en hy het 'n uitmuntende span bestaande onder andrere uit Rykie van Reenen, Johannes Grosskopf en Ton Vosloo gehad. Pienaar was 'n begaafde joernalis met 'n helder en indringende manier van skryf wat hy gepaar het met 'n humorsin wat sowel kon vermaak as dodelik spot en 'n morele moed wat valsheid en vertoon nie kon duld nie. Pienaar en Cillié was sedert hul skooldae vriende en albei is deur die volksbeweging gevorm en was daaraan getrou.

Tog was daar ook groot verskille. Terwyl Cillié teen die middel van die 1960's na aan die NP-leierskap was, het Pienaar sy verbintenis tot 'n onafhanklike en kritiese Afrikaanse pers behou. Anders as Cillié wat selde, indien ooit, op 'n vlak van gelykheid met swart mense gepraat het, het Pienaar voor 1960 twee uitgebreide reise na kolonies in Afrika onderneem en die eerste roersele van Afrika-nasionalisme eerstehands beleef. Terwyl Cillié die swart uitdaging abstrak en effens geringskattend beskou het, het Pienaar die "swart reus" gerespekteer en besef dat swart mense gelykheid begeer en alles sou doen om hulle van wit heerskappy te bevry. Hy het gewaarsku dat die tyd vir wit Suid-Afrikaners om 'n bevredigende oplossing te vind, veel korter is as wat hulle dink. "Militêre bajonette alleen sal nie die instromende swart golf keer nie."

Pienaar se vriendskap met John Vorster en P.W. Botha het aan hom 'n sekere mate

Bl. 482

van beskerming verleen, maar hierdie bande was ook een van die redes wat hom verhinder het om oor die donkerste kant van apartheid te skryf. Hy het ook selde die fundamentele grondslae van apartheid uitgedaag. Tog het hy begin vrae stel oor Verwoerd se heiligste koei - die verwagting dat die swart stroom van verstedeliking teen 1978 na die reservate sou begin terugvloei. Hy het gewys op die onhoudbaarheid van die beleid dat stadswartes as deel van die tuislandswartes behandel word en dat daar van hulle verwag word om hul politieke regte in hul bepaalde tuisland uit te oefen.

Teen 1966 het Pienaar en Cillié nie meer oor die politiek en die rol van die Afrikaanse koerante saamgestem nie. Terwyl Pienaar al hoe meer bedenkinge oor Verwoerd gehad het, het Cillié hom beskou as die enigste hoop om van apartheid 'n beleid te maak wat die Afrikaners se oorlewing kon verseker. Hy het aan Alan Drury, 'n bekende Amerikaanse skrywer, gesê dat Verwoerd die enigste man is wat die land kon lei in die rigting wat "logic, selfpreservation and decency indicate that it should go". Een man, een stem, was vir hom 'n onmoontlikheid, "but the development of each race within its own context, is something else again".

Die tuislandvisie taan

Weinig van die pogings om Verwoerd te beïnvloed, het veel indruk op hom gemaak, maar daar wel een. Dit was die besoek van Dag Hammarskjöld, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, wat in Januarie 1961 in Suid-Afrika aangekom het. Sy opdrag was om die skending van menseregte ingevolge apartheid te ondersoek. Verwoerd het die besoek so belangrik geag, dat hy ses private gesprekke met Hammarskjöld gehad het.

Die sekretaris-generaal het gesê dat sy liggaam spoedige integrasie in Suid-Afrika verlang, maar vir Verwoerd was dit volkome onaanvaarbaar. Hammarskjöld het toe die belangrike vraag gestel: Is daar 'n kans dat apartheid omskep kan word in iets wat dit "a competitive alternative" vir integrasie maak?

Verwoerd het geantwoord dat die beleid van swart tuislande so 'n alternatief kan wees. Hierop het Hammarskjöld gereageer deur te sê dat die beleid as 'n kompeterende alternatief beskou sal word as dit aan die volgende vereistes voldoen:

* voldoende grond en samehangende gebiede moet deur die regering opsy gesit word;

* 'n plan vir hul ekonomiese ontwikkeling moet gepubliseer word;

* instellings moet daargestel word wat op die volkswil berus en kan lei tot onafhanklikheid as die mense dit so verkies.

Die regering moet ook besef dat die tuislande nie 'n algehele oplossing bied nie. Die swart mense wat buite die tuislande woon en werk, moet dieselfde beskerming kry as wat Westerse lande aan gasarbeiders gee. Ná langdurige verblyf moet hulle geregtig wees om burgerregte en volle burgerskap.

Hier het Verwoerd 'n unieke geleentheid gehad om 'n plan te ontwikkel om minstens Westerse steun vir 'n meer aanvaarbare beleid te verkry. Hammarskjöld het egter 'n paar maande later tragies in 'n vliegongeluk in die Kongo omgekom en daarmee het die Suid-Afrikaanse regering 'n waardevolle bemiddelaar verloor. Die regering het nietemin later in 1961 'n vorm van plaaslike regering vir stadswartes ingestel, die sogenaamde stedelike

Bl. 483

Bantoerade. Die raadslede was verkose, maar die liggame het min magte gehad. 'n Vorm van selfregering is ook in die Transkei ingevoer met die belofte van latere onafhanklikheid. In 1963 het Kaizer Mantanzima aan die bewind gekom deur die verkiesing van 'n wetgewende vergadering. Hoewel die mate waarin hy onafhanklik kon optree beperk was, was dit duidelik dat die regering 'n proses in werking gestel en leiers na vore laat tree het wat nie meer heeltemal beheer kon word nie.

Die regerings van lande in die Derde Wêreld het die beleid van "Bantoestans" as 'n klugspel beskou, maar as eksperiment is dit aanvanklik in sekere Westerse lande met belangstelling begroet. Die Londense Sunday Times het geskryf dat die Afrikanerminderheid besluit het om 'n alternatief te probeer vind vir 'n geveg tot die bitter einde. Die Transkei was 'n moedige stap in daardie rigting. The Guardian het aanvaar dat daar moontlik in Suid-Afrika wit en swart invloedsfere kan kom, wat uiteindelik tot volle partisie kon lei. In 1964 het die invloedryke Amerikaanse blad Foreign Affairs 'n artikelvan C.W. de Kiewiet, die voorste liberale historikus, gepubliseer wat hy geskryf het ná 'n besoek aan Suid-Afrika. Sy oorweldigende indruk was die toenemende onderdrukking in die apartheidsbestel, maar hy het nietemin geskryf dat dit onverstandig is om die beleid van "Bantoestans", soos dit nou bekend gestaan het, onomwonde te verwerp. Dit hou die moontlikheid in van "an enlarged poliltical experience" waarin die swart mense verligting kon kry van die onderdrukking in die gemeenskaplike gebied.

Teen 1966 het bedenkinge oor die beleid ontstaan, selfs in die geledere van Nasionaliste. Die ekonomiese ontwikkeling van die gebiede het met 'n slakkegang geskied. In die tien jaar tussen 1956, toe die Tomlinson-verslag verskyn het, en 1966, toe Verwoerd dood is, is slegs 45 000 werksgeleenthede in die Bantoestans en in grensgebiede geskep. Dit was minder as wat Tomlinson in een jaar wou hê.

In 1966 was die totale produk van al die Bantoestans slegs 1,9% van die nasionale produk van Suid-Afrika. Geen werklike nywerheidsontwikkeling het in die sogenaamde tuislande plaasgevind nie. Namate die gebiede 'n al hoe groter bevolking moes onderhou, het die landbou vinnig agteruitgegaan.

Verwoerd se poging om die ontwikkeling van die tuislande as 'n vorm van "dekolonisasie" aan te bied, het in die praktyk ver agter sy retoriek gebly. Anders as wat hy in 1961 in Londen belowe het, het hy nie 'n oorkoepelende struktuur daargestel waar hy as eerste minister met die swart poliltici van die "tuislande" kon saamkom om griewe en gemeenskaplike belange te bespreek nie. Die stedelike Bantoerade het min steun en geloofwaardigheid geniet. Om die swart stroom na die stede om te keer, was dit nodig om met 'n plan vir dinamiese desentralisasie en streekontwikkeling na vore te kom, maar Verwoerd het nie so 'n plan gehad nie.

Politieke en ekonomiese logika het met mekaar gebots. Aan die een kant was daar Verwoerd se politieke logika, wat in die Afrikaner-ervaring gewortel was. Dit het gelui dat swart mense hulle nie met die ontstaan en groei van nywerhede en landbou in die reservate sou vereenselwig indien wit kapitaal en entrepreneurs daarin deurslaggewend is nie.  Aan die ander kant was daar die marklogika waarvolgens wit kapitaal en inisiatief onmisbaar is vir snelle ontwikkeling. Maar selfs die marklogika was verdag. Die suigkrag van die Witwatersrand en drie of vier ander metropolitaanse gebiede was so sterk

Bl. 484

dat selfs groot subsidies en ander aansporings die stroom van arbeid daarheen nie sou kon omkeer nie.

Die ander moontlikheid - hoewel net in teorie - was 'n radikale beleidsverandering. Apartheid met sy segregering van die samelewing en verontagsaming van leiers uit die stedelike swart elite is wesenlik dieselfde beleid as wat die Angel-Saksiese koloniseerders elders gevolg het. Suid-Afrika was die enigste kolonie waar die inheemse bevolking sterk gegroei het. Apartheid was volhoubaar tot op die punt waar die getalsoorwig te groot sou word. Daar was egter ook 'n ander model: In Suid-Amerika het die Spanjaarde en Portugese die boonste laag van die onderhoriges opgeneem en identiteite en belange so gemanipuleer, dat die Europese identiteit en Europese waardes oorheersend bly.

Ten spyte van die vinnige bevolkingsgroei van swart Suid-Afrika wou Verwoerd geen betekenisvolle toegewing aan die swart elite in die stede doen nie. Slegs so 'n stap sou die oplaaiende wêrelddruk verlig en die swart bevolking verdeel het. Verwoerd was nie die soort politikus wat in 'n vae en dubbelsinnige ideologie belang gestel het nie. Apartheid het al die swartes en bruines van die dominante groep uitsluit, selfs nadat die wit getalle te kleing eword het om met dominasie te volhard. Omdat al die swartes uitgesluit is, kon hulle met verloop van tyd teen apartheid verenig en uiteindelik die stelsel omverwerp.

Radikale teenstand en lojale verset

In die vroeë sestigerjare het politieke onderdrukking in alle erns begin. In 1961 is John Vorster as minister van justisie aangestel. By hom het die veiligheid van die staat die hoogste voorrang geniet wanneer die eerste tekens van opstand verskyn. Hy kon gebruik maak van wetgewing wat in 1961 aangeneem is en wat die staat gemagtig het om mense in huisarres te plaas en om mense en organisasies te lys" en hulle sodoende te verhinder om m et die pers of die publiek te kommunikeer - laasgenoemde deur die uitbreiding van reeds bestaande magte. Die polisie kon verdagtes nou in afsondering aanhou vir opeenvolgende tydperke van twaalf dae, wat gou opgeskuif is tot 90 en later 180 dae en nog later tot 'n onbepaalde tydperk.

Deur wetgewing is ongemagtigde berigte oor tronke en gevangenes verbied, wat beteken het niemand oor beweerde marteling kon skryf nie. In 1963 is 'n streng stelsel van sensuur ingevoer met aan die spits 'n Publikasieraad met die mag om boeke en rolprente te verbied wat die openbare sedes en veiligheid kan ondermyn. Die pers het betreklik vry gebly, maar die regering het voortdurend druk op veral Engelse koerantredakteurs uitgeoefen. Allerlei formele en informele beperkinge het die pers verhinder om behoorlik oor die African National Congress en ander verbode organisasies verslag te doen.

Van 1962 af het die Verenigde Nasies feitlik eenparig besluite geneem wat lede gevra het om hul diplomatieke betrekkinge met Suid-Afrika te verbreek en Suid-Afrikaanse skepe en vliegtuie in hul gebied te verbied. Die Veiligheidsraad het 'n voorstel vir 'n wapenboikot aangeneem. Die Verwoerd-regering het hom nie deur die internasionale druk van sy koers laat afdwing nie.

In die loop van 1960 het 'n klein groepie ANC-leiers met Nelson Mandela aan die spits

Bl. 485

besluit dat die organisasie se vyftig j aar lange vreedsame protes geen ware vrugte afgewerp het nie en dat daar geen hoop op betekenisvolle hervormings onder apartheid is nie. Die groep het Umkhonto weSizwe as die ANC se gewapende vleuel gestig en dié het op 16 Desember 1961 bomme by simboliese teikens in Johannesburg, Port Elizabeth en Durban laat ontplof. Pamflette het aangekondig: "Daar kom 'n tyd in die lewe van enige nasie wanneer slegs twee keuses oorbly: om te veg of om hom te onderwerp. Ons sal ons nie onderwerp nie, maar terugslaan." Soos Mandela later aan die skrywer gesê het, wou hy met sy keuse van 16 Desember - die dag van die Voortrekkers se bevryding van Dingane en sy oormag - die simmetrie van Afrikaner- en Afrika-nasionalisme onderstreep.

Die veiligheidspolisie het Umkhonto 'n gevoelige slag toegedien deur die inhegtenisneming van Mandela in 1962 en van die meeste ander leiers in 'n huis in Rivonia, Johannesburg, in 1963. In die hofsaak het die staat beweer dat die ANC en sy bondgenoot, die SA Kommunistiese Party, 'n plan aanvaar het om 'n staatsgreep uit te voer. 'n Buitelandse militêre mag sou die land inval en ondersteun word deur 'n gelyktydige binnelandse opstand waaraan 7 000 saboteurs en guearrillavegters sou deelneem.

Abraham (Bram) Fischer, 'n briljante advokaat en besielde lid van die Kommunistiese Party wat betrokke was by die beplanning van die opstand, het in die hofsaak die verdedigingspan gelei. Hy het namens die beskuldigdes erken dat hulle van 1962 af oor planne vir guerrilla-oorlogvoering gepraat het, maar het verklaar dat daar geen vaste plan aangeneem is nie. In 1964 is Mandela en feitlik al sy mede-beskuldigdes tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die New York Times het geskryf: "To most of the world these men are heroes and freedom fighters." In dieselfde jaar is lede van die African Resistance Movement, wat hoofsaaklik uit wit studente bestaan het, vir 15 jaar tronk toe gestuur. In 1964 is Fischer en 13 ander mense daarvan aangekla dat hulle die doelstellings van die kommunisme bevorder het. Hy het borgtog gekry en gevlug, maar is ná 'n jaar weer in hegtenis geneem. In Mei 1966 is hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Gedurende sy loopbaan het Fischer nooit ontken dat hy 'n Afrikaner is nie. In sy studentejare in Bloemfontein was hy 'n Nasionalis en as student in Oxford het hy kontak met Nasionaliste behou en selfs een keer by 'n Dingaansdagviering in Londen opgetree. In hierdie tyd het Albert Hertzog hom gewaarsku om nie sy Afrikaneridentiteit te verloor nie. Sy biograaf skryf dat hy Verwoerd in Johannesburg uitgenooi het vir ete en hom probeer oorreed het om 'n sosialis te word. In 1965, terwyl hy vir die polisie gevlug het, het hy aan Beyers Naudé 'n brief van ondersteuning geskryf. Hy het geskryf net 'n Afrikaner soos Naudé kan mede-Afrikaners oorreed om van die pad van apartheid terug te draai. Dit, het Fischer beklemtoon, is noodsaaklik vir Afrikaneroorlewing. "Hoe snaaks dit vandag klink, dit is nie onmoontlik dat ons eendag mag saamwerk vir die Afrikanervolk nie."

By sy verhoor in 1966 het Fischer in sy betoog verklaar: "Ek is 'n Afrikaner," en gesê dat iets sinisters gedurende die 1950's gebeur het wat die toekoms van sy volk raak. Vir die veel strenger vorm van segregasie wat apartheid verteenwoordig, word die Afrikaners verantwoordelik gehou. "Dit hou vir die Afrikaners se toekoms niks goeds in nie. Dit kweek 'n diepgewortelde haat vir die Afrikaners, ons taal en ons politieke en rasse-uitkyk ... Swart mense is besig om hul geloof in samewerking met die Afrikaners te verloor." Dit is belangrik, het hy voortgegaan, dat ten minste een Afrikaner teen apartheid

Bl. 486

protesteer, "openlik en positief". In treffende slotwoorde ter ondersteuning van sy onwrikbare geloof dat apartheid omvergewerp sou word, het Fischer nie Marx of Lenin aangehaal nie, maar Paul Kruger. In Februarie 1881, nadat die Transvaalse burgers teen die Britse gesag gerebelleer  het, het Kruger aan die Volksraad van die Republiek van die OVS geskryf: "Hetzij wij overwinnen, hetzij wij steven: de Vrijheid zal in Afrika rijzen als de zon uit te morgenwolken, als de vrijheid rees in die Vereenigde Staten van Noord-Amerika. Dan zal het zijn van Zambezi tot aan Simonsbaai: Afrika voor den Afrikaner."

Piet Cillié se hule in Die Burger ná Fischer se dood in 1975, weerspieël die Nasionaliste se ambivalente gevoelens teenoor die man: "Bram Fischer was van die stoffasie wat 'n volk, 'n beweging, 'n party, graag aan sy kant wou hê. So baie van sy hoedanighede, insluitend sy afkoms en familie-agtergrond, was 'reg' ... Ons wat van sy bloed is, maar sy politiek verfoei, kan ... nie ontkom aan 'n gevoel van groot jammerte oor 'n verlore seun wat nie teruggekeer het nie."

1966: die kruin van Afrikanermag

In 1966, Verwoerd se laaste jaar, het die poging om 'n "wit Suid-Afrika" tot stand te bring, sy uiterste punt bereik. De bou van huise in die swart woonbuurte is al in die vroeë 1960's vasgepen. In 1964 is die strengste wetgewing nog oor instromingsbeheer aangeneem. Die beheer is nou na buitestedelike gebiede uitgebrei. Dit het dit vir die staat moontlik gemaak om die sogenaamde "swart kolle", wat meesal lank gevestigde nedersettings op landbougrond was, op te ruim.

Maar hoewel dit nie destyds so ingesien is nie, was Verwoerd se beleid, met al die kragdadigheid van die uitvoering daarvan, net 'n grondwal teen 'n steeds stygende watervlak. Instromingsbeheer het 1 miljoen tot 1,5 miljoen mense in die reservate gehou wat anders teen die einde van die jare sestig sou verstedelik het. Die watervlak het steeds gestyg. Daar was nou 'n swart bevolking van 14 000 000 teenoor slegs 4 000 000 blankes. Reeds gedurende die 1950's was die sogenaamde blanke staatsdiens verplig om meer swart mense (as polisiemanne, onderwysers, verpleegsters, ens.) as wit mense in diens te neem. Die vervaardigingsbedryf was die sektor van die ekonomie wat die kwesbaarste was vir politieke druk deur georganiseerde swart werkers. Die aantal swart mense in dié sektor het meer as verdubbel van 224 541 in 1945 tot 494 600 in 1970. Die druk op swartes in die tuislande om te verstedelik, het al hoe erger geword. Die gesininkomste van swartes in die groter stede was drie tot vier keer hoër as die gemiddelde inkomste van 'n swart gesin in 'n tuisland. Honger ly in die tuislande was 'n sterker krag as enige instromingsbeheer.

Die ideologiese verdediging van apartheid was nog feitlik ongeskonde. In 'n studie van die wit elites in die politiek, sakewêreld en staatsdiens wat laat in die jare sestig onderneem is, is bevind dat tussen 83% en 96% van die Afrikaners in die monster dit eens is met die volgende stellilngs: "Die Bantoe moet Bantoe bly", 'n "doktorsgraad vir 'n Bantoe is net 'n vermis" en 'n "veelrassige demokrasie is nie prakties nie". Meer as 80% het verskil met die stelling dat daar geen onderskeid in die vermoë van wit en swart mense is nie, maar slegs 'n onderskeid wat betref hul geleenthede.

Die Engelse steun was effens swakker - tussen twee derdes en driekwart het met die

Bl. 487

stellings saamgestem. By die Afrikaners was die verbintenis tot die stel waardes van apartheid sterker vanweë die vermenging van apartheid met godsdiens en nasionalisme. Hulle het die swart mense beskou as 'n deel van die bevolking wat uit verskillende etniese groepe of nasies bestaan. Elke nasie is geskep deur God en elkheen het die reg en die roeping om apart voort te bestaan.

Apartheid, soos vertolk deur Verwoerd, het teen 1966 'n skynbaarbaar onaantasbare houvas op die volksbeweging gekry. Die steun van die grondvlak is nie so moeilik om te verklaar nie: apartheid het veiligheid, bevoorregting en 'n goeie gewete gebied. Die juigende goedkeuring van die intelligentsia is moeiliker om te verstaan, behalwe as 'n mens onthou dat die Afrikaner-intelligentsia - die onderwysers, dosente, joernaliste en predikante - hegter as enige ander seksie ingelyf was in die volksbeweging met sy opvatting dat 'n volk hom self moet ontwikkel deur sy eie instellings. Die beste en die slimste in die intelligentsia h et in apartheid geglo: die joernalis Piet Cillié met sy soepele prosa en subtiele argumente en die akademikus Hendrik Verwoerd met sy doelgerigtheid en vasberadenheid en verbluffende oortuigingskrag.

Ook intelligente mense buite die kring van die volksbeweging is daardeur beïndruk. Leslie Ruben, 'n naturelleverteenwoordiger in die Parlement wat Verwoerd oor omtrent alles teengestaan het, het bely dat daar kere tydens 'n Verwoerd-toespraak was dat hy 'n oomblik gewonder  yhet of alles nie dalk sou uitwerk soos Verwoerd beplan het nie en of al die volke nie dalk hul eie, afsonderlike bestemming vreedsaam sou bereik nie. In Julie 1966 het die liberale Rand Daily Mail geskryf dat Verwoerd die kru ideologie van blanke baasskap omvorm het tot "a sophisticated an rationalized philosphy of separate development".

Ook buitelandse kommentators het 'n gunstige oordeel u itgespreek. C.W. de Kiewiet het in 1964 in Foreign Affairs geskryf dat Verwoerd die land se ernstige probleme met "boldness, shrewdness and even imagination" aanpak en dat dit glad nie absurd is nie om hom te vergelyk met Charles de Gaulle, "the stern, headstrong but deeply imaginative leader of France". In Augustus 1966 sou die tydskrif Time in 'n andersins baie kritiese ontleding van apartheid Verwoerd beskryf as "one of the ablest leaders Africa has ever produced".

Op 30 Maart 1966 is 'n algemene verkiesing gehou. Die Nasionale Party het 126 van die 166 setels en 58% van die utigebragte stemme gekry. Die liberale Progressiewe Party het net een setel verower. Hierdie groot oorwinning is gevolg deur die eerste vyfjaarlilkse republiekfees. 'n Skare geskat op 750 000 was op 31 Mei 1966 by die Voortrekkermonument vir die republiekfeesparade. Jaap Steyn, biograaf van Van Wyk Louw, skets die oomblik: Dit was een van die hoogtepunte in die geskiedenis van die Afrikanernasionalisme. "Die land het gepresteer op ekonomiese terrein. Die woord 'wonderwerk' is dikwels gebruik."

Tussen 25 Mei en 11 Junie is Die pluimsaad waai ver, Van Wyk Louw se drama oor die Anglo-boereoorlog, as deel van die fees in Pretoria opgevoer. Dit begin waar 'n bejaarde vrou huiwerend vra: "Wat is 'n volk?" Die drama skets die komplekse Afrikanerkarakter en ondrlinge verdelings tydens die Anglo-Boereoorlog, met sleutelfigure wat aan die ideale van vryheid en onafhanklikheid twyfel en dit soms selfs verraai. Selfs pres. M.T. Steyn is by tye vol vertwyfeling.

Bl. 488

As eel van die fees in Pretoria het Verwoerd op 31 Mei voor 'n skare van tussen 70 000 en 100 000 mense gepraat. In 'n duidelilke verwysing na die Louw-feesdrama het hy die versugting uitgespreek dat "soos by ander volke in hulle wonderuur" daar skrywers en digters mag ontstaan wat "die heldedade van  hulle eie geslag" sal besing. "O, kon dit vir ons ook gegee word, soos dit in die uur van roem van groot volke in die verlede was, dat daar diegene kon opstaan wat nie weifend vra: wát is 'n volk? nie, maar wat sal uitjubel" dít is my volk, só is my volk, só kan hy ook wondere verrig, só is hy as skepper van 'n eie toekoms!"

Schalk Pienaar, wie se persoonlike verhouding met Verwoerd nooit goed was nie, het ná sy dood geskryf dat Verwoerd - asof dit die natuurlikste ding op aarde is - hom self as arbiter aangestel het om in elke geval te besluit wat goed en wat sleg vir die Afrikaners is. Ná Verwoerd se kritiek op Louw se drama, wat deur sommige joernaliste en briefskrywers geesdriftig ondersteun is, het dit alles vir Pienaar te erg geraak. Hy het in Die Beeld  geskryf dat kritici wat Louw en sy drama as volksvyandig beskou, hulle behoort te skaam. "Wat is Van Wyk Louw se sonde in Pluimsaad? ... Hy sien grootheid en kleinheid, krag en swakheid, wysheid en onverstand, verraad, angs en heldemoed. alles wat hy saam in sy heldefiguur, pres. Steyn, die man aan wie twyfel nie vreemd was nie, en wat oorwin het omdat hy die swakhede van sy volk in homself kon oorwin. Dit moet dan Van Wyk Louw se sonde heet, dat hy twyfel durf opper het in 'n tyd waarin daar vrees is vir twyfel."

Op 6 September 1966, met Verwoerd op die kruin van sy mag, het hy in die Volkraad gevag vir 'n sitting om te begin. Daar is gegis dat hy 'n belangrike beleidsaankondiging sou doen. Net voordat hy sy toespraak sou begin, het Demetrio Tsafendas, 'n parlementêre bode, hom in sy bank met 'n mes doodgesteek.

Schalk Pienaar het in 'n huldeblyk in Die Beeld geskryf dat die man Verwoerd en die apartheidsbeleid feitlik ineengevloei het. Verwoerd het 'n eensame pad geloop en sonder 'n poliltieke testament gesterf. Piet Cillié het hom beskryf as die man wat in die oë van die wêreld die simbool van Suid-Afrika se taaiheid en koersvastheid geword het. Binnelands was sy invloed ongeëwenaard. "Soms het dit gevoel of hy die Suid-Afrikaanse toneel so volkome oorheers, of die meevoerende krag van sy persoonlikheid en gesag so oorweldigend is, dat inisiatief ondertoe noodwendig moes ly en dat vryburgerskap verdring kon word deur blote volgelingskap."

Verwoerdiaanse apartheid: 'n komplekse nalatenskap

In die 25 jaar ná Verwoerd se dood het akademici sekere kardinale aspekte van sy termyn as eerste minister indringend bespreek. Die opvallendste kenmerk was die uitsonderlik hoë ekonomiese groei gedurende die jare 1961-1966, juis toe apartheid op sy onbuigsaamste was. Dit het die groot vraag laat ontstaan: Is daar 'n oorsaaklike verband tussen hoë ekonomiese groei en apartheid? Die akademici wat die Marxistiese benadering gebruik, het geargumenteer dat die hoë groei die produk was van apartheid, wat die swart arbeidsmag onderdruk het. Liberale het gemeen dat apartheid nadelig was vir groei, veral omdat die stelsel die swart arbeidsmag nie beter onderwys en opleiding gegee het nie en swart mense in die algemeen van die ekonomiese hoofstroom uitgesluit het.

Bl. 489

Nadat die verbod op die ANC en ander organisasies in die 1990's opgehef is, het die debat verander. Die dominante siening was nou 'n kombinasie van 'n kru weergawe van die librale siening van die vorige dekades en die ANC se beskuldiging van die apartheidstaat. Hiervolgens was apartheid, veral die hoogty daarvan onder Verwoerd, 'n onvermengde ramp - moreel, maatskaplik, ekonomies en polilties - wat Suid-Afrika baie jare agter laat raak het. Die ekonomiese groei en stabiliteit wat daar tussen 1948 en 1974 was, word hiervolgens beskou as vordering wat ten spyte van apartheid gemaak is. Terselfdertyd word apartheid die skuld gegee vir alle tekortkominge wat Suid-Afrika ná die afskaffing daarvan ervaar het.

In 1994 het Howard Preece, 'n senior finansiële joernalis, 'n meer oorwoë, maar steeds baie negatiewe oordeel oor die ekonomiese gevolge van apartheid gevel. Sy eerste punt was dat Suid-Afrika tydens apartheid nie naasteby sy groeipotensiaal bereik het nie. Die tweede was dat dit omtrent uitsluitlik die wit gemeenskap is wat voordeel uit die groei en gevolglike styging van inkomste getrek het. Hoewel die ekonomie op makrovlak gegroei het, het dit geen voordeel vir die groot meerderheid van die bevolking i ngehou nie.

Om apartheid te evalueer en in die besonder die Verwoerd-nalatenskap, is dit nodig om effens stipter na die verband tussen groe en politieke beleid te kyk. Ná die Tweede Wêreldoorlog was Suid-Afrika in 'n baie gunstige posisie vir 'n hoë ekonomiese groeikers. Daar was oorvloedige natuurlike hulpbronne, goeie verdienstes van buitelandse valuta (veral as gevolg van goudverkope), 'n gesofistikeerde finansiële stelsel, 'n goeie tegnologiese basis, 'n doeltreffende staatsdiens en 'n gevestigde plek in die wêreld se handelsnetwerk. Daar was ook groot tekortkominge: die grootste deel van die land se bevolking en dié van sy buurlande was baie arm, die onderwysstelsel vir sy onderhoriges was swak, swart en bruin werkers is nie behoorlik opgelei nie en hul produktiwiteit was laag. Ook het die vervaardigingsektor nie daarin geslaag om 'n stewige uitvoervermoë op te bou nie. (Dit was die produk van segregasie en 'n te groot afhanklikheid van die uitvoer van goud.)

Tussen 1948 en 1981 het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen 'n koers van 4,5% per jaar gegroei. Dit was omtrent die gemiddelde groei van 'n groep van twintig vergelykbare ontwikkelende ekonomieë van middelgrootte, soos dié van Oostenryk, Venezuela, Argentinië, Spanje en Chli. Preece meen nietemin dat Suid-Afrika sonder apartheid veel vinniger kon gegroei het soos Japan of Korea en sodoende 'n groot verligting van armoede kon bewerkstellig het.

Hierdie siening is nie verkeerd nie: Suid-Afrika kon veel vinniger gegroei het, maar dit kon ook veel slegter gevaar het. Argentinië is 'n voorbeeld van laasgenoemde. In 1913 was die land se i nkomste per kop gelyk met dié van Frankryk en Duitsland en ver voor dié van Italië. Tot 1950 was die inkomste per kop gelyk aan dié in 'n groep van agt Wes-Europese lande. Daarna het 'n tydperk van politieke onstabiliteit, grootskaalse korrupsie en wisselvalligheid in die ekonomiese beleid ingetree. In 2001 was dit 48ste gemeet aan die bruto binnelandse produk nadat dit in die 1930's onder die eerste tien was. Die inkomste per kop was nou net die helfte van wat dit was in dieselfde groep van agt Wes-Europese lande. Dieselfde kon met Suid-Afrika gebeur het as daar politieke onstabiliteit en 'n onbestendige ekonomiese beleild was.

Die gedagte dat Suid-Afrika baie beter kon gevaar het, spruit uit die liberale gedagterigting

Bl. 490

dat 'n vrye mark en vrye demokratiese politiek mekaar wedersyds versterk en saamwerk om vinnige ekonomiese groei, politieke vryheid en die verligting van etniese konflik te bewerkstellig. Hierdie "model" werk in ontwikkelde lande, maar het nog telkens misluk in ontwikkelende lande waar etniese en klasseverskille saamval. In laasgenoemde geval neig 'n stelsel gegrond op sowel die vrye mark as 'n liberale demokrasie om rasse- en etniese stryd te vererger. Geweld breek dikwels uit, rasse- en etniese wrywing vererger en daar is 'n algemene gebrek aan stabiliteit. Dit lei op sy beurt tot 'n skerp daling in die ekonomiese groeikoers en dikwels tot die ineenstorting van die demokrasie. In haar boek World on Fire wat in 2003 verskyn het, het Amy Chua van die Yale-universiteit hierdie patroon in Suidoos-Asië en Afrika nagespeur en gedokumenteer.

'n Stabiele demokrasie met 'n vrye mark het telkens tot stand gekom as die produk van 'n lang tydperk van bestendige groei, hoofsaaklik in die private sektor en deur die ontwikkelilng van die vervaqardigingsektor. Dit het gewoonlik sowel 'n stewige middelklas opgelewer as 'n werkersklas wie se werks- en leefomstandighede 'n tyd lank sterk verbeter het.

Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was Suid-Afrika ver van ryp vir 'n stabiele demokrasie, met sy ekonomie wat nog hoofsaaklik van die landbou en mynbou afhanklik was. Die lone van die wit werkersklas het genoeg gestyg om aan hulle 'n ordentlike bestaan te verseker, maar die werks- en leefomstandighede van die bruin en swart werkers was nog haglik.

Daar was in 1948 twee duidelike altenatiewe vir apartheid: 'n liberale demokrasie en 'n sosialistiese stelsel. Sou enige van dié twee beter as apartheid gevaar het om te groei, stabiliteit en groter vryheid te verseker? Dit is die kritiese vraag as 'n mens die bespreking van apartheid verder as 'n ongekwalifiseerde veroordeling wil voer.

Om die vraag te beantwoord, moet die historikus hom op die terrein van spekulasie begeef, wat vol slaggate is. al wat die ondersoek in 'n sekere mate kan help, is 'n vergelykende studie. Die ontwikkelinge in Suid-Amerika in die laaste helfte van die vorige eeu toon dat 'n liberale demokrasie gegrond op die algemene stemreg gereeld gelei het tot buitensporige eise van die massa, ernstige stryd en die uitwyk van kapitaal. In Afrika was dit ook 'n droewige verhaal wat demokrasie betref. Ná die onafhanklikwording van talle state rondom 1960 het die demokratiese instellings gou in duie gestort en die ekonomiese groei was traag of selfs negatief. Die bewindhebbers van Afrika het geglo in sosialisme of wat genoem is staatskapitalisme. Daar was 'n ongegronde geloof dat die staat die masjien vir ekonomiese groei kon verskaf en self sekere sleutelbedrywe kon bestuur. State het al hoe meer mense in diens geneem tot op die punt dat die staatsdiens en ondoeltreffende staatskorporasies 'n ondraaglike las op die begroting geplaas het.

Teen 1948, toe die NP an die bewind gekom het, het liberale akademici nie algemene stemreg bepleit nie. Die belowendste jong liberale historici, Arthur Keppel-Jones en Leonard Thompson, het in die woorde van eersgenoemde verklaar regering deur "simple and unrestricted majorities is not workable in a multi-racial society of the South African type". Liberale het gehoop dat die invoer van 'n nie-rassige gekwalifiseerde stem daartoe sou lei dat die kiesers meer gematig raak en dat hulle al hoe meer deur hul belange eerder as deur hul rasse- of etniese identiteit gemotiveer sou word by die uitbring

Bl. 491

van hul stem. Maar dit het in geen ander veelrassige land gebeur nie en daar was geen rede om te glo dat dit 'n werkbare oplossing vir Suid-Afrika sou wees nie. Voor die verkiesing van 1948 het Jan Hofmeyr besef dat hy nie in staat sou wees om aan sy kieserskorps die soort hervormings te verkoop waarop die leiers van die stedelike swartes aangedring het nie (sien p.404). Selfs indien hy wel kon slaag met 'n klein  uitbreiding van die stemreg aan swart mense, i s dit onwaarskynlik dat die ANC dit sou aanvaar het, behalwe vir 'n beperkte tydperk. Die dae van 'n konserwatiewe ANC-leierskap wat bereid sou wees om wit leiding te aanvaar, was toe al verby.

Dit is onwaarskynlik dat die invoer van die gekwalifiseerde stem in Suid-Afrika ná die Tweede Wêreldoorlog stabiliteit sou verseker het. Die vlak waarop mense vir stemreg kwalifiseer, sou waarskynlik hoogs omstrede gewees het, ook in die wit gemeenskap, omdat kandidate vir 'n party wat deur Engelssprekendes oorheers is, waarskynlik meer swart en bruin stemme sou gekry het. 'n Wankele regering onder druk van wit kiesers wat die kwalifikasievlak wil opstoot en swart kiesers wat dit laer wil hê, sou ongetwyfeld beleggers afgeskrik het. Dit kos nie veel verbeelding om te dink aan 'n Hofmeyr-regering wat van een krisis in die ander strompel totdat daar uiteindelilk 'n stelsel van algemene stemreg is nie. Suid-Afrika kon dieselfde pad as Argentinië geloop het.

Dit is goed moontlik dat, soos in baie ander Afrika-lande, die eerste swart regering in Suid-Afrika pragmaties sou gewees het, soos die Kenyatta-regering in Kenia en die vroeë Mugabe-regering in Zimbabwe. Dit is egter ook moontlik dat 'n swart regering wat in die loop van die 1950's en 1960's in Suid-Afrika aan die bewind sou gekom het, nie slegs "staatskapitalisme" sou aangegryp het nie, maar ook duur sosialistiese ekskperimente soos dié in Zambië en Tanzanië sou uitgevoer het. Tot die 1970's het die Derde Wêreld die staatsbeplande ekonomie bewonder en die Kommuniste, wat sterk in die ANC as beweging verteenwoordig was, sou ongetwyfeld sterk druk ten gunste daarvan uitgeoefen het. Die mislukking van die Oos-Europese ekonomieë het nog voorgelê. 

Eksperimentering met die sosialistiese model sou Suid-Afrika 'n ekonomiese terugslag toegedien het waarvn die land nie gou sou herstel het nie. Selfs die toepassing van die "Freedom Charter", wat die ANC as sy ekonomiese en maatskaplike beleid aanvaar het, sou 'n ernstige ekonomiese ontwrigting veroorsaak het. Dit bepleit die nasionalisering van die myne, swaar nywerhede en banke en 'n herverdeling van grond. In sy outobiografie, wat ná die ANC-magsoorname in 1994 gepubliseer is, erken Nelson Mandela dat die Freedom Charter 'n "revolutionary document" is en dat die toepassing daarvan nie sou kon geskied het sonder "radically altering the economic and political structure" nie. Vroeër het selfs 'n nie-Kommunis soos Mandela die geskrifte van Karl Marx en Friedrich Engels bestempel as "a blueprint of the most advanced social order in world history that (has) led to an unprecendented reconstitution of society and to the removal of all kinds of oppression for a third of mankind".

Dit is waarskynlik dat die Kommuniste in die ANC-alliansie hulle deeglik sou laat geld het as daar groot politieke onstabiliteit ontstaan het ná 'n ANC-magsoorname in die 1950's. Iemand wat dit verwag het, was Alan Paton, 'n liberaal wat so 'n goeie verhouding met Bram Fischer gehad het, dat hy in 1966 bereid was om vir sy verdediging te getuig. Uit sy eie geskrifte blyk dit egter duidelik dat hy geglo het dat Kommuniste met hul hande op die hefbome van mag groot onheil sou inhou. Hy het van 'n mede-liberaal

Bl. 492

verskil wat aan hom gesê het hy sou vermoor word as Bram Fischer se party as deel van 'n ANC-alliansie aan die bewind kom. Hy het egter gehoop dat sy vriend Bram in sulke omstandighede 'n gesant na hom sou stuur met 'n eenrigting-vliegtuigkaartjie en die boodskap: "Get out of here as fast as possible."

Wat Suid-Afrika gekry het, was nie sosialisme of 'n liberale demokrasie nie, maar apartheid. Die NP-regering het ná sy oorwinning in 1948 'n konserwatiewe ekonomiese beleid gehandhaaf wat die grondslag gelê het vir bestendige ekonomiese groei. Begrotingsoorskotte is gebruik om skuld te betaal. Teen die tyd dat Verwoerd die leisels oorgeneem het, het die regering al die plan om die myne te nasionaliseer, laat vaar en daar was geen plan vir Afrikanerkwotas nie. Die regering het buitensporige looneise van wit werkers verwerp. Hoewel Verwoerd se Bantoe-onderwys gekritiseer is omdat die besteding aan wit en swart so ongelyk was, het dit werkers se geleentheid aansienlik verbeter. Die republiek wat in 1961 uitgeroep is, het slegs 'n simbolliese verandering verteenwoordig. Nóg  die republiek nóg die verbreking van die Statebondsbande het die handel met en beleggings deur Brittanje, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, nadelig beïnvloed. Die enigste vraag vir sakeluui was of die regering 'n sterk swart uitdaging die hoof sou kon bied. Verwoerd het gou gewys dat hy alle middele van die staat sou gebruik om opstande te onderdruk en geen plan het om apartheid te hervorm nie.

In die eerste helfte van die 1960's het Suid-Afrika se ekonomie teen 'n gemiddelde 6% per jaar gegroei , met 'n inflasiekkoers van slegs 2%. Buitelandse beleggings het ingestroom: die land was stabiel, arbeid was goedkoop, die geldeenheid is deur goud gewaarborg en maatskappye het groot winste gemaak. Produksie, verbruik en die vraag na arbeid het die hoogte ingeskiet. In sy buiteblad-artikel van Augustus 1966 het Time geskryf. "South Africa is in the middle of a massive boom" en die Rand Daily Mail het verklaar: "The nation is suffering from a surfeit of prosperity." Die Financial Mail, die vernaamste finansiële tydskrif, het in 1967 'n spesiale bylae oor die tydper 1961 tot 1966 gepubliseer wat dit die "fabulous years" genoem het. In hierdie tydperk het Suid-Afrika se bruto nasionale produduk met 30% in reële terme gegroei. Die blad het 'n toonaangewende makelaar van Londen aangehaal: :"South Afric is one of the last genuinely capitalist countries in the world."

Dit was apartheid en Verwoerd en sy onderdrukking van die opstand wat op die Sharpeville-slagting gevolg het, wat die weg voorberei het vir die beleggings wat van 1961 in die land ingestroom het. Dit het weer aan plaaslike beleggers die vertroue gegee om te belê. Apartheid onder Verwoerd het ook 'n groot ekonomiese koste gehad, veral in die vorm van 'n onproduktiewe arbeidsmag, 'n gebrek aan vaardighede en 'n groot omset van werkers as gevolg van die reuse-omvang van die trekarbeid. Maar dit het die ekonomie in die 1950's en 1960's nog nie geskaad nie omdat die vervaardigingsektor nog so klein en ongesofistikeerd was. Hierdie en die andeer koste van apartheid sou h ulle eers 'n dekade of wat ná Verwoerd se dood laat geld. Die Verwoerd-periode het egter 'n belangrike fase verteenwoordig in die proses wat in Hertzog se Pakt-regering begin het om sekondêre nywerhede te vestig en die ekonomie te diversifiseer. Suid-Afrika het, anders as so baie kolonies, nie afhanklik van die metropool gebly nie.

Howard Preece het nie net geskryf dat dit apartheid se skuld is dat Suid-Afrika nie vinniger gegroei het nie. Hy het ook geargumenteer dat die ekonomiese groei tydens

Bl. 493

apartheid swart mense niks in die sak gebring het nie. Anders as in die geval van die eerste stelling, kan hy kategories verkeerd bewys word wat hierdie tweede stelling betref. Dit is waar dat die gaping tussen wit en swart rykdom en inkomste enorm gebly het en dat swart mense in die gemeenskaplike gebied onderworpe was aan omvattende beperkings wat hul vooruitgang aan bande gelê het. In die twee dekades nadat Verwoerd eerste minister geword het, het die besteebare inkomste van alle onderhorige groepe egter groter geword (hoewel van 'n baie lae basis) en teen 'n vinniger koers as dié van wit mense toegeneem.

       BESTEEBARE PERSOONLIKE INKOMSTE (1990-PRYSE)

                          1960 (Rand)        1970 Rand        1980 Rand

Blankes                 12 114                  17 260              17 878

Asiërs                       2 171                    3 674                5 655

Kleurlinge                2 000                     3 033                3 933

Swart mense           1 033                     1 439                1 903

Bron: J.L. Sadie, "The Economic Demography of South Africa", US-verhandeling, p.310.

Toe Verwoerd nog aan die bewind was, het sekere sakelui dit erken. Harry Oppenheimer het in 1964 in die jaarverslag van die Anglo American Corporation geskryf dat die gemiddelde loon van "nie-blanke" werkers in die sekondêre sektor (vervaardiging en konstruksie) in die vorige vyf jaar met 5,4% per jaar gestyg het teenoor die 3,7% van die wit werkers. Volgens hom het dit verduidelik waarom die land soveel stabieler is as wat baie mense gedink het.

Dit was natuurlik min troos vir mense met wie dit in die reservate boomskraap gegaan het. Ook vir hulle was daar egter 'n skrefie hoop: die vooruitsig van 'n werk, al was dit teen 'n baie lae loon. Prof. J.L. Sadie het bereken dat 73,6% van die nuwe toetreders tot die arbeidsmark in 1965 in die formele sektor 'n werk gekry het. Dit was 'n koers wat nog nie voorheen bereik is nie. Dit sou in 1970 tot 76,6% styg, maar daarna daal tot 43,4% in 1998.

Andrew Kenny het geskryf: "The crucial achievement of apartheid (under Verwoerd) was to ensure white rule in South Africa during the post-war period of communism." Verwoerd was die "man van graniet", wat alle toegewings verwerp het wat tot 'n magsoorname gevolg deur sosialisme of staatskapitalisme kon lei. Was hy die soort leier wat bereid sou wees om aanpassings te maak nadat 'n meer gevorderde vervaardigingsektor geskoolde swart en bruin arbeiders begin vereis het?

Namate Verwoerd al hoe meer mag in hom self verenig het, het hy hom al hoe meer laat geld. Eben Dönges het gedink dat hy meer diktatoriaal geraak het. Dit lyk onwaarskynlik dat hy die soort leier was wat die pragmatiese aanpassings sou kon maak wat die hoër groeikoers spoedig sou noodsaak. Schalk Pienaar het tot die slotsom gekom dat Verwoerd se oorheersing van die debat onder die Afrikaners en die groter wit gemeenskap 'n valse gevoel van veiligheid gewek het. Dertien jaar ná Verwoerd se dood het Pienaar vertel hoe geskok hy was toe Verwoerd die dag in die Volksraad vermoor is. By sy huis die aand het 'n vriendin skielik gevra: "Ons voel almal soos ons nou voel. Maar sê my, hoe lank sou Suid-Afrika Verwoerd nog verdra het?" Pienaar skryf: "Daarmee het sy my uit my toestand van geskoktheid geskok. Amper die hele Suid-Afrika stel al vandag daardie vraag."

Bl. 494

--- --- ---

Hermann Giliomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8