www.myvolk.co.za

Hoe Helen geluk gevind het Slaaptyd Stories in Afrikaans

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Helen het in die huis rondgeloop, en sy het so treurig gelyk asof sy al haar poppe gebreek en al haar geld verloor het.

“Wat makeer jou, Helen?” het Moeder gevra. “Hoekom lyk jy so treurig?”

“Ek voel sleg,” het Helen gesê en sy het toe sommer ook begin huil.

“Maar, wat makeer dan?” het Moeder teerhartig gevra.

“Daar is niemand om mee te speel nie,” het Helen in trane gesê. “Daar is niks om te doen nie, en nêrens om te gaan nie.” En toe het sy nog harder begin huil.

“Jou arme kind,” het Moeder gesê, “laat ons sien wat gedoen kan word.”

“Daar kan niks gedoen word nie,” het Helen met haar huilstemmetjie gesê. Moeder het die trane afgevee, en gesê: “Waarom gaan jy nie met die dogtertjie langsaan speel nie?”

“Sy wil nie met my speel nie,” het Helen gesê.

“En waarom wil sy nie met jou speel nie?”

“Sy gaan saam met haar Mammie uit, en sy wil liewer saam met haar Mammie gaan as om met my te speel.”

“Ek sien; maar waarom speel jy nie met jou boeke nie? Hulle is dan so vol mooi prente.”

“Ek wil nie na prente kyk nie.”

“Wel, waarom gaan jy nie - laat ek sien - waarom gaan jy nie na jou tuin kyk hoe mooi alles is na die reën nie?”

“Ek wil nie na my tuin gaan kyk nie,” het Helen gesê terwyl sy haar ogies met haar sakdoek afvee. Skielik het Moeder aan ‘n nuwe plan gedink.

“Nou weet ek!” het sy uitgeroep.

“Wat?” het Helen nou ewe belangstellend gera.

“Ek weet nou wat makeer,” het Moeder gesê; “ek weet regtig.”

“Ek makeer niks nie,” het Helen gesê; ek wil iemand hê om mee te speel.“

"Ja, ek weet,” het Moeder gesê; “daar is iets verkeerd binne jou.”

“Waar?” het Helen gevra. “Ek voel niks binnekant my nie.”

“Daar is iets,” het Moeder gesê met 'n glimlag.

“Wat makeer dan?” wou Helen weet.

“Daar is 'n klein gedagtetjie wat nie heeltemal reg is nie.”

“Wat nie heeltemal reg is nie?” Ek wil net iemand hê om mee te speel.“

Toe het Moeder gesê: "As jy net vir 'n paar minute sou ophou om aan jouself te dink, en begin dink aan iets wat jy vir iemand anders kan doen, dan sal jy sommer dadelik weer lekker voel.”

Dit was heeltemal iets nuuts vir Helen; daarvoor het sy geen antwoord gehad nie, en sy het haar Moeder laat voortgaan.

“Dink jy nie dat dat 'n goeie plan sou wees om iemand anders bly te maak nie - sê maar met 'n aangename verassing of so iets?”

“Ek weet nie van iemand wat ek kan verras nie,” het Helen gesê.

“O, ja, jy weet,” het Moeder gesê. Onthou jy nie daardie siek dogtertjie wat ons 'n paar dae gelede in die hospitaal gaan besoek het nie? Jy weet, daardie een wat nie kan loop nie. Jy het gesê dat jy so jammer is vir haar dat jy een van jou poppe aan haar sal gee om haar gelukkig te maak. Maar ek is bevrees dat jy alles daarvan vergeet het.“

"O, ja ek het alles vergeet! het Helen gesê terwyl sy haar voorhofie frons. "En ek het haar belowe dat ek die pop sou bring; wat sal sy nou van my dink?

"Wel, waarom soek jy nie sommer nou daardie pop en trek hom mooi skoon aan nie? Ons kan dit dan more na die hospitaal neem.”

“Goed, Moeder,” het Helen gesê, nou die ene belangstelling. “Ek sal die pop se klere was.”

“Ja,” het Moeder gesê; “doen dit, want 'n mens kan nie 'n pop met vuil klere gee nie.”

“Nee,” het Helen gesê; “ek sal die kouse ook moet heelmaak, want een het 'n gat in.”

“Doen wat jy kan,” het Moeder gesê; “miskien sal ek jou ook help.”

Helen was nou sommer baie bedrywig, en sy het gesê; “Moeder, sal Moeder nie ook een van my prente-boeke in 'n mooi doos inpak en dit met lint vasbind nie? dan sal dit soos 'n mooi present lyk.”

“Ek sal,” het Moeder gesê; Helen het die pop gaan haal en nou was sy vreeslik besig.

Later het Moeder vir Helen hoor lag in haar kamer; sy het gaan loer, en daar het Helen op haar stoeltjie gesit, besig om die pop se kouse te stop.

“Ek is vreeslik besig,” het Helen gesê, en sy het die trane nou heeltemal vergeet.

“Ek is bly,” het Moeder gesê. “Weet jy 'n mens kan altyd baie pret hê wanneer jy besig is met iets wat iemand anders sal blymaak.”

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Rooiborsie vertraag die Trein

“Ja,” het ‘n groot lokomotief tot stilstand gebring, sommer net 'n klein rooiborsie!“ Twee dogtertjies het my hierdie storie vertel, en ek weet dat dit waar is, waant dit het in hulle dorp plaasgevind. En volgens wat hulle my vertel het, het die hele dorp baie lank oor die voorval gepraat.

Dit het een namiddag begin toe 'n goedere trein by die stasie uitgestoom het. Die trein was nie ver nie toe die kondukteur 'n rooiborsie al langs die trein sien vlieg.

"Kyk na daardie voël,” het hy vir die man by hom gesê: “hy volg ons mos.”

“Ja, waarlik! dit lyk al of hy onder die kondukteurswa wil invlieg. Hy sal seker netnou wegvlieg.”  Maar die voël het al langs die kondukteurswa gevlieg. En namate die trein vinniger geloop het, het die voël vinniger gevlieg. Later het die trein te vinnig gegaan en die arme voëltjie moes opgee. Hy het sommer daar op 'n boom gaan sit, en hulle het hom later nie meer gesien nie.

Waarom die kondukteur hom oor 'n voëltjie nou bekommer, weet ek nie, miskien was dit omdat die voëltjie so verleë en verlate gelyk het toe hy die stryd gewonne moes gee. Toe die trein by die volgende stasie stilhou, het hy besluit om te gaan ondersoek instel. En hoe dink julle, wat het hy gevind? Voor, half onder die wa, in 'n hoekie, was daar 'n nessie met drie ligblou eiertjies daarin!

Nou het hy geweet waarom daardie arme voëltjie so vinnig langs die trein gevlieg het. Waar sou die voëltjie nou wees? Sou dit die trein agtervolg het?

Hulle het by daardie stasie gebly so lank moontlik, en gehoop dat die voëltjie betyds sou opdaag, maar dit het nie gekom nie. Voordat die trein weer vertrek het, het die kondukteur met die masjnis gaan praat, en hom vertel van die nessie met die eiers.

Daardie masjinis het ook 'n baie sagte hart gehad soos die kondukteur, en hy het belowe om die lokomotief nie te laat ruk sodat die eiertjies nie miskien uit die nessie rol nie. Hy het die lokomotief altyd baie versigtig tot stilstand gebring.

So het hulle gery tot by die eindstasie, en weer terug. By elke stilhouplek het die kondukteur gaan kyk of die eiertjies nog veilig was.

Eindelik was die trein weer terug by sy ou stasie. Maar waar sou die rooiborsie wees wat hulle laas daar eensaam op die boom agtergelaat het?

De rooiborsie was nie baie ver nie, want eerlank het dit daar aangevlieg gekom, reguit na die nessie, en weer op die eiertjies gaan sit.

Maar wat nou gedoen? Die kondukteur kon baie maklik heeltemal van daardie nessie vergeet het, maar hy het nie. Hy het 'n baie sagte plekkie in sy hart gehad vir daardie voëltjie. Hy het die stasiemeester van die nessie vertel wat ook daarna kom kyk het.

Die stasiemeester het gevoel dat hulle die wa behoort af te haak en daar te laat staan totdat die eiertjies uitgebroei was, want hy het ook 'n baie sagte hart gehad, net soos die kondukteur en die masjinis. Maar hulle sou dit nie kon doen sonder die toestemming van die hoofkantoor nie, en om sake nog moeiliker te maak, was dit die enigste kondukteurswa wat hulle daar gehad het, en dit moes weer die volgende dag vertrek. Die groot vraag was of die hoofkantoor gewillig sou wees om betyds 'n ekstra wa te stuur net omdat daar 'n rooiborsie op die was wat hulle het sit en broei.

Dit sou hulle seker nie doen nie. Die stasiemeester het darem besluit om die hoofkantoor te bel en te doen wat hy kon. Die ergste wat hulle kon doen, is om te weier. Soos dit gewoonlik in sulke gevalle gaan, het die nuus van die rooiborssie en haar nessie baie gou versprei;  die kondukteur het daarvan gepraat; die masjinis het daarvan gepraat; en die kinders het daarvan gepraat totdat die hele dorp daarvan geweet het, en die mense het na die stasie gestroom om die nessie te sien.

Ook die koerante het van die storie gehoor; hulle het van die rooiborsie geskryf, en ook prente geplaas. Soos julle self kan begryp, het die koerantberigte groot belangstelling gaande gemaak.

Die nuus het so vinnig versprei dat ook die spoorweghoofkantoor daarvan te hore gekom het. Toe die stasiemeester dus die hoofkantoor bel om te vra of hulle nie 'n eksta konkukteurswa kon stuur nie, het die bestuurder dadelik ja gesê. Ook het hy gesê dat hulle die wa met die nessie op 'n stil plek moet trek sodat die rooiborsie haar eiertjies kan uitbroei.

Die ekstra wa het die volgende dag daar aangekom. Daarna het mevrou Rooiborsie dag na dag op die eiertjies gesit, terwyl honderde nuuskieriges - kinders en grootmense - haar kom beloer het. Eendag het iemand gesien dat daar kleintjies in die nessie was, en toe het daar weer net soveel mense kom kyk hodat die voëltjie haar kleintjies voer. Die eienaars van daardie spoorweg het beveel dat daardie wa daar moes staan totdat die kleintjies kon vlieg en die nes verlaat. Dit was om hierdie rede dat die rooiborsiegesin die gaste van die spoorweg was totdat hulle besluit het om elders te gaan woon.

'n Mens sou dink dat dit snaaks is dat daardie vier manne sulke moeite gedoen het net ter wille van 'n ou voëltjie! Maar dit laat ons besef hoe baie teerhartige mense daar nog in die wêreld is. Die bietjie wat hulle kon doen vir daardie ou rooiborsie het hulle groot vreugde verskaf.

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Gebreekte Beskuitjies

Hier is seker een van die mooiste stories wat ek gehoor het. Hoe wens ek dat ek die betrokke seuntjie se naam ken, maar ek ken dit nie, en daarom sal ek hom sommer Tommy noem. Ek is seker die engele sal verstaan.

Tommy was ‘n arm seuntjie wie se Vader werkloos was. Sy Moeder het ander mense se wasgoed gewas vir 'n paar sjielings. Die hele gesin het in een vertrek in die agterbuurt van Londen gewoon.  Maar ten spyte van daardie ongunstige toestande, het Tommy 'n hart van goud gehad.

Een sondagnamiddag, terwyl hy in die donker, nou straatjie naby sy huis gespeel het, het hy mense, aangetrek in hulle beste klere sien verbyloop.

Sy nuuskierigheid is geprikkel. “waar gaan hulle almal heen?” het hy aan een van sy maats gevra. “Hulle gaan seker kerk toe,” was die antwoord.

“Hulle gaan liedere sing, en daarna sal hulle lusiter na 'n man wat preek.”

“Nee,” het 'n ander seun gesê. “Hulle gaan nie almal kerk toe nie, maar hulle gaan na die Oesfees.”

“Na die wat?” het Tommy gevra.

“Na die Oesfees. Weet jy nie daarvan nie? Hulle neem ertappels, wortels, kool, en rape, en stapel dit voor die preekstoel op. Het jy nog nooit so 'n fees gesien nie?”

Tommy het erken dat hy nog nie so 'n fees gesien het nie.

“Hoekom gaan jy nie na hierdie een kyk nie?” het sy vriend gevra.

Tommy het gedink dat dit 'n goeie idee is, en toe het hy koersgevat na die diens. Dit was nie in 'n kerk nie, maar in 'n sendingsaal. Hy het daardie saal - die Hoxton market Mission - al voorheen gesien, want die naam was in groot letters bokant die deur. Hy was al 'n hele paar maal in daardie saal vir etes wanneer hy baie honger was. Hy en ander kinders het daardie liedere gesing, en toe het 'n vriendelike ou  man vir hulle vertel van die liefde van Jesus. Hy het aangesluit by ander mense wat daarheen gegaan het, en hy het by die deur ingeloer.

Hy is verras deur wat hy gesien het, want hy het nog nooit voorheen so iets gesien nie. Sy vriend was reg. Rondom die preekstoel was daar ertappels, wortels, kool en rape, en nog baie ander goed soos appels, lemoene, piesangs, groot trosse druiwe, en groot, heerlike brode - groter as wat hy nog ooit gesien het.

Uit pure verbasing het hy saggies gefluit. Die uitdrukking op sy gesig het getoon hoe verbaas hy was.  "Dit lyk of jy baie groot belang stel in alles,“ het 'n vriendelike stem gesê.

Tommy het omgekyk, en toe het hy begin weghardloop.

"Moenie weggaan nie; jy kan bly as jy wil.”

“Mag ek?” het Tommy gevra. “Maar waarvoor is al daardie goed?”

“Weet jy nie?” Wel, eenmaal per jaar bring elkeen iets wat in die aarde gegroei het, as bewys dat hulle erken dat alle goeie dinge van God kom en dat hulle dankbaar is vir die oes.“

"Moet hulle die goed self kweek?”

“Nee; dit kan ook nie hier gebeur nie omdat daar geen tuine is nie. Die mense spaar hulle pennies op en dan koop hulle iets en bring dit. Na alles verby is, word die goed aan die armes uitgedeel.”

“Moet almal iets bring?” het Tommy verleë gevra.

“Nee,” het die vriendelike dame gesê, “net diegene wat voel dat hulle iets wil bring. Baie van die mense het nie eens 'n paar pennies nie, en die Here verstaan alles.”

“Ek sal maar gaan,” het Tommy gesê.

Hy het omgedraai, en stil deur die stroom mense geglip. Toe het hy in sy sak gevoel. Ja, daar is dit nog - sy enigste pennie in die hele wêreld. Hy het dit net gister in die straat opgetel, en hy was van plan om dit te bêre en vir hom lekkers te koop.

“Miskien het hulle in daardie winkeltjie iets,” het hy vir homself gesê. “Ek hoop dit sal nie te klein wees nie. Daardie brode was so groot.”

Hy het die winkeltjie binnegegaan en begin rondkyk. Sal hy een van daardie suiglekkers koop? Nee, dit sal nie geskik wees nie. Hy het nog vir 'n rukkie gestaan en rondkyk.

O, daar is iets.

“Gebreekte beskuitjies - een pennie per pakkie.”

Beskuitjies? Ja, hulle sal deug. Want hulle is mos gemaak van iets wat in die grond gekweek is, net soos daardie groot brode wat hy gesien het. En daardie kardoese waarin die beskuitjies is, is glad nie te klein nie.

Tommy het een van die kardoese gekoop, die winkel dadelik verlaat, en teruggestap na die sendingsaal.

Hy het nie die moed gehad om na die voordeur te gaan nie, maar hy het geweet dat daar 'n agterdeur is, as dit maar net oop was -

Dit was.

Hy het senuweeagtig gevoel, want hy was bang dat iemand hom sou sien. Maar daar het nog mense ingegaan, sommige ook by die agterdeur. Hy het toe sommer saam met hulle ingeglip en gestap na die preekstoel waar die goed orals opgestapel was.

Styf in sy warm, vuil handjie, het hy die kosbare kardoes vasgehou.

“Gou nou! voordat iemand jou sien,” het hy gedink.

En langs een van daardie groot brode  het hy die kardoes neergesit.

Nimand het hom gesien dit doen nie, want daar was te veel mense, en die ander wat reeds in hulle sitplekke was, was te besig om te gesels.

Tommy het vir hom daar ver 'n sitplek  gesoek, en niemand nie, nie eens daardie vriendelike dame wat met hom gepraat  het, het geweet hy is daar nie.

Na die diens is hy terug na sy troostelose ou huisie, maar in sy hart het hy buitengewoon gelukkig gevoel. Ek is seker dat daar ook blydskap in die hemel was toe die engele kom vertel  het van sy mooi daad van opoffering. Daardie kardoes gebreekte beskuitjies is natuurlik daar gevind. Iemand het dit later ontdek by die groot brood en daar het trane gekom in die oë van daardie persoon waar hy gedink het aan die edele kinderliefde wat aanleiding gegee het tot die daad.

Hy het my later vertel dat hy gedink het dat dit die beste van al daardie gifte was.

Ek dink ook so, en julle?

Ook het dit my laat dink aan 'n storie wat Jesus vertel het van die arm weduwee wat eendag na die tempel gegaan en gesien het hoe die mense hulle offergawes gee, en toe ook haar twee geldstukkies in die skatkis gegooi het - die waarde daavan was omtrent een oortjie.

Toe het Jesus aan sy dissipels gesê: “Voorwaar Ek se vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het.” Mark. 12:43-44.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 11 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Onder die Waterval

Was julle al ooit by die Niagara-waterval? So nie, is ek seker dat julle eendag sal wil gaan kyk, nie waar nie?

Daardie waterval is een van die natuurwonders van diewêreld, en niemand kan na die magtige watermassa wat so oor die afgrond stort, kyk, sonder om ontroer te word deur die verruklike grootsheid van die skouspel nie.

Maar die meeste mense wat hierdie natuurtoneel besoek, sien dit gewoonlik nooit in die grootsheid daarvan nie. Om dit te kan sien, moet ‘n mens heeltemal onder die waterval gaan staan sodat die water bo-oor jou verbystort.

Onder die waterval?

Ja, want niemand het 'n tonnel deur die soliede rots gekap sodat besoekers, nadat hulle met 'n hyser na benede gegaan het, onder die bruisende watermassa kan staan.

Word 'n mens nat?

Ja, natuurlik, en jy moet vir die okkasie aantrek; maar jy kan die mondering wat jy nodig het daar huur, en hoe snaaks lyk 'n mens daarin! In die prent op bladsy 174 kan julle mense sien met die waterproef-mondering aan. Hulle lyk amper soos kabouters uit 'n towerland, lyk hulle nie?

En dit lyk soos 'n towerland daaronder, want alles is so vreemd en wonderlik.

Kom saam met my, en besigtig die wondertoneel. Is dit nie 'n magtige skouspel nie? Daar skyn geen einde te wees aan die magtige watervloed waar dit donderend oor jou stort, en jou van kop tot tone natmaak nie. Water - daar is oseane en oseane daarvan - verander in kokende wit bruiswater soos dit neerstort onderweg na die see.

As 'n mens reg na bo kyk, kan jy die blou lug sien, en skielik word die liefde van Jesus vir jou duideliker. Sy liefde is net soos hierdie magtige watermassa wat ons feitelik heeltemal omhul.

Die Bybel leer ons dat daar geen perke aan Sy liefde is nie, en dat Hy ons 'volkome red’. (Heb. 7:25)

Dit is ewig, want Hy het lief 'tot die einde toe.’ (Joh. 13:1)

Sy liefde is sonder maat, 'Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.’ Ps. 103:11.

Soos die magtige Niagara-waterval, vloei dit rondom ons en vertroos en besiel ons, en voorsien in al ons behoeftes 'na sy rykdom in heerlikehid. ’ (Filip. 4:19)

Dit laat my dink aan daardie mooi lied wat ons so dikwels sing:

“Diep en wyd en heerlikSoos die blou omhoog,Magtig, onoorwinklikSpan Sy liefdeboog.”

Het julle ondervind dat Sy liefde so is - soos 'n oseaan van goedheid en vriendelikheid en genade wat sommer bo-oor stroom?

Elkeen van ons kan daardie liefde ondervind as ons wil.

Staan net onder die waterval en kyk na bo.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 13 weeks ago

Melkbos Sprinkaan (Common Milkweed Locust)

Gister het ons die 3km staproete gaan uit toets! Daar is ook ‘n langer een. Is jy lief vir stap? Het jy 'n behoefte aan 'n skoon en veilige roete weg van die stad se geraas? Kyk nie verder as na Kleinfontein Kultuurdorp se verskillende staproetes nie. Enkel of in groepsverband, ons help jou graag!

En wie kry ons? Phymateaus morbillosus

Phyma is Grieks vir swelling, ook uitgroeisels selfs op die gesig en ore, en morbus is afkomstig van die Latyns vir siekte / illness.

Hierdie is een van ons giftige sprinkane, nie omdat dit byt of steek nie, maar omdat dit gifstowwe stoor in die liggaam van die giftige plante wat dit vreet, soos die melkbos Asclepias fruticosus .

Die gif word uitgeskei in die vorm van ‘n wit skuim. Laasgenoemde laat die insekte nie net sleg smaak nie, dit kan ook giftig wees vir enige predatore wat dit inneem / verteer.

Hulle is redelik groot insekte en breik lengtes van tot 72mm. Daar is rede om te glo dat hul in ‘n verskeidenheid van kleure en subspesies voorkom. Die kleure is gewoonlik aposomaties, oftewel gevaar kleure wat hul vertoon.

Dit help dat predatore onthou dat hierdie sprinkane sleg of gevaarlik is, en hul heeltemal uitlos. Hierdie die sprinkane het perfekte gevormde vlerke, maar is nie instaat om te vlieg nie, want hulle het ook nie nodig om te vlieg nie.

image
Posted 24 weeks ago
Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Terug van die Strand

Nellie en Frankie was onderweg na die strand. Hoe gelukkig was hulle nie! Daar was niks waarvan hulle so baie gehou het as om op die sand te speel, of in die vlak water te loop nie.

“Ek wil julle darem net aan een ding herinner,” het Pappie gesê toe hy daar stilhou. “Onthou dat hulle albei nuwe skoene aanhet. Trek julle skoene uit sodra julle by die strand is, en sorg dat hulle nie verloor nie.”

“Ja Pappie,” het hulle albei gesê “ons sal.” Maar hulle het nie eintlik gedink wat hulle gesê het nie, want in hulle verbeelding het hulle al in die water rondgestap.  

Toe die motor stilhou, het die twee opgewonde kinders uitgespring, en reguit na die water gehardloop. Skielik het Nellie haar skoene onthou; sy het hulle uitgetrek en gesit waar sy seker was dat sy hulle weer sou vind. Maar Frankie was so gretig om by die see te kom dat hy byna met skoene en al in die water in is. Hy het sommer sy skoene daar uitgeskop, hulle laat lê net waar hulle geval het, en hy is die water in. Hoe heerlik het hulle daar gespeel!

Toe hulle moeg gespeel was in die water, het hulle sandkastele gebou, reisies gehardloop, en toe weer in die water geloop. Hulle was so besig dat hulle nooit die keer van die gety opgemerk het nie, en die water het al hoër en hoër gestyg tot by die plek waar Frankie se skoene lê.

Eindelik, te gou soos hulle gereken het, het Pappie vir hulle geskreeu om terug te kom. “Dit is tyd om huis toe te gaan: kom jou julle twee.”

Toe was daar ‘n gesoek na skoene. Nellie het hare gekry, want sy het hulle op 'n veilige plek gelaat. Maar Frankie se skoene was nêrens te sien nie. Hy was nie eens meer seker van die plek waar hy hulle gelaat het nie, want dit was nou alles toe onder die water!

Hulle het gesoek en gesoek, maar tevergeefs. Daar was geen skoene nie. Pappie het gesê dat Frankie baie agtelosig was, en dat hy kaalvoet sal moet huis toe gaan. Maar Nellie het gesê dat sy nog 'n paar slippers in die motor het, en dat Frankie hulle solank kan aantrek.

So is hulle dan huis toe; Nellie met haar nuwe skoene aan, en Frankie met Nellie se ou slippers. Frankie het glad nie daarvan gehou om meisie-skoene te dra nie; hy wou sy skoene hê. Ook Pappie en Mammie was ontevrede, want hulle sou weer 'n nuwe paar skoene moes koop. “Miskien kan ons weer gaan soek,” het Pappie gesê.

“Dit sal nie help nie,” het Moeder gesê. “Die skoene sal by die tyd al diep in die see wees.”

“Wel, ons kan darem maar gaan kyk,” het Pappie gesê, “Dit sal in elk geval geen kwaad doen nie.”

Die volgende oggend is hulle almal weer na die see toe om na Frankie se skoene te soek. Maar, vreemd genoeg, was dit hierdie keer Pappie en Mammie wat uit die motor geklim het; Nellie en Frankie het bly sit. Hulle het gesê dat hulle 'n rukkie wou wag, maar het nie gesê waarom nie. Dit was vir Pappie en Mammie snaaks, en hulle het toe maar alleen gaan soek.

Daar, alleen in die motor, het Nellie en Frankie by die agterste sitplek neergekniel en begin bid. Nellie was maar nege jaar, en Frankie net sewe jaar oud. Maar hulle het geglo dat Jesus kinders liefhet en hulle graag help wanneer hulle in die moeilikheid is. Hulle het gebid dat Frankie se skoene gevind mag word! Ses maal het hulle dieselfde gebedjie oor en oor gebid.

Toe het hulle Pappie en Mammie vinnig sien terugkom na die motor toe. Hulle was baie blymoedig en opgeruimd.

“Kyk!” het Nellie uitgeroep. “Kyk wat dra Pappie daar!”

“My skoene! My Skoene! het Frankie uitgeroep. Ja, hulle het die skoene gevind, en onbeskadig ook. Pappie het hulle gevind nie ver van waar die motor stilgehou het nie. Waarom hy hulle juis daar gevind het, kon niemand sê nie, maar almal was dankbaar, veral Nellie en Frankie, wat toe vertel het wat hulle gedoen het terwyl Pappie en Mammie na die skoene gaan soek het.

Dit is so 'n kleinigheid om oor te bid, sê julle. Ek weet. Dit was maar net 'n paar skoentjies! Maar waarom nie? Jesus stel belang in al die klein dingetjies van ons lewe. Het Hy dan nie van die mossies gesê, "Nie een van hulle is voor God vergeet nie?” Ja, Hy het, en Hy het verder gesê, “Julle is meer werd as baie mossies.” Kukas 12: 6,7.

Ons moet dus nie versuim om oor klein dingetjies sowel as groot dinge te bid nie. Nie een van ons gebede - nie 'n enkele een nie - word deur God vergeet nie.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Afrikaanse Spotprent vir die Dag

  © Zapiro Daily Maverick 1/8/2019 #Zapiro

Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Die Inbreker

Muriel het van die skool af gehardloop gekom.

“O Moeder,” het sy uitgeroep, “hoor net hier; al die meisies in my klas gaan na Jenny se partytjie aanstaande Donderdagaand.

"Gaan hulle?” het Moeder gesê, en sy het hard geprobeer om belangstelling te toon, want sy was baie moeg. “Dit sal baie lekker wees.”

“Maar dis nie al nie,” het Muriel gesê; “byna almal van hulle het my vertel dat hulle die pragtigste nuwe rokke gaan he - rokke van die mooiste goed.”

“Dan voel hulle seker baie bly,” het Moeder gesê. “Ja,  maar wat van my? Ek kan tog nie in my ou rok gaan nie.”

“Jou rok is nie so oud nie,” het Moeder gesê. “Jy het dit dan nou die dag op jou verjaarsdag gekry. Hoe dit ook al sy, ek sien glad nie hoe ek ‘n nuwe rok teen Donderdag kan klaarmaak nie.”

Muriel het glad nie die moee trek op Moeder se gesig gesien by die gedagte aan nog 'n rok maak nie. “Moeder!” het sy uitgeroep, “Moeder wil tog nie sê dat ek nie 'n nuwe rok vir Donderdag kan hê nie? Ek moet dit eenvoudig he! Ek kan nie dink om na Jenny se party te gaan daarsonder nie. Wat sal hulle van  my dink? Al die ander meisies sal nuwe rokke hê, en daar sal ek wees in daardie ou katoenrokkie! Ek moet eenvoudig 'n nuwe rok hê.”

Daardie uitdrukking van blye verwagting wat op Muriel se gelaat was toe sy die eetkamer ingehardloop  gekom het van die skool af, het nou plek gemaak vir 'n vreeslike vies uitrdukking. Hoe meer sy aan die sogenaamde onreg gedink het, hoe leliker het die uitdrukking op haar gesig geword. Geleidelik het sy toegee aan n baie slegte bui.

Sy het begin huil, met haar voet op die vloer gestamp en gesê, “Ek wil 'n nuwe rok hê!”

“Maar, kyk nou,” het Moeder gese. “Dis mos glad nie mooi vir 'n meisie om so tekere te gaan nie. Wat sou Jenny daarvan sê as sy jou nou kon sien?”

“Ek gee nie om wie my sien nie,” het Muriel in trane gegil.

“Kyk hier, Muriel”, het Moeder gesê. “Jy maak glad nie mooi nie. Jy is seker baie moeg. Gaan ddadelik na jou kamer. Ek sal jou ete later bring.”

Muriel het die vertrek woedend verlaat, en sy is die trap op na haar kamer toe. Later het Moeder haar aandete gebring. Sy het nie veel gesê nie, en sy het net lank genoeg vertoef om klein Jimmie in die bed te sit. Jimmie het hom aan die hele affêre nie gesteur nie, maar dit was darem vir hom snaaks dat Muriel so vroeg gaan slaap het.

'n Hele paar uur het verby gegaan. Muriel het probeer slaap, maar sy kon nie. Haar gewete het haar wakker gehou. Sy het geweet dat sy baie jammer behoort te wees oor haar gedrag, maar iets het haar teruggehou om dit te herken.  Sy het rondgerol in haar bed, en nog 'n uur het verbygegaan, en toe nog een. Eindelik het sy aan die slaap geraak.

Dit was vir haar of sy nog skaars aan die slaap was toe iets aan haar neus getrek het. Dit was Jimmie.

“Sus, Sus,” het hy gese, “Ek is bang. Mag ek by jou kom slaap?”

Muriel het regop gesit.

“Wat makeer, Jimmie?” het sy gesê, en die outjie opgetel langs haar.

“Het jy nie gehoor nie?” Die geraas daar onder!“

"Nee,” het Muriel gese. “Ek het geslaap. Wat se soort geraas was dit?”

“Iemand stap daar onder rond,” het Jimmie gese.

Muriel het geluister. Dit was 'n baie donker nag, en stil. 'n Koel luggie het deur die venster ingewaai. Die eetkamerhorlosie het twee-uur geslaan.

“Dis al twee-uur,” het Muriel gese. “Niemand kan nou nog daar onder wakker wees nie.”

“Maar daar is iemand daar onder, ek het hom netnou gehoor,” het Jimmie gese.

“Jy moes dit ook gehoor het.”

Skielik het Muriel se hart begin bons, en sy het sommer baie bang geword. Sy was nou seker dat sy ook iemand hoor loop het.

“Het jy gehoor,” het Jimmy gevra.

“Ja,” het Muriel gesê. “Ek wonder-”

“Dink jy dis 'n inbreker?” het Jimmie fluisterend gevra.

“Dit kan wees,” het Muriel gesê, en nou was sy regtig baie bang.

“Wat sal ons doen?” het Jimmie gevra. “Dink jy hy sal ons seermaak?”

Muriel het nie geweet wat om te sê nie. Sy wou eers haar kop toetrek. Toe het sy onthou hoe sy eendag aan die meisies by die skool gesê het was sy sou doen as sy ooit 'n inbreker teekom. Sy het 'n oomblik gedink.

“Daar is dit weer!” het Jimmie bang gefluister, en sy sussie begin vasklem.

“Jimmie,” het Muriel gese, “weet jy wat, ek sou baie graag wou sien hoe 'n inbreker lyk, net eenmaal, sodat ek die meisies by die skool kan vertel.”

“Ek wil nie een sien nie,” het Jimmie gese.

“Sal jy saam met my kom as ek onder toe gaan?” het Muriel gevra. “Ek sal na jou kyk.”

Jimmie het gehuiwer, maar hy het darem saam gegaan. Hulle het uit die bed geklim, en is op hulle tone na die deur, en het dit oopgemaak.

Die skarniere het so geraas dat hulle amper weer terug bed toe is. Maar hulle het mekaar se hande styf vasgehou, en stilletjies na die trap gegaan.

Hulle het so 'n rukkie gewag, en toe is hulle verder.

K-r-a-a-k! het een van die trappe weer gegaan. Weer het hulle gewag. Toe is hulle verder. Kraak! Kraak! het die trappe geraas.

“Hy sal ons hoor,” het Jimmie gewaarsku, “Laat ons teruggaan.”

“Wag maar 'n bietjie,” het Muriel gefluister, en sy hand 'n druk gegee. “Ons is amper daar. Kyk daar is lig in die eetkamer. Ek moet sien hoe 'n inbreker lyk, want ek mag nooit weer die kans kry nie.”

“Maar sal hy ons nie seermaak nie?” het Jimmie gevra.

“Ons sal vinnig weghardloop,” het Muriel gesê.

Hulle was nou onder in die gang.

Stilletjies het hulle na die deur gesluip. Dit was op 'n skrefie oop. Muriel het dit nog so 'n klein endjie oopgestoot. Toe weer 'n bietjie, en toe nog 'n bietjie. So is die deur al wyer en wyer oopgestoot todat Muriel gemeen het dat sy nou sou kon inloer.

Jimmie het haar hand baie styf vasgehou terwyl sy ingeloer het.

“Muriel! het 'n stem uitgeroep, en 'n skêr het grond toe getuimel.

"Moeder!” het Muriel uitgeroep.

Hulle het na mekaar gekyk.

“Moeder! Wat doen Moeder hierdie tyd van die nag hier? Dit is al amper half-drie, en Moeder lyk so moeg.

"Ek maak sommer 'n rok,” het Moeder gesê.

“Tog nie my rok nie”, het Muriel uitgeroep. “O, dit is! Moeder moes dit nie gedoen het nie. Ek verdien dit nie. Moeder moes nie so laat wakkergebly het nie. en Moeder is so moeg!”

Sy het haar Moeder omhels. “Ek is so jammer,” en toe het sy begin huil.

“Toe maar, toe maar,’ het Moeder gesê. "Die rok is bykans klaar. Kom laat ons nou almal gaan slaap. Maar wat doen Jimmie hier?”

“Muriel het gesê dat ek 'n inbreker sou sien as ek saam met haar kom, en nou is daar nie een nie,” het Jimmie teleurgestel gesê.

“Ek is jammer,” het Muriel gesê, toe hulle saam boontoe is, “maar Mammie is tog seker baie beter as 'n inbreker, is sy nie?”

Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Wie is ek? #trotsAfrikaner Blog

Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk die son nooit te laat ondergaan

Maar hierdie hartsland verdeel my lojaliteite en ek kies my eie bo die nou vreemde
Ek trek

Ek trek deur Vegkop en Blaauwkrans en Weenen en staan vas voor die oormag tot die rivier bloei.

Ek trek
Ek trek tussen wit tente en kruise deur tot in my eie republieke en my eie vlae en my eie lied

En ek sing
ek sing in my eie woorde oor my eie vryheid en my eie toekoms
En ek bou en plant en groei

En my Gelofte word versoeningsbloed wat plaasmoordstrepe oor mielielande, en wingerde en velde vloei
Tot vryheidshorisonne weer roep.

Ek is Afrikaner
Ek ken jou Afrika, maar ken jy my?
Ek is Afrikaner, en as trek lê my spore diep
Ek is Afrikaner, en my spore word nie somaar deur winde van verandering uitgewis nie
Ek is Afrikaner
Ken jy my, Afrika? Want ek…ek ken jou.

Geleen van Orania Blog

#share

Posted 37 weeks ago

Die voorgeskiedenis van die mens in Afrika

Posted by Paul Joubert on Monday, July 29, 2013 Under: Ons Geskiedenis

Navorsers na die oorsprong van die mens is dit vandag feitlik eens dat die menseras in Afrika ontstaan het. Die versameling van die getuienis om dié opvatting  te staaf en die bekendmaking daarvan aan die wêreld het 'n enorme bydrae tot die 20ste eeuse wetenskap gelewer. Die ontdeking, in 1924 - van die eerste deurslaggewende fossielgetuienis - die Taung-skedel uit Suid-Afrika - is trouens sestig jaar later in 'n vooraanstaande Amerikaanse tydskrif beskryf as een van die twintig wetenskaplike ontdekkings wat aan die 20ste eeu sy beslag gegee het. 

Waarom Afrika?

Watter omstandighede wat gunstig was vir die verskyning en gevolglike ontwikkeling van die menseras (die hominiede), het in die vroeë Afrika oorheers? Die eerste faktore is geografies. Afrika beslaan bykans 'n kwart van die aarde se bewoonbare landoppervlakte, en byna drie kwart van sy 30 000 000km2 lê tussen die Kreefs- en Steenbokskeerkring. Hierdie uitgestrekte warm gebied was die smeltkroes waarin sogenaamde Ethiopiese faunagebied ontwikkel het. volgens apleontologiese getuienis het die hominiede as 'n deel hiervan ontstaan. Molekulêre en fossiel-getuienis dui sterk daarop dat dit laat in die Mioseen of teen die begin van die Plioseen (omstreeks 5,7 miljoen jaar gelede) gebeur het. Die menseras is dus 'n produk van die trope en subtrope, en vandag nog getuig sy liggaamsfunksies van 'n organisme wat by hitte aanpas. Afrika se verbintenisse met Eurasië het veroorsaak dat daar van tyd tot tyd groot wisselings van dierelewe tussen Afrika en Asië plaasgevind het. Ongeveer 5-6 miljoen jaar gelede  het die Mediterreense bekken grotendeels opgedroog, en in dié tyd het verskeie Asiatiese oerdiere, onder meer die olifantfamilie, verskeie antiloopfamilies, hiënas en sabeltandkatte, blykbaar die eerste keer na Afrika gemigreer.

Teen hierdie dierkundige agtergrond het die hominiede blykbaar in Afrika te voorskyn getree. Daar is egter geen getuienis dat hulle een van die groepe was wat droogvoets van Asië na Afrika geloop het nie. Inteendeel, alle beskikbare genetiese veranderinge uit reeds bestaande  hoër primate in Afrika ontstaan het. Voor dié tyd moes daar geskikte groepe voorgangers op die vasteland van Afrika gewoon het, in sekere bevolkings moes daar genetiese mutasies plaasgevind het, en die omgewing - sowel fisiek as bioties - moes nét reg gewees het vir die oorlewing en opbloei van die pas ontstane hominiede. Die rol van die Asiatiese oerdiere wat Afrika binnegekom het, en die uitdagings wat 'n steeds meer verdorrende vasteland gestel het, moet nog verder ondersoek word, maar dit is duidelik dat dié faktore deel uitgemaak het van die agtergrond van dié vreemde nuwe tweebenige diere wat binne 'n paar miljoen jaar die aarde sou verower. 

Die Taung-kind

In Februarie 1925 het professor Raymond Dart van Johannesburg die wêreld verstom met die aankondiging dat die skedel van 'n fossielkind in November 1924 ontdek is by die Buxton-kalkgroef naby die Stana dorpie Taung ("die plek van Tau, die Leeu"), sowat 80km noord van Kimberley, en vandag deel van Bophuthatswana. In sy beskrywing van dié skedel het Dart die aandag gevestig op die klein hoektande, soortgelyk aan dié van hominiede en heeltemal verskillend van dié van ape. Die basis van die skedel het daarop gedui dat die kop betreklik goed gebalanseer was op 'n ruggraat wat feitlik regop moes geees het, in teenstelling met die posisie by ape, waar die kop vooroor hang van 'n ruggraat wat skuins geplaas is. Dart het dus by die Taung-skedel twee belangrike kenmerke van hominiede uitgewys, naamlik verkleining van die hoektande 'n regop liggamshouding. Maar dit was die kenmerke van die brein wat die grootste belangstelling gaande gemaak het. Die Taung-skedel was vergesel van 'n pragtig behoue endokraniale afgjietsel. Sulke afgeitsels ontstaan wanneer 'n breinholte na die dood gevul raak met sand wat dan afgeset word, byvoorbeeld deur kalk. So ontstaan 'n getroue beeld van die grootte en vorm van die binnekant van die skedel, en ook van die kenmerke van die breinoppervlak wat in lewe aan die binnekant van die breinholte afgedruk is. Die oppervlak van die endokraniale afgietsel van die Taung-skedel het 'n rykdom besonderhede oor breinwindings en bloedvate getoon. Die eerste opspraakwekkende kenmwerk van die endokraniale afgeitsel was die totale grootte daarvan nouliks groter as dié van 'n sjimpanseebrein was, en ongeveer ewe groot as die brein van 'n gorilla; sy volume was nie meer as een derde van dié van die moderne menslike brein nie.

Maar Dart het ook op die afgietsel merke gevind wat vir hom op verwantskap met hominiede eerder as met ape gedui het. Vir Dart het dit gelyk asof hy te make het met 'n swaar gefossileerde skedel waarvan die breingrootte met dié van 'n aap ooreengestem het, terwyl ander anatomiese kenmwerke na aan dié van die menseras was. So 'n kombinasie  van eienskappe was tot nog toe onbekend. Dart was daarvan oortuig dat die Taung-skedel nie tot die apefamilie (die Pongidae) behoort het nie, en hy het die eksemplaar ingedeel by 'n nuwe genus en spesie wat hy Australopithecus africanus (suidelike aap van Afrika) genoem het. Aanvanklik het hy dié nuwe spesie nie onder die hominiede ingedeel nie, want hy was van mening dat dit 'n nuwe familie iewers tussen die ape- en die mensefamilie verteenwoordig. Eers heelwat later, toe noukeruige studies van soortgelyke eksemplare in Transvaal gemaak is, is aanvaar dat Australipithecus tot die hominiede behoort en dat Dart inderdaad 'n baie vroeë lid van die menseras ontdek het. Die ontdekking van so 'n skedel in Suider-Afrika was onverwags, want die wêreld se aandag was tot in dié stadium op Asië toegespits, vanweë ontdekkings wat in die vorige eeu daar gdoen is. Dart het sy kollegas egter herinner aan 'n voorspelling van Charles Darwin waarvan almal reeds vergeet het, nl. dat die mens se vroeë voorlopers waarskynlik in Afrika gewoon het, en nie elders nie. Dart het selfs verder gegaan en beweer dat die ontdekking van Australopithecus Darwin se voorspelling staaf. As die plek waar die skedel gevind is, onverwags was, was sy morfologie eers opspraakwekkend, want die Taung-skedel was die eerste van 'n hominied met klein harsings wat ontdek is. Die buitengewoon groot brein van die mens is lank as een van sy mees opvallende kenmerke aanvaar. wat massa en volume betref, is die moderne mens se harsings sowat drie keer so groot as die van die die gorilla, hoewel sy liggaamsmassa baie minder is, en gevolglik het anatome en antropoloë gewoond geraak aan die gedagte dat die mens 'n hoër primaat met 'n  besonder vergrote brein is. Dit was dus 'n skok om vas te stel dat hoewel die Taung-skedel in so baie opsigte hominied was, sy geraamde skedelkapasiteit gedui het op 'n brein wat nie veel groter as dié van die ape was nie. Die aanwesigheid van melktande, met daaronder die eerste permanente kiestande, beteken dat die Taung-kind volgens moderne menslike maatstawwe tussen drie en vyf jaar oud was toe dit dood is. Dit was dus redelik om te aanvaar dat dié kind se brein en breinkas groter sou geword het indien dit langer gelewe het, maar selfs die geraamde volwasse breingrootte sou dit nog nie groter as dié van die hedendaagse ape gemaak het nie.

Reaksies op Dart se ontdekking

Dart se bewering dat die Taung-kind nie maar net 'n afwykende sjimpansee was nie, soos baie van sy kritici beweer het, het tot heftige meningsverskille onder wetenskaplikes gelei wat langer as 'n kwarteeu geduur het. Die kern van die geskil was: Moes die klein harsings as so belangrik beskou word dat die status van hominied ten spyte van ander hominiedagtige kenmerke van Australopithecus weerhou word, of moes sy status gebaseer word op die meeste van sy anatomiese kenmerke, wat hominied was, selfs al was die hominiede neiging tot buitengewone breinvergroting nie aanwesig nie? Dié geskil is eers besleg nadat heelwat meer fossiele  in Suider-Afrika gevind is, en uitgebreide ondersoeke van dié fossiele en van die skelette en harsings van moderne ape en mense onderneem is. Vandag word algemeen aanvaar dat Dart reg was, en die Taung-kind se aanspraak op die status van hominied is bevestig. Dart het apleo-antropoloë dus gedwing tot 'n besef dat daar in 'n stadium lede van die menseras met klein harsings geleef het, en dat hulle deur fossiele van Australopithecus verteenwoordig word. Die ontdekking van Taung-skedel en Dart se erkenning van sy plek in die ontwikkeling  van die menseras was een van die belangrikste en mees revolusionêre spronge in die mens se soektoeg na en insig in sy oorspronge. 

Die aapmense van Sterkfontein

Een van die faktore wat die aanvaarding van Dart se aansprake vertraag het, was dat die Taung-skedel dié van 'n kind was, want die volle ontwikkeling van sy eienskappe kon eers tydens en na adolessensie verwag word. Eers twaalf jaar later, in 1936, het dr. Robert Broom by Sterkfontein naby Krugersdorp die eerste skedel van 'n volwassene gevind. Broom was 'n Skotse medikus en paleontoloog wat in Australië gewerk het voordat hy na Suid-Afrika gekom het. In die Karoo het hy talle fossiele van soogdieragtige reptiele ontdek en heelwat lig op die ontwikkeling van soogdiere uit reptiele gewerp. Hy was een van Dart se weinige ondersteuners wat werklik goed ingelig was, en hy was vasberade om Dart se stelling waar te bewys deur 'n volwasse Australopithecus the vind. Voorts was hy een van die eerstes om die spesie waarvan die Taung-kind die eerste eksemplaar was, by die Hominidae in te deel, en hy het ook 'n vooruitskouende voorstelling gemaak van hoe hy gedink het die volwasse Australopithecus sou lyk. Agt dae na sy aankoms by Sterkfontein op 9 Augustus 1936 het hy 'n volwassene gevind, en die eksemplaar wat hy ontdek het, het baie nou ooreengekom met die voorstelling van 'n volwasse aapmens wat hy reeds in 1933 gemaak het. Die aapmense van Sterkfontein het die morfologiese kenmerke wat Dart in die kind bespeur het, ten opsigte van die volwassene bevestig. Die laag van die Sterkfontein-grotafsetting waaruit dié skedel gekom het, was ryk aan fossiele, en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 het Broom reeds 19 eksemplare van Australopithecus, met inbegrip van skedels, kakebene, tande en skeletbeendere, uit hierdie laag gehaal. Ná ondersoek deur T.C. Partridge, wat die afsetting in ses lae of "lede" verdeel het, is die naam Lid 4 aan hierdie laag gegee. 

Die ondersoek van die fossiele het Broom daarvan oortuig dat die Sterkfontein-aapmens in sekere opsigte van dié van Taung verskil, en hy het die Sterkfontein-hominiede ingedeel in 'n afsonderlike genus en spesie wat hy Plesiantropus transvaalensis genoem het. Later het die meeste geleerdes tot die slotsom gekom dat die Sterkfontein-hominied tot dieselfde spesie as die Taung-kind behoort, maar 'n lid was van 'n ander subspesie, wat hulle Australopithecus africanus transvaalensis genoem het. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Broom op aandrang van genl. J.C. Smuts die werk by Sterkfontein hervat. In hierdie tweede fase, tussen 1947 en 1949, het hy met die hulp van J.T Robinson baie nuwe eksemplare by Sterkfontein ontdek, met inbegrip van die merkwaardige skedel van "mevrou Ples" (Sterkfontein-hominied no.5) in 1947. 'n Derde fase in die uitgrawings by Sterkfontein het tussen 1956 en 1958 plaasgevind onder Robinson en C.K Brain. die vierde - en langste - fase het in 1966 begin toe P.V. Tobias en A.R. Hughes van die Witwaterrandse Universiteit 'n grootskaalse uitgrawing  van die terrein aangepak het. Hierdie ambisieuse projek het teen die middel van die tagtigerjare reeds sowat 350 nuwe hominied-eksemplare opgelewer. die meeste hiervan was van Australopithesene van Lid 4, maar sommige het behoort aan 'n vroeë spesie van Homo, nl. Homo habilis, wat in die omgewing van klipwerktuie in Lid 5 gevind is. Dieregebeente in Lid 4 het groot ooreenkoms getoon met dié van Oos-Afrika, wat op 2, 5-2, 75 miljoen jaar voor die hede gedateer is. Dit het dus na die mees waarskynlike datum vir die Sterkfontein-Australopithecus gelyk, hoewel daar nog heelwat geargumenteer is oor die skynbaar jonger afsetting by Taung. 

Kromdraai en Swartkrans

In Junie 1938 het 'n skoolseun, Gert Terblanche, by Kromdraai, sowat 2km van Sterkfontein, die eerste eksemplaar van 'n soort aapmens met groter tande ontdek. Broom het besef dat die hominied-oorblyfsels  by Kromdraai dié van 'n klaarblyklik ander aapmens is as dié  by Sterkfontein. Dit het 'n klein breinkas gehad, maar die gebeente en spiere wat swaarder en die wangtande (vals en ware kiestande) groter. Broom het hierdie nuwe aapmens Paranthropus robustus genoem, maar vandag staan dit bekend as Australopithecus robustus. Aan die hand van verwante dierebeendere van Kromdraai is bepaal dat dit geologies jonger as die Sterkfontein-spesie was. Verdere eksemplare van dié aapmens wat tussen 1941 en 1980 by Kromdraai ontdek is, het die siening gestaaf dat A.robustus gespesialiseerde eienskappe toon wat dit buite die regstreekse afstamming van die mens plaas.  In 1948 het Broom en Robinson 'n magdom oorblyfsels van 'n australopitheseen by Swartkrans, sowat 2km noordwes van Sterkfontein, gevind. Meer eksemplare van vroeë hominiede is uit dié enkele grotafsetting verkry as op enige ander terrein ter wêreld behalwe Sterkfontein self. Die meeste het nog groter wangtande as dié by Kromdraai gehad, saam met klein voortande. Terselfdertyd het hulle klein harsings gehad, en is hul skelette aangepas by 'n regop posisie en 'n tweebeen-gang, kenmerke wat hulle met alle ander lede van die geuns Australopithecus in gemeen het. Terwyl dit nie moeilik was om A.africanus van Sterkfontein as 'n moontlike voorsaat van die mens te beskou nie, het A. robustus van Kromdraai en Swartkrans te veel blyke gegee van wat paleontoloë gespesialiseerde of afgeleide (apomorfe) kenmerke noem om deel van die stamboom van die mens uit te maak. Hierdie gespesialiseerde eienskappe dui weg van die belangrikste ontwikkelings in die proses van hominisering. Bowendien het alle getuienis  wat uit dierforssiele verkry is, daarop gedui dat die twee Tralnsvaalse grotte waar daar robuuste aapmense gevind is, geologies jonger was as Sterkfontein en Makapansgat, Waar die skraler  geboude A.africanus aanwesig was. Volgens anatomiese kriteria is A.robustus egter met reg as 'n hominied-spesie beskou, Ewe goed as A.africanus, want albei spesies was tweebeen-wesens met klein harsings en beskeie tot klein kiestande. 

Die ontdekking by Kromdraai in 1938 het dus die vroegste getuiens gelewer dat nie al die oeroue hominiede van Afrika beskou moet word as voorsate van die lateres wat tot Homo Sapiens ontwikkel het nie. Die gevolgtrekking was dat hominiede in 'n stadium vertak en in uitlopende soorte ontwikkel het. Hierdie opvatting was algemeen in die dierlike paleontologie, maar in antropologiese navorsing is tot in daardie stadium selde aanvaar dat dit ook met hominiede gebeur het, of dat sommige van die uiteenlopende takke, hoewel hulle hominied was, nie die voorsate van latere mense van die genus Homo was nie. Deur Broom se ontdekking het Afrika dus nôg 'n revolusionêre maar omstrede bydrae tot die paleo-antropologiese denke gelewer. Baie jare daarna sou sommige geleerdes nog steeds probeer om alle oer-hominiede in Afrika in 'n enkele geslaslyn wat na die huidige mense lei, te plaas. Vir die meeste navorsers het die fossiele van Kromdraai en Swartkrans (en later ook dié uit Oos-Afrika wat as A.boisei bekend staan) egter onteenseglik bewys dat die vroeë hominiede in 'n stadium van hul ontwikkeling in ten minste twee geslagslyne verdeel het.

Die slank aapmense van Makapansgat 

'n Vyfde Suid-Afrikaanse terrein met australopitheseen-oorblyfsels is Makapansgat, sowat 23km van Potgietersrus. In September 1947 is die eerste van 'n reeks australopitheseen-oorblyfsels  daar ontdek deur James Kitching, sy broers Ben en Schepers, en A.R. Hughes. Die hominiede van Makapansgat was soortgelyk aan dié van Sterkfontein, hoewel sekere anotomiese verskille daarop dui dat hulle primitiewer van vorm was. Dart het hulle oorspronklik in 'n afsonderlike spesie van Australopithecus, nl. A.prometheus, ingedeel, maar Robinson het hierdie "slank" australopithesene later in die spesie A.africanus "saamgebondel", tesame met dié van Taung en Sterkfontein, en voorgestel dat hulle in twee onderskeie subspesies verdeel met word, nl. A.africanus africanus (Taung), en A.africanus transvaalensis (Sterkfontein en Makapansgat.)

Partridge het vyf lede van die Makapansgatformasie geïdentifiseer. Al die hominiedeksemplare, op 'n enkele uitsondering na, was afkomstig uit Lid 3, waar die dierfossiele ouer is as dié van Sterkfontein. Sowel dié getuienis as paleomagnetiese metings dui op 'n ouderdom van 3 miljoen jaar vir Lid 3 van Makapansgat. Tot dusver is dit die oudste hominiede wat in Suid-Afrika opgespoor is. 

Die gedragskenmerke van die australopithesene

Die soeke na eksemplare van die vroeë hominiede het hand aan hand gegaan met die soektog na tekens van "gefossileerde gedrag" in die vorm van klip- en beenwerktuie en ander argeologiese getuienis van dié wesens  se bedrywighede. Dart het geglo dat A.africanus 'n been-, tand-, en horingkultuur gehad het. Brian het egter later aangetoon dat die onderskeidende kenmerke van die beenvoorrade by Makapansgat, wat die vernaamste grondslag vir Dart se opvatting uitgemaak het, waarskynlik deur die bedrywighede van vleisetende diere verklaar kan word. Moontlik was daar ook geringe bydraes deur ystervarke en hiënas, en miskien 'n minimale bydrae deur hominiede wat bene versamel en gebreek het. Hoewel Australopithecus regop geloop en sy hande vry gehad het, bestaan daar dus min getuienis van 'n materiële kultuur, of in elk geval van 'n kultuur wat onverganklike materiale gebruik het. Ondersoeke van die gedrag van moderne groot ape toon dat hulle in staat is tot 'n verskeidenheid bedrywighede met werktuie van verganklike materiaal soos stokke, blare en bas, en dit is dus waarskynlik dat soortgelyke bedrywighede van Australopithecus grotendeels uitgevoer is met verganklike materiaal wat geen spoor in die argeologiese rekord nagelaat het nie. Teen die middel van die 20ste eeu was daar in Suid-Afrika op vyf terreine reeds honderde fossiele ontdek van wesens wat regop geloop en klein harsings, asook verkleinde hoektande en ander mensagtige eienskappe gehad het. Al hierdie wesens het tot die familie Homonidae en die uitgestorwe genus Australopithecus behoort. Die morfologie van Australopithecus het in 'n hele aantal opsigte die anatomiese gaping tussen die mens van die genus Homo en die lewende groot ape van Afrika oorbrug. Dit het dus aan die vereistes van die 19de-eeuse opvatting van 'n "oorbrekende skakel" voldoen. 

Die verskyning van die vroeë mens

'n Ander groot verassing uit Afrika was die ontdekking dat hominiede wat uit 'n anatomiese oogpunt met die volste reg by die genus Homo ingedeel kon word, so vroeg as die Laat Plioseen (omstreeks 2,3 miljoen jaar gelede) gelewe het. Hierdie vroeë eksemplare van Homo in Afrika het nader aan die mens gestaan as A.africanus, maar was nie so ver ontwikkel as Homo erectus, wat voorheen uit Java, China, Noord-Afrika en moontlik ook Europa bekend was nie. In 1964 het Louis Leakey, Tobias en J.R. Napier die naam Homo habilis ("behendige mens'), wat Dart aan hulle voorgestel het, aan hierdie eksemplare gegee. In 1949 het Broom en Robinson by Swartkrans eksemplare ontdek van vroeë Homo in Afrika. In 1957 en 1958 word in Lid 5 by Sterkfontein ook tande en kaakfragmente saam met klipwerktuie gevind. Tobias stel in 1965 voor dat dié fragmente en werktuie aan lede van die spesie Homo behoort het, soos H.habilis van die Olduvai-ravyn in Noord-Tanzanië, wat in 1959 en 1960 gevind is. Die hominied-oorblyfsels in die Olduvai-ravyn toon dat daar, gelyktydig met A.boisei, sowat 1,9 - 1,6 miljoen jaar gelede 'n ander hominied geleef het, met smaller tande as A.africanus. Meer eksemplare van H.habilis is in 1963 en 1968 by Olduvai gevind, en Mary Leakey het begin om 'n noue verband tussen die aanwesigheid  van hierdie hominied en dié van die klipwerktuie van die Olduvai-kultuur te lê. In 1976 is die vroeër bewering  dat Lid 5 van Sterkfontein H.habilis bevat, bevestig toe Hughes 'n groot deel van 'n skedel met 'n sterk ooreenkoms met H.Habilis van Olduvai bekend stel. Die rekonstruksie van hierdie skedel  deur R.J. Clarke in 1984 bevestig op treffende wyse die H.habilis kenmerke van hierdie wesens. Wat liggaamsbou betref, het H.habilis nader aan die moderne mens gestaan as A.africanus. Dit was die oorsprong van die stamboom van die genus Homo, wat omstreeks 2,3 miljoen jaar gelede te voorskyn getree het toe die hominiedelyn verdeel het. Baie navorsers is dit eens dat terwyl een of meer van die afgeleide vertakkings  van daardie verdeling die robuuste australopithesene omvat, 'n ander belangrike afgeleide vertakkinig H.habilis was. A.africanus was die mees waarskynklike gemeenskaplike voorsaat van hierdie afgeleide vertakkings. H.habilis het tot in die vroeë Pleistoseen bly voortbestaan, en die mees onlangse eksemplare word op 1,6 miljoen jaar voor die hede gedateer. Toe het H.habilis plek gemaak vir 'n spesie wat blykbaar van hom afgestam het, nl. die duidelik onderskeibare H.erectus met groot harsings wat in Hoofstuk 2 beskryf word. Dwarsdeur sy bestaan op aarde was H.habilis in Afrika die tydgenoot van een of ander van die robuuste australopitheseenspesies. In sowel suid- as Oos-Afrika het ten minste twee verskillende soorte hominiede hulle dus langs mekaar gehandhaaf, miskien vir so lank as 1,3 miljoen jaar.

Wat gedrag en kultuur betref, het H.habilis 'n beslissende fase in die proses van menswording verteenwoordig, want sy harsings het opvallend ontwikkel van absolute grootte en miskien ook gehalte betref. Sy kulturele prestasies omvat onder meer die bewerking van harde, onverganklike materiaal, die vervaardiging van 'n reeks uiteenlopende klipwerktuie, en die bou van 'n klipmuur, vermoedelik as skuiling. Op grond van sekere opvallende ontwikkelinge van dele van sy brein is die moontlikheid selfs al geopper  dat H.habilis dalk reeds 'n rudimentêre spraakvermoë kon gehad het. Met die ontwikkeling van Australoithecus tot H.habilis het die mens 'n mylpaal in sy wording bereik. In werklikheid het dit die kloof tussen "menslike" en "dierlike" hominiede oorbrug.  

In : Ons Geskiedenis 

Tags: die voorgeskiedenis van die mens in afrika  menseras in afrika ontstaan 
www.myvolk.co.za Logo